Kunstefeeste

Junie 8, 2009 at 5 : 49 215 Kommentaar

In die verlede was daar Paasfees, Winter, Lente en Kersfees.  Deesdae is dit KKNK, Innibos, Aardklop en (sover my kennis strek) Kersfees. 

Dit is seker ook niks minder as reg nie.  Die Braziliërs het immers hulle karnavaal in Februarie.  Die Duitsers hou hulle Oktoberfest.  New Orleans het elke jaar hulle Mardi Gras.  En Suid-Afrika het ‘n kunstefees.  Ek jok, Suid-Afrika het kunste feeste.  ‘n Tyd waar die kunstenaars bymekaar kom, hard werk en hard speel.  Mens kan dit seker sien as saamtrek van die gewildstes van Suid-Afrika se vermaak.

Die sukses van die feeste word beslis nie gemeet aan die kunstenaars wat bymekaar kom nie.  Dit is immers die toeskouers wat die fees laat slaag.  Daar is mense wat agter elke fees aantrek, om seker te maak dat daar niks is wat die land se kunste bied wat hulle gaan mis nie.   Die mense kyk nie net na die opvoerings nie.  Hulle moet iewers slaap, iewers parkeer, eet en natuurlik drink ook.  Om dit reguit te stel, hulle is ‘n groot kontant inspuiting vir die dorp waar die kunstefees gehou word.  Geen wonder dat die feeste soos sampioene opspring nie.  Ja, ek is bewus dat daar meer feeste is as wat ek hier noem.

Die feeste is natuurlik nie sonder kritiek nie.  Daar is kunstenaars wat voel dat hulle te goed is vir sulke feeste.  Elke nou en dan meen iemand sinies dat die gewone Suid-Afrikaners ‘n oordosis van kultuur in die feeste kry.  Hulle sien dus nie die nut in om nog die tradisionele teaters ook te besoek nie.  Dit beteken dat hulle basies van kunstefees tot kunstefees moet lewe.

Ek moet bieg dat ek nie ‘n groot kunstefees aanhanger is nie.  Ek was al ‘n paar keer by Innibos gewees en kan dus net daaroor oordeel.  Ek dink dit is nie die geld werd wat ‘n mens daarvoor moet betaal nie.  Daar is ‘n aansienlike hoeveelheid vlooimarkte ‘n katspoegie van my af.  Ek hoef nie eers ingang daarvoor te betaal nie.  Daar is ook baie plekke waar ek baie goedkoper kan drink as by Innibos.  As ek regtig iets wil sien, sal ek ‘n plaaslike teater besoek.  Wat ‘n paar uur in beslag neem, nie ‘n paar dae waar ek moet bid dat ek nie vertrap word nie. 

Ek is egter nie mal oor partytjies nie en is seker ‘n suurknol.  Ek gun elke diertjie sy plesiertjie en kan nie betwis dat baie mense die dae aftel tot die volgende fees nie.  Aardklop is al klaar ongelukkig omdat Innibos volgende jaar ‘n week voor hulle is, juis omdat hulle bang is dat mense nie twee keer in so ‘n kort tyd sal ry nie.  Ek is egter nie een van daardie mense wat moeite sal doen nie.

Hoe voel jy oor kunstefeeste?  Watter fees in Suid-Afrika is die beste?  Watter fees wil jy eerder vergeet?

Blogvraag:  Van watter regisseur bied Innibos die jaar ‘n filmfees aan?

Blogantwoord:  Olga was reg met Anderpa.  Langenhoven se ma is na sy geboorte dood en hy is deur sy pa se broer wat met sy ma se suster getroud was aangeneem.

NS:  Ek bespreek onmiddelik kaartjies en verblyf by die fees wat dit regkry om ABBA saam op die verhoog te kry.  Skimp.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die Afrikaanse Oorlog Vaardigheids ontwikkeling

215 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Junie 9, 2009 om 2 : 14

    Vals is beter as glad nie

  • 2. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 2 : 16

    So

    As julle vandag almal met ‘n mond vol tande sit?

  • 3. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 2 : 18

    Dalk het die honde julle kos afgevat.

  • 4. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 22

    Kos!? Watse kos? Het ons kos gehad 😕

  • 5. *Mathilda*  |  Junie 9, 2009 om 2 : 22

    Jy is een van die julle

  • 6. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 23

    Gister wassit sop vandag is da niks😯

  • 7. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 23

    @ *M*

    Vertel ha bietjie! TSK! Ek was vandag wee met NIEMAND oppi blog

  • 8. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 24

    Nous ek hommer👿

  • 9. *Mathilda*  |  Junie 9, 2009 om 2 : 25

    Ek het net lemoene as jy belangstel

  • 10. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 2 : 25

    🙄

    Dit is net om op te maak vir die 1000000000000000 kere wat julle my alleen hier los.

  • 11. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 27

    Ek bel somme Steers lat hulle vi my kom aflewer

  • 12. *Mathilda*  |  Junie 9, 2009 om 2 : 27

    Ek wens ek kon vir Steers bel om vir my te kom aflewer

  • 13. *Mathilda*  |  Junie 9, 2009 om 2 : 28

    Nou weer terug – gaan net gou iemand ophang ! Ek wonder of hulle weet ek het nie meer plek om die lyke te hang nie ?

  • 14. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 28

    @ Adriana

    Wanne het ons jou al1 gelos? Huh? Nou jok jy op ‘n openbare blog

    @ *M*

    Ek dink Steers klink beter as lemoene. Kan ek vi jou ietsie saambring? *fluister* check jou poshok

  • 15. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 2 : 29

    Lewer Romans al af?

  • 16. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 30

    Drieling

    Kan ek vi jou dalk ietsie bestel by Steers?

  • 17. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 2 : 30

    Julle los my amper elke dag allen. GRRRR

  • 18. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 31

    Ek eet nie Romans nie so daas jy op jou eie

  • 19. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 2 : 31

    Chips asseblief.

  • 20. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 31

    One’s dignity may be assaulted, vandalized and cruelly mocked, but cannot be taken away unless it is surrendered

  • 21. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 32

    Small, medium of large

  • 22. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 2 : 32

    Van wanneer af eet jy nie Pizza nie?

  • 23. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 2 : 33

    Large asseblief. Ek is baie honger.

  • 24. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 33

    Ek het gesê ek eet nie ROMANS nie. Of eintlik……… Ek salli uit my pad uit gat om Romans te koop nie

  • 25. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 33

    Coke of sap?

  • 26. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 34

    Of Fanta veel

  • 27. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 36

    Tra la la la la

  • 28. Steers  |  Junie 9, 2009 om 2 : 36

    *DIENG* *DONG*

  • 29. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 37

    YIPPEEEE!!!!!!!! Die kos is hier!!!!!

  • 30. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 2 : 37

    Sap, asseblief. lemoen.

  • 31. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 37

    Ek eet nie koue chips nie so ek gat solank eet

  • 32. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 2 : 38

    Ek hoop nie Steers het my order verkeerd nie.

  • 33. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 38

    Ons kan Tilla se lemoene gebruik om vi jou sal te bou

  • 34. Steers  |  Junie 9, 2009 om 2 : 39

    Haaibo mies Adrie. Ek kry hom nooit die order verkeerd nie. Ek loop somma gou gou en gaan haal die lamoen juice vir die mies

  • 35. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 40

    Arme Steers

  • 36. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 41

    @ Steers

    Bring somme ‘n ekstra pak chips virri rooflesers

  • 37. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 2 : 41

    Ek ook. Koue chips is terrible.

  • 38. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 42

    Soos dit vi my lyk gat ek alli kos al1 opeet

  • 39. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 2 : 43

    Steers

    Moet net nie my strooitjie vergeet nie.

  • 40. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 2 : 43

    @ Steers

    Bring somme nog van daai lekka bbq sousie saam

  • 41. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 2 : 46

    En nou is almal vreetsaam.

  • 42. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 2 : 49

    Kou met julle monde toe, my magtig. Ek kan my nie hoor dink nie.

  • 43. *Mathilda*  |  Junie 9, 2009 om 2 : 51

    Ek wil McDonalds chippies hê !

  • 44. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 2 : 55

    Beggers can’t be choosers.

  • 45. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 3 : 14

    Tilla

    McDonald lewer nie affi

  • 46. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 3 : 15

    Ek kan vandag glad nie spel nie.

  • 47. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 3 : 16

    Ek het nou lekka op ‘n clown se bêtrie ge pp. Stry met MY oor wa sy kar se air con filter sit. Stjoepid!

  • 48. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 3 : 17

    Nou hoekom wil jy kan spel 3ling?

  • 49. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 3 : 24

    1 . If time doesn’t wait for you, don’t worry! Just remove the damn battery from the clock and Enjoy life!

    2 . Expecting the world to treat u fairly coz u r a good person is like expecting the lion not to attack u coz u r a vegetarian .. Think about it .

    3 . Beauty isn’t measured by outer appearance and what clothes we wear,but what we are inside . So, try going out naked tomorrow and see the Admiration!

    4 . Don’t walk as if you rule the world, walk as if you don’t care who rules the world!
    That’s called Attitude . Keep on rocking!

    5 . Every lady hopes that her daughter will marry a better man than she did and is convinced that her son will never find a wife as good as his father did!!!

    6 . He was a good man . He never smoked, drank had no affair . When he died,the insurance company refused the claim . They said, he who never lived, cannot die!

    7 . A man threw his wife in a pond of Crocodiles . He’s now being harassed by the Animal Rights Activists for being cruel to the Crocodiles!

    8 . So many options for suicide:
    Poison, sleeping pills, hanging, jumping from a building, lying on train tracks, but we chose Marriage, slow but sure!

    9 . Only 20 percent boys have brains, rest has girlfriends!

    10 . All desirable things in life are either illegal, banned, expensive or Married to someone else!

  • 50. Nats  |  Junie 9, 2009 om 3 : 28

    Terug vir ‘n klein rukkie!

  • 51. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 3 : 32

    Gaan jy vroeg huistoe vandag, Tweeling?

  • 52. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 3 : 34

    En hier hak ons weer vas.

  • 53. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 3 : 37

    My wordpress travel soms terug in tyd.

  • 54. Beeld  |  Junie 9, 2009 om 3 : 44

    Mev. C.M. de Jager van Pretoria skryf:

    Ek het in Beeld gelees van die kinders wat uit die Abraham Kriel-kinderhuis weggeloop het en my hart gaan uit na hulle, veral die kleintjie.

    Ek was ook daar in Langlaagte.

    My eerste nag in 1942 is ek uitgelooi met ’n haarborsel omdat ek van die ander kinders wakker gehuil het toe ek koud gekry het en bang was vir die skaduwees teen die mure.

    Geen troos of liefde vir ’n 4-jarige nie, slegs ’n loesing.

    Groter kinders het my ’n glas urine gegee en gesê dit is koeldrank wat hulle vir my deur ’n venster van die siekekamer aangee.

    Die eerste Kersfees wat ek kan onthou, was ons in ’n groot saal.

    Ek het vas geglo die groot teddiebeer by die Kersboom is myne.

    Ek het egter net ’n blikkie swart skoenpolitoer en ’n armband van draad gekry wat die groter kinders weer van my afgeneem het.

    Die teddiebeer het na een van die personeellede se kinders gegaan.

    Ek bid vir alle kinders in kinderhuise; ek was ook daar en kan nie vergeet nie!

  • 55. Beeld  |  Junie 9, 2009 om 3 : 51

    Ook anoniem van Gauteng skryf:

    Net soos Anoniem en baie ander volg ek die berigte van die kinders wat uit kinderhuise wegloop – slegs omdat my ma een van hierdie huismoeders is.

    Dit grief my geweldig om net altyd te hoor hoe sleg dit met die kinders gaan en hoe sleg die kinders behandel word. Daar is ook ’n keersy van die muntstuk.

    Hierdie koshuismoeders en -vaders werk 24 uur per dag teen ’n minimale bedrag per maand. Hulle kry slegs elke tweede naweek af. By die kinderhuis in Gauteng waar my ma werk, het die huismoeders en -vaders drie jaar laas ’n verhoging ontvang.

    My ma kry ’n karige salaris van sowat R2 000 per maand. Daarmee moet sy kies tussen ’n mediese fonds of ’n motorpaaiement. Sy het ook lewenskoste wat sy moet dra. Sy word verbaal en emosioneel afgetakel deur die groter kinders, want hulle mag nie gestraf word nie.

    Die ouers van die kinders (wat nie eens self vir hulle kan sorg nie) verskree ook die huisouers.

    Hierdie kinders kry die allerbeste mediese sorg en skoolopleiding gratis.

    Hulle word rondgery en opgelaai sonder eens ’n dankie na die huisouers se kant toe. Hulle bly steeds ondankbaar vir wat hulle ontvang.

    My simpatie lê by elke huisouer daar buite – die gewone publiek weet nie wat in daardie huise aangaan nie.

  • 56. Beeld  |  Junie 9, 2009 om 3 : 53

    CandyX van Kimberley skryf:

    Ek het self in ’n kinderhuis grootgeword en stem glad nie saam met Anoniem van Gauteng nie.

    Die kinders kry glad nie die beste medies en skoolopleiding nie en ek praat uit ondervinding. Toe ek 18 word, is ek gesê ek moet uit in die wêreld. Geen hulp met verdere studies nie; nie ’n sent om mee te leef nie.

    Jy is letterlik met jou tassie in die hand om vir jouself te sorg.

    As iemand daar is vir die geld alleen moet hulle nie daar wees nie. Geen kind vra om in ’n kinderhuis geplaas te word nie. Dit is maklik om te praat as jy nie self in so ’n situasie was nie.

  • 57. Beeld  |  Junie 9, 2009 om 3 : 55

    Paul Momsen, uitvoerende hoof van Abraham Kriel Kindersorg, skryf:

    Abraham Kriel Kindersorg wil graag Beeld se lesers bedank vir inligting wat gehelp het om die vier dogters waaroor berig is, te vind. Die voorvalle word hanteer deur ons maatskaplike werkers wat met die kinders werk.

    Ek dra graag by tot die debat in Beeld se briewekolom.

    Ek wil maan dat veralgemenings oor kinderhuise, personeel, inwoners en oud-inwoners gevaarlik is. Hiermee wil ek egter nie ’n openbare debat oor kwessies wat weerlose mense in institusies raak, demp nie.

    Daar is geen twyfel dat alle institusies, soos skool- en universiteitskoshuise, tehuise vir kinders, bejaardes en gestremde persone, en selfs hospitale kwesbaar is vir onaanvaarbare optrede of vergrype, subtiel of blatant, teenoor hul inwoners nie.

    Navorsing, vryer toegang tot opleiding, verbeterde vaardighede, veranderde waardes en houdings, groter klem op menseregte en vryer kommunikasie lei wêreldwyd daartoe dat hierdie sake onder die vergrootglas kom. Dit alles lei tot beter bestuurs- en sorgpraktyke. Daar is egter steeds wesentlike risiko’s. Wat doen Abraham Kriel Kindersorg om hierdie risiko’s te pak?

    Enkele jare gelede het ons navorsing gedoen om beste praktyke in kindersorg wêreldwyd te bepaal en dit van toepassing te maak in ons konteks.

    Dit het gelei tot die vestiging van huise in die gemeenskap en die vermindering van kindergetalle in ons huiseenhede en kinderhuise. Spesialishuise by ons Langlaagte-kampus vir kinders met komplekse trauma vloei ook hieruit.

    Hier volg kinders ’n intensiewe terapeutiese program, wat insluit ’n persoonlike ontwikkelings- en behandelingsplan vir elkeen. Kinders word ingelig oor hul regte en verantwoorde- likhede.

    Verskillende kommunikasie-opsies, persoonlik of anoniem, is beskikbaar vir elkeen om probleme en frustrasies aan die lig te bring.

    Wat personeel betref, word intensiewe psigometriese toetse gedoen voor ons hulle aanstel. Daar is ’n deurlopende opleidingsprogram. Dissipline word konsekwent en billik toegepas.

    Kry ons almal dit altyd alles reg? Die antwoord is ongelukkig nee, want ons is feilbaar.

    Waar ons weet van leemtes en van foute tree ons egter op om dit reg te stel.

    Ons bly toegewy aan ons roeping om die kinders wat aan ons toevertrou is na die beste van ons vermoë te beskerm, te versorg, op te voed en te ontwikkel.

  • 58. Nats  |  Junie 9, 2009 om 4 : 00

    Adrie
    Nope, net bietjie besig!

  • 59. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 4 : 03

    Ek sal betaal, baie betaal, om te weet wat agter kinderhuise se deure aangaan.

  • 60. Nats  |  Junie 9, 2009 om 4 : 35

    Adrie
    Nou kom ons boek onsself in… ons is mos net 12, dan kan lekker aanjaag en wie weet dalk ‘n paar deur finaal sluit!

    Ons sal net mekaar se “back” moet hê!!

  • 61. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 4 : 54

    Wil julle 2 alweer loop moeilikgeid maak😯

  • 62. Nats  |  Junie 9, 2009 om 4 : 54

    Ag nee f*k!!!!!

    Blerrie DA Caroline beter vinnig by die DA bedank! Ek het vir hulle gestem!!! Helen Zille hoe kan jy sulke mense aanstel om jou naam die DA hoog te dra!!!!!!!

    Ek hoop haar dag kom vinnig!!!!

  • 63. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 4 : 57

    @ Nats

    Huh?

  • 64. Wille Kjind Q  |  Junie 9, 2009 om 4 : 59

    O ja……. Jy beter nie so vloek nie. Nounou kom Witbaas Jack of oom se baas jan jou skel

  • 65. Adrie  |  Junie 9, 2009 om 5 : 43

    Tweeling

    Dit is ‘n plan en ‘n half. Ek bedoel om self in die weeshuis te gaan bly.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: