Die Afrikaanse Oorlog

Junie 7, 2009 at 1 : 27 302 Kommentaar

Die behoud van Afrikaans is omtrent elke dag in die nuus.  Op die oomblik gaan dit weer om Afrikaans in die universiteite te hou en dat mense vir hulle beheerliggame moet gaan stem anders gaan skole nie meer Afrikaans wees nie.  Die behoud van Afrikaans was ook een van die Vryheidsfront plus se beloftes in die afgelope verkiesing.

Ek is ‘n groot voorstaander van tweetaligeheid en ek sien byvoorbeeld nie die probleem van ‘n tweetalige skool of klas nie.  Met die verstande dat Afrikaans en Engels eweveel blootstelling moet kry.  Ek bly in ‘n Afrikaanse streek en daar is dikwels dae dat ek nie Afrikaans praat nie.  Hoe gaan dit nog in streke wat nie Afrikaans is nie?  Is ons besig om die passie en dan ook die stryd te verloor?  Is daar nog plek vir 11 tale in die land, insluitende Afrikaans?  Feit is dat op die oomblik word net Afrikaans aktief voor baklei.

Stelselmatig is ons besig om te verengels.  Een holruggeryde argument is dat almal Engels verstaan en dat nie almal Afrikaans verstaan nie.  Die vraag is egter kan nie verstaan of wil nie verstaan nie.  Afrikaans is die taal wat die derde meeste mense in Suid-Afrika praat (13%), net na Zulu (24%) en Xhoza (18%).  Engels is slegs in die 6de plek met 8.2 %.  Grap is dat Engels in 5 jaar se tyd gekwyn het.  Die inligting kom van die 2001 sensus, in die 1996 sensus het 8.6% mense Engels by die huis gepraat.

Nie dat getalle baie saak maak nie.  Ek ken net 10 woorde in Zulu en niks in Xhoza nie.  Tog was almal voor 1994 Afrikaans in skole geleer, daar moes tog iewers ‘n saadjie geskiet het.  Dit is waar my 10 woorde Zulu vandaan kom. 

Die vraag is seker hoe kan ‘n mens Afrikaans vervorder?  Hoe om mense na Afrikaans toe aan te trek en nie te vervreem nie?  Om die taal te behou sal dit moet groei en dit gaan nie net onder die huidige Afrikaners kan geskiet nie.  Dit is waar kunste en literatuur noodsaaklik is.  Hoe meer goeie Afrikaanse stukke, boeke en liedjies op die mark gaan kom, hoe meer mense dit gaan lees en bemark, hoe sekerder gaan Afrikaans se toekoms word.

‘n Paar jaar terug was almal ontsteld oor De La Rey, dit was uitgekryt as ‘n opstokery.  Dit het egter nie die swart skoonmakers gekeer om dit uit volle bors te sing nie.  Sien my punt?  Hulle het nie eers geweet wie De La Rey is nie, maar hulle het baie lekker gesing.  Hoe meer liedjies tuistes in alle Suid-Afrikaners se monde gaan vind, hoe stewiger gaan Afrikaans staan.  Afrikaans moet mense trek met kwaliteit, nie met as-jy-nie-Afrikaans-ondersteun-nie-gaan-dit-uitsterf nie.

Verder is dit sommer snert dat mense met dik Afrikaanse aksente in Engels met mekaar praat.  Dalk moet ons nie net sommer aanvaar dat iemand Engels is nie en Afrikaans praat tot dit nodig is om oor te slaan.  Tog moet ons onthou dat Afrikaans nie geliefd gaan word as dit in iemand se keel afgedwing word nie.  Eis respek vir jou taal, maar moenie ander se tale afskiet nie. 

Dit bring my tot die taal waarin jy bedien word.  Ek vir een kan my liederlik vervies as ek met iemand moet sukkel wat nie eers Engels magtig is nie.  Feit is dat mense soveel meer tegemoedkomend is as hulle in hulle eie taal aangespreek word.  Al is dit net ‘n groet.  Verkoopsmense behoort aangemoedig te word om soveel as moontlik tale magtig te wees en daar volgens beloon te word.  Dit sluit natuurlik ook die ander tale as Afrikaans in.

Hoe sien jy die toekoms vir Afrikaans?  Is jy bereid om klein Afrikanertjies groot te maak? 

Blogvraag:  Hoe het CJ Langenhoven sy biologiese pa aangespreek?

Blogantwoord:  Yellow Brick Road – Elton John (Olga), Baby makes her blue Jeans talk – Dr Hook (Olga) , Black or White – Michael Jackson (Nell).  Bonus:  Stawberries and cream – Mathematics (Maxie) en Ebony and Ivory (Max).

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Saterdagaande op die blog Kunstefeeste

302 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Junie 8, 2009 om 5 : 33

    Baai

  • 2. Wille Kjind Q  |  Junie 8, 2009 om 5 : 33

    Check jou later

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: