Saterdagaande op die blog

Junie 6, 2009 at 7 : 13 251 Kommentaar

In die begin het ek glad nie naweke geblog nie.  Later het ek gesorg dat daar elke Vrydag en Sondagaand iets verskyn.  Die afgelope paar weke kom ek agter dat ek Saterdae ook iets uitdink.  Of eerder dat dit my pla as ek nie iets op ‘n Saterdagaand op die blog sit nie.  So al asof dit nie al genoeg werk is om 6 dae lank iets uit my duim uit te suig nie.

Ek dink almal sal met my saamstem dat ek mens nie op ‘n Saterdag iets ernstig wil doen nie.  Mens wil veral nie iets ernstig lees nie.  Saterdae is daar vir sport en musiek.  Ek is nie groot op sport nie, dus laat dit ons met musiek.  Daar is al reeds ander mense wat oor naweke ‘n video en woorde plaas en dit goed doen.  Daarom kan ek ook nie dieselfde doen nie.

Ek is mal oor Andrew Sorrill se Story Board elke naweek oggend op Jacaranda.  Hy neem drie liedjies, verskuil hulle titels in ‘n storietjie en dan moet die luisteraars die titels identifiseer.  Pret, maar dit laat my met ‘n netelige situasie.  Eerstens kan ek nie sy idee net so gebruik nie, dit is plagiaat.  Tweedens wil ek nie aan Olga verduidelik hoekom ek eenkeer ‘n week in Engels skryf nie.  Dorings is ‘n trotse Afrikaanse blog.

Dus moet ek my eie geurtjie aan die speletjie gee.  Ek dink so effens aan lirieke raai.  Dorings is mos nie bang vir ‘n uitdaging hoe gek dit ook al is nie.  Ek gaan dus elke Saterdag ‘n klein storietjie skryf, waarin die titels van 3 liedjies verskuil is.  Die titels gaan egter vertaal wees.  Die blogvraag gaan dan wees om die liedjies en kunstenaar te identifiseer.  Elke liedjie en kunstenaar sal een punt tel.  Bonuspunte sal gegee word vir ander liedjies wat geidentifiseer word wat ek nie aan gedink het nie. 

Hier is ‘n voorbeeld:  Petro is die dans koningin van die nagklub.  Antwoord is Dancing Queen van Abba.  Maklik, nie waar nie?

So hier is die eerste een:

Jacques het Marlene al vroeg oggend uit die bed gepluk om te gaan stap.  Brom-brom het sy ingestem, hy het belowe dat daar aarbeie en room in die piekniek mandjie is.  Hulle loop langs ‘n geel baksteen pad opsoek na ‘n lekker, dog private hoekie vir die piekniek.  Daar is ‘n paar beeste wat Marlene se aandag trek.

“Wat word die swart of wit beeste genoem?” vra sy

“Ek weet nie.  Maak dit regtig saak?” antwoord Jacques, wat in sy gedagtes verlore was.

“Ek dog dan jy is ‘n boerseun.” tart Marlene.

“‘n Boerseun is nie ‘n plaasseun nie.” troef hy.  “Skattie, laat jou blou broek praat.”

Marlene rol haar oë en loop dan met haar kenmerkende wipstap vooruit.

Blogvraag:  Identifiseer die drie liedjies.

Blogantwoord:  Mathilda was reg met Henry Melk.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

I have a dream Die Afrikaanse Oorlog

251 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 08

    Daar is vanaand regtig NIKS op TV nie.

  • 2. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 09

    It was the talk of the town when an 80 year old man married a 20 year old girl.

    After a year of marriage she went into the hospital to give birth.

    The nurse came out to congratulate the old fellow saying “this is amazing!
    how do you do it at your age”

    He answered,”you got to keep the old motor running.”

    The following year the young bride gave birth again.

    The same nurse said,”youre amazing, how do you do it”

    He again said “you’ve got to keep the old motor running”.

    The same thing happened the next year.

    The nurse then said “well,well,well, you certainly are quite a man.

    He responded,”you’ve got to keep that old motor running.”

    The nurse said,”well you better change the oil, this one is black”.

  • 3. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 12

    En daar is al weer ‘n paar faders

  • 4. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 12

    etv het baie flieks op , die fliek wat nou 9uur begin klink nie sleg nie

  • 5. Olga  |  Junie 6, 2009 om 9 : 12

    LMGA. ek wonder of hy toe castrol gegooi het.

  • 6. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 12

    Wat wys dan?

  • 7. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 9 : 13

    Naand Rose en doring🙂

  • 8. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 14

    An airliner was having engine trouble, and the pilot instructed the cabin crew to have the passengers take their seats and get prepared for an
    emergency landing.

    A few minutes later, the pilot asked the flight attendants if everyone was buckled in and ready.

    “All set back here, Captain,” came the reply, “except one lawyer who is still going around passing out business cards.”

  • 9. Olga  |  Junie 6, 2009 om 9 : 14

    watter fliek is dit?

  • 10. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 15

    Hi Nell

    Hoe gaan dit?

  • 11. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 15

    etv movie
    9:55PM SKETCH ARTIST
    A sketch artist for the police helps a witness recall who she saw leaving the scene of a murder, and discovers that the person is his wife. Not willing to believe she was responsible, he resketches the pictures so they don’t look like her, and he begins his own investigation of the murder.

  • 12. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 9 : 15

    Ek stem saam Adrie, niks op tv vanaand nie

  • 13. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 16

    Hallo daar Nell , goed om jou weer te sien

  • 14. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 16

    Hoe voel julle oor vlieg na die AF 447 verdwyning?

  • 15. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 17

    Dis ook seker een van daai low budget movies

  • 16. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 9 : 18

    Gaan okay dankie

    Ek wens net ek wil begin beter voel. Ek dink ek moet seriously my suiker laat toets. Ek is die heel tyd honger en ek is so lam ek kan nie my oe oophou nie. Ek het vandag eers 10:44 wakker geskrik. moes toe haas vir afspraak. Het 4 uur by die huis gekom (het myself vroeg verskoon) om te kom slaap.

  • 17. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 18

    A3 dieselfde as wat n mens oor motor ry voel wanneer jy by n grusame ongeluk verby ry ……

  • 18. Olga  |  Junie 6, 2009 om 9 : 18

    Daarom luister ek maar na bessie. sy wil nie haar nommer wys nie. en ek dink hulle is gelukkig dat hulle op die tv skree, anders het sy hulle al gebyt.

  • 19. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 19

    Nell , brand jy nie kers aan albei kante nie???

    n Mens se liggaam het rus ook nodig

  • 20. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 9 : 19

    Hallo ou klip, ek het nogals gewonder of jy nog leef. Nou sien ek dit gaan nie te hot daar nie. Groot drukkue vir jou.

  • 21. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 20

    Klip

    Gelukkig is daar altyd Mamma Mia ook. As ek nou nie so lui was om die DVD speler in te prop en die DVD in te sit nie.

  • 22. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 21

    Nie dat ek wil nie , maar ek moet nou die hele nag hier sit en etv movies kyk

  • 23. Olga  |  Junie 6, 2009 om 9 : 22

    jy moet dalk jou tiroied funksies ook laat toets neeltjie. geniet die aand almal. leke slaap en leke werk klip. nag amal. ek gaan swem.

  • 24. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 22

    Dankie vir jou omgee Nell

  • 25. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 22

    Sweet dreams Olga!!

  • 26. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 9 : 22

    Het iemand nou al ‘n antwoord vir DIE blog vraag?

  • 27. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 9 : 23

    Swem Olga?

  • 28. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 24

    Ek het al my nagskofte sover gesit en rooflees , so amper gevoel of ek nie krag het om die key bord te operate nie , maar vanaand gaan dit sommer beter , dankie aan al die rose ……………..

  • 29. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 24

    @}`~~~~~

  • 30. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 9 : 25

    Nagskof werk? Watse werk doen jy dan klip?

  • 31. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 26

    Olga het al seker twee van die antwoorde reg

  • 32. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 26

    Nell, ek sorg dat jou bedlampie mooi helder brand❓

  • 33. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 27

    En dat jy jou stoof kan aansit ….., en die verwarmer, en dat daar lekker warm water is ……….en dit alles , as daar krag is

  • 34. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 28

    skinny dip , dis seker nog nie te koud in die laeveld nie

  • 35. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 29

    :idee:

  • 36. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 9 : 29

    Ek kan by tye ongelooflik stadig van begrip wees. Ek dog daar is net een blog vraag. Is daar dan meer vanaand?

  • 37. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 30

    💡

  • 38. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 31

    Daar is die prentjie nou .

    Nell , na so n lang storie dink ek daar kan sommer n klomp wees ….

    A3 hoeveel is daar? 3 ?

  • 39. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 9 : 31

    Ek kan myself nie indink dat iemand nou gaan swem nie

    Ek dink jy kan by tye lekker gevloek ook word Klip

  • 40. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 32

    Een van my higs school sweathearts se naam was Marlene

  • 41. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 33

    Uitgevang

    Nell, as jy lees sal vir verstaan.

    Olga het ‘n poging aangewend. Daar is 3 liedjies in die storie. Kyk of jy hulle kan identifiseer.

  • 42. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 34

    Nell , gelukkig werk ek hier waar dit gemaak word.En nie waar dit versprei word nie .

    Soos hulle se , as jy nie melk by die kafee kry nie , is dit nie die koei se skuld nie

  • 43. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 35

    Klip

    Ek het eers bubbles gehap en toe met die liedjies begin. Die storie begin by Marlene en Jacques.

  • 44. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 35

    Ek stem saam met die twee wat Olga genoem het

  • 45. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 37

    Ek wonner nou net of dit nie dalkies die Marlene is wat ek geken het nie

    Hoe harloop my verbeelding nou met my weg

  • 46. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 9 : 37

    Okay

    ene is Yellow brick road.

  • 47. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 9 : 39

    Wat het Olga genoem, ek kan nie haar comment sien nie?

  • 48. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 39

    Ek het darem gehoop julle sal kopkrap met “Skattie, laat jou blou broek praat.”

  • 49. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 40

    26° 5’17.59″S, 28°58’10.47″E

    Copy en paste die verwysingin Google earth en “fly to” dis waar ek werk

  • 50. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 40

    Kyk by die heel eerste comment.

  • 51. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 45

    Hier is Olga se antwoord

    Jig, dis nou n storie. ek ken nie. almal ni. so niemand anders mag punte vir my antw krx nie. yellowbrick road van eltom john en baby makes her blue jeans talk van dr hook. hoeveel liekers kruip weg?

  • 52. maxie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 50

    Olga is reg met die 2.
    Is die ander een dalk “Ebony and Ivory”?

  • 53. Salome  |  Junie 6, 2009 om 9 : 50

    Kruip julle nou almal onder die komberse weg?
    Ag okay, geniet dit dan maar. Ek het nou klaar gewerk en gaan ok nou maar onder Lammie se blad inkruip.
    Night julle almal!!
    Lekker werk Klip!! – Hoe het Oupa altyd gesê “As werk ‘n speletjie was, het ek nooit saam gespeel nie”

  • 54. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 9 : 50

    Oooo Okay, nou gaan ek die derde soek.

  • 55. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 51

    Lekker slaap Salome

    Hallo Maxie

  • 56. Salome  |  Junie 6, 2009 om 9 : 51

    Ag verskoon tog. Lyk my die “refresh” knoppie wou nie so lekker werk nie. Maar die wense bly dieselfde. Night night

  • 57. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 53

    Hi Max

    Kom hoor gou hier, voor die ander afluister. Jy het ‘n stappie verder gegaan as wat nodig is.

  • 58. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 9 : 55

    Black and White van Michael Jackson?

  • 59. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 56

    Lekker slaap Salome

  • 60. maxie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 57

    Strawberries and cream (The Mechanics)?

  • 61. Klip  |  Junie 6, 2009 om 9 : 57

    Ek het nie eers geweet die drol sien so n liedjie nie

  • 62. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 58

    Nell

    Aangesien jy by Max afgeluister het, moet jy so ‘n bietjie aan jou titel skaaf.

    Max

    Ek hou regtig van hoe jy gedink het met Ebony and Ivory. Gee die kunstenaar en jy kry ‘n bonus punt.

  • 63. maxie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 58

    Nr 60
    Bedoel The Mathematics, lol.

  • 64. maxie  |  Junie 6, 2009 om 9 : 59

    Paul Mc Cartney en Stevie Wonder

  • 65. Klip  |  Junie 6, 2009 om 10 : 02

    Ek gaan nou maar eers die etv movie kyk, julle
    @}`~~~~ moet lekker slaap

  • 66. maxie  |  Junie 6, 2009 om 10 : 04

    Hi Klip, jammer my maniere het in die slag gebly.
    Lekker slaap.
    Salome
    Lekker slaap

  • 67. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 10 : 05

    Lekker slaap Klip

  • 68. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 10 : 11

    Ek bedoel lekker wakker bly

  • 69. maxie  |  Junie 6, 2009 om 10 : 12

    Dis ‘n lekker speletjie.
    Moet ek maar aanhou soek?

  • 70. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 10 : 12

    skaaf aan die titel of kunstenaar?

  • 71. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 10 : 16

    Max

    Weet nie of daar nog is nie. Wag tot volgende Saterdag vir die volgende rondte

    Nell

    Aan die titel.

  • 72. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 10 : 22

    Ebony en Ivory deur Michael Jackson?

  • 73. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 10 : 25

    Nee😆

    Dit is nie and nie. Dit is ‘n ander woord.

  • 74. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 10 : 31

    Het dit met swart en wit te doen?

  • 75. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 10 : 33

    Nell

    Slaap jy al?

  • 76. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 10 : 35

    Black or white van Michael Jackson.

  • 77. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 10 : 36

    UITEINDELIK

    Die maklikste van alles.

  • 78. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 10 : 40

    Ai, die ou brein darem🙂

    Ek kan nie glo Klip het hier gegroet om die stupid movie te kyk nie.

  • 79. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 10 : 43

    Te veel rose seker vir sy sin.

  • 80. Girl van die Suburbs  |  Junie 6, 2009 om 10 : 46

    Ek gaan ook dros.

    Lekker Slaap A3!

  • 81. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 10 : 47

    Wat rym met pols?

  • 82. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 11 : 32

    Okay, met ‘n bietjie hulp van Olga, hier is iets om oor te lag.

    Skaaf waar julle kan verbeter.

  • 83. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 11 : 32

    Son sak oor die stad, meisie voel die pols
    Wilgerlatlyfie; mejuffrou Bols
    Die pop van alle poppies, kyk net na haar graad
    Sy sê mooi niks nie, maar Skattie laat haar blou broek praat

    Skattie laat haar blou broek, ja, sy laat haar blou broek praat
    Skattie laat haar blou broek, ja, sy laat haar blou broek praat
    Sy laat jou hoop sy is die een, met haar hand af teen jou been
    Sy sê mooi niks nie, maar Skattie laat haar blou broek praat

    Die klok wys veels te gou, dis nou middernag,
    Die droom van allie manne, dis haar mag
    Die pop van alle poppies, speel saggies met jou baard
    Sy sê mooi niks nie, maar Skattie laat haar blou broek praat

    Skattie laat haar blou broek, ja, sy laat haar blou broek praat
    Skattie laat haar blou broek, ja, sy laat haar blou broek praat
    Sy laat jou hoop sy is die een, met haar hand af teen jou been
    Sy sê mooi niks nie, maar Skattie laat haar blou broek praat

    Skattie laat haar blou broek, ja, sy laat haar blou broek praat
    Skattie laat haar blou broek, ja, sy laat haar blou broek praat
    Sy sê mooi niks nie,
    Absoluut niks nie
    maar Skattie laat haar blou broek praat

  • 84. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 11 : 33

    Hier is die oorspronklike

    Night falls on the city, baby feels the beat
    Slick and sexy angel of the street
    The queen of all the night birds watch her when she walks
    She don’t say nothing but, baby makes her blue jeans talk
    Baby makes her blue jeans, yes she makes her blue jeans talk
    Baby makes her blue jeans, yes she makes her blue jeans talk
    You know what she’s thinking about and it turns you inside out
    She don’t say nothing but, baby makes her blue jeans talk
    Night time in the city, magic in the air
    The action starts at midnight, she’ll be there
    The queen of all the night birds, a player in the dark
    She don’t say nothing but, baby makes her blue jeans talk
    Baby makes her blue jeans, yes she makes her blue jeans talk
    Baby makes her blue jeans, yes she makes her blue jeans talk
    You know what she’s thinking about and it turns you inside out
    She don’t say nothing but, baby makes her blue jeans talk
    Baby makes her blue jeans, yes she makes her blue jeans talk
    Baby makes her blue jeans, yes she makes her blue jeans talk
    You know what she’s thinking about and it turns you inside out
    She don’t say nothing but, baby makes her blue jeans talk
    She don’t say nothing but, baby makes her blue jeans talk
    She won’t say nothing
    She don’t say nothing ………

  • 85. Rapport  |  Junie 6, 2009 om 11 : 45

    Kaapstad

    Om die koningin van jou eie kasteel te wees, is glad nie so onrealisties nie. Vir so min as R31,5 miljoen kan jy sowaar jou drome bewaarheid. Mits jy nie aan hoogtevrees ly nie.

    ’n Regte, egte kasteel met tientalle trappies, ’n asembenemende uitsig en selfs ’n toring, ideaal vir die skoonfamilie, is nie iets wat jy agter elke Kaapse fynbossie uitskop nie. Maar in die prentjiemooi vissersdorp Houtbaai, hoog teen die Karbonkelberg, staan die Lichtenstein-kasteel. ’n Gotiese meesterstuk met ’n verruklike uitsig oor die bergspitse, see en hawe.

    ’n Kaapse sakeman, mnr. Renier Fritz, het as jong man sy hart op die Schloss Lichtenstein, ’n historiese besienswaardigheid in die land van sy voorvaders, verloor. Dit was sy ideaal om eendag ’n replika van hierdie kasteel in sy tuisdorp, Houtbaai, te bou. Dis presies waarmee hy in 1986 begin het. Twaalf lange jare later is die kasteel uiteindelik voltooi. Fritz het dit aanvanklik as ’n tuiste vir sy gesin gebou, maar uiteindelik het hy alleen daar gewoon en dit later as ’n gastehuis bedryf.

    Soos met enige kasteel wat sy sout werd is, het hierdie een ook ’n verhaal of twee wat niemand met sekerheid kan bevestig nie. Een storie wat die ronde doen, is dat Fritz ’n ruk ná die voltooiing daarvan in die kasteel geval en sy nek gebreek het. ’n Gerug wat die huidige bestuurder van die kasteel, me. Diane Davidoff, ten sterkste ontken. Volgens Davidoff is Fritz wel in die kasteel dood, maar aan ’n hartaanval.

    ’n Jaar of wat ná sy afsterwe het Fritz se weduwee, Christine, die eiendom wat op sowat 7 ha gebou is en sowat ’n kilometer van die naaste mense geleë is, aan ’n uitlander wat verkies om anoniem te bly, verkoop. Davidoff, wie se oorlede man ’n baie bekende hotelier in Plettenbergbaai was, sorg sedertdien dat die kasteel in ’n werkende toestand bly. Die eienaar kom slegs sowat twee keer per jaar vir ’n paar dae daar uitspan.

    Terwyl die oorspronklike kasteel wit van kleur is, is die Suid-Afrikaanse weergawe met donkerblou sierstene gebou. Dit het onder meer 12 en suite-slaapkamers, ’n biblioteek, ’n banketsaal vir 140 gaste en konferensiesaal met plek vir 40 mense. Daar is parkeerplek vir nege voertuie in die kelder en buite is daar ’n swembad, ’n helikopter-landingstrook en selfs ’n natuurlike waterval.

    Volgens me. Fleur Lee van die Anne Porter-eiendomsagentskap is daar beslis belangstelling in die eiendom wat reeds ses maande in die mark is, maar dis natuurlik nie almal wat in ’n kasteel wil woon of dit kan bekostig nie.

    Die prys is miskien onderhandelbaar, maar dit sal help om ’n koning se beursie te hê.

  • 86. Rapport  |  Junie 6, 2009 om 11 : 53

    Pretoria

    ’n Rugby-ondersteuner se geswaai van ’n ou Suid-Afrikaanse landsvlag tydens die Super14-eindstryd – wat ’n skare van 52 000 mense gelok het – het gemoedere die afgelope week hoog laat loop.

    Dié vlag is verlede Saterdag by Loftus Versfeld geswaai ’n dag nadat pres. Jacob Zuma die span daar ontmoet en in sy eie Bulls-trui die land se steun aan hulle toegesê het.

    Die herrie is ontketen nadat die blogskrywer Khaya Dlanga, wat by die wedstryd was, ’n beroep gedoen het dat die vlag verbied word.

    Dlanga sê die vlag by die wedstryd het só ’n wrang smaak in sy mond gelaat dat iemand hom net sowel ’n “k*f**r” kon genoem het.

    Mnr. Gert Oosthuizen, adjunkminister van sport, het die voorval as ’n klap in Zuma se gesig bestempel wat saam met die res van die regering bankvas agter die Bulls gestaan het.

    Dit het die Blou Bulle Maatskappy genoop om die vlagswaaiery in ’n verklaring te veroordeel.

    “Dié maatskappy wil dit graag duidelik maak dat hy hom van sulke aksies distansieer. Dit is die beleid om nie ou Suid-Afrikaanse vlae binne die stadion toe te laat nie.

    “Dié maatskappy is 100% deel van én toegewyd aan die nuwe Suid-Afrika en deeglik bewus van die positiewe rol wat rugby in ons Reënboognasie kan speel,” lui die verklaring.

    Dlanga het aan Rapport gesê hy is bly oor die debat. Hy glo die vlag hits geweld en rassehaat aan – wat strydig is met die demokratiese waardes wat in die Grondwet vervat is.

    “Ek voel daar moet beslis ernstig oorweeg word om die vlag te verbied, maar ek was verras deur die goeie argumente vir waarom die vlag juis behou moet word.

    “Ek volstaan daarby dat die vlag mense aanstoot gee, hulle herinner aan ’n uiters traumatiese tyd in die land se geskiedenis. Ek is seker dié vlag was ’n verleentheid vir die meeste mense wat om daardie jong man gestaan het. Maar niemand het iets gedoen om dit te verwyder nie en dit is waar die wortel van die kwaad lê,” sê Dlanga.

    Hy meen elke Suid-Afrikaner het ’n plig om “sosiale geregtigheid” toe te pas.

    “As elke Suid-Afrikaner bereid is om op te staan teen onaanvaarbare gedrag, sal dit nie nodig wees om so ver te gaan as om die ou landsvlag te verbied nie,” sê Dlanga.

    Hy benadruk dat hy nooit bedoel het om die indruk te wek dat die Bulls-ondersteuners rassiste is of om ’n vinger na die span en sy bestuur te wys nie.

    “Dit was die gedrag van ’n individu, iets waaroor die Blou Bulle Maatskappy geen beheer gehad het nie,” sê Dlanga.

    Mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van Afriforum, sê die werklike vraag is nie of ’n mens vir of teen die ou landsvlag is nie, maar eerder of jy die reg tot vryheid van spraak respekteer of nie.

    “Om die ou vlag te verbied, sal vryheid van spraak ondermyn. As ons alles wil verbied wat iemand aanstoot gee, sal mense kan aanvoer dat die ANC-vlag verbied moet word omdat onskuldige burgerlikes gesterf het in ANC-tereuraanvalle in die vorige bedeling.

    “Daar kan selfs mense wees wat vra dat die Springbok-rugbyspeler Luke Watson uit die land verban moet word weens sy kwetsende aanmerkings oor die Bok-trui,” sê Kriel.

  • 87. Rapport  |  Junie 7, 2009 om 12 : 19

    Kaapstad

    Bruin rektors by histories Afrikaanse universiteite is “die volmaakte Trojaanse perde” om dié instellings “op die glybaan na haas onstuitbare verengelsing te plaas”.

    Dié gewaagde woorde van dr. Dan Roodt van Praag in e-poswisseling het die afgelope week ’n groot herrie onder wit en bruin stryders vir Afrikaans ontlont.

    Roodt se kommentaar het gekom ná e-pos waarin mnr. Christo van der Rheede van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans sy verontwaardiging aan die lede van die Afrikaanse Taalraad (ATR) uitgespreek het oor ’n vergadering op 25 Mei. Volgens hom is “net sekere (wit) organisasies na die Afrikaanse gespreksgroep genooi om oor die toekoms van Afrikaans op universiteitsvlak te besin”.

    “Waarom is verteenwoordigers van alle Afrikaanse gemeenskappe nie genooi nie en die gesprek deur die ATR gefasiliteer nie?

    “En waarom die wantroue jeens prof. Russel Botman (rektor van die Universiteit Stellenbosch)?”

    Rapport het verneem onder die swaargewigte wat aanwesiges by dié byeenkoms by Zevenwacht buite Kuilsrivier voorgelig het, was prof. Hermann Giliomee, mnr. Jacko Maree, prof. Christo Viljoen en prof. L. Schlemmer.

    Lede van onder meer die konvokasie van die US, die SA Akademie, Solidariteit (Afriforum), die ATKV en studente van Adam Tas het die byeenkoms bygewoon.

    Prof. Pierre Theron, voorsitter van die Afrikanerbond, het onder meer in e-pos geskryf ’n artikel van Botman op 23 Mei in Die Burger onder die opskrif “Afrikaans sal bly staan” het ernstige vrae by die betrokkenes ontlok, “veral omdat daarin meer redes verskaf is waarom Afrikaans plek moet maak vir ’n ander medium van onderrig as wat daar bewyse verskaf is waarom hy reken Afrikaans sal bly staan”.

    “My persoonlike vermoede is deur die Botman-artikel se verduidelikings eerder versterk, naamlik dat Afrikaans uitgerangeer gaan word ter bevordering van Engels.”

    Volgens Van der Rheede is dit ’n bewys van “ ’n georkestreede poging om dinge vir Botman moeilik te maak en wat die brose eenheid tussen wit, bruin en swart Afrikaanssprekendes in die Taalraad-opset baie moeilik gaan maak”.

    Hy meen dit kan nie daar gelaat word nie omdat dit “Afrikaans en die breë Afrikaanse gemeenskap is wat uiteindelik daaronder gaan ly”.

    Roodt vaar in sy e-pos onder meer ook uit teen verskeie sogenaamde “bruin leiers” wat onlangs aangestel is by voorheen Afrikaanse universiteite wat deur Afrikaners opgerig, gefinansier en in stand gehou is.

    “Hier dink mens natuurlik aan Russel Botman, Ihron Rensburg van die voormalige RAU en die pas aangestelde Jonathan Jansen by die UOVS.”

    Roodt meen dit is nou tyd om direk met die ANC oor Afrikaanse onderwysinstellings te begin onderhandel.

  • 88. Adrie  |  Junie 7, 2009 om 12 : 21

    Son sak oor die stad, outjie voel die pols
    Spiertier adonis met sy bottel Bols
    Die man van alle manne, hy het harde baard
    Hy sê mooi niks nie, maar Jakkie laat sy jannas praat

    Jakkie laat sy Jannas, ja hy laat sy jannas praat
    Jakkie laat sy Jannas, ja hy laat sy jannas praat
    Met sy stoute glimlag half skeef, hy is darem nie jou neef
    Hy sê mooi niks nie, maar Jakkie laat sy jannas praat

    Hy troon bo die ander, met sy harde lyf,
    Die meisies smaak sy boude – lekker styf
    Die man van alle manne, is ‘n aandagsvraat
    Hy sê mooi niks nie, maar Jakkie laat sy jannas praat

    Jakkie laat sy Jannas, ja hy laat sy jannas praat
    Jakkie laat sy Jannas, ja hy laat sy jannas praat
    Met sy stoute glimlag half skeef, hy is darem nie jou neef
    Hy sê mooi niks nie, maar Jakkie laat sy jannas praat

    Jakkie laat sy Jannas, ja hy laat sy jannas praat
    Jakkie laat sy Jannas, ja hy laat sy jannas praat
    Hy sê mooi niks nie,
    Absoluut niks nie
    maar Jakkie laat sy jannas praat

  • 89. Olga  |  Junie 7, 2009 om 12 : 38

    Hmmm, en wat sal nogal fot wees met die 2de vers?

  • 90. Olga  |  Junie 7, 2009 om 7 : 15

    More, more.

  • 91. olga  |  Junie 7, 2009 om 8 : 33

    slaap julle nog? siesa. nee, kyk, net klip het nou rede om te slp.

  • 92. *Mathilda*  |  Junie 7, 2009 om 12 : 08

    Strawberry hills
    black or white
    baby makes her blue jeans talk

  • 93. *Mathilda*  |  Junie 7, 2009 om 12 : 13

    Strawberry hills – John Lennon
    black or white – Michael Jackson
    baby makes her blue jeans talk – dr Hook

  • 94. WILLE KJINDQ  |  Junie 7, 2009 om 12 : 33

    Halo

    Net gou kom sê ons is veilig tuis

  • 95. Salome  |  Junie 7, 2009 om 12 : 55

    WELKOM TUIS Willes!!!!

  • 96. Olga  |  Junie 7, 2009 om 1 : 20

    Mens kan sien wk het alweer 2am gery om nou al tuis te wees.

  • 97. Adrie  |  Junie 7, 2009 om 1 : 32

    Kloon, Strawberry Hill push dit n bietjie te ver.

  • 98. Olga  |  Junie 7, 2009 om 2 : 28

    Van hill gepraat ek wil blueberry hill van louis armstrong hoor. nou wonder ek wie het dit eerste gesing chuck berry of louir armstrong?

  • 99. Adrie  |  Junie 7, 2009 om 2 : 34

    Fats Domino

  • 100. Olga  |  Junie 7, 2009 om 5 : 13

    Ek vra groot ekskuus. kan nie dink dat my kop so raas nie. ek het fats domino bedoel. chubby checker indeed. louis armstrong het dit voor fats domino (1956) gesing in 1949 en dit gemaak na die die top 40. maar glen miller, tommy ryan, gene krupa, kay kyrer,russ morgan en gene autry onder andere het dit al in 1940 en 41 opgeneem.

  • 101. Olga  |  Junie 7, 2009 om 5 : 16

    Glen miller het ook niesleg gevaar daarmee in 1940 nie. maar ek moet sn louis armstrong se weergawe wil ek graag hoor.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: