I have a dream

Junie 5, 2009 at 6 : 06 66 Kommentaar

Eendag wanneer ek groot is (wanneer ek 21 jaar oud is😯 ) en baie geld het, gaan ek vir myself ‘n Harley Davidson koop. 

William Harley en sy vriend Arthur Davidson (ek is nou nog meer oortuig) het seker nooit gedroom dat die motorfiets wat hulle in ‘n vriend se motorhuis gebou het vandag so gewild sal wees nie.  ‘n Harley is immers nie net nog ‘n motorfiets nie.  Dit is inderwaarheid (soos ek die storie verstaan) nie eers ‘n besonderse motorfiets nie.  Tog het ‘n Harley ‘n status wat geen ander motorfiets ooit sal hê nie.

Vir baie Harley aanhangers is ‘n Harley Davidson ‘n leefwyse. ‘n Harley Davidson is nie net ‘n speelding nie, dit is ‘n simbool van vryheid.  Ek dink almal wil diep binne hulle ‘n wilde, ongetemde rebel wees en ‘n Harley is die kwitansie van die wens.  Nie dat dit regtig sin maak as jy na ‘n Harley eienaar se elke dag wandel kyk nie.  Dit is nou nie tipies die mense waarom jy ‘n wye draai gaan loop nie.

Die mense wat erg in die Harley-lewenswyse is, dra natuurlik verkieslik net Harley gear.  Moet nou ook nie dink dat hulle die Harley gekoop het en nou gelukkig is nie.  Deel van die pret is blykbaar om die Harley na jou smaak in te rig (customize).  Jy het ook nie meer ‘n Sondag oggend vir jou self nie, jy moet dan iewers gaan eet waar jy met jou Harley kan spog.  Jy moet ook af aan optogte met jou Harley gaan deelneem en ten minste een keer ‘n jaar speelgoed met jou Harley te gaan uitdeel.

Ek dink almal wat al met te doen gekry het, sal weet dat ek hopeloos te lui is vir die hele Harley lewensstyl.  Behalwe natuurlik om die speelgoed te gaan uitdeel en dalk die ontbyt so af en toe.  Wat op aarde wil ek dan met die Harley maak?  Eerstens, hy gaan bly soos hy gekoop is.  Om die heeltyd aan ‘n motorfiets te karring is nie my idee van pret nie. 

Ek wil ook net sê kyk na my Harley.  Ek wil ook met die Harley’s toer van Alexanderbaai na Kozibaai – kus om natuurlik.  Kan julle dink watter cool rose projek dit sal wees?  Noudat ek daaraan dink, dalk moet ek my Harley vol rose maak.  Of wag!  Vol kosmos!  Nee!!!  Botterblomme!!!

(Ek wou hierdie post klaar gemaak het, maar ek werk nou aan my Harley beplanning, want dit is ‘n bereikbare droom).

Wat is jou droom?  Of drome, want ‘n Harley is net een van myne.  Is dit bereikbaar? 

Blogvraag:  In wie se motorhuis het William Harley en Arthur Davidson hulle eerste prototipe gebou?

Blogantwoord:  William Osler het die term Serebrale verlamming uitgedink (Olga was reg) en Sigmund Freud was die eerste om die uitdrukking vir ‘n verskeidenheid motoriese afwykings aan te wend.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Little Angels projek Saterdagaande op die blog

66 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 6 : 20

    Eerste

  • 2. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 6 : 27

    Henry Melk

  • 3. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 6 : 28

    Iemand tuis ?

  • 4. WILLE KJINDQ  |  Junie 5, 2009 om 7 : 02

    Tweedeste

  • 5. WILLE KJINDQ  |  Junie 5, 2009 om 7 : 04

    Ek sit inni middel vanni bike rally en al wat ek kan sê is….. JOH!!!!

  • 6. WILLE KJINDQ  |  Junie 5, 2009 om 7 : 06

    Die plek wa ons bly het net bikers en hulle is heel nice. Die pad diekant toe was oorvol bikes ma meeste van hulle het dam mooi gery en hulself gedra

  • 7. Olga  |  Junie 5, 2009 om 7 : 18

    Wikipedia stem nie met carina saam nie.

  • 8. WILLE KJINDQ  |  Junie 5, 2009 om 7 : 35

    Die mense gat my mal maak!!!

  • 9. WILLE KJINDQ  |  Junie 5, 2009 om 7 : 37

    Ek is in ‘n blêrrie swembad met mal mense wat nie eens drink nie. Ek sal mos so gelukkig wees om met ‘n spul nugter mal mense op te eindig

  • 10. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 7 : 37

    Olga

    Volgens Wiki het William Little cerebral palsy eerste beskryf. Carina het gevra wie het die term eerste gebruik.

  • 11. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 7 : 38

    Hello olga en willes

  • 12. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 7 : 39

    Hallo kloon

  • 13. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 7 : 42

    Hi Kloon

  • 14. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 7 : 43

    Jy die trein al die regte pad gegee?

  • 15. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 7 : 46

    Jong, ek is nou so gedrug ek glo ni ek gaan eers di einde van noot vir noot sien nie !

  • 16. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 7 : 47

    Iemand gee vandag nie om dat slaap ‘n slegte gewoonte is nie.

  • 17. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 7 : 48

    Gelukkig hoef ek nie elke dag so te voel nie

  • 18. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 7 : 49

    Ek bederf dalk net maklik met die baie slaap

  • 19. Girl van die Suburbs  |  Junie 5, 2009 om 7 : 53

    Jy siek Tilla?

  • 20. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 7 : 54

    Dalk, dan wil ek jou sien.

  • 21. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 7 : 54

    Biki snot jong

  • 22. Girl van die Suburbs  |  Junie 5, 2009 om 7 : 58

    Shame, hoop jy voel gou beterf!

  • 23. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 8 : 01

    Thanx, ek moet net, hou nie daarvan om so te voel nie

  • 24. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 8 : 01

    Ek hoop nie jy het vir my ook ‘n paar virusse aan gegee nie, Kloon.

  • 25. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 8 : 02

    Ek gaan julle verlaat, leka dux

  • 26. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 8 : 03

    Lekker slaap, Kloon.

  • 27. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 8 : 03

    Nope, ek het niks makeer n week terug nie

  • 28. Olga  |  Junie 5, 2009 om 8 : 09

    Dan se wikipedia steeds william osler coined the term CEREBRAL PALSY IN 1888.

  • 29. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 8 : 29

    Wie was die eerste persoon wat Serebrale verlamming gebruik het as ‘n term om ‘n groot verskeidenheid motoriese afwykings in kinders op te som?

    Okay, die vraag is dubbelsinnig.

    Osler het die term Serebrale Verlamming uit gedink.

    Freud het meer motoriese afwykings van toepassing gemaak as wat Little oorspronklik beskryf het.

  • 30. Olga  |  Junie 5, 2009 om 8 : 36

    Dubbelsinnig se moer in n mandjie. hoe kan 1 mens die term uitgedink het, maar iemand anders het dit eerste gebruik?

  • 31. Olga  |  Junie 5, 2009 om 8 : 39

    I also have a dream. en ek sal dit maar saam met my graf toe moet neem. die kuiermense of naweek mense het nie kans gesien vir die pad nie. yeahhh.

  • 32. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 8 : 43

    Olga

    Nou is ek nuuskierig oor daardie droom

  • 33. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 9 : 06

    GRRRRRR

  • 34. maxie  |  Junie 5, 2009 om 9 : 32

    Naandse!

    Heng, dis koud.

    Adrie
    Nice van jou om A.R.K. se besonderhede hier op te sit.

  • 35. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 9 : 38

    Max

    Dit is darem nie so koud vanaand nie. Of ek het nou al aangepas.

  • 36. maxie  |  Junie 5, 2009 om 9 : 43

    Wel, ek kry koud.
    Voel ‘n bietjie soos Mathilda, nies dat die berge antwoord gee.

    Pta is ook mos ietwat warmer as Jhb?

  • 37. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 9 : 46

    So twee grade. Ek het sit darem in die bed met die rekenaar

  • 38. maxie  |  Junie 5, 2009 om 9 : 49

    Oe lekker!
    Ek sit in studeerkamer in hierdie groot kasarm met net teels, hoe^ plafonne en alles is oopplan.

  • 39. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 9 : 52

    Ek kan vir jou koffie gee? As dit sal help?

  • 40. maxie  |  Junie 5, 2009 om 9 : 55

    Nou net gemaak, dankie!
    Groet nou, lekker slaap, lekker naweek!

  • 41. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 9 : 57

    Tata

  • 42. fokker  |  Junie 5, 2009 om 11 : 37

    harley is vi mense wat te veel geld het en geen idee van bikes het ni

  • 43. Olga  |  Junie 6, 2009 om 8 : 03

    More, more. dis nie altemit nie, fokker. maar ai, n fatboy en n softtail laat mens sondige gedagtes kry.

  • 44. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 10 : 37

    More

  • 45. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 10 : 38

    Whateva, Fokker

    Wat is jou droom?

  • 46. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 10 : 39

    Olga

    Die Harley doen wel iets sondig vir die mens, maar die eienaars selde.

  • 47. Beeld  |  Junie 6, 2009 om 10 : 56

    Corné van Zyl

    Twee Pretoriase mans wat in ’n erge ongeluk was, het gisteraand steeds gewag om geopereer te word nadat hulle reeds eergisteroggend vroeg in die Steve Biko-akademiese hospitaal opgeneem is.

    Mnr. Charlie Porter (29) het ’n skedelfraktuur, ’n vergruisde oogkas en ligte breinbloeding, en mnr. Rohan van Niekerk (28) van Pretoria het vermoedelik senuweeskade aan sy regterarm wat sedert die ongeluk geen gevoel in die onderarm en hand het nie.

    Albei is by opname gesê hulle word op die noodoperasielys geplaas, maar die operasies is elke keer uitgestel.

    Van Niekerk het gister gesê daar is twee groot gate in sy boarm en sy verbande is sedert eergistermiddag nog nie omgeruil nie. Hy is steeds in die ongevalle-afdeling.

    “ ’n Dokter het vir my gesê dat die senuwee in my regterarm af is en dat ek ’n noodoperasie moet ondergaan. Ek is baie bekommerd oor my arm.”

    Porter is volgens sy vriendin, me. Carin Leita (27), ná die diagnose van die skedelbreuk, ’n vergruisde oogbank en ligte bloeding op die brein aanvanklik op die noodoperasie-spoedlys geplaas.

    Volgens Leita het ’n dokter in die hospitaal aan haar gesê hoe langer die rekonstruksie van Porter se oogbank uitgestel word, hoe moeiliker gaan dit wees “om dit reg te laat lyk”.

    Volgens haar het die dokter ook gesê dit is buite sy beheer oor wie wanneer geopereer word. “Hy het gesê hulle is ge-overloaded met werk.”

    Porter het gistermiddag self gedroogde bloed op sy gesig en kop in ’n badkamer afgewas.

    Van Niekerk se pa, mnr. Isak van Niekerk, het gister gesê ’n verpleegster het aan sy seun gesê hulle moet wag omdat daar pasiënte is wat al Maandag opgeneem is en “wie se wonde al infeksie het”.

    Porter en Van Niekerk was Donderdag omstreeks 01:00 en sowat 1 km van die Van Niekerks se huis in Môregloed in Pretoria in die ongeluk.

    ’n Ander voertuig was nie betrokke nie. Die twee kan nie onthou hoe die ongeluk gebeur het nie.

    Woordvoerders van die hospitaal het teen druktyd nie op navrae wat per e-pos, faks en telefoon gerig is, gereageer nie.

  • 48. Beeld  |  Junie 6, 2009 om 11 : 01

    Nicolize van der Walt

    Klerksdorp. – Pleks van skares wat juig, is daar skares wat snik.

    Pleks van Steve Hofmeyr wat ’n bekende rugbyliedjie sing, is daar ’n Psalm wat opklink.

    En binne dié uniek-ontwerpte koepeldakstaalkis lê ’n geharde ondersteuner wat sy laaste reis aanpak.

    Mnr. Riaan Moore van dié stad is al nege jaar lank, soos hy dit stel, in die doodsbedryf. Hy besef die erns van die dood en die hartseer van hulle wat treur.

    Hy plaas doodskiste op die mark wat die mees geharde sportondersteuner sal laat uitsien na die hiernamaals.

    “Waarom kan mens doodskiste nie uniek maak nie? Waarom nie in jou geliefde rugby- of sportspan se kleure begrawe word nie? Die kiste word op bestelling in Suid-Afrika gemaak. Ek het juis vandag ’n pienk kis gestuur vir ’n afgestorwe netbalspeler van Ventersdorp wat die naweek begrawe word,’’ vertel hy gister.

    Die konsep van die kiste het om ’n braaivleisvuur vlam gevat. Moore en sy vrou, Sarie, het besluit waarom nie? Unieke grafstene met motorfietse en kitare is nie meer ’n nuutjie nie.

    “Kyk, ek is rugbymal. Toe begin ons in die rigting dink en daar is die konsep gebore. Mense wil vir hul geliefdes die beste gee en dit is vir hulle ’n baie emosionele tyd en hierdie kiste is beslis spesiaal en bekostigbaar. Ons kan aan enige versoek voldoen om die kis te maak.”

    Hy spot dat die kiste reeds ’n sluitmeganisme en sleutel het en dat skoonma’s dus ook daarin begrawe kan word.

    Sy onderneming is ook van die eerstes wat kleurfoto’s met laser direk op graniet kan laat sit.

    “Wat sal nou mooier lyk as ’n kleurfoto van jou geliefde sportspan? En dit kos alles onder R10 000 vir hierdie kis met ’n lewenslange waarborg.’’

    Moore is wel reeds deur ’n bekende rugbyunie met regstappe gedreig indien hy hul logo of handelsmerk sal gebruik.

  • 49. Adrie  |  Junie 6, 2009 om 11 : 02

    Wat is lewenslank vir iemand wat dood is?

  • 50. Beeld  |  Junie 6, 2009 om 11 : 04

    Daniëlla du Plooy

    ’n Groep kinders – sommige so jonk as vyf jaar – het eergisteraand in ’n trein by Parkstasie in Johannesburg oornag nadat hul rit met sowat ses uur vertraag is.

    Die groep van 18 skoolkinders, sowel as ouers en afrigters, is van Langebaan aan die Kaapse Weskus en was met die langafstand-passasierstrein Sho?sholoza Meyl op pad na Johannesburg om aan die naweek se Nasionale Dojo-kampioenskappe in Turffontein deel te neem.

    Hulle sou van Parkstasie af met huurmotors ry na hul verblyf in Middelburg, waar hulle gister sou bly en oefen.

    Hulle het egter te laat in Johannesburg aangekom om met die huurmotors te ry.

    Volgens me. Marianna Dorman, wat saam met haar kind op die trein was, was hulle al by die Potchefstroom-stasie meer as twee uur agter skedule.

    “Ons moes toe al in Johannesburg gewees het, maar het daar nóg ’n paar uur gewag.

    “Dit was nie die vertraging wat die ergste was nie; dit was dat niemand vir ons kon verduidelik wat aangaan nie.”

    Volgens Dorman moes die passasiers kort-kort gaan vra wat aangaan, maar “niemand kon ons help nie”.

    Sy sê toe hulle eindelik uit Potchefstroom vertrek, is talle beloftes aan hulle gemaak, onder meer dat hulle aandete en ontbyt sou kry en op die trein kan oorslaap.

    “Ons het toe wel op die trein oornag, maar die etes was baie laat en ons moes elke keer die trein verlaat om Parkstasie se badkamers te gebruik.”

    Dorman sê hulle het gisteroggend ná 09:00 na Middelburg vertrek.

    Mnr. Viwe Mlenzana, uitvoerende hoof van Sho?sholoza Meyl, sê die oponthoud is veroorsaak deur ’n deel van die treinspoor wat gebreek het.

  • 51. Beeld  |  Junie 6, 2009 om 11 : 07

    Sanri van Wyk

    Die haatspraakklagte teen mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, sluit nou ook “teistering en diskriminasie” in.

    Mnr. Mbuyiselo Botha, die organisasie Sonke Gender Justice Network se senior geslagsadviseur, het die aanklagte by die gelykheidshof ingedien.

    Dié hof is in die Johannesburgse landdroshof gesetel.

    Die organisasie het die hof gisteroggend by monde van sy regspan van Bowman Gilfillan-prokureurs in Johannesburg gevra om Malema te beveel om om verskoning te vra en in te gryp om hom te weerhou om soortgelyke stellings te maak.

    Malema se prokureur, mnr. Tumi Mokwena, het gevra dat die verrigtinge uitgestel word sodat hy hom op weerlegging van die ekstra aanklagte kan voorberei.

    Die aanklagte spruit uit opmerkings wat Malema op 22 Januarie gemaak het toe hy studente van die Kaapse Skiereiland-universiteit van Tegnologie (KSUT) toegespreek het.

    Hy het hom onder meer uitgelaat oor die verkragtingsklag waarop pres. Jacob Zuma in 2006 onskuldig bevind is.

    Hy het glo gesê Khwezi (skuilnaam van die klaer) het ’n “lekker tyd” gehad.

    “As ’n vrou dit (seks) nie geniet nie, loop sy vroeg in die oggend. Diegene wat dit geniet het, wag totdat die son opkom en vra ontbyt en taxigeld.

    “Die oggend het dáái vrou ontbyt en taxigeld gevra,” het hy glo gesê. “Jy kan nie taxigeld vra van iemand wat jou verkrag het nie.”

    Malema was nie by die verrigtinge teenwoordig nie en dit is tot 9 Julie uitgestel.

  • 52. Olga  |  Junie 6, 2009 om 11 : 30

    As malema nie kan gif spoeg nie is sy bek stil. ek hoop ta helen moer hom ook met n tñslot.

  • 53. Olga  |  Junie 6, 2009 om 11 : 32

    M.a.w. n tongslot.

  • 54. Wheelbarrow Jack  |  Junie 6, 2009 om 12 : 02

    Olga, olga, olga. Ek gaan tabasco in jou oor gooi as jy nie ophou vloek nie. Dit is my droom vandag.

  • 55. Olga  |  Junie 6, 2009 om 1 : 55

    Wha ha ha ha ha. my bad boy, kom pas jou mama op. die nare oom wil tabasco in my oor gooi.

  • 56. Olga  |  Junie 6, 2009 om 4 : 57

    Elo.???

  • 57. olga  |  Junie 6, 2009 om 5 : 06

    niemand tuis nie.

  • 58. olga  |  Junie 6, 2009 om 5 : 10

    Elooo????
    Is hier n maatjie vir n praatjie?

    eish. almal het bikes gaan kyk.

  • 59. olga  |  Junie 6, 2009 om 5 : 10

    of rafting. . . .

  • 60. olga  |  Junie 6, 2009 om 5 : 11

    of canoeing. . . .

  • 61. olga  |  Junie 6, 2009 om 5 : 12

    of carving. . . jy kan my kielie as ek weet.

  • 62. olga  |  Junie 6, 2009 om 5 : 13

    of absailing. . . .

  • 63. Olga  |  Junie 6, 2009 om 5 : 40

    Of paintballing.. . . . .

  • 64. Olga  |  Junie 6, 2009 om 5 : 41

    Of hiking .. . . .

  • 65. Olga  |  Junie 6, 2009 om 5 : 43

    Of mountainbiking. . . . .

  • 66. Olga  |  Junie 6, 2009 om 5 : 44

    Of huje het gaan doen wat ek nou gaan doen. leke eet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: