Little Angels projek

Junie 4, 2009 at 5 : 21 148 Kommentaar

Knus onder God se vlerk, lê Little Angels.  ‘n Huis vir veertien kinders.  En vyf ma’s.  ‘n Paar van die kindertjies wat daar bly, gaan sommige naweke en vakansie terug na hulle eie families.  Die res van die tyd, is dit Thea en haar span wat na hulle omsien.  Vir vier van die kinders is Thea pleegma, sodat sy ten minste ‘n paar rand kan kry om na hulle om te sien.    Partykeer kom daar so min geld in vir van die kinders, dat dit net ‘n genade is dat sy vir hulle kan sorg.  Hoe sy dit regkry is ‘n ope vraag.  Hulle ouderdomme wissel tussen 22 (oudste) en ‘n jaar.  Hulle kry almal die liefde en aandag wat hulle nodig het om te floreer. 

Die kinders gaan nie skool toe nie en meeste van hulle is volgens die onderwysdepartement onopleibaar.  Dit het nie vir Thea gekeer om die potensiaal in elkeen raak te sien en hulle met liefde en stimulasie groot te maak nie.  Sien, die kinders van Little Angels, is almal in wisselende grade Serebraal Gestrem.   Maak jou oë toe en verbeel jou hoe moeilik dit moet wees om na veertien gesonde kinders om te sien.  Probeer jouself indink hoe moeilik dit moet wees as dit veertien kindertjies is wat bitter min vir hulle self kan doen.

Thea kla nie.  Die kinders ook nie.  Hulle is geliefd en gelukkig.  Dis ‘n groot gesin in ‘n doodgewone huis. 

Ons het van haar te hore gekom nie omdat sy gevra het vir hulp nie.  Ons wou self haar hulp hê om ‘n huis te bied vir een van die kindertjies wie ons help.  ‘n Toer het bevestig wat ek toe reeds geweet het.  Geen mens kan dit alleen doen nie.  Die kinders kry terapie en het alles wat hulle nodig het, maar die normale werk wat aan ‘n huis gedoen moet word om seker te maak dit bly instand, het agterwee gebly.  Daar is net nie genoeg ure in ‘n dag nie.

Dit is toe ons besluit het dat sy ‘n ma is vier veertien kinders, en ook hulp nodig het.  Daar het heelwat donasies ingekom in die vorm van kinder beddegoed en elementere speelgoed en ons het genoeg dekor om dit in ‘n meer kleurvolle huis te omskep.  Ons het ook materiaal gekoop en sal hulle verslete Shonabuggy’s gaan herstel.  Ons het selfs ‘n paar rand gekry om te help koop aan skroewe en deurknoppe en sulke hardeware dinge.   Ons het egter omtrent nog R 1500 nodig om al die herstelwerk wat nodig is te kan doen. 

Ons beplan om dit ‘n maandelikse uitstappie te maak en hulle te help om kop bo water te hou.  Ons beplan selfs om op een of ander stadium die huis vir hulle uit te verf. 

Maar ons het hulp nodig.  Jou hulp.

(A.R.K help ouers en gesinne met Serebraal gestremde kinders om finansieel en emosioneel te oorleef.  Besoek ons webwerf vir verder inligting www.arandomactofkindness.co.za) .

Blogvraag:  Wie was die eerste persoon wat Serebrale verlamming gebruik het as ‘n term om ‘n groot verskeidenheid motoriese afwykings in kinders op te som?

Groete, Carina.

Mense wat graag wil; kontantskenkings kan in die onderstaande rekening gemaak word.  Gebruik asseblief jou naam en Little Angels as verwysing.

The ARK
Standard bank Hermanus
ReK no:  085133698
Takkode:  050312

Blogantwoord:  Olga was reg met Reghardt van der Berg en Jana Cilliers.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Plekkie in die son I have a dream

148 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Junie 4, 2009 om 5 : 30

    Eerste

  • 2. Adrie  |  Junie 4, 2009 om 5 : 52

    Hand op.

  • 3. Olga  |  Junie 4, 2009 om 6 : 02

    William osler.

  • 4. Olga  |  Junie 4, 2009 om 6 : 02

    Derde

  • 5. Adrie  |  Junie 4, 2009 om 6 : 56

    Dit is erg dat die staat nie sulke plekke steun nie.

  • 6. Adrie  |  Junie 4, 2009 om 7 : 00

    HOEKOM HET DIE BLOG NOG NIE N KAGGEL NIE?

  • 7. Adrie  |  Junie 4, 2009 om 7 : 01

    👿

  • 8. Olga  |  Junie 4, 2009 om 7 : 26

    Almal maak musiek in die parlement en zuma dans. cosatu se zuma sal n 2de termyn regeer. en klaar. cosatu se tito mbeweni sal afgedank word. wie de blixem lei die land? cosatu? zuma se base nl cosatu en ancyl gaan mekaar 1 van die dae in die hare vlieg om die pres te domineer. lyk my hy gaan n ja broer word.

  • 9. Adrie  |  Junie 4, 2009 om 7 : 34

    Olga

    Hy is al lankal ‘n ja-broer, hy stem tot met al die boere saam.

    Sal kyk hoe lank vat dit voordat hy homself vaspraat. Hy sal nie almal kan happy hou nie.

  • 10. Olga  |  Junie 4, 2009 om 7 : 34

    hoekom moet alles in engels wees op jou link carina? nou gaan ek heeltyd met myself baklei. ek gee as n reel nie geld vir engels alleen fondsinsamelings nie.

  • 11. Olga  |  Junie 4, 2009 om 7 : 37

    Afrikaans word altyd oor die hoof gesien. daarom as ek n link, sms, brief oopmaak en ek sien net engels, dan is ek klaar gelees. hierdie link was geen uitsondering nie.

  • 12. Adrie  |  Junie 4, 2009 om 7 : 47

    My red language are very delicious.

    Olga, ek stem saam. Ek sal baie eerder iets in Afrikaans as in Engels lees. Die nood moet hoog wees, die “artikel” baie interessant of ek moet betaal word om Engels te lees.

    Toe ek Carina leer ken het was haar blog Engels. Sy het darem in die tussentyd ook in Afrikaans ook begin blog.

  • 13. Adrie  |  Junie 4, 2009 om 7 : 54

    Ek het besluit om ‘n deel van my Mugg & Bean budget die maand hieraan af te staan.

  • 14. carina  |  Junie 4, 2009 om 8 : 22

    Dankie Adrie.
    Olga, die ding met ‘n nie-winsgewende organisasie is dat ons regeringsdepartemente skaars Engels magtig is, wat nog te se Afrikaans. Maar ek is bly oor jou kommentaar, dalk is dit wat baie mense dink en niemand wil se nie?
    Elk geval, op hierdie stadium is ek redelik alleen wat die webwerf en blog betref – teen einde Augustus behoort ek hulp te he en dan sal ons tweetalig word.
    Die ander ding is dat ons heelwat Engelse mense het – Engelse mense verstaan nie noodwendig Afrikaans nie, maar Afrikaanse mense verstaan almal Engels.
    Sodra ek meer hande kan kry, sal ons tweetalig wees.
    Weereens dankie vir jou voorstel🙂

  • 15. carina  |  Junie 4, 2009 om 8 : 30

    Wou nog se dankie vir die gebruik van Dorings🙂

  • 16. *Mathilda*  |  Junie 4, 2009 om 9 : 40

    Hi Carina, n post baie na aan my hart

  • 17. Olga  |  Junie 4, 2009 om 10 : 13

    Carina, jou belofte om afr in te bring het my gewete laat seevier. sterkte en voorspoed.

  • 18. Olga  |  Junie 4, 2009 om 10 : 16

    Juf annie, ons het niestandard bank in ons ou dorpie nie. kan ek maar n geldjie vir jou inbetaal vir carina se projek?

  • 19. Adrie  |  Junie 4, 2009 om 10 : 21

    Olga, ja, sekerlik. Laat weet my net wat die bedrag is en dan betaal ek dit oor.

  • 20. Wheelbarrow Jack  |  Junie 5, 2009 om 12 : 12

    Naandse. Eintlik al dagse. Juf swaardetrek kan ek ook maarweer jou bank rekening gebruik om r100tjies by te dra vir cariena se veldtog?

  • 21. Olga  |  Junie 5, 2009 om 12 : 40

    Ai, hoe amper het ek nou geselskap gehad. tjk. wel oom jack, ek gaan jou nie better nie, maar ek gaan jou equal. r100 van my af, juf annie. dit laat my nou dink aan die kersfees fonds insamelings wat springboke radio destyds gehou het. dan was die wereld en sy maat genooi om te equal or better. onthou jy dit, oom jack, tilla, ouma wip, klip?

  • 22. Olga  |  Junie 5, 2009 om 6 : 39

    More, more.

  • 23. Olga  |  Junie 5, 2009 om 8 : 03

    Nee, arrie tog, ek het nie in die nag enige iemand uitgedaag om te equal or better nie. kruip uit julle gate.

  • 24. Tweelingkind  |  Junie 5, 2009 om 8 : 28

    Ek bewonder sulke mense soos Thea, dit sit defnitief nie in elkeen se broek om sulke goeie werk te doen nie.Grootste RESPEK vir haar!

  • 25. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 8 : 29

    More almal

  • 26. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 8 : 32

    Olga

    Ituba het dit mos ook altyd op 10 Oktober gedoen. Jac doen dit weer vir winterwarmer.

    Ek sal julle match.

  • 27. carina  |  Junie 5, 2009 om 8 : 45

    Baie baie dankie. Ek sal foto’s aanstuur. 🙂

  • 28. Beeld  |  Junie 5, 2009 om 8 : 49

    Alet Rademeyer

    Die Tshwane-metroraad dreig om leerlinge wat hulle aan wangedrag soos seks in munisipale busse skuldig maak, op ’n swartlys te plaas en hul “misdadigheid” by die polisie aan te meld.

    Skole in die Tshwane-Suid-distrik wat Pretoria-Oos, Centurion, Mamelodi, Eersterust, Atteridgeville en Laudium insluit, het vandeesweek briewe gekry waarin die “onaanvaarbare en onbeheerbare” gedrag van leerlinge onder hul aandag gebring is.

    Mnr. Joe Mokhosi, distriksdirekteur, vra in dié brief skole moet ouers en leerlinge inlig oor stappe wat gedoen gaan word as die situasie in busse nie verbeter nie. Die metroraad dreig ook om sy busdienste op te skort of sekere skole daarvan uit te sluit.

    Mokhosi het by sy brief ’n skrywe oor leerlinge se gedrag aangeheg wat mnr. Patrick Chueu van die departement ekonomiese ontwikkeling in die raad verlede jaar aan die onderwysdepartement gestuur het.

    Chueu het gesê dit word al hoe moeiliker om ’n gehalte-busdiens aan skole in Pretoria te lewer.

    “Alle misdadigheid in die stad se busse, soos aanranding van busbestuurders en/of medeleerlinge, die gebruik van onwettige dwelms, seksuele omgang, die spuit van pepersproei en vandalisme – om maar ’n paar te noem – sal by die polisie aangemeld word.”

    Chueu het gesê die situasie is onhoudbaar en om voort te gaan om ’n veilige, betroubare en bekostigbare diens aan leerlinge te lewer moet die probleem dringend aandag kry.

  • 29. Beeld  |  Junie 5, 2009 om 9 : 03

    Mia Willemse

    Die geld wat destyds deur Laerskool Tuinrand vir Sheldean Human se begrafnis ingesamel is, word vandag gebruik om minderbevoorregte kinders te help.

    Sheldean (7) se lyk is in Maart 2007 in ’n vlak graf in Pretoria-Wes gekry nadat sy vermoor is.

    Me. Ida van der Schyf, voorsitter van die Tuinrand Voorsieningsfonds wat kort ná Sheldean se moord uit die gemeenskap se bydrae vir haar begrafnis ontstaan het, sê sy was baie teleurgesteld toe sy gehoor het Sheldean se grafsteen is nog nie opgerig nie.

    “As Avbob teen 10 Junie nie hul belofte nakom nie, sal die Laerskool Tuinrand (waar Sheldean ’n leerling was) persoonlik sorg dat daar so gou moontlik ’n grafsteen opgerig word,” het sy gesê.

    Mnr. Anton Vogel van Avbob het gister gesê hulle sal wel die grafsteen teen volgende Woensdag oprig. “Daar was ’n probleem met die stola (die foto op die grafsteen) wat ’n vertraging veroorsaak het,” het Vogel gesê.

    Volgens Van der Schyf was die skool destyds meer as bereid om vir die begrafnis te betaal, maar Sheldean se familie wou niks van die geld hê nie omdat verskeie derdepartye die begrafnis geborg het.

    Mev. Elize Human, Sheldean se ma, het bevestig dat sy ingestem het dat die fondsgeld eerder vir arm kinders gebruik moet word.

    “My kind was vir my meer werd as die geld wat ek in haar naam kon ontvang,” het Human gesê.

    Van der Schyf het gesê: “Die gemeenskap het soveel bydraes gelewer. Dit was oorweldigend.”

    Om dié rede het mnr. Pikkie Ploos van Amstel, die skoolhoof, Van der Schyf as prokureur gekry om die fonds te bestuur.

    Sy het verduidelik dat die verwarring oor Sheldean se fonds moontlik ontstaan het omdat die rekeningname op 11 Februarie 2008 verander is.

    “Ek het in Maart 2007 op RSG gesê die rekening (die skool se spaarrekening waarin die publiek skenkings vir Sheldean se begrafnis inbetaal het) sou voortbestaan as die Tuinrand Voorsieningsfonds.”

    Die rekeningnommer het dieselfde gebly. Net die naam het verander. Hierdie geld word vandag nog gebruik om ’n handjie vol behoeftige kinders met veldskool, rugbytoere, kos, klere en selfs mediese bystand te help.

    Die fonds se grondwet bepaal dat dit tot voordeel van behoeftige kinders gebruik moet word. Dit bepaal verder dat die geld aan enige behoeftige leerling van die Laerskool Tuinrand beskikbaar gestel kan word “sodat elke leerling aan alle aktiwiteite van die skool kan deelneem, gemeet aan bepaalde kriteria”.

    Van der Schyf het gesê die geld wat vandag vir minderbevoorregte kinders aangewend word, is ’n laaste vorm van eer aan Sheldean.

    “Die skool is deursigtig in alles wat hy doen. Enigiemand wat groot bedrae inbetaal het en wil weet wat met hul geld gebeur, kan my gerus bel by 012 379 5492.”

  • 30. Beeld  |  Junie 5, 2009 om 9 : 04

    Waldimar Pelser

    Jode is “moordenaars”, charismatiese Christen-kerke heul met Boere en versteur die vrede, en buitelanders wat Namibiërs minag, moet padgee, anders word hulle in die kop geskiet.

    So het oudpres. Sam Nujoma van Namibië na bewering op 23 Mei op ’n saamtrek van Swapo in ’n toespraak gesê wat dié land se menseregte-aktiviste rooi laat sien.

    Die Namibiese nasionale vereniging vir menseregte (NSHR) het gister opnuut sy kommer uitgespreek oor die uitwerking van Nujoma se woorde aangesien hy “nog baie invloed hier het”, het me. Dorkas Phillemon, ’n woordvoerder, aan Beeld gesê.

    Nujoma (80) het Namibië 15 jaar lank geregeer – van onafhanklikheid in 1990 totdat pres. Hifikepunye Pohamba hom in 2005 opgevolg het.

    ’n Agent van die NSHR was volgens Phillemon teenwoordig toe Nujoma Swapo-ondersteuners in die dorp Helao Nafidi in die Ohangwena-streek aan die grens met Angola toegespreek het.

    “In ’n toespraak wat herinner aan dié van pres. (Mahmoed) Ahmadinedjad van Iran het Nujoma gesê Joodse mense (Israeli’s) is ‘moordenaars’,” sê die NSHR. Die gehoor was meestal kinders.

    Hy het pinksterkerke “valse kerke” genoem wat Namibiërs mislei, “met die Boere heul en die ‘God van Israel’ aanbid”. Voordat die wit man in Namibië aangekom het, het dié land se mense volgens Nujoma die Reënmaker aanbid, wat eintlik die enigste “ware” god is. In ’n aanval op misdadigers het Nujoma gesê dié wat vroue se regte aantas, se “kele sal afgesny word”, terwyl enigiemand wat Swapo – die regerende party – se vlag minag “lewend begrawe sal word”, berig die NSHR.

    Toe draai hy na buitelanders – ook Suid-Afrikaners.

    “Volgens Nujoma is die enigste goeie buitelanders in Namibië die Angolese vanweë hul rol in die stryd om Nami-biese onafhanklikheid in Maart 1990. Hy het gesê buitelanders wat Nami-biërs nie respekteer nie moet hul goed vat en loop en teruggaan na hul lande voordat hulle ‘koeëls in die kop kry’.”

    Die NSHR het Nujoma se “haat?spraak” skerp gekap en gesê dit is strydig met Namibië se grondwet en kom op opswepery tot geweld neer.

    Phillemon het gesê hoewel Nujoma nie president is nie, is sy besorg oor die invloed van die oudleier se woorde.

  • 31. Beeld  |  Junie 5, 2009 om 9 : 05

    Jeanne-Marié Versluis

    “En ons kla oor óns probleme!”

    So het baie mense oor die jare heen hul seëninge getel as hulle me. Elize Richards van Booysens in Pretoria ontmoet het.

    Die dowe en blinde Richards het aan Fanconi se sindroom, ’n seldsame niersiekte, gely.

    Sy is Dinsdag in haar ouerhuis oorlede en word vandag begrawe.

    Daar is verwag dat sy nie eens sewe jaar oud sou word nie, maar Richards sou volgende maand 29 jaar oud geword het, het haar ma, Bettie, gister gesê.

    Sy het haar dogter se niere die afgelope jaar en ’n half vier keer per dag gedialiseer.

    In Februarie het Richards jr. longontsteking opgedoen en vier weke gelede ’n maagvirus.

    Die maagvirus het meegebring dat sy 10 kg verloor en ’n skrale 26 kg geweeg het.

    Die virus en die nierversaking het haar dood Dinsdagoggend veroorsaak.

    “Sy het die laaste tyd erge pyn gehad en baie gely,” het Richards sr. gesê.

    Sy en haar man, Willie, het hul dogter tuis versorg.

    “Sy was ’n engel. Sy het so baie mense van negatief na positief geneem. Ou mense het gesê: ‘En ons kla oor óns pyne!’ ”

    Mense se ontmoeting met haar het hulle dankbaar gemaak.

    Beeld het in 1994 oor haar 14de verjaardag berig. Toe het dié popklein meisie van net 16 kg nie ’n dag ouer as ses jaar gelyk nie. Sy het toe al baie swaargekry, maar geglimlag.

    In 1996 is berig sy het braille bemeester en haar bene is die vorige jaar in ’n operasie reguit gemaak.

    Die begrafnisdiens is vandag om 11:00 in die Nederduits Hervormde kerk Wesmoot in Attiestraat, Booysens.

    Sy sal daarna in die Zandfontein-begraafplaas, in die weste van Pretoria, begrawe word.

  • 32. Beeld  |  Junie 5, 2009 om 9 : 08

    Rajaa Azzakani

    Die polisie gaan meer speurders ontplooi, gemeenskapspolisiëring aanmoedig en die weermag vra om transito-rooftogte te beveg in ’n poging om misdaad met tot 10% per jaar te verminder.

    So het mnr. Nathi Mthethwa, nasionale minister van polisie, gister in die debat op pres. Jacob Zuma se staatsrede gesê.

    Hy het gesê daar is tans sowat 12 900 polisiebeamptes wat opleiding as speurders ontvang, waarvan 1 200 reeds in die gevorderde klas is.

    Mthethwa het beklemtoon dat die regering sal voortgaan met planne om sogenaamde straatgemeenskappe te stig om die polisie te help in sy stryd om hulle te beskerm.

    “Geen polisiemag kan te alle tye oral wees nie. Dit het tyd geword dat misdaad op die agenda van elke huishouding kom in ’n poging om vrede, veiligheid en troos na ons gemeenskappe terug te bring.

    “Daar móét ’n vennootskap tussen die publiek en die polisie wees,” het hy gesê.

    Mthethwa het terselfdertyd kritiek oor sy plan om die jeug by misdaad-bekamping betrokke te kry afgeskud.

    Hy het gesê die “jong leeus” het die vermoë om misdaad ’n knou toe te dien.

    Volgens hom is dit net diegene wat ryk genoeg is om self veiligheidsmaatskappye te huur om hulle te beveilig en hulle buite die werklikheid van misdaad te plaas wat oor dié plan kla. “Hulle hoë veiligheidsmure het hulle verblind.”

    Hy het gewaarsku dat misdaadvlakke wat nog bo regeringsteikens is, die vordering van die anti-apartheidstryd ongedaan kan maak.

    Mthethwa het gesê die nuwe direktoraat vir die ondersoek van prioriteitsmisdade (DOPM), wat die Skerpioene vervang, sal vroeg aanstaande maand volledig operasioneel wees.

  • 33. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 9 : 10

    En eintlik is daar niks in die nuus nie.

  • 34. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 9 : 13

    More more

  • 35. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 9 : 14

    Kloon

    Onthou die link wat jy vir my wil posduif

  • 36. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 9 : 15

    Toemaar, ek het hom gekry, vir een of ander duistere rede het die ding in die junkmail gaan lê

  • 37. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 9 : 15

    Iemand hier?

  • 38. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 9 : 29

    Kloon

    Ek het dit al gister gestuur

  • 39. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 9 : 48

    Ek is hier

  • 40. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 9 : 50

    Het jy nou al jou epos gekry?

  • 41. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 9 : 50

    Ek het net eers gou iets gaan lees

  • 42. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 9 : 50

    Olga

    Jy het ‘n posduif.

  • 43. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 9 : 52

    Jip, kyk by #36

  • 44. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 10 : 04

    Ek moet gou gaan vergader.

  • 45. Salome  |  Junie 5, 2009 om 10 : 10

    More Almal!!

    Probeer net my nuwe internet koneksie. Baie goedkoper en baaaaaie vinniger.

  • 46. Salome  |  Junie 5, 2009 om 10 : 11

    Jip, hy werk baie goed.
    Kan julle ongelukkig nie verwys nie, want dit is net hier in Wtb en Mdb beskikbaar.

  • 47. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 10 : 14

    Salome ! Hoe gaan dit ?

  • 48. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 10 : 15

    Vertel my daarvan

  • 49. Salome  |  Junie 5, 2009 om 10 : 33

    ‘skuus MAthilda. Het nou eers die e-pos en als uit gekyk. Dis web4us. Hulle vra R300 p/m en dan het jy unlimited access.

    Ek ga gou ry. Het heeltemal vergeet van oumatjie se haar afspraak.
    Sien julle later

  • 50. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 10 : 53

    Waar is die res vandag ?

  • 51. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 11 : 43

    Dis eers volgende naweek langnaweek – kom, kruip uit julle gate uit !

  • 52. Olga  |  Junie 5, 2009 om 12 : 00

    onderhoud van vmore kom neer op bubbles hap. en soektog vir eers onnodig.

  • 53. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 12 : 04

    TERUG!!!

    KLOON, KOM TERUG!!!

  • 54. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 12 : 06

    Olga

    O I C

    Jou gaste al gekom?

  • 55. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 12 : 10

    My rekenaar is op Noag se Afrika tyd. Frustreer die daglig uit my uit.

  • 56. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 12 : 11

    Dit raak darem beter.

  • 57. Olga  |  Junie 5, 2009 om 12 : 13

    Ek hou sover nog duim vas dat hulle kanseleer .daar is watervalgriep of melaatsheid in die lug.

  • 58. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 12 : 21

    WHAHAHAHAHAHAAHAHAHA

    Wat doen ons vandag vir middagete?

  • 59. Nats  |  Junie 5, 2009 om 12 : 22

    Helllloooooo!!!

    Mense ek is vrek besig! Dankie tog dis Vrydag!

    Topic
    Mens kry darem maar baie goeie mense, wat hulself altyd 2de sit en ander 1ste sit! Ek gee ook nie om om fisies te kom help verf ens ens nie, spaar darem da op arbeid… en ek is mal daaroor – sê net wanneer! Ek sal ook hout afskuur… vloere vee you name it!

  • 60. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 12 : 22

    Ek sal een of ander tyd nog ‘n melaatsheid pos skryf.

  • 61. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 12 : 24

    Nats

    Ek sien jou alterior motives.

    Dit is more wat jy kan gaan help. Het jy al ‘n vliegkaartjie bespreek? Ek kan nie belowe dat daar walvisse gaan uitspoel nie.

  • 62. Nats  |  Junie 5, 2009 om 12 : 26

    Kos?
    Ek het pasta van gisteraand oor – ek moes vir ses kook, maar dit het meer gelyk asof ek vir 10 gekook het!!

  • 63. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 12 : 26

    CARINA!!!!

    Borg my vliegkaartjie en ek kom help julle die hele naweek.

  • 64. Nats  |  Junie 5, 2009 om 12 : 27

    Adrie
    Wat?! Is dit in die Kaap!
    Ok nee wag, dan sal ek maar eerder ‘n deposito maak – gaan goedkoper wees😉

  • 65. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 12 : 29

    Kan werk. Ek is mal oor pasta.

    Ek gaan juis die naweek ‘n pasta gereg maak.

  • 66. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 12 : 30

    Tweeling

    Cool. Dit is darem nou al 4 van ons wat help.

  • 67. Nats  |  Junie 5, 2009 om 12 : 31

    Die snaakse ding is ek het besluit op pasta en slaai vir Woendag aand saam Mnr se ouers, my ma en klein sus.

    Toe word dit uitgestel na Donderdag aand. Intussen reel my ouer sus ‘n pasta en slaai storie vir haar b-day Saterdag!

    So ja, ek eet nou vir drie dae lank pasta!! En ek maak die slaai vir more! So ja, wie weet dalk eet ek Sondag ook oorskiet pasta!!

  • 68. Nats  |  Junie 5, 2009 om 12 : 36

    Ek moet gou gaan!

    Check julle net nou weer!

  • 69. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 12 : 36

    Ek beplan om ‘n week lank pasta te eet.

  • 70. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 12 : 38

    Iets vertel my Tilla het weer gedros.

  • 71. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 12 : 54

    Nope – die internet het !

  • 72. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 12 : 58

    Maar ja – ek wag dat die baas sy gat draai

  • 73. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 1 : 03

    Watse pastagereg kloon

  • 74. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 1 : 09

    Ek het net een pasta resep, kloon. Werk vir alles.

  • 75. Olga  |  Junie 5, 2009 om 1 : 12

    Tillaki, juf annie maak plank pasta. alles waarop sy haar hande kan le, plank sy in die pasta.

  • 76. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 1 : 14

    Olga

    Jy was al een van die min mense wat my konkoksies geeet het. En dit is darem ten minste eetbaar.

  • 77. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 1 : 18

    Die plank resep het ‘n ander naam ook en glo my, dit werk vir alles.

  • 78. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 1 : 33

    Moerby ?

  • 79. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 1 : 34

    Daardie ene.

    Ek het dit dalk nie uitgevind nie, maar ek het dit vervolmaak.

  • 80. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 1 : 35

    Ek hou van pasta en het ook so moerby ene wat ek maak

  • 81. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 1 : 36

    Dit hang ook af wat in die huis is die dag wat daarin kom en hoe die eindresultaat proe

  • 82. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 1 : 37

    O ja, hallo Olga

  • 83. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 1 : 37

    Tilla

    Mens het nie net een moerby resep nie. Elkeen is uniek.

  • 84. Olga  |  Junie 5, 2009 om 1 : 48

    Elo tillaki. ja, ek het die plank pasta oorleef. was nogal leke gewees ook. arme wk. met al die geraas en gebrul van motorfiets kon sy maar in pta gebly het.

  • 85. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 1 : 49

    Sy moet rof pak as sy nog nie gehallo het nie.

  • 86. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 1 : 52

    Ek is ook lus om naweek te hou.

  • 87. Olga  |  Junie 5, 2009 om 1 : 54

    In die dieretuin? of gaan jy heksebrousel eet?

  • 88. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 1 : 54

    Wat het van Nell geword ?

    Olga, wat nie dood maak nie maak groot ?

  • 89. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 1 : 56

    Ek soek al die hele oggend na daai trein wat ontspoor het en oor my geloop het

  • 90. Olga  |  Junie 5, 2009 om 1 : 58

    Tilla, dit moes die watdrvalgriep trein gewees het. het gehoor dit het ontsnap.

  • 91. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 2 : 01

    Nell het seker ook geskrik;.

  • 92. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 2 : 02

    Bang dat sy moet betaal as sy vandag saam chat.

  • 93. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 2 : 03

    So gepraat, ek moet gou ry.

  • 94. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 2 : 04

    Wa gaan jy

  • 95. Nats  |  Junie 5, 2009 om 2 : 10

    Terug!

    My pasta is ook een van daai moerby pastas!🙂

    My tannie maak ongelooflike lekker pasta!! Sal die resep by haar moet kry! Very nice!!!

  • 96. Girl van die Suburbs  |  Junie 5, 2009 om 2 : 24

    LLLLLLOOOOOOOOOOOOOOOOOO😉

  • 97. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 2 : 44

    Daar is jy – ek dog jy het bang geword

  • 98. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 2 : 45

    Wat is so spesiaal aan vandag behalwe dat dit World Environmental Day is ?

  • 99. Olga  |  Junie 5, 2009 om 2 : 47

    En dis vandag die begin van die para4kendiserally.

  • 100. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 3 : 02

    Olga

    Ek is baie bly dit affekteer my nie – alhoewel dit voel asof daar so 1000 bikes hier in my kop kom draai het !

  • 101. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 3 : 11

    TERUG

  • 102. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 3 : 14

    Wa was jy ?

  • 103. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 3 : 15

    Olga en Domkrag

    Ek het julle inbetalings oorbetaal.

  • 104. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 3 : 17

    Kloon

    Ek het my geld by my mond gaan sit.

  • 105. Olga  |  Junie 5, 2009 om 3 : 19

    Dankie. gaan jy die pleidooi vir n week of 2 op die blog hou ingeval nog iemand n donsietjie wil maak?

  • 106. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 3 : 20

    Ek moes langer in die bank gebly het.

  • 107. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 3 : 22

    Ek sal die ‘n widget met die bankbesonderhede maak, dat dit altyd sigbaar is.

    Ek gaan die post nie delete nie. Dalk moet ek ‘n page daarvoor skep. Hoe voel die ander Dorings?

  • 108. Olga  |  Junie 5, 2009 om 3 : 23

    meen n donasietjie. Het hulle dan koekies en tee in die bank uitgedeel?

  • 109. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 3 : 24

    Maak soos met die blogprojek

  • 110. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 3 : 24

    Wat het die bank wat ons nie het nie (behalwe ander mense se geld)

  • 111. Olga  |  Junie 5, 2009 om 3 : 25

    ek sekondeer. Dit is vir n saak met meriete. al was dit in ingels. carina, ek gaan jou aan jou woord hou ne.

  • 112. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 3 : 26

    Olga

    In watter eeu bly jy?

    ‘n Mens kan mos nie van hulle diens kla nie, daar is nie eers diens om mee te begin nie.

  • 113. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 3 : 34

    Ek haat banke, ek het nie eers woorde om dit mee te beskryf nie.

  • 114. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 3 : 37

    En WordPress is besig om te krap waar dit nie jeuk nie.

  • 115. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 4 : 03

    Het iemand Lydenburg se burgermeester met klippe bestook en my nie genooi nie?

    Ek gaan SULK!!!!

  • 116. Nats  |  Junie 5, 2009 om 4 : 05

    Terug!!!

  • 117. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 4 : 12

    Welkom, welkom

    Ek hoop jy het vir ons piesang melkies gebring.

  • 118. Nats  |  Junie 5, 2009 om 4 : 17

    NEE!

    Strawberry melkies! Mmmm

  • 119. Nats  |  Junie 5, 2009 om 4 : 18

    Ek het net gou my brein geoffen saam met Dr. Kawashima!😉

    My brein is 80 jaar oud!!!! Eish… ek het baie training om te doen!

  • 120. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 4 : 27

    Kan werk

    My rekenaar my my regtig lam. Ek kan nie verduidelik hoe lam nie.

  • 121. Nats  |  Junie 5, 2009 om 4 : 28

    Maar bygesê die ding het gesukkel om my woorde op te tel! Die Afrikaans sprekende kan mos nie red ordentlik sê nie!🙂

  • 122. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 4 : 31

    Se gou RRRRRRRRRRRRRRRRRRRRRRRRRRR

  • 123. Nats  |  Junie 5, 2009 om 4 : 34

    😆

    Ja dankie Tweeling nou kan ek mos Rrrrrred sê!

  • 124. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 4 : 37

    Ek kan nie RRRR forever and ‘n day nie.

    Ek kan dit se, maar nie uitgerek nie.

  • 125. Nats  |  Junie 5, 2009 om 4 : 48

    Dankie tog ek is alleen by die kantoor – het nou baie stupid geklink!!!

    Wat maak jy die naweek?

  • 126. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 4 : 50

    Ek toets die naweek.

  • 127. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 4 : 56

    Wat doen ry?

  • 128. Nats  |  Junie 5, 2009 om 4 : 58

    Laat ek in die pad val!

    Sien julle weer volgende week!

    Lekker naweek!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 129. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 4 : 58

    Bedoel jy

  • 130. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 5 : 01

    Wat toets jy ?

  • 131. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 5 : 02

    Ek het amper vergeet om huis toe te gaan

  • 132. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 5 : 04

    Oi

    Jy is seker siek.

  • 133. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 5 : 05

    Dis dai trein se after effects

  • 134. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 5 : 07

    Wat het jy gesuip?

  • 135. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 5 : 09

    As ek gesuip het sou ek geweet het hoekom ek voel soos ek voel

  • 136. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 5 : 09

    Dalk griep wat oppad is

  • 137. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 5 : 11

    Moet wees, het myself al uit die park uit genies

  • 138. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 5 : 17

    He He He

    Almal gaan dink jy ly aan varkgriep.

  • 139. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 5 : 19

    Solank hulle bang is vir my

  • 140. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 5 : 22

    Jy sal ‘n week lank by die huis kan bly.

  • 141. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 5 : 24

    Net n week ? Ag nee, ons sal n ander naam moet kry dat ek langer kan bly

  • 142. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 5 : 26

    Dit kan altyd brongitis of longontsteking word.

  • 143. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 5 : 28

    Liewer nie, ek wil gesond by die huis bly, nie siek wees nie

  • 144. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 5 : 29

    Ek gaan more my gemmertjies kry

  • 145. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 5 : 31

    Koel

    Lewe klip nog?

  • 146. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 5 : 33

    Jip

  • 147. Adrie  |  Junie 5, 2009 om 5 : 39

    Hy le nog meer leeg as jy, as dit moontlik is.

  • 148. *Mathilda*  |  Junie 5, 2009 om 6 : 18

    Hinderlaag – lê laag en hinder niemand nie !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: