Plekkie in die son

Junie 3, 2009 at 5 : 50 159 Kommentaar

Ek het gisteraand vinnig verwys na Diva van Carolyn Keene en hoe baie van die karaters op regte mense gebaseer was.  Dit het my aan Ena Murray se Plekkie in die son laat dink.  In die boek is haar hoof karakters ook fiktief, maar die bykarakters is regte mense (seker net met ‘n skuilnaam).  Hulle hartseer wat in die boek genoem is, is nie uit die skrywer se duim gesuig nie, maar dit is alles goed wat werklik met hulle gebeur het.

Vir diegene wat nog nie Plekkie in die Son gelees het nie.  Dit gaan oor ‘n vooraanstaande vrou wat leprose ontwikkel en in Genadendal moet gaan woon.  Karen sukkel om haar melaatsheid te verwerk en om haar nuwe woning en bure te aanvaar.  Sy word ook van haar vriende buite Genadendal en haar man en kind vervreemd.  Sy word verwerp weens haar siekte, meestal omdat mense die Bybelse beskrywing van die siekte glo.

Karen sy donker tye is agter fiktief.  Ek het eendag ‘n nota van Ena Murray gelees waarin sy meer agtergrond van die storie gegee het.  Sy het vir ‘n ruk lank self in Westfort, ‘n inrigting vir Melaatses gaan woon terwyl sy navorsing vir die boek gedoen het.  Wat sy daar ontdek het, het haar vir lank laat wroeg of sy die boek moes skryf. 

Daar is byvoorbeeld Bettie, wat die inrigting se reël oortree het en met haar man swanger geword.  Leprose kan nie van moeder tot baba oorgedra word nie, maar die baba kan dit na geboorte by die ma aansteek.  Die baba word ‘n week lank versorg tot die pa haar kan kom haal.  Later moet Bettie haar kind afteken sodat sy aangeneem kan word.  Daar was net niemand buite Genadendal wat die baba kon versorg nie.

Max was weer ontslaan nadat sy nie meer aansteeklik was nie.  By haar huis het sy ontdek dat haar man ‘n ander vrou het wat haar kind as ma aanvaar het.  Sy het geen ander keuse gehad as om na Genadendal terug te keer nie.  Daar is die Portugees wat al 3 keer weggeloop het.  Elke keer wat die behandeling onderbreek word, hervat die siekte wat fisieke skade kan los.  Die eerste twee kere mos hy terug gebring word, die laaste keer het hy halfdood van die honger teruggevlug.  Oom en Tannie Marais het genees teruggegaan na hulle plaas.  Hulle kinders het hulle soos honde weggejaag, hulle het almal laat glo dat die ou mense dood is.  Dan was daar Rolfie, die enigste blanke kind wat saam met sy ma Genadendal toe gekom het.  Sy is later ontslaan, maar hy moes agterbly tot hy nie meer aansteeklik was nie.

Westfort Hospitaal het in 1898 hulle deure geopen.  Melaatse was van 1977 nie meer verplig gewees om onder kwarantyn te lewe nie, maar nogtans kon Westfort eers in 1997 hulle deure sluit.  Dit is vandag ‘n kleuterskool en plakkerskamp.

Snaaks dat mense vandag met al die moderne geneeskunde steeds ‘n onverklaarbare vrees vir siektes het.  Daar het eendag iemand op die blog erken dat haar broer gay is.  Haar woorde was iets in die lyn van “Hy is gay.  Hy steel nie, hy moor nie, hy verkrag nie, hy het nie aids nie, hy is net gay.”  Daarmee het sy vigs gelykstaande aan afskuwelike misdade gestel.  Ek het al gehoor hoe mense wou vlug as iemand op kantoor griep opgedoen het.  Hulle was vasoortuig dat die persoon varkgriep moet hê, al was die mens nie naby ‘n plek waar daar varkgriep was nie. 

Is vrees of onkunde genoeg rede om mense van hulle menswaardigheid te beroof?  Maak bloot die feit dat jy ‘n siekte onder lede het of kontak het met iemand met ‘n gevreesde siekte het van jou ‘n misdadiger?  Erger as ‘n misdadiger.  ‘n Uitgeworpende met geen regte. 

Die geloof in moderne geneeskunde is blykbaar maar baie oppervlakkig. 

Van die os op die jas, ek stem volkome saam met Pieter van Zyl.  Daar is niks verkeerd met ligte literatuur nie, dit hou mense darem uit die kwaad uit.

Blogvraag:  Wie het die manlike en vroulike hoofrol in die fliek, Plekkie in die son, gespeel?

Blogantwoord:  Olga was reg met Geraldine Farrar.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Magaretha Geertruida Zelle Little Angels projek

159 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Junie 4, 2009 om 3 : 55

    O ja

    Olga

    Kan jy onthou of die vrou se naam Bettie of Betsie was?

  • 2. Adrie  |  Junie 4, 2009 om 4 : 07

    GRRRRR

  • 3. tweelingkind  |  Junie 4, 2009 om 5 : 01

    Nou wil ek ook diè boek lees. Klink interessant.

  • 4. Adrie  |  Junie 4, 2009 om 5 : 09

    Gemini

    Het jy nog nie? Gaan dadelik bib toe en gaan neem dit uit. Jy sal nie spyt wees nie.

  • 5. Wheelbarrow Jack  |  Junie 4, 2009 om 11 : 37

    Dis n boek wat ek gelees het.

  • 6. Baby Jane  |  Junie 7, 2009 om 8 : 52

    Net by the way ek het ook al daardie boek gelees. . . En ja jy sal verseker nie spyt wees nie!

  • 7. evana schroeder  |  Julie 21, 2009 om 11 : 28

    EK HET AL DIE BOEK GELEES EN HET ELKE TRAAN MET DIE MENSE VAN GENADENDAL DEUR GEBRING. DIE BOEK HET MY LAAT BESEF DAT MENS MOET DANKBAAR WEES VIR WAT JY HET EN JOU NASTE LIEF HET SOOS JOUSELF EN GOD BO ALLES. EK HET GEWONDER OF DAAR NIE ‘N TWEEDE GEDEELTE VAN DIE BOEK IS NIE.

  • 8. Esther  |  Januarie 22, 2013 om 1 : 46

    Die storie is beslis gebaseer op ‘n ware verhaal. My oorlede moeder het die vrou wat in die storie vervreemd geraak het van haar man en kind persoonlik geken.

  • 9. Xena Phoenix  |  Januarie 22, 2013 om 2 : 42

    Jy weet nie dalk wat het toe van die vroue geword nie? Het sy ooit weer kontak met haar kind gehad?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: