Magaretha Geertruida Zelle

Junie 2, 2009 at 5 : 49 84 Kommentaar

Die post is danksy een van die spoke op die blog.

Grietje Zelle is op 7 Augustus 1876 in Leeuwarden Nederland gebore.  Grietje het die beste skole bygewoon tot haar pa in 1889 bankrot gespeel het.  Haar ma het eers van hom geskei, maar is ook in 1891 dood.  Haar pa het weer getrou in 1893, wat veroorsaak het dat sy 4 kinders verspreid geword het.  Grietje het by haar peetpa opgeëindig in Sneek.  Sy het in Leiden kleuteronderwys begin swot, maar nadat die hoof te veel by haar aangelê het, het haar peetpa haar uit die inrigting gehaal.  Sy het na ‘n paar maande na haar oom se plaas weggeloop.

Kort voor haar 19de verjaarsdag is sy met Rudolf MacLeod getroud, ‘n offisier wat in Indonisië was.  MacLeod was ‘n alkolis en het geen probleem gehad om sy vrou as ‘n slaansak te gebruik nie.  Hy het ook openlik ‘n Indonisiese vrou en ‘n byvrou gehad.  Hulle het twee kinders gehad, die seun is op 2 jarige ouderdom dood aan vermoedelik sifillis (van sy ouers gekry) en die dogter toe sy 21 jaar oud is weens dieselfde rede.  In die tyd wat Grietje hom tydelik verlaat het, het sy die Indonisiese tradisies geleer.  Sy het ook haar verhoog naam in die tyd gekies, wat oog van die dag beteken gekies.

Na hulle terugkeer na Nederland in 1903 het die paar geskei, maar MacLeod het toesig oor sy dogter behou.  Grietje het Parys toe getrek, waar sy as ‘n sirkus perdruiter begin werk het.  Om die pot aan die kook te hou, moes sy ook as ‘n kuns model optree.  In 1905 het sy naam as ‘n eksotiese danser begin maak.  Sy het ook haar verhoognaam, Mata Hari, begin gebruik.  Sy het aan almal vertel dat sy ‘n Hindu prinses is wat kleins af geleer dans het.  Sy was ook nie skaamom uit te trek nie, sy sou dikwels net met ‘n bra en juwele opeindig.  Sy het selde die bra laat waai, omdat sy klein borste gehad het.  Saam met die roem, het daar ook die bewonderaars gekom.  Gou was sy ‘n bekende gesellin, vir verskeie rykes, militantes en selfs koninlikes.

Dit het beteken dat sy baie lekker op hulle onkoste kon lewe en reis.  Dit het haar eers meer eksoties gemaak, maar tydens die eerste wêreld oorlog was dit vir baie mense ‘n doring in die vlees.  As ‘n Hollandse burger kon sy vrylik reis omdat hulle neutraal in die oorlog was.  Juis met haar vriendskappe met die offisiere het haar bewegings aandag getrek.  Sy het aan Britse Intelligensie erken dat sy ‘n spioen vir die Franse is.  Die Franse kon dit nooit betaam nie en daar word vermoed dat sy die storie opgemaak het.

Die Franse het haar weer as ‘n Duitse Spioen geidentifiseer.  Hulle het radioseine van die Duitsers onderskep en besef dat sy H-21 is.  Die Duitsers het egter ‘n radiosein gebruik wat hulle geweet het die Franse geonderskep het, dus kon dit wees dat hulle Mata Hari uit die weg wou ruim.  Sy is aan spioenasie skuldig bevind en is ter dood veroordeel.  Sy het voor ‘n vuur peloton in 1917 gesterf.

Blogvraag:  Kroonprins Wilhelm van Duitsland se naam word genoem as een van Mata Hari se aanhangers.  Met watter opera sangeres het hy ook ‘n verhouding gehad?

Blogantwoord:  Willes was reg met Moderne Tyd.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Bemark aan dom mense Plekkie in die son

84 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Junie 2, 2009 om 6 : 08

    Eerste.

  • 2. Olga  |  Junie 2, 2009 om 6 : 16

    Geraldine farrar

  • 3. Adrie  |  Junie 2, 2009 om 9 : 38

    Ek het n storieboek wat rondom Mata Hari se tyd handel. Sy, die kroonprins Wilhelm, Geraldine Farrall en ander bekendes in die opera kringe van daardie tyd is bykarakters in die boek. So ver as wat my kennis strek is net die hoofkarakters fiktief. Die aantal navorsing in die boek verstom my. Die skrywer kon dieselfde storie met fiktiewe karakters vertel het. Die era en setting het haar seker gefassineer.

  • 4. Olga  |  Junie 2, 2009 om 11 : 37

    Diva?

  • 5. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 2 : 24

    einste

  • 6. WILLE KJINDQ  |  Junie 3, 2009 om 5 : 37

    More more! Ek het in my moer verslaap😯

  • 7. Olga  |  Junie 3, 2009 om 6 : 50

    More, more. wha, ha, ha, ha, ha. wie kon nie rlaap nie?

  • 8. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 7 : 11

    More

    Olga, behalwe dat n idioot wat n wegtrek rekord in my straat probeer opstel het, my en al die honde wakker gemaak het, het ek soos n klip geslaap.

  • 9. Olga  |  Junie 3, 2009 om 8 : 04

    Gebruik n kettie en n klip. hy sal nie weet wat hom tref nie.

  • 10. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 8 : 05

    More maters

  • 11. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 8 : 09

    Vir die hond of die aap wat sy kar opwen?

  • 12. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 8 : 10

    O ja, Olga, my bure met die ongeskikte hond het getrek. So ‘n maand terug al.

  • 13. Beeld  |  Junie 3, 2009 om 8 : 16

    Alicestine October
    Kaapstad
    Wie presies was by die wêreld se eerste suksesvolle hartoorplanting en wie nie?

    Diegene wat destyds nou by dié mediese deurbraak betrokke was, sê mnr. Hamilton Naki was nie eens naby die operasie nie.

    Die dokumentêre rolprent Hidden heart gesuggereer Naki, ’n laboratorium-assistent, is saam met prof. Chris Barnard vir die oorplanting verantwoordelik, maar het om politieke redes nooit die nodige erkenning gekry het nie. Dít ontlok groot reaksie.

    Dr. Marius Barnard, broer van die hartpionier wat saam met hom die skenkerhart tydens die oorplanting verwyder het, het gister vir die eerste keer daaroor openlik gepraat. Hy het dié dokumentêre rolprent ’n blatante verdraaiing van die waarheid genoem.

    “Enigiemand wat respek het vir die nalatenskap van Chris en die span, sal nie eens die fliek gaan kyk nie. Dit maak ’n klug van een van die grootste mediese deurbrake.”

    Volgens hom het Naki in die laboratorium ’n belangrike bydrae gelewer, maar hy was ’n bode wat gebruik is om tydens eksperimentele hartoperasies op diere die narkose toe te dien.

    “Die naaste wat hy (Naki) aan dié (hartoorplantings-)operasie was, was in sy bed sowat 8 km van Groote Schuur.”

    Barnard het gesê die destydse regering het dit reggekry om met dié deurbraak apartheid te probeer vergoeilik en dit word nou weer met politieke bymotiewe misbruik.

    Volgens mnr. Hennie Joubert, kurator van die hartmuseum by die Groote Schuur-hospitaal waar die eerste hartoorplanting gedoen is, is die rolprent feitelik nie 100% korrek nie, maar Naki het waardevolle werk in die laboratorium gedoen.

    Joubert het gesê die museum word sedert die rolprent begin draai het, oorval deur oproepe.

    Prof. Rosemary Hickman, ’n chirurg wat langer as 30 jaar saam met Naki by die Groote Schuur-hospitaal gewerk het, het gesê: “Wat ’n viering van ’n lewe moes wees, het nou ’n politieke klank gekry.”

    Volgens Hickman het die regisseurs van die fliek die pot misgesit. “Dit was ’n wonderlike geleentheid om ’n rolmodel te skep waarin gewys word wat ’n mens met harde werk kan regkry, maar toe verkies hulle om van Hamilton ’n politieke pion te maak.”

    Me. Deidré Visser, Chris Barnard se dogter, het gesê sy beplan nie om die fliek te sien nie.

    Naki se dogter, Portia, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

  • 14. Beeld  |  Junie 3, 2009 om 8 : 17

    Sanri van Wyk

    ’n Gekaapte Egoli-akteur is Sondag aangerand, twee uur lank aangehou en moes ’n kerkdiens onderbreek om hulp te vra nadat sy kapers hom vrygelaat het.

    Dit is die tweede keer dat Gert van Schalkwyk (28), wat sedert Maart as Jacques Mynhardt te sien is, gekaap is.

    Hy is ná Sondag se kaping vrygelaat nadat een kaper hom R20 vir ’n taxi en ’n drukkie gegee het – en afgesien het van sy planne om die akteur seksueel aan te rand.

    Volgens kapt. Cynthia Magoai, polisiewoordvoerder, het ’n wit Nissan 1400-bakkie omstreeks 11:00 agter Van Schalkwyk se silwer Toyota RunX in die oprit van sy huis in Parkview in die noorde van Johannesburg stilgehou.

    ’n Man het uitgeklim en aanwysings gevra.

    “Ek het gegrap en gesê dis jammer my GPS is stukkend,” vertel Van Schalkwyk.

    Die man het ’n 9 mm-pistool uitgehaal. Nog ’n man het verskyn, Van Schalkwyk se sleutels gegryp en hom in sy motor se passasiersitplek gedwing. Hulle is met hom weg.

    Magoai sê die bakkie, met nog twee mans in, het voor gery. Nadat hulle in Melville verdwaal het, is hulle met agterpaadjies na Riverlea in die weste van Johannesburg.

    Magoai sê die twee voertuie het in ’n park in dié buurt stilgehou waar die grootste deel van die drama afgespeel het.

    Van Schalkwyk sê “95% van die gesprek” het gegaan oor of sy motor ’n opsporingstoestel het. Hulle het sy bankkaarte gevat en sy PIN geëis.

    Die twee mans in die bakkie het sy geld gaan trek terwyl die ander by hom gewag het.

    Van Schalkwyk sê: “Toe hulle besef my daaglikse kitsbank-limiet is R1 500, het hulle gedreig om my tot ná 00:00 aan te hou om nog geld te kan trek.”

    Hy sê nadat een man R200 en ’n vriendin se petrolkaart in sy broeksak gekry het, het ’n herrie losgebars omdat hy niks daaroor gesê het nie.

    Van Schalkwyk sê hy is met die pistool agter die kop en met die plathand deur die gesig geslaan.

    Hoewel hy nie sigbare beserings het nie, bevestig Magoai hy (Van Schalkwyk) is aangerand.

    Magoai bevestig ook een het gedreig Van Schalkwyk seksueel aan te rand.

    “Ek het vir hom gesê: ‘Doen dit, maar gee my dan jou pistool, want daarna gaan ek myself skiet,’ ” sê Van Schalkwyk.

    Hierna het die man hom glo ’n drukkie en R20 taxigeld gegee. “Hulle het gesê ek moet wegloop en nie omkyk nie.”

    Hy het tot by ’n tentkerk (sowat 200 m van die park af) geloop. “Ek het die diens gestop. Die hele gemeente is uit om my te help.”

    Gemeentelede het hom na die Langlaagte-polisiekantoor geneem.

    Sy motor, huissleutels, ’n Blackberry, R1 700, klere en vier sonbrille is gebuit.

    Hy gaan tans elders tuis omdat die kapers glo gesê het hulle hou sy huis dop.

    Die Parkview-polisie ondersoek die voorval.

  • 15. Girl van die Suburbs  |  Junie 3, 2009 om 8 : 25

    More, More

    WK ek het OOK in my moer in verslaap. Gelukkig het ek nie nog kinders om reg te kry nie. Ek het 7:30 wakker geword van ‘n missed call!

  • 16. Beeld  |  Junie 3, 2009 om 8 : 27

    André Damons

    Die groep matrikulante wat na bewering ’n groep seuns van die Parktown Boys High School in Johannesburg tydens ontgroening so geslaan het dat hulle gebloei het, is gister in verband met dié voorval gearresteer.

    Elf seuns tussen 17 en 18 jaar oud is by die skool op ’n klag van aanranding gearresteer. Volgens kapt. Bhekizizwe Mavundla, polisiewoordvoerder, het die Hillbrow-landdroshof ’n lasbrief vir die arrestasies uitgereik. Die seuns is vrygelaat en gewaarsku om Vrydag in die hof te verskyn.

    Die beweerde voorval het in Februarie plaasgevind.

    Beeld het vroeër berig me. Pene Kimber, die ma van een van die gr. 11-seuns wat glo met krieketkolwe, hokkiestokke en swepe geslaan is, het ’n klag van aanranding teen die matriekseuns aanhangig gemaak.

    Me. Nanagolo Leopeng, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, het gister nie van die voorval geweet nie.

  • 17. Beeld  |  Junie 3, 2009 om 8 : 43

    Buks Viljoen

    ’n Man van Lydenburg wat sy vrou in 2006 byna doodgeslaan het, het tronkstraf vrygespring – op sy slagoffer se versoek.

    Mnr. Jaco Pretorius (42) is 18 maande korrektiewe toesig en vyf jaar tronkstraf opgelê weens poging tot moord op sy voormalige vrou, me. Annetjie Smit. Hy moes ook elke naweek van sy korrektiewe toesig vier uur gemeenskapsdiens by die plaaslike hospitaal doen. Die vonnis is vir vyf jaar opgeskort.

    Pretorius, ’n voorman by ’n myn naby Lydenburg, is twee weke gelede skuldig bevind aan die moordpoging op 14 Augustus 2006. Smit is erg aangerand en vir dood in die egpaar se huis op dié dorp agtergelaat.

    Haar kakebeen was op vyf plekke gebreek, haar regteroog het buite die oogkas gehang en sy het breinskade opgedoen. Die twee is intussen geskei.

    Pretorius het daarna verdwyn, maar is later in Nelspruit in hegtenis geneem.

    Smit moet steeds mediese en sielkundige behandeling kry. Sy het gister aan Beeld gesê sy het gedurende die twee jaar lange hofstryd volgehou Pretorius moet nie tronkstraf opgelê word nie.

    “As gevolg van my mediese probleme is ek afhanklik van onderhoud van hom. As hy tronk toe gegaan het, sou hy sonder inkomste wees en sou ek dus nie versorg kon word nie.”

    Streeklanddros Andries Lamprecht het gesê Pretorius verdien wel tronkstraf, maar hy gee toe aan Smit se versoek omdat sy geldelike steun nodig het.

  • 18. Beeld  |  Junie 3, 2009 om 8 : 46

    Pieter du Toit
    Kaapstad
    Hoofregter Pius Langa is gister deur die ANC-voorsitter van die parlement se justisiekomitee as ’n “bron van irritasie” uitgesonder.

    Adv. Ngoako Ramatlhodi, ANC-LP wat gister as voorsitter van die portefeuljekomitee oor justisie en grondwetlike ontwikkeling aangewys is, het Langa by herhaling uitgesonder.

    Hy het gesê niemand, nie eens regters, is verhewe bo die reg nie en dat die “irritasie” wat die ANC met die regbank het die gevolg is van uitlatings deur regslui dat pres. Jacob Zuma die regsproses “misbruik” het tydens sy voortslepende regsprobleme.

    “Sekere voorsittende beamptes is vir dié irritasie verantwoordelik omdat hulle hulself uitspreek oor Zuma wat sy grondwetlike regte uitoefen. Dit kan mos nie só wees nie.”

    Dít kom teen ’n agtergrond van deurlopende spanning tussen die ANC en regbank. Lede van die regerende alliansie het die afgelope jaar talle aanvalle op die regbank gedoen, onder wie mnr. Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, wat gesê het dat regters “teenrevolusionêr” is.

    Ramatlhodi het ná afloop van die komitee se eerste vergadering verduidelik hy het na Langa verwys toe hy oor “sekere voorsittende beamptes” gepraat het.

    “As ons die Grondwet moet respekteer, moet regters dit sekerlik ook doen; die Grondwet moet in sy geheel gerespekteer word, nie selektief nie.”

    Volgens hom sou Langa krities oor Zuma se gebruik van sy grondwetlike regte gewees het deur hom herhaaldelik na die hof te wend.

    Ramatlhodi het gesê die ANC se onlangse interne struwelinge het die hele Suid-Afrikaanse politieke toneel “vergiftig” en die regbank sal ook ’n rol moet speel om by te dra tot ’n vernuwingsproses.

    “Ons was almal slagoffers van die onlangse onstuimighede en regsprosesse, selfs al was ons nie groot rolspelers nie.

    “Regters is daar om die Grondwet toe te pas; hulle moet dit doen.”

    Hy het aan die komitee gesê die Grondwet word nie bedreig nie, maar dat die demokrasie se toekoms afhang van robuuste debat en die parlement se lewenskragtigheid.

    Oor die konflik tussen die Regterlike Dienskommissie (RDK) en regter John Hlophe, die Kaapse hoofregter het Ramatlhodi gesê “twiste tussen regters is nooit behulpsaam nie”.

    “Regters moet hul werk doen en ek sou so gou moontlik wou sien dat dinge stabiliseer. Daar is nou ’n mate van bloedlating, maar dit sal weer beter gaan.”

  • 19. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 8 : 47

    En dit was die nuus, vanoggend om 9.

  • 20. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 8 : 48

    Nell

    Hierdie 8 uur op kantoor in die winter werk glad nie vir my nie.

  • 21. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 8 : 59

    Ek sou baie bly gewees het as ek eers 8 uur kon begin werk !

  • 22. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 9 : 06

    Kloon

    Onthou jy dros al 4h. Ons ander eers later.

  • 23. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 9 : 13

    Ek moet gou ry. Moet nie te veel verlang nie.

    Julle mag maar praat terwyl ek weg is.

  • 24. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 9 : 13

    Ek moet sê ek verkies eerder om my tyd in die middag af te hê as later in die oggend begin werk – jy kan baie meer doen in die middag

  • 25. Nats  |  Junie 3, 2009 om 9 : 18

    Goeie more julle!!!

  • 26. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 9 : 26

    More Nats

  • 27. Nats  |  Junie 3, 2009 om 9 : 51

    Lo *M*

    Ek het nog bietjie gaan lees oor die topic! Die vrou se kop was in ‘n museum gehou, maar toe hulle die museum trek het haar kop net weg geraak!😯

  • 28. Olga  |  Junie 3, 2009 om 10 : 03

    Juf wysneus, jy moes die kar met die kettie gepiets het, sy bestuurder sou wel die boodskap gekry het.
    ganit tillakie?
    iemand, verfris asb my geheue. wat het regter pius langa gedoen om die argwaan van die anc op hom te laat reen?

  • 29. Olga  |  Junie 3, 2009 om 10 : 06

    Gros nats, wat wou hulle bereik deur haar kop in n museum te hou? was dit uitgestal vir die mense om te sien?

  • 30. Wille Kjind Q  |  Junie 3, 2009 om 10 : 10

    Trug!

    @ My Drieling

    Wat van ons wat vroeg begin (07h00) EN tot laat werk (18h00)😕

  • 31. Wille Kjind Q  |  Junie 3, 2009 om 10 : 11

    Have a heart that never hardens, a temper that never tires, and a touch that never hurts

    Ek moet nog laaaaaaaaaaank werk aan hierie ‘nevers’

  • 32. Nats  |  Junie 3, 2009 om 10 : 12

    Olga
    Ek is nie seker nie… hulle sê dat hulle eers in 2000 agtergekom het die kop is weg, maar dat die kop al kon weg geraak het met die trek in 1954 – so om dit eers 46 jaar later te besef glo ek nie die kop was uitgestal nie. Weird!

    Blykbaar was haar hele liggaam na die museum gestuur, maar hulle het niks van dit nie??

  • 33. Nats  |  Junie 3, 2009 om 10 : 18

    Wille Q
    11ure!!!!! Dis rof! Hoop hulle betaal jou “danger pay” in die winter want dis nie grappies om so vroeg op te staan in die koue nie – jy kan frost bite kry!😉

  • 34. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 10 : 19

    Sover ek kon verstaan kon hulle nie haar lyk kry nie. Was dit dalk ‘n wasbeeld van haar kop ? Mens sal seker nooit weet nie.

    Willes – ek gaan ook lank aan daai never jobbies moet werk !

    Olga, gaan goed dankie

  • 35. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 10 : 20

    Gelukkig moet jy nie meer buite staan in die koue nie willes

  • 36. Nats  |  Junie 3, 2009 om 10 : 35

    *M*
    Ek wonder oor die kop, want hoe hou mens die ding so lank? Miskien dit in ‘n mummy verander!🙂
    Hulle sê glo na die Universiteit haar lyk gebruik het vir navorsing was dit na die museum gevat, da is dokumente wat wys die lyk was soontoe gevat maar die museum weet nie daarvan nie – of so iets. Dis scary!!!

    Hoe word ‘n mens ‘n orgaan skenker?

  • 37. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 10 : 50

    Mata Hari’s body was not claimed by any family members and was accordingly used for medical study. Her head was embalmed and kept in the Museum of Anatomy in Paris, but in 2000, archivists discovered that the head had disappeared, possibly as early as 1954, when the museum had been relocated. Records dated from 1918 show that the museum also received the rest of the body, but none of the remains could later be accounted for.

  • 38. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 10 : 50

    Gaan google organ donor

  • 39. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 11 : 19

    Waar is almal nou al weer ?

  • 40. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 11 : 55

    Weg soos volgende maand se pay

  • 41. Olga  |  Junie 3, 2009 om 11 : 57

    Girls, dink in watter toesand die lyk en die kop moes gewees het. n offisier het na die vuurpeleton se werk klaar was, na haar geloop, sy pistool teen haar slaap gedruk en die sneller getrek. wat kon dus van haar kop of gesig oor gewees het? wat het mediese navorsing van die lyk oorgelos? onthou, dit was nie vir orgaanskenking nie, maar vir med navorsing na die universiteit gestuur. m.a.w, studente het operasies en prosedure op haar lyk beoefen. die vorige geslagte was regtig n bizarre bloeddorstige lot wetters. kyk hoe het hulle gestoom om openbare teregstellings en onthoofdings te gaan kyk.

  • 42. Olga  |  Junie 3, 2009 om 12 : 11

    ag, 4k volgende maand se pay tillaki, ek kan darem soms inlog en inbly. al moet ek dan weer blog naam, my naam, email ens van voor af insit. en julle weet hoe maklik doen ek dit verkeerd. 1 comment en ek moet alles weer oor doen.

  • 43. Nats  |  Junie 3, 2009 om 12 : 34

    Terug… moes net gou na ‘n gebitchery van ‘n klient luister!

    *M*
    Ek dog iemand weet dalk, spaar my die moeite om dit te loop opsoek🙂

    Olga
    Ja nee veral daai tyd! ‘n Kopskoot kon daar seker nie veel oorgebly het nie, en wie wil nou so gesig sien en HOU!? 😯 En wie soek so verminkte liggaam!? Wie weet hoe rof daai studente nie aan haar gewerk / gesny het nie.

  • 44. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 12 : 42

    Olga

    Myne het dit ook gedoen op ‘n stadium, my so geirriteer dat ek dan sommer uitgaan !

  • 45. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 12 : 47

    Iemand tuis?

  • 46. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 12 : 50

    Mata Hari was ‘n raaisel vir almal gewees. As sy haar kennisse beter geken het, kon sy dalk nog steeds gelewe het.

    Kan julle dink hoeveel mense sy met siffilis aangesteek het?

  • 47. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 12 : 52

    Eeeuuuuuuwwwww !

  • 48. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 12 : 53

    More is ek heeltyd op opera, ons krag is af

  • 49. Wille Kjind Q  |  Junie 3, 2009 om 12 : 55

    Halie! Halie!

  • 50. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 12 : 56

    Tilla

    Dit was daardie tyd ‘n free for all gewees. As sy in haar getroude tyd al siffilis gehad het, het sy dit aan al haar minnaars daarna gegee. Hulle het waarskynlik meer as een skelmpie en ‘n vrou gehad.

  • 51. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 1 : 00

    Hey willes

    Kloon – gross !

  • 52. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 1 : 02

    Hulle het waarskynlik ook nog gonnorea gehad.

  • 53. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 1 : 04

    Tilla

    Wys net, Aids is baie meer effektief as sifillis.

  • 54. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 1 : 08

    Sy sou sakke vol geld gemaak het as sy daai tyd al pro kon draai

  • 55. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 1 : 12

    Tilla

    Jy weet mos: Diamonds are a girls best friend.

    Sy was beslis pro en het ‘n heel skaflike lewe gemaak.

  • 56. Nats  |  Junie 3, 2009 om 1 : 20

    Terug! Net om vinnig vir my Tweeling te groet!

    Sies! Dis gross!! Maar then again as hulle so los wil lewe terwyl hulle getroud is “good for them” net jammer vir hulle vrou/ens ! Eish!

    So was haar kinders met dit gebore?? Want ek lees as ‘n ma swanger is met dit kan die kind dood gebore word, of nie lank lewe nie, en gebreklik wees ens ens… hoe het haar seuntjie tot 2 jaar gelewe!? En haar dogter… hoe op aarde tot 21… of het ha pa haar verkrag of iemand dit vir haar gegee? Eish dis rof!!

  • 57. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 1 : 24

    Nats

    Dit (en gonoreah) kan van die ma tot die kind oorgedra word. Daar is egter niks wat se hoe lank die kind daarmee kan lewe nie. Die dogter kon dit byvoorbeeld tot sy 80 was gedra het. Dit sal nie eers noodwendig alle kinders beinvloed nie.

  • 58. Nats  |  Junie 3, 2009 om 1 : 32

    Adrie
    Ek weet die ma kan dit oordra, tensy sy vroeg genoeg behandeling kan kry dan is da ‘n kans dat dit nie oorgedra word nie. Dis net sleg dat albei dood is agv dit!!

    Ok, ek moet gou gaan! Sien later!!

  • 59. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 1 : 43

    Vermoedelik dood daaraan. Hulle raai eintlik net.

  • 60. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 1 : 43

    Toodles Nats

  • 61. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 1 : 48

    Wat is nog nuus?

  • 62. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 2 : 01

    Nie veel die kant nie en daar ?

    O ja, dit was ons huweliksherdenking gister

  • 63. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 2 : 05

    Is dit hoekom julle gaan uiteet?

  • 64. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 2 : 07

    Het gisteraand gaan uiteet – jip

  • 65. Wille Kjind Q  |  Junie 3, 2009 om 2 : 09

    In the USA, everything that is not prohibited by law is permitted.

    In Germany, everything that is not permitted by law is prohibited.

    In Russia, everything is prohibited, even if permitted by law.

    In France, everything is permitted, even if prohibited by law.

    In South Africa, everything that is not prohibited by law is obligatory.

  • 66. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 2 : 12

    Ag man, dit is wat ek bedoel het.

  • 67. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 2 : 17

    Is julle almal se vingers gevries?

  • 68. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 2 : 22

    He he … ek check net of jy wakker is !

  • 69. *Mathilda*  |  Junie 3, 2009 om 2 : 23

    Nee, dis nie so koud hier vandag nie

  • 70. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 2 : 27

    Lyk so. Daar gaan vandag weer niks hier aan nie.

  • 71. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 2 : 41

    Wie hier het al Plekkie in die son gelees?

  • 72. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 2 : 41

    Of die fliek gesien?

  • 73. Nats  |  Junie 3, 2009 om 2 : 58

    TERUG!

    Did you miss me!?🙂

    Maar nie vir baie lank nie!

  • 74. Nats  |  Junie 3, 2009 om 3 : 06

    Heel duidelik nie!😦

    Dan gaan ek maar weer➡
    Check julle bietjie later…

  • 75. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 3 : 08

    WordPress het nou weer te lank gewerk.

  • 76. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 3 : 08

    Ek het jou vreeslik gemis.

    Kom terug.

  • 77. Olga  |  Junie 3, 2009 om 3 : 52

    Vir wie dalk belangstel, “silver crosses” van beryl kingston is n baie roerende storie en die gevolge van sifilis en die erfenis aan die kinder. dis eintlik geheel en al n storie wat die lees so werd is.

  • 78. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 3 : 55

    GRRR

  • 79. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 3 : 56

    Olga

    Hoe spel ‘n mens Porra?

    Ek stem saam met Silver Crosses, dit is ‘n baie goeie storie. Veral ook hoe mense in daardie tyd gedink en leef het.

  • 80. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 4 : 18

    Dit maak my😡

  • 81. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 4 : 19

    As WordPress vashak.

  • 82. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 4 : 32

    Okay

    Ek loop nou vir vandag

  • 83. Olga  |  Junie 3, 2009 om 5 : 50

    Ag,ja. loop. jy het al uitgevind hoe om portugees te spel. porra spel jy GROENTEGEDOENTE.

  • 84. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 6 : 03

    GRRR Ek gaan WP iets aandoen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: