Selfoongebruik in die kar

Mei 31, 2009 at 3 : 33 192 Kommentaar

In 1998 het dit onwettig geword om met ‘n selfoon teen jou oor te bestuur.  Binne net 4 jaar nadat selfone die mark getref het, was die wet uitgereik.  Dit is nou al 11 jaar later en nog steeds ignoreer baie mense die wet.  Ek sal selfs so ver gaan om te sê almal doen dit op een of ander stadium.  Jy verwag nie ‘n oproep nie, maar neem dit nogtans al het jy nie jou handsfree kit aan nie.  Jy sit onverwags in die verkeer vas en bel gou vinnig om verskoning te maak of ander reëlings te tref.  Dit is minder gevaarlik as om eers die kit te soek en dit dan aan te sit.  Mens kry natuurlik ook die mense wat hulle bloot net nie aan ‘n handsfree kit steur nie.

Die artikel in die Rapport is geen verrassing nie.  Daar is bevind dat mense beslis meer foute begaan terwyl hulle bestuur wanneer hulle op die selfoon praat.  Verder is daar bevind dat mense 10 keer meer waarskynlik ‘n ongeluk sal begaan terwyl hulle sms, as wat hulle op die foon praat.  Dit is net logies.  As jy met jou sel praat, het jy net een hand op die stuurwiel en altwee jou oë op die pad.  Wanneer jy sms, is jou oë met tye glad nie op die pad nie.

In 1998 toe die wet vrygestel was, was daar nie so iets soos sms’e nie.  Dit het eers in 2000 in Suid-Afrika begin en hulle dink eers 9 jaar later daaraan dat die wet dalk nie voldoende is nie.  Dit is nie al nie.  In 2000 was daar ook nie kameras in selfone nie, wap het nie bestaan nie om van GPRS of selfs HSDPA nie te praat nie.  Die laasgenoemde was glad nie in die ondersoek ingedagte geneem nie.

SMS is omtrent die minste wat jy in die verkeer kan doen.  Daar is mense wat video’s maak terwyl hulle 160 km/h ry om medemotoriste te verkla.  Daar is mense wat begin mxit die oomblik wat hulle in hulle motors klim.  Die versoeking om die selfoon nader te trek is baie sterk as jy in die verkeer vassit.  Jy kan deesdae epos en die internet van jou selfoon af doen.  Gerieflik beslis, maar uiters gevaarlik as jy moet bestuur.

Dit is hoog tyd.  Ongelukkig beteken dit dat die skadu-goggas selfs nog meer tyd daaraan sal spandeer om mense met selfone uit te soek, as om die verkeer te reguleer of ander oortreders ook vas te vat.

Blogvraag:  Waarvoor staan HSDPA?

Blogantwoord:  Olga was reg dat Versfeld die stigter van georganiseerde sport in Pretoria was.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Rugbypraatjies Bemark aan dom mense

192 Kommentaar Add your own

  • 2. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 1 : 32

    KOM TERUG!!!!

  • 3. *Mathilda*  |  Junie 1, 2009 om 1 : 33

    Koekige ou huisie

  • 4. Salome  |  Junie 1, 2009 om 1 : 36

    Ek gaan ok loop, want ek hou niks van hierdie halwe gesprekke nie. Dit gee my dieselfde gevoel as wanneer jy na ‘n groepie mense aangestap kom en hul skielik stil bly.

  • 5. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 1 : 40

    Huh?

    Tilla

    Whateva, maar dit is perfek vir ‘n naweekhuisie. Aangesien jy jou neus optrek, sal ek dit nie af en toe vir jou leen nie.

  • 6. *Mathilda*  |  Junie 1, 2009 om 1 : 46

    Jy verstaan ook altyd alles verkeerd – dis ‘n koekige ou huisie – in plein afrikaans – dis ‘n oulike ou huisie !

    Salome

    Kom terug, as jy lank genoeg bly kan ons met jou gesels

  • 7. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 1 : 52

    Tilla

    Dink net hoe lekker gaan voor sit en kyk hoe sak die son oor die see.

    Yzerfontein is seker so 80 km noord van Kaapstad, maar ek praat nou onder korreksie.

  • 8. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 1 : 55

    As ‘n mens in Yzerfontein wil bly, moet jy ‘n kunstenaar of ‘n ding wees. Daar is letterlik niks. Wel, ek is seker hulle het al ADSL daar.

    As ek al reeds ‘n Biljoen gehad het, het ek daardie huis net daar gekoop. Maar net vir ‘n naweek huis.

  • 9. *Mathilda*  |  Junie 1, 2009 om 1 : 55

    Asof ek nou sal weet watter kant toe dit is ! Weet jy waaraan laat daai huisie my dink ? Aan van die afrikaanse storieboeke wat ek al gelees het, daar is ‘n hele paar gewees wat so tipe van huisie gebruik

  • 10. *Mathilda*  |  Junie 1, 2009 om 1 : 56

    ADSL is genoeg vir my – ek gaan saam naweke !

  • 11. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 1 : 56

    Genade tog, Kloon

    Hoe kan ek dit nou verduidelik? As jy van Kaapstad na Namibie se kant toe gaan.

  • 12. *Mathilda*  |  Junie 1, 2009 om 2 : 00

    Kom ons los dit liewer daar, sorg jy net dat ek naweke daar en terugkom !

  • 13. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 2 : 04

    Jy sal maar vir jou ‘n skelmpie by Kulula moet uitkrap.

  • 14. *Mathilda*  |  Junie 1, 2009 om 2 : 06

    Hulle gaan gou ons krag afsit om goed te installeer – ek is nou nou weer terug !

  • 15. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 2 : 07

    Natuurlik

    As ek my biljoen het, het ek ‘n vlieenier en ‘n privaat straler. Met ‘n kar wat op die naaste lughawe wag.

  • 16. Olga  |  Junie 1, 2009 om 2 : 47

    Salomie, hier moet jy net jou se se en blogger die halwe gesprekke as jy dink hulle praat bol, dan se jy ook so en klaar. ek wili n huisie by die see he nie.

  • 17. *Mathilda*  |  Junie 1, 2009 om 2 : 50

    Terug !

  • 18. *Mathilda*  |  Junie 1, 2009 om 2 : 51

    Kloon

    Maar dan kan ek ook mos daai straler en vlieënier gebruik (tensy dit die Pediater is)

  • 19. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 2 : 53

    Tilla

    Die pediater gaan ek nie betaal nie, die vlienier wel.

    Olga

    Het jy my huisie gesien? Dit sal nice wees vir ‘n naweek plekkie.

  • 20. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 2 : 58

    Iemand het my noudie dag vertel ‘n straler is goedkoper as ‘n boot.

  • 21. *Mathilda*  |  Junie 1, 2009 om 3 : 00

    My fok – julle gaan nie glo wat ek julle nou gaan vertel nie ! My pa het mos so klein hondjie gekry so 2 weke terug en my ma het Vrydagmiddag die hond wat ons by die SPCA gekoop het gaan haal – ek kry nou ‘n sms, hulle het iewers gif gekry, die kleintjie is dood en dit lyk nie of die ander een dit gaan maak nie !

  • 22. *Mathilda*  |  Junie 1, 2009 om 3 : 03

    Die Pediater gaan jou betaal !

  • 23. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 3 : 07

    🙄

    Wat doen julle aan daardie kant met die honde

  • 24. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 3 : 08

    Tilla

    Net so!!! En ek gaan niks met hom deel nie.

  • 25. Beeld  |  Junie 1, 2009 om 3 : 37

    Die vermiste passasierstraler van Air France het ‘n outomatiese foutboodskap gestuur wat op ‘n probleem met ‘n elektriese stroombaan dui.
    Die lugdiens het Maandagmiddag gesê hy het die foutboodskap gekry nadat die straler met 228 mense aan boord verdwyn het.

    Daar was onder andere sewe kinders, waarvan een ‘n baba, op die vlug.

    Die vliegtuig het van die radar af verdwyn terwyl dit Maandag oor die Atlantiese oseaan by die Brasiliaanse kus gevlieg het, het ‘n woordvoerder van Air France gesê.

    Daar is kontak met die vliegtuig verloor kort nadat dit van Rio de Janeiro opgestyg het onderweg na Charles de Gaulle-lughawe in Parys.

    Die vliegtuig moes al in Parys geland het, maar het nooit gearriveer nie.

    “In die laaste gesprek met die kaptein voordat kontak met die vliegtuig verloor is, het hy melding gemaak van turbulensie,” het ‘n amptenaar gesê.

    Die Franse mininster van vervoer, mnr. Jean-Louis Borloo, het gesê daar is “tans groot pessimisme” oor die lot van die vliegtuig.

    “Ons vrees die ergste.” – Sapa

  • 26. Beeld  |  Junie 1, 2009 om 3 : 39

    Twee mense se lyke is in die Umhlanga-hospitaal in KwaZulu-Natal gekry nadat daar ‘n brand uitgebreek het.
    Die polisie is omstreeks 4:30 Maandagoggend ingelig dat daar ‘n brand in die hospitaal se kraamsaal uitgebreek het, het kapt. Khephu Ndlovu gesê.

    Nooddienstepersoneel het gehelp om pasiênte na veiligheid te bring.

    Nadat die brand onder beheer gebring is, is die lyke van twee mans gekry.

    “Hulle was nie in die kraamsaal nie, en ons weet nie of hulle hospitaalwerknemers of pasiënte was nie,” het Ndlovu gesê.

    Die brand het vermoedelik weens ‘n gaslek ontstaan. – Sapa

  • 27. Beeld  |  Junie 1, 2009 om 3 : 40

    Loraine Kalp
    ‘n Weermag-soldaat van die Panterskool verskyn vandag in die Bloemfonteinse landdroshof nadat sy na bewering haar babadogtertjie oor die balkon van haar woonstel op die vierde verdieping van haar woonstelkompleks gegooi het.

    Dit het glo gebeur kort nadat dié vroue-soldaat van ‘n partytjie teruggekeer het.

    Die babameisietjie van 13 maande is met ‘n skedelfraktuur in ‘n kritieke toestand in die Pelonomi-hosptiaal.

    Dié voorval het volgens kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, gisteroggend in die vroeë oggendure by die Deloy-woonstelle in Elizabethstraat plaasgevind.

    Strafregtelike vervolging staar dié onder-korporaal van Pantserskool in Tempe in die gesig.

    Volgens ‘n ingeligte was die vrou (24) by ‘n partyjie op die tweede verdieping van die gebou. ‘n Ooggetuie het glo gesien hoe die vrou in ‘n hewige argument die kind oor die balkon gooi.

    Marope sê die vrou beweer sy het gaan kyk of die wasgoed op die balkon droog is. Haar dogtertjie was in haar arms.

    Sy het na bewering die meisietjie op die balkon se traliewerk van dun staal gesit en die kind het afgeval.

    Volgens inwoners van die woonstelblok was die vrou onder die invloed van drank.

    Die vrou se kêrel is na bewering ses maande gelede met ‘n mes doodgesteek. Sy het ook al probeer selfmoord pleeg toe sy na bewering in April ‘n oordosis pille gedrink het.

    Familie en vriende het die baba van die staaldak waarop sy geland het, afgehaal voordat die mediese noodpersoneel van die Life-Rosepark-hospitaal en Netcare 911 opgedaag het.

    Mnr. Carl Phizer, woordvoerder van Netcare 911, sê die baba het verskriklik gehuil toe hulle aan haar vat.

    Hulle het die kind na die Pelonomi-hospitaal gebring.

    Marope sê die vrou sal vandag in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van poging tot moord en ernstige aanranding verskyn.

  • 28. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 3 : 47

    Dit is tragies van die vlug.

  • 29. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 4 : 02

    Ek wonder of die Bremuda Driehoek ook blameer sal word.

  • 30. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 4 : 07

    Die vliegtuig is blykbaar net weg!!

  • 31. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 4 : 07

    Die ergste is dat ek al met Air France gevlieg het.

  • 32. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 4 : 09

    Ek sou seker sonder om twee keer te dink saam met hulle Brazilie toe gevlieg het.

    Seker nog steeds, die pawpaw gaan darem nie elke keer die fan tref nie.

  • 33. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 4 : 15

    Dit is skandalig dat daar mense in ‘n hospitaal kan doodbrand

  • 34. Wille Kjind Q  |  Junie 1, 2009 om 4 : 15

    Tilla

    MY FOK!!!!!!!!!!!👿

  • 35. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 4 : 15

    67001

  • 36. Wille Kjind Q  |  Junie 1, 2009 om 4 : 36

    An airliner was having engine trouble, and the pilot instructed the cabin crew to have the passengers take their seats and get prepared for an emergency landing.

    A few minutes later, the pilot asked the flight attendants if everyone was buckled in and ready.

    “All set back here, Captain,” came the reply, “except one lawyer who is still going around passing out business cards.”

  • 37. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 4 : 42

    Tipies

    Soos die prokkerowers wat alewig in hospitale rondhang.

  • 38. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 5 : 03

    Het ons weer vasgehak?

  • 39. Wille Kjind Q  |  Junie 1, 2009 om 5 : 11

    Sha la la la la la la la la la laaaaaaaaaaaaaaaa

  • 40. H1N1  |  Junie 1, 2009 om 5 : 15

    Sa bly maar ‘n anargistiese land waar ons,ons min steur aan wette-en dan kla ons oor wetteloosheid.

  • 41. Adrie  |  Junie 1, 2009 om 5 : 16

    Hallo Varkgriep😉

    Baie welkom by Dorings.

  • 42. carina  |  Junie 1, 2009 om 9 : 32

    Ek is ongelukkig blond. En ek sukkel om op meer as een ding op ‘n slag te konsentreer, so as ek bestuur kan ek skaars radio luister! Nee op ‘n meer ernstige noot, die selfoon ding is gevaarlik. Ek kan skaars glo mense sms as hulle bestuur! Maar nou ja, as jy na selfoon spelling kyk dan is dit seker hoekom daar nie meer volle woorde gebruik word nie🙂 Dit lei hulle aandag van die pad af.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: