Rugbypraatjies

Mei 30, 2009 at 7 : 19 111 Kommentaar

Ek is beslis nie rugbymal nie.  Ek weet wel genoeg om ‘n game te volg.  Ek het eendag lank gelede besluit dat ek ‘n WP ondersteuner sal wees.  ‘n Besluit wat ek nie kan verklaar nie, maar een wat ek nie oor spyt is nie.  Dit beteken natuurlik dat ek vanselfsprekend ‘n Stormer ondersteuner is, maar net waar dit rugby aanbetref.  Selfs speel hulle so pateties soos hulle nou doen, sal ek ‘n WP/Stormer ondersteuner bly. 

Van suiwer domastrantheid skree ek WP al speel hulle nie.  Ek oefen solank vir die dag wanneer hulle weer is waar hulle hoort.  Aan die wenkant natuurlik, die Curriebeker smeek al behoorlik vir seelug en suidooste.  Dit moet teruggaan na waar dit hoort.  Die afgelope 2 weke moes baie van ons maar swaar sluk, onthou dat Suid-Afrika se trots op die skouers van ‘n span rus wat in 1938 van die Transvaalse Rugby Voetbal Unie weggebreek het. 

Goed, almal weet teen die tyd dat ek net vir twee spanne in SA skree.  Die tweede span is almal wat teen die Sharks speel.  Gelukkig hang ons nasietrots nie van die piesangboere af nie, ek het geen idee hoe ek so laag kan daal vir volk en vaderland nie.  Ek hou nie van die Bulls nie, watter WP ondersteuner doen?  Ek kan nie veel omtrent die Bulls span sê nie, maar die ondersteuners? 

As daar ooit op die top 100 commonste rugby ondersteuners in die wêreld besluit moet word, is ek seker al 100 van hulle sal Bulls ondersteuners wees.  Goed, nie al die Bulls ondersteuners is common nie.  Daar is net teveel van hulle wat hulle horings orals dra.  Wat horings op hulle karre se neus monteer.  Hulle kos 365 dae ‘n jaar blou kleur, want hulle eet net blou kos.  Wat hulle huise blou verf en met blou bulle versier.  En die toppunt, met blou . . . knatertjies . . . aan hulle agterstang ry.  (Beteken dit dan dat die Bulls nie Balls het nie?  Dit moet van iewers af kom.)

Ek bly al amper 10 jaar lank in Pretoria.  En ek moet vandag een ding erken.  Jy weet jy bly in Pretoria wanneer dit Jakarandatyd is en wanneer die Bulls ‘n groot wedstryd gaan speel.  Dit is soos ‘n blou golf orals en jy moet versigtig wees dat ‘n vlag nie in jou oog steek nie.  Jy het nie ‘n TV nodig om te weet wat met ‘n wedstryd gebeur nie, almal wat rondom jou bly skree /kreun hard genoeg sodat jy weet of die Bulls wen of verloor.

En van wat ek nou hoor . . . Geluk Bulle!  61 – 17 wil gedoen wees.  Maak die Super 14 beker trots Suid-Afrikaans en maak hulle lus om volgende jaar in Nuweland te gaan kuier.

Blogvraag:  Wie was Robert Owen Loftus Versfeld na wie die Oostelike Sport gronde in 1932 na vernoem is?

Blogantwoord:  Olga was reg met Elsa Colling.

PROVINCE!!!!!!!!!

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Noot vir Noot Selfoongebruik in die kar

111 Kommentaar Add your own

  • 1. olga  |  Mei 30, 2009 om 7 : 33

    hy was die stigter van georganiseerde sport in pta.

  • 2. olga  |  Mei 30, 2009 om 7 : 34

    eerste.

  • 3. olga  |  Mei 30, 2009 om 7 : 41

    Dit was n inside job. die bulle :spoeg: hdt teen n span skape gespeel. kosiani in polekwane het nie verniet n skaap uitgeloof vir die beste bul ondersteuner nie. sies, die donnerse robbie wessels was in iemand se gedagtes toe die woord ghiff sy ontstaan gekry het.

  • 4. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 7 : 43

    😉 Ongelukkig vergeet die Springbokke te dikwels dat hulle teen skape speel.

  • 5. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 8 : 11

    Laasweek se game was baie beter

  • 6. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 8 : 14

    Olga
    wat het jy geeet ?

  • 7. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 8 : 15

    Kloon
    thanx, opera trek nou haar mini ordentlik aan

  • 8. WILLE KJINDQ  |  Mei 30, 2009 om 8 : 17

    Heel laaste! Die verlore foun is dam nou wee gecharge

  • 9. WILLE KJINDQ  |  Mei 30, 2009 om 8 : 18

    Ek neem aan die bulle het wen……..

  • 10. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 8 : 19

    Groot gewen !

  • 11. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 8 : 20

    Willes
    gelukkig gaan jou foun nie voicemail toe nie

  • 12. WILLE KJINDQ  |  Mei 30, 2009 om 8 : 23

    Nie!!??

  • 13. WILLE KJINDQ  |  Mei 30, 2009 om 8 : 25

    Dit klink of my hele buurt aani party is. Tot my venters rattle!!

  • 14. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 8 : 26

    Nee, hy het baie lank gelui voor jy geantwoord het

  • 15. Olga  |  Mei 30, 2009 om 8 : 27

    WILLE DING!!!!! heng, nou kan my laitie maar die hamer gaan bere en by sy gal in christal springs gaan kuier.

  • 16. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 8 : 29

    Olga !

  • 17. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 8 : 31

    Ek dink daar gaan heelparty mense met babelaria wees more

  • 18. Olga  |  Mei 30, 2009 om 8 : 31

    Tillaki!!!! jou meisiekimens word nou groot. leke om jou op n saterdag aand hier te sien.

  • 19. Olga  |  Mei 30, 2009 om 8 : 33

    Wha ha ha ha ha ha ha. laat hulle kry tilla. vaat hulle kry. ons sal n baba poe geel strikkie vir hulle dink.

  • 20. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 8 : 34

    Dis oor opera nou haar mini reg aangetrek het

  • 21. Olga  |  Mei 30, 2009 om 8 : 38

    Tot sy weer die reuk van n man kry, dan strip sy weer.

  • 22. Chantelle  |  Mei 30, 2009 om 8 : 38

    BULLE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 23. WILLE KJINDQ  |  Mei 30, 2009 om 8 : 40

    Olga

    Ek willi weet wat julle met daai hammer wou doeni😉

  • 24. Chantelle  |  Mei 30, 2009 om 8 : 42

    BULLE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! BULLE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 25. WILLE KJINDQ  |  Mei 30, 2009 om 8 : 42

    Ek is besig om skollegud te was😕

  • 26. Olga  |  Mei 30, 2009 om 8 : 42

    Ok, dan sal ek ni se nie.

  • 27. Olga  |  Mei 30, 2009 om 8 : 43

    Ek verpes skollegoed met n passie.

  • 28. Chantelle  |  Mei 30, 2009 om 8 : 43

    Goeie naand. Ek neem aan julle is nie B/B ondersteuners nie… BULLE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 29. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 8 : 44

    PROVINCE!!!!!

  • 30. Chantelle  |  Mei 30, 2009 om 8 : 46

    blou. Blou. BLou. BLOu. BLOU. BLOU!

  • 31. Olga  |  Mei 30, 2009 om 8 : 46

    P R O V I N C E ! ! ! !

  • 32. WILLE KJINDQ  |  Mei 30, 2009 om 8 : 47

    Tannie…. Uhm Chantelle

    Ons het jou die eerste keer gehoor:mrgreen:

  • 33. Olga  |  Mei 30, 2009 om 8 : 47

    wat het julle vandag gedoen?

  • 34. Chantelle  |  Mei 30, 2009 om 8 : 47

    Nou maar ja…

  • 35. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 8 : 48

    🙄 TANNIE Chantelle – ek se niks verder oor die osse nie.

  • 36. Chantelle  |  Mei 30, 2009 om 8 : 48

    Willes, ek gaan nog vanaand in my drome ook vir hulle skreeu.😉

  • 37. WILLE KJINDQ  |  Mei 30, 2009 om 8 : 48

    Olga

    Jyt my nou nuuskierig gemaak. Wat WOU julle doen😯

  • 38. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 8 : 49

    Blou met wit strepe!

  • 39. Olga  |  Mei 30, 2009 om 8 : 50

    Dalk gaan sy nou n stel bou knatertjies aan haar kar se towbar hang.

  • 40. Olga  |  Mei 30, 2009 om 8 : 51

    Ons wou uiti selle gaan haal het wk.

  • 41. Chantelle  |  Mei 30, 2009 om 8 : 51

    As dit nie horings het nie, skree ek nie vir dit nie. Maanhare, vinne, strepe, kolle, whatever…sal nie doen nie.

  • 42. Chantelle  |  Mei 30, 2009 om 8 : 51

    Ja dalk Olga.

  • 43. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 8 : 52

    Olga, nou weet jy hoekom hulle osse is en nie bulle nie.

  • 44. Olga  |  Mei 30, 2009 om 8 : 53

    Jy is welkom aan die horings chantelle.😆 😆 😆 dalk n brakhuis oopmaak?

  • 45. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 8 : 53

    Ek het nou eers kerrie so warm soos die hel self geeet

  • 46. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 8 : 54

    Chantelle skree vir die duiwel ook. Hy het mos ook horings.

  • 47. Olga  |  Mei 30, 2009 om 8 : 55

    Lmga juf annie. chantelle, die oukies gaan nie werk vir n brakhuis nie. dari horimgs is useles

  • 48. WILLE KJINDQ  |  Mei 30, 2009 om 8 : 56

    Whuhahaha!!! Ek wou nou self sê vanni duiwel vi wie sy skree

  • 49. Olga  |  Mei 30, 2009 om 8 : 57

    Wie maak sulke kerrie tillatjie? gaan jy sit en weer eet?

  • 50. Chantelle  |  Mei 30, 2009 om 8 : 58

    Hi sies. Julle is lelik. Dis net sowel die Bokke het vandag gespeel. Ek is nie regtig ‘n hecktic B/B fan nie, maar dit was so mooi game… Anyway, my keel is seer geskree en die tannie moet in die bed kom. Dan groet ek maar met ‘n liedjie.

    Die Blou Bul sukkel nie sy ROER af nie…

  • 51. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 9 : 01

    Die engelsman was honger toe bestel ons by mr delivery

  • 52. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 9 : 02

    Die Blou Os supporters het ook nie stamina of lojaliteit nie. As hulle span droog maak, fade hulle en soek ‘n ander span.

  • 53. Olga  |  Mei 30, 2009 om 9 : 03

    die blou bul skud ook niks nie, c. maar in elk geval, sweet dreamz. nag. leke slaap.

  • 54. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 9 : 03

    PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!!

  • 55. WILLE KJINDQ  |  Mei 30, 2009 om 9 : 04

    Lekka slaap tannie

    Tilla

    Ek moet eendag vi jou van my kerrie maak

  • 56. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 9 : 04

    Nie hierdie bul nie

  • 57. Olga  |  Mei 30, 2009 om 9 : 05

    Hulle het darem iets by die streep oor om te skud juf annie. pghovince.

  • 58. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 9 : 05

    Ek moet se^ die Ossies beter begin stress oor wanneer Weer Probeer Weer REGKRY. Hulle gaan nooit weer die einde hoor nie.

  • 59. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 9 : 06

    Dis reg met my willes, ek love n lekker kerrie

  • 60. Olga  |  Mei 30, 2009 om 9 : 06

    Ag, dis ma reg wk. moenie vir ons ook van jou kerrie maki. dankie.

  • 61. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 9 : 08

    Olga , eet jy brandkos

  • 62. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 9 : 09

    Ek gaan julle nog iets se.

    Daar is eintlik net twee spanne in die land. WP en die Baberton Daisies. 😉

    PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!! PROVINCE!!!!!

  • 63. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 9 : 09

    Daardie blou is nogal baie babablou en dan dra die ossies nogal blommetjies ook. Ek se^ maar niks.

  • 64. WILLE KJINDQ  |  Mei 30, 2009 om 9 : 10

    Olga

    Ek sal more spesiaal net vi jou maak. Province…… Bedoel Promise

  • 65. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 9 : 11

    Adrie, jy is oormoeg, iemand het jou seker te vroeg wakker gemaak vanoggend

  • 66. Olga  |  Mei 30, 2009 om 9 : 12

    Dalk het niks van die wakker maker aan n towbar gehang nie tilla.

  • 67. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 9 : 13

    PROVINCE!!!!!

    Ek wonder wie?

    PROVINCE!!!!!

  • 68. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 9 : 15

    Watse geslapery is dit anyway

  • 69. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 9 : 16

    7 h in die oggend, dit is die middel van die nag op ‘n Saterdag oggend.

  • 70. WILLE KJINDQ  |  Mei 30, 2009 om 9 : 17

    Check julle later. Die wyn is geskink, die popcorn gepop enni dvd staan en idle. Ek het 7 movies gehuur en gat deurnag kyk

  • 71. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 9 : 19

    Cheers Willes

  • 72. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 9 : 19

    Enjoy willes

  • 73. olga  |  Mei 30, 2009 om 9 : 20

    Geniet dit wk.

  • 74. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 9 : 21

    Olga #61 ?

  • 75. olga  |  Mei 30, 2009 om 9 : 23

    ek se ook nag. leke slaap. swt dreamz.

  • 76. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 9 : 24

    Nightie olga , lekker lala

  • 77. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 9 : 24

    Tilla

    Sy eet tobasco sous met al haar kos – ek dink dit beantwoord die vraag.

  • 78. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 9 : 24

    En jy ?

  • 79. olga  |  Mei 30, 2009 om 9 : 25

    ekskuus tilla. ja, ek geniet n leke kerrie altyd.en ek het vanaand n gebraaide vartjop, wors, broodtjie en n mev slaai geeet.

  • 80. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 9 : 28

    Wat is n mevrou slaai ?

  • 81. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 9 : 30

    Ek het geen idee nie.

  • 82. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 9 : 35

    Battery pap, praat weer more

  • 83. Rapport  |  Mei 30, 2009 om 11 : 15

    Pretoria

    Suid-Afrikaanse rugby – nee, rugby in die Suidelike Halfrond – het horings! Om presies te wees Blou horings nadat die Bulls gister op Loftus Versfeld in ’n skitterende vertoning van totale rugby die Chiefs met 61-17 oorweldig het in die eindstryd van vanjaar se Super14-kompetisie.

    Die Bulls, aangevuur deur 50 000 ondersteuners, het daarmee hul droomseisoen in dié kompetisie afgesluit en dié gesogte trofee vir die tweede keer in drie jaar gewen.

    Dié uitslag was uitstekende nuus vir Springbok-rugby ook, aangesien ’n gros van dié Bulls in die Springbok-span sal wees wat volgende maand in drie toetse teen die besoekende Britse en Ierse Leeus sal speel.

    Boonop het spelers soos Morné Steyn en Zane Kirchner met uitstekende vertonings gewys dat hulle met Bok-kleure beloon sal word.

    “Ons wil soos die Bulls speel. Dit is totale rugby en die unie moet geloof word vir hul sukses die afgelope paar seisoene. Hul spanne presteer op alle vlakke,” het die Bok-afrigter, Peter de Villiers, oor dié kampioenspan gesê.

    Die Bulls het die wedstryd reeds in die eerste helfte beklink toe hulle vier keer agter die pale gaan kuier het. Hulle het in die tweede helfte weer vier keer oor die doellyn gegaan en met ’n rekordtelling gewen.

    Twee van die span se groot sterre, Bryan Habana en Fourie du Preez, het tweekunse in die eerste 40 minute behaal en daarna was daar nie regtig terugkomkans vir die besoekers nie. Die tweetal deur Habana het hom die voorste Suid-Afrikaanse driedrukker in die kompetisie gemaak en heelwat ander rekords het ook voor dié Bulls- span geval.

    Die eindtelling was ’n nuwe rekord vir die meeste punte aangeteken, grootste punteverskil en die getal drieë (8) wat nou ook agter die Bulls se naam pryk.

    Die uitslag was ’n persoonlike triomf vir Frans Ludeke, wat skaars 14 maande gelede nog byna afgedank is.

    Die breier het net harder gewerk en met die oorwinning uit die skaduwee van die Bulls-mentor, Heyneke Meyer, getree.

    Die Springbok-span het Vrydagaand ook sý veldtog teen die Britse en Ierse Leeus onderweg gekry deur ’n Namibiese XV-tal in Windhoek te verslaan.

    Gereelde Bok-ysters soos Jean de Villiers en Schalk Burger, wat ná beserings lank laas gespeel het, kon die wedstryd sonder probleme voltooi en De Villiers sou tevrede gaan slaap het.

    Hy kondig môre sy groep spelers aan wat die Leeus in drie toetse gaan aandurf.

    Die Leeus moes intussen gister hard swoeg om hul eerste toerwedstryd in Rustenburg te wen. Die besoekers het heeltyd agter geloop teen die Royal XV, maar in die laaste paar minute twee keer gaan druk om met 37-25 te wen.

  • 84. Rapport  |  Mei 30, 2009 om 11 : 16

    Kaapstad

    ‘Ek het gisteraand net weer besef … 7de Laan is sterk op pad na 7de traan.”

    Dis net een van die horde boodskappe wat kykers op Facebook geskryf het om hul afkeer van dié sepie te wys.

    Boonop is meer as 20 groepe op dié sosiale netwerk gestig waaraan anti-7de Laan-kykers behoort.

    Die sepie is die laaste tyd omtrent in die spervuur nadat die SABC versuim het om produksiemaatskappye betyds te betaal. Dit kan die einde van 7de Laan en ook ander sepies beteken.

    Uit die groepe op Facebook se name is dit duidelik dat die lede baie sterk voel oor dié saak – “Ek Haat 7de laan”, “Anti-7de laan”, “7de laan sucks donkey balls”, “7de laan – WORST soapie EVER!!!!”, “7de Laan is die grootste pot k*k op tv” en “Haal 7de laan van die kassie af!” is maar enkele van die groepe waarby mense kan aansluit.

    Dis veral die intrige en toneelspel in die sepie wat mense so ontstel.

    “Dis ongelooflik common. Geen wonder ons bly in ’n 3de wêreld land nie, want mense aanvaar en geniet sulke gemors. Ek weet dis net ’n storie, maar my donner, ek kyk eerder na die agterkant van die TV,” is een van die inskrywings.

    Vuyelwa Booi, wat as Alyce in die sepie verskyn en ook die publisiteit van 7de Laan behartig, sê hulle is nie bewus van enige sulke haatgroepe nie.

    “Facebook is ’n openbare forum wat miljoene mense gebruik om te kommunikeer – ons het geen beheer oor wie wat doen nie.

    “Boonop is almal geregtig op hul mening. Hier by 7de Laan hou ons net aan om te doen wat ons doen.”

    Vuyelwa sê kykers kontak gereeld hul kantoor, dikwels met positiewe terugvoering.

    Van die Facebook-groepe is ook op karakters gemik, soos “People against Paula from 7de laan” en “Ek haat Paula van 7de laan”.

    Die aktrise Diaan Law?renson, wat Paula speel, sê sy luister net na die menings van mense wat regtig saak maak, soos die vervaardiger of die regisseurs.

    “As ek álmal se kritiek of menings ter harte moet neem, sal ek nie soggens opstaan nie,” spot sy.

    “In dié bedryf moet jy ’n baie dik vel hê, dié tipe goed raak my nie meer nie.

    “En as jy nie van ’n program hou nie, hoef jy nie daarna te kyk nie.”

  • 85. Rapport  |  Mei 30, 2009 om 11 : 19

    Johannesburg

    Familielede van die hartpionier dr. Chris Barnard het Vrydag uitgevaar teen die regisseurs van ’n dokumentêre rolprent wat suggereer dat ’n swart laboratorium-assistent van Barnard die skenkerhart van die wêreld se eerste hartoorplanting in 1967 chirurgies verwyder het.

    In Hidden Heart, wat Vrydag in plaaslike rolprentteaters begin draai het, ondersoek die Switserse rolprentregisseurs Cristina Karrer en Werner Schweizer die moontlikheid dat mnr. Hamilton Naki saam met Barnard vir die wêreld se eerste hartoorplanting verantwoordelik was.

    Die voorprent vir Hidden Heart, wat al weke lank in Cinema Nouveau-teaters vertoon word, het mense al aan die praat gehad deur voor te stel dat Naki – en nie Barnard nie – die wêreld se eerste hartoorplanting uitgevoer het.

    Naki is in die verlede deur Barnard en sy kollegas vir sy bydrae tot die navorsing vir die hartoorplanting geprys. Maar hy het eers aan die begin van die 21ste eeu erkenning vir sy werk gekry en is in 2003 deur oudpres. Thabo Mbeki vereer met die Orde van Mapungubwe.

    Hy het ook in dieselfde jaar ’n eredoktorsgraad in geneeskunde van die Universiteit van Kaapstad ontvang vir “die eksperimentele werk vóór die hartoorplanting”.

    Hy is in 2005 oorlede.

    Naki word self in die voorprent vir Hidden Heart aangehaal waar hy sê hy is bly dat die waarheid “uiteindelik” uitkom.

    Daar word ook in die prent beeldmateriaal van hom gebruik waar hy sê dat hy die skenkerhart met die wêreld se eerste hartoorplanting verwyder het.

    Maar later weerspreek hy homself deur te sê hy kon weens apartheid nie deel van die oorplanting-span gewees het nie.

    Mev. Karin Berman, Barnard se derde vrou, het Vrydag gesê sy, Barnard se oudste dogter, mev. Deidre Visser (uit sy eerste huwelik met mev. Louwtjie Barnard), en me. Dene Friedman, operateur van die hartlongmasjien tydens die eerste hartoorplanting, is deur Karrer met die maak van die rolprent mislei.

    Hulle het al drie openhartige onderhoude vir die dokumentêr toegestaan, maar Karrer het volgens haar nie oop kaarte gespeel oor haar agenda met die prent nie.

    Hulle is ook nie na enige van die premières van die prent genooi nie.

    Berman vertel veral haar en Barnard se jongste seun, Armin, is “boos” omdat die prent Barnard se erfenis in twyfel trek.

    “Die twyfel wat sy (Karrer) probeer skep en die bespotting wat sy van die hele ding maak, is vergesog.

    “Dit is jammer dat Chris nie meer hier is om homself te verdedig nie – al was dit dan nou ook so dat Hamilton die skenkerhart uitgehaal het.

    “Maar daar is geen kans dat dit sou gebeur het nie. Twee dokters moes met die eerste oorplanting die skenker (me. Denise Darvall) breindood verklaar. Hoekom sou hulle ’n laboratorium-assistent toegelaat het om haar hart te verwyder?”

    Visser wou haar nie veel oor die prent uitlaat voordat sy dit gesien het nie, maar het aan Rapport gesê dat sy die indruk gekry het Karrer “wil iets swaai”.

    “My pa en Hamilton het ’n wonderlike verhouding gehad. Hy was baie positief oor hom, maar ek kan my kop op ’n blok sit en sê Hamilton was nie daar met die eerste hartoorplanting nie. Marius (Barnard se broer) het die skenkerhart verwyder.”

  • 86. Rapport  |  Mei 30, 2009 om 11 : 21

    Johannesburg

    Die ANC wil nasionale gesondheidsversekering (NGV) in vyf jaar implementeer – ’n proses wat ’n Eerstewêreldland soos Duitsland 127 jaar geneem het om suksesvol te onderneem.

    Net twee lande, Japan (36 jaar) en Suid-Korea (26 jaar), kon in minder as 40 jaar universele gesondheidsdekking met NGV bereik.

    Dit is van die bevindinge wat vandeesweek bekend gemaak is as deel van ’n nuwe webblad wat navorsing in die openbare domein wil plaas sodat die tegniese werk nodig vir die ontwikkeling van ’n Suid-Afrikaanse NGV bevorder kan word.

    Prof. Heather McLeod, bekende aktuaris en navorser in gesondheidsfinansiering, sê hoewel daar nog min besonderhede oor die spesifieke samestelling van die NGV vir Suid-Afrika bekend is, het die aanloop tot dié stelsel ’n lang geskiedenis wat met hewige debatvoering gepaardgaan. “Daar is ’n baie sterk politieke wil om dit nou te laat gebeur.”

    Taakspanne en komitees ondersoek die moontlikheid al sedert 1994.

    Volgens die ANC se 2009-manifes sal die NGV oor die volgende vyf jaar ingefaseer word. Ook die departement van gesondheid se strategiese plan vir 2009-2011 sê die strukture vir die NGV moet teen Maart 2012 begin implementeer word. Daar bestaan nog ’n verslag, gedateer Februarie vanjaar, wat deur ’n ANC-taakspan oor die NGV opgestel is, maar die inhoud is nie aan die publiek openbaar gemaak nie.

    McLeod het beklemtoon dat ’n nasionale gesondheidstelsel nie noodwendig beteken gesondheidsdienste word “genasionaliseer” nie. Daar kan steeds private gesondheidsinstellings wees.

    Die besonderhede, kostes en spesifieke bydraes, waarskynlik as ekstra belasting deur werkende individue, word alles steeds gedebatteer.

    • Vir meer inligting oor die jongste beleidsdokumente en navorsing, besoek http://www.imsa.org.za.

  • 87. Rapport  |  Mei 30, 2009 om 11 : 22

    Die paartjie in Brittanje wat die langste getroud is, het pas hulle 81ste huweliksherdenking gevier.

    Volgens die BBC het Frank en Anita Milford Devon op 26 Mei 1928 ewige trou aan mekaar beloof.

    Frank is 101 terwyl Anita volgende maand haar 101ste verjaardag vier.

    Hulle word in Februarie die paartjie wat die langste getroud is in die Britse geskiedenis!

    Die egpaar, wat in ’n tehuis vir bejaardes in Plymouth woon, sê hulle het so dan en wan woorde, maar hulle sal mekaar altyd soen en ’n drukkie gee voordat hulle die aand gaan slaap.

    Die paartjie het mekaar in 1926 op ’n dansparty in die St. Budeaux-buurt in Plymouth ontmoet en is twee jaar later by die Torpoint-magistraatkantoor getroud is.

    Frank het tot sy aftrede op 60 by die Devonport-hawe gewerk.

    Hulle het twee kinders, vyf kleinkinders en sewe agterkleinkinders.

    Die Devons se 74-jarige seun, ook Frank, sê hy skryf sy ouers se geluk daaraan toe dat hulle so gelukkig is met en by mekaar.

  • 88. Rapport  |  Mei 30, 2009 om 11 : 23

    Kaapstad

    Archie en Veronica is verloof!

    Daar is groot nuus uit die dorpie Riverdale met die strokiesprentkarakter Archie Andrews wat Veronica Lodge uiteindelik die ja-woord gevra het.

    In seker die langste liefdesdriehoek in strokiesprentgeskiedenis het Archie besluit om die dikwels aanmatigende Veronica te vra om met hom te trou, bo sy ander wipplank-liefde, die blonde, plat-op-die-aarde Betty Cooper.

    Die strokiesboektroue word vir Augustus beplan en Veronica gaan Betty glo vra om haar strooimeisie te wees.

    Die rooikop-sproetgesig Archie het Jughead met sy skewe kroonhoedjie gekies om sy strooijonker te wees, bo die arrogante Reggie, maar teen druktyd het Jughead nog nie op dié versoek geantwoord nie.

    In ’n teken van die tyd is die verlowingsnuus nie eerste in die vensterprentjies van die 68-jarige strokiesverhaal uitbasuin nie, maar op die amptelike internetblog van Archie Comics – in hoofletters: “Archie Andrews gaan trou!’’

    Archie se ware oorgang na volwassewording sal begin met uitgawe 600 van die strokiesprent, met die storie wat oor ses volle uitgawes sal strek.

    Hoewel die karakters nie ’n dag ouer is as in 1941 nie, het hulle bygebly met die jongste tegnologie, populêre kultuur en klerestyle, hulle ry nou eko-vriendelike karre en Archie is al selfs as die onderwerp van ’n realiteitsreeks deur TV-kameras by sy skool gevolg.

    Die storie oor dié Amerikaanse tieners skiet nou egter vyf jaar die toekoms in, waar almal sommer klaar is met die Riverdale-hoërskool, klaar geswot en Archie het ’n werk.

    “Ek is so hartseer,’’ skryf Betty op haar eie blog. “Ek weet nie wat om te sê nie.’’

    Veronica gloei op háár blog.

    “Soveel om te doen. So baie planne om te maak. Ek hoop Betty is bly vir my.’’

  • 89. Olga  |  Mei 31, 2009 om 12 : 33

    Indien ek dit nie mis het nie, het hamilton naki net st 6 geslaag. chris barnard het nog altyd erkenning aan naki gegee wie hom in sy tuin kamer of so iets gehelp het met sy eksperimente op diere. rotte ens. dit kan dalk die rede wees hoekom hy gese het hy het die eerste skenkershart verwyder. maar tipies anc gaan die waarheid en versoenings kommissie eersdags beslis dat n bang chris van uit die hoekie gekyk het wat naki doen. toe al die eer en roem vir homself ingepalm het. witmense was mos die skelmste moere denkbaar. alles wat die swartman of vrou vermag het, het die witmense mos vir hulleself toegeeien. viva hamilton.

  • 90. Olga  |  Mei 31, 2009 om 12 : 43

    Hoekom wil die anc nasiokale gesondheid versekering inbring? soos dit alklaar is, gaan swartmense met mediesefondse hospitaal toe vir alles wat hulle nodig het. toe ek verlede week met die oumensies daar was, het 1 dametjie daar aangekom, levis jeans, addidas tekkies en n billabong tshirt om haar r30 brilletjie te kom afhaal. en buite die hospitaal op die no parking zone het haar swart bmw suv gestaan. ek weet nie watter ene nie, maar dit was nie die grote nie. dalk was dit toe nou nie eers n suv nie. maar so stasiewa tipe ding. medikasie kry hulle verniet. kuier ook gratis in die hospitaal die VERSEKERING in ngv se vir my daar gaan kostes aan verbonde wees. kyk hoe gaan iemand hom of haarself in die voet skiet hoor. maar dan weer, net die witmense sal moet betaal.

  • 91. Olga  |  Mei 31, 2009 om 12 : 48

    Hoe vergeet ek tog. hulle gaan kliniek toe vir hulle chroniese medisyne. die feit dat n oumensie wie dit nie kan bekostig om te koop of om sonder die meds te wees nie, is absoluut irrelevant. hulle se heel arrogant “first come first served”

  • 92. Olga  |  Mei 31, 2009 om 8 : 21

    More, more.

  • 93. WILLE KJINDQ  |  Mei 31, 2009 om 9 : 02

    More more

  • 94. WILLE KJINDQ  |  Mei 31, 2009 om 9 : 04

    Olga

    @ 90 – gat ek net helfte betaal:mrgreen:

  • 95. WILLE KJINDQ  |  Mei 31, 2009 om 9 : 11

    Naki!? Wie de moer was hy toe hy byri huis was? Dis die eerste keer wat ek van hom hoor. Maar ai wat….. Volgens dit wat ek kan onthou sou hy nie eens inni teater toegelaat wassi.

    Dis eintlik hartseer as ‘n mens dink aan die feit dat die swartes alles wil weg neem vanni blankes. Dis nie genoeg dat die geskiedenis uitgevee word nie. Neeeeeeee……. Die klomp moere wil mos ALLES hê! Nee kyk! Ek raak skoon opgewerk so vroeg op ‘n Sondag oggend👿

  • 96. Adrie  |  Mei 31, 2009 om 11 : 19

    More

  • 97. Adrie  |  Mei 31, 2009 om 11 : 21

    Ek dink ek het eendag gelees dat Nati ‘n later jare ‘n uroloog geword het. Sy belangsteling in medies is ontwikkel terwyl hy Barnard gehelp het om harte op Bobbejane oor te plant.

    Ek weet darem regtig nie of hulle ‘n tuinier sou toe laat om ‘n skenker hart uit te haal nie.

  • 98. Adrie  |  Mei 31, 2009 om 11 : 22

    Een van die dae hol almal Zimbabwe toe as hulle geopereer moet word

  • 99. Adrie  |  Mei 31, 2009 om 11 : 23

    Hmmm

    Naki vertel Dinsdag sy storie op Special Assignment. Ek mis dit vir niks op hierdie aarde nie.

  • 100. Adrie  |  Mei 31, 2009 om 11 : 24

    Hoekom nou eers met die storie uitkom?

  • 101. Adrie  |  Mei 31, 2009 om 11 : 30

    Voordat ek vergeet . . . .

    PROVINCE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 102. WILLE KJINDQ  |  Mei 31, 2009 om 12 : 50

    Wat het geword van alli teater personeel!? Hkm kom hulle nie na vore en praat die waarheid nie?

  • 103. Olga  |  Mei 31, 2009 om 1 : 19

    Die ander teater personeel kom nie vorendag nie, want hulle wil nie n GOEIE APARTHEIDS ONREG FILM MET FEITE BEDUIWEL NIE.

  • 104. Olga  |  Mei 31, 2009 om 1 : 22

    wk, hoe gaan jy wegkom om met die helfte te betaal? #94. . . vertel my. ek wil die raad spaar en gebruik wanneer ngv geìmplimenteer word.

  • 105. Olga  |  Mei 31, 2009 om 1 : 28

    Ek dink die stelsel nou by staatshospitale kan werk. maar laat elkeen n administrasie fooi betaal nes dit al die jare onder die np regering was. dit sal darem finansieel die hosp troos, al gaan dit nie ver gaan nie. dis n jammerte jou mediese fonds status kan nie aan jou id nr gekoppel word nie. ek dink dit is laakbaar om hospitaal of kliniek toe te gaan vir gratis meds as jy wel med. fonds het en gratis medisyne van n siek behoeftige wegneem.

  • 106. Salome  |  Mei 31, 2009 om 2 : 36

    Hallo Almal!!

    Vergeet die rygby praatjies, maar ek het darem vir julle Blou Bul cucakes (regte blou bul blou icing op) gebak { A3 mag natuurlik nie daarvan kry nie, want sy skree nie vir die bloues nie}

  • 107. Olga  |  Mei 31, 2009 om 2 : 57

    Ai salome, amper raak ek bly. ek sal maar net die bloubull cuppies van hier af kyk. ek verstaan nie eers rugby nie. daarom skree ek maar op homer.

  • 108. Olga  |  Mei 31, 2009 om 2 : 58

    Terwyl ek nou onthou en n paar minute het, gaan ek sommer nou die fudge resep tik en vir a3 mail.

  • 109. Adrie  |  Mei 31, 2009 om 3 : 31

    Salome

    Eetgoed sal ver gaan om my om te koop. Maar ek ruil WP vir niks om nie.

  • 110. Verons  |  Junie 1, 2009 om 12 : 12

    Ek kan nie verstaan hoekom julle nog so PROVINCE!! nie die klomp het net mooi nerns in die Super14 gekom nie inteendeel daar is net een SA span wat die Semi’s gehaal het en hulle het dit nie net-net gemaak nie hulle was op die top van die log!!! En om net sout in almal se wonde te vryf gaan wen hulle ook sommer die Super 14!!
    So daar is net een span wat die moeite werd is om voor te skree en dis die BULLE!!!!!!
    En vir die wat sê die wedstryd was gekook laat ek somme in plein afrikaans sê julle weet nie ‘n fok waarvan julle praat nie!!! Daai Bul span wat Saterdag die Super 14 gewen het kan enige tyd enige span ter wêreld aanvat en wen!
    So ek stem 100% saam met Steve!
    MAAK DIE BULLE ALMAL BOKKE!!!!

  • 111. Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld  |  Junie 5, 2009 om 7 : 18

    […] weer noem, is die Bulle oorwinning laas naweek. Man….dit was mooi, en as Bulls ondersteuners kommin is, is ek met TROTS kommin. Jaloesie is darem maar ‘n lelike ding nê, julle moet pasop dat […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: