Noot vir Noot

Mei 29, 2009 at 5 : 17 79 Kommentaar

Hierdie is ‘n skrywe wat al lankal smeek om geskryf te word, maar dit is iets waarvan ek gewoonlik wegskram.  Ek is ‘n Noot-vir-Noot aanhanger, ek mis nie sommer ‘n episode nie.  Dit het al dikwels oorloë in ons huis veroorsaak, ek is die enigste Noot-vir-Noot aanhanger en die ander wou altyd iets anders gekyk het.  Ek het selfs al vir oudisies vir Noot-vir-Noot gegaan en was eenkeer op bystand geplaas.  Ek doen seker beter voor die televisie as in persoon.

Tot my verdediging moet ek byvoeg dat ek oor die algemeen mal oor vasvra programme is.  Van Flinkdink tot The Weakest link.  Ek hou daarvan om my algemene kennis te toets.  Die tipe programme help ook baie om jou algemene kennis te verbreed.  Ek kan vreeslik opgewonde raak as die mense met die maklikste vragies vasval.  Hoekom kan hulle ook nooit die antwoord wat ek kosteloos aan hulle verskaf hoor nie?

Noot-vir-Noot word al vir langer as ‘n dekade gereeld uitgesaai en is op die oomblik in die 32ste reeks.  Dit het op ‘n Saterdagaand as ‘n 45 minute program begin, maar het met die verloop van tyd na ‘n uur gevorder en na ‘n Vrydagaand geskuif.  Dit was altyd 14 episodes, maar is nou al 22 episodes lank.  Dit is al amper net so deel van Afrikaner kultuur as braaivleis.  Geen wonder dit word as Suid-Afrika se gunsteling program gesien nie.

Net hier waar die pot dalk misgesit word.  Behalwe ek, ken ek niemand wat bereid om hardop te erken dat hulle Noot-vir-Noot kyk nie.  Wat nog te sê om dit as een van hulle gunsteling programme te beskou?  Blykbaar is dit een van die gewildste programme op TV, maar almal kyk seker maar dan skelm. 

Ek sal eerlik erken dat ek vir nog 32 reekse Noot-vir-Noot sal kyk.  Al voel dit dikwels so, betaal nie net ek my televisie lisensie nie.  Ek kry nogal die gevoel dat die mens uitgekuier raak met Noot-vir-Noot.  Ek weet ook van baie mense wat ‘n groot pyn met Johan Stemmet het.  Toegegee, hy kan die lelikste baadjies en onderbaadjies suid van die Sahara dra. 

Kyk julle Noot-vir-Noot?  Voel julle dat genoeg genoeg is?  Hoe sal julle dit verbeter of vernuwe?

Blogvraag:  Wie is Noot-vir-Noot se regisseur?

Blogantwoord:  Olga was reg met Connor MacLeod.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Onderhoud met Adrie Rugbypraatjies

79 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Mei 29, 2009 om 6 : 28

    Eerste.

  • 2. Olga  |  Mei 29, 2009 om 6 : 31

    Elsa colling

  • 3. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 6 : 48

    Hallo Olga! Lekker geshop?

  • 4. Olga  |  Mei 29, 2009 om 6 : 53

    leke, danki. en amper my plek in die tou by kfc prysgegee om die antw te google.

  • 5. Olga  |  Mei 29, 2009 om 6 : 55

    ons is nog nie eers in sabie nie, maar ek is alklaar baie bly vir my baadjie op die agterse sitplek.

  • 6. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 6 : 56

    Jy gaan vet word van KFC.

  • 7. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 6 : 58

    Hulle se mos Loftus gaan more blou wees. Blou van die koue

  • 8. Olga  |  Mei 29, 2009 om 7 : 00

    Juf annie, waar is dari juf wat n ausie is? as haar bek stil word op die blog, dan worrie ek. ek wili tjoekie toe gaan nie.

  • 9. Olga  |  Mei 29, 2009 om 7 : 01

    Ek is klaar vet. boxmaster is overrated.

  • 10. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 7 : 21

    Olga, vry seker agter die buurman. Hy het dalk nuwe voorraad gekry.

  • 11. Girl van die Suburbs  |  Mei 29, 2009 om 7 : 23

    Ekke het ook KFC gehad vanaand!

    Noot vir Noot A3? Kan dit nie glo nie.

  • 12. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 7 : 40

    WHATEVA!😡

  • 13. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 7 : 41

    Elke mens is geregtig op n flaw.😆

  • 14. Girl van die Suburbs  |  Mei 29, 2009 om 7 : 44

    Ek word geignore want dit is noot vir nooit!

  • 15. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 7 : 46

    Iemand is duidelik gesuip!

  • 16. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 7 : 46

    HAAAAALLO NELL

  • 17. Girl van die Suburbs  |  Mei 29, 2009 om 7 : 47

    Nee, ek kan nie glo jy sal kyk nie. Ek kyk dit ook partykeer. Ou Johan kan heel vermaaklik wees!

  • 18. Girl van die Suburbs  |  Mei 29, 2009 om 7 : 48

    AAAALLLLLOOOOOOOO A3

    Ekke le in die bed. Geen alkohol die kant nie.

  • 19. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 7 : 49

    🙄 Toemaar, jou dag sal kom.

  • 20. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 7 : 51

    Te veel hoesmedisyne kan iemand ook dronk maak.

  • 21. Girl van die Suburbs  |  Mei 29, 2009 om 7 : 54

    Ekke weet, maar die doc ken my goed. Ek kry nie meer hoesmedisyne met alkohol in nie😆

  • 22. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 7 : 59

    Dit is nie net dokters wat medisyne kan uitdeel nie.

  • 23. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 8 : 25

    Noudat ek daaraan dink: NVN is die enigste manier waarop ek Afrikaanse of selfs Suid-Afrikaanse musiek ondersteun.

  • 24. maxie  |  Mei 29, 2009 om 8 : 59

    Naand!

    #23 – ek stem!

  • 25. maxie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 02

    Ek hou van Johan Stemmet. Hy laat my geweldig baie aan my broer dink. Lyk baie eners, dieselfde joviale geaardheid ook.

  • 26. Olga  |  Mei 29, 2009 om 9 : 06

    Elo maxie. ek hou nie van johan stemmet nie. hy is partydig.

  • 27. maxie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 10

    Hi Olga
    Ek het opgehou kyk ‘n paar reekse terug (geen werklike rede nie). Ek het wel nooit regtig opgetel dat hy partydig is nie.

  • 28. maxie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 13

    Olga, gaan jy/julle Sabie toe vir die naweek?

  • 29. Olga  |  Mei 29, 2009 om 9 : 15

    Wat gebeur in sabie die naweek max?

  • 30. maxie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 18

    Laat ek maar aanhou met myself praat.

    Ek voel so sleg as ek sien hoeveel moeite sommige siele doen vir rugbykaartjies more.
    Ons is 4 kaartjies aangebied (2 elk van 2 verskillende verskaffers) maar het dit van die hand gewys.

  • 31. maxie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 20

    Olga
    Nee ek weet nie wat gebeur in Sabie nie.
    Jy’t genoem jy’s op pad na Sabie (comment #5).

  • 32. Olga  |  Mei 29, 2009 om 9 : 23

    Skuus max, blonde oomblik. het die einde van die maand ding gaan doen in nelspruit waar dit lek warm was. in witrivier gaan kfc koop waar dit leke warm was. maar ons moet deur sabie huis toe ry. en hoe nader, hoe kouer.

  • 33. maxie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 26

    Olga, alles reg. Hoekom al die pad Nelspruit toe O griet, ek neem ook maar net aan jy bly seker ook in Pta.

  • 34. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 28

    Olga, is daar die naweek nie die Forest to Falls fietsding nie. VErbeel my ek het so iets gehoor.

    Max, Olga bly in Graskop

  • 35. maxie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 29

    Dankie Adrie, nie geweet, nou maak dit sin.

  • 36. Olga  |  Mei 29, 2009 om 9 : 30

    Lol, nee. nie pta vir my nie. woon anderkant graskop. waar mens nog boslug inasem. ek het uit betrouebare bron verneem dat dit die skoon boslug is wat my so deurmekaar soos 2 kakkerlakke in n tuimeldroer gemaak het.

  • 37. maxie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 31

    Enigiemand raad vir sinus?
    Regtig, dit maak my gek deesdae.
    Jare laas, en nou skielik weer.

  • 38. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 33

    Ek sal nou nie die ousie n betroubare bron noem nie.:mrgreen:

  • 39. Olga  |  Mei 29, 2009 om 9 : 34

    Nee forest 2 falls is al verby. dink ek. dis volgende naweek paradise rally EN n 4×4 rally in witrivier. dink hoe gaan die laeveld dan lyk.

  • 40. Olga  |  Mei 29, 2009 om 9 : 36

    Nee, juf ousie het nie so gese nie.

  • 41. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 37

    Max, as ek vir jou raad gehad het, het ek myself ook gehelp. EN die raad verkoop om skatryk te word.

    Baie mense sweer dood daarby om jou neus te spoel met n flou soutwater.

  • 42. Olga  |  Mei 29, 2009 om 9 : 39

    Acc 200 werk ook goed vir sinus. kos sowat r70.

  • 43. Olga  |  Mei 29, 2009 om 9 : 43

    En sinal co vir sowat r20.

  • 44. Olga  |  Mei 29, 2009 om 9 : 47

    Nag. leke slaap. sterkte met die sinus max. ek hoop dis gou gesond.

  • 45. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 47

    Ek het Maandag kwaai onder sinus deur geloop. Ek het toe met Sinumax vir allergiese sinus begin. Net een in die oggend en een in die aand. Dit het darem vir die ergste gehelp. Ek dink jy kan 2 pille elke 6 uur neem.

  • 46. maxie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 49

    Dankie.
    Adrie – nee heng, het al probeer, kan nie my neus uitspoel.

    Olga – vreemd genoeg het my broer onlangs vir my Acc 200 gegee, en ja, dit werk goed, maar gee my asma.
    Lees toe die voubiljet. Nie aanbeveel vir mense geneig tot asma.

  • 47. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 53

    Die ergste van sinus is die wete dat jou eie liggaam is wat jou siek maak.

  • 48. maxie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 54

    Olga – dankie, lekker slaap!

    Adrie – dankie, ek ken Sinumax maar die probleem is, ek is vrekbang vir pille. Enige pille.

  • 49. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 00

    Max

    Ek ook. Maar as dit die verskil is tussen ‘n bloedneus, ‘n vrot brak in jou mond, Shrek ore en die gevoel dat iemand jou tussen die oe gepot het, sluk ek maar pille.

    Moet dit net nie meer gebruik as wat die vervaardigers aanbeveel nie.

  • 50. maxie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 03

    Adrie

    Ja jy’t ‘n punt beet.

    Glo my, ek gebruik eerder halwe dosisse as meer as wat aanbeveel is.
    Nou gaan ek slaap.
    Mooi drome vir jou.

  • 51. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 07

    Lekker slaap almal.

  • 52. Beeld  |  Mei 29, 2009 om 10 : 37

    Nicolize van der Walt

    Stilfontein. – ’n Meisie (4) wat deur die kinderhof in ’n plek van veiligheid geplaas is, se lewe is dalk in gevaar ná ’n familielid haar vermoedelik ontvoer het.

    Die maatskaplike werkers en mev. Magda Reinertz, Erichia Erasmus (4) se veiligheidsouer, reken die afgelope week dat dié kleuter en haar ma, Charlotte (32), dalk ontvoer is. Mev. Erasmus kon Erichia elke twee weke besoek en vir kort tye alleen op uitstappies neem. Maatskaplike werkers het lont geruik toe Erichia verlede Vrydag nie betyds teruggebring is nie. Mev. Erasmus het verlede Saterdag ’n kort SMS aan die maatskaplike werkers gestuur, maar sedertdien is haar selfoon af.

    Alles dui daarop dat sy en haar dogter by ’n man is wat onlangs behandeling in ’n neurologiese kliniek ontvang het ná ’n traumatiese skeiding.

    “Die kind is deur die kinderhof na ’n plek van veiligheid verwys. Dit is in haar belang om daar terugbesorg te word. Hulle kán in Port-Elizabeth, Witbank, die Oos-Rand of nog in die Klerksdorp-omgewing wees,’’ sê mev. Marie van Rooyen, direkteur van Kinder- en gesinsorg in Stilfontein.

    Mev. Erasmus is sowat 1,65 m lank. Sy het kort donker hare, bruin oë en ’n blas vel. Die man is lank met grys hare, sproete en dra ’n silwerraambril. Hy dra glo graag moulose hemde en het twee tatoeërmerke op sy regterarm. Hulle reis dalk in ’n wit Toyota-bakkie (FLC 505 NW) of ’n silwer VW Jetta (DCB 697 NW).

    Enigiemand kan me. Annaleen van Staden bel by 076 714 0729 of insp. Elsa Niemand by 082 859 2879.

  • 53. Beeld  |  Mei 29, 2009 om 10 : 37

    Tom de Wet

    Welkom. – ’n Koerantberig oor die soektog na ’n Welkomse man – nadat sy seuntjie se lyk in ’n kleretas voor die moskee in die stad gekry is – het daartoe gelei dat hy in hegtenis geneem is.

    Mnr. Mukhtar Hamid (39) is deur mense in Ladysmith in KwaZulu-Natal erken nadat ’n berig en identikit van hom in Beeld en Volksblad verskyn het.

    Hulle het die polisie gekontak en Hamid is eergister in Ladysmith in hegtenis geneem.

    Me. Puleng Motsoeneng, polisiewoordvoerder, sê Hamid het glo op Ladysmith rondgeloop en geld gevra om op New Castle te kom. Sy en me. Veronica Ludada se oudste kind, Ibrahim (3), was by hom en is ongedeerd.

    Hamid het volgens die polisie op 6 Mei met sy twee seuns, Ibrahim (3) en Ishmael (2), uit Welkom verdwyn.

    Ludada, met wie hy al vyf jaar ’n verhouding het en wat die ma van sy drie kinders is, was toe in Klerksdorp met hul eenjarige dogtertjie.

    By haar tuiskoms het sy Hamid gebel en hy het gesê hy sal oor vyf minute tuis wees.

    Sy het hom en die twee seuns nie weer gesien nie.

    Motsoeneng sê ’n klag van moord word teen Hamid ondersoek en hy sal dalk oor-môre hier in die landdroshof verskyn.

  • 54. Olga  |  Mei 30, 2009 om 8 : 02

    More, more.

  • 55. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 8 : 34

    More

  • 56. Night Crawler  |  Mei 30, 2009 om 9 : 00

    Elsa Colling is die regiseur van noot vir noot
    O ja hehehe more almal!
    vergeet ek my maniere

  • 57. Olga  |  Mei 30, 2009 om 9 : 14

    Sien my 5c oor die post is weg. het dit nie maak skerm toe gsteraand nie. ja, ek kyk nvn as ek gap kry. kon dit gsteraand hoorg was besig om my aankope weg te pak. hoe kan hulle dit beter maak? elke week kan die gaskunstenaar dit aanbied. johan is lelik partydig. 1 deelnemer kom weg met n half reg antw, die ander in dieselfde program word gepenaliseer met n half verkeerd antw. dit is dan dat ek my foontjie neem en in die kombuis by die tafel gaan sit en chat.

  • 58. pop  |  Mei 30, 2009 om 9 : 28

    ek vir een hou van casper de vries se weergawe…:)

  • 59. pop  |  Mei 30, 2009 om 9 : 29

    julle al gesien daar is n ou wat die land vol toer met noot vir noot? Dit is awesome!! grootste pret ooit.

  • 60. Olga  |  Mei 30, 2009 om 9 : 32

    Ag nee siesa pop. casper de vries? spoeg naar, kots. k.k. lol. verjel bietjie van die ander ou? klink na pret.

  • 61. Olga  |  Mei 30, 2009 om 9 : 34

    Wie is die ander ou dan kan ons hom google. dalk sien wanneer hy in ons omgewings optree.

  • 62. pop  |  Mei 30, 2009 om 9 : 35

    elo olga,

    dis presies soos noot vir noot, maar dis soos n hele klomp mense wat saam speel. ons het dit elke jaar by die skool vir geldinsameling. elke verkeerde antwoord word jy R10 of R20 beboet. die geld gaan dan na die skool toe. dit is moer lekker

  • 63. pop  |  Mei 30, 2009 om 9 : 36

    skole ens boek hom vir funksies, maar ek kan nou nie weet wat die ou se naam is nie.

  • 64. Olga  |  Mei 30, 2009 om 9 : 37

    Ek kan my indink. maar betaal jy vir elke vraag wat jy verkeerd antw?

  • 65. pop  |  Mei 30, 2009 om 9 : 40

    ja..maar dit is fun geldinsameling. niemand worry om te betaal

  • 66. Olga  |  Mei 30, 2009 om 9 : 44

    Veral nie as die skool voordeel daaruit trek nie, ne. watter grade is jou kinders?

  • 67. pop  |  Mei 30, 2009 om 10 : 31

    gr 2 en 5.

  • 68. Wheelbarrow Jack  |  Mei 30, 2009 om 11 : 31

    Dagse. Heerlike dag vir die game ne. Ek se ook soos olga. Johan is onregverder. Almal word nie oor dieselfde kam gesleep nie. Die gaskunstenaar as vraagmeester mag dalk vir sports sorg. Veral as dit n dommetjie is wat die vrae vra. Of dalk nog self antwoord.

  • 69. Olga  |  Mei 30, 2009 om 3 : 38

    Hier is vandag melaatsheid op die blog. hoe koud is dit juf wysneus?

  • 70. Olga  |  Mei 30, 2009 om 3 : 40

    Koud genoeg vir die bulle om groen te word?

  • 71. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 4 : 31

    Olga, dit is nog nie koud nie. die wind waai wel erg

  • 72. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 6 : 24

    Howdy

  • 73. *Mathilda*  |  Mei 30, 2009 om 6 : 26

    Ek love noot vir noot

  • 74. olga  |  Mei 30, 2009 om 6 : 39

    ek het nou leke geeet. as my pens nie so gepak was nie, het ek wragtig weer geeet.

  • 75. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 7 : 28

    Wat het jy geeet, Olga?

    Nuwe blog

  • 76. Nelba  |  Junie 3, 2009 om 2 : 46

    Ek’s nou natuurlik weer mosterd na die maal. Ja, ek kyk ook soms Noot vir Noot, maar slegs as die TV dan aan is op die kanaal. Eintlik is daar nie een TV-reeks wat ek elke week kyk nie. Ek geniet dit wanneer ek dit kyk en ek is ook nogal goed met die herken van musiek.

  • 77. Adrie  |  Junie 3, 2009 om 2 : 52

    Nelba

    Dit is nogal verstommend die aantal goed wat ‘n mens kyk juis omdat die TV toevallig aan was.

  • 78. Viv  |  Julie 16, 2009 om 12 : 01

    hi

    ek wil net se ek kyk al noot vir noot van ek so 13 jaar oud was en van noot vir noot kyk het my musiek kennis so verbreed dat ek self al vir n oudisie was en dit gemaak het om op die show te wees as n deelnemer

  • 79. rene de villiers  |  Maart 13, 2012 om 1 : 36

    wat kan mens by oudisies verwgag

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: