Onderhoud met Adrie

Mei 28, 2009 at 6 : 00 134 Kommentaar

Ek het die idee lank terug by Nico (Uitdiesielvannboer) gesien.   Ek gaan hiermee probeer om ‘n paar vrae wat ek met die verloop van tyd van mense gekry het te beantwoord.

Hoe het jy in blogging gekom? 

Ek is in my hart en siel seker maar ‘n scheming dreamer.  My kop is gewoonlik vol los gedagtes, onverwant met mekaar.  Ek het ongeveer 2 jaar gelede by Jacarandafm begin stir.  My heel eerste post was goedgunstelik deur Zoekoe op sy blog gepost.  In Oktober 2007 het ek met my eie blog begin.  Dorings het maar daaruit voortgevloei.

Wanneer doen jy jou werk?

Tussendeur.  My werk behels baie naslaan en oplees werk.  Verder maak ek seker dat ander mense werk.

Jy is nogal baie arrogant en voor-op-die-wa.  Sommige mense sal jou trol noem . . .

Ek is nie taktvol gebore nie en trap dus gereeld op tone.  Al is die blogs ‘n mini-wêreld, moet dit alle soorte bevat.  Ek dink darem die meerderheid mense beskou my as ‘n slegte-goeie of dalk ‘n goeie-slegte mens. 

Hoe belangrik is stats vir jou?

Ek geniet die stats, maar dit is eintlik waardeloos.

 Hoe besluit jy op jou onderwerpe of blogvrae?

Ons is van kleinsaf aangemoedig om baie te lees.  Ek onthou gewoonlik ‘n groot gedeelte van wat ek lees.  Ek lees alles wat oor my pad kom.  Ek skryf gewoonlik my blogs binne ‘n paar minute, maar ‘n onderwerp kan soms maande lank in my kop draai.  Ek skryf meestal oor iets wat my interesseer.  Dit kan van ‘n verskeidenheid van bronne kom, insluitende die nuus, televisie, iets wat ek jare terug gelees het of ‘n gesprek met iemand.  Mens bereik die punt waar omtrent alles wat jou pad kruis vir ‘n blog oorweeg word.  Ek soek gewoonlik ‘n vraag om by die onderwerp aan te sluit.

Hoe voel jy daaroor dat die kommentaar op jou blog selde, indien ooit, oor jou gekose onderwerp gaan?

Dit hang af.  Daar is posts (soos die een byvoorbeeld) wat nie ‘n geldige kommentaar werd is nie.  Die meerderheid van my skrywes is maar so-so en daar is te veel kere skrywes wat doodeenvoudig swak is.  Daarmee verwag ek beslis nie dat iemand my moet humour om daarop te probeer antwoord nie.  Daar is wel die uitsonderlike kere wat ek dink iets is werklik goed (gewoonlik iets waaroor ek passievol is), wat almal ignoreer – dit kan my goed boos maak.  Ek het ook al met die verloop van tyd geleer dat eintlik net die blogvraag gelees word en het dit al aanvaar.

Hoekom plaas jy dan soms skrywes wat so-so of selfs uiters swak is?

Ek het ‘n ooreenkoms met my gereelde bloggers dat daar voor elke oggend 8:00 ‘n nuwe post sal wees.  Ek het dus nie die luukse om vir my muse te wag nie.  Soms sukkel ek my dood om iets te skryf, ander kere kan ek 12 blogs op ‘n dag skryf.  Dit veroorsaak die skommeling in die kwaliteit van die skrywes.

Hoe meet jy jou sukses as ‘n blogger?

Moeilike vraag.  Dalk met die plesier wat ek daaruit put.

Dink jy Dorings en soms rose sal vir ‘n aansienlike tyd bestaan?

Nog ‘n moeilike vraag.  Ek hoop so, maar ek weet dat daar een of ander tyd iemand gaan opdaag wat meer vriendelike skrywes gaan hê, waar die mense eerder sal wil kuier.  Ek sal seker nooit ophou blog nie, maar as daardie dag kom, sal dit van ‘n ander naam af wees.

Wat is jou planne met Dorings?

Ek het altyd ‘n ding gehad met geheime organisasies, tot iemand eendag my die waarheid vertel het:  As dit geheim is, is dit korrup.  Dorings is seker die naaste wat ek daaraan kan kom, sonder ongerymdhede.  Ek sal graag meer Dorings deel van die groep wil maak.  Dit behoort ‘n forum te wees wat “social issues” aanspreek.  Verder sal ek ook graag wil sien dat ons meer liefdadigheidwerk doen.

Hoe sal jy jou blog beskryf?

:lol:  Om een of ander rede dink die mense dit is ‘n geskiedenis blog, iets wat ek nog nie kon klein kry nie.  Ek sal dit graag ‘n aktivisme blog wou noem, maar ek is te min op my seepkis daarvoor.  Ek dink ek skryf feitelike of “meningsblogs” beter as stories, ek kan nie ‘n goeie storie vertel nie.  Ek dink dalk ‘n tydskrif blog, vol ditjies en datjies.

Wat is jou gewildste tema?

Politiek om een of ander rede, dit trek gewoonlik die meeste lesers.  Allerdaagse huishoudelike stories trek die grootste verskeidenheid mense om te comment.  Feite blogs is ook nogal gewild.  My filosofiese blogs kry die minste aftrek, maar dit is ook een van my gunsteling temas.

Jy moet darem ‘n baie groot kop hê om met jouself ‘n onderhoud te voer.  Dink jy aan jouself as ‘n celeb?

Ek staan skuldig oor die grootkop.

Hoekom wil jy nie trou nie?

Dit is nie so seer wil nie, eerder net nie iets wat ek in my toekoms sien nie. 

Die storie raak nou lank.  Kom ons sluit af met ‘n snelvuur rondte.

  1. Jou gunsteling jogurt?  Appelkoos of Aarbei
  2. Waarna luister jy in jou kar?  Stad – Jakaranda, Langpad – mp3’s
  3. Sing jy in die stort?  Nee
  4. Jou gunsteling blogs?  Uitspraak voorbehou
  5. Jou regte naam en beroep?  Nice try!!!

Blogvraag:  Aangesien dit Adrian Paul se verjaarsdag is, kan ek seker ‘n vraag uit Highlander vra.  Wie was Duncan MacLeod se mentor wat hom “The Game” geleer het?

Blogantwoord:  Daar was heelwat mense wat geantwoord het, maar Olga was eerste.  Die term word gebruik wanneer ‘n vlieënier spesiaal na ‘n ander lughawe vlieg om te gaan eet.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Etenstyd Noot vir Noot

134 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Mei 28, 2009 om 6 : 03

    Darius. eerste.

  • 2. Olga  |  Mei 28, 2009 om 6 : 17

    Volens wapedia is ek verkeerd. hulle se connor mcleod was sy mentor.

  • 3. Olga  |  Mei 28, 2009 om 6 : 28

    Kan ek jou iets se juf wysneus? ek lees elke woord van elke post. verder lees ek elke 5c wat val.

  • 4. Olga  |  Mei 28, 2009 om 6 : 31

    En kan my natp van die lag, veral as iemand haar homself sommer op die selfde dag weerspreek.

  • 5. Girl van die Suburbs  |  Mei 28, 2009 om 7 : 41

    Bawahahhaa… Ek laaik die vrae, maar ek dink die persoon klink te kwaai wat die vrae vra!

  • 6. Adrie  |  Mei 28, 2009 om 8 : 27

    Olga
    😉 Jy het nie ‘n keuse nie.

    Nell

    Die “joernalis” het geweet “Adrie” kan nie wegloop of sue nie.

  • 7. Girl van die Suburbs  |  Mei 28, 2009 om 8 : 35

    Hmmm….Daai joernalis moet onder 4 oe aangespreek word!

  • 8. Adrie  |  Mei 28, 2009 om 8 : 45

    Sy laat haar nie intimideer nie.

  • 9. Adrie  |  Mei 28, 2009 om 8 : 51

    Sy sal baie graag met Tannie Zille ‘n onderhoud wil voer.

  • 10. Girl van die Suburbs  |  Mei 28, 2009 om 8 : 52

    Hoe was jou dag gewees?

  • 11. Adrie  |  Mei 28, 2009 om 8 : 56

    Baie besig.

    Ek het die heeldag baklei😆

  • 12. Tweelingkind  |  Mei 28, 2009 om 9 : 24

    😆 Met die posts wat passievol vir jou is en almal ignoreer…ken daai pyn! As ek passievol oor iets is verwag ek altyd almal moet so voel…hoekom nie????😆

  • 13. Adrie  |  Mei 28, 2009 om 9 : 33

    Welkom Gemini

    Wanneer jy ‘n tydjie kry, moet jy asb vir ons die Bly te kenne bladsy invul.

    Ek dink ek was vanmiddag net lus vir kerm gewees.

  • 14. Tweelingkind  |  Mei 28, 2009 om 9 : 38

    Skuus man, gaan nou dadelik die Bly te Kenne bladsy invul!

  • 15. Adrie  |  Mei 28, 2009 om 9 : 41

    Gemini

    Dit is darem nie ‘n verpligting nie. 😉 Dit help ons net om almal beter te leer ken.

  • 16. Tweelingkind  |  Mei 28, 2009 om 9 : 59

    Adrie, dit was nou interressant om almal se antwoorde te lees!

  • 17. Tweelingkind  |  Mei 28, 2009 om 10 : 02

    Baie goeie idee, hoor!

  • 18. Adrie  |  Mei 28, 2009 om 10 : 03

    Mens tel nogal verbasend baie van iemand op so. Ek is mal daaroor.

  • 19. Olga  |  Mei 28, 2009 om 10 : 09

    Waarmee het ek nie n keuse nie? ek wil my daatjie se kaalgat foto sien.

  • 20. Olga  |  Mei 28, 2009 om 10 : 10

    skelm. jy kan dit mail.of mms. maar toemaar bessie sal dalk jaloers word.

  • 21. Adrie  |  Mei 28, 2009 om 10 : 11

    Olga

    Jy sal maar moet wag. Ek kan dit beslis nie op die blog sit nie.

  • 22. Olga  |  Mei 28, 2009 om 10 : 11

    Wow, 7 rooflesers. en niemand kan skryf nie. hier is nie eers prentjies waarvoor hulle kan lag nie.

  • 23. Adrie  |  Mei 28, 2009 om 10 : 15

    Prentjies is Nats se werk.

    Nie myne nie.

  • 24. Olga  |  Mei 28, 2009 om 10 : 17

    Opera se kop raas. bitch.

  • 25. Olga  |  Mei 28, 2009 om 10 : 18

    Toemaar, ek sien jy is weer blond met die prentjies. nag.

  • 26. Adrie  |  Mei 28, 2009 om 10 : 19

    Olga

    Die postor is oppad. En nee, ek gaan nie al 100 foto’s so aanstuur nie.

  • 27. Olga  |  Mei 28, 2009 om 10 : 21

    Dankie, dis pragtig. leke slp.

  • 28. Adrie  |  Mei 28, 2009 om 10 : 24

    Dieselfde vir jou.

  • 29. Klip  |  Mei 28, 2009 om 11 : 35

    Goeie naand , almal in droomland

  • 30. Klip  |  Mei 28, 2009 om 11 : 39

    Dis my laaste nagskof , more nag kan ek darem sonder skoene slaap

  • 31. Wheelbarrow Jack  |  Mei 29, 2009 om 12 : 58

    Lunchbox was te vol ou klip. Jy snork nes babe. Of is dit omdat jou skoene druk?

  • 32. Klip  |  Mei 29, 2009 om 1 : 13

    WBJ , jy weet mos hoekom snork n man as hy op sy rug le😆

  • 33. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 7 : 18

    More

  • 34. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 7 : 49

    More maats – dis VRYDAG !!!!!

  • 35. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 7 : 50

    Nou gaan ek eers safety meeting toe – sien nou nou weer

  • 36. Olga  |  Mei 29, 2009 om 8 : 09

    more, more.

  • 37. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 8 : 21

    Terug

  • 38. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 8 : 34

    ek weet nie eintlik hoekom nie want hier gaan niks aan nie

  • 39. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 8 : 35

    Hier is ek ook. Ek moes eers ‘n paar mense met ‘n lepel gaan voer het.

  • 40. Olga  |  Mei 29, 2009 om 8 : 41

    Tillaki, jy moenhe kla nie. jy laat dan niks aangaan nie. vat jou lepel, dan roer jy als om en siedaar, daar gaan iets aan. die koerant is laat vmore. seke omdat die lepel elders geroer het.

  • 41. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 8 : 44

    Wat was op daai lepel ?

  • 42. Olga  |  Mei 29, 2009 om 8 : 46

    En die agies loer. maar niemand se n woord nie. daar is boekuitreksel in die hg van natasha sutherland. titel? so eensaam in my huwelik

  • 43. Beeld  |  Mei 29, 2009 om 8 : 46

    Carryn-Ann Nel

    Kaapstad. – Marius van der Westhuizen, ’n voormalige superintendent in die polisie, is gister skuldig bevind aan die moorde op sy drie kinders, wat hy byna drie jaar gelede in hul bedjies doodgeskiet het.

    Die oomblik toe regter Willem Louw in die Wes-Kaapse hooggeregshof sy slotsom gelewer het, het Van der Westhuizen se vrou, Charlotte (’n polisiekaptein van Kuilsrivier-polisiekantoor), saggies begin huil, omgedraai en strak na haar man in die beskuldigdebank agter in die hof gekyk.

    Hy het egter sonder enige emosie uit die beskuldigdebank opgestaan en slegs sy kop in die rigting van die regter geknik.

    Van der Westhuizen het sy kinders – Bianca (Sussie), Marius jr. (Boetie) en Antoinette (Nettie Bettie) – op 28 Julie 2006 geskiet nadat hy en sy vrou vroeër die aand gestry het.

    Hy het haar gedwing om tussen hom en haar werk te kies.

    Nadat sy vir hom gesê het dit is nie ’n kwessie van kies nie, het hy vir haar gesê: “Jy het jou keuse gemaak en sal die gevolge dra.”

    Hy het daarna die kinders elk in die regterslaap geskiet terwyl hulle geslaap het.

    Sy verweer was dat hy ten tyde van die voorval aan geestesongesteldhede, naamlik major depressiewe versteuring van ’n ernstige graad, algemene angsversteuring en post-traumatiese stresversteuring, gely het as gevolg van sy polisiewerk.

    Louw het gister bevind selfs al kón Van der Westhuizen die verkeerdheid van sy dade besef, was hy aan verskeie stresfaktore blootgestel wat hom minder toerekenbaar gemaak het.

    Verder het die hof bevind sy optrede dui nié daarop dat dit beplan was nie.

    Die staat kon ook nie bewys die misdrywe is vooraf beplan of met voorafbedagte rade gepleeg nie.

    Hy het wel bevind dat al die faktore – Van der Westhuizen se depressie, werkstres, huwelikswanfunksie, blootstelling aan traumatiese gebeure en drankgebruik – daartoe bygedra het dat hy verminderd toerekenbaar was.

    Louw het egter die argument van die verdediging dat Van der Westhuizen aan strafbare manslag skuldig bevind moet word, verwerp.

    “Daar word eenparig beslis dat die beskuldigde skuldig bevind word aan die moorde op sy drie kinders, soos aangekla,” het Louw sy uitspraak afgesluit.

    Ná die uitspraak het Van der Westhuizen se regspan om uitstel gevra vir ’n voorvonnisverslag sowel as ’n verslag van ’n korrektiewe toesigbeampte.

    Louw het beslis dat Van der Westhuizen se borgtog verleng mag word, onder sekere strenger voorwaardes.

    Louw het gesê hy kan nie nou al ’n vonnis van korrektiewe toesig uitsluit nie, sonder dat daar nog nie enige getuienis aangehoor is nie.

  • 44. Olga  |  Mei 29, 2009 om 8 : 47

    Seker jem. jy ken mos die boskjend.

  • 45. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 8 : 47

    Steve kan nogsteeds maar enigetyd sy slippertjies onder my bedjie inskop !

  • 46. Beeld  |  Mei 29, 2009 om 8 : 48

    Carina van Wyk

    Die nasionale loteryraad is besig met ’n ondersoek om te bepaal of MTN se nuwe SMS-kompetisie ter viering van sy 15de verjaardag ’n lotery is.

    As dit wel so is, is die kompetisie onwettig.

    Om pryse te wen, moet ’n mens algemene kennis-vrae beantwoord. Hoe meer vrae jy reg beantwoord, hoe meer punte kry jy en hoe meer punte word aan jou belowe om die volgende vraag te beantwoord. Elke SMS kos R7,50.

    Volgens mnr. Sershan Naidoo, woordvoerder van die loteryraad, is enige kompetisie waar mense op grond van geluk of lot iets wen, ’n lotery. Sekere loterye, soos om ’n produk te bemark of om geld vir liefdadigheid in te samel, is wettig mits dit aan sekere regulasies voldoen. Naidoo het gesê verskeie mense het die raad oor dié kompetisie gekontak.

    Die raad gaan nou by MTN uitvind wat die reëls van die kompetisie is en hoe die wenner bepaal word om vas te stel of dit ’n lotery is.

    Volgens me. Bridget Bhengu, MTN-woordvoerder, voldoen die kompetisie aan die vereistes van loterywetgewing. MTN stuur ná elke 100 SMS’e (dus R750 se SMS’e) ’n waarskuwing aan die verbruiker en ’n maksimum van 500 SMS’e per dag word toegelaat. “Ons moedig kliënte wat aan die kompetisie deelneem aan om verantwoordelik te wees om hoë selfoonrekeninge te voorkom.”

    Volgens MTN toets die kompetisie deelnemers se kennis.

  • 47. Beeld  |  Mei 29, 2009 om 8 : 51

    Die lyk van ’n Vereenigingse huiswerker is gisteroggend op haar werkgewer se bed gekry

    Dié 45-jarige vrou is omstreeks 10:00 deur ’n ander huiswerker in Bed?worthpark gekry.

    Sy is met ’n skerp voorwerp in die wangbeen gesteek en haar keel is afgesny, het konst. Makgauta Serathi, polisiewoordvoerder, gesê.

    Dit is onduidelik wanneer die vrou vermoor is, maar die polisie vermoed dit was net ’n paar uur voordat sy gekry is.

    ’n Onbekende bedrag geld is deur vermeende rowers uit die kluis gevat, het Serathi gesê.

    Die vrou het gewerk by ’n gastehuis op die perseel waar sy gevind is.

    Die twee gaste in die gastehuis en die eienaar was nie tydens die voorval daar nie.

    Niemand is nog in hegtenis geneem nie. – Sapa en Retha Grobbelaar

  • 48. Beeld  |  Mei 29, 2009 om 8 : 52

    Corné van Zyl

    ’n Vrou wat haar ma (70) blou geverf het en ’n man in ’n deurtrekker hoor vandag of dié manewales vir hulle ’n sitplek môre op Loftus Versfeld verseker het.

    Mnr. Henco Barnard, met net blou verf, ’n deurtrekker, sokkies en ’n Blou Bul-vlag-mantel aan, het gister by die Fonteinesirkel in Pretoria om ’n sitplek vir die Super14-eindstryd meegeding.

    “Die mans én vroue fluit vir my,” het hy laggend gesê.

    Barnard is een van vier finaliste in die radiostasie Jacaranda 94.2 se kompetisie om te bepaal hoe ver luisteraars sal gaan om eindstrydkaartjies te kry.

    Me. Jenna Botha het mev. Corrie Raley, haar ma, blou geverf en haar op ’n straathoek by Menlyn op maat van die Blou Bul-lied laat dans.

    Me. Chantelle Coetzee het haar man gister om ’n egskeiding gevra en haar werk bedank om te wys hoe desperaat sy is.

    Mnr. Johan Möller het sy hele Uno met plakkers van die Blou Bulle bedek.

    Saam met die rugbykaartjies het dié vier ook ’n kans om R30 000 te wen, mits hulle teen vandag met hul manewales op ’n koerant se voorblad is.

  • 49. Olga  |  Mei 29, 2009 om 8 : 53

    Hoe kon louw nie toerekensvatbaar gewees het nie? hy, nes soveel ander voor hom en seker na hom ook, het met voorbedagte rade sy vuurwapen gevat, na sy kinders gestap, hulle dood geskiet om sy vrou te strad. mag sy gewete hom byt. mag sy gewete hom opvreet.

  • 50. Beeld  |  Mei 29, 2009 om 8 : 56

    Kaapstad. – “Elke persoon, instelling, publikasie, webwerf en/of blogger wat vals aantygings teen my gefabriseer en/of gepubliseer en my naam geskend het, gaan in die nabye toekoms tot verantwoording geroep word.”

    So het die Afrikaanse sanger Jurie Els gister uit Nieu-Seeland per e-pos aan Beeld laat weet nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof bevind het hy mag appelleer teen ’n vroeëre uitspraak dat Huisgenoot se redakteur, Esmaré Weideman, nie aan min?agting van die hof skuldig is nie.

    Dit kom ’n dag nadat regter Daniel Dlodlo bevind het daar is ’n moontlikheid dat ’n ander hof tot ’n ander bevinding kan kom as sy uitspraak in Maart.

    Dlodlo het tóé beslis Weideman het nie die hof geminag nie toe Huisgenoot in Februarie verlede jaar ’n artikel geplaas het waarin die sanger Robbie Klay “ ’n Afrikaanse sanger” van sek?suele molestering beskuldig het.

    Els het op 13 Februarie verlede jaar ’n tydelike interdik in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg teen die publikasie van die artikel gekry.

    Huisgenoot het wel ’n gesensureerde weergawe van die artikel gepubliseer.

    Els het hom toe tot die Wes-Kaapse hooggeregshof gewend weens die tydskrif se beweerde min?agting van die hof.

    Dlodlo het destyds beslis Els moes sy aansoek by die Suid-Gautengse hooggeregshof ingedien het. Verder het Dlodlo bevind Els het nie bo redelike twyfel bewys dat Weideman die opset gehad het om die bevel te minag nie.

    Woensdag het Dlodlo egter bevind Els mag wel appelleer teen sy uitspraak.

    Els het gesê hy en sy regspan is tevrede met die uitspraak. “Ons sien optimisties uit na die appèlsaak.”

    Die Burger, susterkoerant van Beeld, het verlede jaar berig oor minstens twee sosiale webwerwe wat prontuit vinger gewys het na ’n bekende wat Klay na bewering gemolesteer het. – Carryn-Ann Nel

  • 51. Olga  |  Mei 29, 2009 om 8 : 59

    Hoekom haar ma blou verf en nie haarself nie? slaggat.

  • 52. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 8 : 59

    Daardie vrou wat haar werk bedank het en haar man wil skei – ek weet nie. Dit is nie my idee van ‘n grap nie.

  • 53. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 01

    Olga

    Dit is seker makliker om jouself blou te verf as jou ma.

  • 54. Olga  |  Mei 29, 2009 om 9 : 03

    Skielik raak ou jurie nou rammetjie ne. of is dit nou bulletjie? hy het ook seker n spesifieke son gelees.

  • 55. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 9 : 06

    Ek sal eerder vir die ou met die g-string stem

  • 56. Olga  |  Mei 29, 2009 om 9 : 06

    En wanneer sy die kaartjies wen, dan is egskeidingsdrang verby en baas gee die werk terug. n hele ag sjym.

  • 57. Olga  |  Mei 29, 2009 om 9 : 10

    Die algemene kennis vraag in mtn se kompetisie is nou n nuutjie. dit was nie vroeer so nie. ek het nou ongelukkig die sms en video clip wat hulle al gestuur het delete. met die video clip, het jy die opdrag gekry “sender requested notification . . .” seker teen r7.50 n notification. ek moet bedinges in my linkeroor wees.

  • 58. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 14

    Olga

    Dalk. Maar as ek haar baas was, het ek haar gepos. As ek haar man was, ook.

  • 59. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 9 : 16

    ‘n Man en sy vrou word wakker gemaak 3:00 uur in die oggend deur ‘n harde Geklop aan die deur.

    Die man staan op en gaan maak die deur oop waar ‘n dronkie in die gietende reen staan.

    Die ou dronkie se hy het iemand nodig om hom te help stoot.

    “Dit sal die dag wees,daar is nie ‘n manier nie.” Se die man.

    “Dit is drie uur in die oggend.” En hy slaan die deur toe en gaan
    terug bed toe.

    “Wie was dit?” vra sy vrou.

    “Net ‘n vreeslike dronk man wat iemand soek om hom te help stoot.” antwoord hy.

    “Het jy hom gehelp?” vra sy.

    “Nee, dit is drie uur, en dit sous daar buite!”

    Wel jy het ‘n baie kort geheue,” se sy…

    “Onthou jy drie maande terug toe ons kar gebreek het en daai twee ouens ons Gehelp het ?

    Ek dink jy moet hierdie ou ook help en jy behoort jou te skaam.”

    Die man besef sy vrou is seker reg en trek toe maar aan.

    Hy gaan uit in die gietende reen en roep uit,

    “Hallo, is jy nog daar?”

    “Ja.” kom die antwoord terug.

    “Het jy nog iemand nodig om jou te stoot?” vra hy.

    “Ja, asseblief.” Kom die antwoord uit die donkerte.

    “Waar is jy?” vra die man.

    “Hier op die swing.” antwoord die dronkie.

  • 60. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 9 : 17

    Dis common !

  • 61. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 9 : 18

    Ek sou ook eerder vir daai vrou van gister gegaan het wat bereid was om haar troue uit te stel – maar die skei ding – not well (of dalk soek sy lankal ‘n rede om van haar man te skei ?)

  • 62. Nats  |  Mei 29, 2009 om 9 : 25

    Hello julle!!

    Dis Vrydag, so ek is weer lekker besig! Van alle dae moet dit mos Vrdyae wees! Grr!! En ek moet maandeinde doen… hou asb vir my duim vas!

    Topic😆
    Lekker lees stof so op ‘n Vrydag! I like it!!

  • 63. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 25

    Tilla

    Die beste van alles is dat hulle more hulle gatte gaan afvries.

  • 64. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 9 : 31

    Ek het gehoor dit gaan so koud word – ek sal maar in die sitkamer opgekrul onder ‘n kombersie die game sit en kyk !

  • 65. Ogies  |  Mei 29, 2009 om 9 : 36

    Dankie vir die onderhoud. Het dit geniet.

  • 66. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 40

    Hi Ogies

    Ek hoop nie julle verklein die naweek nie.

  • 67. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 41

    Ek gaan eerder met ‘n boek of ‘n DVD opkrul.

    Ek sal wel hoor wie het gewen.

  • 68. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 9 : 49

    Damn!!!

    Netnou dink Ogies ek beledig haar.

    Ek hoop nie julle verkluim nie.

  • 69. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 14

    Wanneer begin die curriecup?

    Gaan ons die jaar ‘n ietsie wed?

  • 70. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 18

    Ek bedoel nou tot voordeel van ons volgende Rose Projek.

  • 71. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 18

    Dalk moet ek my onderhoud verder voer.

  • 72. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 20

    Dalk moet ek al die ander mense interview💡

  • 73. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 20

    Was jy al ooit in ‘n fisiese geveg betrokke?

    Nee. Nog elke keer wat ek met iemand handgemeen geraak het was dit in ‘n beheerde omgewing.

  • 74. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 21

    Boring onderwerp.

  • 75. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 10 : 23

    Binnekort – en nee – ek doen nie weddenskappe nie – ek sal eerder donate !

  • 76. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 23

    Dalk moet ek met al die ander mense ‘n onderhoud voer. 💡

  • 77. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 24

    WordPress se kop is goed deur mekaar.

  • 78. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 10 : 24

    Ons gaan nou nou braai (en hopelik gaan ek kort daarna huistoe)

  • 79. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 10 : 25

    Dit lyk eerder of jou kop deurmekaar is – interview en onderhoud is so dieselfde ding !

  • 80. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 10 : 27

    Ek wil my nuuf wasmasjien gaan testdrive

  • 81. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 29

    Kloon

    Ek se wed, maar jy gaan nie ‘n sent maak daarmee nie. Wat ek ingedagte het is dat jy Rx wed dat jou span gaan wen. As jy reg is, hou jy jou geld. As jy verkeerd is, skenk jy dit.

  • 82. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 30

    Tilla

    My interview comment het verdwyn en toe verskyn dit voor comments wat lank voor dit gemaak is.

  • 83. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 10 : 33

    Ha ha – ek dink daar kan dalk ‘n ou met blou geslaande oë daar in Witbank iewers rondloop – hoekom ?
    Dis hoekom ! So gaan koop die engelsman toe nou eventually na maande se gespaar gister my wasmasjien en ook op special is toe nou doeke vir TL en ons koop sommer 3 pakke en ‘n tou om die wasmasjien vas te maak agter op ouboet se bakkie, by die wasmasjien se koop is ‘n R100 Omo voucher, om dit te kry moet jy ‘n copy maak van die till slip en ‘n vormpie invul en vir die peoples pos, nou kyk, dis nie aldag wat ‘n ding verniet is nie en ek kan maklik 2 maande en langer uitkom met daai R100 se Omo en ek sit toe nou die bal aan die rol en doen wat gedoen moet word, so sal ek toe nou sien dat ons en iemand anders se slips omgeruil is, nou my man kan nog verduidelik van ‘n larney ironing board, maar hoe gaan daai ou aan sy vrou verduidelik van 3 pakke babadoeke ?

  • 84. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 35

    Hie Hie Hie

    Gelukkig het jy nie onderklere gekoop nie. Dit sou eers gesukkel het.

  • 85. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 10 : 38

    Ja dit kon nogal ‘n geneuk afgegee het

  • 86. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 41

    Hy kan dalk sy vrou oortuig daar was ‘n vrou buite GAME wat dringend doeke gekort het.

  • 87. Olga  |  Mei 29, 2009 om 10 : 52

    Jy kry r100 omo bewys by aankoop van jov wasmasjien tilla. dit maak sin. hoe kom die doeke slip toe daarvoor in aanmerking? of lees k verkeerd? wa my blerrie bril?

  • 88. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 54

    Olga

    Tensy ek soos my as lees, het die Engelsman die doeke saam met die wasmasjien gekoop.

    Ek wonder hoe het die ander man die wasmasjien verduidelik. For that matter, ek hoop nie jou wasmasjien weet die strokie is weg nie.

  • 89. Olga  |  Mei 29, 2009 om 10 : 54

    Of is jou wasmasjien se slip saam met die doekeslip daarmee heen? kwitansie weg, waarborg weg ne. dis game.

  • 90. Olga  |  Mei 29, 2009 om 10 : 56

    Maar hne het jy die wasmasjien by die winkel uitgekry sonder die slip?

  • 91. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 10 : 57

    Sou jy daarvoor geval het as jy daai vrou was ?

  • 92. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 10 : 58

    Wys net hoe lees die sekuriteitsouens die slips. Maar slips wil hulle slips sien.

  • 93. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 11 : 00

    Ek vermoed die twee manne met hulle shopping is min of meer gelyk by die deure uit – hulle kyk mos na die slippies by die deur – en ek vermoed hulle het dit daar per ongeluk omgeruil – dit was darem altwee presies dieselfde wasmasjiene. Ek het die slip van die ander ou op en die waarborg is mos op hom, so dis seker maar okay, ek sal net daai verkoopsdame bel en hoor of dit ‘n probleem sal wees

  • 94. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 11 : 01

    Tilla

    Ek is nogal redelik logies as dit my die dag pas. Ek sou geval het dat die kwitansies omgeruil was. Dit is maklik genoeg om te kan sien of hy vir ‘n wasmasjien betaal het.

  • 95. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 11 : 02

    Presies ! Hulle kyk mos hoeveel items op ‘n slip is en hoeveel jy in jou sakke het en die ou het 2 items gehad en ons 5 – die wasmasjiene het hulle agter gaan oplaai seker met die slip wat op staan wasmasjien en dis dit, ons het kontant betaal en die ander ou met ‘n kaart

  • 96. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 11 : 03

    O heng, dus het altwee dieselfde wasmasjien gekoop?

  • 97. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 11 : 04

    Dis nie waarvan ek praat nie – sou jy vir die behoeftige vrou met die doeke storie geval het ?

    Dis ook die enigste logiese verklaring wat ek toe kon kry, dis omgeruil by die deur !

  • 98. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 11 : 05

    Jip – exaclty dieselfde

  • 99. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 11 : 05

    Met ‘n kaart? Dan is dit nog makliker om vir vroulief te verduidelik.

    Ek dink sy ogies is veilig.

  • 100. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 11 : 07

    Tilla

    Hang af van die tipe man. Ek het vriende wat so iets sal doen.

  • 101. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 11 : 08

    Wat – die wat uitdeel of die wat bedel

  • 102. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 11 : 08

    Olga

    Sal jy vir die verskoning van iemand wat doeke gekort het kan val?

  • 103. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 11 : 09

    Snaaks genoeg was daar geen ander papierwerk by die slippie nie

  • 104. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 11 : 09

    Tilla🙄

    Vriende wat hulle onderbroeke sal uittrek as iemand anders dit nodig het.

    Mense bedel orals deesdae.

  • 105. Olga  |  Mei 29, 2009 om 11 : 10

    Sjoe. amper worry ek vir jou tilla.

  • 106. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 11 : 13

    Weet jy, as ek sou moes bedel vir doeke sou ek gebedel het vir gewone doeke – nie disposables nie

  • 107. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 11 : 17

    😉

    Tilla, maar dan moet jy bedel vir seep ook.

  • 108. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 11 : 20

    Collect by al die huis in jou omgewing die stukkies seep wat klaar gebruik is en net weggegooi gaan word of bedel net vir 1 koekie sunlight seep – jy sal ten minste ‘n maand lank daai doeke kan was – nogsteeds baie goedkoper as weggooidoeke (ons is net bederf)

  • 109. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 11 : 22

    Tilla

    Dit is nou wat ons sal doen wat effens logies is. Maar jy ken nou al ‘n paar mense se mentaliteit.

  • 110. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 11 : 24

    Ek het met plig net gewone doeke gebruik en met terror aan die begin tot die dagmoeder al haar doeke weggegooi het en toe gaan ek oor op weggooidoeke, die naaste wat TL aan ‘n gewone doek kom is om dit as spoegdoek of doedoedoek te gebruik

  • 111. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 11 : 24

    Ja also true – daai tipe mense dink die lewe skuld hulle iets

  • 112. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 11 : 26

    As ek al aan so ‘n paar babatjies geruik het, het ek al oorweeg om sommer uit die goedheid van my hart te gaan doeke koop.

    Siesa

  • 113. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 11 : 30

    Ek kan dit veral nie hanteer as ‘n baba na kots ruik nie. Hulle is veronderstel om na babas te ruik.

  • 114. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 11 : 32

    Ek kan darem met ‘n rein gewete se^ dat ek nie oor Jurie geblog het nie.

  • 115. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 11 : 36

    Ek het altyd in die doeksak en in die kar botteltjies of daai klein pakkies koeksoda gehad, dit neutraliseer enige reuke en dan babapoeier, maar ook net tot ek by die naaste plek kan stop en die kind gaan bad of iets – daar is niks wat so lekker soos ‘n baba ruik nie en ook niks wat soos ‘n baba stink nie !

    Ek gebruik net Pigeon se shampoo vir TL, die ander ruik lekker net na jy dit gebruik het maar die volgende oggend ruik dit na stof, die Pigeon sn is die enigste wat skoon ruik

  • 116. Olga  |  Mei 29, 2009 om 11 : 51

    Ja, ek sou daarvoor geval het. dit is presies die tipe ding wat homer sal doen. ek stem nie met jou saam oor die ander sepe en sjampoes nie, tilla. ek het net johnsons gebruik. en mense wil hulle kimders opsluit laat weggooi doeke dra, dan gebruil hulle 2 of 3 per 24 uur. tilla, ek praat nie van jou nie. daar is die uitsonderings. maar meestal krummel dari doek en die arme ou babatjie ruik verskriklik sleg.

  • 117. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 11 : 57

    Nou waar het ek nou weer my lepel gebêre ?

  • 118. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 12 : 12

    Olga – help ! Ek kry nie my lepel nie !

  • 119. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 12 : 20

    Wil jy my jogurt steel, met die wat jy so na ‘n lepel soek.

  • 120. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 12 : 42

    Olga het iets gesê van ek moet ‘n lepel kry

    Nou is my magie vol – ek wil nou doedoe

  • 121. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 12 : 45

    Hoe laat dros jy vandag?

  • 122. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 12 : 51

    Hopelik sommer vroeg-vroeg !

  • 123. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 12 : 54

    So jy hoop die baas werk nie laat nie?

  • 124. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 12 : 56

    Hopelik wil sy ogies ook toegaan omdat sy magie vol is !

  • 125. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 1 : 02

    Ek wil nog my wasmasjien gaan toets en ek moet nog pak

  • 126. Adrie  |  Mei 29, 2009 om 1 : 02

    So julle het weer gebraai.

  • 127. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 1 : 14

    Jip

  • 128. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 1 : 21

    Wat gaan jy die naweek doen ?

  • 129. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 1 : 35

    Lonely – I am so lonely !

  • 130. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 1 : 54

    Maaikies – koewieeeee !

  • 131. *Mathilda*  |  Mei 29, 2009 om 3 : 41

    Ok nou maar tatta hoor – sien julle wanneer ek julle sien – lekker naweek

  • 132. beenkop  |  Mei 30, 2009 om 12 : 14

    adrie…ek wil bietjie met jou praat.

  • 133. Adrie  |  Mei 30, 2009 om 8 : 33

    Beenkop

    Praat.

  • 134. beenkop  |  Junie 18, 2009 om 4 : 13

    wou geweet het.. watse werk doen jy?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: