Dit is lekker om te ly

Mei 26, 2009 at 5 : 38 153 Kommentaar

Swaarkry weens omstandighede is een ding.  Swaarkry weens stupidgeid kan nog gaan.  Maar daar is geen verskoning vir swaarkry uit keuse nie.  Daar behoort ook geen simpatie of hulp daarvoor te wees nie.  Die mense wil graag jammer gekry word, hulle teer op die goedhartigheid van gewone mense, daarom sal hulle altyd verseker dat hulle krepeer.

Mens kry byvoorbeeld diegene wat altyd werkloos bly.  Dit is makliker om bakhand te staan vir ander se gawes as om jou hande uit jou mou te steek.  Dit is nooit hulle skuld dat hulle nie werk nie.  Die baas het hom onregverdig behandel of ontslaan.  Sy gesondheid sou nie gehou het nie of hy is beseer.  Die werksure is onmenslik en hy sloof hom nie af vir R1500 ‘n maand nie.  Glo my, ek wil ook nie werk vir R1500 ‘n maand nie, maar dit is 10 keer beter as R0 ‘n maand.  Hoekom nog teel vir volk en vaderland as jy weet jy kan die mond nie voer nie.  Is daardie paar rand van die staat vir die eerste 6 jaar, regtig die moeite werd?

Daar is die tipe wat altyd huiwer op die randjie van die dood of ellende.  Van hulle sit net erg aan om almal te oortuig dat hulle dae getel is.  Hardloop van die een dokter na die ander, sonder dat iemand hulle ooit kan diagnoseer.  Sluk enige pil en ondergaan enige operasie, net sodat hulle lyding verleng kan word. 

Daar is weer ander wat behandeling weier.  Hulle los die pille wat ‘n psigiater aan hulle voorgeskryf het om die lewens van almal om hulle te versuur.  Hulle weier operasies, glo omdat hulle bang is vir ‘n skapel of om op die tafel te sterf.  Ongeag of die operasie wel is wat hulle benodig om ‘n beter kwaliteit lewe te gee.  As ‘n voorgeskrewe behandeling nie agter hulle aandraf nie, gaan hulle nie daarvoor nie.  Doodgaan is minder moeite as om te bly lewe.  Hulle gaan nie die kastaiings uit die vuur krap wat hulle dood veroorsaak nie.

Om jou onafhanklikheid te verloor is dikwels mense se grootste vrees.  Ander gebruik dit weer om mense gevange te hou.  Ek praat nou byvoorbeeld van die vrou wat niks finansiël kan doen nie, want dit is ‘n man se werk.  Sy kan nie sonder hom lewe nie, want dan sal sy vergaan.  ‘n Man wat te vet raak om homself te versorg en sy vrou kan hom nie in ander se genade los nie. 

Die laaste groep wat ek gaan bespreek grens aan misdaad.  Dit is mense wat ander toelaat om sukkelaars te word.  Sussie kom by die huis en huil dat die onnies op haar pik.  In plaas dat Pappa die onnies in die bek gaan ruk of vir Sussie vertel om ruggraat te kry, word sy uit die skool uit gehaal.  Sy sit by die huis tot sy ‘n man met ‘n slapriem kan vang en word een van die bogenoemde voorbeelde.

Moet my nie verkeerd verstaan nie.  Daar is mense wat nie kan help vir die situasie waarin hulle bevind nie.  Ongelukkig word hulle hulp te veel deur ruggraatlose patete gesteel wat nie hulleself wil help nie.

Blogvraag:  Wat word die toestand genoem waaraan ‘n ma ly wat haar kinders beseer of siek maak om aandag te kry?

Blogantwoord:  Olga was reg met Marthinus Wessel Pretorius na sy pa, Andries.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Middestad? Etenstyd

153 Kommentaar Add your own

  • 1. Salome  |  Mei 27, 2009 om 6 : 04

    Adrie
    Dan dink ek moet ek maar die fudge makery vir Olga los. Iemand moet darem iets beter as ek kan doen

  • 2. Salome  |  Mei 27, 2009 om 6 : 05

    Yipeeee, ek WAS eerste

  • 3. Adrie  |  Mei 27, 2009 om 6 : 07

    Saloom

    Ou blog. Daar is ‘n nuwer blog.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: