Middestad?

Mei 25, 2009 at 5 : 56 83 Kommentaar

Ek noem nou die dag aan iemand dat ek oppad is stad toe.  Bedoelende Pretoria Middestad toe.  Net so terloops op ‘n terloopse vraag waarheen ek oppad is.  Die persoon se reaksie was skrikwekkend.  Ek kon netsowel gesê het ek is oppad om ‘n afspraak met die laksman na te kom.  Die persoon was vasoortuig dat ek nie die son die aand sou sien sak nie.

Die meeste mense vrees die middestad soos die duiwel ‘n slypsteen.  Volgens hulle kan ‘n mens nie daar in of uit sonder om gekaap, beroof, verkrag, vermoor of al 4 te same nie.  Ek kom dikwels in die middestad, dus praat ek van my eie ervaring.  Nou wel nie daagliks of selfs weekliks nie, maar genoeg om sonder ‘n kaart oor die weg te kom en te weet waar die beste parkering is.  Dit is nie die misdaadmekka soos wat ons graag sal wil glo nie.

Ek is die eerste een om te erken dat die middestad nie ‘n piekniek is nie.  Jy het hare op jou tande nodig om daar te bestuur.  Die strate is nou en dubbel parkering is aan die orde van die dag.  Sorg maar dat jy in die middelbaan bly.  Verder is daar taxi’s wat kan indruk waar ‘n muis nie sou waag nie.  Die karnarre rook jou in helder daglig.  Die standaard proses is R10 vir die meter, R20 vir kos en nog R20 vir die oppas en die meter.  Jy kan egter jou voet by R10 (vir alles) neersit sonder om geintimideer of jou kar beskadig te kry.  Wat steeds ‘n lywige bedrag is.

Niemand dwing jou om met ‘n motor te gaan nie, daar is heelwat busse wat ook stad toe gaan.  Teen die fraksie van die prys waarvoor jy met jou kar ry.  Daarmee is die groot kopseer van die stad uitgesorteer.  Daar is baie voordele aan die stad verbonde.  Een van die groot hoogtepunte vir my is die geboue.  Veral die ouer geboue, ek kan nie ophou om die argitektuur te bewonder nie.  Juis omdat niemand dit in die stad wil waag nie, is dinge heelwat goedkoper.   Die meeste van Pretoria se aantrekkings is ook in die stad geleë.

Wat my gewoonlik die meeste van die stad opval is die hoeveelheid blanke ou mense wat sorgeloos hulle gang gaan.  As hulle dit kan doen, wat keer ons wat heelwat meer weerbaar is.  Mens kan seker redeneer dat hulle geen ander heenkome het nie en die omgewing gedweë aanvaar.  Daar is egter ook talle kinders, ek praat van gr1 – gr 3’s wat baie bedrewe met die verkeersligte en busse is.  Alle kleure en sonder toesig.

As hulle nie bang is nie, hoekom is ons?  Dalk omdat ons die vreemdelinge in die omgewing is?  Ek dink dat dit tyd is dat ons weer die middestad opsoek.  Dit is die hartklop van die stad, hoekom moet ons dit vermy?  Hoe meer goeie mense nie deur moontlike tsotsi’s geintimideer word nie, hoe veiliger sal dit vir almal wees.

Hoe voel julle?

Blogvraag:  Wie was die stigter van Pretoria?

Blogantwoord:  Idi Amin het in 1972 al’Gaddafi belowe om Uganda ‘n Islamitiese staat te maak.  Sover my kennis strek is Uganda steeds ‘n Katolieke land dus het Amin nie juis sy belofde gehou nie.  Olga was dus reg gewees.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Big Daddy Dit is lekker om te ly

83 Kommentaar Add your own

  • 1. olga  |  Mei 25, 2009 om 6 : 15

    eerste.

  • 2. olga  |  Mei 25, 2009 om 6 : 17

    Martinus wessel pretorius en sy pa

  • 3. olga  |  Mei 25, 2009 om 6 : 19

    Martinus wessel pretorius en sy pa, andries.

  • 4. olga  |  Mei 25, 2009 om 6 : 26

    ek teken formeel protes aan. gaan asb na 98 van die big daddy post en lees dit sorgvuldig deur.

  • 5. Adrie  |  Mei 25, 2009 om 6 : 33

    Skuus Olga, ek het daardie kommentaar gemis. Sal later regmaak, maar jy was reg.

    Amin was wel n moslem.

  • 6. WILLE KJINDQ  |  Mei 25, 2009 om 7 : 17

    Tweedeste!!!

  • 7. WILLE KJINDQ  |  Mei 25, 2009 om 7 : 26

    Ek vermy die stad maar voel nie minner veilig da nie. Ek hou net dood eenvoudig nie van ‘n klomp hoeligans wat die pad met my deel nie……. Punt

  • 8. Olga  |  Mei 25, 2009 om 8 : 47

    Dankie.

  • 9. Klip  |  Mei 25, 2009 om 8 : 56

    Goeie naand almal

    Hoop die styfgeit na die comrades voel al beter

  • 10. Klip  |  Mei 25, 2009 om 8 : 56

    Quote: I’ve often been asked, ‘What do you old folks do now that you’re retired?
    Well, I’m fortunate to have a chemical engineering background, and one of the things I enjoy most is turning beer, wine, vodka and margarita into
    urine.

  • 11. Girl van die Suburbs  |  Mei 25, 2009 om 10 : 28

    Klippie, ek twyfel of jy die Comerades gehol het… Ek het vasgenael gesit en kyk maar het jou nie gesien nie?

    Hi A3

    Ek wonder ook altyd… Hoekom is ons bang maar hulle is nie?! Jy moes gese het jy gaan Jhb middestad toe om te kyk watse reaksie jy dan uitlok.

  • 12. WILLE KJINDQ  |  Mei 26, 2009 om 5 : 36

    More more. Eks lekka laat vandag.

  • 13. Klip  |  Mei 26, 2009 om 6 : 08

    More almal.

    Nell , nee ek is net styf van al die gekykery .

    WK , ry net veilig werk toe

  • 14. Klip  |  Mei 26, 2009 om 6 : 12

    Little Johnny attended a horse auction with his father. He watched as his father moved from horse to horse, running his hands up and down the horse’s legs and rump, and chest. After a few minutes, Johnny asked, ‘Dad, why are you doing that?’ His father replied, ‘Because when I’m buying horses,I have to make sure that they are healthy and in good shape before I buy. Johnny, looking worried, said, ‘Dad, I think the UPS guy wants to buy Mom .’

  • 15. Klip  |  Mei 26, 2009 om 6 : 12

    Little Johnny watched, fascinated, as his mother smoothed cold cream on her face. ‘Why do you do that, mommy?’ he asked. ‘To make myself
    beautiful,’ said his mother, who then began removing the cream with a tissue. ‘What’s the matter?’ asked Little Johnny. ‘Giving up?’

  • 16. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 7 : 04

    More

    Nell, ek moes al goed in JHB se middestad doen. Gelukkig hoef ek die ondervinding nie te veel herhaal nie. Daar moet jy kophou soos n weeluis of jy eindig op plekke wat jy nie eers geweet het bestaan nie. Ek het nie juis onveilig gevoel daar nie.

  • 17. *Mathilda*  |  Mei 26, 2009 om 7 : 05

    More more

  • 18. *Mathilda*  |  Mei 26, 2009 om 7 : 42

    Ek doen nie stad nie – as ek regtig MOET gaan kry ek ‘n chauffeur

  • 19. olga  |  Mei 26, 2009 om 7 : 46

    More, more.

  • 20. olga  |  Mei 26, 2009 om 7 : 48

    Die stad is fassinerend.

  • 21. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 8 : 03

    Olga

    Vrees jy vir jou lewe in die stad?

  • 22. Beeld  |  Mei 26, 2009 om 8 : 13

    Daniëlla du Plooy

    Miljoene rande is deur die SAUK opsy gesit vir die verbetering van die gebou se voorportaal en die koop van luukse motors vir belangrike mense, terwyl werkers nie eens behoorlike uitsaaitoerusting het nie.

    Dit terwyl daar nie geld is vir die betaling van kontrakteurs en ’n ooreengekome salarisverhoging vir personeellede nie.

    ’n Jare lange senior werknemer van televisienuus het gister gesê daar is veral ongelukkigheid onder die personeel omdat daar “steeds reuse-bedrae geld bestee word op luukse motors en miljoene op die verbetering van die voorportaal”, terwyl noodsaaklike uitsaaitoerusting “in ’n swak toestand is en onklaar raak”.

    “Die dinge waaroor dit werklik moet gaan, word agterweë gelaat,” het hy gesê.

    In ’n verklaring wat gister deur die TV-bedryf-noodkoalisie (TVIEC) uitgestuur is, ondersoek hulle hul regsopsies.

    Hulle beplan betogingsoptogte op Donderdag 4 Junie in Johannesburg en Kaapstad en die gewilde program 7de laan het gesê van hul akteurs en produksiepersoneel gaan dalk deelneem.

    “Dit hang af hoe die kommunikasie met die SAUK in die komende week verloop,” het mnr. Colin Howard, lynbestuurder van 7de laan, gesê.

    Lede van die TVIEC wat sê hulle verteenwoordig sowat 80% van plaaslike TV-inhoud, eis onder meer agterstallige betaling en vra vir ’n nuwe, tydelike SAUK-bestuursgroep om vertroue in die openbare uitsaaier te herstel. “Daar is ’n moontlikheid dat ons uitsaaimateriaal van die SAUK sal weerhou,” lui hul verklaring.

    Dit kan beteken dat sekere radio- en televisieprogramme nie meer uitgesaai word soos beplan nie.

    Die TVIEC is gevorm na aanleiding van die SAUK se geldelike verknorsing en die gevolg daarvan op werknemers.

    Mnr. Johann van Rensburg, medevervaardiger van Noot vir noot en leier van die Musiekfabriek, het gister gesê hulle het “genadiglik” nog nie probleme met betaling ervaar nie.

    “Maar as ek so luister na wat aangaan, word ek maar stil in myself en nogal bekommerd. Ons glo maar dinge sal weer beter gaan.”

    Volgens me. Harriet Gavshon, besturende direkteur van Curious Pictures wat onder meer die plaaslike SABC3-drama The LAB vervaardig, was hulle nie so gelukkig nie. “Ons is nie betaal vir van die programme wat reeds uitgesaai is nie, maar moet steeds óns verskaffers vergoed.”

  • 23. Beeld  |  Mei 26, 2009 om 8 : 16

    Tom de Wet

    Welkom. – Die seuntjie wie se half ontbinde lykie Donderdag in ’n kleretas voor die bidkamer van die moskee in die stad gekry is, is wel aan onnatuurlike oorsake dood.

    Dr. H.B. Birma het in die lykskouing gister in Bloemfontein bevestig Ishmael Ludada (2) het weens beserings aan sy kop en bors gesterf.

    Die kind is op 4 Mei laas deur sy ma, mev. Veronica Ludada van Welkom, gesien toe sy en haar jongste kind Klerksdorp toe is.

    Toe sy ’n dag later na hul huis in Landdrosstraat in Welkom terugkeer, was die kinders se pa en die twee ouer kinders glo weg.

    Sy het ’n bebloede T-hemp in hul huis gekry.

    Die polisie soek na ’n Indiërman wat nou nog net as Amat bekend is om hulle in die ondersoek by te staan. Hy is die pa van Ludada se drie kinders, maar hulle was nie getroud nie.

    Hy is vermoedelik in Durban saam met hul oudste kind, Ibrahim.

    ’n Opsigter het Ishmael se lykie langs die asblik voor die bidkamer se deur by die moskee en skool in die woonbuurt Dagbreek gekry. Enigiemand wat die polisie in die ondersoek kan help, word gevra om insp. Jim Sekano te bel by 083 422 7013. – Tom de Wet

  • 24. Beeld  |  Mei 26, 2009 om 8 : 19

    Berlyn. – ’n Seëlversamelaar kan ’n netjiese wins maak nadat hy ’n seldsame seël ontdek het wat die aktrise Audrey Hepburn uitbeeld terwyl sy rook.

    Dit moes eintlik saam met miljoene ander verbrand gewees het.

    Die Duitse regering het in 2001 14 miljoen van dié seëls gedruk as deel van ’n reeks met rolprentsterre daarop. Charlie Chaplin, Marilyn Monroe en Greta Garbo het onder andere op die seëls gepryk.

    Hepburn se seun, mnr. Sean Ferrer, het egter kapsie teen die sigarethouer in sy ma se mond gemaak en geweier om kopiereg daarvoor toe te staan.

    Die ministerie van finansies het toe reeds kopieë van die seëls vir goedkeuring aan die Duitse posdiens voorgelê. Dertig van dié seëls het die vernietigingsproses ontkom toe ’n werknemer hulle gevat en gebruik het om briewe van Berlyn af te stuur.

    Die seël word vandag in Berlyn opgeveil en die minimum-prys is €30 000 (R347 000).

    Vier van die seëls het vantevore opgeduik. Die laaste een het €53 000 (R613 740) gehaal.

    Die res het volgens mnr. Andreas Schlegel, wat die jongste een gaan opveil, waarskynlik beland waar alle seëls opeindig – in die vullisblik.

    Ferrer het gesê hy hoop die versamelaar gebruik die opbrengs van die seël om kankernavorsing of veldtogte teen rook te help ondersteun. Sy ma is in 1993 weens kolonkanker dood.

    Die versamelaar, wat nie geïdentifiseer wil word nie, het gesê hy kan nie onthou waar hy dit gekry het nie. – Sapa-AP

  • 25. Beeld  |  Mei 26, 2009 om 8 : 22

    Twee Russiese toeriste wat Amerikaanse wetgewing wou uitdaag wat seks met ’n ystervark verbied, moes behandel word vir inflammasie van hul geslagsdele.

    Die mans, ene Anton (32) en Yevgeny (30), inwoners van St. Petersburg, was met vakansie in die VSA saam met ’n groep vriende, het eTurboNews berig.

    In ’n stadium het die twee ’n boekie waarin die vreemdste Amerikaanse wette gelys word, in die hande gekry.

    Omdat hulle hul toe in Florida bevind het, het ’n wet wat seks met ystervarke in dié staat verbied, hul aandag getrek.

    Ná ’n taamlike hoeveelheid whiskey was dié Russe nuuskierig oor wat aanleiding kon gegee het tot dié wet – en het na ’n ystervark gaan soek.

    Binne ’n uur het hulle ’n ystervark gekry. Anton en Yevgeny was dronk (en dapper) genoeg om die dier aan te durf.

    Die volgende oggend was albei van hulle by die Cedars Sinai-kliniek in Los Angeles, waar verstomde dokters ystervarkpenne uit hul penisse getrek het.

    Terug in Rusland, is die mans op uitgebreide behandeling geplaas vir die ontsteking wat die ystervarkpenne veroorsaak het.

  • 26. *Mathilda*  |  Mei 26, 2009 om 8 : 28

    Ek vrees nie vir my lewe nie maar vrees die traffic

  • 27. Beeld  |  Mei 26, 2009 om 8 : 31

    Dries Liebenberg

    Durban. – Minstens 44 Comrades-deelnemers is eergister tydens die wedloop in hospitale in Durban en Pietermaritzburg opgeneem.

    Uit die sowat 12 200 deelnemers wat Sondagoggend douvoordag voor Pietermaritzburg se stadsaal weggespring het, het sowat 10 000 die 89,17 km na Durban se Kingsmead-krieketstadion binne die toegelate 12 uur afgelê, het mnr. Craig Fry, woordvoerder van die Comrades-vereniging, gister gesê.

    Altesame 264 deelnemers, oftewel sowat 2%, is in die mediese tent by die eindpunt vir hoofsaaklik ontwatering behandel, het dr. Jeremy Boulter, hoof van die Comrades se mediese dienste, gesê.

    Navorsing oor die jare het getoon dat dit die gemiddelde persentasie van Comrades-deelnemers is wat behandeling benodig.

    Op die oog af lyk 264 na baie, maar ’n mens moet in ag neem dat die getal gevalle wat na die mediese tent gebring is, die laaste paar jaar ondergemiddeld was, het Boulter gesê.

    “Sondag was boonop ’n warm, bedompige dag.”

    Volgens die Weerdiens was die maksimumtemperatuur in Durban 26,5° C en die humiditeit 71%.

    Uit vyf deelnemers wat in die eerste helfte van die wedloop na die St. Anne-hospitaal in Pietermaritzburg gebring is, het een vermoedelik ’n hartaanval gehad. ’n Verdere 39 deelnemers is na die St. Augustine-hospitaal in Durban gebring, het Boulter gesê.

    Drie hardlopers wat stuipe gekry het, is in die hospitaal se hoësorgeenheid opgeneem. Die oorsaak van hul stuipe is nie bekend nie omdat hulle nie aan epilepsie ly nie, het Boulter gesê.

    Teen gistermiddag was daar nog net “een of twee deelnemers” in die hospitaal. Volgens Boulter het die meeste van die mense wat hospitaal toe geneem is, “net meer sorg nodig gehad as wat ons hulle in die mediese tent kon bied”.

    Nagenoeg 300 of 400 mense wat vir die Comrades ingeskryf het, het die wedloop misgeloop omdat drie vlugte van Kaapstad na Durban Vrydag gekanselleer of vertraag is, het Fry gesê.

    Die deelnemers het nie geweet dat hulle hul nommers vir die wedloop op die dag van Comrades kan afhaal nie.

    “Ons verkondig dit nie wyd en syd nie, want dit sal moeilik wees om groot getalle te help,” het Fry gesê.

  • 28. *Mathilda*  |  Mei 26, 2009 om 8 : 44

    Ek gaan gou ry – sien julle weer later

  • 29. Olga  |  Mei 26, 2009 om 8 : 52

    Nee, ek het nog nooit vir my lewe gevrees in die stad nie. nie eers midde in jozi nie. nes tilla, vrees ek net die verkeer. en verdwaal natuurlik. ek stem saam, ons moet die stede wat ons self weggegee het, terugneem.

  • 30. Nats  |  Mei 26, 2009 om 8 : 53

    Goeie more julle!!

    Ek was al in Pretoria middestad, en JHB. Moet sê ek voel meeronveilig in Jhb! Beongeluk daar op gedaag die een dag, en boonop nog amper Metro raak gery! Na dit het ek op ‘n stadium Mnr gaan aflaai by die werk, dit was toe glad nie so erg nie (al was dit peak traffic!)

    Toe ek baie jonk was het ek gereeld saam my pa na sy werk toe gegaan in Jhb – die SARS gebou was baie mooi, so oud met lang gange en donker kantore en uitgekapte perder ens. Baie mooi!

    Ek is natuurlik vir een of ander rede mal oor die ponte gebou – weet nie hoekom nie!

  • 31. Olga  |  Mei 26, 2009 om 8 : 54

    tillaki, voor jy ry, weet j iets van klip se vqiend se seun?

  • 32. Olga  |  Mei 26, 2009 om 8 : 54

    tillaki, voor jy ry, weet j iets van klip se vriend se seun?

  • 33. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 9 : 05

    Olga

    Ek gee toe, die verkeer is nag. Troos jou daaraan, ons strate is darem wyer as in die Kaap.

  • 34. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 9 : 08

    Ek gaan vandag ‘n ernstige meningsverskil met WP optel.

  • 35. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 9 : 14

    Dan gaan julle net moet koes om nie beseer te word nie.

  • 36. Olga  |  Mei 26, 2009 om 9 : 43

    F hulle op dis ook vol gorras met my foon.

  • 37. Olga  |  Mei 26, 2009 om 9 : 44

    En weet jy wat? al tvl se strate is nie breer as die kaapse strate nie.

  • 38. Nats  |  Mei 26, 2009 om 10 : 02

    @25😯

    Simple goed het gekry wat hulle verdien! Hoop die ystervarkie is ok!😦

  • 39. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 10 : 16

    Olga

    Ek praat nou spesifiek in die middestad. Maar noudat jy dit noem, daar was seker n teer tekort

  • 40. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 10 : 19

    Nats

    Ek stem saam. Serve them right!

  • 41. Nats  |  Mei 26, 2009 om 10 : 25

    😆 sorry klip😉

    Question: What is the difference between men and puppies?
    Answer: Puppies grow up.

    Question: Why do men always have a stupid look on their faces?
    Answer: Because they are…

    Question: What do men have in common with ceramic tiles?
    Answer: Fix them properly once and you can walk all over them
    forever.

    Question: If you drop a man and a brick out of a plane, which one
    would hit the ground first?
    Answer: Who cares?????

    Question: What did God say after he created man?
    Answer: I can do better than this! And then he created woman!!!.

    Question: What’s the difference between an intelligent man & a UFO?
    Answer: I don’t know, I’ve never seen either.

    Question: What are two reasons why men don’t mind their own business?
    Answer: i) no mind ii) no business

    Question: Why did Moses wander in the desert for 40 years?
    Answer:! Because even back then men wouldn’t ask for directions.

    Question: What is the difference between men and pigs?
    Answer: Pigs don’t turn into men when they drink…

    Question: What makes men chase women they have no intention of
    marrying?
    Answer: The same urge that makes dogs chase vehicles they have no
    intention of driving.

    Question: What do you do with a man who thinks he’s God’s gift?
    Answer: Exchange him!!

    Question: Why do men like smart women?
    Answer: Opposites attract.

  • 42. Nats  |  Mei 26, 2009 om 10 : 26

    Twee
    blondines staan in die stort.
    Blondine nr. 1 : “Leen my jou sjampoe, asb”.
    Blondine nr. 2 : “Gebruik jou eie sjampoe”.
    Blondine nr. 1 : “Ek kannie — op die houer staan “VIR DROËHARE”
    – en my hare is nou sopnat! ”

    Twee
    blondines ry fiets.
    Die een hou stil en begin die lug uit haar fiets se bande te laat.
    “Wat maak jy nou?”
    “My saal is te hoog! ”
    Die ander blondine begin haar fiets se hanvatsels en saal om te ruil.
    “En wat maak jy nou?”
    “Jy’s te onnosel — ek het besluit om terug te ry huis toe! ”

    Twee
    blondines staar na die volmaan.
    “Dink jy daar’s lewe op die maan?” vra die een..
    “Moet wees — daar skyn dan ‘n lig! ”

    ‘n Blondine wil haar
    ou kar verkoop, maar hy’t reeds 250 000 km afgelê …
    Sy vra toe raad by ‘n vriend.
    “As jy bereid is om iets onwettigs te doen, weet ek van ‘n ou wat jou
    kilometers sal terugdraai,” stel die vriend voor.
    Die blondine volg die raad — en laat die kilometers terugdraai na 50 000.
    ‘n Week of wat later loop sy weer haar vriend raak.
    “Het jy toe jou kar verkoop gekry?” vra die vriend..
    “Is jy mal? Met net 50 000 km hou ek hom liewer self! “

  • 43. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 10 : 31

    Whahahaha vir 42!

  • 44. Girl van die Suburbs  |  Mei 26, 2009 om 10 : 37

    Howdy there to the peoples on my screen!

  • 45. Wille Kjind Q  |  Mei 26, 2009 om 10 : 41

    Toets Toets Toets Freakin Toets

  • 46. Wille Kjind Q  |  Mei 26, 2009 om 10 : 42

    YIPPEEEEEE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 47. Nats  |  Mei 26, 2009 om 10 : 50

    Welkom Wille Q

  • 48. Girl van die Suburbs  |  Mei 26, 2009 om 10 : 53

    More nats en wk!

  • 49. Wille Kjind Q  |  Mei 26, 2009 om 10 : 54

    GGGRRR!!!!!!

  • 50. Wille Kjind Q  |  Mei 26, 2009 om 10 : 55

    Simpel simon

    Lo Nats & Nell

  • 51. Nats  |  Mei 26, 2009 om 10 : 58

    Allo Nell

  • 52. Wille Kjind Q  |  Mei 26, 2009 om 11 : 10

    Ek bepoep myself oorlat die piesie/WP so vas hak

  • 53. Wille Kjind Q  |  Mei 26, 2009 om 11 : 12

    En to crown it all is ek so hommer soos ‘n wolf

  • 54. Wille Kjind Q  |  Mei 26, 2009 om 11 : 13

    Haai wie djy! Ek gat nog by hierie deur uitrol soos ek Steers ryk maak en myself dik!

  • 55. Nats  |  Mei 26, 2009 om 11 : 15

    Wille Kind
    Ek wonder wat sit hulle in daai marinade? Want dit krimp my klere! Ek dink ons moet gaan toi toi!!

  • 56. Wille Kjind Q  |  Mei 26, 2009 om 11 : 23

    @ Nats

    Ek dog wragtag dis net MY klere wat krimp👿

  • 57. Nats  |  Mei 26, 2009 om 11 : 29

    Wille Q
    Hoekom dink jy sluit ek myself in die huis toe op Wacky Wednesdays? My klere bewe skoon as hulle Steers sien!

  • 58. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 11 : 30

    Dit is darem n ent om steers toe te loop. Jy verbrand darem 10 kJ verbrand.

  • 59. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 11 : 44

    Ai tog. Tik soos my gat.

  • 60. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 11 : 46

    Mens kan sien almal se cap vir die maand is weer opgebruik.

  • 61. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 12 : 09

    Sies

    Ek word geboikot.

  • 62. Wille Kjind Q  |  Mei 26, 2009 om 12 : 13

    @ Adriana

    Steers is 0.1kj se stap van my af!

  • 63. *Mathilda*  |  Mei 26, 2009 om 12 : 43

    Terug !

    Olga

    Ek het nie ‘n idee nie

  • 64. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 12 : 45

    Waarheen was jy, Kloon?

  • 65. *Mathilda*  |  Mei 26, 2009 om 12 : 47

    Vir Terror gaan skoollangbroeke kry want in ons dorp is daar niks

  • 66. Olga  |  Mei 26, 2009 om 12 : 50

    Dis warm by die huis, 13km verder in die dorp, en ek pp van die koue. het nie n trui saamgebring nie.

  • 67. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 12 : 51

    Tilla

    Duidelik het jy jou dink by die huis gelos. As jy later gegaan het, kon jy vroeg by die huis gewees het.

  • 68. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 12 : 52

    Dit is vandag by ons kouer as gister.

  • 69. *Mathilda*  |  Mei 26, 2009 om 12 : 56

    En ek het my fotos gaan haal – ek liberty nie vandag nie want ek wil Vrydag biki vroeër loop

  • 70. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 1 : 00

    Amper vra ek wat gebeur Vrydag. 😳

  • 71. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 1 : 15

    Hopenlik kan die mense Vrydag gesels. Nie dat ek veel hoop het nie.

  • 72. *Mathilda*  |  Mei 26, 2009 om 1 : 16

    Begin hulle nuwe caps Vrydag ?

  • 73. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 1 : 17

    Kloon

    Nee, eers volgende week. Die eerste.

  • 74. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 1 : 28

    Ek sien

    Ek tata nou, julle kan uit julle gate uit tuimel.

  • 75. Nats  |  Mei 26, 2009 om 1 : 44

    Hellooooos people!

  • 76. *Mathilda*  |  Mei 26, 2009 om 1 : 56

    Hallo Nats

    Kloon, wat is dan so special aan Vrydag dat hulle dan gaan begin gesels ?

  • 77. Olga  |  Mei 26, 2009 om 2 : 00

    Wil ek ook weet.

  • 78. *Mathilda*  |  Mei 26, 2009 om 2 : 23

    Kan iemand in kort vir my vertel of sê waar kan ek iets kry van feeste soos deur ons gehou en dieselfde tipe van fees deur ‘n ander land of kultuur, soos bv ons Kersfees en die Sjinese Kersfees of ons troues en ‘n Chinese troue, het nie nodig om spesifiek Sjinees te wees nie.

  • 79. *Mathilda*  |  Mei 26, 2009 om 2 : 47

    Toemaar – my maaikie Mieliestronk het my gehelp

  • 80. Nats  |  Mei 26, 2009 om 3 : 22

    Terug!

    Hello *M*

    Oulike grappie sopas gelees!

    Sick leave

    I urgently needed a few days off work, but I knew the Boss would not allow me to take leave… I thought that maybe if I acted ‘CRAZY’ then he would tell me to take a few days off.

    So I hung upside down on the ceiling and made funny noises. My co-worker (Sipho) asked me what I was doing. I told him that I was pretending to be a light bulb so that the Boss would think I was ‘CRAZY’ and give me a few days off.

    A few minutes later the Boss came into the office and asked ‘What are you doing?’ I told him I was a light bulb.

    He said, ‘You are clearly stressed out. Go home and recuperate for a couple of days.’ I jumped down and walked out of the office…

    When my co-worker (Sipho) followed me, the Boss asked him ‘…And where do you think you’re going?

    He said, ‘I’m going home too, I can’t work in the dark.’

  • 81. *Mathilda*  |  Mei 26, 2009 om 3 : 22

    Hier gaan niks aan nie

  • 82. *Mathilda*  |  Mei 26, 2009 om 3 : 47

    En nou gaan ek biki huistoe – sien julle later

  • 83. Olga  |  Mei 26, 2009 om 4 : 20

    Lmga nats. wonder of dit vir my ook gaan werk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: