Big Daddy

Mei 24, 2009 at 4 : 46 160 Kommentaar

Ek is die eerste een wat erken dat ek niks weet van Afrika geskiedenis nie.  Selfs as ‘n mens die stam en “antieke” geskiedenis uitlaat, is daar meer as genoeg interessanthede.  Alles is nog relatief nuut, ons leef in die tyd van geskiedenis.  Dink maar aan Muammar al-Gaddafi, Nelson Mandela en Robert Mugabe.  Die toekomste geslagte gaan daaroor kopkrap en filosofeer en ons BELEEF dit.

Die wêreld het ongelukkig nie net vir Hitler en Stalin as tiranne gehad nie.  Idi Amin Dada Oumee (1925 – 2003) van Uganda, kan hom nogal handaf in hulle geledere.  Idi Amin was ook bekend as Big Daddy, ek is nie seker hoekom nie.  Hy was fisies groot, 1.93 m, en was van 1951 – 1960 Uganda se ligte swaargewig boks kampioen en het ook aktief geswem en Rugby gespeel. 

Amin kan nie beskuldig word dat hy ‘n goeie storie met feite bederf nie.  Volgens hom het die Britte hom gedwing om in die tweede wêreld oorlog in Bruma te veg.  Hy het egter in 1946 regtig aangesluit, as ‘n assistent kok.  In 1952 het hy vir die Britte teen die Mau-Mau in Kenya baklei.  In 1959 het hy ‘n effendi, die rang wat Afrikane met potensiaal in die Britse leër kon kry, sonder dat hulle regtig enige mag gehad het.  In 1961 het hy die eerste man van Uganda wat ‘n luitenant geword het.  Duidelik het hy die guns van sy offisiere geniet.

In 1962 het hy sy troepe in die Turkana Massacre gelei, terwyl hy veronderstel was om veediefstal te probeer bekamp.  Die Britte het ondersoek ingestel en bevind dat mense gemartel en selfs lewendig begrawe was, maar het nie opgetree nie.  Uganda was oppad om onafhanklik te word en dit kon verhoudinge versuur het. 

Die eerste minister van Uganda, Milton Obote, en Amin is van goud smokkelary verdink.  Dit was vir Obote die ideale geleendheid om die koning Edward Matesa II omver te gooi.  Hy het homself tot president verklaar en Amin tot kolonel en gesagvoerder van die Uganda weermag bevorder.  In die tyd het hy heelwat moeite gedoen om die weermag te versterk.  Verhoudinge het Obote het versuur en Amin het agtergekom dat Obote hom wil laat arresteer.

Terwyl Obote weg was na ‘n beraad in 1971, het Amin die land oorgeneem.  Hy het militêre beheer in plek gestel en die mense belowe dat dit net sal wees tot daar ‘n demokratiese verkiesing gehou kon word.  Die land en wêreld was aanvanklik in hulle nopies oor die verloop van sake.  Tot Amin homself ‘n week later as president verklaar, wat hy 9 jaar lank gebly het.

Sy regering was gekenmerk met moord en doodslag.  Hy word verantwoordelik gehou vir tot 500 000 moorde.  Ingesluit hiermee is die uitwissing van die Acholi en Lango stamme.  Op ‘n stadium was die moorde so erg, dat die lyke in die Nyl die Owen Falls Hydrolytic Dam in Jinja verstop het.  Asiate was in die begin 90 dae tyd gegee om die land te verlaat.  Amin het verhoudinge met Libië en Rusland gebou en verhoudinge met almal anders uitgewis.  Nadat Engeland diplomatieke bande met hom verbreek het (1977), het hy dit as ‘n oorwinning oor Engeland beskou.  Daarna het hy homself as die Conqueror of the British Empire gekroon.

Die media was mal oor Amin.  Sy vreemde gewoontes en optredes het hulle baie gegee om oor te skryf.  Hy was ‘n poligamis en daar was gerugte dat hy ‘n kannibal was.   Hy was baie lief vir motoresies.  Ek het eendag ‘n artikel gelees dat hy altyd self die skoot sou laat afvuur by die wegspring en dan self in sy Maserati sal spring om te wen.  Almal het hom laat verby steek, hulle het geweet wat goed is vir hulle.  Sy minister van Finansies het hom eendag in kennis gestel dat die koffers leeg is.  Hy het hom vererg en die minister vertel dan moet hy mos net meer geld druk.  Die man het geja en amen en so ver as moontlik gevlug.  Die media was beskuldig dat hulle te veel aandag aan sy aapstreke gee en te min aan die tiran wat hy is.

Sy oorlog in 1978 teen Tanzanië was een te veel.  Rebelle magte het kragte met Tanzanië saamgesnoer en veroorsaak dat Amin vir sy lewe moes vlug.  Hy het eers ‘n paar jaar lank by Gaddafi geskuil voordat hy hom in 1981 in Saudi Arabië gevestig het.  Hy is in 2003 daar dood.  Hy was nooit toegelaat om na Uganda terug te keer nie.

Blogvraag:  Hoe het Amin Gadaffi se beskerming “gekoop”?

Blogantwoord:  Nats was reg met Hamilton New Zealand.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Super Sport Middestad?

160 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Mei 25, 2009 om 5 : 24

    hoe ver het hy geval ?

  • 2. pop  |  Mei 25, 2009 om 5 : 26

    Oom Koos gaan tandarts toe en sê: “Luister ek wil twee tande laat trek en
    twee laat stop. Maar voor jy begin wil ek eers weet wat gaan dit kos.”

    Tandarts haal sy pen, boekie en sakrekenaartjie uit en werk die sommetjies

    uit.

    Tandarts: “Oom,dit sal oom R4200.00 kos.”

    Oom Koos: “Nee seun, dis te veel man. Maar wys my eers wat het jy alles op

    daardie boekie geskrywe.”

    Tandarts: “Oom dit is R600.00 vir die verdowings middels.”

    Oom:” Nee nee nee, ons het nie sulke goed in ons tyd gehad nie, haal dit

    af. Wat is daar nog?”

    Tandarts: “Dis die gereedskap wat ek moet gebruik, kos so R1000.00.”

    Oom: “Nee wat seun, haal dit af. Ons het sommer die draadtang gebruik in

    ons tyd. Waar is jou draadtang? Dan kan jy dit MOS gebruik.”

    Tandarts: “Ja Oom, ek het ‘n draadtang. Sal net moet soek.”

    Oom: “Dis reg, jy moet dit soek. En wat is daar nog op jou boekie?”

    Tandarts: “Dis die antibiotika en ander medisyne wat die pyn en infeksie

    wegvat, wat ook duur is.”

    Oom: “Nee, haal af. Hoekom gebruik julle nie sommer die brannewyn of

    mampoer soos wat ons gemaak het nie? Nou op hoeveel staan ons nou op die

    boekie?”

    Tandarts: “Dis nog so R1100 Oom.”

    Oom: “Dit klink beter. Sê my, wanneer kan ek die tannie inbring?”

  • 3. Adrie  |  Mei 25, 2009 om 5 : 37

    Met ‘n rooirok?

  • 4. *Mathilda*  |  Mei 25, 2009 om 5 : 38

    iemand hier

  • 5. *Mathilda*  |  Mei 25, 2009 om 5 : 41

    huh – rooirok ?

  • 6. Adrie  |  Mei 25, 2009 om 5 : 43

    Tilla

    Lyk na ‘n verdieping of twee ver.

    Hallo pop.

  • 7. Adrie  |  Mei 25, 2009 om 5 : 50

    Hier’s ek weer
    Hier’s ek weer
    Met my rooirok voor jou deur

  • 8. *Mathilda*  |  Mei 25, 2009 om 6 : 07

    ola

  • 9. *Mathilda*  |  Mei 25, 2009 om 6 : 09

    ek is nou hommer

  • 10. Adrie  |  Mei 25, 2009 om 6 : 12

    Ek ook! Gaan kos soek

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: