Super Sport

Mei 23, 2009 at 7 : 41 5 Kommentaar

Vanmiddag was die waarskuwing uitgereik.  Vir die volgende 7 dae is dit rugby, Rugby, RUGBY, RUGBY!  Om dinge nog erger te maak, dit is Blou Bul rugby.  (Stomers, Stomers, Stomers, ek hoop julle het iets vir julleself te sê.)  Dinge kon erger gewees het, hel, ek kon dalk gedwing gewees het om die Sharks voor te skree.  Dit sou ek nooit kan oorleef nie.

Ek is nie die grootste sport  ondersteuner nie.  Ek sal jok as ek sê ek kyk nooit sport nie.  Ek geniet dit selfs ook met tye.  Maar ek sal nooit my hele lewe rondom sport inrig nie.  Wat ek bedoel is as ek kyk, is dit toevallig en onbepland.  ‘n Wedstryd hou doodeenvoudig te lank aan.  Goed, dit kan ‘n mens naels laat byt (as jy nou regtig genoeg omgee wie wen of verloor), maar ek vind dit nie vermaaklik nie.  Daar is nie al die elemente van ‘n goeie drama nie.  As ek die dag wel sport kyk, dan kuier ek met iemand, lees ‘n boek of is op ‘n rekenaar besig.  Ek gooi net ‘n oog as die skare begin gil.

Ek moet krieket ‘n pluimpie.  Hulle besef mense kyk eerder na iets wat gebeur as om 5 dae voor die TV uit te kamp.  Dit het gelei na eers Een Dag Wedstryde en later Pro20.  Die laasgenoemde neem net ‘n paar uur, wat nogsteeds te lank na my sin is.  Tog is dit baie beter as 5dae.  Hoekom kan dieselfde beginsel nie op ander sport toegepas word nie.

Soos julle al weet, het ek Karate gedoen.  Daar word daar net geveg tot die eerste persoon 3 punte (6 halfpunte) het.  ‘n Ronde duur 3 minute en ek dink nie ek het al ooit ‘n geveg gesien wat 3 minute lank gehou het nie.  Met volkontak word daar geveg vir 8 punte, maar een baie goeie beweging kan jou 8 punte besorg.  Die les is eenvoudig.  Doen wat jy doen van die begin af reg, jy het net een kans.

Met die ander sporte bied die baie tyd beskerming.  Die spanne teken vroeg punte aan en sorg dat die ander span hulle nie kan inhaal nie.  Of hulle haal ‘n groot eindpoging uit.  Punt is hulle speel nie die volle wedstrydtyd nie.  Tensy jy opleiding in die puntestelsel gekry het, is die punte vir ‘n leek grieks.  (Hoekom tel ‘n drie 5?).  Wat van super sport?  Die eerste span wat punte aanteken wen.  Vertaal in Rugby.  Die eerste span wat ‘n drie aanteken, wen.  Die span met die eerste doel, wen.  In Krieket is daar net een boulbeurt per span, tot daar ‘n duidelike wenner is.  In Tennis speel hulle tot die persoon die eerste afslaan verloor. Ens

Dit gaan mos opwindend wees.  Geen plek vir ruimte nie en hulle sal van die begin af hulle staal moet wys.  Drama, drama, drama.  Geen rus op jou loure en hoop vir die beste nie.

Wat dink julle? 

Blogvraag:  Van waar is die Chiefs teen wie die Bulls volgende week speel?  (Stad en land)

Blogantwoord:  Willes was reg met Voorgeskrewe Minimum Voordele.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Mediesefonds vrae Big Daddy

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Nats  |  Mei 24, 2009 om 10 : 15

    Kan dit waar wees??

    EEEEEERRRRSSSSSTTEEEEEE!!!!!!!!!!!!!

  • 2. Nats  |  Mei 24, 2009 om 10 : 19

    Hamilton, New Zealand!!!

    Wha ha ha ha!!!!!

    I’ll be back!

    Cheerio!!!

  • 3. pop  |  Mei 24, 2009 om 12 : 04

    sjoe…het almal nog babelas na gister se rugby????

  • 4. pop  |  Mei 24, 2009 om 12 : 07

    of slaap almal so laat soos a3?

  • 5. pop  |  Mei 24, 2009 om 12 : 07

    5 rowers?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: