Mediesefonds vrae

Mei 22, 2009 at 5 : 31 118 Kommentaar

My benadering tot mediese fondse is seker maar heel gemiddeld.  Ek het die goedkoopste fonds wat my behoeftes dek, meestal omdat enige verstandige mens wat dit kan bekostig tot een moet behoort.  Mens weet nooit wanneer jy dit gaan nodig kry nie.  Al wat ek in ruil vir my getroue premie soek, is dat hulle daar moet wees wanneer ek die dag moet eis. 

Ek moet seker tot my skaamte erken dat ek my nie juis aan die state steur nie.  Ek mors nie my tyd met iets wat ek reeds weet nie.  Hulle advertensies is ook nie juis baie interessant nie.  My verpligting is om hulle te betaal, nie om na lang vervelige vergaderings toe te gaan nie.  Dit is juis net hier waar ek, en die meeste ander lede die fout begaan.

Om mee te begin is daar wetgewing baie pertinent tot Mediese Fondse.  Ek ken nie al die besonderhede nie, maar dit kom daarop neer dat 25% van jou premie gevries word vir hulle solvensie.  Dit is sodat hulle geen verskoning het om jou eise te betaal in die 3 maande venster as hulle dalk bankrot sal speel.  Verder besluit die lede hoe die res van die fondse aangewend moet word.  Vandaar die jaarvergadering.

Elke keer wanneer ek ‘n uitnodiging gekry het, was dit in ‘n laai gegooi en vergeet.  Ek het dit nooit eers bestudeer nie.  Onlangs was ek ‘n bietjie verveeld en het gou daar deur geblaai.  Daar word trustees uit die lede aangewys, gewoonlik mense met ‘n CV van hier tot in Europa.  CV’s wat jou moet beïndruk en laat glo dat hulle beter as jy weet wat aangaan.  Toevallig moet daar nuwe mense tot die raad verkies word.  CV’s is vir my baie interessant en ek blaai dit gou vinnig deur. 

Dit is waar ek amper van my stoel afval.  Die een dame se CV het my stem gekry, dit is as ek actually die moeite sou wou doen.  ‘n Paar mense verder aan kom ek op ‘n CV wat op dieselfde manier saamgestel is (?) af.  Kom ons noem hulle A en B.  Altwee was in dieselfde skool (?), waar hulle nogal akademies sterk was.  Hulle het in dieselfde jaar gematrikuleer (?).  Een het regte en die ander het medies geswot.  Nie een van die twee behoort aan die Broederbond nie (?!).  Boonop was beide die eerste vroue op die raad (?).

Ek het die ander kandidate se CV’s nog nie deurkam nie.  Dit was genoeg om my te laat besluit ek gaan jaarvergadering toe.  Ek beveel julle aan om dieselfde te doen met julle onderskeie fondse.  As jy regtig nie kans sien nie, dra jou volmag oor aan iemand wat nie deel van die groep is nie.

Dit blyk amper om ‘n “Old-Boy’s Club” te wees, maar aangesien my fondse gebruik word om hulle te laat goed lyk, gaan ek van my regte gebruik maak.  Op die oomblik lyk die toekoms maar donker vir SA fondse, met die wat niemand weet wat met die nuwe Nasionale Gesondheidsversekering gaan gebeur nie.  Almal hoop om die aanslag te oorleef.  Dit was nog nooit belangriker gewees om op hoogte met jou fonds te wees nie. 

Wat dink julle?

Blogvraag:  Wat beteken VMV (PMB)?

Blogantwoord:  Olga was reg met Merle Williams.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Gemaksug Super Sport

118 Kommentaar Add your own

  • 1. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 6 : 48

    EERSTE!

  • 2. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 6 : 49

    Weens ‘n tegniese probleem kan ek nie antwoord nie😉

  • 3. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 6 : 57

    Private Mail Box:mrgreen:

  • 4. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 6 : 57

    Grappie!!!!!

  • 5. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 6 : 58

    Phenylmagnesium Brimide Grignara reagent

  • 6. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 6 : 59

    PolyMyxin B

  • 7. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 00

    Nous my kop seer

  • 8. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 04

    Voorgeskrewe Minimun Voordele

  • 9. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 05

    Prescribed Minimum Benefits

  • 10. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 06

    Testing

  • 11. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 06

    Waas my comments!!!???

  • 12. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 07

    Voorgeskrewe Mediese Voordele

  • 13. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 08

    Ok fine!!! Ek het Weer Geantwoord en my comment verdwyn net

  • 14. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 09

    Kom ek traai dit 1 woord op ‘ slag tik

  • 15. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 09

    Voorgekrewe

  • 16. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 09

    Mediese

  • 17. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 10

    Voordele

  • 18. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 13

    12, 13 & 14 is EEN antwoord

  • 19. Olga  |  Mei 22, 2009 om 7 : 14

    Voorgeskrewe minimum voordele

  • 20. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 14

    Dankie Wille Ma Q

  • 21. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 15

    Ek praat wee met myself vandag sien ek

  • 22. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 16

    Dis ôk oraait

  • 23. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 17

    Olga

    Natuurlik!!!!

  • 24. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 18

    Ek verbeel my dat my comment wat spoorloos verdwyn ook die regte antwoord gehad het. Just to bad

  • 25. Olga  |  Mei 22, 2009 om 7 : 18

    2de.

  • 26. Olga  |  Mei 22, 2009 om 7 : 21

    prescribed minimum benefits

  • 27. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 7 : 21

    Ha! 8 & 9 het uiteindelik hul oge gewys

  • 28. *Mathilda*  |  Mei 22, 2009 om 7 : 33

    hello

  • 29. *Mathilda*  |  Mei 22, 2009 om 7 : 35

    halo willes en olga

  • 30. *Mathilda*  |  Mei 22, 2009 om 7 : 37

    wat maak julle ?

  • 31. *Mathilda*  |  Mei 22, 2009 om 7 : 38

    ag dan gaan ek maar weer

  • 32. Olga  |  Mei 22, 2009 om 7 : 46

    word julle beindruk deur n lang cv?

  • 33. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 7 : 46

    Sien julle wat gebeur as mense vir my luister?

  • 34. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 8 : 01

    CVs is baie subjektief. n Mens kan iets altyd baie beter op papier as wat dit werklik is. Jou CV gee jou status, en n lange met verskeie kommittees lyk indrukwekkend. Dit wys op ervaring en kontakte.

  • 35. Olga  |  Mei 22, 2009 om 8 : 43

    n lang cv kan ook op chequered career wat dalk se dat die vorige werkgewers glad nie beindruk was met die werksvermoe nie.

  • 36. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 8 : 54

    Olga

    n Lang CV dui nie noodwendig op baie werke nie. Dit bevat ook AL jou opleiding asok moontlik verskeie poste by een plek. Lojaliteit tel deesdae niks nie, die meeste mense wissel elke 3-5 jaar van werk. Dit is n aanvaarbare praktyk.

  • 37. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 9 : 15

    Ai tog! Da laat my bêtrie my inni steek

    *M*

    Sorry gesiggie. Ek weet hoe dit voel om te praat en niemand antwoord jou nie😕

    Olga

    Watse cv praat ons nou van? Moet ek die post gat lees of was dit ‘n ope vraag?

  • 38. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 9 : 20

    Uhm………. Ek het gou die post gat lees😳

  • 39. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 9 : 21

    He! He! Sal my leer om my groot bek te hou

  • 40. WILLE KJINDQ  |  Mei 22, 2009 om 9 : 22

    ………. Of ommi post te lees😈

  • 41. Olga  |  Mei 22, 2009 om 9 : 53

    die lang cv kan intimiderend wees. meestal word die lywige cv’s geskip. of is ek verkeerd?

  • 42. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 10 : 03

    Olga

    Dit is hoekom jy ‘n verkorte CV ook het wat nie langer as 2 bladsye is nie. As iemand dan aan alles, maar alles belangstel, stuur jy die hele boel.

    Daar is mense (soos diegene wat vir Rektor poste ens aansoek doen) wat ‘n CV van 400 bladsye. Hoe meer prestige aan ‘n werk gekoppel word, hoe meer bladsye is nodig. Om as ‘n trustee te dien, gee status – dus . . . .

  • 43. Olga  |  Mei 23, 2009 om 8 : 33

    more, more. btw, wil jy jou nou bearbei om n med fonds trustee te word?

  • 44. Olga  |  Mei 23, 2009 om 9 : 16

    Ek dink regtig die staat moet berus dat daar dinge is wat toeganklik is vir alle swart mense en sommige dinge nie. net soos vir wit mense. privaat hospitale en klinieke is net dit, privaat. in privaat besit. as hulle alles toeganklik vir “almal” wil maak, moet die “almal” vir die voorreg kan betaal. of dink hulle eienaars gaan heel tevrede mense gratis behandel? gratis opneem en gratis opereer?

  • 45. Olga  |  Mei 23, 2009 om 9 : 27

    Die nuwe nationale gesondheidsversekering mag med fondse hopelik dwing om aan betalers terug te gee wat ons insit. gaan dr toe en jy hoor daar was n kort val op jou med fonds se betaling. in ons geval, moet on die gp, die enigste 1 op die dorp, n r30 profesionele fooi betaal. dit is bo en behalwe die konsultasie fooi en diens wat hy van die mediese fonds gaan eis. kry dan jou pille by die dr of apteek en dadelik hoor jy dat daar n kortval van . . . is wat die fonds nie gaan betaal nie. want hulle moet jou alreeds die generiese ekwivalent gee, maar daar is n goedkoper ekwivalent dalk in timboektoe alleen beskikbaar, maar jy word nou verplig om die r63 verskil op die produk wat nie hier beskikbaar is nie op te dok.

  • 46. Olga  |  Mei 23, 2009 om 9 : 36

    Nou verwys dr prof fooi jou spesialis toe. op die koevert reeds is die spesialis se naam, tel nr, dalk adres en tussen r300 en r500 prof fooi wat hy hef. dit is nou bo en behalwe wat hy die med fonds gaan vra. kom jy daar, moet jy dadelik die prof fooi betaal. dan kry jy n kwitansie uit die cna kwitansie boek. dan sal hulle jou na die konsultasie vertel, maar hier is nou n kortval van r246 wat die mediesefonds nie gaan betaal nie. gaan jy dit nou betaal of moet hulle n rek stuur?

  • 47. Olga  |  Mei 23, 2009 om 9 : 53

    ek het nog nooit adco produk gebruik wat my nie op die randjie van ellende gehad het nie. ek hou boek van wat my erge palpitasies gee en in erge sweetbad laat uitslaan het. maar, dink julle die medies sal vir bv roche se produk betaal as daar adco beskikbaar is? aikona. dan moet ek die verskil inbetaal. ek dink regtig dit is stront. al hou hulle nie van sente nie, moet ek sente betaal as my premie sente insluit. hoekom kan hulle nie betaal wat vir my voorgeskryf is nie. ek gebruik chroniese meds. ek moet elke maand by medirite r46, by clicks apteek r49 en by ander apteek r63 in betaal op my bloeddrukpille.

  • 48. Olga  |  Mei 23, 2009 om 9 : 59

    o, ja, die kwitansie vir die kortval in #46, druk die rekenaar nou. met die dr se naam, adres, telnr en praktyk nr bo aan. hoekom is daar 2 verskillende jwitansies vir dieselfde dr? nevermind dieselfde dr. vir dieselfde konsultasie?

  • 49. Adrie  |  Mei 23, 2009 om 1 : 55

    Hallo Hallo Hallo

  • 50. Adrie  |  Mei 23, 2009 om 1 : 59

    Olga

    Ja, ek wil oor TYD deel van die trustees raak. Daar is geen rede hoekom ek nie een kan raak nie. Daar is tot n onderwyser op die raad, wat net sy nette verder uitgegooi het.

  • 51. Adrie  |  Mei 23, 2009 om 2 : 07

    NHI is n groot kopseer – vir almal in die bedryf maar veral die verbruiker. Die probleem is dat daar omtrent net 4 mil belastingbetalers is. Selfs al word hulle belasting geld net so gebruik, is daar nog steeds nie genoeg geld om vir die almal n diens gelykstaande aan privaat te gee nie.

  • 52. Olga  |  Mei 23, 2009 om 2 : 38

    Wat is nhi? gaan vol uit. ek sal jou volgende jaar nomineer. laat w3t my wanneer en ek sorg dat al my vriende en fam wat op dieselfde mf fonds is jou ook nomineer.

  • 53. Adrie  |  Mei 23, 2009 om 5 : 12

    National Health Insurance

  • 54. Adrie  |  Mei 23, 2009 om 5 : 13

    2 jaar is meer realisties

  • 55. Adrie  |  Mei 23, 2009 om 5 : 15

    en daar wen die bulls. hopenlik kry sa weer die super 14 beker.

  • 56. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 5 : 51

    Howdy partners

  • 57. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 5 : 57

    Eks baja moeg. My gaai af gewerk. As ekki vandag tenminste 8 ure slaapi dan sal ek seke nooit nie

  • 58. Adrie  |  Mei 23, 2009 om 6 : 10

    Wat gedoen?

  • 59. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 6 : 36

    Corsa gefix. Brieke, shocks ens

  • 60. Olga  |  Mei 23, 2009 om 6 : 37

    Sy het n man beet gehad.

  • 61. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 6 : 37

    En natuurlik wasgud gewas👿

  • 62. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 6 : 38

    Gmpf

  • 63. Olga  |  Mei 23, 2009 om 6 : 38

    was sy naam corsa wk?

  • 64. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 6 : 39

    En gat shop

  • 65. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 6 : 40

    Amper reg……… Corsa Lite 1400

  • 66. Olga  |  Mei 23, 2009 om 6 : 41

    HPet jy tjoklits en wyn gekoop?

  • 67. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 6 : 42

    En Tilla is HA naam. Eintlik Mathilda. En syt ha naam in 2005 al gekry

  • 68. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 6 : 43

    Net wyn. Ek kyk net vir ‘n tjoklit dan raak ek nog dikker

  • 69. Olga  |  Mei 23, 2009 om 6 : 45

    Eisj, ek drink nie eers meer wyn nie.

  • 70. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 6 : 48

    Ek kanni my wyn afskeep nie. Die lewe is te kort om ALLES prys te gee

  • 71. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 6 : 49

    Eks rerig erig moeg ma wil okki so vroeg gat slaapi

  • 72. Olga  |  Mei 23, 2009 om 6 : 50

    Ek stem. het maar wyn en man prysgegee. wik kyk of ek gewig kan verloor. otk soek hulle tente tertg vir die somer.

  • 73. Olga  |  Mei 23, 2009 om 6 : 51

    terug.

  • 74. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 6 : 52

    😆

  • 75. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 6 : 54

    Wat wassi rugby score toe ?

  • 76. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 6 : 54

    Nie dat ek rerig belangstel nie. Vra ma net

  • 77. Olga  |  Mei 23, 2009 om 6 : 55

    Is jou ma nou ok na haar garage besoek, wk?

  • 78. Olga  |  Mei 23, 2009 om 6 : 56

    ek het geen idee wat die score was nie.

  • 79. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 6 : 58

    My ma was nou al 4 keer inni garage. Solank die deur oopstaan freak sy nie mee nie

  • 80. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 6 : 59

    Of altans……. Dit lyk nie of sy freak nie

  • 81. Olga  |  Mei 23, 2009 om 7 : 00

    Ek is bly. berusting kan ook bliss wees.

  • 82. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 7 : 02

    Ha beste vriendin was gediagnoseer met kanker. Die kanker is al in ha lewer en daas niks wat hulle vi ha kan doeni. Syt binne ‘n week van die diagnose blind geword inni een oog

  • 83. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 7 : 03

    Van moet NA wees

  • 84. Olga  |  Mei 23, 2009 om 7 : 05

    Ai hoe sad tog. ek wens haar sterkte toe.

  • 85. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 7 : 07

    Thanx. Hulle al2 is plat geslaan. My ma voel nou of sy wee deur die selle ding gat as met my pa

  • 86. Olga  |  Mei 23, 2009 om 7 : 08

    My vriendin het gedink sy kon met kanker speel. dit was dan net borskanker. sad om te se, maar die borskanker het gewen.

  • 87. Olga  |  Mei 23, 2009 om 7 : 11

    Die ergste is wanneer jy weet jou vriendin het die stryd verloor en jy weet nie hoe om dit makliker vir haar te maak nie.

  • 88. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 7 : 13

    Ek kry die arme vrou jammer omlat hulle nie mediese fond hetti. Sys in en uit die goewerment hospitaal en hulle het elke keer net groen, pienk of blou pille gegee. Eers toe sy neerslat toe doen hulle toetse. Ma helaas…….. Dit was te laat.

  • 89. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 7 : 14

    Ai tog! Bedoel fondS

  • 90. Olga  |  Mei 23, 2009 om 7 : 18

    my vriendin het ook nie medies gehad nie en het van n pensioen aan die lewe gebly. sy weer het 2 jaar met die knop in haar bors geloop totdat die kliere onder haar arm so groot soos hoender eiers geswel het. toe wou sy nog miss 1 slip 1 met die chemo speel.

  • 91. Olga  |  Mei 23, 2009 om 7 : 19

    Het jy nou gehoor wat die score was?

  • 92. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 7 : 21

    Eish! Ja nee kyk…….. Sy ka bly wees eksi ha maaikie nie. Ek sou ha heel waarskynlik permanent afgeskryf het

  • 93. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 7 : 22

    36 – 23 Of so iets

  • 94. Olga  |  Mei 23, 2009 om 7 : 25

    ek het haar net 1voudig gaan haal en gesorg dat sy op die hosp bussie kom en pta toe gaan vir chemo.

  • 95. ADRIANA  |  Mei 23, 2009 om 7 : 26

    36:23

  • 96. Olga  |  Mei 23, 2009 om 7 : 26

    Dankie.

  • 97. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 7 : 27

    Lo 3ling

  • 98. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 7 : 29

    GAAAAAAAAP

  • 99. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 7 : 34

    En da ontvoer Adriana vi Olga

  • 100. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 7 : 35

    Dan gat ek ma begin regmaak om inni katel te spring

  • 101. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 7 : 36

    Nag julle. Lekka dux

  • 102. Beeld  |  Mei 23, 2009 om 7 : 43

    Susan Cilliers
    Waar was jy in 1979 toe die fliek Alien mense wêreldwyd laat ril het – en ’n trollie vol kruideniersware R21,92 gekos het?

    Mnr. Coert Oberholzer (67) van Louis Trichardt in Limpopo weet presies waar hý was: aan die trollie pak om sy eerste syfers te dokumenteer vir ’n projek wat oor drie dekades sou strek.

    Oberholzer, self vroeër jare ’n winkeleienaar in Johannesburg, het gister vertel hy het “sommer vir die interessantheid” besluit om elke tien jaar te kyk hoe huishoudelike produkte se pryse styg.

    So gedink, so gemaak. Nadat hy sy eerste trollie met 26 items in 1979 gepak het, het hy dit weer in 1989 en 1999 gedoen.

    “Toe ek in 2002 ’n hartaanval kry, het ek nie geweet of ek 2009 gaan sien nie en gesorg dat ek vinnig my trollie gaan pak,” het Oberholzer vertel.

    Vandag, sewe jaar later en in die pylvak op pad na 70, is hy steeds aktief en gesond genoeg sodat hy Woensdag sy 2009-trollie kon gaan pak.

    Hierdie keer het die trollie R503,54 gekos, amper 23 keer soveel as die R21,92 van 30 jaar tevore.

    Vir geblikte bone sou jy destyds 34c betaal, maar vandag jaag dit jou R6,89 uit die sak. Kookolie (750 mF) het 81c gekos en is nou R10,99. Sien die tabel hiernaas om te sien hoe die prys van sommige van die produkte op Oberholzer sy lys gestyg het.

    Die hele trollie het in 1989 R67,33 gekos, in 1999 tot R216,59 geklim en in 2002 het Oberholzer R318,42 daarvoor betaal.

    Dr. Nico Swart van Unisa se departement sakebestuur het gesê as ’n mens inflasie in ag neem, kos Oberholzer se produkte in verhouding tot mense se inkomste vandag nie veel duurder as destyds nie, al lyk die bedrag nou veel hoër.

    “Volgens die huidige inflasiekoers sal ’n mens oor 12 jaar min of meer die helfte kan bekostig van wat jy nou vir R100 kan koop.”

  • 103. Olga  |  Mei 23, 2009 om 9 : 42

    opera het haar moer geroer. im elk geval wk, leke lalies. swt dreams.

  • 104. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 10 : 10

    Olga

    Not 2 wharrie. Dit gebeur met die beste van ons. Ek weet anyway hkm ek geseg het ek ga vroeg slaapi. Ek behoort mos teen die tyd te weet dat ek nie vroeg sal slaapi

  • 105. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 10 : 15

    @ Beeld

    Sjoe! Dis nou vi jou ‘n ding en ‘n half

  • 106. WILLE KJINDQ  |  Mei 23, 2009 om 11 : 42

    Nope……. Klaasvakie het finaal afskeid geneem

  • 107. Olga  |  Mei 24, 2009 om 12 : 14

    Weet jy wat? ek het lankal my eie sandsakkie. klaasvakie kan sy sand maas soweto to neem.

  • 108. Olga  |  Mei 24, 2009 om 12 : 16

    Maar. hy kan sy rand maar sow(h)e(re)to toe neem.

  • 109. WILLE KJINDQ  |  Mei 24, 2009 om 1 : 05

    Ek gat ‘n sindikaat begin/stig wat die moer se gat oppas. Hy vikoop seke die sand aan die buite land en maak ‘n vet wins

  • 110. WILLE KJINDQ  |  Mei 24, 2009 om 1 : 20

    1
    2
    3
    4
    5
    6
    7
    8
    9
    10
    11
    50
    100
    300
    700
    1500
    10 000
    1000 500

    Olga

    Leen my gou ‘n paar van jou skapies. Myne het almal al oori heining gespring😯

  • 111. WILLE KJINDQ  |  Mei 24, 2009 om 2 : 31

    Tweede boek kla gelees enni slaap wil nogsteeds nie kom nie

  • 112. Olga  |  Mei 24, 2009 om 7 : 48

    Eisj wk, alle simpatie. ek jaag vanaand vroeg vroeg my skapies in jou rigting. o, ja, more, more.

  • 113. Rapport  |  Mei 24, 2009 om 7 : 49

    Kaapstad

    Bloed op die bruidegom se skoene. En ’n bruid wat op haar huweliksonthaal pleit dat die geweld end moet kry.

    Dít is van die getuienis vervat in ’n verklaring wat ’n moordverdagte dié week by die Paarl-landdroshof ingedien het in sy borgtogaansoek.

    Mnr. Francois Pretorius (23) van Bellville is die eerste beskuldigde in die moord op ’n plaaswerkerskind, Adriaan Plaatjies (17).

    Volgens die lykskouingsverslag is Adriaan só erg aangerand dat sy lewer geskeur en hy weens inwendige bloeding dood is. Daar was ook wurgmerke aan sy nek.

    Ooggetuies met wie Rapport gepraat het, het glo gesien hoe “vyf fris boere” aan die aanranding meedoen. Ná die aanranding is die woorde “jy’s ’n ster” deur ’n vrou aan een van die meedoeners gesê. Nog ’n vrou het gesê dat die seun “sommer lekker opgefoeter” is.

    Die aanranding – wat ooreenkomste toon met die Waterkloof-vier-saak – het op 28 Maart plaasgevind by die huweliksonthaal van mnr. Ryand en mev. Linda Liebenberg op die plaas Rusticana by Klapmuts naby die Paarl.

    Adriaan, wat volgens sy eie familie reeds voorheen met die gereg gebots het, is betrap waar hy by ’n voertuig ingebreek het.

    Pretorius (23) het homself sedertdien aan die polisie oorgegee.

    In die verklaring wat Dinsdag by die hof ingedien is, ontken Pretorius dat hy aan die aanranding meegedoen het. Hy erken egter dat hy na Adriaan geskop het, na bewering nadat hy “in die swak beligting” “iets blinks” in Adriaan se hand gesien het.

    Pretorius sê in sy verklaring hy het Adriaan tussen 21:00 en 22:00 die aand in ’n Corsa-motor buite die onthaalsaal betrap.

    “Ek het alarm na Barry (Stander) gemaak en nader beweeg. Toe ek by die kar kom, het ek ’n onbekende man in die voertuig gesien en het ek ook gesien dat ’n skootrekenaar en drasak reeds buite die kar staan.

    “Ek het hom gevra waarmee hy besig was en hom daarna aan sy arm uit die motor geruk. Hy het sy balans verloor en aan die bestuurderskant van die voertuig op die grond geval.

    “Ek is nie seker of Barry die persoon toe met die vuis of oop hand geslaan het nie, maar dit het voorgekom asof hy in sy rigting geslaan het. Ek is nie seker hoeveel keer nie.”

    Pretorius het in ’n stadium “my voet op sy skouer geplaas” om te keer dat Adriaan wegkom.

    “Hierna het ek opgemerk dat die bruidegom ook na buite gekom het en met die man beweeg het na ’n donker deel weg van die onthaalruimte.

    “Die bruidegom het ongeveer twee tot drie minute later teruggekeer en al wat ek kan onthou, is dat hy opgemerk het dat hy nou die bloed van sy skoen sal moet afwas.

    “Die bruid het toe uitgekom en gesê ons moet die situasie oplos.

    “Dit is gedurende hierdie tydperk dat die boer uitgekom het en ook na die donker gedeelte gestap het.”

    Pretorius is op borgtog van R500 vrygelaat en verskyn weer op 19 Junie in die hof.

  • 114. Rapport  |  Mei 24, 2009 om 7 : 52

    Kaapstad

    TV-vervaardigers, akteurs en bekende sepiesterre gaan oor twee weke na die SABC in Auckland Park, Johannesburg, opruk in die grootste openbare protesoptrede in die geskiedenis van die openbare uitsaaier.

    ’n Massiewe optog word beplan met duisende mense van oor die hele land wat reeds ingestem het om aan die betoging deel te neem, is gister aan Rapport bevestig.

    Sprekers sal deel van die verrigtinge uitmaak en die land se TV-vervaardigers sal gesamentlik ’n memorandum aan SABC-hoofde oorhandig.

    Die organiseerders sê almal is welkom om aan die uur lange betoging deel te neem. Dit sluit in mense wat kwaad is oor die swak bestuur van die SABC, besorg is dat hul gunsteling-TV-programme en -sepies gaan verdwyn of wat geraak word deur die uitsaaier se wanbetaling.

    Die TV-bedryf-noodkoalisie (Tviec), ’n oorkoepelende beheerliggaam wat geskep is en 90% van alle plaaslike vervaardigers in die plaaslike TV-bedryf verteenwoordig, organiseer die protesaksie en verwag dat see van mense daaraan gaan deelneem. Die betoging vind op 4 Junie tussen 12:00 en 13:00 plaas, maar almal word genooi om reeds om 10:30 by Atlas Studios naby die SABC-hoofkantoor bymekaar te kom.

    Die uitsaaier skuld TV-vervaardigers – van wie sommige nou op die rand van bankrotskap huiwer en talle ander afleggings in die gesig staar – sowat R40 miljoen vir TV-programme wat reeds aan die SABC vir uitsending gelewer is. Betalings van nog R20 miljoen aan TV-programvervaardigers sloer reeds etlike maande.

    “Die protesoptrede is vir almal wat deur die SABC se wanbestuur geraak word,’’ het Kgomotso Matsunyane van Tviec gister gesê. “Dis vir almal wat in TV werk, almal wat al maande lank nie deur die SABC betaal is nie, die akteurs wat sukkel om kos op die tafel te sit, die toegewyde produksiespanne en TV-vervaardigers agter die skerms wat in stilte pyn verduur en die ganse kykerspubliek wat bekommerd is oor die toekoms van hul geliefde TV-programme.’’

    Matsunyane het gesê daar is reeds reuse-ondersteuning vir die betoging. “Mense kom spesiaal van Kaapstad en Durban. Gemoedere loop hoog, maar almal is opgewonde dat die ganse TV-bedryf hieroor verenig is en uiteindelik in ’n posisie is om saam ’n verskil te maak. Mense is reg vir hierdie optog.’’ Sy het gesê in die memorandum wat aan die SABC oorhandig sal word, sal onder meer die volgende gevra word:

    • “Baie meer deursigtigheid op alle vlakke, veral in die bestuur’’ van die uitsaaier;

    • Inklusiewe samewerking met die TV-bedryf rakende alle groot besluite wat geneem word;

    • Meer aanspreeklikheid teenoor die TV-bedryf en -kykers; en

    • “Dat die SABC as ’n saak van dringendheid uitstaande skuldbetalings eer en aan basiese bedryfsversoeke voldoen.’’

  • 115. Rapport  |  Mei 24, 2009 om 7 : 54

    Johannesburg

    ’n Broodafleweraar het die skok van sy lewe gekry toe hy ’n bees gestamp en die dier deur die lug bolmakiesie geslaan en op sy bakkie se kap te lande gekom het.

    Die broodafleweraar, net bekend as mnr. Nomfulelo, het verlede week op die R345-pad tussen Hamburg en Peddie in die Oos-Kaap gery toe hy die bees skielik in die pad voor hom sien. Hy wou uitswaai, maar het die bees tog raakgery.

    “Die bees het in die lug opgeskiet en op die kap geland,” het hy later aan die polisie vertel.

    Nomfulelo het toe 15 km na Peddie gery, met die bees op die dak, om die voorval by die polisie aan te meld.

    Die bakkie is erg beskadig.

    Mnr. Johan Jooste, verkeershoof van die Ngqushwa-munisipaliteit in Peddie, sê dit het eers gelyk of die bees maar net ’n rygeleentheid op die bakkie gekry het toe Nomfulelo vroegoggend in Peddie aangery kom.

    “Nomfulelo het intussen ’n ander voertuig gereël en sy brood gaan aflaai. Hy het sy bakkie, bees en al, tot die middag daar voor die polisiekantoor gelos.”

    Vir die inwoners van Peddie was dit ’n “net-in-die-Oos-Kaap-oomblik” toe hulle die bakkie en bees voor die polisiekantoor sien.

    Die bees is later met ’n vurkhyser van die bakkie afgelig. Albei sy agterbene was gebreek en die bees is toe by slaggeriewe buite die dorp geslag.

    Jooste sê dié voorval is vir hom die snaaksste in sy 30 jaar in die verkeerspolisie. “Die dier het doodluiters net daar gelê en die wêreld bekyk.”

    Foto’s wat Jooste geneem het, het enkele dae nadat dit op die Daily Dispatch se webtuiste was per e-pos en op die internet regoor die wêreld versprei.

    “Ek het in my lewe nog nooit só iets gesien nie. Dit is nou raar maar waar.”

    Die bees se eienaar kon nie opgespoor word nie.

  • 116. Olga  |  Mei 24, 2009 om 11 : 56

    Hoeveel witmans was nodig om n 17 jarige seun aan te hou vir die polisie? die waterkloof 4 was seuns. kinders. die lot, pretorius wat die seun uit die motor gepluk het, die bruidegom wie bloed van sy skoen af moes was, die boer wat agterna is, is almal soos ons dit kinderdae genoem het n lot m€ide. ruggraatlose skuim.

  • 117. Carina  |  Mei 25, 2009 om 9 : 23

    Die PMB wet is een van die min goeies wat ons regering in werking gestel het. Dit beteken dat indien jy o.a beseer word jou rekeninge ten VOLLE betaal moet word deur jou mediese fonds. GEEN uitsonderings nie. Die beginsel is dat jy dieselfde behandeling moet kry as wat dit jou in die staat sou toekom. Nou ja die staat lyk haglik, maar daar kry jy ‘n MRI as die dokter een wil he, jy kry ‘n flikkergram as die dokter een aanvra, jy kry X-strale en medisyne soos die dokter dit voorskryf. Dit gaan nooit oor geld nie.
    Ek het die PMB wet al baie gebruik – jy behoort ook.

  • 118. Adrie  |  Mei 25, 2009 om 7 : 27

    Carina, soos ek PMB verstaan is dit n lys dienste of produkte wat die fonds moet dek. Selfs al is die in n venstertyd, iets wat die fonds uitsluit of wanneer die lid se fonds uitgeput. Soos ek verstaan, hoef n fonds nie iets te dek wat nie in PMB of voordele omskryf is nie. Jy gee my nou stof tot nadenke gegee, ek moet dit gaan opswot.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: