Gemaksug

Mei 21, 2009 at 5 : 59 295 Kommentaar

Kyk!!  Ek kan luiheid omtrent herdefineer.  Ek erken prontuit dat ek een van die luiste mense is wat ek ken – en ek ken baie.  Maar daar moet wragtig ‘n streep getrek word.

Waar om met my voorbeelde te begin?  Ek het onlangs op die lughawe gesien hoe iemand ‘n trollie nader sleep vir ‘n tassie wat as handbagasie kan deurgaan.  Die tassie het boonop wiele.  Ek is amper seker die trollie is swaarder.  Terwyl ek verby haar draf (my handbagasie is klaar meer as haar tassie en ek het nog ‘n tas ook) hoor ek hoe sy op die telefoon kla oor die gebrek aan karweiers.  Ek weet nie of daar dalk ‘n mediese rede is nie, maar sy het die oefening nodig.

Daar is mense wat 10 l petrol sal uitry om reg voor die winkel te kan parkeer.  Hulle sal op en af in die verkeerarea ry, om en om, tot daar een van die karre voor die ingang ry.  Hulle is seker bang dat hulle gesteel gaan word as hulle 50 m ver na die deur moet loop.  Terwyl ek nou daaraan dink, mense in ‘n drivethru is amper net so erg.  Ek weet van niks wat langer vat nie.  Nie eers kook nie.  Solank dit beteken dat jy nie jou bas hoef te lig nie, sal die mense ure in hulle kar sit en petrol mors.

 Die liewe morsjorse wat alles net so neergooi.  Is dit regtig soveel moeite om die goed in jou kar / hand te hou tot daar ‘n asblik naby is.  Dit is nog 200 keer erger as iemand te lui is om 2 treë tot by ‘n asblik te loop.  Snaaks genoeg is hulle nooit te gemaklik om te vreet nie.

Ek kan aan en aan en aan gaan.  Daar is mense wat ‘n golfkarretjie vir alles sal huur.  Loop is klaarblyklik baie sleg vir jou gesondheid as ek aan ‘n paar mense moet oordeel.  Ma’s wat nie hulle kinders se gesigte af te vee of plan sal maak om vir hulle kos te gee nie.  Terwyl haar kake die heeltyd beweeg, van goed wat die kind aangedra het. 

Waar trek jy die streep?  Aan watter voorbeelde kan jy nog dink.

Blogvraag:  Wie het die elektriese golf karretjie uitgevind?

Blogantwoord:  Willes was reg met Jimmy Whales en Larry Sanger.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

My goeie vriend, Google Mediesefonds vrae

295 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 11 : 55

    Kloon

    Rugby is dus eintlik ‘n sport vir moffies?

    Ag sweetie. Hoop ons gaan foto’s kry.

  • 2. ADRIANA  |  Mei 22, 2009 om 12 : 03

    I 2 3, Blok myself.

  • 3. *Mathilda*  |  Mei 22, 2009 om 12 : 07

    Natuurlik ! Ouma gaan haar rok maak so ons sal running comentary hê – of in ordentlike afrikaans ‘n vorderingsverslag met fotos !

  • 4. *Mathilda*  |  Mei 22, 2009 om 12 : 09

    Ek hoop net nie sy wil hê sy moet iets in haar hare dra nie want dit gaan nie gebeur nie !

  • 5. Wille Kjind Q  |  Mei 22, 2009 om 12 : 11

    Ek skree somme op julle!

  • 6. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 12 : 16

    WP maak my die Olga in vandag.

  • 7. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 12 : 17

    Olga

    Wanneer is die troue?

  • 8. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 12 : 18

    Sien? GRRRRR

    Tilla bedoel

    Olga

    HOU OP OM MY TE JINX.

  • 9. Xanika  |  Mei 22, 2009 om 12 : 19

    Hoop julle almal het ‘n lekker naweek en dat die Blou Bulle mag wen!

  • 10. *Mathilda*  |  Mei 22, 2009 om 12 : 22

    17 Oktober

    Tatta Xanika – lekker naweek

  • 11. Wille Kjind Q  |  Mei 22, 2009 om 12 : 26

    E K G A A N I N M Y B R O E K B O L L I E

  • 12. Wheelbarrow Jack  |  Mei 22, 2009 om 12 : 27

    Arme olga. Dagse dames. Lekker vol koerant program vandag. Willekindq, het jy gister na my verlang? Ei, ei, ei. Ek dink jou tong is aant stomp word. Toe het jy iemand gesoek om jou tong teen te slyp.

  • 13. Wheelbarrow Jack  |  Mei 22, 2009 om 12 : 28

    Moenie. Dit sal stink.

  • 14. ADRIANA  |  Mei 22, 2009 om 12 : 33

    Tilla

    Ek hoop maar vir die bruid se part dat sy dan nog nie in Terrible twos in is nie.

  • 15. Wheelbarrow Jack  |  Mei 22, 2009 om 12 : 37

    Julle moet gemaksug beleef soos ons. Kinders wat die plek vol hardloop. En mamma wat deur n ring getrek kan word is ongepla. Sy stap maar agter die trollie aan. Kom by die blinkgoed, trek dadelik n haartjie hier gelyk vinger in in die mond vee daar n oog haar plat. Die kinders jil hardloop maar ma lyk net mooi. Pa stoot die kruiwa redeneer met ma oor amper elke ding wat kruiwa toe gaan.

  • 16. Nats  |  Mei 22, 2009 om 12 : 40

    En da is ek amper my Tweeling!!

    As jy my vra is sokker vir moffies! Daai ouens val vir niks, dan wil hulle nog daaroor huil ook!

  • 17. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 12 : 42

    GRRRR

  • 18. Wille Kjind Q  |  Mei 22, 2009 om 12 : 43

    @ Witbaas Jack

    Ek kan meer as net slyp

  • 19. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 12 : 44

    🙄

    WordPress probeer seker iets vir my se.

  • 20. Wheelbarrow Jack  |  Mei 22, 2009 om 12 : 44

    Ou vettie (ekskuus mevrou) vir wie die trollies uit die pad gestoot moet word.
    Dan vorder sy tot by die deli.daar steek sy vas. En hbr man gaan verder. Bring alles terug trollie toe vir haar goedkeuring. Maar goed buite die deli is nie te hoog op daardie prioriteitslys nie. Maar sy ondersteun die deli baie goed. Uit elke R500 kom R300 uit die deli.

  • 21. Nats  |  Mei 22, 2009 om 12 : 44

    En da is ek sommer 15 comments agter… WP GRRRRRR!!!!

  • 22. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 12 : 45

    Tweeling

    Die beste is die hooligans wat huil as hulle span verloor. Sokker is weird.

  • 23. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 12 : 46

    Kruiwa

    Mag jy so van jou kliente skinder?

  • 24. Wheelbarrow Jack  |  Mei 22, 2009 om 12 : 48

    Wat meer? Gaan jy my ook maseer of treat met goed uit jou buur winkel? Mamma jack gaan die horries kry willekind. Moet onr golfbaan toe daaarvoor hmm? Maar dennetolle het skerp punte.

  • 25. Wheelbarrow Jack  |  Mei 22, 2009 om 12 : 50

    Dan sal ek maar die regte juicy shopping skinder stories in sluk. Hump. Daar is dit weg.

  • 26. *Mathilda*  |  Mei 22, 2009 om 12 : 55

    Adrie

    Sy is klaar ‘n handvol al is sy nog ver van twee af.

    Kruiwa

    Ek haat dit as ma’s nie na hulle kinders kan kyk nie, hulle hardloop in winkels rond soos hulle wil en maak ‘n hengse geraas, as hulle iets van die rak af stamp of selfs breek en iemand omstamp is dit ‘n groot grap.

  • 27. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 12 : 56

    En net nou sit jy met spysverteringsprobleme?

  • 28. Wheelbarrow Jack  |  Mei 22, 2009 om 12 : 56

    Laat ek maar vlug terwyl ek kan. Die stilte voorspel n groot aanval. Geniet die naweek en die rugby.

  • 29. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 1 : 01

    WordPress is vandag lekker oppie koffie. GRRR

  • 30. Nats  |  Mei 22, 2009 om 1 : 01

    Adrie
    Ek praat nie eers van die hooligans nie!😆

    Ek het eendag “disasters of” of tragedies… something op Discovery gekyk waar hulle te veel mense laat in gaan het by ‘n sokker stadium, toe druk hulle mense teen die heining vas – ek kan nie onthou hoeveel mense daai dag dood is nie, maar dit was tragies om te sien hoe erg daai mense is om tog net die veld te sien en voor te wil uit kom! Dat hulle nie besef het hulle druk mense fisies dood nie.

  • 31. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 1 : 04

    En die beste van alles is, dit gebeur orals. Nie net in Afrika nie. Ek kan nie dink dat iemand so passievol oor sport kan wees nie.

  • 32. Klip  |  Mei 22, 2009 om 1 : 06

    “Liewe Jesus gee asb dat die Bulle Saterdag wen Amen”
    Mamma: “My kind, jy moet ook vir die ander span bid”

    Terug op sy knietjies:

    “Liewe Jesus, laat die Crusaders ook punte kry – nie omdat hulle dit verdien nie, maar alleen uit genade. Amen”

  • 33. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 1 : 15

    Ek wil nie eers weet hoe die mense tekere sal gaan as die ossies boonop nog wen nie.

  • 34. Nats  |  Mei 22, 2009 om 1 : 15

    Adrie
    Jip, ek dink nie da is enige sportsoort wat ek so oor is nie – iets wat ek MOET gaan kyk nie!
    Ek willi werk nie!!!!

    Lo da Klip!

  • 35. Nats  |  Mei 22, 2009 om 1 : 18

    Tweeling
    Dit gaan soos ‘n masse treur / huil byeenkoms wees – kan moontlik ‘n wêreld rekord wees vir die meeste mense wat saam huil – moontlik nog die meeste mans saam wat huil😉

  • 36. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 1 : 20

    Nats

    Ek sal nie 5c betaal om kaartjies vir enige game te kry nie.

  • 37. Klip  |  Mei 22, 2009 om 1 : 20

    Hallo Nats, die bulle se wen of verloor het gewoonlik n groot uitwerking op huis pryse in PTA

  • 38. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 1 : 21

    Nats

    Hulle sal moet snotter. Het jy al gesien hoe huil die hele Italie as hulle sokker verloor?

  • 39. Klip  |  Mei 22, 2009 om 1 : 22

    As dit n wen is , is al die bulls ondersteuners in die hemel , dan kry jy n huis spotgoedkoop.
    As hulle verloor en almal kom terug aarde toe dan is daar nie plek vir n muis nie

  • 40. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 1 : 22

    Julle moet solank julle span vir die Curriebeker kies . . . .

  • 41. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 1 : 23

    Klip

    Dan hoop ek hulle wen alles.

  • 42. *Mathilda*  |  Mei 22, 2009 om 1 : 27

    Het iemand al vir ons gaan kos haal ?

  • 43. Nats  |  Mei 22, 2009 om 1 : 27

    Klip😆

    Darem het ek geen begeerte om in Pretoria te bly nie – no offence Tweeling😉

    Adrie
    Nou dat jy dit noem, ja ek het! Dis weird dat hulle so huil! Hoe kyk die mans mekaar weer terug by die werk mekaar in die gesig!🙂

  • 44. Olga  |  Mei 22, 2009 om 1 : 29

    Is dit more die final final? want ek weet nie watse super 14 goed het die cheetas vmore gewen nie. hulle speel volgende week.

  • 45. Olga  |  Mei 22, 2009 om 1 : 32

    Nats, dit vat n man om te huil omdat hy hartseer is. dis opregte trane. nie kry my jammer water nie. my rug is nie gemaak vir vloere was nie. dis gemaak vir gemaksugheid.

  • 46. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 1 : 33

    Olga

    Die cheetas het niks vanoggend gewen nie. Ek dink amper die hurricanes en die highlanders het gespeel.

    Die ossies speel teen die crusaders (was die meeste supers gewen het) in die superfinaal.

  • 47. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 1 : 34

    Olga

    Maar hartseer omdat hulle span in die semi finaal verloor het? Selfs die britse sokker ondersteuners doen dit.

  • 48. Olga  |  Mei 22, 2009 om 1 : 34

    As dit patrioties trane is vir n sokker wedstryd, wil ek nie sien as n nasionale ramp italie moet tref nie.

  • 49. Olga  |  Mei 22, 2009 om 1 : 36

    laat hulle deur hulle oe pis, dit stink minder.

  • 50. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 1 : 38

    Olga

    Ek dink die Italianers is meer passievol oor sokker as hulle ma’s. Ek is nie seker wat hulle doen oor ‘n nasionale ramp nie. Was daar nie net voor paasfees ‘n ramp in Italie nie.

  • 51. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 1 : 39

    Whahahahahahahahaha

    Dit is die reine waarheid daardie.

  • 52. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 1 : 40

    Ek hoop twinsaver het al begin tissues maak vir 2010. Dit is hulle groot break.

  • 53. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 1 : 50

    Ready

  • 54. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 1 : 53

    Steady

  • 55. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 1 : 54

    GOOOOOOOO

  • 56. Olga  |  Mei 22, 2009 om 2 : 18

    Ai, ek dink die netwerke is besig om te crash. dis alweer alles oordoen elke keer as ek inlog. dan install opera eers. help nie om te delete en weer te laai nie, dit bly maar dieselfde.

  • 57. Olga  |  Mei 22, 2009 om 2 : 20

    Ekskuus, dit was die chiefs wat gewen het en weer volgende week speel. speel hulle teen more se wenners?

  • 58. Wille Kjind Q  |  Mei 22, 2009 om 2 : 38

    Probeerslag # 43

  • 59. Wille Kjind Q  |  Mei 22, 2009 om 2 : 41

    YIPPEE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 60. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 3 : 00

    Lieflik. Hak ons weer vas.

    WP werk seker weer aan hulle stelsels.

  • 61. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 3 : 02

    Olga

    Ja, wie more wen, speel teen hulle dan.

  • 62. Wille Kjind Q  |  Mei 22, 2009 om 3 : 07

    Wie wen wat wa wanne?

  • 63. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 3 : 10

    Willes

    Hoekom dink jy dra die ossies almal vandag blou?

  • 64. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 3 : 20

    En weg.

  • 65. Olga  |  Mei 22, 2009 om 3 : 23

    Nou met super 14, speel daar net 14 spelers in n span? of het 14 spanne aan die toernooi deelgeneem?

  • 66. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 3 : 33

    🙄

  • 67. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 3 : 36

    14 Spanne Olga

    Die 14 spanne (clubs) kom uit SA, Australie en NZ. Die Stormers is bv WP se super 14 span. SA het 4 super 14 spanne. Hulle hoop om nou ‘n 5de span te kry.

  • 68. Olga  |  Mei 22, 2009 om 3 : 37

    KNP?

  • 69. Olga  |  Mei 22, 2009 om 3 : 38

    Dankie vir die inligting

  • 70. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 3 : 40

    Wat beteken KNP?

  • 71. Klip  |  Mei 22, 2009 om 3 : 40

    Joost is redelik stil deesdae

  • 72. Olga  |  Mei 22, 2009 om 3 : 41

    KRUGER NASIONALE PARK.

  • 73. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 3 : 42

    Snaaks hoe die spelers altyd kan kerm dat hulle uitgebrand is vir nasionale diens, maar nooit vir klub diens nie.

  • 74. Olga  |  Mei 22, 2009 om 3 : 42

    Hy betreur seker nog sy kleinte.

  • 75. Klip  |  Mei 22, 2009 om 3 : 42

    Ek sien nou die dag sulke klein blou bul balletjies wat aan n kar se towbar hang …..moet seker syne wees

  • 76. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 3 : 43

    Klip

    Hy please explain seker nog vir Amor

  • 77. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 3 : 44

    Dit is regtig ghif

    Ek dink nie ‘n mens kry iets commoner as ‘n os ondersteuner nie.

  • 78. Klip  |  Mei 22, 2009 om 3 : 44

    Hy is nou gemaksugtig …..om te dink dat n ander vrou sy vrou se werk moet doen , seker is sy ook maar n bietjie lui of moeg na al haar gerondspringery op die verhoog

  • 79. Klip  |  Mei 22, 2009 om 3 : 45

    Amor lyk slim veral as sy so baie been wys , maar ek sy is maar redelik “duh”

  • 80. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 3 : 46

    Joost is ‘n desperate man.

  • 81. Klip  |  Mei 22, 2009 om 3 : 47

    Daar is blykbaar n nuwe tydskrif uit wat die celebs aan die kaak stel , onder andere dat Nicolis Louw en Robbey Klay n verhouding het

  • 82. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 3 : 47

    Ek het nog nooit van haar gehou nie.

  • 83. Klip  |  Mei 22, 2009 om 3 : 48

    Ek wou se , “ek dink” #79

  • 84. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 3 : 48

    En dit word Son genoem?

    Ek weet darem nie. Nic hou nogal baie van aandag.

  • 85. Klip  |  Mei 22, 2009 om 3 : 49

    Plastiek Italiaans………

  • 86. Klip  |  Mei 22, 2009 om 3 : 50

    En hy kry dit , as n mens sien hoe die jong meisies tekere gaan

  • 87. Olga  |  Mei 22, 2009 om 3 : 50

    dalk is hy maar net te klein en sy te sexy gewees vir dari job.

  • 88. Klip  |  Mei 22, 2009 om 3 : 50

    Adam and Eve ….. deesdae Adam and Steve

  • 89. Olga  |  Mei 22, 2009 om 3 : 52

    eat u heart ou pinocchio aka jurie. het ek dit geweet of het ek dit geweet.

  • 90. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 3 : 54

    Dit kan darem ‘n gemors afgee.

  • 91. Klip  |  Mei 22, 2009 om 3 : 55

    BTW , my vriend en sy vrou gaan Maandag saam met die dokters besluit om die masjiene wat hulle kind aan die lewe hou af te skakel

  • 92. Klip  |  Mei 22, 2009 om 3 : 57

    Met genade moet daardie beker maar by my verby gaan

  • 93. Klip  |  Mei 22, 2009 om 3 : 59

    Skuus dat ek die onderwerp verander het …..

  • 94. Olga  |  Mei 22, 2009 om 3 : 59

    Mag die Vader hulle sterkte gee. en hom vrede.

  • 95. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 02

    n Gewese kollega van my se seun was ook n kinderster (Riaan) toe sy stem breek het sy loopbaan ook sy eina gesien , hy is ook al in sy tweede huwelik

  • 96. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 4 : 02

    Dit is BAD

  • 97. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 03

    Ek admire nogals die celebs, want party van hulle maak beter droog as ons gewone johnnies

  • 98. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 4 : 03

    Klip

    Hoe oud kan Riaan al wees? Middel 20’s?

  • 99. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 03

    Ja ons kan maar net dankbaar wees vir wat ons het

  • 100. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 05

    Ja hy moet daar iewers wees, ek het gister sy ma en sussie gesien , die sussie se grimering weeg swaarder as sy self

  • 101. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 07

    Geld kan in n paar dinge voorsien , maar geluk koop , aikona

  • 102. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 4 : 08

    En so raak ons filosofies, sonder rooi wyn.

  • 103. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 4 : 09

    Klip

    So se hulle. Geld kan darem ook nie ongeluk koop nie.

  • 104. pop  |  Mei 22, 2009 om 4 : 14

    dagse almal

    blou bulle gaan verloor

  • 105. pop  |  Mei 22, 2009 om 4 : 15

    rooiwyn? wa myne????

  • 106. pop  |  Mei 22, 2009 om 4 : 15

    suurknol! (le)

  • 107. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 4 : 16

    Pop

    Jy praat eintlik met die mense wat nie omgee nie.

  • 108. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 4 : 17

    Sonder – daar is ongelukkig niks nie.

  • 109. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 17

    Laat ek gou gou n panado snuif

  • 110. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 18

    hallo POP

  • 111. pop  |  Mei 22, 2009 om 4 : 19

    klip hoe lyk dinge?

  • 112. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 19

    Rooiwyn maak n mens se groot toon seer

  • 113. pop  |  Mei 22, 2009 om 4 : 20

    en jou hoof ook klip

  • 114. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 20

    Pop , kan nie kla nie , al te lekker hier by die werk …..not

  • 115. pop  |  Mei 22, 2009 om 4 : 20

    hoofpyn se maaikie

  • 116. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 22

    Ek is baie bang vir rooiwyn , want dit gee my ekstra gedagtes , Laaste keer wat ek dit gedrink het het ek myself sommer uit n “party georganise”

  • 117. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 24

    Ghluwein (SP) wie het die resep?

  • 118. pop  |  Mei 22, 2009 om 4 : 24

    hehe, wat het jy gedoen?

  • 119. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 25

    Daai goed maak jou blykbaar so warm jy het nie eers n heater nodig in hierdie koue nie

  • 120. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 26

    Ek moes met die edelagbare gaan gesels het , na my manewales

  • 121. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 29

    Teacher : “Can anybody give an example of COINCIDENCE?”
    One Student : “Sir, my Mother and Father got married on the same day and at
    the same time.”

  • 122. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 4 : 29

    Seker mense kan nie sy dop vat nie

  • 123. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 31

    maar wyn vra nie hoe slim of dom jy is nie , as hy jou vat vat hy vir jou

  • 124. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 31

    Waiter : “Would you like your coffee black?”
    Customer : “What other colors do you have?”

  • 125. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 32

    Girlfriend : “…And are you sure you love me and no one else ?”
    Boyfriend : “Dead Sure! I checked the whole list again yesterday”.

  • 126. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 33

    WIFE : You tell a man something, it goes in one ear and comes out of the
    other.
    HUSBAND : You tell a woman something: It goes in both ears and comes out of
    the mouth.

  • 127. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 4 : 33

    Maak dan net seker dat hy jou nie vat nie.

  • 128. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 34

    GIRL : If we become engaged will you give me a ring??
    BOY : Sure, what’s your phone number??

  • 129. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 4 : 36

    Whaahahahahahahahah

    Nie die antwoord wat sy gesoek het nie.

  • 130. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 40

    GIRL : Say you love me! Say you love me!
    BOY : You love me…

  • 131. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 40

    A3 deesdae is ek maar versigtig wat ek vat😆

  • 132. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 41

    A little girl’s prayer

    Dear God, in this year please send clothes for all those poor ladies in Daddy’s computer…… Amen!!!

  • 133. Klip  |  Mei 22, 2009 om 4 : 49

    Nou eers gou die menu gaan beplan vir die naweek hier by die werk.

    Sien julle later

  • 134. Klip  |  Mei 22, 2009 om 5 : 29

    ‘n Klompie jare gelede kom ‘n Skotse politikus op Springbok en hy dra sy tradisionele drag.

    ‘n Werker kom by hom verby en groet beleefd: “More, miesies.”

    Die skot vlieg vererg om: “I’m not your bloody missus!”

    Net toe kom ‘n vlaag wind op en lig die skotse rokkie tot by sy heupe.

    Die werker het die spulletjie so bekyk en al brommende weggestap:

    “Hauk, is daam ‘n bul van ‘n miesies daai!”

  • 135. Klip  |  Mei 22, 2009 om 5 : 31

    Wat is die definisie van ‘n tuiste?
    ‘n Plek waar jy kan krap as dit jeuk – dit maak nie saak waar nie!

    Wat is die definisie van teenspoed?
    Wanneer ‘n cool meisie met ‘n bikini aan op die strand verbystap …………… en die wind waai sand in jou oe.

  • 136. Klip  |  Mei 22, 2009 om 5 : 32

    Wat is die definisie van ‘n onderwyseres?
    Iemand wat vroeer gedink het sy hou van kinders.

  • 137. Klip  |  Mei 22, 2009 om 5 : 32

    Wat is die definisie van ‘n optimis?
    Iemand wat die motorwerktuigkundige glo as hy se die herstelwerk aan sy kar sal nie baie kos nie.

    Wat is die definisie van ‘n pessimis?
    ‘n Optimis met ondervinding.

  • 138. Adrie  |  Mei 22, 2009 om 5 : 37

    Ai tog

  • 139. Klip  |  Mei 22, 2009 om 5 : 37

    Gammat vang ‘n dip in die see, ‘n brander lig hom hoog op en hy skree benoud: “Help, help! Help my Meraai, ek kannie swemmie!

    “Okei Gammat, calm down. Ek kan ook nie swem nie maar hoor jy miskien vir my so skree?”

  • 140. Klip  |  Mei 22, 2009 om 5 : 38

    Die ou oom wou nog iets aan sy oudste seun sê, toe die oom sy laaste asem uit- blaas.

    ‘n Paar dae later net na skemer is die seun op pad huis toe van die skaapkraal toe sy pa langs hom verskyn.

    “Ou seun,” sê die spook, “daar’s nog iets wat ons moet bespreek.”

    “Goed, Pa. Maar kan ons dit maar so in die hardloop doen?”

  • 141. Klip  |  Mei 22, 2009 om 5 : 39

    Die koek is klaar en Ma konsentreer hard om dit mooi te versier. Jannie kom die kombuis binne en vir ‘n hele vyftien minute lank staan hy doodstil en kyk hoe sy werk.

    “Mamma, hoekom is mamma so stil?” vra hy later.

    “Jy kan mos sien ek is besig om te konsentreer, Jannie. Wat wil jy dan hê moet ek sê?”

    “Mamma kan mos vra “Jannie, het jy nie dalk lus vir ‘n stukkie koek nie?”

  • 142. Klip  |  Mei 22, 2009 om 5 : 40

    “Pietie, my kind. Elke keer as jy so lelik praat dan gaan daar koue rillings langs my ruggraat af.”

    “Sjoe ouma, dan moet ouma vir pappa hoor, ouma sal sommer verkluim!”

  • 143. Klip  |  Mei 22, 2009 om 5 : 41

    Twee pas getroude vrouens praat oor voorbehoeding.

    “Watter vorm van voorbehoeding gebruik julle?” wou een weet.

    “Die emmer en piering metode” kom die antwoord.

    “Nou wat is dit?”

    “Maklik. Jy sien my man is maar ‘n kort kereltjie. As hy die behoefte het dan doen ons dit terwyl hy op ‘n emmer staan om mooi by te kom.

    Ek hou hom dan fyn dop en sodra sy oe so groot soos pierings word, dan skop ek net die emmer onder hom uit!”

  • 144. Klip  |  Mei 22, 2009 om 5 : 43

    Hier kort duskant middernag stap Gammat lekker geswaai saam met ‘n nuwe pel straat af. By ‘n sekere huis in die straat gaan hy staan.

    “Sjien djy daai hekkie?” vra hy swaar van tong. “Disj nou my hekkie daai.”

    Hy sleep sy vriend saam met hom voordeur toe.

    “Sjien djy die stoep? Disj nou my sjtoepie die.”

    Hy stoot die deur oop en sleep die pel deur die voorportaal, gang af.

    “Sjien djy die badsjkamer? Disj nou my badsjkamer die.”

    By die slaapkamer aangekom, stoot hy saggies aan die halfoop deur en se:

    “Sjien djy nou die double bed? Disj nou my double bed daai.

    En sien djy die vroutjie daar op die bed? Dis nou my vroutjie…..

    En sjien djy daai outjie daar langsj haar? Disj nou ekke.”

  • 145. Klip  |  Mei 22, 2009 om 5 : 43

    Dis seker nou genoeg om al die rooflesers besig te hou

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: