My goeie vriend, Google

Mei 20, 2009 at 5 : 45 99 Kommentaar

Op 18 Maart 2008 het ek bloedgesweet.  Ek moes ‘n nuwe blog plaas, maar het nie die vorige dag se blogantwoord gehad nie.  Ek het die vraag gevra, wetende dat ek wel die antwoord al op Google gesien het.  (Die vraag:  wie was die laaste persoon wat in SA terreggestel is)  Ongelukkig het Zuma ‘n rukkie tevore besluit hy ondersteun die doodstraf.  En elke soekterm wat ek probeer het, het daarna verwys.

Dit was die laaste keer wat ek ‘n blogvraag gevra het, sonder om vooraf van die antwoord seker te maak.  Wat my daardie dag grys hare gegee het, is juis die beginsel waarop Google ontwikkel is.  Google soek basies die backlinks van wat om die net beskikbaar is.  Hulle lys dit dan in volgorde van gewildheid, met die rasionaal dat die webpage wat die meeste besoek word, waarskynlik juis die bladsy wat gesoek word.

Dit is in kort wat google is.  Dit was ‘n PhD projek van Larry Page, wat gou genoeg deur Sergey Brin, een van sy vriende en ook ‘n PhD student, verder ontwikkel is.  Die oorspronklike naam was Back-rup, wat na die backlinks verwys.  Later is dit verander na google, wat van googol gemaak is.  ‘n Googol is ‘n eenheid wat 1 gevolg met 100 nulle voorstel.  Die oorspronklike website was google.stanford.edu, maar op 15 September 1997 is google.com as ‘n domein geregistreer.  Die res is geskiedenis.

Ek is daagliks op Google, nie net omdat dit my homepage is of omdat ek ‘n blogvraag moet soek nie.  Ek gebruik dit baie in my werk en om al die gatjies in my opvoeding toe te stop.  Google is 24/h ‘n dag by my, dus is dit baie gerieflik om ten enige tyd gebruik te word.

Google is veronderstel om gratis te wees, maar ongelukkig het alles ‘n prys.  Google se prys stel vrae oor privaatheid, kopiereg en sensorskap.  Daar is mense wat glo dat google almal se privaatheid beroof.  Met cookies, bou google ‘n geskiedenis op van jou soeke.  Dit kan dan gebruik om ‘n profiel van jou te ontwikkel, wat een of ander tyd teen jou gebruik kan word.  Dit is egter nie noodwendig teen ‘n mens nie, maar eerder ‘n masjien.  Wat nie noodwendig net deur een mens gebruik word nie.  So te sê alles wat jy op die net sit kan deur google opgespoor word, wat deur enige aap aangewend kan word soos hy goeddink.  Jou werk is dus nie altyd jou eie nie.  Google word ook deur sekere wette gedwing (wat van land tot land kan verskil) om seker soektogte te verwyder of weg te laat.  Jy kan dus nie alles op google kry nie.

Is Google ook jou vriend?  Kan jy sonder Google lewe?  Hoe voel jy oor Google se prys?

Blogvraag:  Wie was die stigters van wikipedia?

Blogantwoord:  Willes was reg met die Naked Cowboy en Olga was reg met hoe hy bedel.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Bedel Sindikate Gemaksug

99 Kommentaar Add your own

  • 1. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 6 : 16

    Eerste

  • 2. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 6 : 33

    hello

  • 3. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 6 : 40

    ek is meer op mieliestronk as google maar ek like google kwaai

  • 4. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 6 : 52

    Jimmy Wales en Larry Sanger

  • 5. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 6 : 53

    Ek het baaaaaaaja vinnig gelees vi die antwoord. Kan dalk vikeerd wees……….

  • 6. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 6 : 54

    Jy nog hie Tilla?

  • 7. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 6 : 55

    Ek gat gou die post lees

  • 8. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 01

    Ek gebruik deesdae wiki net so baie as google

  • 9. Olga  |  Mei 20, 2009 om 7 : 01

    Ai alweer ek en pateetlaan. in die tyd dat charmaine en dirty harry skool gegaan het, was AFRI4KENKAANS EN ENGELS nie in 1 klas saam geboender nie.

  • 10. Olga  |  Mei 20, 2009 om 7 : 04

    Hoekom kla die suid afrikaanse klere bedryf as hulle hul gatte sien? HELLO!!! hulle het hulleself van die mark afgeprys.

  • 11. Adrie  |  Mei 20, 2009 om 7 : 05

    Hi Hi

  • 12. Adrie  |  Mei 20, 2009 om 7 : 07

    Ek het Sonkind vanmiddag met die hand gegroet. We la ka pe la

  • 13. Olga  |  Mei 20, 2009 om 7 : 09

    Wikipedia is lam. alles wat ek by hulle aanvra kom terug “the page starting with . . . . . could not be found.” ek google eerder wikipedia.😆

  • 14. Adrie  |  Mei 20, 2009 om 7 : 10

    Olga, ek het die week nog glad nie by pateetlaan uitgekom nie. Ek is seker ek mis niks nie.

  • 15. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 10

    Naand

  • 16. Olga  |  Mei 20, 2009 om 7 : 11

    Arme sonkind.

  • 17. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 11

    Ek sien hulle het beslag gelê op my drugs😯

  • 18. Olga  |  Mei 20, 2009 om 7 : 13

    Ek kyk elke aand net die laaste 10 minute van pateetln.

  • 19. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 13

    Olga

    Presies wat ek ook gedink het…… Arme vrou

  • 20. Olga  |  Mei 20, 2009 om 7 : 14

    Oom jack het hulle seker gestuur na jou cache drugs wk.

  • 21. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 14

    Jy kan ‘n maand van pateetlaan mis en presies weet wat aangaan

  • 22. Adrie  |  Mei 20, 2009 om 7 : 14

    Wiki moet n mens minimalisties google. Anders kan dit n gemors afgee.

  • 23. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 15

    Ek het geweet dis oom Witbaas Jack se skuld dat die bust plaasgevind het

  • 24. Olga  |  Mei 20, 2009 om 7 : 15

    hoe gaan dit wk? al moeg geleer?

  • 25. Adrie  |  Mei 20, 2009 om 7 : 15

    Bogger julle dan ook.

  • 26. Olga  |  Mei 20, 2009 om 7 : 16

    lmga. ek wonder of hy kommisie daarop kry? dalk n stoppie so dan en wan?

  • 27. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 17

    Olga

    Sonner my zolle gat dit ma starrag jong. Ek het vandag amper moordgepleeg

  • 28. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 18

    Adriana
    😯 nou wat nou😕

  • 29. Olga  |  Mei 20, 2009 om 7 : 18

    Wat het ons gedoen om so geswets te word? huh? O U M A W I P KOM KYK HOE STOUT IS JOU STOUTSTE KLEINKIND WEER VANAAND.

  • 30. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 19

    A3

    Wanne kom jy trug? Glo dit of nie….. Ons mis die miesies:mrgreen:

  • 31. Olga  |  Mei 20, 2009 om 7 : 19

    sy wil haar gat geskop he. dis wat.

  • 32. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 20

    Ouma Wip sit oppi stoep en pyp rook

  • 33. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 21

    Eish! Sy gat ons moer wanne sy trug kom

  • 34. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 22

    Joh!!! Ou Naas word oud

  • 35. Olga  |  Mei 20, 2009 om 7 : 23

    Wat is groter wk, sy tande of sy ore?

  • 36. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 25

    Whuhahahahahaha

  • 37. Olga  |  Mei 20, 2009 om 7 : 25

    Ai, ons word ook so deur die ore gewerk ne. jy betaal n maksimum premie vir mediesefonds. dan kry jy minimum voordele. maar dis omdat die minister n veer voel vir ons.

  • 38. Olga  |  Mei 20, 2009 om 7 : 26

    Wat het ouma wip in haar pyp? boxer of tik?

  • 39. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 27

    BBBRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! DIS DONNERS KOUD

  • 40. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 28

    Ouma Wip kry ‘n cut by oom Witbaas Jack

  • 41. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 7 : 29

    Cheers. Tyd vi ons daaglikse les

  • 42. Olga  |  Mei 20, 2009 om 7 : 31

    Geniet dit. nag. hoop jy slp leke.

  • 43. WILLE KJINDQ  |  Mei 21, 2009 om 5 : 16

    More more

  • 44. *Mathilda*  |  Mei 21, 2009 om 7 : 09

    More more

  • 45. *Mathilda*  |  Mei 21, 2009 om 7 : 12

    Hel pel – dit was nag om vanoggend werk toe te ry

  • 46. Olga  |  Mei 21, 2009 om 7 : 38

    More, more.

  • 47. Olga  |  Mei 21, 2009 om 7 : 41

    wat het jou rit nag gemaak tillaki?

  • 48. *Mathilda*  |  Mei 21, 2009 om 7 : 42

    Mis

  • 49. *Mathilda*  |  Mei 21, 2009 om 7 : 53

    Hoe lyk dit daar in julle geweste Olga

  • 50. Olga  |  Mei 21, 2009 om 8 : 40

    dit reen en nogal mistig ook tilla. ai, 3kop se kant toe sal dit soos watte wees hoor.

  • 51. Olga  |  Mei 21, 2009 om 9 : 06

    en dis koud. mens moet vandag eet om warm te bly. vandag sien bessie en kie nie die laagwaterbrug nie. die teerpad? wha ha ha ha ha. dis so uit soos naas se ore.

  • 52. *Mathilda*  |  Mei 21, 2009 om 9 : 21

    Die mis het darem nou al gelig, partydae is dit rof hierso en dan lig dit eers so hier teen 12 uur se kant.

  • 53. *Mathilda*  |  Mei 21, 2009 om 9 : 22

    Ek kry darem nie vandag so koud nie, maar daar is niks verkeerd met eet nie !

  • 54. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 10 : 02

    Testing 1 2 3

  • 55. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 10 : 02

    A tog! Wat ‘n gesukkel

  • 56. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 10 : 05

    @ Olga

    Ek het ‘n skool gekry vir M. Kliek op my naam. Dis baie oulik, naby my EN goedkoop!!! Ek was self daar en was so impressed met die plek dat ek hom somme dadelik sou inskryf vir hierie jaar nog as hulle nie te vol wassi

  • 57. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 10 : 06

    Eks hommer

  • 58. Beeld  |  Mei 21, 2009 om 10 : 23

    Baba glo in kar los
    May 20 2009 09:24:00:190PM – (SA)

    Potchefstroom. – ’n Ma van dié stad het gister in die plaaslike landdroshof verskyn nadat sy haar babaseun van byna twee maande sowat 90 minute lank alleen in ’n motor buite ’n kroeg gelos het.

    Die polisie het gisteroggend ná 02:00 op die huilende baba in die motor buite GP’s Tavern in Potchefstroom afgekom, het kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, gesê. Dit was nadat ’n lid van die publiek hulle gebel het.

    Een van die motorvensters was oop en ’n agterdeur ongesluit.

    Die vrou is op die toneel in hegtenis geneem.

    Die baba is in haar familielede se sorg en sy is gistermiddag op borgtog van R500 vrygelaat. – Linda de Beer

  • 59. Olga  |  Mei 21, 2009 om 11 : 13

    Hang haar hoog. hang haar hoog.

  • 60. Olga  |  Mei 21, 2009 om 11 : 14

    Is die skool nabz jou werk wk?

  • 61. Olga  |  Mei 21, 2009 om 11 : 18

    Dit lyk ideaal wk. begin hy volgende jaar gr 0 of 1?

  • 62. *Mathilda*  |  Mei 21, 2009 om 11 : 18

    Hulle moes haar nie bail gegee het nie – eerder 90 dae in aanhouding gehou het – sy is nie ‘n ma se gat werd nie !

  • 63. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 11 : 19

    Hang ha laag genoeg dat ons ha kan skop!

  • 64. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 11 : 20

    @ Olga

    Hy begin volgende jaar graad 0

  • 65. Olga  |  Mei 21, 2009 om 11 : 21

    Hoe gouer hoe beter ne. hoe erg is hy gehoorgestremd?

  • 66. Olga  |  Mei 21, 2009 om 11 : 28

    Nie skop nie. netnou is dit slap en dan is die hele blog besmeer.

  • 67. Olga  |  Mei 21, 2009 om 11 : 34

    Ai, ek moenie oordeel nie. ousus het al weggeloop. n swartman het haar teruggebring. vir tumi het ek in die huis toegesluit. toe was ek oppad dorp toe en sy n volle 1 jaar oud. toe tik sy aan die venster toe ek verby stap. bb het weggeraak, ek het soos n besetene in die strate rond gehardloop om hom te soek. vind hom later in die huis onder ousus se teddie wat groter as hy was. vas aan die slaap. en nolie? ai, my nolie. die kind het gepruim aan n hondedrol.

  • 68. *Mathilda*  |  Mei 21, 2009 om 11 : 36

    Willes

    Ek sien daai skool is even tweetalig – dit lyk vir my heel nice

  • 69. *Mathilda*  |  Mei 21, 2009 om 11 : 38

    Olga

    Dis dinge wat gebeur – maar jy het nog nooit jou kinders in ‘n kar gelos vir ‘n uur en ‘n half nie (en beslis nie ‘n pap babatjie van 2 maande nie)

    TL het noudie dag die hondekos geeet dat jy net spoeg sien spat – en sy raak kwaad as jy dit probeer vat !

  • 70. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 11 : 46

    @ Olga

    Ons sal eers volgende jaar weet hoe erg.

    Ek het T al in Wilgers Hospitaal ‘verloor’ toe sy met my pa vooruit gestap het. Dit was ‘n week voor M se geboorte😯 . 3 Jaar later het ek M verloor inni selle blêrrie hospitaal. Ek het die karwag uit gekak en gedink hys saam my ma en my ma het gedink hys saam my. Ergste van alles was dat dit juis die tyd was wat ons uitgevind het die kjind is doof. Roep was buite die kwessie want wenna kon mos nie hoor nie. Ek het soos ‘n mal ding na die ‘guard room’ gegaan en oppi monitors gat kyk. Ons het hom eventually in die admin gedeelte gesien wat dam net agter die guard room was.

    Kyk……… Ek was verby kwaad vir daar kar nar en hom somme WEE loop uitkak om ontslae te raak van my groot skrik gevoel

    @ *M*

    Hulle is nou net Afrikaans. Hulle het ondervind dat (met die min onnies) die kjinners gouer vorder met net 1 taal.

  • 71. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 11 : 47

    @ *M*

    Met het tot so ‘n jaar trug nog die hond se pille geëet. Die laaste ruk was natuurlik skelmpies gedoen omdat hy goed weet wat hy aanvang!

  • 72. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 11 : 52

    Eish!!!

    #70 moet lees…… M het tot

  • 73. *Mathilda*  |  Mei 21, 2009 om 12 : 24

    Ek het so afgelei ja. Wat die snaakste was is toe Terror dit sien en sy hoor wat dit is, sy het elke woord probeer om te sê wat sy daarvan dink, yukkkk, eeeuuuuwwww, gross, disgusting, jy noem dit – tot ek vir haar vertel het sy het dit ook gedoen (as sy teen daai tyd ontbyt gehad het was dit sekerlik uit), sy was so naar sy kon vrek !

  • 74. pop  |  Mei 21, 2009 om 12 : 33

    Wat’s die toppunt van dronkgeit

    As jy oor die dans vloer loop om ‘n dop te bestel en jy wen die singles dans kompetisie!

  • 75. *Mathilda*  |  Mei 21, 2009 om 12 : 38

    hallo pop

  • 76. pop  |  Mei 21, 2009 om 12 : 41

    hello *m*

    hoe gaan dit?

  • 77. *Mathilda*  |  Mei 21, 2009 om 12 : 52

    Goed dankie en daar by jou

  • 78. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 1 : 49

    KOS!!! MMMMMMmmmmmmmmmm…………………………..

  • 79. Olga  |  Mei 21, 2009 om 1 : 55

    En daar was stilte. groooooot stilte. ek sou so graag gebare taal wou praat. ek het tumi se doofstom nig gese sy moet haar horende baba van die begin af leer sein. maar ek dink nie sy sal toegelaat word om dit te doen nie. net skoonma se woord geld in hulle huishouding. ek wens wk kan vir nig oplei. ek moet neutraal bly of ek wetter skoonmoer se tande in haar keel af.

  • 80. Olga  |  Mei 21, 2009 om 1 : 59

    Dis net n pomelo wk.

  • 81. Olga  |  Mei 21, 2009 om 2 : 00

    Heng. daar hardloop wk my uit die grond uit vir n bitter pomelo.

  • 82. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 2 : 18

    OLGA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Jy nog hie?

  • 83. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 2 : 19

    Twee vroumense is aan die golf speel. Die 1ste een slaan af en kyk in afgryse hoe haar bal reguit na ‘n ander groepie mans trek daar naby. Die bal tref die een man en onmiddellik slaan hy sy hande tussen sy bene saam en val grond toe.

    Die vrou hardloop onmiddellik oor en begin sommer al op ‘n afstand verskoning aan te bied vir die ongeluk.
    “Ek is jammer, Ek is ‘n Fisio en as jy my toelaat kan ek probeer om die pyn te verlig”
    “Dit is OK ek sal oor ‘n paar minute dalk weer reg wees” kreun die man, terwyl hy steeds opgekrul lê met sy hande tussen sy bene.
    Die vroutjie voel baie sleg en op haar aandrang laat hy haar toe om te help. Sy neem versigtig sy hande weg, maak sy gulp oop en sit haar hand in. Sy gee hom ‘n baie sagte, lekker massering en vra hom later: “Hoe voel dit nou?”

    “Ek voel baie beter, maar ek dink nog steeds my duim is gebreek”

  • 84. Olga  |  Mei 21, 2009 om 2 : 29

    Wha ha ha ha ha ha ha ha ha ha ha.

  • 85. *Mathilda*  |  Mei 21, 2009 om 2 : 32

    Tipies man !

  • 86. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 2 : 33

    Issit ek en jy inni denneplantasie? Ek hoop jyt eerste afgeslaan anners is ek die skuldige:mrgreen:

  • 87. Olga  |  Mei 21, 2009 om 2 : 36

    Dit was beslis jou dennetol.

  • 88. Olga  |  Mei 21, 2009 om 2 : 38

    en die heks wat so dom getoor het.

  • 89. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 2 : 41

    @ Olga

    Eish!!!

    @ *M*

    Jy moet ma kom help dennetolle optel

  • 90. Olga  |  Mei 21, 2009 om 2 : 44

    Hier is al n hoop denne tolle. die heks het hulle hoop getoor.

  • 91. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 3 : 39

    Julles ok lekka gevrek assi miesies nie hie issi. Oom Witbaas Jack het die mense weggejaag ma hy kom praat self nie!

  • 92. *Mathilda*  |  Mei 21, 2009 om 3 : 46

    Kaapse humor

    Gamat sit in sy garage waar hy die laaste goed moet ontruim en bepeins sy lot.
    Hy’t sy huis verloor, sy werk verloor en sy vrou het die kinders gevat en hom geskei.
    Hy sien ‘n kas met wynbottels en loop soontoe.
    Hy vat ‘n lee bottel, smyt dit teen die muur en skel: ‘Djy issie reason lat ekkie ‘n vrou hettie!’
    Hy vat ‘n tweede bottel: ‘Djy issie reason lat ekkie kinners hettie!’
    Derde bottel: ‘Djy issie reason lat ekkie ‘n job hettie!’
    Vierde bottel: ‘Djy issie reason lat ekkie ‘n huis hettie!’
    Hy vat die vyfde bottel en sien dis nog nie oopgemaak nie – vol wyn.
    Hy sit die bottel saggies neer en sê: ‘Staan djy eers eenkant toe, my broe. Ek sien djy wassie involved nie.’

  • 93. *Mathilda*  |  Mei 21, 2009 om 3 : 48

    Ek gaan nou huistoe, sien weer later

  • 94. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 3 : 51

    Baai Tilla

  • 95. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 3 : 52

    Hoe om jou huis te beveilig as jy te broke is vir ‘n ADT alarm

    1. Gaan na jou naaste tweede handse klere winkel en koop n gebruikte stel “Steel Point Boots” verkieslik size 14-16.

    2. Plaas dit op jou stoep langs n paar lee bier blikke gepaart met ‘n Guns&Ammo tydskrif en ook n jagters tydskrif.

    3. Plaas dan ook 2-4 groot staal honde bakke by die spul (vekieslik leeg).

    4. Los ‘n nota op jou hek waarop die volgende geskryf is:

    ‘Hey Jan, Dik Frik, Spyker EN Gert, Ek is uit na die geweerhandelaar vir nog amunisie. Terug oor ‘n uur. Moenie mors met die honde nie!!! – Hulle het vonoggend die posman gebyt en hy is sleg opgeneuk. Ek glo nie Boelie was betrokke nie maar mens sal nie kan sê nie………. ek kon nie uit maak
    met al die bloed en bytmerke nie. PS – Ek het hulle almal in die huis toe gemaak. As ek julle is wag eerder buite!!’

  • 96. Wille Kjind Q  |  Mei 21, 2009 om 4 : 01

    Two elderly ladies had been friends for many decades. Over the years, they had shared all kinds of activities and adventures. Lately, their activities had been limited to meeting a few times a week to play cards.

    One day, they were playing cards when one looked at the other and said, ‘Now don’t get mad at me .. I know we’ve been friends for a long time , but I just can’t think of your name ! I’ve thought and thought, but I can’t remember it. Please tell me what your name is.’

    Her friend glared at her… For at least three minutes she just stared and glared at her.

    Finally she said, ‘How soon do you need to know?’

  • 97. Olga  |  Mei 21, 2009 om 4 : 49

    Sien jou oom klip het jou mooi geleer wk.

  • 98. WILLE KJINDQ  |  Mei 21, 2009 om 6 : 35

    Olga

    Oom Klip het by die Ousie geleer😉

  • […] Dit was die laaste keer wat ek ‘n blogvraag gevra het, sonder om vooraf van die antwoord seker click for more var gaJsHost = (("https:" == document.location.protocol) ? "https://ssl." : […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: