Bedel Sindikate

Mei 19, 2009 at 5 : 55 130 Kommentaar

Begger

Ons is al gewoond aan ‘n bedelaar op elke straathoek.  Dit is niks nuuts nie.  Netso is dit ook nie meer vreemd dat van die bedelaars nie altyd ‘n rede het om te bedel nie.  Van hulle ry met luukse karre rond.  Dit is seker hulle saak hoe hulle die paaiemente bekostig.  Hulle moet dit geniet ook, hulle sal eendag moet gaan verduidelik oor hoeveel mense hulle met die selfsugtige daad in die voet geskiet het.

Wat my wel tot in my siel in grief is die sindikate wat bedel.  As ek so vinnig dink, is daar 4 groepe, waarskynlik meer.  Die een wat seker die mees algemeenste is, is ‘n jong seun in toiing kleure en asvaal voete.  Hy loop daan van motor tot motor, met sy hande voor sy bors gebondel.  Hy maak oogkontak en wend ‘n patetiese waaipoging as groet aan.  Hy vryf oor sy maag en wys dan dat hy iets te ete soek.  Die motoris gee ‘n antwoord en dan word die proses by die volgende kar herhaal.  Gewoonlik is hulle ook in skool tyd op straat.

Die volgende klomp het plakkaarte.  Daar is basies 3 afdelings in die groep.  Die eerste groep is gewoonlik blank.  Hulle vertel gewoonlik hoe hulle nie werk kan kry as gevolg van regstellende aksie nie.  Daar is gewoonlik ‘n paar afhanklikes en hulle vra werk of kos.  Die ander 2 groepe is gewoonlik swart, met amper dieselfde boodskap.  Dit is:  “I rather die of hunger than steal.” of “I was taught to ask before I steal”.  Die onderliggende dreigement is duidelik.  As jy nie ‘n geldjie gee nie, gaan hulle misdadigers word.

Die nuutste is seker om gestremdes in te span.  Weereens is daar twee groepe.  Die eerste lei ‘n blinde mens tussen die karre deur en help hom of haar sommer ook om te praat.  Ek is seker hy/sy kry wel kommissie, hulle doen dit beslis nie uit die goedheid van hulle hart nie.  Die tweede groep laat my bloed kook – letterlik.  ‘n Persoon wat ernstig gestremd is word in die middel van die pad, met of sonder plakaart gelos.  Die persoon kan nie juis beweeg nie en is dikwels ook verstandelik gestremd. 

Wat ek nie kan klein kry nie, is hoekom mense hulle laat misbruik om vir iemand anders se sak te bedel.  Kan hulle nie self ‘n roetine uitwerk of kan hulle nie ‘n merkpen bekostig nie.  Dit is amper soos ‘n produk wat ‘n maatskappy op die mark sit, sonder dat die verbruiker enige voordeel kry.  Hoekom bedel hulle nie vir hulleself nie, dan hoef hulle immers nie te deel nie.

Stem julle saam met my groepering?  Is daar ander groepe ook?  Gee jy vir straatbedelaars?  Dink jy dat ek dalk reg kan wees van die sindikate?

Blogvraag:  As wat is Robert John Burck beter bekend en hoe “bedel” hy? 

Blogantwoord:  Olga was reg met Daimler Victoria.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

The Usual Suspects My goeie vriend, Google

130 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Mei 19, 2009 om 6 : 17

    Eerste.

  • 2. Olga  |  Mei 19, 2009 om 6 : 28

    As die dust devil en hy bedel vir die brandweer

  • 3. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 6 : 31

    Tweedeste

  • 4. Olga  |  Mei 19, 2009 om 6 : 32

    John burke. sommige bronne se hy is 1955 gebore. ander se 1960.

  • 5. Olga  |  Mei 19, 2009 om 6 : 33

    Jy al tuis wk?

  • 6. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 6 : 33

    He! He! Ek het geweet daai info pack van MBSA (voorheen Daimler Chrysler) wassie viniet nie.

  • 7. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 6 : 34

    Olga

    Hkm verbeel ek my hyt ook die naam Naked Cowboy😯

  • 8. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 6 : 35

    O ja…… Naand inni aand

  • 9. Olga  |  Mei 19, 2009 om 6 : 41

    Jy is reg wk. ek het die verkeerde man gegoogle. die ene bedel im sy onnie met kwaaibooiboots en n wit stetson met n kitaar. en ja, die naked cowboy.

  • 10. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 6 : 44

    Olga

    Ma ek kanni onthou hoe hy bedel nie😕

  • 11. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 6 : 56

    Speel kitaar met net ‘n onnie aan

  • 12. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 7 : 01

    Check julle later. Gat nou met M sit en deur vandag se les gaan

  • 13. Olga  |  Mei 19, 2009 om 7 : 04

    Wk, kan ek jou bietjie raad met m gee?

  • 14. Olga  |  Mei 19, 2009 om 7 : 14

    Nog n klas van bedel wat my dwars in die krop steek. die is van mense wat jou pcm. dan bel jy en hoor hulle was oppad om skuld te betaal. toe word hulle beroof. huur, water en ligte, skuld en kosgeld alles daarmee heen. en as hulle nie more voor 12 huur betaal nie, moet hulle uit. ek het intussen verneem sussie wie ‘beroof’ was, het werk gekry. toe sx nie toegelaat word om nes sy wil smokebreak te vat nie, toe loop sy maar. ouboet wie met kind en meisie by ma inwoon het in 2 jaar nie gewerk nie. hoe het hulle die laaste 2 jaar oorleef? ek wens ek weet.

  • 15. Adrie  |  Mei 19, 2009 om 7 : 37

    Gegroet!

  • 16. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 8 : 21

    Olga

    Natuurlik! Kanni skade doen nie

    3Ling

    Lo da. Hoop jy gedra jouself……. Al issit tog nou sleg😉

  • 17. Girl van die Suburbs  |  Mei 19, 2009 om 9 : 01

    Naand julle!

    Hoop dit gaan goed met almal?!

  • 18. Girl van die Suburbs  |  Mei 19, 2009 om 9 : 04

    Hey A3

    Ek hou van jou klassifikasie van die bedelaars. Die wat die blindes rondlei is almal non-sa burgers! Wonder of hulle perkspermitte het?😉

  • 19. olga  |  Mei 19, 2009 om 9 : 29

    Wk, tensy sy skool spesifieke huis of leerwerk stuur, doen jy nie skoolwerk met hom nie. speel met hom. nee, nie omdat ek dink jy skeep hom af nie. gooi n bal vir hom. laat hy teruggooi. sing liedjies met hom. en dans op die ritme met hom. hokey pokey tipe danse geniet hulle gewoonlik. speel hopscotch met hom. stimuleer die li ggaam en die brein gaan volg. se gediggies met hom. voer dit op. lees vir hom terwyl jy plek hou met jou vinger. skryf n storie, met sy naam dikwels daarin. lees dit. met die vinger. kyk hoe hy woorde so gaan leer. moet jou nie te veel steur aan hulle skoolgereedheidsprogram nie. gebruik dit net as n riglyn. jy weet waartoe hy in staat is, hulle maak ingeligte raaiskote. en riglyne volgens die raaiskote.

  • 20. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 01

    Olga

    Kan jy nou meer! Dis presies waaroor die ‘lesse’ gaan. Dis ‘n program wat presies is waarvan jy praat. Ons sit nie met boeke en doen gewone huiswerk nie. Ek moet vooraf kyk wat om te doen dan spring die 2 van ons soos mal hase rond. Ons bou vliegtuigies met enige bldsy wat ons kry. Ons boks, speel hop scotch, marbles, pin the donkey, sing, hou poppe spel en en en

    Die groot geleerde mense kan gerus by die 3de jaarse spraak juffies leer. Dit help nie om ‘n kind te druk en soos ‘n RSM agter hom te staan

  • 21. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 03

    Ek moet ook noem dat M se vliegtuie verder as myne vlieg:mrgreen:

  • 22. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 05

    En hy skop daai bal meer reguit as ek! Dalk moet ma die ‘spesiale klas’ ook gat bywoon🙄

  • 23. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 06

    Hyt seke ôk ‘n gat in sy opvoeding

  • 24. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 07

    Of wassit nou sy tannie wat die gat het……….

  • 25. olga  |  Mei 19, 2009 om 10 : 08

    Daar is lug in die tonnel wk. Die feit dat m se probleem vroeg raakgesien en aangespreek is het natuurlik al 60% van sy stryd gewen.

  • 26. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 08

    Yip! En dis ‘n groot gat as jy my vra😉

  • 27. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 09

    Olga

    Ek is net bly ek is te hardkoppig om vi enige kwak se kak storie te val

  • 28. olga  |  Mei 19, 2009 om 10 : 11

    Moet net nie die gat met coke vul nie. Verder, moet jy die reels neerle. 8 uur (of wat dit in julle fam is, is slapenstyd) dan sit jy die tv af. en moenie cheat nie.

  • 29. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 11

    Kyk…… Ek raak @*+!,?.@ as iemand sê daas niks fout as ek voor my siel weet da is. Ook as hulle sê dais ma daas 4kol

  • 30. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 13

    My tievie gat 20h30 af deuri week en naweke kan hulle doen wat hulle wil

  • 31. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 15

    Ek moet sê dat M op sekere vlakke baja beter vaar as my sus se laaitie. Hy kan bv ‘n 62 stuk puzzel vinniger bou as my sussie se laaitie ‘n 48 stuk bou

  • 32. olga  |  Mei 19, 2009 om 10 : 16

    ons het n wonderlike dr gehad. as ek nie met iets tevrede was nie, het ek na hom gegaan. hulle het destyds n spesiale dieet vir my seuns gehad. omtrent geen vit c nie. ek het dit 3 maande gevolg. agtergekom hulle immuniteit is maan toe. dr toe. sy bevinding? 4k die gemors weg. dit is wensdenkery. niks bewyse dat dit werk nie. daarmee het ek hnm gelyk gegee. ek het in daardie tyd geen verbetering gemerk nie. weet jy wat het die beste resultate gelewer?

  • 33. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 17

    Ek is net bly my ma is ‘n oud onnerwyser. Sy help dam ook baja met die nodige opvoeding

  • 34. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 18

    Vertel

  • 35. olga  |  Mei 19, 2009 om 10 : 24

    Ek het die dr van witbank se stem hoor se “n kind wat sy liggaam kan beheer kan sy brein beheer.” toe wou ek hulle ballet laat doen. maar aangesien ons in parraspan gewoon het, kon ek nie. seuns het net nie ballet gedoen nie. toe besluit ek op second best en laat hulle karate doen. beste besluit ooit. my nolie is matriek deur met 72 persent.

  • 36. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 24

    Eish! Klip is seke met verlof. My krag is sopas af

  • 37. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 26

    Bravo! Dis nou achievment uit die boonste gestoeltes. Ek haal my hoed af vi hom

  • 38. olga  |  Mei 19, 2009 om 10 : 27

    My seuns se probleem was egter eers in gr 2 en 3 opgetel. wat toe al amper te laat was. bb het feeks van n onderwyser in gr1 gehad. sy is verantwoordelik dat hy NIE WOU LEES EN SKRYF NIE. vandag is sy net n bloated old bitch.

  • 39. olga  |  Mei 19, 2009 om 10 : 28

    klip is seker geregtig op n bietjie verlof. hy kan dan oefen om n oupie te wees.

  • 40. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 29

    Ek dink nou aan my 1 neef (nou baja groot drol) wat op laerskool inni aanpassing klas was. Vandag het hy ‘n graad en is makulu baas by ‘n groot firma

  • 41. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 31

    Die fondasie van ‘n kjind se skool opvoeding issi belangrikste. Sekere onnies moet net dood eenvoudig omval en stink

  • 42. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 10 : 33

    Wag….. Ek beter groet. My foon is my alarm en hyt net 1 bêtry streep. Ek gat my gat sien as die krag nie aankom nie.

  • 43. olga  |  Mei 19, 2009 om 10 : 34

    Daarmee stem ek geheel en al saam. hulle hoort nie om n tafel met kinders nie. laat staan nog voor n klas vol kinders. nag. leke slaap.

  • 44. WILLE KJINDQ  |  Mei 20, 2009 om 5 : 12

    More more

  • 45. olga  |  Mei 20, 2009 om 6 : 45

    More, more.

  • 46. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 7 : 26

    More maaikies

  • 47. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 7 : 33

    Ek soek die Beeld, ek wil weet van die ou wat sy 2 kinders doodgery het, wat het daar gebeur ?

  • 48. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 7 : 34

    O ja, dit was gister

  • 49. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 7 : 38

    Olga, ek glo ook mens leer deur te speel

  • 50. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 7 : 42

    Ek sukkel baie met terror met daai vreemde taal soos sy dit noem, maar sy hou nie van lees soos plig nie en dis juis daar waar die probleem inkom, eish, julle moet daai spelling beleef party dae. Nou koop ek vir haar engelse boeke van haar keuse wat sal verseker dat sy dit lees, so hopelik gaan ons nou iewers kom.

  • 51. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 7 : 43

    O ja – die topic – ek gee nie eers vir karwagte geld nie – so nee – beslis dan ook nie vir bedelaars nie, ek skenk dit eerder aan ‘n organisasie wat dit nodig het of die SPCA

  • 52. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 7 : 45

    En nou is ek moeg om met myself te praat – sal weer later kom inloer

  • 53. Olga  |  Mei 20, 2009 om 8 : 07

    Dai karwag wil graag werk. ja, vir hom het ek altyd n geldjie. as ek egter by my kar terug kom en ta is nie daar nie, aanvaar ek hy het nie na my kar gekyk nie. dan gaan ek nie vir hom wag nie, ek gaan ry.

  • 54. Olga  |  Mei 20, 2009 om 8 : 14

    Wat my blind bedinges maak, is wanneer jy by n winkel aankom. daar is parkering voor die komplex. dan parkeer jy, gaan ondersteun hulle. kom uit, en daar staan die karnar, mévrou, dis r5. as die komplex eienaar verwag dat jy sy huurders ondersteun, kan ons die ondersteuners, nie ook op ondersteuning dmv veilige gratis parkering geregtig nie?

  • 55. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 8 : 14

    Olga – hallo !

  • 56. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 8 : 16

    Ek kan my eie parkering uitsoek waar ek gaan, ek het nie hulle hulp nodig nie, wat kan ulle in elk geval doen as iemand by jou kar kom peuter ?

  • 57. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 8 : 17

    As ek die dag in ‘n goeie bui is sal ek iets gee, maar ek gee wanneer dit my pas. Olga, daai parkering sê nie R5 om hier te parkeer nie , doen dit ? Hulle kan dwars vlieg !

  • 58. Olga  |  Mei 20, 2009 om 8 : 21

    tilla as sy die tydskrifte lees is dit bakgat. laat die hoop tog nie beskaam nie. my bad boy lees elke maand die speed and sound en fhm cover 2 cover. noem n kar en hy kan jou die specs gee. ek probeer nie eers met hom stry nie. hy gaan ook nie se hy het dit in s& s gelees nie. hy gaan en bring binne minute die regte s & s, gaan deur die inhoudsopgawe en kry die artikel om sy punt te bewys. sy geheue kom hulle kleintyd nie eers bepaal nie. maar spel? ag, pick n finger and win the lotto.

  • 59. Olga  |  Mei 20, 2009 om 8 : 27

    Nee die parkering se nie r5 nie. daarom stuur ek hulle. die ander in n parkeer terrein gee ek n geldjie. het 1dag by spar in sabin gestop. ingegaan, brood, melk en koerant gekoop. was binne 5 minute terug. gee die karnar r1. ek meen, ek was 5 minute weg. toe weier hy om dit te vat want hy wil r2 of meer he. haal ewe n brief uit van management wat se n minimum van r2 SAL BETAAL WORD. toe vat ek my r1, sit dit in my beursie en waai. en se hy moet management se hulle kan my maar sue.

  • 60. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 8 : 37

    Sy kry elke maand die Bratz magazine en dan het ek by die boekverkoping vir haar 2 Hannah Montana storieboeke gekoop en wat nice is van dit is dat dit nogal in ‘n redelike groot skrif is en dus maklik lees.

  • 61. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 8 : 40

    Hulle kan jou nie force nie – management se oor – dan moet hulle maar die mense betaal. Weet jy wat doen ek as ek weet ek gaan lank in die dorp wees, dis nou as ek by my maaikie gaan kuier anders is ek nooit lank in die dorp nie, ek vat my kar na die carwash toe, dan word hy gewas en as hy klaar is stop hulle dit daar in daai ‘yard’ van hulle en dis doodveilig !

  • 62. Olga  |  Mei 20, 2009 om 8 : 50

    Dis n goeie idee vir veilige parkering. jammerte da is nie n car wash naby riverside mall nie. hulle het nie eers n grasietyd nie. 0 tot 1 uur kos r2 en r5 in vakansietyd.

  • 63. Beeld... gebring deur E.T  |  Mei 20, 2009 om 9 : 04

    Huis se hart is stil, sê ma
    May 19 2009 09:07:24:823PM – (SA)

    Charles Smith, Karen Ebersohn

    Victoria-Wes. – Die hartklop van hul huis is stil, het mev. Patrys van der Merwe aan ’n vriendin gesê oor haar twee kinders wat in ’n fratsongeluk dood is.

    Die kinders, Phillip (1) en Kirsten (4), het gesterf toe hulle uit die viertrekbakkie op die gesin se plaas, Elandsfontein, geval het terwyl hul pa, Jan-Hendrik, bestuur het. Die agterwiel het glo oor albei gery.

    Patrys, ’n voormalige Springbok-netbalspeler, is die suster van mev. Justine Krige, eggenoot van Corné Krige, gewese Springbok- en WP-rugbykaptein. Corné Krige is tans by die gesin op die plaas.

    “Die enigste manier hoe ’n mens oor so iets kan kom, is deur die krag van Bo,” het hy gister gesê.

    “Patrys het gesê vanoggend was daar geen kinderklanke as wekker in hul huis nie. Boeta (Phillip) het nie soos gewoonlik om 06:00 . . . by die kamer ingedraf om te kom groet nie,” het me. Madelaine van Heerden, ’n vriendin, gister gesê.

    Sy het gesê Kirsten was ongelooflik balvaardig vir haar ouderdom en het graag meegedoen aan al die vaardigheidsoefeninge wat haar ma by netbalklinieke gedemonstreer het. Sy het “beslis Springbok-gene” gehad. “Kirsten was die liefdevolle een wat maklik onder jou blad kom inkruip het. Sy was altyd baie besorg oor haar Boeta. Sy het gehou van op-dress en popspeel en kon heeldag vir haar poppe kosmaak, doeke ruil en huis hou.”

    Phillip het altyd gelag. Hy het graag in die sandput gespeel en bakkie gery. Hy het na buite gelewe en was baie lief vir water. “Patrys het gesê: ‘Al het ek hóé gevoel, as sy gesiggie om die muur loer met ’n breë glimlag en ’n vrolike hei-ha, dan was die wêreld sommer weer reg,’ ” het Van Heerden gesê.

    “Ons voel saam met Jan-Hendrik en Patrys in hierdie wrede tyd. Dit was ’n fratsongeluk wat diep sny.”

    Volgens Krige staan die familie sterk in hul geloof en het die ongeluk hul lewens vir altyd verander.

    “ ’n Mens beplan jou lewe . . . vir die toekoms, maar dan word die mat heeltemal onder jou uitgeruk.”

    Krige het gesê hy en ander familielede het gister ’n ent met die kinders se pa gaan ry “om sy kop skoon te kry”. Hy meen die pyn van die verlies sal nooit heeltemal weggaan nie. “Ons sal mekaar net deur die moeilike tyd moet dra.”

    Me. Maggie Hugo, Kirsten se kleuterskoolonderwyseres, het gesê: “Die Here het nie die twee sonskynkindertjies kom haal nie. Hy het hulle na die Hemel bevorder.”

    Kirsten was verlede jaar in Hugo se klas in die Wiekie Wessie-kleuterskool in die dorp.

    Die hele dorp is in rou oor die ongeluk, het Hugo gesê.

    Mev. Sandy Scholtz van Victoria-Wes wie se dogtertjie, Sanmané, net so oud soos Phillip is, het gesê die seuntjie het altyd gelag.

    “Ons is ses mammas wat in een jaar elkeen ’n baba gehad het – drie seuntjies en drie meisies.

    “Nou is daar skielik een minder.”

    Kirsten en Phillip se begrafnis vind oormôre om 11:00 uit die NG kerk op Victoria-Wes plaas.

  • 64. Beeld... gebring deur E.T  |  Mei 20, 2009 om 9 : 08

    Zille op Facebook geskel
    May 19 2009 08:47:16:847PM – (SA)

    Verwante Berigte
    Trollip het Zille nie aangeval, sê albei

    Philda Essop
    Kaapstad. – Daar het gister ’n internetstryd gewoed waarin vieslike taal teen me. Helen Zille, Wes-Kaapse premier, gebruik word en waarby ’n adjunkminister betrek is.

    Erge seksistiese en rassistiese kommentaar is teen Zille gebruik in die kletskamer van ’n groep op die sosiale netwerk Facebook wat uit meer as 1 600 lede bestaan. Sommige lede van die groep het haar verdedig.

    Die groep se naam is “Helen Zille is still a venomous white racist adulterer”.

    Me. Juanita Terblanche, DA-LP, het die “lasterlike” stellings veroordeel. Sy het gesê dit is “verregaande” dat mnr. Malusi Gigaba, adjunkminister van binnelandse sake, as een van die administrateurs van die groep gelys is, en dat dit dadelik optrede deur die ANC-leierskorps verg.

    Mnr. Bayanda Mzoneli, Gigaba se woordvoerder, het in reaksie hierop gesê die adjunkminister het nie aan die debat deelgeneem nie. “Hy het bloot ’n uitnodiging aanvaar om deel te wees van die groep nadat hy deur ’n ander lid genooi is.”

    Die stigterslid van die groep, mnr. Sabelo Mkhalipi, het Zille ’n “rassistiese slet” genoem wat dink sy is die mooiste vrou vir pres. Jacob Zuma.

    Iemand anders het met geweld gedreig: “Die teef werk op my senuwees. Iemand moet haar elimineer.”

    Nóg ’n mening was: “As Zille haar status tot vyand van die ANC wil verhef, is sy welkom!”

    Alle kommentaar was egter nie teen Zille gemik nie. Een lid het geskryf die ANC het ná tien jaar van provinsiale en plaaslike beheer baie min vir die armes gedoen.

    ’n Ander lid het gemaan: “Julle rassistiese kommentaar help nie om die land te bou nie, dit vererger dit. Ek werk daagliks met DA-lede in informele gebiede. Dit is skandelik dat hulle steeds moet leef soos hulle leef omdat die ANC nie hul beloftes nagekom het nie.”

    Nog iemand het gesê hoe vinniger mense ophou om hulle na politici te wend en eerder by hul bure vir hulp aanklop, hoe vinniger sal die land relatiewe rasseharmonie bereik.

    Zille, wat gister op ’n bosberaad saam met haar kabinet besig was om praktiese doelwitte en planne vir die nuwe Wes-Kaapse regering op te stel, het in reaksie op die groep gesê dit is die enigste manier hoe jong ANC-lede op die debat kan reageer.

    “Dis vieslik. Dit word alles in die naam van nie-seksisme gedoen, maar die reaksie toon watter klug dit is.”

    Zille het gesê sy en haar kabinet “weet wat ons politieke raamwerk is, maar praktiese doelwitte moet beplan word.”

  • 65. Beeld... gebring deur E.T  |  Mei 20, 2009 om 9 : 10

    Swaar man beboet ná vrou sterf
    May 19 2009 08:26:24:230PM – (SA)

    Hildesheim, Duitsland. – ’n Duitser wie se vrou dood is nadat hy met sy volle massa van 128 kg op haar geval het, is eergister tot ’n boete van sowat R29 800 gevonnis.

    Hy moet ook ’n korrektiewe-toesig-program volg.

    Die busbestuurder het in 2006 met sy vrou oor ’n popliedjie rusie gemaak toe sy hom op sy nek slaan. Die man het sy volle gewig op haar gegooi en só 18 van haar ribbe gebreek. Sy is weke later aan haar beserings dood.

    Die man is verlede jaar tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, maar die federale geregshof het dit tersyde gestel en omdat die oorsaak van die vrou se dood nie genoegsaam bewys is nie. – Sapa-DPA

  • 66. Beeld... gebring deur E.T  |  Mei 20, 2009 om 9 : 12

    13-jarige Alfie toe nie die pa
    May 19 2009 06:56:44:053PM – (SA)

    Londen. – Die 12-jarige Britse skoolseun wat in Februarie trots aangekondig het dat hy ’n kind by sy 15-jarige meisie verwek het, is toe nie die pa nie.

    DNS-toetse het gewys Alfie Patten, nou 13 jaar oud, kan nie op vaderskap van Chantelle Stedman se baba, Maise, aanspraak maak nie.

    Alfie, met sy babagesig, het die wêreld geskok en politici op hol gehad oor die stand van Brittanje se seksopvoeding, toe sy storie in die koerante beland het. Foto’s van hom wat die pasgebore dogtertjie vashou, is deur The Sun gepubliseer.

    Die Tory-leier, mnr. David Cameron, het destyds gesê hy is uiters bekommerd oor “kinders wat kinders verwek”.

    Die uitslae van die vaderskaptoetse wat in Maart gedoen is, wys egter nou dat ’n 15-jarige seun – Tyler Barker, ook van Eastbourne in West Sussex – in werklikheid klein Maise se pa is. ’n Regter het beveel dat die uitslae bekend gemaak word.

    Intussen word berig dat Alfie se hart gebroke is oor die nuus. Luidens die uitspraakdokumente was hy “uiters ontsteld” dat hy eindelik toe nie Brittanje se jongste pa is nie.

    Hy was vasbeslote om so gou moontlik die skool te verlaat en ’n werk te soek ten einde die baba te onderhou.

    “Ek het gedink ’n baba sal goed wees en het glad nie gedink oor hoe ons vir die kind sal sorg nie. Ek kry nie regtig sakgeld nie . . . my pa gee my net soms ?10 (sowat R130),” het hy vroeër aan The Sun gesê. – Korrespondent

  • 67. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 9 : 37

    Dankie Beeld

  • 68. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 9 : 46

    Hoezit my chinas

  • 69. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 9 : 47

    Eks hommer

  • 70. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 9 : 51

    Eks rerig erig hommer

  • 71. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 10 : 09

    Viby rerig erig…………………..

  • 72. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 10 : 10

    Flou val hommer……………………….

  • 73. Olga  |  Mei 20, 2009 om 10 : 10

    Kinders hoort nie agter op n bakkie of op n blixemse quadbike nie. ek hoop alfie se gulp word nou met n groot speld toegemaak.

  • 74. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 10 : 12

    @ Olga

    Ek stem!

  • 75. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 10 : 13

    Ma eks nogsteeds hommer. So hommer dat ek sal gat bedel vi kos

  • 76. Olga  |  Mei 20, 2009 om 10 : 17

    S.a is verseker die enigste land ter wereld wat indirek deur n jeugliga regeer word. ek wonder of ons prossie bang is dat die jeugliga sy eie weermag teen hom gaan ontplooi? of dalk is hy geintimideer deur hulle geleerdheid. hoe pateties tog.

  • 77. Olga  |  Mei 20, 2009 om 10 : 19

    Sal oatbran met heuning en yogurt doen, wk?

  • 78. Olga  |  Mei 20, 2009 om 10 : 19

    Ek het pressie gemeen.

  • 79. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 10 : 26

    Ek wonner of ek sal gled maak as ek ook ‘n Naked Cowboy is

  • 80. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 10 : 28

    Olga

    Op hierie stadium sal enigiets doen

  • 81. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 10 : 39

    Ek gat nou oori pad loop en vi my Steers loop kop. Wil 1 van julle dalk ook iets hê?

  • 82. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 10 : 40

    Ek tel tot 10 dan loop ek

  • 83. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 10 : 40

    1
    2
    3
    4
    5
    6
    7
    8
    9
    10

  • 84. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 10 : 41

    Ek gat nou

  • 85. olga  |  Mei 20, 2009 om 10 : 59

    hulle kruip weg. geniet jou steers. ek dink ek moet in hierdie bed kruip, hierdie duvet oor my trek en slaap.

  • 86. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 11 : 03

    Willes

    Bring vir my ‘n brakkie pakkie saam seblief

  • 87. Wheelbarrow Jack  |  Mei 20, 2009 om 11 : 04

    Dagse. Darem weer begeleiding op my sel. Dankie et.

  • 88. Matahari  |  Mei 20, 2009 om 11 : 14

    Hei matilda. Ek het kleen 4007 by die hardware gekry, dankie. N 500ml bottel. Dit werk goed, mar hoe veilig is dit op die klere? vreet dit nie gou die materiaal dun nie?

  • 89. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 11 : 15

    Hallo kruiwa

  • 90. Matahari  |  Mei 20, 2009 om 11 : 18

    Die anc wat so galbraak soos bitterbek vrouens gee nuwe gestalte aan die gesegte “le3 blikke maak die meeste geraas. ” spul blerie gekke.

  • 91. Matahari  |  Mei 20, 2009 om 11 : 21

    Ek sou dink net die minister van verdeediging kan die weermag uitroep en die kaap oproerig maak. Maas die ancyl weet seker dam beterder.

  • 92. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 11 : 26

    Matahari

    Wow, ek het regtig nie gedink jy sal dit daar kry nie. Dis baie veilig vir die klere (so veilig dat ek dit tot op my baba se kleertjies gebruik)

  • 93. Nats  |  Mei 20, 2009 om 11 : 26

    Goeie more julle!

    Ek gee ook nie geld vir bedelaars nie. En verpes die wat kinders heeldag langs die pad hou, dit gevaarlik, ongesond en geen lewe vir ‘n kind nie!!!! Maak my woedend, sal dan EERS nie vir hulle iets gee nie! En elke ander dag is dit ‘n ander kind!

  • 94. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 11 : 27

    Hey Nats

  • 95. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 11 : 28

    Ek stem – dis nie kinders gebruik daardie nie – maar MISBRUIK !

  • 96. Nats  |  Mei 20, 2009 om 11 : 33

    Lo da *M*

    Gaan dol die kant, kom nou eers by my oats uit! Kan amper al middag ete eet!

  • 97. Matahari  |  Mei 20, 2009 om 11 : 34

    Ek kan nie besluit ni. Wat dink julle is beterder, om te bedel of om te prostitute?

  • 98. Nats  |  Mei 20, 2009 om 11 : 41

    Matahari
    Net die idee dat ek my lyf verkoop vir iemand anders se plesier is uit soos koekies in ‘n weeshuis!

  • 99. Matahari  |  Mei 20, 2009 om 11 : 47

    Wil jule nie se nie? dis ni vr myself nie. Da woon nou mense in my granyflat. Niemand werk nie. Een maand was die seun gerop. Volgende maand was die skoondogter gerop. Dan vra hulle weer uitstel. Maar hulle betal altyd. En dit kan ni n grant wees nie. Dis altyd na grant tyd. Maar die kind het altyd nuwe toys. En hulle rook altyd. As ek die ouma met die kind by n winkel sien ingaan, hou ek maar verby. As hy nie sy sin met haar kry nie. Hardloop hy van mens tot mens om die goed vir hom te koop. Ek weet shoprite het haar gevra om ander plek te gan koop.

  • 100. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 11 : 48

    Trug……. Met ‘n burger in elke hand

    @ *M*

    Hier is jou brakkie kardoesie

  • 101. Matahari  |  Mei 20, 2009 om 11 : 51

    Ek hoor wat jy se nats. Dis grows. Ek word naar as ek daraan dink. Maar iewerste kry hule tog geld vandan. En ek kry die kind te jammer ow te se hulle moet gan.

  • 102. Nats  |  Mei 20, 2009 om 11 : 57

    Matahri
    Dis jammer, want ek glo dis hoe weg kom… hulle gebruik die kind om jou “sag” te maak en hulle jammer te kry. Hulle manipuleer jou… hoop daai spelling is reg!😯

  • 103. Matahari  |  Mei 20, 2009 om 12 : 03

    Ek spel ook mar soos my agterend. Wat sal van hulle word as ek hulle uitsit. Hulle is morsig. En die kind is stout. Hy skop my honde en breuk my plante. Ek wil hulle weg he.

  • 104. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 12 : 06

    Matahari

    Dis een ding om te bedel oor jy regtig niks anders kry nie en iets anders as jy bedel omdat dit die maklike manier van geldmaak is

  • 105. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 12 : 07

    En om te loop en bedel net oor jy te sleg is om te werk vat die koek. Ek sou van daai peoples ontslae geraak die eerste keer wat my goed daaronder moet ly

  • 106. Matahari  |  Mei 20, 2009 om 12 : 12

    O ek sien wat julle meen met die bedel sindikate. Ons het vir jare n kripel bruinman in claremont gehad sy famielie het goed gelewe met die geld wat hy gemaak het. Mar die donner het gepickpocket ook. En hy kon moer vinnig hardloop. Veral omdat net 1 been kom werk. Maar hy het mt so skerbeweging gehardloop.

  • 107. Nats  |  Mei 20, 2009 om 12 : 13

    Matahari
    Gelukkig is die kind nie jou probleem nie, dit klink wreed om te sê maar so is daar miljoene kinders da buite erger af, mens kan nie vir almal sorg nie.

    Ek voel net daai mense het geen respek vir jou of jou goed nie, en ek sal vir hulle die deur wys. As hulle nog probeer het om hul kant te bring en bv jou tuin onderhou het as hulle sukkel om hulle betaling te maak sou ek nog gesê het “hulle probeer darem”

  • 108. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 12 : 13

    En as jy nog ‘picky’ is daarby – jy kry van die wat bedel want hulle het nie kos nie, maar moenie dink jy koop vir hom kos nie – hy soek die geld !

  • 109. Matahari  |  Mei 20, 2009 om 12 : 18

    Ai nats ek het geweet ek moet hulle nie invat nie. Ek wag net tot hulle weer beklei, dan gaan ek hulle kenis geet. Ek haad dit as die kind my honde skop en niemand wys hom reg ni. Ek het een dag sy gat geslaat. Toe wou hullie police uitkry. Toe het ek gese ek sl dan die welsein uitkry.

  • 110. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 12 : 20

    O ja – thanx willes – kan ook altyd op jou staatmaak

  • 111. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 12 : 21

    Wee trug……… Ek hoop

  • 112. Matahari  |  Mei 20, 2009 om 12 : 22

    O ja matilda. En as jy R2 gee as hulle R5 vra dan vra hulle jou wat moet hulle darmee koop.

  • 113. Matahari  |  Mei 20, 2009 om 12 : 27

    Ek haad ook dies wat so by die huise omkom en plante ten duurste verkoop. Ek as jy se dis goedkoper by die nursery dan raak hulle ombeskof. En as jy nie die deeru oop maak nie dan bly hulle voor jou hekkie staan want die honde blaf mos aan mekaar. Dis of jy gan uit of die buure kak in hulle broeke.

  • 114. Matahari  |  Mei 20, 2009 om 12 : 32

    Baterei is pap. Leker daggie vir julle. Tatta.

  • 115. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 12 : 33

    Daar is van daai wat daar by ons so met die vrugte smous van deur tot deur, hulle is net so duur en skree en fluit ook in hulle moer in – tot ek my eendag gewip en my hond oopgemaak het – dit was laaste, nou bypass hulle my huis. Dis nou na ek al gaan mooi praat het en gesê het julle kan mos sien niemand stel belang nie en my baba slaap en as dit nou weer gebeur laat ek my hond los op jou – nou kyk, as jy nie wil luister nie moet jy voel ! Ek dink hy is gly gly terug na daai bakkie toe !

  • 116. Nats  |  Mei 20, 2009 om 12 : 37

    Ek is maar altyd versigtig met sulke mense wat goed verkoop. In my sus se kompleks was daar ‘n vrou beroof deur ouens wat kompos verkoop het. Weet nie wie hulle in die kompleks ingelaat het nie. En onbeskof as jy nie iets wil koop nie!

  • 117. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 1 : 04

    Ek trust niemand wat in die straat loop nie – dis hoekom daar ook nie ‘n manier is wat ek my kinders rondstuur met briefies om te bedel nie

  • 118. Nats  |  Mei 20, 2009 om 1 : 15

    Ai tog… is die prentjie te groot!?

  • 119. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 1 : 26

    Nats – huh ?

  • 120. Zee  |  Mei 20, 2009 om 1 : 54

    Ek weet wat gaan ek Saterdag oggend doen….

    Enige donasies asb..
    Het nie geld vir biltong en bier om die rugby te kyk nie.
    Chips sal ook welkom wees, en miskien ‘n Coke Zero ook!
    Baie dankie, dit word opreg waardeer……….
    😆

  • 121. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 2 : 00

    Zee – whuhahahaha

  • 122. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 2 : 14

    Halli Halli!!!!!!!!!!!!!!!!!👿

    Ek wil my piesie deuri sex shop se venster gooi!!!!! Die ding pis my nou bigtime af!

  • 123. Nats  |  Mei 20, 2009 om 2 : 34

    WP hak weer lekker vas by my!!!

    GRRRR

  • 124. Olga  |  Mei 20, 2009 om 2 : 35

    Het jy dan jou pc by die sexshop gekoop wk?

  • 125. Olga  |  Mei 20, 2009 om 3 : 17

    En gooi txt weg.

  • 126. Nats  |  Mei 20, 2009 om 3 : 29

    Ag nee man… WP bly by comment 61 vashak!!! Dis nie meer snaaks nie!

  • 127. *Mathilda*  |  Mei 20, 2009 om 3 : 32

    Dit lyk darem nie of hy by my vashaak nie – ek het eers gou al die reports gedoen vir more se meeting maar hier is ek terug op my pos !

  • 128. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 3 : 49

    Die miesies het seke die wordpress se maniere saam ha gevat!

  • 129. Olga  |  Mei 20, 2009 om 4 : 56

    Ai, kan n mens mense wie bedel deesdae kwalik neem? winkels neem eerder die domste botste thembi’s en sipho’s in. maar nie n wit mens nie. en elke zimbabweer kom deesdae s.a toe. 3/4 van graskop se gallerye behoort aan zimbabweers. 1 die dae is die goed in die parlement.

  • 130. Wille Kjind Q  |  Mei 20, 2009 om 5 : 38

    @ Olga

    Is hulle nie alreeds nie😕

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: