The Usual Suspects

Mei 18, 2009 at 5 : 57 88 Kommentaar

Ek koop nie juis tydskrifte nie, alhoewel ek so te sê enige tydskrif graag sal deurblaai as ek ‘n geleendheid kry. Ek probeer wel om gereeld Readers Digest te koop. Die artikels is baie interessant en nie die tipe goed waaroor elke ander tydskrif ook berig nie. Hulle het ook heelwat rublieke, die alleen is al meer as genoeg rede om maandliks R30 voor op te offer.

Een van my gunsteling afdelings is die Kindness of Strangers. In die Mei 2009 uitgawe handel dit oor ‘n vrou wat in spitstyd in ‘n wisselaar haar wiel geskadig het. Dit was al goed besig gewees om donker te raak en dit was nie op die veiligste van plekke nie. Sy het al begin sien hoe sy op die voorblad van die volgende dag se koerant gaan wees. Die volgende oomblik stop daar ‘n taxi by haar en sy is oortuig dat haar laaste uur aangebreek het.

Half verskrik werk sy met alles saam wat hulle van haar vra, met die hoop dat hulle haar dalk genadig sal wees. Toe sy weer haar oë uitvee, het hulle haar wiel vir haar omgeruil. Terwyl sy hulle bedank kom sy agter dat hulle eintlik in die teenoorgestelde rigting gereis het. Hulle het haar opgemerk en by die volgende afrit omgedraai om haar te kom help.

Wat my regtig getref het is die rede hoekom hulle omgedraai het. Hulle was bekommerd oor haar veiligheid. Baie ander mense – insluitende blankes – het sonder om twee keer gedink verby haar gery. Die wat moontlik daaraan gedink het dat sy wel hulp nodig het, het haar seker juis nie gehelp nie om hulle eie veiligheid te verseker. En daar is dit toe juis een van die verdagtes, wat uit hulle pad uit gaan.

Dit is geen nuus dat die meerderheid van die misdadigers in Suid-Afrika swart is nie. Dit is net logies, die meerderheid van Suid-Afrikaners is swart. Tog kan ‘n mens nie elke vreemde swarte wat jou pad kruis as ‘n misdadiger aansien nie. Dit is wel wat gebeur, en glo my, dit is nie net die blankes wat daaraan skuldig is nie.

Hoekom waag bittermin mense dit vandag om iemand wat langs die pad staan te help? Hoekom sal mense eerder ‘n groot draai ry, solank hulle nie verby ‘n informele nedersetting hoef te ry nie? Sal ons ooit die punt bereik waar ons mense se karakters nie volgens velkleur oordeel nie?

Was jy al ooit deur ‘n usual suspect gehelp?

Blogvraag: Watter motor (model) was die eerste taxi wat met ‘n meter toegerus was in 1897?

Blogantwoord: Olga was reg met The strange case of Dr Jeckel and Mr Hyde.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die see-kok Bedel Sindikate

88 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Mei 18, 2009 om 6 : 10

    Eerste

  • 2. WILLE KJINDQ  |  Mei 18, 2009 om 6 : 21

    Tweede

  • 3. WILLE KJINDQ  |  Mei 18, 2009 om 6 : 22

    Daimler?

  • 4. Olga  |  Mei 18, 2009 om 6 : 24

    Daimler victoria.

  • 5. Olga  |  Mei 18, 2009 om 6 : 56

    My seuns het destyds hulle karretjie regoor die lokasie by chrissiesmeer gerol. hulle het huis toe gebel en toe ons op die toneel kom, toe staan die karretjie on all 4s langs die kant van die pad. spaarwiel op. 1 pap wiel. 2 wiele aan die linkerkant gelyktydig gebars. on kan die spoor vir etlike meter vel in gesien gaan het. geen spoor terug nie. hoe dan nou? toe die seuns uit die kar geklim het, was hulle omring deur n boel swart mans. die mans het die karretjie van haar sy afgerol en terug gedra pad toe.

  • 6. Salome  |  Mei 18, 2009 om 8 : 57

    Hallo Almal

    Ek het ok al ‘n teken van ordentlikheid van ‘n swart man gekry wat heel onverwags was.
    Toe ek vir Babie verwag het, moes ek eendag bank toe. Die sentrum waarin die bank was het net die vorige week een kant heeltemal verbrand. Sodoende het die bank nie lugversorging gehad nie, want die meeste van die bedrading was daarmee heen.
    Die lyn was soos gewoonlik ‘n myl lank, maar dit het nie gepla nie. Na ongeveer 15 minute het ek snaaks begin voel en nie mooi geweet wat aangaan. Wou nie my plek in die ry verloor en bel toe maar vir oudste om vir my ‘n botteltjie water te bring. Die swartman (wat tweede van voor gestaan het) het blykbaar gesien dat ek nie lekker voel nie en het my sy plek aangebied, met hom natuurlik in derde plek. Twee blanke dames het ‘n verskriklike bohaai opgeskop omdat hy my so laat indruk, maar hy het niks gese nie. Ek was maar te dankbaar en was soos blits uit die bedompige plek. Natuurlik het ek darem vir hom ‘n koeldrank gekoop.

  • 7. Girl van die Suburbs  |  Mei 18, 2009 om 9 : 02

    Naand almal

    Ek is ook al TWEE KEER deur ‘n usual suspect help, terwyl my landsgenote nie eers stadiger gery het om te maak asof hulle omgee nie! Kuddo’s vir enige iemand wat nog die guts het om te stop.

  • 8. maxie  |  Mei 18, 2009 om 9 : 30

    Naand naand
    Lank gelede het Max een middag tydens spitsverkeer verdwaal in Jhb middestad.
    Iewers naby Commissioner.
    Met ‘n eentonner vol meubels.
    ‘n Man in ‘n taxi het haar na die korrekte afrit gelei.
    Ek sal dit nooit vergeet nie.

  • 9. Olga  |  Mei 18, 2009 om 9 : 44

    Ousus was 2 jaar oud toe my hond een middag vreeslik begin blaf het. ek loop venster toe, daar staan swart man met ousus aan die hand. sy het straat afgedwaal. hoe sy uitgekom het kon nie ek of die huis hulp se nie.

  • 10. Olga  |  Mei 18, 2009 om 9 : 48

    Ander keer weer het ek n swartman wie met homer gewerk het met my kar van die werk af huis toe gestuur. hy was net n minuut of 2 uit, toe n geraas buite losbars. ek gaan loer toe en daar het n groep swart mense om my kar saamgepak. hulle wou robert nie met my kar laat ry nie. hulle het gedink hy wou my kar steel.

  • 11. Adrie  |  Mei 18, 2009 om 9 : 51

    Hallo Hallo

  • 12. Olga  |  Mei 18, 2009 om 9 : 55

    lookey lookey ‘oo’s ‘ere.

  • 13. Adrie  |  Mei 18, 2009 om 9 : 57

    My gemis vandag?

  • 14. Olga  |  Mei 18, 2009 om 10 : 00

    Vreeslik. amper soveel soos varkmasels.

  • 15. Adrie  |  Mei 18, 2009 om 10 : 06

    Ek het een keer in Desember van Bloem na Gauteng gery. Die karre na Bloem was bumper teen bumper. Daar was in die suidelike rigting n swart vrou met n pap band. Nie een wetter het gestop om haar te help nie. Dit was veilig, helder oordag en teen die tyd wat ek haar gekry het, was al haar bagasie al uitgepak. Ek kan seker nie vinger wys nie, ek het ook verby gery.

  • 16. Olga  |  Mei 18, 2009 om 10 : 11

    Mans is al lankal net mans oor die ding in hulle broeke. hulle weet nie hoe om mans te wees nie. was ek nou kru? jammer. maar dit bly n feit.

  • 17. Olga  |  Mei 18, 2009 om 10 : 17

    Ok, moenie met my praat nie.

  • 18. Adrie  |  Mei 18, 2009 om 10 : 21

    skuus, was gou besig

  • 19. WILLE KJINDQ  |  Mei 19, 2009 om 5 : 19

    More more

  • 20. Olga  |  Mei 19, 2009 om 6 : 33

    More., more.

  • 21. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 6 : 54

    More

  • 22. Adrie  |  Mei 19, 2009 om 7 : 10

    More . . . . .gaaaaaap

  • 23. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 7 : 57

    Kloon

    Wie put jou so uit ?

  • 24. Olga  |  Mei 19, 2009 om 8 : 46

    Wonder ons ook tillaki.

  • 25. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 8 : 52

    Dan verdwyn sy ook sommer net weer

  • 26. Uniqa  |  Mei 19, 2009 om 8 : 54

    Hallo Julle,

    U is ook hier!

  • 27. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 8 : 54

    Eish! Nou dat ek da aan dink…….. Ek was self once apon a time ‘n Unusual suspect!

    Ek het ‘n vrou gehelp (ek het my usaul bandana op gehad) langs die pad waar sy gestaan het met TWEE pap bande. Ek het haar te laat gesien oppi highway en eers so 50m verder gestop en trug gereverse. Ha oge het gerek toe sy my sien uit my kar spring, my boot oop maak en met my mobi jack na ha toe stap.

    Nou kyk……. Ek smile nie somme nie en baie mense het al vi my gesê ek lyk bombe4k as ek nie smile nie. Anyway…. Sy spring toe na agter ha kar en ek groet ha (so vriendelik soos jy ‘n slang groet). Ek het ha spaar wiel en my spaar wiel op gesit en agter ha gery tot by Hi-Q wa sy die bande laat regmaak het.

    Ons giggel nou nog daar oor elke keer as ons gat koffie drink:mrgreen:

  • 28. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 9 : 03

    Hallo U en willes

  • 29. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 9 : 22

    GGGRRR!!!!!!

    TEST4KINTING

  • 30. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 9 : 22

    Lo da Tilla

  • 31. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 9 : 28

    Willes

    Lyk my wp koer jou sommer vroeg vroeg

  • 32. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 9 : 28

    Is almal nou die Ususl suspects?

  • 33. Nats  |  Mei 19, 2009 om 9 : 31

    Goeie more julle!

    My sus het die een oggend gery toe val haar voorste bumper af! Shame dit was ‘n ou golfie gewees… toe kon sy nie ry nie, want met die het sy oor die bumper gery!

    Toe stop da ‘n taxi en sy dog toe ook tot hier toe en nie verder nie😦 Maar hulle het toe sommer die bumper onder die golf uit, sit dit agter in haar motor klim terug inni taxi en weg!

    Sy kon dit nie glo nie, alles onder 5min gebeur! Sy kon skaars dankie sê!

  • 34. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 9 : 44

    @ *M*

    As WP weet wat goed is vi hom sal hy homself gedra!

    @ Nats

    He! He! Ek sien al hoe tel hulle daai golfie op en sit hom neer!

  • 35. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 9 : 50

    Tra la la la la

  • 36. Nats  |  Mei 19, 2009 om 9 : 52

    Wille Q
    Ek wens ek was da, my sus se gesig sou ‘n kodak moment gewees het!!!😆

    My tannie wat saam ons Sisters gedoen het, was oppad huis toe saam haar man en my nefie (baie klein daai tyd) Toe stop haar man mos om jong laaities te help langs die pad… ja wel hulle sien toe mos ‘n easy target en val haar man aan – sy klim uit met ‘n pan (jip ‘n pan!) en val hulle toe terug aan. Hulle is sonder ‘n skrapie daar weg!

  • 37. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 9 : 58

    @ Nats

    ‘n Bauer pan?😯

  • 38. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 9 : 58

    Dis ‘n ding wat ek op my moering tool lys moet sit😉

  • 39. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 10 : 00

    Mind you…….. Ek sou ‘n duik in hul kar ook geslat het

  • 40. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 10 : 01

    Met of sonner ‘n pan!

  • 41. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 10 : 02

    Daas jou wragtag nie eens ‘n Beeld vandag nie. Wonner of hulle die miesies gekaap het die dat sy so stil is

  • 42. Nats  |  Mei 19, 2009 om 10 : 06

    Wille Q
    Geen idee, weet nie of bauer daai tyd bestaan het nie❓
    Sy het glo die pan in die kar gehad omdat hulle by my ouma hulle gaan eet het, kos soontoe gevat, of die pan gekry… who knows!

    Dis juis sulke idiote wat maak dat mens te bang is om onskuldige mense te wil help!

  • 43. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 10 : 14

    ( ( ( ( ( ( ( ( ( ( H A L L O ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ) ) ) ) ) ) ) )

  • 44. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 10 : 22

    MY COMMENTS VERDWYN :evil

  • 45. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 10 : 25

    👿👿

  • 46. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 10 : 26

    Ek kry koud! Die drol langs my sit die donnerse air-con aan op minus vries jou gat af.

  • 47. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 10 : 39

    Ek kry ook koud

  • 48. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 10 : 58

    En ek is hommer

  • 49. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 11 : 22

    En alleen

  • 50. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 11 : 28

    Ek het ‘n warm brak as jy ‘n happie wil hê

  • 51. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 11 : 42

    Ag thanx maaikie

  • 52. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 11 : 44

    Ek sit soos ‘n weeskind hier vandag

  • 53. Olga  |  Mei 19, 2009 om 11 : 54

    Dis leke warm hìer. ek het oumensie hospitaal toe geneem. is darem al terug in miskop. wa my happie warmbrak tilaki? nee! neee!! netnou is dit bessie.

  • 54. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 11 : 59

    Olga

    Dis willes se warmbrakkie – ek het ook net ‘n happie gekry

  • 55. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 12 : 20

    ‘n Seuntjie ry saam met sy ma in die kar. Hy krap in sy neus en trek ‘n stuk snot uit.

    Sy ma kyk en vra: “En nou? Wat gaan jy met dit doen?”
    Seuntjie: “Nee ek weet nie – ons mag mos nie in die kar eet nie.”

  • 56. Olga  |  Mei 19, 2009 om 1 : 26

    Stop die kar ma. jou kind wil eet.

  • 57. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 2 : 12

    😆

  • 58. Olga  |  Mei 19, 2009 om 2 : 52

    Something’s going on i know. se my ook wat.

  • 59. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 2 : 55

    Olga

    Die klomp het seke vark griep

  • 60. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 2 : 57

    Ek wil huistoe gaan!

  • 61. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 3 : 00

    Dalk kan ek dit as verskoning gebruik om huistoe te gaan !

    Kan julle glo – die baas is al 1 uur huistoe en ek sit nog hier !

  • 62. Olga  |  Mei 19, 2009 om 3 : 03

    Het hy dan malkoei siekte tilla?

  • 63. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 3 : 13

    Vermoed ek mos daai ding Olga – dis net ‘n mal koei wat nog by die werk sit as die baas al by die huis is !

  • 64. Olga  |  Mei 19, 2009 om 3 : 15

    1 van die dae kyk ons nie meer sepies nie. dalk glad nie meer tv. die uitsaai korporasie skuld te veel geld. die vervaardigers gaan repossess.

  • 65. Olga  |  Mei 19, 2009 om 3 : 17

    Watse muti gaan jy vir dari siekte vat tilla?

  • 66. Olga  |  Mei 19, 2009 om 3 : 19

    wat gaan jy daarvoor vat tilla? ek sou n ford gevat het. nie met water nie. met die n12, dankie.

  • 67. Olga  |  Mei 19, 2009 om 3 : 22

    Ek dink die rooflesers moet n keypad vat. met wordpress.

  • 68. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 3 : 24

    Ek gaan ‘n Nissan vat daarvoor Olga – ek dink dis die beste medisyne

  • 69. Olga  |  Mei 19, 2009 om 3 : 30

    Met n kleuter vir n chaser tilla. klink die besteder muti vir dari malkoeivarkgriep.

  • 70. Wheelbarrow Jack  |  Mei 19, 2009 om 3 : 32

    Dagse dames. Hoe gaan dit hier?

  • 71. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 3 : 33

    Of bird flu (flew:mrgreen: )

  • 72. Wheelbarrow Jack  |  Mei 19, 2009 om 3 : 34

    Niks a3, niks koerant. Ag,nee. Dis nou of ek gaan met n groot gemors of ek gaan uit my kop.

  • 73. Olga  |  Mei 19, 2009 om 3 : 37

    Dankie vir die diagnose wk.😆 😆 😆 elo oom jack. Goed dankie. selwers?

  • 74. Wheelbarrow Jack  |  Mei 19, 2009 om 3 : 39

    Goed dankie olga. Het a3 se baas haar hoek toe gestuur oor intdrnet misbruik?

  • 75. Olga  |  Mei 19, 2009 om 3 : 41

    Ek dink sy is terug bos toe om te sulk. wk het haar hare getrek en haar gebyt.

  • 76. Wheelbarrow Jack  |  Mei 19, 2009 om 3 : 42

    Lekker dag dames. Duty calls.

  • 77. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 3 : 42

    Hallo kruiwa – goed en jy

    Olga – ek gaan nou dadelik daad by die woord voeg

  • 78. Wheelbarrow Jack  |  Mei 19, 2009 om 3 : 44

    Willekind, dit was ongelooflik stout. Wag, ek sal nie met die vinger wys nie. Sy sal my ook byt.

  • 79. Olga  |  Mei 19, 2009 om 3 : 45

    Tata oom jack. geniet die dag.

  • 80. Wheelbarrow Jack  |  Mei 19, 2009 om 3 : 46

    Goed dankie mathilda. Veilig ry. Tata. Dankie olga.

  • 81. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 3 : 46

    Ek gaan nou SPCA toe om vir my pa hulle solank ‘n hond aan te neem

  • 82. Olga  |  Mei 19, 2009 om 3 : 47

    Wk, moenie vloek nie.

  • 83. *Mathilda*  |  Mei 19, 2009 om 3 : 47

    Baai julle, chat later weer

  • 84. Olga  |  Mei 19, 2009 om 3 : 48

    voorspoed tilla. ek hoop jy kry n hond wat die moeite werd sal wees. vsigtig ry.

  • 85. Wille Kjind Q  |  Mei 19, 2009 om 4 : 29

    @ Olga

    Huh? Waat ek gevloek😈

    @ Oom Witbaas Jack

    Eks salli byti……. Bang ek kry griep😉

  • 86. Olga  |  Mei 19, 2009 om 5 : 03

    Net griep? nie mensdolheid nie?

  • 87. Olga  |  Mei 19, 2009 om 5 : 29

    HELP!!!! ek soek inligting vir n taak. watter staatsdepartemente is in n finansiele verknorsing en met hoeveel?

  • 88. Olga  |  Mei 19, 2009 om 5 : 32

    Ek dink ook dit gaan vinniger wees om te se watter 1 is nie in die bollie nie. maar dit sal die 1 wees wat nie punte gaan kry nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: