Die see-kok

Mei 17, 2009 at 3 : 53 168 Kommentaar

Dit is vreemd, maar ek word deur seerowers betower.  Vreemd, ek het nie ‘n besonderse liefde vir die see nie.  Ek is ook nie mal oor bote nie.  Daar is ook niks romanties omtrent ‘n vuil man wat na rum stink en jou teen jou sin ontvoer nie.  Ek kan nie glo dat mense wreed genoeg was om iemand tot op die been te lars of kielhaal nie.  Hongerly en skeurbuik staan my nie aan nie.

Ek weet waar kom my betowering vandaan.  Daar was ‘n program, Skatte Eiland, op televisie gewees toe ek seker so 7 of 8 jaar oud was.  Dit was verder versterk met ‘n Daan Retief Boekie wat oor seerowers gehandel het.  As jy aan ‘n seerower dink en ‘n man met ‘n houtbeen en ‘n papagaai op die skouer sien, dan het jy iets aan Skatte Eiland te danke.  As jy boonop glo dat ‘n skatkaart ‘n X moet hê en weet hoe ‘n swart kol werk, dan kan jy ‘n beginner kursus oor Seerowers slaag.  Juis oor die Treasure Island.

Interessant dat alles wat ons vandag glo omtrent seerowers gebaseer is op Robert Louis Stevenson se eerste suksesvolle boek.  Alles het begin terwyl hy besig was om ‘n kaart vir sy stiefseun te teken.  Die seuntjie, Lloyd Osborne, het nogal ‘n aktiewe verbeelding gehad.  Terwyl hy die kaart geverf het, het hy al die bakens name gegee en storietjies daar om opgemaak.  Wat Stevenson aan ‘n storie laat dink het van Long John Silver.

Die verhaal het oorspronklik as in 1881-1882 as ‘n vervolgverhaal in ‘n tydskrif verskyn onder die naam “The Sea Cook”.  Dit het egter eers vuurwerke veroorsaak nadat dit in 1883 as boek, Treasure Island, verskyn het.  Dit is wat nou nog gebruik word wanneer seerowers voorgestel word.  Die seekok, is niemand anders as Long John Silver nie.  Die man om wie die boek draai.

Die bekenste toneel is waar Jim Hawkins, die verteller in die verhaal, in ‘n appelvat wegkruip en hoor hoe Long John Silver muitery beplan.  Silver is veronderstel om die vark en die held in die verhaal te wees.  Tog is hy iemand wat vertroue inboesem en weet hoe om sy kaarte te speel.  Hy weet ook hoe om met geld te werk en hoe om homself te laat geld, ten spyte van een been.  Daarby is hy beslis ‘n jakkals, baie slim en verander vinnig van hare soos die situasie hom pas.

Hy kry op ‘n stadium ‘n swart kol, ‘n teken dat hy terreggestel gaan word.  Waar dit sy vorige kaptein ‘n beroerte besorg het, was Silver ongeërgd daaroor.  Hy (soos ek van die storie kan onthou) eet die papier met die swart kol.  Die papier was van die Bybel en hy gebruik dit om die muiters te oortuig dat hulle een of ander vloek sal oorkom as hulle hom dood maak.

Ek het nog nie die boek gelees nie, maar ek sal beslis ‘n plan moet maak.  Het julle al van Long John Silver gehoor?  Hoe voel julle oor seerowers?

Blogvraag:  Stevenson was baie geinteresseerd in die goeie en bose in elke mens.  Hy het dit gebruik in een van sy ander baie bekende boeke.  Watter boek?

Blogantwoord:  Olga was reg met John Wheeler.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Waters van Wanhoop The Usual Suspects

168 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Mei 18, 2009 om 1 : 11

    Ek hoop dan die volgende soms is as snippie groot genoeg is om ‘n ander huis te kry

  • 2. Olga  |  Mei 18, 2009 om 1 : 29

    Watter snippie?

  • 3. *Mathilda*  |  Mei 18, 2009 om 1 : 38

    Die hondjie as ek een kan kry

  • 4. *Mathilda*  |  Mei 18, 2009 om 1 : 41

    Dankie Olga, ek het die nommer gekry

  • 5. Ogies  |  Mei 18, 2009 om 2 : 16

    Ek was hier. Is nou weer weg….

  • 6. *Mathilda*  |  Mei 18, 2009 om 2 : 45

    Ek ook

  • 7. Olga  |  Mei 18, 2009 om 3 : 21

    Ek ook. die wind waai my om en dom. en iewers brand dit groot. ek loop heeldag en roet afvee.

  • 8. Salome  |  Mei 18, 2009 om 3 : 47

    Agge nee, g’n mens kan by so halwe gesprek in val nie.

    Hallo julle

    Baai julle

  • 9. *Mathilda*  |  Mei 18, 2009 om 3 : 47

    Ek gaan nou biki huistoe, sien weer later. Olga, wag tot dit klaar gebrand het anders gaan dit ‘n full time job word

  • 10. Olga  |  Mei 18, 2009 om 4 : 15

    Salome, jy kon maar gerus jou eie gesprek begin het. ñs is altyd reg om saam te praat.

  • 11. Adrie  |  Mei 18, 2009 om 5 : 04

    Iemand nog hier?

  • 12. Olga  |  Mei 18, 2009 om 5 : 31

    Of alweer hier?

  • 13. Olga  |  Mei 18, 2009 om 5 : 46

    Stallone in die champ? i think not. tensy dit oorgedoen is. was jon voight. angelina jolie se pa pa.

  • 14. *Mathilda*  |  Mei 18, 2009 om 5 : 47

    hallo kloon

  • 15. *Mathilda*  |  Mei 18, 2009 om 5 : 49

    ek kan nou doen met n lekker eisbein

  • 16. *Mathilda*  |  Mei 18, 2009 om 5 : 51

    olga, vee jy nogsteeds roet af ?

  • 17. Olga  |  Mei 18, 2009 om 5 : 52

    Ek het al opgegee en met bessie en toughey gaan stap tilla. die wimd is darem nou stil.

  • 18. Olga  |  Mei 18, 2009 om 5 : 55

    Ek is steeds suur omdat ek nie gster kon eisbein kry nie. dan het spur groot kenniggewing op wat se EVERYDAY SPECIAL EISBEIM WITH FREE LADIES DRAUGH OR GLASS OF WINE. maar hulle het dit nooit reg nie. ek wou nie hulle wyn of bier he nie. poega siesa man.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: