Waters van Wanhoop

Mei 16, 2009 at 4 : 37 42 Kommentaar

Om een of ander rede is die mens gefassineer met die onverklaarbare.  Soveel so dat hulle enige iets sal doen om self die onverklaarbare te gaan soek of ervaar.  Onlangs was daar ‘n artikel in die Laevelder van ‘n spook van in Kaapsehoop gesien is.  Die mense het in hulle massas opgedaag, soveel so, dat elke liewe spook seker weggeskrik is.  As iemand ‘n monster gesien het, sal dit nie lank wees voordat almal na die monster sal gaan soek nie.  

Die waters van wanhoop is seker beter bekend as die Bermuda Driehoek.  Die driehoek word in die Noordwestelike Atlantiese Oseaan aangetref, naby Florida, Bahamas en die Karibiese eilande.  Niemand is presies seker wat die presiese ligging van die driehoek is nie.  Blykbaar sluk die driehoek mense, bote en vliegtuie onverklaarbaar in.  Dit was in 1950 vir die eerste keer E.V.W Jones in ‘n koerant artikel beskryf.  Die driehoek was ook al as ‘n wormholl beskryf, iets wat ‘n gat in tyd en ruimte veroorsaak.

Lawerence David Kusche was nie oortuig nie.  Hy het bevind dat die storie glad nie met feite bederf is nie.  In sy eie woorde:

The Legend of the Bermuda Triangle is a manufactured mystery… perpetuated by writers who either purposely or unknowingly made use of misconceptions, faulty reasoning, and sensationalism.

Volgens Kusche raak daar nie meer vliegtuie of bote weg in die gebied waar die driehoek vermoedelik is nie as op ander dele van die see nie.  In die area is tropiese storms ook kenmerklik.  Oorspronlike navorsing was nie baie goed gedoen nie, van die bote wat verdwyn het, het wel land gehaal sonder enige probleme.  Sy bevindinge word deur ander geondersteun.

Waar ‘n rokie trek, moet daar mos ‘n vuurtjie wees?  Waar kom die storie van die Bermuda Driehoek oorspronklik vandaan?  Daar was Vlug 19, ‘n eskader vliegtuie wat of 5 Desember 1945 spoorloos verdwyn het.  Daar is die Mary Celeste, ‘n skip wat in 1872 net verdwyn het.  Daar is Theodosia Burr Alston, ‘n VSA president se dogter, wat op 30 Desember 1812 vedwyn het.  Die Connemara  IV, ‘n jag, waarvan die bemanning verdwyn het, maar die boot het oorleef.  En, En, En!  Al die stories het later feite gekry wat dit natuurlik ook bederf het.  Aanvaarbare verklarings.

Daar is eilande in die Driehoek waar daar niks noemenswaardig gebeur nie, soos Puerto Rico en Bermuda self.  Daar gaan ook daagliks vliegtuie en bote oor die area sonder probleme.  Dus kon dit seker net ‘n storie gewees het om koerante te verkoop.

Blogvraag:  Wie het die term wormhole gedefinieer?

Blogantwoord:  Olga was reg met Cluedo.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Bordspelletjies Die see-kok

42 Kommentaar Add your own

  • 1. olga  |  Mei 16, 2009 om 4 : 52

    eerste.

  • 2. olga  |  Mei 16, 2009 om 5 : 00

    Prof john wheeler.

  • 3. olga  |  Mei 16, 2009 om 5 : 07

    Ai, tatie foon. dit is nou n post so na wk se hart. ek is nogal nuuskierig om te weet of kyknet ook die ligman van pelgrims, van wie nats verlede jaar vertel het, opgetel het.

  • 4. olga  |  Mei 16, 2009 om 5 : 08

    Dom foon.

  • 5. olga  |  Mei 16, 2009 om 5 : 11

    Maar natuurlik, ek het dit nie gekyk nie. my noolste nolie kon net kyk as hy dagskof gewerk het. my vriendin wie my ophoogte gehou het van wat gebeur, het die tv afgesit as sy te bang geword het.

  • 6. olga  |  Mei 16, 2009 om 5 : 18

    nee, sie julle. moenie so loer nie. ek is indelicato.

  • 7. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 6 : 21

    Tweedeste!!!

  • 8. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 6 : 24

    As ek eendag groot is gat ekki driehoek loop soek en hom in ‘n vierkant verander. Dan kan die mense net sê hulle gat na die square toe inplaas van Bermuda of so iets:mrgreen:

  • 9. Olga  |  Mei 16, 2009 om 6 : 40

    en wat gaan jy die square noem? die wurmhol?

  • 10. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 7 : 35

    😆

  • 11. Klip  |  Mei 16, 2009 om 8 : 27

    Goeie naand almal

  • 12. Klip  |  Mei 16, 2009 om 8 : 29

    Ek ken net een Bermuda triangle………… manne het mekaar al vermoor …………..

  • 13. olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 29

    elo daar.

  • 14. Girl van die Suburbs  |  Mei 16, 2009 om 8 : 39

    Naand julle!

    EN TOE WEN DIE BULLE!!!!!!!!!!!!

  • 15. Olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 51

    Joh wk, wat stink so? wie het gepoep?

  • 16. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 11 : 26

    Olga

    Seke die bulle wat so stink poep……….

  • 17. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 11 : 29

    My ôge kanni mee nie. Die goed brand in hul moer ma die slaap wil noggi kommi

  • 18. olga  |  Mei 17, 2009 om 12 : 38

    Wk, ek het die raad gekry vir slaaploosheid. jy moet na ete n halfgroen piesang eet. dit werk glo baie goed vir kinderslaaploosheid ook. ek het dit nog nie op die proef gestel nie. kan seker nie kwaad doen om te probeer nie.

  • 19. olga  |  Mei 17, 2009 om 12 : 41

    nee o donner tog. ek sien nou eers hoe vroeg dit is. alklaar more oggend en ek het nou eers die vrekken oond klaar skoon gemaak. bog met die vloer.

  • 20. WILLE KJINDQ  |  Mei 17, 2009 om 1 : 57

    Olga

    More. Volgens legende is dit nie raadsaam om ‘n piesang TE laat te eet nie. Jy gat maag krampe kry en natuurlik nie kan slaap nie.😯

    Ek sê jou wat………. Probeer jy dit dan laat weet jy my of dit werk:mrgreen:

  • 21. Retha  |  Mei 17, 2009 om 8 : 01

    Daar is ‘n ander weergawe van: “Gaan speel op die treinspoor.”

    Dis: “Gaan na die Bermuda Driehoek toe.” (Ofte wel”: “Verdwyn.”)

  • 22. olga  |  Mei 17, 2009 om 8 : 13

    More, more. goeie raad retha, gebruik dit.

  • 23. WILLE KJINDQ  |  Mei 17, 2009 om 8 : 50

    More more!

    Jy lekka gedux Olga?

  • 24. olga  |  Mei 17, 2009 om 8 : 59

    leke dankie, wk. jy darem geslaap?

  • 25. olga  |  Mei 17, 2009 om 9 : 01

    iets vreet my 5c op. leke gedux dankie wk. het jy darem geslaap?

  • 26. WILLE KJINDQ  |  Mei 17, 2009 om 9 : 13

    Yip! So 3 ure in totaal. Ek gat vandag chaimberlins en groen piesangs koop. As ek krampe kry dan sluk ek net ‘n paar druppels doepa

  • 27. WILLE KJINDQ  |  Mei 17, 2009 om 9 : 15

    Nwt. Moet gou old lady kerk toe vat

  • 28. Olga  |  Mei 17, 2009 om 9 : 43

    se tradisie dat groen piesangs maagkrampe gee?

  • 29. Carina  |  Mei 17, 2009 om 9 : 50

    Die Bermuda driehoek fasineer my ook. ek het ‘n boek “The encyclopedia of unsolved mysteries”
    Baie interessant🙂

  • 30. Adrie  |  Mei 17, 2009 om 9 : 53

    More

  • 31. WILLE KJINDQ  |  Mei 17, 2009 om 10 : 37

    Olga

    Die oumense het altyd so gesê. Mind you……… Hulle sê dit nogsteeds. Ek sallit try net oorlat ek desperaat is vi ‘n bq slaap

  • 32. Olga  |  Mei 17, 2009 om 11 : 00

    Homer verkies n halfgroen piesang. en hy kan kerm en kla soos jy nie sal glo nie. dus kan jy aanneem hy kry nie maagkrampe nie. ek weer, eet piesang laataand en het ook nog nooit penspyn gekry nie. maar dan. . . . renostervel ne.

  • 33. WILLE KJINDQ  |  Mei 17, 2009 om 11 : 37

    Ek het nou die piesangs. Wag nou net tot die son onner gat. Ons sal ma sien. Ek weier natuurlik om ‘n slaap pil te drink👿

  • 34. WILLE KJINDQ  |  Mei 17, 2009 om 11 : 39

    Voor ek vigeet. Weet 1 van julle wat die storie is met die Pateetlaan wat oppi Rapport se voorblad is. Ek gatti ‘n hele koerant koop net vi 1 berig nie

  • 35. Olga  |  Mei 17, 2009 om 12 : 50

    Nee, ek lees nie koerant nie. skuus, ek lees net ulusaba en wat juf wysneus op die BLOG sit. ek hoop sy kry die sms. want ek wil ook weet. wanneer gaan sy vir ons die lotto nrs opsit?😆 😆 😆 😆

  • 36. Olga  |  Mei 17, 2009 om 12 : 51

    GROOT HASKIES ek lees ook die laevelder.

  • 37. Olga  |  Mei 17, 2009 om 2 : 39

    En ek lees die blog.

  • 38. WILLE KJINDQ  |  Mei 17, 2009 om 2 : 53

    Olga

    Ek dog jy lees ok Mills & Boons

  • 39. WILLE KJINDQ  |  Mei 17, 2009 om 3 : 00

    Sssjjjttt!!!!! Julle moet saggies poep. Ek sit inni movies. Kyk Engeltjies ek Demone

  • 40. Olga  |  Mei 17, 2009 om 3 : 29

    Ek het jare der jare laas n mills en boone boek gelees wk. read 1 and u’v read em awl.

  • 41. verons  |  Mei 18, 2009 om 8 : 31

    More, more!!!😆😆😆
    EN AL WAT JY SIEN IS DIE BLOUMASJIEN!!!!!
    EN AL WAT JY SIEN IS DIE BLOUMASJIEN!!!!!
    EN AL WAT JY SIEN IS DIE BLOUMASJIEN!!!!!

  • 42. Wille Kjind Q  |  Mei 18, 2009 om 9 : 11

    @ Verons

    Jy is een blog agter🙄

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: