Bordspelletjies

Mei 15, 2009 at 5 : 39 272 Kommentaar

Winter!  Tyd vir souskluitjies en Hot chocolate.  Vir sop en kaggelvure.  Komberse, truie en bedsokkies.  En natuurlik OBS en bordspelleties.

Dit is ‘n regverdige aanname dat almal al op een of ander stadium met bordspelletjies kennis gemaak het.  Al was dit nou net Ludo of slangetjies en leertjies.  Met die koms van ‘n rekenaar, het jy nie eers altyd iemand nodig om saam met jou te speel nie.  Dit stimuleer beslis jou brein en dus kan ‘n mens aanneem dat dit Alzheimers beveg.  Daar is natuurlik ook soveel verskillende soorte, ‘n mens het ‘n leeftyd nodig om deur alles te kom.  Jy het ook genoeg tyd nodig om elke speletjie te bemeester.

Ons Swaantjies het seker elke jaar ‘n groep speletjies gekry.  Daarby ingesluit was die gewone slangetjies en leertjies, ludo, dambord en die ander gewone speletjies.  Ons het van jongs af die basiese geleer.  Dit is seker ‘n wonderwerk dat veral ek en my suster nie dobbelslawe is nie.  Ons is gek ook dobbelstene en natuurlik speelkaarte ook. 

Deur die loop van die jare het ons heelwat van die duurder tipe speletjies gehad.  Die mees algemeenste is seker Monopoly.  Monopoly het nog nooit ‘n gesinsgunsteling geword nie.  Ons het dit gespeel, maar dit was eerder uit plig as plesier.  Daar was ook ‘n paar wat ‘n mens nie uit elke bos uit skop nie.  Vergewe my as ek die naam nie reg kan onthou nie, maar een daarvan was Orion.  Dit was ‘n spel, tussen die hemel en die hel, waar jou doel was om in die hemel of hel op te eindig.  Die engel se naam was Alec en die duiwel Alex.  Jy kon as ‘n goeie of ‘n slegte mens begin en hoop dat jy nie van kant verander nie.

‘n Ander gewilde speletjie by die swane wat Rummicub.  Dit is teëls wat jy op baie dieselfde manier as Rummy  (kaarte speel).  Dit is niks snaaks om al reeds vroeg middag met dit (of selfs kaarte) te begin en eers in die vroeë oggendure van moegheid op te gee nie.  Ons is natuurlik ook mal oor kaarte, met veral scope rummy wat ons baie gereeld speel.

My absolute gunsteling is seker 30 seconds.  Dit is ‘n mors van tyd om met minder as 4 mense te probeer speel.  Ek was al in groepe waar twee kaartjies binne 30 sekondes deur gedraf word.  Ek was ook al in groepe waarin die weer die hele 30 sekondes bespreek moes word.  Dit is vet pret.  Die snaakste goed kom soms uit.  Soos onlangs waar my spanmaat ook maar erg kop gekrap het.  Sy vererg haar toe en vra:  “Wat de donner is Tokyo Sex-Whale?”  Die vet was in die vuur toe ons besef sy praat van Tokyo Sexwale.  Sy gaan seker nooit die einde hoor nie.

Ek is ‘n redelike goeie speler, maar ek laat dit vir enige toekomstige ontmoetings met julle om te besluit of dit geluk, vaardigheid of kullery is.

Hou jy van bordspelletjies en watter is jou gunstelinge?

Blogvraag:  Watter bekende speletjie is deur Anthony E. Pratt ontwerp?

Blogantwoord:  Willes was reg met Othmar Zeidler.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Diere Vergiftiging Waters van Wanhoop

272 Kommentaar Add your own

  • 1. WILLE KJINDQ  |  Mei 15, 2009 om 10 : 13

    Klip

    NET vleis?😉

  • 2. Klip  |  Mei 15, 2009 om 10 : 15

    Wag ek kan nou nie meer posetiewe bydrae tot die geselskap maak nie , die nag raak nou te lank…….

  • 3. Klip  |  Mei 15, 2009 om 10 : 16

    Willes , ja net vleis maar dis net die een helfte , die ander helfte is “ge-sensor” 😮

  • 4. WILLE KJINDQ  |  Mei 15, 2009 om 10 : 16

    Whahahahahaha!!!!!!

  • 5. Klip  |  Mei 15, 2009 om 10 : 17

    As n man met net een breinsel geseen is is dit nogal moeilik ……ek kan nie te veel op eenslag op my brein he nie

  • 6. Klip  |  Mei 15, 2009 om 10 : 19

    Al wanner ek rerig slim raak is nadat ek n paar biere gedrink het , maar dan het ek gewoonlik nie n gehoor om na al my slimgeite te luister nie

  • 7. WILLE KJINDQ  |  Mei 15, 2009 om 10 : 20

    Ek gat julle nou groet. Lekka dux

    Klip

    Jy beter nie oppi job slaapi. Ek wil ‘n hoofstuk of 10 van my boek lees

  • 8. Klip  |  Mei 15, 2009 om 10 : 22

    Sal seker maak dat jou bedlampie sterk brand.

    Sweet dreams……….

  • 9. Olga  |  Mei 15, 2009 om 10 : 30

    ek het ook gedink wk haat haar x se guts. laat ek ook maar n kopseerpil drink. bessie wik gaan slaap.

  • 10. Klip  |  Mei 15, 2009 om 10 : 40

    Lekker slaap Olga

  • 11. WILLE KJINDQ  |  Mei 15, 2009 om 11 : 08

    Aag jitte tog!!! Ek het NÊRENS gesê ek like die d**s nie. Ga vra julle verdomde skoolgeld trug. Beter nog….. Vra vi Tieties uhm bedoel Dolly Parton om julle te leer lees

  • 12. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 6 : 04

    KLIP!!!

    Maggies man! Slaap jy op die job?👿

  • 13. olga  |  Mei 16, 2009 om 7 : 55

    hoekom so kwaag wk? more, more.

  • 14. olga  |  Mei 16, 2009 om 7 : 58

    ek moet regtig maar vir dolly tie… uhmmm vra om my te leer lees en spel. wat? sy het net st 4 op skool gemaak? huh?

  • 15. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 7 : 59

    More Olga!

  • 16. olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 00

    More juf annie. hoe gaan dit?

  • 17. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 01

    Dit is dan seker die rede hoekom sy haar vir geletterheid beywer. Ek hoop Zuma vang n paar tips by haar.

  • 18. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 02

    Koud en dan moet ek nog boonop my vlerkies opblaas.

  • 19. olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 04

    Ai, is jou roeispane ook opgeblaas?

  • 20. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 05

    Nee, ek het dit geruil vir ontbyt

  • 21. olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 06

    Dollie het uit arm gesin gekom. ekstra hande op die plaas was altyd nodig.

  • 22. olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 07

    eisj, ek hoo darem die ontbyt was dit werd?

  • 23. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 10

    Sy het blerrie goed vir haarself gedoen. Mens moet jou hoed vir haar daarvoor afhaal. Sy skryf haar liedjies self.

  • 24. olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 14

    Ja, sy het. sy kon ook haar hande onder haar arms ingedruk het en gewag het die wereld moet haar saamdra. maar die tante het spunk.

  • 25. olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 16

    en sy het nashville gehad.

  • 26. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 18

    Al sing sy meestal country, is sy baie gewild in Amerika. Blykbaar noem haar jonger boeties en sussies se kinders haar Aunty Granny. Sy het nie haar eie kinders nie. En haar naam is regtig Dolly.

  • 27. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 20

    Nashville?

  • 28. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 22

    Ek het iewers gelees sy is nog steeds vriende met haar kindervriendin. As hulle by mekaar oorslaap, skop hulle die mans uit en deel n bed.

  • 29. olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 23

    Ja, nashville. tot billy ray cyrus het daar opgang gemaak.

  • 30. olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 25

    Dit hdt ek ook gehoor. en dit is die ruggraat van die gerugte dat hulle of dan sy les is.

  • 31. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 26

    Kry n mens nie n liedjie Nashville nie?

  • 32. olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 28

    Dolly se geboorte was betaal met n sakkie tuisgemaalde meel.

  • 33. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 28

    Dit is scary hoeveel van die celebs het nie skool klaar gemaak nie.

  • 34. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 31

    Olga, ek en jy het seker dieselfde huisgenoot boekbonus gelees. Daar is soms die interessantste goed daarin.

  • 35. olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 32

    Ja, ek dink jy kry verskeie liedjies oor nashville. Bedoel jy die ene van ‘im going to nashville’? want dis ook maar n geval vir n sanger van if i can make it there i ll make it n e where. maar nie ny nie. he he.

  • 36. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 32

    En soms natuurlik die grootste klomp snert in ook.

  • 37. olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 36

    Dis moontlik. maar het dit ook jare terug in eng tydskrif gelees toe k nog op skool was.

  • 38. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 36

    😳

    Ek dink eintlik aan die liedjie Jackson, van Johnny Cash en die girl wat hy gesleep het. Genadetjie, dit is eintlik haar lied met een van haar vorige mans.

  • 39. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 38

    Ek dink nie ek het daardie tydskrif gelees nie.😛

  • 40. olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 41

    vorige mans? iewers het ek die bus gemis. gedag carl was haar first, last en haar everything.

  • 41. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 44

    Dolly is nog met haar eerste man getroud. Maar ek dink nou aan Cash se 2de vrou. Hy was haar 4 de of 5de man.

    Ek ken buitendien net 2 Dolly liedjies. Ok, maak dit 5.

  • 42. olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 45

    Jy het dit beslis nie gelees nie.dit was tydskrif oor radio en tv happenings gewees daar in die 70s. iets soos vandag se tv plus.

  • 43. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 47

    9 to 5
    Islands in the stream
    If teardrops is pennies
    Jolene
    I will always love you

  • 44. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 48

    He he he.

  • 45. olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 49

    Dink ons toe wragtig aan dieselfde johnny cash liedjie as n nashville ene. wie was die befaamde mev cash?

  • 46. Olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 52

    Jolene was gr8. as ek gaan dink gaan ek meer onthou. maar ek is nie n groot dolly parton fan nie.

  • 47. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 52

    Olga

    Ek sal moet gaan soek. Sy was lank voor hom bekend en Reese Witherspoon vertolk haar in die fliek. Dink amper Maple of iets. Nee, June iets! wag laat ek gaan soek.

  • 48. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 53

    Ek ook nie. Behalwe vir 9 – 5 en islands.

  • 49. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 8 : 58

    June Carter!! More het ek haar naam weer vergeet.

    Ken jy Cash se liedjie, A boy named Sue?

  • 50. Olga  |  Mei 16, 2009 om 8 : 59

    Homer was op n tyd gaga oor dolly se musiek. dalkies maar stilletjies gefantaseer oor dari islands😉

  • 51. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 01

    these is a any named sue he knows just what to do? dari ene?

  • 52. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 02

    Ja, en vandag ken ons haar net as johnny cash se vrou al was sy laaaaank voor hom bekend ne.

  • 53. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 9 : 04

    Wel, ons weet nie juis veel van Cash af nie.

  • 54. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 04

    200 any moes boy wees. dis nou die gemors van predictive txt.

  • 55. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 9 : 05

    Ai tog. Hier begin Opera. Grrr.

  • 56. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 9 : 08

    A boy name sue word meer gepraat as gesing. Gaan oor n seun wie se pa hom Sue gedoop het. Hy moet sy hele lewe lank daaroor baklei. Hy besluit toe om sy pa te gaan soek en dood te maak.

  • 57. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 11

    Ek moes ook al fone ruil. opera soek n bles. laat my weer aan dolly dink. ek wonder of daar ooit media fotos van haar met haar regte hare is.

  • 58. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 13

    wha ha ha ha. dan was die weervoorspelling vir n verandering in die kol.

  • 59. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 14

    Ai, my kop raas vandag. dit moes die antw op n sms gewees het. sorry.

  • 60. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 9 : 18

    Ha ha ha.

  • 61. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 20

    Jy lag vir my. siesa.

  • 62. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 9 : 21

    Ek het al n foto van Dolly net haar regte hare gesien. Maar aan die dunnerige kant. Dit was geneem soos sy n kliniek verlaat het.

  • 63. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 9 : 22

    Net jy, Olga, sal n sms op die blog stuur

  • 64. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 24

    Ek sou dit graag wou sien. was sy ook aan iets verslaaf? dis mos al waarvoor hulle klinieu toe gaan.

  • 65. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 25

    Ek sou dit graag wou sien. was sy ook aan iets verslaaf? dis mos al waarvoor hulle kliniek toe gaan.

  • 66. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 27

    Tjk. aag. ek kan die sms op die blog lees. toe druk ek weer verkeerde knoppies. dis maar al.

  • 67. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 9 : 31

    Olga

    Jy gaan ook kliniek toe vir inplantings en ontrimpelings as jy nie soos n uitgedroogde pruimedant op die verhoog wil lyk nie. Dit is waarvoor sy daar was.

  • 68. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 9 : 32

    Hoezit hoezit my chinas. Bly om te sien ek het julle iets (anders) gegee om oor te praat.

    Ek kry friekin koud en wens ek kan inni bed bly. Maar helaas…… Theres no rest 4 the wicked

  • 69. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 9 : 33

    Ek wil ok gaan vi inplantings😉

  • 70. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 9 : 34

    Wat moet jy vandag doen, Willes?

  • 71. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 34

    wk, dis n leke warm sonnige dag in my vallei. whe pe pe pela.

  • 72. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 9 : 35

    Die tweede load is al inni wasmatjien ek ek hoop dit gat voor lunch tyd kla wees. 5 mense se wasgud is nie speletjies nie. Veral inni winter

  • 73. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 35

    Ek wil ook nie n uitgedroogde pruimedant wees nie. ek wil golf speel.

  • 74. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 9 : 36

    Olga

    Sjarrap! Ek lê juis en droom oor ‘n stukkie son

  • 75. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 9 : 36

    Gaan terug na Adam en Eva se wortels en loop kaalgat

  • 76. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 9 : 37

    Jy kan more saam my kom put put speel Olga. Ek bring die dop en jy bring die son

  • 77. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 9 : 38

    Olga

    Gaan koop vir jou n paar stokke en gaan vir lesse.

  • 78. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 9 : 39

    Adriana

    Ek moet eers ‘n ronoster vel groei en gewig verloor voor ek so iets kan waag

  • 79. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 39

    En hoe wk! einde van die maand in winter begin ek vrydae aande aan 6 mense se wasgoed was om sondag oggend die laaste klaar te stryk. dan was my badboy deur die maand met sy wasgoed by die huis. my en homer se goed net n dag of 2 se wasgoed.

  • 80. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 9 : 40

    Olga

    Die denneplantasie is ‘n goeie plek om te oefen. Effens aani koel kant da binne ma deur en deur die moeite werd

  • 81. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 9 : 41

    Ek wil weggooi klere ontwerp. Smaakvol ma prakties en in elke size en kleur

  • 82. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 42

    Jy sal jou gat afvrier by dari wortels. hier is baie stokke in die erf. watwo koop. dankie wk. dis n bakgat plan. homer is hoeka more nog op kursus.

  • 83. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 9 : 42

    Eks nou lus vi Wimpy koffie. Kan jy nou meer😯

  • 84. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 44

    Solank jy n paar smaakvolle tente ook ontwerp, is bob mos jou uncle.

  • 85. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 9 : 44

    Op watse kursus is Homer?

  • 86. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 9 : 45

    Sjoe! Ruik ek nou dennebolle. Mmmmm….. Sal moet kyk hoe lyk die budget. Die slowveld roep alweer klip hard

  • 87. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 45

    Jacobs kronung is n goeie plaasvervanger vir wimpy koffie.

  • 88. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 9 : 46

    Is hy op kursus of sirkus?

  • 89. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 47

    Noodhulp. daar is op die aarde niks wat lekkerder ruik as denneplantasie na n mase donder of haelstorm nie.

  • 90. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 9 : 47

    Jacobs is 20 keer beter as wimpy.

  • 91. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 9 : 47

    Eish! My ma roep. Ek moet ha gou winkels toe vat. Check julle later

  • 92. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 9 : 50

    Daar sal darem vanmiddag n nuwe blog wees.

  • 93. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 51

    Gaan jy wragtig aan n nuwe blog werk?

  • 94. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 9 : 56

    Olga

    Ek het dit gisteraand geskryf. En nee, dit gaan nie oor Idi Amin nie.

  • 95. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 57

    M+b in nelspruit se eerste koppie koffie het deesdae n skuimkop van n paar cm.

  • 96. pop  |  Mei 16, 2009 om 9 : 57

    hello mense,

    lekker koud vandag ne? lekker in die bed bly en 4 episodes van prison break kyk!!!

  • 97. Olga  |  Mei 16, 2009 om 9 : 59

    Heerlik by ons pop. more se. wou ek dan oor idi amin weet? die ou goggerella het my die creeps gegee.

  • 98. pop  |  Mei 16, 2009 om 10 : 00

    a3

    waaroor gaan dit?

  • 99. Olga  |  Mei 16, 2009 om 10 : 00

    Ek is lus vir gemmerbrood.

  • 100. pop  |  Mei 16, 2009 om 10 : 00

    olga

    waar is ons?

  • 101. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 10 : 01

    Olga

    Wag vir my twist!

  • 102. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 10 : 02

    Pop

    Kom lees vanaand dan weet jy ook!

  • 103. Adrie  |  Mei 16, 2009 om 10 : 03

    Gotta fly!! Sien julle later. Moet gou n paar goedjies afhandel.

  • 104. Olga  |  Mei 16, 2009 om 10 : 04

    Mysterious. ok. ver van jou pop. in die laeveld.

  • 105. Olga  |  Mei 16, 2009 om 10 : 04

    Enjoy juf annie.

  • 106. pop  |  Mei 16, 2009 om 10 : 05

    olga

    hmmm, laeveld is pragtig! sien later

  • 107. Olga  |  Mei 16, 2009 om 10 : 08

    Goedgaan pop.

  • 108. carina  |  Mei 16, 2009 om 10 : 37

    absoluut mal oor Clue! Pictionary, Trivial pursuit, The memory game en battleships. Ken nie 30 seconds nie.

  • 109. pop  |  Mei 16, 2009 om 11 : 09

    slaap almal?

  • 110. Olga  |  Mei 16, 2009 om 12 : 30

    Is dit dan al bedtyd?

  • 111. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 12 : 41

    Ek WENS dit was bedtyd Skrop. Ek sit inni middel van Woolies met 4 kjinners. My boek het ek sopas kla gelees en ouma lyk nie of sy naastenby kla geshop hetti. To crown it all is ek hommer

  • 112. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 12 : 42

    BAJA HOMMER

  • 113. Olga  |  Mei 16, 2009 om 12 : 56

    Happie piesangbrood wk?

  • 114. Pop  |  Mei 16, 2009 om 1 : 58

    Ek willi happie he asb

  • 115. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 2 : 16

    Pop

    Spoeg nou dadelik daai piesang brood uit!! Olga bak die lekkerste piesang brood en ek sal vuis slaan vi my happie😈

  • 116. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 2 : 27

    Hey wenna!

    Put down the banana loaf and step away from the table👿

  • 117. Olga  |  Mei 16, 2009 om 2 : 39

    😆 daar is nog in die yskas wk. ek weet mos hoe wolf die roofkykers alles op as mens jou rug draai. wie kan my se wat de vloek motown is dat jac n dem motown naweek het.

  • 118. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 3 : 50

    Phew! Thanx Olga

    Sover ek weet is mowtown (Spelling?) musiek of musikante vanni ‘ou bedeling’ in USA. Dit was natuurlik net swart amerikaners……. Of so iets

  • 119. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 3 : 57

    Ek praat nou seke kak ma ek dink dat was ‘n black owned recording company wat musiek vervaardig het soos blues, hip hop, jazz en dies meer

  • 120. Olga  |  Mei 16, 2009 om 4 : 08

    Dankie, dit maak sin ne. maar hoekom die onderskeid? seke maar hulle prerogatief. n tatie gogga het my gesteek. ek hoop maar dit was n by. het my arm gevoel brand, en gevat iets het geval. was seker maar die angel. sou nie help om die by of die angel op die gras te soek nie. die simpel ding.

  • 121. WILLE KJINDQ  |  Mei 16, 2009 om 4 : 37

    Ai tog! So jy het nou jou steek vi die naweek gekry😯

  • 122. olga  |  Mei 16, 2009 om 5 : 15

    Wha ha ha ha ha. met rente.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: