Diere Vergiftiging

Mei 14, 2009 at 5 : 19 159 Kommentaar

Kwaad, kan nie begin om te beskryf hoe ek voel nie.  Hoekom doen mense dit, eintlik kan mens hulle nie mense noem nie – dis monsters ?  Wat het diere aan iemand gedoen dat hulle vergiftig word en dit net om iemand se ‘greed’ om iets te gaan vat wat nie aan hom behoort in die eerste plek nie te bevredig.  En hoekom die hele buurt se honde om by een huis in te breek ?

Die 18de Desember word ons wakker van my hond wat blaf en toe skielik stil is, gaan kyk, daar lê my hond, besig om sy laaste asemteue te gee, baie moeilike asemteue bygesê en kyk jou aan met oë wat smeek ‘help my asseblief’ – maar jou hande is afgekap, jy moet maar toekyk hoe jou dier wat daagliks deel van jou lewe en gesin is sterf.  Die gif wat gebruik word, 2 Step, werk so vinnig dat daar nie eers tyd is om jou dier by ‘n veearts uit te kry nie, maak nie saak hoe vinnig jy dit optel nie.  Hoekom maak en verkoop hulle nog die gif ?  Hoekom is daar nie beter beheer oor wie die gif kan koop en wie nie ?  Hoekom, hoekom, hoekom ?  Ons sal nooit weet nie.

Mens raak baie geheg aan jou diere, of meeste mense in elk geval, in my huis is my diere soos my kinders, net die beste is goed genoeg vir hulle.

So koop ek toe ‘n nuwe hond, my Labrador Buddy (julle almal weet van hom want ek het julle alles vertel en ek was so opgewonde), wat ek weet ek kan van kleins af leer en ek weet hy sal goed wees met die kinders.  ‘n Kind moet met ‘n hond grootword, ek glo dit.  Ek laat hom registreer, sit ‘n microchip in, hy kry al sy spuite (wat al klaar ‘n plaas se prys is) en beplan om hom op 6 maande ‘hondeskool’ toe te stuur sodat hulle hom al die fynere details leer, onder andere hoe om nie gif te eet nie, koop vir hom speelgoed en hou hom besig anders jaag hulle aan en grou gate – hy floreer !  Net laasweek kry ek sy ‘papiere’ dat hy geregistreer is as Buddy McGee.

Buddy is ‘n klein Brat en eet net die beste kos, slaap in die huis en kry meer as genoeg aandag, tot die pappagaai sê ‘Buddy is ‘n brat’ !  Hy is so lieftallig, my baba trek sy ore, ry op hom en gaan mal en hy gaan lê net vir so ‘n ou bederfie van ‘n maagkrap, probeer nie eers byt of hap na haar nie – ek weet ek het die regte keuse van hond gemaak, dis wat ek wou gehad het !

Dit was nou tot vanoggend.  My man is werk toe gisteraand op ‘n call-out en het vergeet om vir Buddy in te bring, hy het langer weggebly as wat hy gedink het, en ek was onder die indruk dat hy hom wel ingebring het want hy doen dit altyd.  My ma bel my 5h15 en ek weet sommer iets is fout – Buddy lê dood voor hulle hek en my dogter se ander hondjie, Gizmo is skoon weg – ja reg geraai – vergiftig !  Ek kan nie glo dit het weer gebeur nie.  Buddy sou vandag 5 maande gewees het, 1 maand van hondeskool af.  Dis ook nie net myne nie, van nommer 4 af tot by nommer 13 is al die honde vergiftig.

My hart is so seer en nou moet ek nog my kind by die koshuis bel om vir haar te vertel van haar hondjie, die trane loop en haar stemmetjie is maar baie dun, Gizmo het die vorige keer oorleef want hy was in die huis, maar die keer was hy nie so gelukkig nie.  ‘Dankie dat mamma laat weet het’, my hart breek vir my kind maar wat kan ek doen ?

Ek wens ek kan daardie einste gif ingee vir die wat hulle vergiftig het en dan staan en toekyk hoe hulle ‘n stadige wrede dood sterf soos wat ons diere moes doen.

Ter wille van ou kruiwa sal ek die post skoon hou, maar glo my, ek dink ek kan aan ‘n hele paar woorde dink wat ek kon gebruik het want kwaad en briesend beskryf dit glad nie !

My baba loop heeldag rond en roep vir Buddy, na mamma en daddy was dit haar eerste woord, en raak skoon laf as sy hom sien, hy is haar beste maat, alhoewel ek moet bysê, Gizmo was ook Buddy en so ook die pappagaai en die eende !

Ek het nou genoeg gal gebraak want niks sal my honde terugbring nie en die hartseer gaan nog lank by my bly maar die lewe gaan aan en ons moet ook maar.

Net ‘n laaste gedagte – ek hoop die skuldiges gaan direk hel toe sonder om by begin te stop !  En ek hoop hulle word baie swaar gestraf eendag vir wat hulle gedoen het.

Is een van julle se diere al vergiftig en hoe voel julle hieroor ?

Treurende *Mathilda*

Blogvraag:  Wie het DDT eerste in 1874 vervaardig?

Blogantwoord:  Die Dollywood Foundation beywer geletterheid.  Willes was reg met die beskrywing.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Yster asters Bordspelletjies

159 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Mei 15, 2009 om 3 : 24

    My gevreetjie is orals dieselfde

  • 2. *Mathilda*  |  Mei 15, 2009 om 3 : 24

    Daar is basies 4 maniere om hulle te leer
    1. Net 1 persoon gee vir hulle kos (werk nie want wat as jy nie daar kan wees nie)
    2. Gee net op een plek kos (iemand moet altyd toegang tot die plek hê)
    3. Gooi iets op die kos (Selfs daai poeier goed is nie baie lekker nie en hulle vat dit nie sommer nie)
    4. Stuur hulle hondeskool toe – ja, as mens net tyd het

  • 3. Adrie  |  Mei 15, 2009 om 3 : 26

    Vir wat dit werd is.

    Olga weet nogal baie van diere opleiding af. Haar honde sal nie vir ‘n hoender of makou skeef kyk nie. Juis omdat sy hulle so geleer het. Ek sal maar daardie raad van dag een af volg. Jy het darem niks om daardeur te verloor nie.

  • 4. *Mathilda*  |  Mei 15, 2009 om 3 : 29

    Buddy was ook so geleer, hy het niks met my pappagaai of my pa se eende wat vry rondloop gedoen nie – die een keer wat hy wel skeef vir hulle gekyk het het ek hom geneuk dat hy weet en dit was laaste – hulle het dan al uit sy bak uit sy kos kom steel – dan lê hy hulle net en loer

  • 5. Adrie  |  Mei 15, 2009 om 3 : 32

    Ai tog. Ek is nie juis vandag lus om te sukkel nie.

  • 6. Adrie  |  Mei 15, 2009 om 3 : 42

    My Tweeling se internet is ook af.

  • 7. Adrie  |  Mei 15, 2009 om 3 : 46

    A lesson on how consultants can make a difference in an organization.

    Last week, we took some friends to a new restaurant, ‘Steve’s Place,’
    and
    noticed that the waiter who took our order carried a spoon in his shirt
    pocket. It seemed a little strange. When the busboy brought our water
    and utensils, I observed that he also had a spoon in his shirt pocket.

    Then I looked around and saw that all the staff had spoons in their
    pockets. When the waiter came back to serve our soup I inquired, ‘Why
    the
    spoon?’ ‘Well, ‘he explained, ‘the restaurant’s owner hired Andersen
    Consulting to revamp all of our processes. After several months of
    analysis, they concluded that the spoon was the most frequently
    dropped
    utensil. It represents a drop frequency of approximately 3 spoons per
    table per hour.

    If our personnel are better prepared, we can reduce the number of trips
    back to the kitchen and save 15 man-hours per shift.’

    As luck would have it, I dropped my spoon and he replaced it with his
    spare. ‘I’ll get another spoon next time I go to the kitchen instead of
    making an extra trip to get it right now.’ I was impressed.

    I also noticed that there was a string hanging out of the waiter’s fly.
    Looking around, I saw that all of the waiters had the same string
    hanging
    from their flies. So, before he walked off, I asked the waiter, ‘Excuse
    me, but can you tell me why you have that string right there?’

    Oh, certainly!’ Then he lowered his voice. ‘Not everyone is so
    observant. That consulting firm I mentioned also learned that we can
    save
    time in the restroom. By tying this string to the tip of our
    you-know-what, we can pull it out without touching it and eliminate
    the
    need to wash our hands, shortening the time spent in the restroom by
    76.39%.

    I asked quietly, ‘After you get it out, how do you put it back?’

    ‘Well,’ he whispered, ‘I don’t know about the others, but I use the
    spoon.’

  • 8. Renette Slow  |  Oktober 7, 2009 om 8 : 08

    ek het dringend raad nodig. my hond word elke week gebad en geborsel. ek het al so baie geld op vlooi produkte spandeur maar net mooi niks werk nie. die hare op haar stert is al af gebyt en die hare op haar rug is al af geskuur. ek vat haar ook elke naweek see toe om in die see water te gaan baljaar maar nou droog die soutwater haar vel uit en dit veroorsaak dat sy eers krap. ek hoop so dat iemand my kan help want ek kry haar so jammer. ASB help haar, O,ja haar naam is Sheba en sy is n Labrador en is 4jr oud. my e.mail adr is….. renetteslow@gmail.com.

  • 9. Xena Phoenix  |  Oktober 7, 2009 om 10 : 19

    Renette

    Het jy dalk ‘n wit hond?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: