Yster asters

Mei 13, 2009 at 5 : 35 172 Kommentaar

Daar word lank verwys na iemand met ‘n sterk persoonlikheid dat hulle ysters is.  Soos Faceboek dit opsom: Iemand wat ‘n sterk karakter, emosies, etiek en liggam het.  Yster mense is betroubaar en gelykmatig.  Hulle sê wat hulle bedoel en sal dit deurvoer, juis omdat hulle die possitiewe en negatiewe van ‘n verpligting opgeweeg het voordat hulle ingestem het.  Hulle kan kophou met die lewe se moeilikhede juis omdat hulle vol innerlike krag is. 

‘n Mens kan sien dat wie ookal yster in verband met persoonlikheid en handelinge bring, mense is wat in die sosiale sfeer hulle lewe maak.  Hulle weet niks van chemie af nie, yster is ironies genoeg ‘n sagte metaal.  Dit moet juis met ander elemente gemeng word voordat dit regtig sterk genoeg is om te gebruik.  Tog klink iron lady, iron butterfly en yster aster net beter as steel lady, steel butterfly en staal aster. 

Die term Iron Lady word dikwels gebruik waar daar ‘n vroulike leier met ‘n sterk wil betrokke is.  Dit is al op verskeie vroue van toepassing gemaak, maar Magaret Thatcher is seker die yster aster van Iron Ladies.  Die naam is deur die Russiese pers (Krasnaya Zvezda – Rooi Ster) aan haar toegeken nadat sy baie sterk standpunt teen kommunisme ingeneem het.  Tydens haar toespraak as leier van die opposissie het sy die volgende kwyt geraak:

The Russians are bent on world dominance, and they are rapidly acquiring the means to become the most powerful imperial nation the world has seen. The men in the Soviet Politburo do not have to worry about the ebb and flow of public opinion. They put guns before butter, while we put just about everything before guns.

Die naam was bedoel om ‘n belediging te wees, maar Thatcher was dol daaroor en het dit deel van haar gemaak.  ‘n Iron lady is na my mening iemand wat jy weet jy gaan probleme mee optel, maar tog so voorspelbaar.  Dus maklik om te vermy.

Dan kry ‘n mens die Iron Butterfly.  Iemand met wie jy dink jy kan mors, maar teen wie jy onverwags jou rieme kan styfloop.  Dalk subtieler, maar gevaarliker as die Iron Lady.  Iemand soos Dolly Parton, ‘n skattige ou dingetjie (deesdae tannie) maar moet haar nie probeer inloop nie.  In 1974 was sy net iemand wat graag naam as ‘n solosanger wou maak, iets waarmee sy al vir jare gesukkel het.  Haar liedjie, I will always love you, het haar nommer 1 op die country trefferlyste gemaak.  En die musiekwêreld laat regop sit.

Insluitende Elvis Presley, wat dit graag wou cover.  Baie goeie nuus vir iemand in haar skoene as een van die legendes jou lied wil opneem.  Sy was oor die maan, tot sy gehoor het sy sal die helfte van die kopiereg aan hom moet gee.  Sy het geweier en hom gepos.  Dit het haar die bynaam van Iron Butterfly besorg.  Die besluit het wel gemaak dat Elvis nie haar lied gesing het nie, maar ook dat dit vir haar miljoene in die sak gebring het.  Volgens haar is die geld wat sy gemaak het toe Whitney Houston haar lied gecover het, genoeg gewees om Graceland te koop.

Dan kry ‘n mens Helen Zille.  Wat haar voortande wil gee om die tweede Yster vrou te wees en mense daardeur vervreemd.  Zille is beslis ‘n yster aster, maar eerder ‘n iron butterfly.  Sy is nie ‘n tweede Magaret Thatcher nie, eerder ‘n eerste Helen Zille.  Dit is tyd dat sy dit besef en daarvan die beste maak.  Die media sal gou genoeg vir haar ‘n goeie bynaam uitdink en dit behoort nie Godzille te wees nie.

Blogvraag:  Die Dollywood Foundation is Dolly Parton se liefdadigheidsprogram.  Op wat val die program se fokus veral?

Blogantwoord:    Olga was reg met Eenheid in Verskeidenheid.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Ons land, Suid-Afrika Diere Vergiftiging

172 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Mei 14, 2009 om 3 : 50

    Nog nie ‘n pilletjie gedrink vir die hoofpyn nie?

  • 2. *Mathilda*  |  Mei 14, 2009 om 3 : 51

    Al twee gedrink maar dit help nie.

    Ek gaan nou maar huistoe, sien later

  • 3. Adrie  |  Mei 14, 2009 om 3 : 56

    Tata

  • 4. Wille Kjind Q  |  Mei 14, 2009 om 3 : 59

    Koebaai Tilla

  • 5. Girl van die Suburbs  |  Mei 14, 2009 om 3 : 59

    Hoe laat gaan jy huis toe A3?

  • 6. Girl van die Suburbs  |  Mei 14, 2009 om 4 : 00

    Hello WK!

  • 7. Adrie  |  Mei 14, 2009 om 4 : 07

    Girl

    Basies wanneer ek lus is. Jy?

  • 8. Girl van die Suburbs  |  Mei 14, 2009 om 4 : 10

    Oh, dis lekker. Ek gaan seker maar so 5 uur.

    Hoe was jou dag?

  • 9. Adrie  |  Mei 14, 2009 om 4 : 12

    Rof

    Ek moes ‘n groot deel in jou valley gaan rondkrap het.

  • 10. Girl van die Suburbs  |  Mei 14, 2009 om 4 : 14

    Oi, As ek dit geweet het sou ek jou gestick het v koffie en koek.
    Joburg verkeer kan nogals rof raak.

  • 11. Adrie  |  Mei 14, 2009 om 4 : 20

    Kan jy dan kom en gaan soos jy wil?

  • 12. Girl van die Suburbs  |  Mei 14, 2009 om 4 : 25

    Ja ek kan so nou en dan weg glip

  • 13. Adrie  |  Mei 14, 2009 om 4 : 25

    Wat nogal scary is, is dat ek al baie van die gatpadjies ken. Ek kom te veel in Sodom.

  • 14. Adrie  |  Mei 14, 2009 om 4 : 29

    😎 of is dit nou 8)

  • 15. Adrie  |  Mei 14, 2009 om 4 : 29

    Dit is altwee.

  • 16. Girl van die Suburbs  |  Mei 14, 2009 om 4 : 30

    Ja, as jy gatpadjies ken dan kom jy te veel hier. Hier is hordes. Hulle kan jou net so lekker laat verdwaal ook

  • 17. Girl van die Suburbs  |  Mei 14, 2009 om 4 : 31

    Ja ek kan gaan as ek wil🙂

  • 18. Adrie  |  Mei 14, 2009 om 4 : 32

    Ek het darem nog nie my gat af verdwaal nie.

  • 19. Girl van die Suburbs  |  Mei 14, 2009 om 4 : 33

    Jis ek het… en dis toe dat ek besef, all roads lead home!

  • 20. Girl van die Suburbs  |  Mei 14, 2009 om 4 : 38

    Okay, ekke gaan gaan

    Chat later!

  • 21. Adrie  |  Mei 14, 2009 om 4 : 38

    Nell

    Dit is omdat ons nie met die see gepla is nie. Dit tel in ons guns.

  • 22. *Mathilda*  |  Mei 14, 2009 om 5 : 09

    hallo wee

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: