Liefde uit ‘n webblad

Mei 11, 2009 at 6 : 09 391 Kommentaar

Ek het een middag baie onskuldig gefacebook, toe ek die volgende boodskap kry:  “Kyk gou hier en laat weet my as ek vir jou ‘n date moet reël.  Ek val amper van my stoel af van skok.  Liewe genugtig, ek het amper begin hiperventileer.  Nie lank daarna nie, besluit iemand dat dit haar plig is om vir my ‘n man te soek.  Gelukkig is die platinum graaf nie net daar om mee te roer nie, dit kan wal gooi ook.  Daar is tot iemand wat my probeer opvoed hoe om te flirt. 

Die boodskap is duidelik, ek moet begin mansoek of iemand anders doen die werk namens my.  Girl van die Suburbs besluit toe mos ook vandag dat dit vet pret sal wees as ons altwee oor dieselfde onderwerp skryf.  My bang hare het lankal uitgeval, maar ek sluk amper my tong in toe ek haar die onderwerp laat kies.  Dating Sites.  Ek het probeer wal gooi, maar toe besluit te hel daarmee.  Dit is nou nie of ek ‘n beter pot snot het om oor te skryf nie.

Ek moes toe maar by ‘n dating site aansluit om iets te kry om oor te skryf.  Die eerste spul goed is maklik, ‘n gebruikersnaam, eposadress, wagwoord ens.  Toe is dit die eerste hekkie:  hoekom wil iemand jou leer ken?  Hoe moet ek dit nou weet?  Ek kan dalk goed verkoop, maar ek beskou myself nie as ‘n produk nie.  Ek het my duim hard gesuig en iets neergeskrabbel.  Wat op aarde sê ‘n mens.  Volgende hekkie: jou ideale pasmaat.  Liewe ouers, hoe moet ek weet, ek dink nie daaroor nie.  Ek kan tog nie neerskryf Ryk Neetling of ‘n pediater nie?  (Ek het dit oorweeg).  Ek weet nie eers of ek regtig iemand soek nie, wat nog wat ek in iemand soek.

Met stampe en stote het ek die profiel voltooi.  Ek beskou dit as ‘n eksperiment.  Een wat ontleed gaan word, maar wat nie verder gaan vorder nie.  As dinge regtig so maklik was as om iemand van ‘n webblad af te kies, sou daar mos nie goed soos egskeidings of gebroke harte wees nie.  Papier is baie geduldig en die internet selfs nog meer.  ‘n Mens kan enige iets neerpen en niemand sal weet of jy lieg of nie.

My ouma se tweede man het uit die landbou weekblad gekom.  Die grootste fout van haar lewe. 

Het julle al ooit internetdating gedoen?  Hoe voel julle oor so iets?  Ken julle dalk iemand wat dit suksesvol reggekry het?  Wat nog van programme soos Boer soek ‘n vrou of  The Bachelor?  Maak dit nie die huwelik goedkoop nie?

Blogvraag:  Die jongste wettige trou ouderdom in SA is 18.  Daar is egter voorsiening gemaak vir tradisionele huwelike.  Wat is die jongste ouderdom waarmee ‘n seun en ‘n meisie ‘n tradisionele huwelik kan betree?

Blogantwoord:  Willes was reg met Stedman Graham.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Talk Shows Ons land, Suid-Afrika

391 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Mei 12, 2009 om 1 : 47

    Daai pot plantjie was seker n jakob regop

  • 2. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 1 : 48

    Uniqa

    Daar is nie veel om te vertel nie. Ek en hy het so 5 keer ontmoet. Ek dink in al die tyd het ons nie een keer aan mekaar geraak nie. En ek bedoel, ons het nie eers hand geskud nie. Wat my uitstekend gepas het.

  • 3. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 1 : 49

    😯

    Net 2?????

  • 4. Uniqa  |  Mei 12, 2009 om 1 : 50

    Ek het daar geleer om vinnig ‘n disappearing act te doen. Ek het dit eenvoudig net nie in my hart gehad om vir iemand te sê ek stel nie belang nie.

    Een van my dates het ook sommer trouplanne begin kry nadat hy my kids omtrent vir ‘n uur geken het. Ek dink dit meer as enige iets anders het my afgeskrik. Hy wou net huis op sit en oud word en ek het gevoel ek het nog baie lewe oor om te lewe voor dit weer moet gebeur.

    Hy het toe sommer sy werk bedank en weg getrek, maak nie saak hoe ek probeer troos en keer het nie

  • 5. Uniqa  |  Mei 12, 2009 om 1 : 50

    Klip

    Jy verraai nou daar dat jy tipies man is!

  • 6. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 1 : 51

    Liewe ouers.

    Die aap wat sy kinders geskiet het om die ma te spite se gehoor was glo ongrondwetlik.

    Hoe de hel slaap sy prokureur snags?

  • 7. *Mathilda*  |  Mei 12, 2009 om 1 : 51

    Huh ? Net twee wat ?

  • 8. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 1 : 52

    Uniqa

    Werk bedank en trek? Dit is ‘n groot NO-NO.

  • 9. Uniqa  |  Mei 12, 2009 om 1 : 53

    Ek het hom probeer keer! Wat moes ek maak?

  • 10. Uniqa  |  Mei 12, 2009 om 1 : 53

    Vir my het dit WEEREENS gewys dat hy geneig is om bietjie vinnig op loop te gaan met ‘n ding

  • 11. Klip  |  Mei 12, 2009 om 1 : 54

    Uniqa ,😆 ek is net baie bly ek trek nog nie vroumens klere aan nie

  • 12. Uniqa  |  Mei 12, 2009 om 1 : 57

    Klip

    NOG NIE??

  • 13. Klip  |  Mei 12, 2009 om 1 : 58

    Ek wil nou iets se …….

    A3 miskien moet jy eers my comment moderate voor ek se wat ek wil se

  • 14. Klip  |  Mei 12, 2009 om 1 : 59

    Uniqa , ook nooit nie , my lipstick en my vrou sn verskil te veel van mekaar

  • 15. Uniqa  |  Mei 12, 2009 om 2 : 07

    Ag kalmeer man, ek kon net nie dit versoeking weerstaan nie.
    Sê nou eers vir my, wat het jou laat besluit om saam met ‘n klomp vrouens te sit en chat? Ek dink dit kan nogal hard wees om die enigste haan onder die henne te wees

  • 16. Klip  |  Mei 12, 2009 om 2 : 12

    Uniqa , ek geniet die dames se geselskap, kom maar so van Jacaranda se blog af. Ek het myself uitgenooi en tuis gemaak , seker laaik almal nie al die stront wat ek kwyt raak nie , maar dit bly interessant hier tussen die rose
    @}`~~~~

  • 17. Klip  |  Mei 12, 2009 om 2 : 13

    My stert vere is lankal getrek , antie A3 vatikaki

  • 18. *Mathilda*  |  Mei 12, 2009 om 2 : 14

    Uniqa

    Ons het nog ‘n doring – maar wat van hom geword het weet die vader alleen

  • 19. Klip  |  Mei 12, 2009 om 2 : 14

    Ek gesels net met mans as ons oor vrouens kan gesels😳

  • 20. *Mathilda*  |  Mei 12, 2009 om 2 : 15

    En klip sorg dat ons liggies altyd brand

  • 21. Girl van die Suburbs  |  Mei 12, 2009 om 2 : 17

    Ag klip jou ou doring!

    A3 ek het pics gekry van girls wat soos regte mense en nie modelle lyk nie. Daar is twee vreeslike onaantreklike meisies ook!

  • 22. Girl van die Suburbs  |  Mei 12, 2009 om 2 : 18

    Die posduif vlieg A3…. Net stadig… baie stadig!

  • 23. Klip  |  Mei 12, 2009 om 2 : 20

    Geringde duiwe vlieg beter

  • 24. Klip  |  Mei 12, 2009 om 2 : 24

    Julle twee gaan seker daai link aanstuur sodat almal kan volg wat gebeur met die dating

  • 25. Uniqa  |  Mei 12, 2009 om 2 : 25

    Julle moet my verskoon, as ek nie gaan nie is dit te laat. En in hierdie kantoor moet ‘n mens ‘n dag vooruit beplan as jy wil gaan piepie.

  • 26. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 2 : 32

    Ek is terug. Amper in trane maar darem.

  • 27. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 2 : 33

    Nell

    Ek sien daardie duif van jou vlieg ekstra stadig.

  • 28. *Mathilda*  |  Mei 12, 2009 om 2 : 34

    Kloon

    Lag trane of regte trane ?

  • 29. Klip  |  Mei 12, 2009 om 2 : 34

    Wat het jou so ontstel A3?

  • 30. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 2 : 34

    Ek wonder wat het van die ander mans geword.

    Zoekoe
    Jannas
    Mario ~
    Ridder
    Kruiwa hang darem nog hierrond uit.

  • 31. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 2 : 36

    Kloon

    Regte trane – pyn trane.

    Ek moet eintlik vir julle ‘n foto neem. Nou dat ek daaraan dink, dit kan lagtrane ook wees.

  • 32. Uniqa  |  Mei 12, 2009 om 2 : 36

    Jy moenie laat iemand jou boelie nie, wat’s nou fout?

  • 33. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 2 : 36

    Klip

    Amper niks kan my ontstel, jy weet dit mos nou al.

  • 34. Girl van die Suburbs  |  Mei 12, 2009 om 2 : 37

    Oi, ek is nou al van die server af op 3G….. Weetie wat aangaan nie. Ietsie is gebreek.

  • 35. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 2 : 38

    Julle weet mos hoe is dit

    Iemand stamp jou per ongeluk op die neus (letterlik) en dan vloei die trane. As jy nou wil of nie.

  • 36. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 2 : 38

    Nell

    Ek kom glad nie by jou in op die oomblik nie.

  • 37. Girl van die Suburbs  |  Mei 12, 2009 om 2 : 41

    Ekke ook nie… Ek dink ek het ietsie gebreek!!!!!

  • 38. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 2 : 42

    Nell

    Is dit ook jou skuld dat ek vandag so met die internet sukkel?

  • 39. Girl van die Suburbs  |  Mei 12, 2009 om 2 : 46

    Ja, dalk…. Jammer. Ekke het groen vingers met alles wat tegnologie insluit!

  • 40. Girl van die Suburbs  |  Mei 12, 2009 om 2 : 46

    Okay, Pics van my gmail afgestuur!

  • 41. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 2 : 48

    Nell

    Groen vingers hoort in ‘n tuin. NIE OP ‘n BLERRIE REKENAAR NIE. 👿
    😆

  • 42. Nats  |  Mei 12, 2009 om 2 : 51

    I is back!!

    Weet net nie vir hoe lank nie!

  • 43. *Mathilda*  |  Mei 12, 2009 om 2 : 52

    Hallo I – welkom terug

    Kloon – wie hou nie van jou neus nie ?

  • 44. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 2 : 53

    Kloon

    Dit is die ergste. Ek hou self nie van my neus nie.

  • 45. *Mathilda*  |  Mei 12, 2009 om 3 : 01

    Ja dalk – maar jy gaan nie jou eie neus afslaan oor jy nie van hom hou nie !

  • 46. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 3 : 04

    Jy weet mos watse simpel dinge ek kan aanvang as ek die dag tyd kry.

  • 47. *Mathilda*  |  Mei 12, 2009 om 3 : 06

    TL het nou al twee keer my neus so met haar koppie geslaan (van lawwegeid) dat ek omtrent gesteier het – die eerste keer was die ding seker maklik vir 2 maande seer en nou het ek weer ‘n splinternuwe stamp weg eergister !

  • 48. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 3 : 10

    Jy was seker lelik met haar en sy moet jou op jou plek sit. 😆

    Gesels sy al?

  • 49. *Mathilda*  |  Mei 12, 2009 om 3 : 15

    Nee ek sê mos – dis van lawwe opgewondenheid – probeer vir haar sussies wegkruip.

    Sy sê alles agter ‘n mens aan (niemand het gelukkig nog vir haar gesê om haar klere te pak nie)

  • 50. Nats  |  Mei 12, 2009 om 3 : 18

    Howdy *M*

    Hoe graag soek ek nie nou ‘n plot nie!! Ek wil ‘n perd hê!!!
    O ja en hasies🙂

  • 51. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 3 : 19

    Lyk my ek moet kom kuier en haar wys hoe moet sy haar klere pak. Almal dink mos sy lyk soos ek.

    Ek neem aan dat sy nogal erg kan swets ook nou al – met die wat sy alles herhaal wat iemand se.

  • 52. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 3 : 21

    Kom ons raai wie kuier op die oomblik by wetnose.

    Toemaar Nats

    Ek soek ‘n donkie.

  • 53. Girl van die Suburbs  |  Mei 12, 2009 om 3 : 23

    A3… Ek dink jy moet aandag gee aan my laaste epossie… Iet baie weird het nou gebeur!

  • 54. *Mathilda*  |  Mei 12, 2009 om 3 : 24

    Nogal ‘n donkie kloon – om wat mee te maak – wie se gat wil jy laat skop ?

  • 55. *Mathilda*  |  Mei 12, 2009 om 3 : 25

    Nell

    Details please – ons wil ook weet wat is weird

  • 56. *Mathilda*  |  Mei 12, 2009 om 3 : 26

    Vrou klim langs haar man in die bed en sê: “Vanaand maak ek jou die gelukkigste man in die wereld!”
    “Jy is seker mal” sê hy. ‘Wie gaan jou die tyd van die nag help trek?’

  • 57. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 3 : 28

    Ek hou van donkies, ek kan nogal self iemand se gat hard skop.

    Uniqa

    Kan jy my asb epos? Dit is nogal belangrik. Ek het iemand wat vir jou raad het met die seksuele teistering en kan nie die kontak besonderhede op die webpage sit nie.

    amaal3@gmail.com

  • 58. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 3 : 29

    Tilla

    Dit is nie doodsake of skindersake nie.

    Net ‘n ou wordpress probleem.

  • 59. Girl van die Suburbs  |  Mei 12, 2009 om 3 : 31

    Ag Tilla

    Ek breek ook alles!!!!!!!!!!!!!

    Ek gaan pakslae kry!

  • 60. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 3 : 34

    🙄

    Nell

    Sluk gou ‘n bottel OBS en dan is die saak weer reg. Die straf hoek se sleutel is in elk geval in blommeland.

  • 61. Nats  |  Mei 12, 2009 om 3 : 36

    Adrie
    Jip! Ek wil kyk of ek weer by hulle ‘n draai kan gaan maak! Kry elke nou en dan e-mail updates. Hierdie gaan oor die OBP perde.

    Maar nou dat jy dit noem, ek sal ook ‘n donkie vat!

  • 62. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 3 : 41

    Donkies is die coolste diere nog.

  • 63. Olga  |  Mei 12, 2009 om 3 : 42

    uniqua, vir die man om met n bottel viagra by n lodge op te daag vir n date, sou darem te obvious gewees het.

  • 64. *Mathilda*  |  Mei 12, 2009 om 3 : 44

    Ek gaan amper huistoe !

  • 65. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 3 : 44

    😉

    Olga, die bank is toe, Uniqa is huistoe.

  • 66. Olga  |  Mei 12, 2009 om 3 : 45

    Gaan die DOINKIES hoede dra met hulle ore wat deursteek, en strikjie op die stert? en groot sonbril om te keer vir tandpyn?

  • 67. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 3 : 45

    Tilla

    ‘n Mens kan ook jou horlosie volgens jou kom en gaan stel.

  • 68. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 3 : 46

    Sonbril vir tandpyn??

    Maar ja, dit sal nogal cute lyk.

  • 69. Olga  |  Mei 12, 2009 om 3 : 47

    Enjoy tillaki. en nie te veel bøinkiesop verorber nie ne.

  • 70. Olga  |  Mei 12, 2009 om 3 : 49

    Ja, jong met aardverarming weet jy nie wat direkte son in n arme dooinkie se oge kan doen nie.

  • 71. Klip  |  Mei 12, 2009 om 3 : 49

    Liefie.co.za gaan kook met die latest profiles

  • 72. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 3 : 50

    Die sonbril gaan darem ook die hartseer oe wegsteek.

  • 73. *Mathilda*  |  Mei 12, 2009 om 3 : 51

    Nee – daai is alles klaar verorber.

    Kloon – almal kan sien as dit amper 4 uur is as hulle net na my kyk – wie het dan nou ‘n horlosie nodig – dis ‘n fyne aanvoeling !

  • 74. Klip  |  Mei 12, 2009 om 3 : 52

    Elke boontjie n patroontjie

  • 75. Olga  |  Mei 12, 2009 om 3 : 54

    Is die liefie ding nie net jakaranda se datesite nie?

  • 76. Klip  |  Mei 12, 2009 om 3 : 54

    Ek het n probleem met my oe …..

    Ek kan nie sien dat ek nog hier moet sit tot 7uur toe nie

  • 77. Klip  |  Mei 12, 2009 om 3 : 55

    Olga ek glo nie , net die link is daar …

  • 78. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 3 : 58

    Nee, Liefie is blykbaar ‘n site wat deur hulle ore betaal om by Jac te adverteer.

  • 79. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 4 : 08

    Almal het gou saam met Tilla na die kar gestap.

  • 80. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 4 : 09

    Of gaan kyk of hulle my by Liefie kan kry.

    Julle kan nie, ek het nie daar geregistreer nie.

  • 81. Salome  |  Mei 12, 2009 om 4 : 24

    Niemand is hier by my .com nie, net ek.

    Hallo almal!!

  • 82. Salome  |  Mei 12, 2009 om 4 : 26

    Olga – Liefie is net myne en ek ga Jacaranda sue vir naam skending want hulle intifeer met my slaapkamer lewe. {Sies man; ek het eerste die Liefie naam gedeps}

  • 83. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 4 : 30

    Hey Saloom

  • 84. Salome  |  Mei 12, 2009 om 4 : 32

    Middag Adrie

  • 85. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 4 : 35

    Ek hoop jy het vir ons Cremora Tert gebring.

  • 86. Salome  |  Mei 12, 2009 om 4 : 40

    Nee, ek het koek gebak. 2 jariges eet nie Cremora tert nie. Wil jy nou nie maar net vir vandag jou gewoon 12 jaar wees en tevrede wees met bont Cupcakes nie?

  • 87. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 4 : 41

    Wel . . . .

    Dit is nou nie asof ek ‘n keuse het nie. 😆

    Hoeveel 2 jariges is daar?

  • 88. Salome  |  Mei 12, 2009 om 4 : 43

    Wel uuuhm; jy en jou 3ling, en ek en Liefie en ouboet en boetie en ouma en oumatjie en 3 maatjies.

  • 89. Salome  |  Mei 12, 2009 om 4 : 44

    Sal later vir blog familie ok stuur. Jy moet asseblieg maar uitdeel nè

  • 90. Salome  |  Mei 12, 2009 om 4 : 46

    Ai tog, tsk, nou is ek ok weer 2. Kan nie eens asseblief spel nie.

  • 91. Adrie  |  Mei 12, 2009 om 4 : 48

    Ek noem dit gewoonlik ‘n tikfout.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: