Talk Shows

Mei 10, 2009 at 10 : 19 440 Kommentaar

My persoonlike beskeie mening is dat Talk Shows vir verveelde huisvrouens is.  Die aanname is nie ongegrond nie, ek lei dit af van die tye wat dit afgesaai word.  In die middel van die dag wanneer almal anders by die werk is.  Tog weet ek dat almal skelm kyk wanneer hulle die kans kry.  Al word dit in die middag van die dag uitgesaai, is dit gewoonlik baie interessanter as die ander snert wat dan wys.

Verslaaf raak is natuurlik ‘n ander storie.  En lyk my dat baie mense wel daarop verslaaf kan raak.  Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek kyk wel Oprah wanneer ek betyds by die huis is, maar ek sal myself beslis nie huis toe haas om dit nie te mis nie.  As daar iets beters op ‘n ander kanaal is, sal ek dit kyk.  Maar hoekom raak mense so afhanklik op hulle Talk Shows?

Ek het al van te vore genoem dat mense mal is oor drama.  Daarvan loop die Talk Shows oor.  Daar is emosies en nog meer emosies.  Daar is altyd iemand wat tjank.  Wat my verstand te bowe gaan is dat iemand nie met iemand in die persoonlikheid van hulle eie huis kan praat nie, maar dit wel voor ‘n gehoor en miljoene kykers kan doen.  Ek wonder dikwels hoeveel patete daar in Amerika veral is.  Kry die vervaardigers nie skaam om menslike leed so uit te buit nie?  Aan die anderkant dink ek dikwels dat hulle tweederangse akteurs huur vir die program. Tweederangs en uiters swak.  En regtig, hoeveel programme kan daar regtig oor vet gemaak word.

Iets wat my vreesbevange maak is hoeveel mense hulle eie lewensbeskouings op hulle gunsteling Talk Show gasheer/vrou baseer.  Die gasheer/vrou se denke is gewoonlik baie polities korrek en niemand durf dit te bevraagteken nie.  Wanneer die gasvrou, met spesiale vermelding van Oprah, op ‘n seepkis klim, klim die hele wêreld saam op die seepkis.  Elke tydskrif of koerant berig daaroor en almal werk saam om daardie euwel op te los.  Dit het onlangs weer met byvoorbeeld puppymills gebeur het.  As Oprah ‘n sekere dieet volg, volg almal dit saam.  As Oprah mal is oor ‘n boek, lees biljoene dit saam.  Dit het darem gewoonlik  ‘n edel doel, maar wat van die dag as dit nie is nie? 

Deesdae probeer elke Talk Show mos ook Kersvader speel.  Ek wonder hoeveel borge jaarliks spandeer met alles wat op Talk Shows uit gedeel word?  Geen wonder GM sukkel op die oomblik nie, hulle herstel seker nog van die 276 Pontiac G6’se wat hulle in 2004 op Oprah weg gegee het, vir almal in die gehoor.

Is jy verslaaf aan Talk Shows?  Kyk jy net soms skelm?  Hoe voel jy oor Talk Shows?

Blogvraag:  ‘n Maklike ene, wie is Oprah se lewensmaat?

Blogantwoord:  Willes was reg met die 4de Sondag van Lent.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Ann en Anna Jarvis Liefde uit ‘n webblad

440 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 2 : 06

    Matahari

    Ek is nie seker nie – het dit nog nooit hier by ‘n hardeware winkel gesien nie, maar gaan vra gerus

  • 2. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 06

    Kyk laat ek jou se Matahari , so n pool game moet sy pote optel om by n bottel whiesky uit te kom

  • 3. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 2 : 07

    Ek dink dalk….. Jou vrou is getroud en jy is gelukkig?

  • 4. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 09

    Nell, wel wat kan ek se , alles wat mos nie aan jou behoort nie is mos altyd mooier en beter ……amper soos die gras is altyd groener aan die ander kant van die draad, seker net omdat daar meer peofies is

  • 5. Matahari  |  Mei 11, 2009 om 2 : 09

    Julle mans en julle drank.siesa. Dankie matilda. Lekker dag vir almal. Bye.

  • 6. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 10

    A3 jou toets werk te oulik

    Ek bedoel “poefies”

  • 7. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 2 : 10

    Haai Sies Klip! Jou vrou is supposed om die mooiste vrou in die hele wye wereld te wees.

  • 8. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 11

    Tata Matahari , ek moet ook by se so n paar doppe het al gemaak dat baie vroumense mooier voorkom as wat hulle is😆

  • 9. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 12

    Ja Ja Ja ek weet😳 maar die wereld is so groot

  • 10. Uniqa  |  Mei 11, 2009 om 2 : 12

    Iemand Daar?
    Bietjie morele ondersteuning SEBLIEF! Ek is so depressed vandag dat koppilletjies nie eers help nie.

  • 11. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 2 : 12

    A3 – hoekom kies ons nie een onderwerp vandag en skryf oor dieselfde ding nie…. Ek wil sien hoeveel stront ons kan uitdink en wat elkeen daaroor te se het?

    Dis nou as jy nog nie ‘n onderwerp het nie?

  • 12. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 13

    Wat op hierdie aarde is mooier as n mooi vrou??????

  • 13. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 2 : 14

    Uniqua

    Jy los net my nat buskaartjie uit ! Hy is daar om my polse af te sny !

    Praat met ons maaikie – hoekom so down in the dumps ?

  • 14. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 14

    Uniqa, welkom , hier is nie n somber oomblik op hierdie blog nie

  • 15. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 2 : 15

    ‘n man mag kyk, maar hy mag nie begeer nie KLIP!!!!

  • 16. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 18

    Nell dis so waar .

    Wysbegeerte ….die dames wys en ons ou toppies begeer

  • 17. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 2 : 18

    Klip – seker ‘n mooi vrou wat lelik sit !

  • 18. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 19

    Uniqa, praat jou hart uit …………sit terug en ontspan

  • 19. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 20

    MATHILDA , ek sweer jy kan gedagtes lees!!!

  • 20. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 2 : 20

    Nee vrekkit Klip, is jy for real?

    bwahahahaaa… Dis so waar Tilla…. Elke man se droom😉

  • 21. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 22

    Nell , ek begeer net met mooi skoon gedagtes , soos om my buurman se 840 BMW te bestuur , en soos om my eie goue eilandjie iewers te besit ……alles wat mooi is

  • 22. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 2 : 22

    Klip

    Jy vergeet ek werk elke dag tussen ‘n klomp mans – ek weet wat julle dink

  • 23. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 22

    Uniqa, is jy nog daar❓

  • 24. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 2 : 23

    Nell

    99% van hulle sal met daai begeerte of wens doodgaan

  • 25. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 24

    Mathilda😆 en kan party van ons nie lekker deurmekaar dink nie

  • 26. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 2 : 24

    O hel – ek moes dalk die plastiek teelepel ook vir Uniqua weggesteek het !

  • 27. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 2 : 24

    Mooi dalk, maar verseker nie skoon nie.

  • 28. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 26

    Dis soos om in n restaurant te sit , jy bestel wat jy dink is die lekkerste tot jy die ou langs jou se bord kos sien dan wens jy , jy het dit eerder bestel

  • 29. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 2 : 27

    Kloon !!!!

  • 30. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 29

    Ek het as kind baie min speelgoed gehad , daarom het ek so n groot verbeelding

  • 31. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 31

    Iets soos n magic carpet , waarmee n mens so n bietjie kan weg vlieg

  • 32. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 32

    Wag ek is nou besig om stront te praat ……….

  • 33. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 2 : 35

    Klip

    Sukkel jy om wakker te bly dat jy so klomp bollie praat ?

  • 34. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 2 : 35

    My kloon vat ook so lank dat die maaikie al selfmoord sou gepleeg het voor sy hier uitkom !

  • 35. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 2 : 39

    Klip

    Weet jy al of jy ‘n oupa of ‘n ouma gaan wees ?

  • 36. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 2 : 39

    Sien – dis nou die tyd van die dag wat ek alweer met myself moet gesels !

  • 37. Uniqa  |  Mei 11, 2009 om 2 : 40

    Tilla
    Dankie vir die smile op my gevreetjie

    Klip
    Jy is ‘n aaklige, aaklige mens

    Agge nee man julle. Wat doen ek met my vatterig baas. Hierdie man is besig om vir my moedeloos te maak. En ek kan nie glo hy kom hiermee weg in so ‘n groot, internasionale werksomgewing nie.

  • 38. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 2 : 41

    Eks hier Tillakie…. Ek sit en ponder oor die kak wat Klip kwytraak.

  • 39. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 2 : 43

    Le ‘n klag Uniqa!!!!!

  • 40. Uniqa  |  Mei 11, 2009 om 2 : 45

    Nou wat nou? Nou het ek my hart uitgepraat en nou is julle weg.
    Klip, dis nou tipies van mans, maar was ek nou so negatief dat ek die hele geselskap omvergegooi het?

  • 41. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 2 : 45

    He he … julle moet vir klip met die hand groet om hom te waardeer

    Ai Uniqua – dis omtrent ‘n gemors – ek weet nie hoe lyk julle struktuur nie, maar daar moet iemand wees met wie jy kan gaan praat en wat iets daaromtrent kan doen – dit kan nie geduld word nie

  • 42. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 2 : 48

    Nee – hier is ons U

  • 43. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 52

    Ok ek praat nie weer n woord nie😆

    Uniqa , nou is ek ook depressed , mev klip se ook ek is die aakligste aakligste ……..

    Uniqa , gryp jou baas op n plek waar dit rerig seermaak , en dan kyk jy hom stip in sy oe , druk sommer heelwat harder tot daar trane in sy oe kom , en laat hom verstaan om sy stront te los

  • 44. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 53

    Hoe maak jy ‘n man baie seer?
    Draai sy eiers in ‘n draaibank vas en stamp hom van die tafel af.

  • 45. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 2 : 54

    Die vark doen dit seker waar niemand anders dit kan sien en teen hom getuig nie ? Maak ‘n klag, al glo niemand jou nie, dit sal hom ten minste hopelik twee keer laat dink

  • 46. Uniqa  |  Mei 11, 2009 om 2 : 54

    Die idioot! My probleem is dat hy vir die groot company werk en ek is op sy payroll. Met ander woorde, vir hierdie groot plek beteken een van hulle werknemers se assistente net mooi niks.

    Hy is so dikvellig dat ‘n vuurwarm klap hom nie laat bedaar nie. Ek is so mooi keelvol om tien keer te dink voor ek voor hom uitstap, of dat ek tog net EKSTRA ordentlik moet aantrek en sorg dat ek NOOIT my rug op hom draai nie.Maar nou ja, ek het nou genoeg gekla. Ek was nog nooit pieperig nie, iewers gaan die blinde sambok hom nog baie hard looi.

  • 47. Uniqa  |  Mei 11, 2009 om 2 : 56

    Klip

    Ek het nou nie regtig nie bedoel om jou weg te jaag nie. Ek vergeet dinge klink partykeer heeltemal anders op skrif as wat dit mondelings klink.

    Skuusie

  • 48. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 56

    Stamp jou baas voor sy bors sodat sy hol n ronde nul in die grond druk

  • 49. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 2 : 58

    Ag ou klip ek is seker jy trek net ons been om reaksie uit te lok. Jy is heelwaarksynlik nie so bad nie🙂

    Is jy bang Uniqa? Ek bedoel as dit ek was sou ek hom dreig met sy eie vrou

  • 50. Klip  |  Mei 11, 2009 om 2 : 59

    No problem Uniqa, ek verstaan …..

  • 51. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 2 : 59

    Wat het ek waar gemis?

  • 52. Uniqa  |  Mei 11, 2009 om 3 : 00

    Dis ‘n baie goeie plan, Klip!!
    Miskien moet ek more my vleishamertjie saambring bank toe. Miskien het ek met ‘n doel hierdie werk gekry: Om seker te maak dat as ek die dag hier uitstap, sal ek die laaste assistentjie wees wat deur hierdie vark geterroriseer word.

  • 53. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 01

    Mathilda , voor ek vergeet , my meisiekind sien more weer die ginekoloog , dalk sal ek dan weet of ek n oupa of n ouma gaan wees

  • 54. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 3 : 02

    Uniqua – dit moet nie eers tot daai punt kom dat jy so ekstra versigtig te wees nie – wie dink die poepol is hy, dit gee hom glad nie die reg om te doen wat hy doen net oor jy op sy payroll is nie !

  • 55. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 3 : 04

    Uniqua – ek sien dis by ‘n bank – verduister geld en laat al die evidence na sy kant toe point !

  • 56. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 04

    Nou gaan hier darem maar n klomp planne deur my kop wat n mens met so n molesteerder kan aanvang , maar meeste sal my in die tronk laat beland

  • 57. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 3 : 05

    Julle moet ‘n formele dissiplinêre kode hê waarvolgens die tipe ding hanteer word. My vriendin is ‘n bankbestuurder, ek sal biki by haar hoor wat mens kan doen

  • 58. Uniqa  |  Mei 11, 2009 om 3 : 06

    Ek dink as dit op die push af kom, sal ek hom rerig seer maak. Waarvoor ek bang is, is om sonder ‘n werk te sit. My kids is nog klein en ek is nie getroud nie. Ek en my kêrel bly saam, maar ek het nog steeds maar my eie aparte ou uitgawetjies.

    Dit maak mens se senuwees klaar om die hele tyd besig te wees om te keer dat hy nie jou persoonlike spasie moet binne kom nie.
    Hy is nie getroud nie, maar is in ‘n vaste verhouding met die mooiste, dierbaarste vrou. Miskien verdien sy om te weet watse vark hy is voor sy nog met hom gaan staan en trou

  • 59. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 3 : 06

    Uniqa

    Jy kan altyd ook ‘n klag by die polisie gaan le.

    Nell

    Ek en jy kan koppe bymekaar sit. Gooi my ‘n epos dan kan ons kyk.

    Ek kies my onderwerp 5 minute voor die tyd.

  • 60. Uniqa  |  Mei 11, 2009 om 3 : 09

    Dit het nou net in die kantoor ingestap julle.

    Ons gesels weer later. Hou die koerante dop vir ‘n makelaar wat VREESLIK seer gekry het!!!

  • 61. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 3 : 09

    Dis juis oor hy weet wat jou posisie is dat hy dit uitbuit – vark ! Maar dis net waar hy die fout maak, hy gaan lelik op sy neus kyk as dit op die lappe kom. Jy moet hom dalk net een keer mooi (verkieslik waar ‘n getuie by is) waarsku om op te hou met sy onwelkome attensies en as dit dan weer gebeur vat jy dit verder

  • 62. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 11

    Al die goeie mans is soos winkel wors, almal het maar n bietjie vark in

  • 63. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 3 : 14

    Klip – Kry ‘n mens iet soos ‘n goeie man?

  • 64. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 3 : 16

    Nell

    Dit is nogal ‘n goeie vraag. Kry ‘n mens ‘n goeie man? Seker maar far and wide inbetween.

  • 65. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 16

    Laat ek so n bietjie rondkyk……:roll:

    Nee ek glo nie

  • 66. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 3 : 16

    Nell

    Het jy nou al aan ‘n onderwerp vir ons gedink more?

  • 67. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 3 : 19

    Daarsy

    Snaaks hoe mans gewoonlik die eerste is om te erken dat hulle die grootste varke is.

  • 68. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 19

    Ai ek het al so met van hierdie wonderlike mans gesels , iewers somewhere is daar n kraakie .

    Soek ek nou die duiwel agter dieselfde deur waar ek staan

  • 69. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 20

    Ai ou A3 maar dis ook mooi as n aantreklike antie haar so n bietjie varksig gedra

  • 70. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 3 : 20

    Klip

    Hulle se darem erkenning is die eerste stap tot genesing. Dalk is daar nog hoop vir jou.

  • 71. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 3 : 20

    Ek gooi gou ‘n posduif

  • 72. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 21

    Ai Ai so baie plek vir genesing ….

    Liewers erken ek eenkeer ek is vark as wat ek honderd duisend maal moet verduidelik hoekom ek nie vark is nie

  • 73. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 3 : 22

    Klip

    Wanneer kan ek weer met Mev Klip kuier? 👿 Lyk my sy kort lesse.

    Nell

    Moet die arme ding nie te hart gooi nie. Netnou dooi hy voor hy hier aankom.

  • 74. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 22

    Nell , is daai posduif vir my oe ook bedoel of is dit n “girly” ding

  • 75. *Mathilda*  |  Mei 11, 2009 om 3 : 23

    Sjoe

    Daar is omtrent gesels dat die spoeg spat vandag

  • 76. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 24

    Wanner ons weer n blog jol van die grond af kry😆

  • 77. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 3 : 25

    Ek het hom net liggies laat gaan……

  • 78. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 25

    Dis daai toets van A3 wat ons so baie laat praat

  • 79. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 26

    Uniqa ….. waar is jy ?

  • 80. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 3 : 26

    Moet ek vir jou skryf oom Klip?

  • 81. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 27

    Toe ek laasnag vir my vrou sê: “Crouch, touch … pause … engage!” toe wetter sy my.
    Nou vra ek jou, was my benadering verkeerd of kyk ek te veel rugby?

  • 82. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 3 : 27

    Klip

    Jy sal more die posduif sien.

    Tilla

    Netnou skrik die mense hulle stil. 😉 Miskien sukkel te veel mense as die blog oor 150 gaan.

  • 83. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 28

    Nell , dis allright ek sal julle gesaamentlike poging hier op die blog lees

  • 84. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 3 : 29

    Klip

    Wanneer jy vir ons ‘n blogjol reel. Ek kom net as Maxie en Nell daar gaan wees. 😆

  • 85. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 30

    ‘n Verkoopsman wat van deur tot deur loop klop aan die soveelste deur.
    ‘n Seuntjie, so ag jaar oud, maak die deur oop. Hy het sykouse aan met bypassende kousophouers. In sy een hand is ‘n Martini en in die ander ‘n vet sigaar.
    “Is jou mammie tuis boeta?” vra die verkoopsman.
    Die seuntjie kyk stip na hom vir twee sekondes en antwoord stadig: “Lyk dit $%!#& so?”

  • 86. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 32

    Ek kom ook net as oom Klip daar gaan wees

  • 87. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 3 : 38

    Ha Ha Ha – Klip

    Wees bly ek het nie gese as Wip kom nie. Dan sou ek geen kans gehad het om op te daag nie.

  • 88. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 3 : 43

    Ou groentjie hier weet nie wat ‘n blogjol is nie?!

  • 89. Wille Kjind Q  |  Mei 11, 2009 om 3 : 47

    Blogjol? Wa? Wanne?

  • 90. Wille Kjind Q  |  Mei 11, 2009 om 3 : 48

    Uitfrekineindelik kan ek ok kom hallo sê

  • 91. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 3 : 50

    Nell

    Dit is iets waar groentjies oopmond sit en hulle vergaap aan die malles.

    As Klip daar is gooi hy ‘n ou gemmertjie (kat) op die spit en daar is nogal heelwat rooi koeldrank ook.

    Ons soek nog die mens wat minder as my tweeling en mev Klip kan praat en die mens wat meer as my drieling kan praat.

  • 92. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 3 : 51

    PS. ‘n Blogjol is ‘n braai/kuier/koffietjie wanneer ‘n paar van ons in die vlees bymekaar kom. Dit is oop vir almal, behalwe as ons jou geban het.

    Willes

    Raai in wie loop ek nou die dag vas.

  • 93. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 52

    N Regte blog jol , is soos n inisieerings (sp) seremonie , jy moet vir tenminste n week in die veld gaan bly…………………….

  • 94. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 3 : 54

    Re 93

    Soos julle kan sien is Klip nog steeds in die veld. Ons het vergeet om hom te laat terug kom.

  • 95. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 3 : 55

    Klink na baie groot fun!

    VERAL MET JULLE KLOMP!

  • 96. Klip  |  Mei 11, 2009 om 3 : 56

    Die week in die veld is net om voor te berei vir die groot dag .as almal bymekaar is

  • 97. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 3 : 59

    Nell

    Wipneus het net die helfte van ons op ‘n miniblogjol ontmoet en haar in ‘n ander geloof in geskrik.

    Die groot jol in die jaar is rondom 20 November in Johannesburg. Moet nou nie planne maak vir daardie tyd nie.

  • 98. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 4 : 01

    Klip

    Ek hoop jy het jou en Mev Klip se verlofvormpie al ingesit vir Sisters. Bring sommer die kinders saam.

  • 99. Nats  |  Mei 11, 2009 om 4 : 02

    Terug… gou gaan beddegoed soek vir ons nuuf bed! King extra blerrie length is nie so maklik om te kry nie… dalk hoekom ek niks gekry het nie!!!!!
    Of altans In die kleur wat EK soek nie!

    Tweeling
    Het jy nievoorspel dit gaan ‘n stil dag wees nie??😉

  • 100. Klip  |  Mei 11, 2009 om 4 : 02

    Dan kom die vark in jou uit , jy eet en drink en praat stront tot die son sak

  • 101. Girl van die Suburbs  |  Mei 11, 2009 om 4 : 03

    Ek book myself dan uit vir daai tyd!

  • 102. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 4 : 03

    Tweeling

    Maar dit is ‘n stil dag. Kyk, dit is al na 4 en daar is nou eers 100 comments op die blog.

  • 103. Klip  |  Mei 11, 2009 om 4 : 05

    Ek sal nog so n paar gratis minute moet bymekaar maak vir die groot jol , ek het al my free minutes op gebruik hierdie laaste twee naweke

  • 104. Klip  |  Mei 11, 2009 om 4 : 06

    Dis al die derde 100 comments

  • 105. Klip  |  Mei 11, 2009 om 4 : 08

    WK , waar hardloop jy rond?

  • 106. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 4 : 11

    Klip

    As dit nou die 10de 100 comments vir die dag was, was ek dalk impress.
    😆

    Nell

    Soek solank vir jou skoene.

  • 107. Olga  |  Mei 11, 2009 om 4 : 42

    Good grief het ek dit reggekry?

  • 108. Olga  |  Mei 11, 2009 om 4 : 44

    uniqua, as sy bdk met jou praat wat sy hande doen, stel jou foon en maak n voice recording van wat hy praat. dan my girl, is bob sy uncle.

  • 109. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 4 : 46

    Olga

    Dink jy nie ek het ‘n oulike plan gemaak nie?

  • 110. Olga  |  Mei 11, 2009 om 4 : 51

    met die extended 5c skema? dis nou bakgat. stroes bob.

  • 111. Nats  |  Mei 11, 2009 om 4 : 54

    Sien nou eers Uniqa se comment…

    Die bank is ‘n bliksem! Moet net nie dink hulle gaan agter jou staan nie! My tannie wat ‘n bank bestuurder is was deur ‘n klient aangerand en in haar kantoor rond gegooi… toe die vrou langs haar hoor da is iets nie lekker nie het sy darem hulp gekry.

    Wat sê die bank??

    Jy kan die saak verder neem, jy mag net nie die bank se naam noem nie… en moet ook nie vir die bank vra vir hulp of geld om te help betaal vir prok kostes nie!

    Stuur hom in sy moer in, vertel sy meisie en soek ander werk is my opinie!

  • 112. Olga  |  Mei 11, 2009 om 4 : 57

    Ai, nou bogger julle dan. moenie met my praat nie. my kos is buitendien amper klaar. net nog herderspastei in die oond druk en slaai maak.

  • 113. Nats  |  Mei 11, 2009 om 4 : 57

    Sien julle gevreetjies weer more!!!

    Lekker aand!

  • 114. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 4 : 58

    Skuus Olga

    Ek was gou besig met ‘n verslag.

  • 115. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 5 : 00

    Nou is ek honger. Ek het skoon van middagete vergeet.

  • 116. Olga  |  Mei 11, 2009 om 5 : 09

    Kan in elk geval nie kwaad doen nie.

  • 117. Wille Kjind Q  |  Mei 11, 2009 om 5 : 09

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Die clowns meng in met my blog tyd!!!

    @ My 3ling

    Ons 3ling?

  • 118. Wille Kjind Q  |  Mei 11, 2009 om 5 : 10

    NWT. Gat gou byri vending matjien ‘n pak chips koop

  • 119. Wille Kjind Q  |  Mei 11, 2009 om 5 : 13

    Hey wenna!!!!!

  • 120. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 5 : 13

    Ons drieling se amper nog minder as my tweeling.

  • 121. Wille Kjind Q  |  Mei 11, 2009 om 5 : 14

    Ek praat! Een van julle kan dam saam praat

  • 122. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 5 : 14

    Wat nou weer?

    Huh????

  • 123. Olga  |  Mei 11, 2009 om 5 : 15

    jy wou by die sirkus werk wk. moenie kla oor die clowns nie.

  • 124. Wille Kjind Q  |  Mei 11, 2009 om 5 : 15

    Issi. Jou tweeling praat minner as ons drieling. Of eintlik moet ek sê assit net ons 3 is praat sy dam meer

  • 125. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 5 : 15

    Ons praat al die heeldag terwyl jy by die buurman boer.

  • 126. Wille Kjind Q  |  Mei 11, 2009 om 5 : 17

    He! He!

  • 127. Wille Kjind Q  |  Mei 11, 2009 om 5 : 18

    Die buurman is nogal glad nie lelik nie……. Miskien net te jonk

  • 128. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 5 : 19

    Ek neem aan jy kry freebies. Dit wat jou die heeldag besig hou.

  • 129. Olga  |  Mei 11, 2009 om 5 : 19

    Dalk voel julle 3ling ongemaklik in julle geselskap.

  • 130. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 5 : 22

    Olga

    Dalk, maar 10 minute later het sy ons amper onder die tafel in gesels.

  • 131. Olga  |  Mei 11, 2009 om 5 : 25

    Alweer geskroef met die upgrade.

  • 132. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 5 : 27

    Olga

    Gaan dit net tot by 130?

  • 133. Olga  |  Mei 11, 2009 om 5 : 27

    Wk worry nie te veel oor die freebies by die buurman nie. dis die toetsritte wat haar so besig hou.

  • 134. Olga  |  Mei 11, 2009 om 5 : 28

    Ja, jy is reg maar ou wd kap dit nog flou.

  • 135. Olga  |  Mei 11, 2009 om 5 : 32

    Maar jou toets het goe afgeloop juf annie. het pieter mulder nou by di vf bedank dat hulle ho m uitkryt as n verraaier wat net aan sy pensioen dink en te hel met sy ideale?

  • 136. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 5 : 35

    Ek het geen idee nie.

    Sal seker vanaand in die nuus sien.

  • 137. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 5 : 36

    So ek gaan dit dan los soos wat dit nou is.

    Almal kan makliker saampraat

  • 138. Olga  |  Mei 11, 2009 om 5 : 36

    op sy ouderdom sou ek ook aan my pensioen gedink het. ideale hou jou nie gevoed nie. mens moet weet wanneer om amen te se. leer uit die abo. daar is n punt waar deursettingsvermoee stop en hardkopPigheid oorneem. wie wee, hy kry dalk baie uitgerig in die anc regering.

  • 139. Olga  |  Mei 11, 2009 om 5 : 39

    ek gaan bad. dis koud.

  • 140. Adrie  |  Mei 11, 2009 om 5 : 46

    Dit is nogal ‘n kompliment dat hy die enigste nie-ANC lid is nie. Ek wens hom regtig sukses toe.

    Ek dink die VF+ moet bly wees. Dit is in landbou (grondhervorming) waarin baie VF+ mense ‘n belang het. Hy kan nou van binne veg.

    Ek sou dit nie teen Zille gehou het as sy ‘n minister geword het nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: