Superhelde

Mei 8, 2009 at 5 : 59 203 Kommentaar

Batman.  Flash Gordon.  He-Man.  Bravestar. Captain Planet.

Erken dit maar, elkeen van ons het ‘n ou sagte plekkie vir ‘n superhero.  Nie noodwendig vir almal nie, maar jy moet darem ‘n gunsteling hê.  Een wat jy bewonder en seker heimlik wens dat jy sy skoene kan volstaan.  Ek is seker dat dit nie net kinders is wat heeldag met superheld kostuums wil rondloop nie, baie groot mense wens heimlik ook dat hulle dit kon doen.  Veral die manlikes onder ons.

Na my beskeie mening is daar net een superheld.  Superman.  Dit is immers hy wat die super in die helde ingeblaas het.  Waarskynlik letterlik.  Soos die digter gesê het:  ek hou van ‘n man wat ‘n bars kan kyk en dit kan Superman beslis doen.  Dit is egter nie al nie.  Hy is bonatuurlik sterk, hy is baie vinnig, hy kan uithou, hy het stamina en en en en . . . hy kan vlieg ook. 

Jerry Siegel en Joe Schuster het ‘n bonatuurlike skurk geskep om in storkiesverhale te gebruik.  In 1933 verskyn Superman die eerste keer in the Reign of Super-Man wat in ‘n Wetenskapfiksie verskyn het.  Daarna het hulle Superman in ‘n held probeer omskep, maar dit was ‘n opdraende stryd om ‘n uitgewer te kry.  Superman soos ons hom vandag ken het op 30 Junie 1938 in Action Comics verskyn.  Die res is geskiedenis.  Baie van die name van mense en plekke in die strokie is afgelei van bekendes of flieks se name.

Superman het in die begin maar ‘n beperkte aantal kragte gehad.  Soos die tyd aangestap het, het Superman kragtiger en kragtiger geraak.  Superman kon aan die begin net baie hoog spring.  In die tyd wat die strokiesprente ontwikkel het, het die Fleischer Broers te moeilik gevind om al die spronge te illustreer.  Hulle het versoek dat hy eerder moet kan vlieg.

Ek is bevrees Superman is oppad om as Superheld onttroon te word.  Die oomblik wat ek ‘n Mr Muscle kry wat soos in die advertensies huisskoon maak, word hy my ewige held.

Wie is jou gunsteling superheld?  Sal jy graag ‘n superheld wou wees?  Wat sou jy graag as ‘n superkrag wil hê?  (Persoonlik sal ek mense se gedagtes wil lees.)

Blogvraag:  Hoe is daar op Clarke Kent gekom vir Superman se naam?

Blogantwoord:  Olga was reg met Minister van Handel en Nywerheid.

Ek moet erken dat Sonkind se famous last words beroemder was as wat ek gedink het.  Hulle sê wie laaste lag, lag die lekkerste.  En die geval is dit Sonkind wat laaste lag. 

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Bohaai oor niks? Ann en Anna Jarvis

203 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Mei 9, 2009 om 4 : 33

    like ouma . . . like granddaughter tjk.

  • 2. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 4 : 35

    Whateva

  • 3. Girl van die Suburbs  |  Mei 9, 2009 om 4 : 36

    Hello…. Tjssshhhhk… Kom in….. Tjssshhhhk.

  • 4. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 4 : 36

    Ek het toppies vir die winter nodig gehad en het nie juis iets gekry nie. Dit is of te klein of the blerrie groot.

    Toe koop ek maar denims

  • 5. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 4 : 37

    Bravo 08 oor.

    (Netnou kom arresteer 007 meisie omdat ek haar lyn steel😉 )

  • 6. Girl van die Suburbs  |  Mei 9, 2009 om 4 : 37

    Ek dink daar is niks moois in die winkels nie. Ek hou nie van die keuses op die rakke die jaar nie. Baie teleurgesteld

  • 7. Olga  |  Mei 9, 2009 om 4 : 38

    Dalk moes ek gese het

    Like oldmother
    like smalldaughter.

  • 8. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 4 : 39

    Alles het horisontale strepe. Niemand wil dik lyk nie en dit is ‘n resep vir dik lyk

  • 9. Girl van die Suburbs  |  Mei 9, 2009 om 4 : 40

    Haai, dit is waaroor my volgende blog stuk gaan. Mense en hul diktes en duntes..

    Ja, ek stem saam. Ek doen nie strepe nie.

  • 10. Olga  |  Mei 9, 2009 om 4 : 41

    Die probleem is did kort lyf broeke en span tops wat in die winkels is. ek voel glad nie gemaklik in my eie vel nie. waarom moet dit nog beklemtoon word met stywe kort klere?

  • 11. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 4 : 43

    O ja, Olga

    Ek het gisteraand dit reg gekry om ‘n foto van die maan te neem. Ek sukkel nog met die skadu’s op die maan, maar eendag is eendag.

    Terloops,

    Ek sien Bessie is die top post.

  • 12. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 4 : 44

    Nell

    Ek krap nog kop oor my volgende post.

  • 13. Olga  |  Mei 9, 2009 om 4 : 45

    Top van wat?

  • 14. Girl van die Suburbs  |  Mei 9, 2009 om 4 : 45

    Ek het iets raak gelees vandag wat my net laat wonder, wie bepaal wat mooi is. Hoekom kan mollige mense nie ook mooi wees nie?

  • 15. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 4 : 47

    Ek raai jy is aan die mollige kant?

    Ek weet nie. Ek mag eintlik nie my eie klere koop nie. My smaak suig blykbaar dik stukke.

    Olga

    Top post van daardie foto-blog.

  • 16. Girl van die Suburbs  |  Mei 9, 2009 om 4 : 50

    Ja ek is so 5 kg oor gewig! Maar dit pla my die minste. Ek is gemaklik in my lyf. Ek wonder net wie besluit wat is mooi!

    Nou wie koop dan jou klere as jy nie mag nie?

  • 17. Olga  |  Mei 9, 2009 om 4 : 51

    ek weet nie eers hoe om dit te kry nie.

  • 18. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 4 : 54

    Olga

    Daar is net foto’s op en jy het dit al almal gesien. mynederigepogings.wordpress.com

    Nell

    Ek koop self, maar ek moet iemand met smaak saamsleep om te help kies. Toemaar, ek is ver oorgewig.

  • 19. Olga  |  Mei 9, 2009 om 4 : 57

    ek het net 1 foto gesien. die ene waar sy uit die water stap.

  • 20. Girl van die Suburbs  |  Mei 9, 2009 om 4 : 57

    Ek is korterig en as ek net na spookasem kyk dan gaan sit dit om my middel.

  • 21. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 4 : 58

    Olga

    Dit is die enigste foto wat ek van haar opgesit het.

  • 22. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 4 : 59

    Hoe lank is korterig? 😛

  • 23. Olga  |  Mei 9, 2009 om 5 : 00

    Dis die enigste foto wat ek gesien het.

  • 24. Girl van die Suburbs  |  Mei 9, 2009 om 5 : 02

    1.62m sonder skoene

  • 25. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 5 : 05

    Olga

    http://www.mynederigepogings.wordpress.com

    Daar is ‘n foto op ‘n bladsy. Click net die pyltjies, maar soos ek se, jy het alles al gesien.

    Nell

    Ek is so effens langer as jy. Wat het jy gelees oor mollige mense? Oor die algemeen word daar gemeen hulle kan mooi lyk as hulle reg aantrek.

  • 26. Girl van die Suburbs  |  Mei 9, 2009 om 5 : 09

    Fotograaf het kommentaar gelewer op ‘n fotoshoot wat hy gedoen het (model was op die voorblad van die mag) en hy het gese dit was so maklik om die foto’s te neem oor haar slanke liggaam… of sulke kak. Het my vererg en nie verder gelees nie.

  • 27. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 5 : 11

    Snork.

    Ek sien uit na jou post.

  • 28. Olga  |  Mei 9, 2009 om 5 : 12

    ek het gekry en gebm, dankie. mollige mense moet die regte klere kry om reg aan te trek. en op die stadium cater die winkels nie vir die voller figuur nie. en die goekoo duur japanese gemors is die lengte van die klere heeltemal buite proporsie.

  • 29. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 5 : 12

    Ek hoor die meeste van die foto’s van glansmense is in ‘n mate gedokter.

  • 30. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 5 : 15

    En Jet se grootes se eintlik niks. Dit is nie eers ‘n aanduiding nie.

    Dit is omtrent ‘n storie om ‘n lang genoeg broek te kry. Ek moet se, Edgars doen effens meer moeites as die res.

  • 31. Olga  |  Mei 9, 2009 om 5 : 16

    beauty is in the eye of the beholder. en hoe kan n lyf waar die bene dreig om deur die vel te steek mooi wees? dis amper net so erg as wanneer sulke rolle vleis bo oor n piepkort hipsteren onder n skintight kort toppie uitpeul. al2 is eeewwwww. so bly die ko op sponcer my tente. cheap advertensie vir hulle.

  • 32. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 5 : 18

    Olgatjie

    Elkeen van daardie foto’s het ‘n titel. Kyk onder die foto. Daar is ook plek om kommentaar te lewer. Soos wat jy gister met Bettie se foto gedoen het.

  • 33. Olga  |  Mei 9, 2009 om 5 : 18

    ek het kritiek gelos by jou nederige pogings. n kaggelvuur sou nou lekker kon wees.

  • 34. Olga  |  Mei 9, 2009 om 5 : 19

    ekskuus juf annie. ek is tegnologies gestremd. my foon wys nie die titels nie.

  • 35. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 5 : 20

    Wat is carnations in Afrikaans? Angeliere?

  • 36. Girl van die Suburbs  |  Mei 9, 2009 om 5 : 20

    Ek stem saam A3. Woolies en Edgars se nommers pas. Ek dra enige iets tussen ‘n 12 en 14, afhangende van die snit.Gaan ek na ‘n ander winkel dan pas daai twee nommers nie so lekker nie.

    Wel ek het gesien wat jy met photoshop kan doen…. Oh my life, dis scary. Dit sal my beste vriend word as ek my brood moes verdien met fotos neem. Jamie Lee Curtis en Kate Winslet het al in onderhoude gese hulle kan nie glo hulle word so mooi gedokter vir voorblaaie nie.

  • 37. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 5 : 21

    😳

    Bessie bedoel.

  • 38. Olga  |  Mei 9, 2009 om 5 : 23

    As jy praat van jou pienk blommetjies met die rooihartjies, hulle is sweet williams dink ek.

  • 39. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 5 : 23

    Ek moet dalk photoshop kry. Maar dan is ek heeltemaal te lui om iets te dokter.

    My hart is te swak vir Woolies se pryse.

  • 40. Olga  |  Mei 9, 2009 om 5 : 25

    so aangeneem, ja. en carnations is angeliere.

  • 41. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 5 : 25

    Olga

    Nee, ek praat nie van hulle nie. GRRR. Ek wil weet wat carnations in Afrikaans is.

  • 42. Girl van die Suburbs  |  Mei 9, 2009 om 5 : 25

    Ja, dis angeliere. My bday blom.

  • 43. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 5 : 27

    Sweet Williams het my nou lus gemaak vir Sally Williams. Die sweets nie die lied nie.

  • 44. Olga  |  Mei 9, 2009 om 5 : 28

    kan nie glo dis so koud hier en 50km verder is dit n heerlike sonskyn dag nie. ons het gebraai verdomp. in vol sonskyn.

  • 45. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 5 : 30

    Noe moet ek gaan uitvind wat is my birthday blom.

  • 46. Olga  |  Mei 9, 2009 om 5 : 30

    My foontjie gaan my nou in die steek laat. geniet die res van die aand girls. gaan julle goed.

  • 47. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 5 : 31

    Die son het geskyn, dit het gereen, dit was warm en dit was koud – alles op een dag.

  • 48. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 5 : 32

    Tata Olga

    Daar sal iewers vanaand ‘n nuwe blog verskyn.

  • 49. Girl van die Suburbs  |  Mei 9, 2009 om 5 : 38

    Toodles Olga

    Ja, ek weet ook nou nie of ek meer lus is vir my lywige blog nie.

  • 50. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 5 : 41

    Nell

    Welkom tot enige blog skrywer se nagmerrie. Om elke dag met iets anders vorendag te kom is nie aldag maklik nie.

  • 51. Girl van die Suburbs  |  Mei 9, 2009 om 5 : 57

    Ja ek sien daai ding. Ek het nou v my popcorn gemaak… My muse…🙂

  • 52. Adrie  |  Mei 9, 2009 om 6 : 09

    Ek gaan fliek sommer net om popcorn te kry.

  • 53. WILLE KJINDQ  |  Mei 10, 2009 om 7 : 14

    More more

    Ek kom groet maar hieso aangesien daar teveel comments is oppi Mdag post. Ek sukkel al vanni oggend ure af om te comment.

    Ek het nou brêkfis inni bed gekry met ‘n prezzi

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: