Bohaai oor niks?

Mei 7, 2009 at 5 : 03 212 Kommentaar

Ek was al ‘n paar keer oor die vingers getik dat ek altyd op die negatiewe fokus.  Persoonlik dink ek dat dit snert is, my blogs gaan nou wel nie oor maanskyn en rose nie, maar ek is altyd reg om te gaan baklei wat ek dink reg is.  Vas oortuig daarvan dat ek wel op die einde sal wen.  ‘n Optimis is immers nie blind nie, maar glo wel dat alles vir die beste sal uitwerk.  Kom ons kyk of ek wel ‘n positiewe blog kan skryf.

Vir weke reeds word daar gegons dat Trevor Manual se dae as Minister van Finansies getel is.  Daar is aanduidings dat hy wel in die kabinet behou gaan word, maar nie naby die tesourier nie.  Dadelik is almal in sak en as, vas oortuig dat Suid-Afrika Zimbabwe ore wil aansit sover dit agteruitgang betref.  (‘n Voorspelling wat ek nog nooit gemaak het nie.)  Soos ek die storie verstaan het Trevor Manual die land uit die kake van bankrotskap gered toe hy oorspronklik in die pos aangestel is.  In die begin wou almal, veral diegene wat nou sy “uittrede” betreur, hom stenig, maar oor die jare het hy almal se respek begin verdien. 

So what as Trevor Manual nie meer die Minister van Finansies is nie.  Dit kan dalk ‘n baie goeie ding wees.

Ek het al vroeër genoem dat dit vrae kan laat ontstaan dat hy met een van die groot handelsbanke se baas getroud is.  Manual is al seker ook na 13 jaar in dieselfde pos, seker ook al keelvol.  Daar word bespiegel dat hy met Pravin Gordhan vervang gaan word.  Die markte is glad nie senuweeagtig daaroor nie, die Rand doen heel goed op die oomblik, so hoekom is ons?  Net omdat ons van drama hou?

Gordhan is immers ook iemand om mee rekening te hou.  Hy is sedert 1999 die kommisaris van SARS.  Niemand se gunsteling departament nie, maar is effektief met wat hulle doen.  Self beter, hulle het die kopseer uit belasting uit gehaal.  Dit is n ‘n 5 minute werk om die vorm te voltooi en jou uitbetaling ontvang jy binne ‘n paar dae.  Mens kan nie juis kla nie, jy kry darem diens vir jou geld.  Ek glo ons finansies sal veilig wees.

Manual is dan boonop vry om op ander areas te fokus.  Hy is dalk ‘n ekonoom, maar kan sy vaardighede seker vir meer as net finansies aanwend.  Daar is beslis ‘n paar plekke in die regering wat kan doen met ‘n goeie regruk.   Ek stel onderwys voor, maar blykbaar wil Zuma hom vir een of ander kommissie gebruik wat gaan verseker dat goed wel geimplementeer word.  Wat dalk mooi beloftes in mooi dade gaan omsit.

Nou moet ons net wag tot Sondag om te kyk met wat ons sit vir die volgende 5 jaar.  Kan iemand net vir Manto ‘n mop en ‘n emmer gee?  Dit is seker al wat sy nie sal kan vernietig nie.

Blogvraag:  Wat was Trevor Manual se eerste posisie in Nelson Mandela se kabinet in 1994 gewees?

Blogantwoord:  Olga was reg met 22 Junie 1902.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die paw-paw strike die fan Superhelde

212 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 04

    Ek het nog nie besluit wat ek die naweek doen nie – sal ‘go with the flow’

  • 2. Nats  |  Mei 8, 2009 om 3 : 04

    Adrie
    WAT! Was die week maar net 5 dae lank… het meer gevoel soos 10!

    Lo da Uniqa… jou nog nooit raak gelees nie! Dankie tog dis Vrydag!

  • 3. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 05

    Ek moet wasgoed was, maar dis darem nie so baie nie

  • 4. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 07

    Uniqa

    Wees asb so gaaf en gaan vul net vir ons die bly te kenne bo-aan die bladsy in – geen trick questions nie – ons wil net weet wie jy is

  • 5. Girl van die Suburbs  |  Mei 8, 2009 om 3 : 09

    Jong hy was ‘n jaar uit die skool uit, nog spring chicken. Hy het saam maats in ‘n kano op die dam uitgevaar. Hy was terug in die water en die ander het oewer toe begin roei. Dit wil voorkom of hy dalk ‘n hartaanval in die water gehad het, en het verdrink. Hy was top fiks (provinsiaal rugby gespeel en kon swem indien iemand gewonder het….. Maar ‘n frats ongeluk.

  • 6. Girl van die Suburbs  |  Mei 8, 2009 om 3 : 10

    Enige voorstelle vir ‘n goeie fliek julle?

  • 7. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 11

    Tilla

    Haar bly te kenne vorm is al lankal klaar. Dit is net die eerste keer wat sy saam met ons inspring.

  • 8. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 13

    Hey

    Ek doen net my werk !

    Nell

    Sjoe – dis nasty

  • 9. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 14

    Nell

    Sondagmiddag wys Dirty Dancing by alle Nu Metro teaters. Dit is en bly ‘n treffer.

    Ek oorweeg dit sommer om my eie reel op te hef.

  • 10. Girl van die Suburbs  |  Mei 8, 2009 om 3 : 16

    Soos in die oorspronklike Dirty Dancing met ou los heup Patrick?

  • 11. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 18

    Nell

    Daardie einste fliek. Op die grootskerm.

  • 12. Uniqa  |  Mei 8, 2009 om 3 : 20

    Nog effens groen, so ja: ek is nog nie baie raakgelees nie.

    Girl van die Suburbs:

    Ek voel regtig vir jou en jou ouers se verlies. My man is ook omtrent drie jaar gelede aan ‘n hartaanval oorlede op ouderdom 31.

    Mathilda

    Het al so gemaak. In kort is ek ‘n ma van drie kids onder ses jaar (WAT OP DEES AARDE HET MY BESIEL??!!) vir wie ek vreeslik lief is. Dan is ek ‘n assistent vir ‘n aaklige, vatterige ouerige omie en die lewensmaat van ‘n dierbare, wonderlik kêrel wat banger vir trou is as vir die duiwel self!!

  • 13. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 20

    Maar net Sondag!

    GRRRRR

  • 14. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 23

    Dit kan dalk ‘n plan wees. Kom ons leer die nuwe dorings beter ken.

    Uniqa, van waar is jy?

    Nell, wat het jou laat besluit om op te hou rook?

    (Die nuwelinge mag natuurlik ook vrae aan ons stel).

  • 15. Girl van die Suburbs  |  Mei 8, 2009 om 3 : 23

    Ag dankie Uniqa! Ek verstaan dit was sy tyd.

    Ek voel weer vir jou ook my (amper) verloofde is laasjaar oorlede. (ja, ja, ek weet…..)

    Maar so stap ons maar elkeen ons padjie.

  • 16. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 25

    Oi!!!

    Dames, ek is bitter jammer om dit te hoor.

  • 17. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 26

    U

    Is jou mini’s sitte of stane ?

  • 18. Girl van die Suburbs  |  Mei 8, 2009 om 3 : 26

    Ophou rook….. Ek was bitter siek die week voor dit en ek het net besluit as ek wil beter word sal ek moet ophou. En nou ruik my klere weer na stasoft. My hare weer na sjampoo EN… Tjokslits proe nou net soveel beter!

  • 19. Girl van die Suburbs  |  Mei 8, 2009 om 3 : 28

    Tilla – ek het nog nie baie met jou gepraat nie. Van watse geweste af is jy en wat doen jy vir ‘n lewe?

    A3 – watse werk doen jy?

  • 20. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 28

    Sjoe Nell en Uniqa – julle het altwee ‘n rowwe tydjie agter die rug – maar ek is bly om te sien julle het opgestaan en gaan aan !

  • 21. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 30

    31 is maar bitterjonk vir ‘n hartaanval. Dit moes ‘n baie groot skok gewees het.

    Uniqa en Nell

    Wie is die mooiste man op aarde?

  • 22. Nats  |  Mei 8, 2009 om 3 : 30

    Uniqa en GVDS
    Jammer om van julle albei se verlies te hoor!

    O ja hoekom noem julle Girl vd Suburbs Nell?

  • 23. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 31

    Nell

    Ek is Adrie se kloon en ek is van die plek met die Moerse Potholes !

  • 24. Nats  |  Mei 8, 2009 om 3 : 31

    NWT

  • 25. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 32

    Nell
    😉 Ek blog natuurlik voltyds. Soms se ek dat ek ‘n onderwyser is en ander kere dat ek ‘n teoloog is. Ek was selfs vir een dag lank ‘n psigiater.

  • 26. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 32

    Nats

    Want dis baie makliker as daai groot lang woorde

  • 27. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 33

    En moenie vergeet my kloon soek nog ‘n pediater vir ‘n man nie !

  • 28. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 33

    Tweeling

    Ons het haar vertel om ‘n naam te kies, want ‘n sinsnede werk nie lekker nie. Toe kies sy Nell.

    Nell

    Watse werk doen jy? (PS: Jy kan my epos as jy regtig wil weet wat ek vir ‘n lewe doen.)

  • 29. Girl van die Suburbs  |  Mei 8, 2009 om 3 : 35

    WOW A3, jy het net die coolste job(s) ooit!

    Nou verstaan ek ook die kloon ding!🙂

    Mooiste man op aarde…. Ek dink John Senna (JA die rofstoeier) is te cute vir woorde! **sug**

  • 30. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 35

    Daardie pediater moet darem R850 per afspraak verdien en blerrie oulik ook wees.

  • 31. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 36

    En die blogbaba is myne – maar eintlik Adrie sn !

  • 32. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 37

    Nell

    Ek is baie bly jy verstaan die kloon ding – wat van die twee en drielinge ?

  • 33. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 37

    Ek dink ‘n teoloog het ‘n boring job. 🙂

    Volgende vraag:

    Mooiste plek in SA?

  • 34. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 38

    Mooiste plek in die hele wye wêreld – langs my engeltjie se bed as sy slapies en haar verbeel sy drink nog haar tietie en sulke geluidjies maak !

  • 35. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 38

    Waaroor moet more se blog handel?

  • 36. Girl van die Suburbs  |  Mei 8, 2009 om 3 : 38

    Ek werk op groot baas se senuwees. En ek is so goed daarmee. Ek doen gemeng ops en admin vir ‘n maatskappy wat saam een van die groot banke goeters doen.

  • 37. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 39

    Wat van Favourites – siende dat ons op dit afgekom het ?

  • 38. Uniqa  |  Mei 8, 2009 om 3 : 41

    A3
    Ek is van Rustenburg, wat van jou?

    Mathilda
    Eers is daar ‘n staan enetjie, my stil, rustige en betroubare oudste-nou amper 6, dan is daar my klein heks met haar mamma se humeur en ‘n vreeslike “sterk” stem. En dan bababoetie wat lyk my iewers vandaan die vermoë gekry het om altyd op iets te wil klim, afval of onder dit vassit.

  • 39. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 41

    Favourite wat?

    Dit kan ‘n stunning idee wees.

  • 40. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 42

    Uniqa

    Lyk my die kinders maak jou gek.

    Ek is van Petoorsdorp.

  • 41. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 44

    Noem al jou favourites waaraan jy kan dink
    Favourite tydverdryf, kos, drank, kleur en en en en ……

    Hoeveel oud is bababoetie ?

  • 42. Girl van die Suburbs  |  Mei 8, 2009 om 3 : 45

    Mooiste plek…. Ek is mal oor die Oos Transvaal! En blykbaar kom die niceste mense van daar af.

  • 43. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 46

    Uniqa

    As jy bo, regs kyk is daar ‘n widget met gevreetjie fabriek. As jy daar registreer, kan jy ook ‘n gevreetjie laai vir die blogs. Dit is as jy moeg raak vir die blou default.

  • 44. Girl van die Suburbs  |  Mei 8, 2009 om 3 : 46

    A3, ek dink nie dit sal ‘n goeie idee wees as ek of jy binnekort kleiner weergawes van ons self kry nie!

  • 45. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 46

    Nell

    Dis alles waar – ek is van daar af !

  • 46. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 47

    Re 192

    Dit is nou natuurlik mense soos ek as iemand dalk gewonder het.

  • 47. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 3 : 47

    Ek groet eers maats – sien later as opera haar mini aantrek

  • 48. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 49

    Nell

    Wyse woorde daardie.

    Okay, favourites

    Boek:
    Sanger/groep:
    Tydskrif:
    Kleur:
    Persoonlikheidseienskap:

    Gooi mense, gooi.

  • 49. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 50

    O ja, en kinderkarakter.

  • 50. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 51

    Boek: Moeilik om te kies, kom ons se maar Kringe
    Sanger/groep: ABBA en Queen
    Tydskrif: Readers Digest
    Kleur: Groen
    Kinderkarakter: Heidi

  • 51. Girl van die Suburbs  |  Mei 8, 2009 om 3 : 52

    Ek belowe ek sal vanaand 198 en 199 kom antwoord. Ek is nou eers op pad na my maatjie wat weer swanger is. gaan troos.

    Chat later

  • 52. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 52

    Nell

    Vir interessantheid, waarop baseer jy 194?

  • 53. Uniqa  |  Mei 8, 2009 om 3 : 52

    Mooiste man op aarde?
    Jong ek het al ‘n hele klompie daarvan opgemerk
    Die mooiste plek is Sweet Valley, ‘n plaas naby Memel in die Vrystaat (20 Jaar terug voor ons munisipaliteite begin in mekaar val het)
    Favourites? OOEE!!! Daar is so baie om van te kies:
    Chocolates, lelies, braaivleis, blou, Rama op vars wit brood, my Nandos kombersie voor die tv saam met liefie op ‘n baie klein matrassie op ‘n reënerige dag, marshmallows. (Ek het géén issues met kos nie)

  • 54. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 3 : 56

    Uniqa

    Ek is ook mal oor eet, almal kan dit sien.

    Tog het ek nou nog nie al my paaseiers al opgeeet nie.

  • 55. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 4 : 01

    Hie Hie Hie

    Ek sien Olga kan nou net rooflees.

    Nou is dit julle kans om te se wat julle wil.

  • 56. Uniqa  |  Mei 8, 2009 om 4 : 03

    Boetie is nou 1. Loop nou net lekker stewig. Hulle hou my besig, veral aangesien ek self my huis hanteer, twee werke gehad het (tot baie onlangs) en leer ook.

    Maar as ek ooit enigsins iets moet op offer, sal dit beslis nie my kids wees nie. Ek weet ek klink nou soos enige ander ma wat ‘n string brats het, maar vir my is hulle die mooiste, slimste oulikste derduiweltjies!

    Dankie Adrie, sal nog, ek kon nog net nie besluit op die regte gevreetjie nie

  • 57. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 4 : 06

    Uniqa

    Ek is seker hulle is baie oulik.

    As ek mag vra, hoe het jy by ons uitgekom? Natuurlik is jy baie welkom hier.

  • 58. Uniqa  |  Mei 8, 2009 om 4 : 08

    Julle moet ‘n geweldig lekker naweek hê, ek gaan nou my drie monstertjies haal, huis toe gaan en SLEG SLEG SLEG wees. (Vanaand kry hulle sowaar McDonald’s vir aandete!)

  • 59. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 4 : 10

    Tata

    Ek neem aan almal het nou gedros.

  • 60. Uniqa  |  Mei 8, 2009 om 4 : 12

    O, skies A3

    Ek dink ek het iets anders ge-Google en toe per ongeluk by julle geland.

    Skies as ek eintlik nie veronderstel was om saam op die bus te spring nie, geniet julle geselskap.

  • 61. Adrie  |  Mei 8, 2009 om 4 : 14

    Uniqa
    😳

    Dit was nie wat ek bedoel het nie. Almal is altyd welkom by ons. Selfs ou Julius Malema, hy moet net vat wat na sy kant toe val.

    Ek was net nuuskierig, ek het jou nog nie op ‘n ander blog gesien nie.

  • 62. *Mathilda*  |  Mei 8, 2009 om 4 : 54

    hier is ek ook weer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: