Die paw-paw strike die fan

Mei 6, 2009 at 5 : 51 201 Kommentaar

Almal van ons jaag soms aan.  Dit is net menslik.  Die kanse is baie groot dat jy dit een of ander tyd by die werk gaan doen.  Dit kan klein, onbeduidende menslike foute wees.  Tog kan dit iets wees wat die maatskappy ter duisende, indien nie miljoene nie kos.  Daar is foute waarvoor daar ‘n blinde oog gedraai kan word en ander waar jy jouself baie gemaklik op die rooi tapyt moet maak.

Ek het byvoorbeeld een keer in ‘n ongeluk betrokke met ‘n maatskappy voertuig.  Ek was op die ou einde vrygespreek van enige skuld van die ongeluk, behalwe natuurlik by my werknemers.  Dit was die begin van die einde van my tydperk by hulle.  Ek moes die bybetaling betaal het, wat boonop verhoog was omdat ek ten tye van die ongeluk nie 25 was nie.  Ek moes ook enige ander onkostes wat daaruit gevloei het betaal het.  Die hele insident was my nooit vergewe nie.

Nou niks wat die aarde sal skud nie, maar ek moes volle verantwoordelikheid daarvoor aanvaar het.  Ek was nie lank daarna nie weggejaag.  Daardie was natuurlik nie my enigste fout wat ek in my loopbaan begaan het nie.  Gelukkig het die plek waar ek nou werk die filosofie dat as jy nog nooit groot drooggemaak het nie, het jy nog nooit gewerk nie.  Die baas sal oor die algemeen help om die kastaiings uit die vuur te krap en dan sal jy nooit weer die einde daarvan hoor nie.  Dit sal sal deel van die maatskappy se lagargiewe raak.  Dit is spesifiek so beplan dat foute vinnig openbaar gemaak kan word, voordat dit in iets groter, onveiliger en bowenal duurder kan ontwikkel.  Daar is natuurlik groot moeilikheid as jy nie die regte prosedures gevolg het nie.

Ek sal eerder nie my lys foute hier publiseer nie.  Glo my, daar was al ‘n klomp, maar gelukkig oorskadu my prestasies dit.

Wat het jy al aangevang wat die baas sy wenkbroue laat lig het?  Wat van jou kennisse en kolegas?  Hoe hanteer jou werk foute?

Blogvraag:  Wanneer het die vakbond Solidariteit ontstaan?

Blogantwoord:  Olga was reg met Oscar Wilde.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Famous last words Bohaai oor niks?

201 Kommentaar Add your own

  • 1. Girl van die Suburbs  |  Mei 7, 2009 om 12 : 21

    uiteindelik bietjie stiller hier by die werk. Ga goed dankie en by jou?
    Sit nou en kyk na die weer daar buite. Vanoggend het die donderweer geslaan, dit het verwoed gereen en nou skyn die son…..

  • 2. Pikkelik  |  Mei 7, 2009 om 12 : 25

    Skies, ek is terug… Hallo Tilla, Adrie, nog niks weer gehoor nie, te bang om te vra…. Nell, ek werk by ‘n veeartswinkel…

  • 3. *Mathilda*  |  Mei 7, 2009 om 12 : 29

    Meetings vir Afrika gehad vanoggend en my assistent is afsiek – so behalwe van rondhardloop soos ‘n afkop hoender gaan dit goed – dis Vrydag more !

  • 4. *Mathilda*  |  Mei 7, 2009 om 12 : 30

    Ek was al baie in klein moeilikheidjies by die werk – maar nog nooit rooi tapyt sake nie !

  • 5. *Mathilda*  |  Mei 7, 2009 om 12 : 33

    Kloon

    Ek gaan gou vir jou ‘n paar fotos stuur – dis nog die copyrighted version – sal die originals order sodra die vrou terug is van vakansie af – maar jy sal kan sien – dis gorgeous !

  • 6. Nats  |  Mei 7, 2009 om 12 : 47

    😯 😯😯

    Bean counting is nie vir my nie… goeie hel! Ek hoop my baas se geduld gaan dit hou!🙂

  • 7. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 12 : 49

    Nats

    Dit is eenvoudig genoeg as jy die hang kry. Daar is mos net 2 reels.

    Vir elke debiet is daar ‘n krediet.

    Bates = Eienaarsbelang + laste

  • 8. *Mathilda*  |  Mei 7, 2009 om 12 : 58

    Nats

    Sterkte – bean counting en ek verstaan mekaar ook verkeerd !

  • 9. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 1 : 00

    Toemaar, ek en spanner swaai sal mekaar verkeerd verstaan het. As ek ‘n spanner moet swaai,moet dit verkieslik teen iemand se kop vas wees.

  • 10. *Mathilda*  |  Mei 7, 2009 om 1 : 05

    Gelukkig is my naam nie iemand nie – sjoe !!!!

  • 11. Nats  |  Mei 7, 2009 om 1 : 08

    Adrie
    As dit maar net so maklik was… nou net ‘n VAT return gedoen… eish!😯 Darem is dit net so 2x keer ‘n jaar!

    *M*
    Dankie!
    En dankie vir die fotos!! STUNNING!!!!!!!!!

  • 12. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 1 : 17

    Wag, ek moet gou vir Tilla se foto’s gaan soek.

    Nats,

    Glo my, dit is so maklik.

  • 13. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 1 : 30

    Wil iemand gou asb namens my ry?

  • 14. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 1 : 34

    Nats

    Lees hier. Jy sal dit geniet. Komplimente van Nell

    http://www.ecotourism-namibia.com/filming/marlice.html

  • 15. Nats  |  Mei 7, 2009 om 1 : 52

    O ja die vrou van daai nuwe golf add!

  • 16. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 2 : 03

    Jip, die einste.

  • 17. *Mathilda*  |  Mei 7, 2009 om 3 : 27

    Waar is almal nou ?

  • 18. *Mathilda*  |  Mei 7, 2009 om 3 : 48

    Nou ja – dank die Vader – dis daai tyd van die dag – ek gaan nou biki maak soos Rockoff – my goed vat en huistoe gaan !

  • 19. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 3 : 49

    Ons het gewag vir jou.

  • 20. Olga  |  Mei 7, 2009 om 3 : 51

    Wie het in jou plek gery?

  • 21. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 3 : 52

    Olga

    Daardie koei wat my geldsake hanteer. Toe moes ek nog boonop saamgaan.

  • 22. Olga  |  Mei 7, 2009 om 3 : 54

    En wat het julle gedoen? mall toe gegaan?

  • 23. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 3 : 59

    So gelukkig is ons nie gebore nie.

  • 24. Olga  |  Mei 7, 2009 om 4 : 01

    Ai tog. weet die baas nog nie as hy n vrou uitstuur moet dit en minste n pitstop by m+b insluit nie?

  • 25. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 4 : 03

    Olga

    Dit is dalk die probleem. Die baas het my nie gestuur nie. Hy gaan maar net die rekening kry.

  • 26. Olga  |  Mei 7, 2009 om 4 : 04

    Op sy onkoste.

  • 27. Olga  |  Mei 7, 2009 om 4 : 09

    arme man. gaan dit hom skok? in elk geval iemand wie genooi was na di pressie se inhuldiging wou n amptenaar wie die plasings doen met r100 omkoop om so na as moontlik aan die prossie se fam te sit. die r100 was blykbaar te min. hy is nou uit op r2000 borg.

  • 28. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 4 : 13

    Waarvoor is hy nogal gearresteer?

    Sjam, hy wou seker net die brulpadda se hand skud.

  • 29. Nats  |  Mei 7, 2009 om 4 : 19

    😥😥

  • 30. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 4 : 27

    Tweeling

    En nou?

  • 31. Nats  |  Mei 7, 2009 om 4 : 41

    Adrie
    Ek het geweet die dag gaan kom, maar nie besef dit gaan so vinnig realiteit word nie… my sus hulle gaan moontlik permanent UK toe!
    Moontlik binne die volgende 2 jaar… soos tyd nou vlieg is dit soos more!😦

  • 32. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 4 : 47

    Oudste of jongste?

    Jy weet, dit is maar net so 12 ure weg.

  • 33. Nats  |  Mei 7, 2009 om 4 : 52

    Oudste…

    Ja maar nog steeds, ek is gewoond om haar amper elke dag te sien! En ons praat gereeld… en en en… eish!

    Maar soos jy sê dis net ‘n vliegtuig kaartjie weg… en buitendien kan ek dan da gaan vakasie hou op hulle onkoste😉

  • 34. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 4 : 54

    Behalwe om daar te kom. Dit gaan ‘n gat in jou sak vreet.

  • 35. Nats  |  Mei 7, 2009 om 4 : 59

    Adrie
    Jip die daar kom pla my… hulle sal vir die begin een keer ‘n jaar die kant toe kom, en dan kyk hoe dinge gaan en miskien met tyd meer as een keer ‘n jaar.

    Dis fine want ons gaan via e-mail, skype telefoon ens in kontak kan bly maar dis as mens gaan kinders begin hê dat mens verby mekaar gaan begin groei…

    Ok laat ek gaan voor ek depressed raak!😉

    Cheerio!

  • 36. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 5 : 03

    Tata Nats

    Dalk trek jy een van die dae agter haar aan.

  • 37. Olga  |  Mei 7, 2009 om 5 : 08

    Nats, soos dinge nou gaan word jo sus dalk binne 2 jaas pressie elect van die rsa en dan gaan sy nerens.

  • 38. Olga  |  Mei 7, 2009 om 5 : 10

    ek moet my hoenders uitdun. net 4 hou. en hier is omtrent 40.

  • 39. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 5 : 12

    Olga

    Wat gaan jy met hulle doen? Uit deel vir liefdadigheid?

    Ek dog jy hou van jou hoenders.

  • 40. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 5 : 20

    Mense, ek sweer die lug is groen by ons. Dit is nogal weird.

  • 41. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 5 : 21

    Ek het al gehoor dat dit ‘n voorteken van ‘n orkaan is.

  • 42. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 5 : 21

    Ek hoop maar dat dit net ‘n ouvrou storie is.

  • 43. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 5 : 22

    Anders bel ek sommer nou al die versekering vir ‘n nuwe kar.

  • 44. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 5 : 27

    Sit ek hier en stront praat. Plaas neem ek ‘n foto.

  • 45. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 5 : 28

    Daar is juis ‘n baie mooi reenboog ook.

  • 46. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 5 : 28

    Genade duidelik dink ek nie vandag nie.

  • 47. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 5 : 31

    Ek kan na die kabouter met die pot goud gaan soek.

  • 48. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 5 : 34

    En more aftree

  • 49. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 5 : 34

    Dink net hoe jaloers sal my kloon wees.

  • 50. Adrie  |  Mei 7, 2009 om 5 : 35

    Maar nou ja, van sit, staan en blog, kom niks gedaan. So gaan ek beslis nie die goud kry nie.

    Tata

  • 51. Olga  |  Mei 7, 2009 om 5 : 48

    Het jy fotos van die groen lug met reenboog geneem? ek lief my hoenders natuurlik, maar ek het nou te veel. ek weet ni meer wie is wie nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: