Famous last words

Mei 5, 2009 at 5 : 23 175 Kommentaar

Take that knife, cut off my head, put it in a pot and boil it for supper if I am wrong.

Die gewraakte woorde (of iets soortgelyks) word deur Bridget Jones by die Law Council Dinner in Edge of Reason geuiter.  Waar sy oomblikke gelede nog die “pop culture” brein was, was dit voorspelling ‘n bietjie voor op die wa.  Bridget was verkeerd.  Gelukkig het niemand haar by haar word gehou nie.

Iemand het iewers gesê dat ‘n mens suinig met jou woorde moet wees.  Ek neem aan dat die persoon al genope was om sy eie woorde te kou.  Voordat jy enige ydele dreigemente, of is dit nou beloftes?, moet jy aanvaar dat dit ‘n manier het om jou aan die gat te kom byt.  Sit eerder jou geld waar jou mond is, ‘n mens kan nog van bankrotskap herstel.  Jou dade kan dalk baie generasies aan die praat hou.

Ek weet byvoorbeeld van ‘n onderwyser wat ‘n kind belowe het om sy ma se grootste strooihoed sonder sout en pepper op te eet as sy ooit Geskiedenis slaag.  Dit was vir haar ‘n uitdaging gewees.  Geskiedenis en sy was beslis nie vriende nie.  Inteendeel, was dit nie vir die uitdaging nie, het sy Geskiedenis seker vroeg vroeg soos ‘n warm patat gelos.  Die onderwyser het in st 6 gewen.  So ook in st 7 en st 8.  In st 9 was dit haar beurt.  Hy het geen ander keuse gehad as om die strooihoed te eet nie. 

Ek het al geleer om my woorde te weeg met sulke goed.  Nadat my ma my eendag belowe het om my gat te lek as daar Kadet agter op haar Cub staan.  Ek het laaste gelag, maar natuurlik het sy nog nooit kom lek nie.  Ek hou dit maar as borg in die verre toekoms.

Daar was die afgelope maand op die blogs twee sulke gevalle.  Ongelukkig het Sonkind se Idol haar in die bollie gedrop en is sy nou besig om uit te werk hoe om haar panties eetbaar te maak.  Tweedens het Girl van die Suburbs net kopiereg op haar blog tot die Stormers die Super 14 wen.  Ek is seker daardie dag sal nog kom.  Eendag en dan gaan sy vinnig haar woorde moet sluk.

Het so iets julle al oorgekom?  Het julle ‘n storie om met ons te deel?

Blogvraag:  Wie se laaste woorde was “Either that wallpaper goes, or I do?”

Blogantwoord:  Willes was reg met 7 etes.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Beskaafde tye Die paw-paw strike die fan

175 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Mei 6, 2009 om 2 : 29

    OLGA

    Dog jy het verlore slaap gaan inhaal.

  • 2. Olga  |  Mei 6, 2009 om 2 : 30

    Tillaki, die hoenders het korte mette van die glow worm gemaak. maar my hande brand nog n hond uit n bos.

  • 3. Adrie  |  Mei 6, 2009 om 2 : 31

    Hoe mense hulle self met rissies kan straf, gaan my verstand te bowe.

  • 4. Olga  |  Mei 6, 2009 om 2 : 31

    Nee juf annie, my hande brand te veel. ek springclean nou maar. die water koel hulle darem af.

  • 5. Olga  |  Mei 6, 2009 om 2 : 32

    Weet jy iemand het my twister WEG gesit.

  • 6. Adrie  |  Mei 6, 2009 om 2 : 34

    Olga

    Jy moet eintlik daardie iemand bedank. Dit is useless. Kyk langs die eiers.

  • 7. *Mathilda*  |  Mei 6, 2009 om 2 : 35

    Rissies is lekker man !

  • 8. Olga  |  Mei 6, 2009 om 2 : 37

    Tussen 100 pakke bruismeel. nog van ’94 se surplus. bessie my brak, jy moet iemand byt as sy weer kom omkrap.

  • 9. Adrie  |  Mei 6, 2009 om 2 : 39

    Olga

    Jy moet die 94 surplus maar aan liefdadigheid uitdeel.

  • 10. Olga  |  Mei 6, 2009 om 2 : 39

    Seg jy wat lippe het tillaki.
    juf annie die useless ding sou nie olga brand hankies o, wee gdwees het nie.

  • 11. Olga  |  Mei 6, 2009 om 2 : 42

    Amper het ek nou roomkoek gepraat.😆 maar het darem ingedagte gehou dat mense wie hier kuier al by my humble abode tjoklit kluitjies geeet het.

  • 12. Olga  |  Mei 6, 2009 om 2 : 44

    Al was dit uit n blikbord met die tuinvurk. soos n wafferse hooggeplaaste. gmf. vir wie my recycled pampier borre nie goed genoeg was nie.

  • 13. Adrie  |  Mei 6, 2009 om 2 : 45

    Jip

    Baie mense van die blog weet waar jy bly.

  • 14. Olga  |  Mei 6, 2009 om 2 : 45

    Ag oj. dan vat ek my roomkoek en waai. gmf.

  • 15. *Mathilda*  |  Mei 6, 2009 om 2 : 46

    Roomkoek – njammie !

    Olga,

    Daar is niks fout gewees met daai tjoklitkoek nie !

  • 16. *Mathilda*  |  Mei 6, 2009 om 2 : 47

    Olga – nee – bring terug !

  • 17. *Mathilda*  |  Mei 6, 2009 om 2 : 52

    My ma het vir Tilla-Plig ‘n Bar One koek gekoop Maandag – was lekker maar hel soet !

  • 18. *Mathilda*  |  Mei 6, 2009 om 3 : 04

    Daar gebeur dit alweer – los my aan my eie genade oor

  • 19. Wheelbarrow Jack  |  Mei 6, 2009 om 3 : 11

    Hi mathilda. Jammer die ou drel is gewoonlik nie n dropper nie.
    Olga. Wat gaan jy met die room koek maak? Of waar gaan jy die room koek praat? Mense wou dit eet. Wat n dol dag. Sterkte dames.

  • 20. *Mathilda*  |  Mei 6, 2009 om 3 : 15

    Kruiwa,

    Dit lyk omtrent of almal ‘n Maandag beleef

  • 21. *Mathilda*  |  Mei 6, 2009 om 3 : 22

    Toodles maaikies – ek gaan nou eers my kiddies se fotos haal en nog ‘n paar goed – lekker aand – sien julle later of more

  • 22. Olga  |  Mei 6, 2009 om 5 : 28

    Beskaafde tye mense. dis nog heel beskaafde tyd om te blog.

  • 23. Olga  |  Mei 6, 2009 om 5 : 31

    Ek het gesien meeste van die groot supermarke se yskaste word nie meer belig nie. dus neem ek aan dat die blog droogte oral is omdat werkgewers kwaai geraak het. dink hulle gaan sakke vol geld spaar as hulle internet misbruik stop.

  • […] hopelik is hierdie nie my “famous last words” […]

  • 25. Toe nie!  |  Mei 8, 2009 om 9 : 21

    […] Famous last words my ass, Doringrosie […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: