Beskaafde tye

Mei 4, 2009 at 6 : 08 101 Kommentaar

Ek het onlangs vertel hoe ek (en ‘n paar familielede) 4 uur in die oggend by my tannie uitgeslaan het.  Indien iemand oor haar reaksie wonder – ek kan nie al die besonderhede onthou nie.  Sy het ons nie die deur gewys nie en het eintlik die geleendheid aangegryp om die onverwagte, maar kort kuiertjie te geniet. 

Daar is egter ‘n beskaafde tyd vir dinge soos oproepe, afsprake en kuiers.  Dit is ook baie afhanklik van die persoon wat deur jou oproep, afspraak of kuier geraak word.  Daar is natuurlik aparte reëls vir besigheid, familie en vriende.  Natuurlik kan reëls gebreek word, maar dit gaan soms met ‘n toe deur of ‘n uittrappery gepaard gaan.

Ek gaan met besigheid kontak begin.  Ek is nie op my vriendelikste of behulpsaamste voor 9 uur soggens nie.  Moet my dan nie bel of selfs epos nie.  Moet veral nie dan opdaag sonder ‘n afspraak nie.  Ek sal jou miskien “grin and bear”, maar wees verseker dat ek jou saggies gaan vloek.  Hard ook, wanneer jy nie binne hoorafstand is nie.  Ek is heelgemaklik met kontak na sluitingstyd of selfs naweke.  Sorg net dat jy ‘n goeie rede het.  Die 9 uur reël word natuurlik 11 uur oor naweke.  Die kanse is goed dat jy my nog aan die slaap gaan kry.  Sondagmiddae en aande is uit, tensy jy ‘n baie goeie rede het en dit verkieslik vooraf met my gereël het.

Dit is vir my moeilik om familie en vriende te skei in hierdie verband te skei.  Dit hang nogal baie af van hou baie ek van jou hou.  Ek begin selde voor 11 uur bed toe staan, dus kan hulle gerus maar bel as hulle so voel.  Wel, eintlik kan ek 24 h ‘n dag gebel word, sonder om effens die duiwel in te raak.  Dit is nou as ek van jou hou.  As ek wel slaap wanneer jy ‘n onblusbare lus vir gesels ontwikkel, is die kanse goed dat ek nie my foon gaan hoor nie.  Hou maar aan probeer as dit ‘n noodgeval is.

Besoek is nou weer ‘n heeltemaal ander storie.  Niemand is welkom sonder ‘n afspraak nie.  Bel ten minste ‘n uur of twee voor die tyd.  Ek het die ideale oplossing vir ontydige gaste.  Niemand kry my adres voordat ek oortuig is dat hulle dit nodig het nie. 

Ek dink ek is heel beskaaf waar dit ek is wat kontak met ander maak.  Meeste van die tyd, ek vergeet wel my maniere soms met ‘n telefoon in die hand.  Ek weet darem dat niemand op ‘n Vrydagmiddag lus is vir werk nie en alles kan tot Maandag wag.  Goeie vriende en familie kan soms wel ‘n laat aand oproep kry, maar ek probeer deesdae om dit voor 9 af te handel.  Tensy ek weet die persoon het nie ‘n krisis daarmee nie.

Blogvraag:  Ten minste hoeveel keer ‘n dag eet ‘n hobbit?

Blogantwoord:  Willes was reg met Nederland.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Winkel frustrasies Famous last words

101 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Mei 4, 2009 om 6 : 10

    Eerste.

  • 2. Olga  |  Mei 4, 2009 om 6 : 11

    Wat is n hobbit?

  • 3. Olga  |  Mei 4, 2009 om 6 : 22

    6 keer.

  • 4. Olga  |  Mei 4, 2009 om 6 : 58

    beskaafde tye? ek is altyd wakker tot sowat 1.30am. maar glo my, as my foon na 22h lui, skrik ek my desmoers.

  • 5. WILLE KJINDQ  |  Mei 4, 2009 om 7 : 08

    Tweedeste

  • 6. WILLE KJINDQ  |  Mei 4, 2009 om 7 : 10

    Sewe keer? Somme net virri snaakse geit:mrgreen:

  • 7. WILLE KJINDQ  |  Mei 4, 2009 om 7 : 12

    @ Klaasvakie

    Nou dadelik is ‘n beskaafde tyd om te kom kuier. Ek belowe om jou nooit ooit wee te vloek as jy kom kuier nie😯

  • 8. WILLE KJINDQ  |  Mei 4, 2009 om 7 : 15

    My 3ling

    Onthou jy verlede jaar hierie tyd toe jy my moes geselskap hou inni middernagtelikke ure? Net oorlat hulle my pille gegee het wat my maller as ‘n haas gemaak het en ek het geweier om te gaan slaap😕

  • 9. WILLE KJINDQ  |  Mei 4, 2009 om 7 : 18

    Geselskap hou moet vervang word met BABY SIT

  • 10. WILLE KJINDQ  |  Mei 4, 2009 om 7 : 25

    Sjoe!!! Kyk hoe beskaafd staan die 6 rooflesers en wat vir ‘n spreuk beurt

  • 11. WILLE KJINDQ  |  Mei 4, 2009 om 7 : 25

    Nie waT nie……. waG

  • 12. WILLE KJINDQ  |  Mei 4, 2009 om 7 : 29

    Nou het ek alles gehoor!! Laughter Yoga!! Joh!!

  • 13. WILLE KJINDQ  |  Mei 4, 2009 om 7 : 30

    En da jaag ek helfte weg

  • 14. WILLE KJINDQ  |  Mei 4, 2009 om 7 : 31

    Vi wie kan ek bel as ekki ka slaap nie?

  • 15. Coyote  |  Mei 4, 2009 om 8 : 06

    Elo Willes jong voor 23:00 is jy welkom om te bel en net as ek van jou hou en dis nood kan jy my bel as ek al doeks MAAR wees gewaarsku ek mag dalk nie friendly wees nie

  • 16. WILLE KJINDQ  |  Mei 4, 2009 om 8 : 08

    He! He! Ek het meer tussen 1 en 3 ingedagte gehad

  • 17. WILLE KJINDQ  |  Mei 4, 2009 om 8 : 16

    Ek wonner nou net of ou Klaasvakie virri goewerment werk. Miskien wag die wênna vir ‘n bribe voorlat hy kom kuier😉

  • 18. Olga  |  Mei 4, 2009 om 8 : 57

    Bribe hom wk. ai, ek dimk dit behoort leke te wees 22h aan die slaap te raak en te slaat tot more oggend 6 uur.

  • 19. Olga  |  Mei 4, 2009 om 8 : 57

    Slaap.

  • 20. Klip  |  Mei 4, 2009 om 9 : 10

    Goeie naand almal

  • 21. Klip  |  Mei 4, 2009 om 9 : 11

    Harlow was fixing a door and he found that he needed a new hinge, so he sent his wife Mary to the hardware store.

    At the hardware store, Mary saw a beautiful teapot on a top shelf while she was waiting for Carl, the manager, to finish waiting on a customer.

    When Carl was finished, Mary asked “How much for the teapot?” Carl replied, “That’s silver and it costs $100!” “My goodness, that sure is a lotta
    money!” Mary exclaimed.

    Then she proceeded to describe the hinge that Harlow had sent her to buy,and Carl went to the back room to find it. From the back room Carl yelled,”Mary , you wanna screw for that hinge?”‘

    Mary replied, “No, but I will for the teapot.”

    This is why you don’t send a woman to a hardware store

  • 22. Coyote  |  Mei 4, 2009 om 9 : 22

    Willes haha ek dog almal doeks daai tyd tensy jy n siek kind het of soos ek volgende week gaan wees want ek moet swat en exams skryf yack

  • 23. Olga  |  Mei 4, 2009 om 11 : 13

    * * * *fluister suutjier * * * * Slaap jy wk?

  • 24. Olga  |  Mei 5, 2009 om 6 : 03

    More, more. en dit is n onbeskaafde tyd van die more om al wakker te wees.

  • 25. Klip  |  Mei 5, 2009 om 6 : 15

    More almal

    Onbeskaafd se jy , ek is nog die heel nag wakker

  • 26. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 7 : 38

    More

  • 27. *Mathilda*  |  Mei 5, 2009 om 8 : 10

    More julle

  • 28. Beeld  |  Mei 5, 2009 om 8 : 20

    Fanie van Rooyen
    Drie sussies is onder die vyf mense wat gisteroggend in ’n botsing dood is nadat ’n motor ’n U-draai op ’n blinde hoogte op die Hornsnekpad, noordwes van Pretoria, gemaak het.

    ’n Vierde meisie, wie se tweelingsussie onder die oorledenes is, het ernstige breinbeserings opgedoen.

    Hul ma, wat bestuur het, is ook ernstig beseer.

    Die twee mans in die motor wat die U-draai gemaak het, is op slag dood.

    Die leerlinge van die Laerskool Vissershoek is “stukkend” oor die nuus van Miranda (10) en Lynette van der Sandt (4) se dood, het mnr. Freek Hennop, hoof, gister gesê.

    Nadat Beeld met hom gepraat het, is Marissa (9) ook gistermiddag dood nadat masjiene wat haar aanvanklik aan die lewe gehou het, afgeskakel is.

    Hul ma, mev. Antoinette van der Sandt, was gister omstreeks 07:00 van hul huis op die Andeon- kleinhoewes op pad om haar vier dogters by die T-aansluiting van die Hornsnekpad en die R513 af te laai, waar ’n skoolbus hulle sou oplaai.

    Ooggetuies het volgens mnr. Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, gesê die bestuurder van ’n Volkswagen Golf het ’n onwettige U-draai op ’n blinde hoogte op die Hornsnekpad gemaak.

    Van der Sandt se Honda Ballade het die Golf aan die bestuurderskant getref. Albei voertuie het van die pad af getol.

    “Hulle (die Van der Sandts) het die Golf met ’n helse slag getref,” het Pieterse gesê.

    Mnre. N.G. Mojolane (41) en L.M. Mosete (39) wat in die Golf was, is op slag dood, maar dit kon nie vasgestel word wie van hulle bestuur het nie.

    Miranda en Lynette is op die toneel dood.

    Mnr. Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê mev. Van der Sandt en Lynette se tweelingsussie, Estelle, is met reddingskake uit hul motor bevry.

    “Twee van die dogters het hul skooluniforms aangehad. Dis ’n hartseer storie dié,” het Pieterse gesê.

    Estelle is met ernstige breinbeserings in die Akasia-hospitaal, opgeneem terwyl Marissa en haar ma in die Montana-hospitaal opgeneem is. Dit is waar Marissa later dood is. Haar ma is vir hoof- en borsbeserings en ’n gebreekte been behandel.

    Hennop het gister gesê bera?ders het die skool gisteroggend besoek.

    Volgens Pieterse was ’n deel van die Hornsnekpad ná die ongeluk sowat ’n uur lank gesluit.

    Insp. Matthews Nkoadi, polisiewoordvoerder, het gesê die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

    ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

    Van der Sandt se man, Wouter, wou nie gister met die media praat nie.

  • 29. Beeld  |  Mei 5, 2009 om 8 : 22

    Willem Pelser
    Groot geheimsinnigheid omhul die verdwyning van ’n vrou van Nelspruit wie se motor verlede week verlate in ’n plantasie buite Witrivier gekry is.

    Me. Salomien Terblanché (32) is voorverlede Woensdag die laaste keer gesien toe sy by haar werkplek, Protea Bande in Nelspruit, weg is.

    Haar Ford Fiesta is verlede week in ’n plantasie tussen Witrivier en Hazyview gekry.

    Die voertuig was nie beskadig nie en daar was nie bloed of enige tekens van geweld in die voertuig nie.

    Insp. Dawie Pretorius. polisiewoordvoerder, het gistermiddag gesê die soektog met polisiehonde in die omgewing waar die motor gekry is, het niks opgelewer nie. Haar motorsleutels, handsak met al haar bankkaarte, ’n bril en twee snoekerstokke was in die voertuig toe dit gekry is.

    Volgens mnr. Jacques Kruger, personeelbestuurder by Protea Bande, het Terblanché die oggend van haar verdwyning aan een vrou gesê sy gaan bank toe en aan ’n ander sy gaan dokter toe.

    “Toe sy teen 12:00 nie terug is nie, het ons bekommerd geraak. Ons het die bank gebel, maar sy was nie daar nie. Teen laatmiddag het ons besef daar is fout,” sê Kruger.

    ’n Soektog is begin, maar sy kon nie opgespoor word nie.

    Me. Julie Kruger (geen verwantskap met Jacques Kruger nie), sê sy is rasend van kommer. Terblanché loseer by haar.

    “Sy is soos ’n lid van ons gesin. My senuwees is gedaan; ek sal nie rus voordat ek weet waar sy is of wat van haar geword het nie.” Kruger sê niks word uit Terblanché se slaapkamer vermis nie.

    “Dit is letterlik asof die aarde haar ingesluk het.”

    Terblanché is sowat 1,7 m lank en het kort, rooi hare en blou oë.

    Tydens haar verdwyning het sy ’n denimlangbroek, tekkies en ’n oranje hemp gedra.

    Enigiemand met inligting kan Kruger by 082 829 0838 of me. Sonja Zaaiman by 083 391 7570 bel.

  • 30. Beeld  |  Mei 5, 2009 om 8 : 25

    Beijing. – Amptenare in ’n streek in die sentrale deel van China is aangesê om jaarliks byna ’n kwartmiljoen pakkies plaaslik vervaardigde sigarette te rook of hulle word beboet.

    Die regering van die Gong’an-streek in die provinsie Hubei het sy amptenare opdrag gegee om hul weg deur 230 000 pakkies van Hubei-vervaardigde sigarette per jaar te stook, het die Global Times berig.

    Departemente wat nie hul tei?ken haal nie, sal beboet word.

    “Die regulasie sal die ekono?mie ’n hupstoot gee deur middel van belasting op sigarette,” het mnr. Chen Nianzu van die Gong’an-sigaretmarkkontrole-span gesê.

    Die maatreël is volgens die koerant ook dalk net ’n foefie om steun aan plaaslike sigarette soos Huanghelou te gee wat onder geweldige druk is van mededingers in die naburige provinsie Hunan.

    Meer as die helfte van manlike dokters in die land rook, maar die regering probeer nou harder om hulle te laat ophou sodat hulle ’n voorbeeld vir ander mense kan stel. – Sapa-AFP

  • 31. Wille Kjind Q  |  Mei 5, 2009 om 9 : 20

    BOE!!!!!!!!!!

  • 32. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 9 : 25

    Kan ‘n mens ‘n lyk dan skrik maak?

  • 33. Wille Kjind Q  |  Mei 5, 2009 om 9 : 36

    HUH?

  • 34. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 9 : 39

    Almal is nou weer (of is dit nog steeds) gevrek.

  • 35. Nats  |  Mei 5, 2009 om 9 : 56

    Hello julle!

    My deur staan altyd oop… en almal is altyd welkom! Ek hou van my slaap, maar ek kan onderhandel!😉
    Ek gee ook nie om vir onverwagte gaste nie – solank ek net gebad en aangetrek is!

    Ek het Maandag oggend 3am ‘n foon oproep gekry van ‘n vriendin in ‘n krisis – eers toe sien ek “ma” op my foon en myself amper dood geskrik en gewonder wat aan gaan… toe sien ek nee dis “Vriendin X” Toe kon ek nie weer slaap nie… maar ek kla nie, bly sy sien my as iemand wat sy kan bel in nood.

  • 36. Wille Kjind Q  |  Mei 5, 2009 om 10 : 12

    @ My 3ling se 2ling

    Dit was nie EK wat jou gebel hetti. Miskien moes ek……………..😈

  • 37. Nats  |  Mei 5, 2009 om 10 : 17

    Wille Q
    Ek gee nie om as mense my laat of in die geval vroeg bel nie… maar ek kan nie belowe dat ek ‘n gesprek sal kan volg nie, en ook nie die volgende oggend noodwending gaan onthou nie!🙂

    Besigheid bly natuurlik in besigheids ure… verpes dit as ‘n maatskappy my na ure bel en so ewe vra “do you have 2 min” en as ek sê nee word hulle sommer ongeskik!

  • 38. Wille Kjind Q  |  Mei 5, 2009 om 10 : 19

    Wat het van Zoekoe geword?

  • 39. Wille Kjind Q  |  Mei 5, 2009 om 10 : 21

    Ek sal nie ‘n moer my foon antwoord as ek nog by die werk sit maar het eintlik klaar afgeknock

  • 40. *Mathilda*  |  Mei 5, 2009 om 10 : 24

    Ek gee nie om watter tyd iemand my bel om te kom kuier of sommer net inval nie – anytime werk vir my – maar ek weier volstrek om ‘n ‘private number’ te antwoord – as iemand met my wil praat kan hulle my wys wie hulle is !

  • 41. *Mathilda*  |  Mei 5, 2009 om 10 : 24

    Willes

    Ek het ook al gewonder wat van hom geword het

  • 42. *Mathilda*  |  Mei 5, 2009 om 11 : 20

    Wat word gesien as Moderne Wonders ?

  • 43. *Mathilda*  |  Mei 5, 2009 om 11 : 47

    Waar is almal

  • 44. *Mathilda*  |  Mei 5, 2009 om 11 : 56

    Halllloooooooo – anybody out there ?

  • 45. Wille Kjind Q  |  Mei 5, 2009 om 11 : 58

    Eks hie ma my piesie wil my nie toelaat om hie te weesi👿

  • 46. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 11 : 59

    Amper mis ek al weer niks nie.

  • 47. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 12 : 00

    Ek wonder ook waar Zoekoe is.

    Tilla

    Ek het al gehoor van die moderne wonders

  • 49. *Mathilda*  |  Mei 5, 2009 om 12 : 17

    Ek het al daar gekyk, maar nou verstaan ek nie so lekker wat presies die “Moderne Wonders” is nie – daai goed is antique ! En daar is so baie groepe van 7 wonders dat ek nou lost is

  • 50. Wille Kjind Q  |  Mei 5, 2009 om 12 : 20

    Dit is nou ‘n onbeskaafde tyd virri maaikies om te kom speel

  • 51. Wille Kjind Q  |  Mei 5, 2009 om 12 : 29

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Knit one, slip one

  • 52. Wille Kjind Q  |  Mei 5, 2009 om 12 : 31

    Nie een van my beskaafde comment gat deur nie

  • 53. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 12 : 35

    Tilla

    Baie van die antieke wonders wat jare terug beskryf is, bestaan nie meer vandag nie. Daarom het hulle nuwe wonders benoem.

  • 54. Wille Kjind Q  |  Mei 5, 2009 om 12 : 36

    Kom ek try weer

  • 55. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 12 : 56

    Willes

    Het jy toe jou pediater gekry?

  • 56. Olga  |  Mei 5, 2009 om 1 : 12

    Wat het van baie van julle bloggers geword? soos wit nag, botter, ouma wip, nag bekruiper, jannas? ek kon hulle nie almal afgepp het nie.

  • 57. Olga  |  Mei 5, 2009 om 1 : 13

    Hoe kon ek giggel en haar pa, egnis en mayvis staan en vergeet?

  • 58. Olga  |  Mei 5, 2009 om 1 : 14

    Skurie tog. sit en vergeet?

  • 59. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 1 : 18

    wit nag – orals skaars, blog miskien een keer in twee weke
    botter – Haar werk het hulle internet misbruik gestop
    ouma wip – Hoogs die duiwel in vir my. Glo nie ons gaan haar ooit weer sien nie.
    nag bekruiper – hy was nog altyd aan die stil kant
    jannas – hy se die blog is soos ‘n dronk mens party.

  • 60. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 1 : 19

    Jan rooflees nog.

    Giggel se baas is op ‘n powertrip oor internet gebruik

    Mavis is op leave en bid om geboard te raak.

    Geen mens weet wat Agnes se storie is nie.

  • 61. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 1 : 20

    Olga

    Oor die algemeen is dit orals maar stil. Die mense werk seker ‘n bietjie.

  • 62. Olga  |  Mei 5, 2009 om 1 : 29

    Hey jy ouma wip se omo box leeg gemaak en leeg gelos? haar ossewa gesaboteur en haar osse laat malkoeisiekte kry? op ta emsie se boek gebollie? kan nie dink dat sy haar stoutse kleinkind net so sou afskryf nie. dit is dan waar zoekoe is. sit styf onder haar vlerk en stop sy derms met al die gebak wat sy hom voer.

  • 63. Olga  |  Mei 5, 2009 om 1 : 31

    Julle beter timjan ten minste reghou vir wanmeer hy terug kom. dink net hoe vqot gaan die skepsel poep van alles wat hy dag vir dag verorber.

  • 64. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 1 : 32

    Olga
    😆

    Die kat het mos gaan kleintjies kry en dit is mos ook my skuld. Ek dink sy het my afgeteken.

  • 65. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 1 : 36

    😉 Ek weet natuurlik nie of sy nog skelm die OMO boks kom besoek nie.

  • 66. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 1 : 55

    Ek dink die goeie vraag is eerder om te vra wie het ek nog afgepis?

  • 67. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 1 : 56

    Het Tilla nou weer vir haar ‘n taak uitgedink waarmee sy moet maak of sy besig is?

  • 68. Olga  |  Mei 5, 2009 om 1 : 58

    Mense wat ander links en regs afskrxf om wang te lay buy, is in elk geval die ken nie werd nie. f hulle tot piet gekom het.

  • 69. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 1 : 59

    Olga

    Ek maak my beslis nie moeg daarmee nie.

  • 70. Olga  |  Mei 5, 2009 om 2 : 02

    hulle intellek laat hulle gewoontlik in die steek as kak faecus genoem word. dan dink hulle dis roomkoek.

  • 71. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 2 : 08

    SUG

  • 72. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 2 : 09

    Olga

    Het jy al vandag met jou kleindogter gepraat?

  • 73. Wheelbarrow Jack  |  Mei 5, 2009 om 3 : 00

    Olga, olga, olga. Hoe kan ek vir jou preek as jy jou pen so in die waarheid druk?

  • 74. *Mathilda*  |  Mei 5, 2009 om 3 : 11

    Weg is almal alweer

  • 75. *Mathilda*  |  Mei 5, 2009 om 3 : 13

    Adrie

    Ons netwerke neuk rond – het klaar al die take (4 van hulle) se inligting

  • 76. *Mathilda*  |  Mei 5, 2009 om 3 : 19

    En die baas is lastig

  • 77. Emil  |  Mei 5, 2009 om 3 : 41

    Is die ou mense nie reeds al 4 uur wakker nie. Staan mos gereed met warm koffie en mosbeskuit!

  • 78. *Mathilda*  |  Mei 5, 2009 om 3 : 43

    Hey Emil

    Jou lanklaas gesien – hoe gaan dit ?

  • 79. Emil  |  Mei 5, 2009 om 3 : 46

    Goed dankie. Ek was hier, maar het net vinnig gelees. Het so bietjie besig geraak met dinge by die huis en agterstallige leeswerk. Het dus maar min kommentaar oorals gelewer.

  • 80. Olga  |  Mei 5, 2009 om 3 : 49

    juf annie, ek het al vir my gògie n bday geldjie ook inbetaal.

  • 81. *Mathilda*  |  Mei 5, 2009 om 3 : 52

    Nou ja julle – ek is op my pad huistoe – sien later of more. Lekker aand

  • 82. Emil  |  Mei 5, 2009 om 3 : 53

    Yip, ek cruise ook. Gaan Moyo toe by Spier vanaand.

  • 83. Olga  |  Mei 5, 2009 om 4 : 06

    Pryse is elke maand duurder. ek het net verlede maand r14.99 betaal vir 100 joko teesakkies op special natuurlik. die maand is joko teesakkies 100’s weer op special maar dit kos nou r17.99.

  • 84. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 4 : 08

    Geniet dit Emil

    Liewe ouers, Olga. Drink eerder maar koffie.

  • 85. Olga  |  Mei 5, 2009 om 4 : 09

    Juf annie, kyk in ons plaaslike koerant. bl 3. unborn baby is denied a life.

  • 86. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 4 : 10

    Sal kyk of ek dit kan opspoor.

  • 87. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 4 : 11

    O ja, Emil

    My tannie gaan slaap eers na 3. 😛 4 uur is in die middel van die nag.

  • 88. Olga  |  Mei 5, 2009 om 4 : 14

    Koffie lyk erger. was n skamele 10 dae terug r45.95 per 750g ricoffy. dis nou n onbeskaamde r54.99. terwyl jy lees, max dupreez raas met ons in hg. noem ons smartvrate. hy reken seker zuma gaan hnm n pos in die parlement gee.

  • 89. Olga  |  Mei 5, 2009 om 4 : 19

    Dit was gewone prys van koffie. nie op special nie. wragtig, ek weet nie hoe die ou mense wie net op pensioen lewe oorleef nie.

  • 90. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 4 : 19

    Hoekom is ons kastig smartvrate? Lewe hy in SA?

  • 91. Olga  |  Mei 5, 2009 om 4 : 24

    Ek dink hy lewe op sabc en die radio.

  • 92. Olga  |  Mei 5, 2009 om 4 : 25

    Wie is jou tannie. ek kan haar op mxit add en intelligente geselskap he in die nag.

  • 93. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 4 : 28

    Olga

    My tannie is my besigheid.

    ‘n Mens slaap in die nag, nie kuier op mxit nie.

  • 94. Olga  |  Mei 5, 2009 om 4 : 32

    MEANEY. GRRR.

  • 95. Nats  |  Mei 5, 2009 om 4 : 32

    Helllooooooo!!!

    Julle ek maak nie net of ek besig is nie… ek is hierdie keer regtig besig en die dae lyk net al hoe donkerder en donkerder!!!

  • 96. Olga  |  Mei 5, 2009 om 4 : 35

    Sit die lig aan nats.

  • 97. Nats  |  Mei 5, 2009 om 4 : 44

    Olga
    As dit maar net so maklik was… dit voel of ek in ‘n lang donker tonnel met geen einde werk nie… but then again, ek mag nie die lig aan die einde van die tonnel volg nie!😯

  • 98. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 4 : 45

    Wat?

    Is dit ‘n klein stoutgat met ‘n flits?

  • 99. Nats  |  Mei 5, 2009 om 4 : 55

    Ok julle… laat ek die pad vat!

  • 100. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 5 : 03

    Tara

  • 101. Olga  |  Mei 5, 2009 om 5 : 13

    Sjym, patricia lewis was gediagnoseer met 6 gewasse aan haar tiroìed klier. (hier kom nog n blits verkoper. dit gaan ook n literere wñderwerk wees. nes mev S.A. sn) haar man se hulle weet nog nie of sy sal kan ‘perform’ na die operasie nie. so n op het lang termyn effekte op die stem.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: