Winkel frustrasies

Mei 3, 2009 at 10 : 06 117 Kommentaar

Is dit net ek, of het winkels die afgelope 12 – 18 maande skril agteruit gegaan?  Dit was nog altyd ‘n sleurtakie om winkel toe te gaan, maar deesdae is dit net ‘n frustrasie.  Sonder dat jy noodwendig die taak wat jou winkel toe gedryf het kon afhandel. 

Wat my die meeste by al die winkels opval is die leë rakke.  Maak nie saak in watter winkel jy kom nie, al die rakke het die gapende gate.  Gewoonlik van iets wat ek moes/wou aankoop.  Is dit deesdae te veel moeite om die rakke vol en netjies te hou?  As jy wel gelukkig genoeg is om ‘n item op die rak te kry, is dit beskadig.

Dan is daar die manier hoe hulle veral hulle vars produkte verpak.  Dit is gewoonlik gemik op gesinne van 4.  Meer as vier moet jy kyk hoe jy dit kan rek.  Minder as 4, moet jy of deur jou ore betaal vir ‘n heelwat kleiner pakkie of net aanvaar dat meer as die helfte van jou aankope gaan bederf.  Ja, ‘n mens kan kaas, vleis, groente, brood ens vries, maar vrugte eet ‘n mens vars.  Om willens en wettens toe te laat dat jou kos bederf kom op mors neer.  Wat groot sonde is.  Jy  kan dit wat jy te veel het aan iemand minder bevoorreg is uitdeel, maar dit behoort nie op jou afgedwing te word nie.  

Nog iets wat die wit waks uit my irriteer is die beperkte keuses wat ‘n mens deesdae in ‘n winkel het.  Dit is al asof die geure orals net tot een verminder is.  Of dat daar net een produk van van ‘n tipe is en dat jy net moet aanvaar dat jou gunstelinge net nie meer beskikbaar is nie.  Nee, jou produk van keuse is nie gapende gate nie, daar is net nie eers plek daarvoor nie. 

As jy teen die tyd wel iets gekry het om in jou mandjie / waentjie (as jy gelukkig genoeg was om een op te spoor) te sit, moet jy nog jou kanse waag met ‘n kassier wat duidelik nie lus is vir jou nie.  Hulle hoef nie vriendelik te wees nie, maar kan hulle dan ten minste effektief wees.  Sy kan haar gesprek met die een langsaan afhandel nadat jy gehelp is.  Mens voel amper asof jy om verskoning moet vra omdat jy nie jou eie goed kan oplui nie.  As jy nog boonop iets wil doen wat hulle orals adverteer jy kan doen, moet jy nog die kassier oplei hoe om dit te doen.

Ek haat winkels.  Hoe voel julle?  Is ek te krities of net vol nonsens?

Blogvraag:  Waar het Spar in 1932 ontstaan?

Blogantwoord:  Willes was reg met Diana Tilden-Davis.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Dinge wat byt Beskaafde tye

117 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Mei 3, 2009 om 1 : 58

    eerste

  • 2. *Mathilda*  |  Mei 3, 2009 om 2 : 00

    deesdae is dit ook te veel werk om die goed skoon te hou – mens kan al n hele mens bou van die stof op van die blikkieskos !

  • 3. *Mathilda*  |  Mei 3, 2009 om 2 : 04

    ek los gewoonlik daai jobbie vir die middel van die maand, op n Sondag, dan is dit baie stiller. Ek sien vanoggend by Spar dat no-name brands ook nie noodwendig goedkoper as die ware jakob is nie.

  • 4. WILLE KJINDQ  |  Mei 3, 2009 om 2 : 47

    Tweeste

  • 5. WILLE KJINDQ  |  Mei 3, 2009 om 2 : 48

    Nederland?

  • 6. WILLE KJINDQ  |  Mei 3, 2009 om 2 : 49

    Het ons nie al gesty oor die antwoord nie? Natuurlik lank lank gelede……….

  • 7. WILLE KJINDQ  |  Mei 3, 2009 om 2 : 55

    3Ling

    Wa shop jy? Dit klink na ‘n fees om elke maand da te gat shop😈

  • 8. WILLE KJINDQ  |  Mei 3, 2009 om 3 : 02

    Ek log in op Kies en betaal se weblad en doen virtual shopping met my virtual trollie. Ek kies ‘n tyd wat hulle moet aflewer en voila.

    Dit kos my R50 ekstra en baie minner moeite. En ek sweer hulle hou die beste van alles net vi my. As ek self gat shop dan kry ek not ‘n tiekie sukke groot appels en rooi tamaties nie.

    Besides……. Ek het beter dinge om met my kosbare tyd te doen. Soos baby sit, pap bande ruil, wasgud was, kamp enenenene😉

  • 9. maxie  |  Mei 3, 2009 om 8 : 12

    Adrie, moenie alleen voel nie.
    Ek HAAT winkels.
    Spar se groente en vrugte is altyd, maar altyd, vrot.
    Selfs Woolies s’n is deesdae niks om oor opgewonde te raak nie.
    En die diens is so swak.
    Orals.
    By Pick&Pray vra ek bv. altyd dat hulle nie die bottels melk, koeldrank en ystee in 1 sak pak nie, want die sak skeur die oomblik as jy dit uit die trollie laai.
    Onlangs vra ek die kassiere tweekeer na mekaar maar wraggies, daar pak hulle die hele lot in 1 sak.
    Dan kry hulle so ‘n “blank look” as mens durf vra of hulle jou nie gehoor het nie.
    Grrrr.

  • 10. Adrie  |  Mei 3, 2009 om 8 : 30

    Hallo Almal

    Willes, like hel of ek PnP R50 gaan betaal om weekliks R50 se inkopies te kom aflewer. Dit kon R30 gewees het as hulle vrugte in kleiner pakkies gepak het.

  • 11. Adrie  |  Mei 3, 2009 om 8 : 36

    Max, hulle sweer saam. Hulle weet dat jy iewers moet gaan koop. Grrr!

    Ek haat veral om by Woolies te koop. Al brand wat hulle het is mos Woolies. Ek koop net spesifieke brands (wanneer die winkels voorraad het👿 ) en hulle hou dit by voorbaat nie aan nie.

  • 12. maxie  |  Mei 3, 2009 om 8 : 37

    Hi Adrie en almal
    Laas toe ek gekyk het, was P&P se fooi R35 en dit was nie te lank terug nie, ek wonder hoekom dit so erg gestyg het.

  • 13. maxie  |  Mei 3, 2009 om 8 : 42

    Ja, ek is nie meer ‘n fan van Woolies nie. Ek treur veral oor die agteruitgang van hul diens. Dit was in die verlede altyd skitterend maar deesdae…!

  • 14. WILLE KJINDQ  |  Mei 3, 2009 om 9 : 18

    3Ling

    As jy vi 8 mense kos koop dan issi R50 niks. Ek wens partykeer dat Kit Kat of Makro kan aflewer

    Maxie

    Hulle werk dit seker uit volgens die afstand. Ek betaal al ‘n paar maande lank R50 vir aflewering. Then again…… Ek bly op die verste punt van die Kies en betaal in Faerie Glen

  • 15. WILLE KJINDQ  |  Mei 3, 2009 om 9 : 21

    Mind you…..

    @ my 3ling

    Hkm koop jy nie los vrugte en groente nie? Dan kan hulle dit mos net vi jou weeg😯

  • 16. maxie  |  Mei 3, 2009 om 9 : 24

    @ Wille
    Jy’s seker reg.
    Was ‘n lang dag, lekker slaap.

  • 17. WILLE KJINDQ  |  Mei 3, 2009 om 9 : 26

    Aani anne kant sal ek eerder R50 se groceries per week koop as wat ek honerde rande betaal vir al my wurmpies

  • 18. Olga  |  Mei 3, 2009 om 9 : 47

    Wat my big time afpis van die kassiere by pnp is hulle dikbekheid. goeie geeftag. hulle doen my nie n guns nie. ek doen hulle n guns om by hulle te koop. nog n ding wat my hoog de blixem in maak is die feit dat daar net swart mense is wat til slaan. ek laat my so nie vertel blankes in stid afrika wil nie til slaan nie. maar dit blyk n vereiste te wees dat net swart vingers mag til slaan. ek weet van blanke meisie wie by spar aansoek as kassiere gedoen het. sy was vertel dat hulle geen vakante poste gehad het nie. n week later qet hulle 2 swart kasshere aangestel. hoekom ondersteun ons hulle?

  • 19. Olga  |  Mei 3, 2009 om 9 : 57

    1 Ding kan ek darem van spar se, hulle kassiere groet altyd. en vra hoe dit gaan. maar wragtig, die merems by pnp kyk nie eers na jou op nie. sleep jou inkopies teen die scanner verby en praat met die pakker of sit dikbek en kyk voor hulle uit. as spar en meeste van die klerewinkels se kassiere jou vriendellk kan groet en vra hoe dit gaan, hoekom kan pnp se personeel jou nie dieselfde courtesy wys nie?

  • 20. Girl van die Suburbs  |  Mei 3, 2009 om 10 : 49

    Slat jy die spyker op die kop.

    Ek koop verskillende items by verskillende winkels, juis oor die groot prys verskil. Ek is ‘n creature of habit en gaan net na spesifieke winkels in sekere areas, juis oor ek van die staff hou. (Dit is hoe ver ek sal gaan om nie my bloeddruk op te jaag nie).

  • 21. WILLE KJINDQ  |  Mei 3, 2009 om 11 : 14

    Olga

    Ek het altyd gedink die Kies en Betaal by my se mense is ongeskik tot ek by anner gedraai het en besef het dat my ene se mense het by verre die beste maniere.
    Die rede hkm ek besluit het om die aflewering ding te doen is oorlat my moermeter permanent inni rooi was as ek gat trollie stoot. Van die poephol wat sy trollie inni middel vannie gangetjie los tot die boy wat stink en nie kan wag dat jy jou 10 blikke whateva inni trollie laai. Dan moet jy nog by die til gat vir jou vriendelike smile

  • 22. WILLE KJINDQ  |  Mei 4, 2009 om 12 : 38

    GGGAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAPPP

  • 23. WILLE KJINDQ  |  Mei 4, 2009 om 3 : 31

    GGGGGGRRRRRR!!!!!!!!!!!!
    SLAAP MAL VROU, SLAAP👿

  • 24. WILLE KJINDQ  |  Mei 4, 2009 om 5 : 01

    Wel….. Nou issit tyd om op te staan en my pond vleis gaan verdien

  • 25. Olga  |  Mei 4, 2009 om 7 : 03

    sjym wk. jy moet nou rerig vir klaasvakie sue. hy mors met jou.

    more, more.

  • 26. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 7 : 33

    More.

  • 27. Beeld  |  Mei 4, 2009 om 8 : 14

    Rajaa Azzakani

    Kaapstad. – Tot soveel as 79% van alle noodoproepe aan die polisie word laat vaar omdat mense moed opgee omdat hulle te lank moet aanhou om gehelp te word.

    Dit blyk uit ’n verslag van die ouditeur-generaal (OG) en is van toepassing op altesame 193 481 van die noodoproepe wat vanaf April tot Desember 2007 na drie inbelsentrums gemaak is.

    Me. Dianne Kohler Barnard, DA-woordvoerder oor veiligheid en sekuriteit, het gister in ’n verklaring gesê dat die party in Junie verlede jaar reeds ’n versoek vir ’n volledige oudit van dienslewering by polisiekantore en 10111-inbelsentrums aangevra het. Dié verslag is nou, bykans ’n jaar later, deur die OG afgehandel.

    “Die inhoud van die verslag beklemtoon kritieke mislukkings regoor die spektrum, maar veral in die prestasies van die 10111-inbelsentrums, waar ’n groot aantal oproepe net nie aandag geniet nie.”

    Uit die verslag blyk dit dat by ses van die nege inbelsentrums wat geoudit is, daar geen behoorlike statistieke of rekords gehou word nie en geen behoorlike oudit kon dus gedoen word nie.

    “By die oorblywende drie is 79% van die noodoproepe wat ontvang is laat vaar voor dit beantwoord kon word.”

    Volgens haar dui die res van die verslag op soortgelyke ernstige tekortkominge in die verskaffing van basiese polisiedienste, die wanbestuur van polisievoertuie en met personeelopleidingsprogramme.

    Kohler Barnard voel egter dat daar drie ernstige gebreke in die verslag is.

    Daar is nie ’n volledige data-stel saam met die verslag nie wat dit onmoontlik maak om vas te stel of die spesifieke voorbeelde in die verslag ’n duidelike weerspieëling is of slegs enkele voorbeelde;

    ’n Steekproef van 45 polisiekantore is gebruik, maar op geen stadium noem hulle watter kantore of inbelsentrum dit was nie; en

    Die verslag sou aan die einde van Maart bekendgestel gewees het, maar die publisering hiervan is teruggehou in aanloop tot verlede maand se verkiesing.

    “Hoewel die verslag ’n prentjie van chroniese diensleweringsprobleme in die polisie en stelselmatige bestuursmislukkings teken, gee dit ook die indruk dat die OG se kantoor onwillig is om die deursigtigheid te toon wat van hulle verwag word.”

    Die OG se kantoor kon nie vir kommentaar bereik word nie.

  • 28. Beeld  |  Mei 4, 2009 om 8 : 20

    Marisa Phillips

    Welkom. – ’n Vrou van Blaauwdrif is hier op ’n plaas, waar sy gaan marog (wilde spinasie) pluk het, deur twee honde verskeur en doodgebyt.

    Me. Puleng Motsoeneng, polisiewoordvoerder, sê me. Manten-ya Mantsoe (32) was saam met haar vriendin me. Cecilia Ngoejane (48) van Lesotho Dinsdag op die plaas La Rochelle om marog te pluk. Die vroue bly op ’n plaas by Blaauwdrif.

    Twee honde het hulle aangeval en Ngoejane kon na nabygeleë werkershuise vlug.

    Drie jong seuns wat in die werkershuise bly, het vergeefs probeer om die honde met klippe van Mantsoe te verdryf.

    Iemand het ’n ambulans gebel en die erg beseerde Mantsoe is na die Bongani-hospitaal gebring. Sy is by haar aankoms by die hospitaal oorlede.

    Motsoeneng sê dit is nie duidelik tot watter ras die honde behoort nie. “Ons is ook nie seker wie die eienaar van die honde is nie; die plaashuis word glo verhuur.”

    Mnr. Jan Bezuidenhout, omstrede sakeman en boer van Welkom, is die eienaar van die plaas La Rochelle.

    Hy het gister by navraag gesê hy weet niks van die voorval nie.

    “Ek het die plaas by my pa geërf. Ek bly nie self daar nie. My pa se honde is op die plaas, maar hulle is vasgemaak; dus kon dit nie hulle gewees het nie.”

  • 29. Beeld  |  Mei 4, 2009 om 8 : 22

    Elsje Blair

    Bloemfontein. – ’n Ernstige siek babameisie (2) wat na bewering by ’n staatshospitaal in Postmasburg in die Noord-Kaap behandeling geweier is, het in haar ma se arms in hul huis gesterf – ’n uur nadat hospitaalpersoneel glo geweier het om haar te behandel.

    ’n Ingeligte ná aan die familie sê die meisietjie se ma, mev. Vytjie Tuelo, was bekommerd toe haar baba net sieker geword het.

    Die kind het by die dag net swakker geword.

    “Vytjie het Donderdagaand laat 2 km ver met haar van Toastdene na die staatshospitaal in Postmasburg gestap.

    “Die baba se koppie het agteroor geval so siek was sy. Die suster by die hospitaal het vir hulle gesê sy gaan nie die kind weer in die hospitaal opneem nie.

    “Vytjie het gevra om met die matrone aan diens te praat, maar personeel het gesê die matrone is nie daar nie.

    “Vytjie het met haar siek baba huis toe geloop.

    “Sy het net sieker geword. ’n Uur later was sy dood.”

    Volgens die vrou wat met Beeld se susterkoerant Volksblad oor die kind se dood gesels het, was dit nie die eerste keer dat iemand na bewering summier by dié hospi-taal weggewys word nie.

    Me. Lulu Ntsie, woordvoerder van die departement van gesondheid in die Noord-Kaap, het gesê hulle is baie jammer oor die dood van die baba.

    “Ons medelye en simpatie gaan aan die Tuelo-gesin. Die gesondheidspersoneel wat tydens Tuelo se besoek aan diens was, sal ondervra word.

    “Die departement sal die saak ondersoek.”

  • 30. Beeld  |  Mei 4, 2009 om 8 : 25

    Sonja Carstens

    Twee lede van die Hartbeespoort- polisiekantoor voer ondanks siviele eise teen hulle en aanbevelings van ’n taakspan dat hulle summier verplaas word glo steeds ’n skrikbewind onder inwoners.

    Die twee spits hulle veral toe op lede van die polisie se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), wat patrollies ry om die polisie te help om misdaad te beveg, sê mnr. Pieter Rautenbach, GPF-voorsitter. Hulle was Vrydag steeds op hul poste by die polisiekantoor.

    Verlede week het mnr. John Buchan (71), ’n gesiene kunstenaar en beeldhouer, en mnre. Jannie en Pieter Engelbrecht, twee broers, glo die twee se jongste slagoffers geword.

    Hulle is sonder lasbriewe gearresteer weens beweerde “diefstal” van hekmotors met ’n waarde van tussen R200 en R700. Hul regte is nie aan hulle verduidelik nie.

    Daarna is Buchan strydig met polisieregulasies ongeboei agter op ’n oop polisiebakkie vervoer voordat al drie mans ná 11 uur in aanhouding op waarskuwing vrygelaat is, sê mnr. André Coetzee, hul regsverteenwoordiger.

    Later is vasgestel die mans kan nie weens “diefstal” aangekla word nie. Hulle het die hekmotors by ’n kontrakteur gekoop. ’n Klag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom word nou ondersoek.

    ’n Erg getraumatiseerde Buchan sê dit is “siek” hoe hy behandel is. Hy weier om langer as lid van die GPF patrollies te ry.

    Coetzee het self klagte van crimen injuria en intimidasie teen een van die polisiemanne ingedien nadat hy hom glo in die aanklagkantoor ’n “f****n rassis” genoem het.

    “In al my jare in die regsberoep het ek nog nooit so iets ervaar nie. Dis bisar,” sê Coetzee.

    Minstens drie skadevergoedingseise is reeds teen die polisie ingedien net weens die ander lid se optrede in vorige arrestasies, is aan Beeld bevestig.

    In een van dié gevalle moes ’n verdagte ’n interdik teen die polisie in die Pretoriase hooggeregshof kry om vrygelaat te word nadat dié lid hom in hegtenis geneem het. Die man is vrygelaat nadat die interdik op die polisie beteken is. Die polisieman het hom egter wéér in hegtenis gaan neem. Daarvoor word dié lid nou deur ’n klag van min-agting van ’n hofbevel in die gesig gestaar.

    Verskeie prokureurs het reeds aanmaningsbriewe aan die polisie gestuur van nóg skadevergoedingseise weens eersgenoemde lid se optrede. ’n Taakspan van Noordwes wat vroeër die voorvalle ondersoek het, het aanbeveel dat hy summier geskors en die ander lid verplaas word hangende die afhandeling van ondersoeke teen hulle.

    Die ander lid het vertoë teen sy skorsing gerig en daar is besluit hy moet verplaas word, sê Rautenbach. Die papierwerk om dit te doen is nog nie deur die provinsiale kantoor aan die polisiekantoor gestuur nie.

    Rautenbach sê as die twee mans nie vandeesweek by die polisiekantoor verwyder word nie, sal die GPF die hooggeregshof ’n hofbevel vra om die polisie te dwing om dit te doen.

    Hy is self vroeër in hegtenis geneem en beskuldig dat hy as GPF-voorsitter polisielede verhinder in die uitvoering van hul pligte. Die saak is verlede maand in opdrag van die kantoor van die direkteur van openbare vervolging teruggetrek.

  • 31. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 8 : 27

    Willes

    Die meeste vrugte kry jy net vooraf verpak. Baie groentes ook.

  • 32. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 8 : 31

    More maters

  • 33. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 8 : 33

    Hoe was julle naweek?

  • 34. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 8 : 43

    Rustig dankie en joune ?

  • 35. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 8 : 51

    Ook rustig.

    Die week gaan nogal ‘n storie wees om aan gewoond te raak.

  • 36. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 9 : 31

    Ja, dit gaan ‘n laaaannnnnggg dag en week wees

  • 37. Olga  |  Mei 4, 2009 om 9 : 44

    Ai tog die polisie gaan n fees he onder aanvoering van die nuwe president. kom ons kyk of hy ooit weer met of sonder solidariteit in danville gaan kom.

  • 38. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 9 : 49

    Ek sien Jakob se daar is nie plek vir vriende in sy kabinet nie.

  • 39. Olga  |  Mei 4, 2009 om 9 : 54

    Wat dink julle sou gebeur het as n wit hospitaal suster die ma met haar siek kind weggejaag het? dit sou n internasionale insident geword het. soos met die opgevoerde video clip waar die witstudente die urine klug gedoen het. dit was n opvoering en het wereldwyd opslae gemaak. maar die feit dat die kind dood is is a – ok. want n wit verpleegster was nie betrokke nie. of was dit n wit suster? ek glo nie, want wit personeel is n rariteit by staatsinstellings.

  • 40. Olga  |  Mei 4, 2009 om 9 : 57

    Wha ha ha ha ha ha ha. ou jacob kan ook grappe maak? hoekom word oom trevormat n mase goeie job doen dan uitgesmyt? ek dink tante barbie gaan ook uitgewerk ook. sy propageer nie suurlemoene, beet en knoffel nie.

  • 41. Nats  |  Mei 4, 2009 om 9 : 59

    Goeie more julle!

    Nee kyk, deesdae is dit nie net die mense wat in die winkels werk nie, maar die mense wat in die winkels koop wat my die duiwel in maak!!

    Die kassiere waar ek koop is nogal altyd vriendelik, dom maar vriendelik🙂

    Ek vind ook deesdae is die “no name” produkte duurder as die “brand” naam produkte! Ek hou van Woolies, maar hulle het uitspattig duur geword! Behalwe hulle toilet papier – 9 rolletjies vir R45 dink ek is glad nie sleg nie, no name gaan al vir oor die R50!

  • 42. Wille Kjind Q  |  Mei 4, 2009 om 10 : 07

    Toets

  • 43. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 10 : 16

    Hy beter vir Tannie Barbie los waar sy is.

  • 44. Wille Kjind Q  |  Mei 4, 2009 om 10 : 35

    VLOEK VLOEK VLOEK!!!!!!!

  • 45. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 10 : 58

    Dit gaan niks help nie.

  • 46. Girl van die Suburbs  |  Mei 4, 2009 om 11 : 06

    More julle

    Jis julle wikkel. Ek wou nog opvang, was gedistract en toe ek weer kyk….* tjoeps* ‘n hele paar postings verder.

    WKQ hoekom wil jy vloek?

  • 47. Wille Kjind Q  |  Mei 4, 2009 om 11 : 11

    @ My 3ling

    Sê wie?

    @ Girl

    Dis al taal wat die stjoepid piesie verstaan

  • 48. Girl van die Suburbs  |  Mei 4, 2009 om 11 : 15

    Is jou pc ook bietjie stadig? Groot frustrasie die kant ook

  • 49. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 11 : 30

    Girl

    Blog is nogal goed vir leesspoed.

  • 50. Olga  |  Mei 4, 2009 om 11 : 57

    Ons beweeg al nader aan kommunise. die getuienis op die winkel rakke spreek vir hulleself. wanneer laas het julle n pienk, blou of groen speedstick gesien? ek kan sweer my bloeddrukpille is sonder die aktiewe bestaanddeel. die frontline wat ek elke maand ten duurste koop, het gemaak dat die vlooie my snags wakker lag. ag, nee. kommunisme is stadig maar seker besig om in ons oe te p.

  • 51. Wheelbarrow Jack  |  Mei 4, 2009 om 11 : 57

    Dagse. Moet my niks van winkels en swak diens vertel nie. Die frustrasie mag my terugdryf plaas toe. Jy mag die swak kassiere net waarsky. Dis so goed jy gee hulle n black lable en n rooi koek en se “doe zo voort.” baie frustrerend.

  • 52. Olga  |  Mei 4, 2009 om 11 : 59

    Dit moes BESTANDDEEL gewees het.

  • 53. Olga  |  Mei 4, 2009 om 12 : 01

    wha ha ha ha ha ha oom jack, het hulle in die winkel op jou kruiwa gaan sit?

  • 54. Wheelbarrow Jack  |  Mei 4, 2009 om 12 : 04

    Lag maar. As hulle op my kruiwa gaan sit het, kon ek hulle na buite stoot uit of afgooi en se “moenie terug kom nie. ” maar voordat jy weet, dan doen hulle n francise foxtrot en skree ten hemele UNFAIR DISMISSAL.

  • 55. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 1 : 01

    Dalk as die staatsdiens mense in die regte wereld hulle geld moet verdien, dan sal hulle verstaan wat die issues is.

  • 56. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 1 : 23

    Mense wat eers in die staatsdiens gewerk het cope nie daar buite nie ! Ek het dit nou al 2 keer met presies dieselfde persoon beleef.

  • 57. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 1 : 29

    Kloon

    Dit is omdat hulle in die moeilikheid is as hulle die dag laat loop. Jy sal lekker daar werk. Dit word van jou verwag om so vroeg as moontlik te loop.

  • 58. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 1 : 30

    En so min moontlik te doen !

  • 59. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 1 : 31

    Was ek vandag in die staatsdiens, het ek miskien nou eers opgedaag vir werk.

  • 60. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 1 : 32

    En oor 5 minute weer huis toe gegaan.

  • 61. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 1 : 32

    En oor ‘n halfuur huistoe gegaan

  • 62. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 1 : 33

    Eish – amper het ek jou laat oortyd werk !

  • 63. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 1 : 39

    Jy sal soos in nooit vergewe word daarvoor nie. My gestel sou dit nie kon hou nie.

  • 64. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 1 : 40

    😉 Ek sou van skok 2 weke siekteverlof moes neem.

  • 65. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 1 : 43

    Kyk hoe bevark ek myself.

    Die skok was mos ‘n besering aan diens. Die staat sal my vir 3 weke moes afgee om te herstel. Daar sal nie aan my siekverlof geraak kon word nie.

  • 66. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 2 : 00

    Jy moet dadelik ophou daarmee !

  • 67. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 2 : 05

    JIp

    Netnou moet ek die unie op myself loslaat.

  • 68. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 2 : 21

    Dit wil ons nie hê nie !

  • 69. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 2 : 25

    Beslis nie.

    Hoe was jou naweek?

  • 70. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 2 : 27

    Fotos gaan neem van die girls en gaan birthday shopping doen – toe is ek moeg !

  • 71. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 2 : 32

    O heng.

    Wanneer het Plig nou weer verjaar?

  • 72. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 2 : 35

    Vandag

  • 73. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 2 : 38

    Haar selfoon nommer het nog nie verander nie?

  • 74. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 2 : 43

    Nee, sy het haar ou simkaart gehou saam die nuwe foon, sal gou vir jou mail om seker te maak ons het dieselfde nommer

  • 75. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 2 : 44

    Cool

    Ek het dit amper vergeet.

  • 76. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 2 : 58

    Was jy huistoe die naweek ?

  • 77. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 3 : 00

    Jip.

    En het ek gister rondom Belfast in die verkeer gesit. Op een stadium was al 4 bane oop gewees vir verkeer terug na Gauteng. Maar dan kruip ‘n mens voort teen 10 km/h

  • 78. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 3 : 09

    Ek haat verkeer ! Padwerke maak my ook moeg

  • 79. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 3 : 10

    Probeer ‘n bietjie die twee saam.

  • 80. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 3 : 11

    Dit het my eenkeer meer as 8 ure geneem om die afstand af te le.

  • 81. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 3 : 12

    Eish – jy kon al see toe gery het en so biki terug

  • 82. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 3 : 23

    Hang natuurlik af na watter see.

  • 83. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 3 : 39

    Natal – Kaap is nie see nie !

  • 84. *Mathilda*  |  Mei 4, 2009 om 3 : 40

    Ek gaan nou biki na my verjaardag kindertjie toe – sien julle later of more

  • 85. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 3 : 49

    GMF

    Natal stink.

    Letterlik.

  • 86. Olga  |  Mei 4, 2009 om 3 : 54

    Snaaks hne jy altyd gedreig word dat jy deur jou foon opgespoor kan word. maar raak jou foon gesteel, dan kan nie die sapd of jou service provider jou foon opspoor nie. nou hoe dan nou?

  • 87. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 3 : 56

    Olga

    Baie goeie vraag. Wens ek het geweet.

  • 88. Olga  |  Mei 4, 2009 om 3 : 57

    Te veel visse pp in die see in natal. die kaapse of weskus visse gaan pp op die strand, daarom stink die weskus see nie.

  • 89. Olga  |  Mei 4, 2009 om 4 : 00

    Dan verwag mense in beheer ons moet glo hulle het n werkbare stelsel in plek.

  • 90. Olga  |  Mei 4, 2009 om 4 : 01

    Wie dink julle vrees jackey selebe genoeg om hom uit die weg te probeer kry met die klagte teen hom?

  • 91. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 4 : 02

    Olga

    Dit is nie net die visse wat in die Natal se see pp nie. Die mense dink mos ook dat dit baie gemakliker as ‘n toilet is.

  • 92. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 4 : 03

    Hy wil seker net moor omdat hy kan.

  • 93. Olga  |  Mei 4, 2009 om 4 : 09

    Wie wil hom moor? of wie het hy vermoor?

  • 94. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 4 : 10

    Hak WordPress nou al weer vas.

  • 95. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 4 : 11

    Hy word verdink dat hy ‘n vinger in die pie gehad het met die Brett Kebble moord.

  • 96. Olga  |  Mei 4, 2009 om 4 : 14

    ek het gedink dat hy net met die glen man geheul het en dokkies laat weg raak het.

  • 97. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 4 : 16

    Daar is baie klagtes teen hom. Dalk het ek iewers die kat aan die stert beet.

  • 98. Olga  |  Mei 4, 2009 om 4 : 17

    Hy kla nou reeds oor al die dokumente wat wegraak en dat die staat hulle gatte in rat moet stamp en sy verhoor moet afhandel.

  • 99. Olga  |  Mei 4, 2009 om 4 : 18

    ons land is een mase sirkus.

  • 100. Olga  |  Mei 4, 2009 om 4 : 18

    .100STE?

  • 101. Olga  |  Mei 4, 2009 om 4 : 19

    Jip, ek was.

  • 102. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 4 : 25

    If you can’t beat them, join them.

  • 103. Olga  |  Mei 4, 2009 om 4 : 55

    Volgens die radio nuusberigte staan hy terep op korrupsie klagte.

  • 104. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 5 : 05

    Olga

    Ek wag nou nog vir daardie blerrie epos. Ek het noual by ‘n paar ander plekke ook navraag gedoen.

  • 105. Wille Kjind Q  |  Mei 4, 2009 om 5 : 11

    IRONY AT IT’S BEST…………..

    90 people get the Swine Flu and everybody wants to wear a mask.
    A million people have AIDS and no one wants to wear a condom.

  • 106. Olga  |  Mei 4, 2009 om 5 : 57

    Wha ha ha ha ha wk. ai never a truer word spoken in jest.

  • 107. Olga  |  Mei 4, 2009 om 5 : 59

    Juf annie, het jy al terugvoer van die ander plekke gehad?

  • 108. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 6 : 00

    Olga

    So hier en daar. Sal jou later op mxit vertel.

  • 109. Olga  |  Mei 4, 2009 om 6 : 03

    Regso dankie.

  • 110. Olga  |  Mei 4, 2009 om 6 : 05

    Go helen, go. moenie dat julies siesa se kleinlike stront stories jou net so kleinlik soos hy maak nie.

  • 111. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 6 : 05

    Wat het Tannie Zille nou weer gedoen?

  • 112. Olga  |  Mei 4, 2009 om 6 : 08

    Ou joelies siesa het haar die naweek n rassisties KLEIN MEISIETJIE genoem. sy se sy gaan nie eers die moeite doen om hom hof toe te neem nie.

  • 113. Olga  |  Mei 4, 2009 om 6 : 09

    As iemand my n klein meisietjie gaan noem, gaan ek ook smile en hom n hand gee. 1 vinger op n slag.

  • 114. Adrie  |  Mei 4, 2009 om 6 : 09

    He He He

    Ek is seker sy het beter dinge om te doen.

  • 115. Uniqa  |  Mei 5, 2009 om 2 : 07

    En ek swyg nog die hele tyd want ek dink hier in die stilligheid dat ek ondankbaar en ongeduldig is!!!! Dis reg ja: Plaas die kassiere dankbaar is vir hulle werk, maar nee 80% van hulle behoort aan die ongeskikte deel van ons nasie. Moet ook tog net nie probeer om by ‘n bestuurder of toesighouer te kla oor patetiese diens nie, die toesighouer kan dalk net van deur-die-dingesheid jou baba se stoeltjie van die waentjie af stamp!!! (Gelukkig is Mamma vinnig en op-en-wakker as sy eers vir haar begin vererg, en het sy vir baba met stoel en al gevang) Ek het hoog en laag gesweer dat die spul nooit weer my skamele R2 000 per maand sal sien nie (al is dit vir hulle peanuts!)
    ‘n 100 Kliënte soos ek se R2 000, maak R200 000.

  • 116. Adrie  |  Mei 5, 2009 om 2 : 15

    Uniqa

    Hoe kan ‘n mens ondankbaar wees om jou eie geld uit te gee?😉 Genade, ek sou myself in ‘n ander bloedgroep in vererg het as die narre my kind van die trollie afgestamp het.

    Dit is regtig belaglik. As ek jy was het ek die storie met hulle hoofkantoor opgeneem.

  • 117. Uniqa  |  Mei 5, 2009 om 2 : 55

    (Nee, ek bedoel ek voel skuldig omdat ek voel die diens wat ons kry is pateties). Om die waarheid te sê, was ek so kwaad dat ek vir die bestuurder geskree het: “EERS DIT, DAN DIT EN SOWAAR NOU NOG DIT OOK!! AAAAAHHHHH!!!!!

    Die feit dat dit deesdae voel of ek ‘n aar gaan bars van kwaadheid oor hierdie soort dinge, sê vir my om nie hierdie mense te probeer aanvat nie, maar eerder heeltemal te onttrek.

    Partykeer neem ek sulke dinge te ver, en vandat hulle pa oorlede is, sal ek sommer handgemeen raak waar dit my kinders aangaan. Netnou land ek nog in die tronk!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: