Stofmagnete

April 29, 2009 at 5 : 51 90 Kommentaar

Ek het nou die aand met Olga die draak gesteek oor haar stofmagnete.  Mense hou daarvan om te verfraai.  Dit is dalk een van die goed wat ons van diere onderskei, ek het nog nooit gesien hoe diere goed verfraai nie.  Dan weer, ek is nie ‘n dierkundige nie en praat dalk nou snert. 

Mense verfraai wat voorkom.  Van hulleself tot hulle omgewing.  Dit is nie net vrouens wat daaraan skuldig is nie, kyk maar hoeveel mans krap model motors of jagtrofeë bymekaar.  Jou versameling val dalk nie in almal se smaak nie, maar dit is iets wat vir jou plesier verskaf.  Plesier is dalk eerder die word.  Mense versamel goed vir hulle plesier en dikwels help dit ook om hulle omgewing te verfraai.  Dit kan baie geld en nog meer moeite in beslag neem, maar dit is die minste.

Siende dat ek nogal erg sentimenteel is, het ek heelwat versamelings wat per ongeluk gebeur het.  Ek gooi nie sommer iets weg wat iemand my gegee het nie.  Dit is waar die meeste van my ornamente vandaan kom  Verder maak ek skoenbokse vol kaartjies, briewe en notatjies.  Ek gaan dit so af en toe deur.  Daarin kan ook brosjures of kaartjies wees van plekke wat ek besoek het. 

Een van my huidige versamelings het ontstaan uit goedjies wat mense my geskenk gegee het na hulle reise.  As ‘n Afrikaanssprekende Katoliek is dit dikwels nogal ‘n aardigheid onder my vriende.  Ek het dus al bidsnoere gekry van hulle van kerke / lande wat hulle besoek het.  Dit is iets waarop ek voortbou, nie juis dat ek elke tweede dag oorsee gaan nie.  Dit gaan dus nog jare duur voor die versameling regtig noemenswaardig sal wees.  Nou is dit net spesiaal.

As kind het ek geglo dat elke mens ‘n versameling moet hê.  So het ek byvoorbeeld by tye celebfoto’s, seëls, munte, sleutelhouers ens bymekaar geraak.  Van die goed het ek nog steeds.  Ek bou egter nog steeds aan my skulp versameling.  Dit het ontstaan nadat my oom vir my ‘n boks skulpe van Namibië gestuur het.  Ek tel dalk nie meer so aggressief skulpe op soos ek op ‘n tyd gedoen het nie, maar elke keer wat ek my voete op ‘n strand sit, soek ek skulpe. 

Een van my groot drome is om eendag my eie biblioteek te besit.  Nogal ‘n droom en ‘n half as jy half aan die suinige kant is.  Ek loop nie sommer verby ‘n tweedehandse boekstalletjie nie.  As ek boeke koop net vir koop, maak dit nie saak dat hulle eers aan iemand anders behoort het nie.  Ek moet egter byvoeg dat geen prys my gaan keer as ek opsluit besluit het om ‘n boek te koop nie.  Ek het wel onlangs besluit om aktief Afrikaanse Kinder of Jeugboeke aan te koop.   Eerstens vir my plesier, tweedens vir die nageslagte.

Soos elke ander mens bou ek ook maar stadig aan my laserskyf en DVD versameling.  Ek koop onder geen omstandighede ‘n pirated produk nie.  As jy lank genoeg wag, val die prys ver genoeg.  Weereens, as ek my hart op een gesit het, is geen prys te hoog nie.

Wat kan jy nie weerstaan nie?  Waarmee omring jy jouself?

Blogvraag:  Watter familie het die eerste poging aangewend om ‘n privaat kunsversameling te bou?

Blogantwoord:  Willes was reg met Heinrich Heine.  Olga het die eerste korrekte spelling gehad.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wegsteek teen alle kostes Dinge wat byt

90 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 6 : 25

    eerste

  • 2. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 6 : 31

    ek versamel enige ding wat ek in die hande kry – ek is n kraai – gooi niks weg nie

  • 3. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 6 : 33

    ek is hommer

  • 4. Olga  |  April 29, 2009 om 6 : 47

    2de.

  • 5. Olga  |  April 29, 2009 om 6 : 51

    Royal family?

  • 6. Olga  |  April 29, 2009 om 6 : 56

    Ek sal eerder nie se wat ek onweerstaanbaar vind nie. my kinders lees dalk hier en skrikhulle kamoers.

  • 7. Olga  |  April 29, 2009 om 7 : 02

    As jy soos n kraai is tillaki, dan is ek verseker soos n eekhoring. ek maak graag readers digest condensed volumes by mekaar. cd’s van rock and roll uit die 50’s, 60 ‘s en 70’s. ek het ander soorte musiek ook. maar hulle is net om te geniet. dan is daar my uile wat al n paar jare saamkom en my paddas. julle weet al hoe my padda versameling begin het. iemand kom kuier mos in my huis, nooi my saam om te shop en skinder dan op n openbare blog van my.

  • 8. Klip  |  April 29, 2009 om 8 : 26

    Goeie naand

  • 9. Klip  |  April 29, 2009 om 8 : 27

    Magnete op n yskas …… party mense se magnete is meer werd as die kos wat in die yskas is

  • 10. Klip  |  April 29, 2009 om 8 : 29

    My vrou het n klomp porselein poppe wat sy verniet gekry het , en ek laaik dit boggerol . As sy gaan geld spandeer aan sulke stront , dan bly sy in n tent

  • 11. Klip  |  April 29, 2009 om 8 : 31

    Die mense wat al hierdie sagte diertjies om hulle motors se spieeltjies hang en teen die vensters vas suig is so commin

  • 12. Klip  |  April 29, 2009 om 8 : 33

    Maar wie is ek nou om te praat van commin as ek met my fake crocs en boepens in die dorp rondloop

  • 13. Klip  |  April 29, 2009 om 8 : 34

    Party mense gaar gedagtes op , o wee , as jy net vra hoegaan dit dan is dit eers n trip in memory lyn af.

    En ander weer maak siektes by mekaar , moet nie vra hoe dit gaan nie, want jy kan dalk hoor van die vark griep wat hulle nou so pas mee aangesteek is

  • 14. Klip  |  April 29, 2009 om 8 : 37

    n Mens is te bang om in party mense se huise te kuier , want daar is so baie oe wat jou dop hy , van bo op die kas , langs die bank, in die gang op die stoep , in die tuin………..dis soos om in n begrafplaas rond te loop ……..

  • 15. Olga  |  April 30, 2009 om 12 : 38

    What next? dan is ek maar seker common. aan my karspieel hang 2 beertjies, n mnr en mev, n 4cm lange rooi fake croc en n sisters with blisters plaatjie aan die ketting. as dit common spel. . . . ALOHA!

  • 16. Klip  |  April 30, 2009 om 4 : 16

    Ek het al spieeltjies gesien wat so behang is die mense kan nie eers die pad dop hou nie.

  • 17. Klip  |  April 30, 2009 om 4 : 18

    Nou wonner ek hoekom plak mense nie die magnete op hulle karre ook nie

  • 18. Klip  |  April 30, 2009 om 4 : 20

    Blou plastiek testikels hang aan die towbar……….
    wat nog???????

  • 19. Klip  |  April 30, 2009 om 4 : 25

    Gelukkig dra ons mans nie mee safaripakke nie, en ek glo ook nie jy kry meer brylcreem en staal kamme te koop nie.

  • 20. Klip  |  April 30, 2009 om 4 : 29

    Lang haar matte wat so op n kar se dash geplak is , en n goue tissue boks agter in die venster , ai dit lyk so classy!!!

  • 21. Adrie  |  April 30, 2009 om 5 : 57

    Klip

    Ek kom loer net vinnig om te sien wat ek gemis het en wragtig! Skrik my amper dood vir jou nuwe gevreetjie! Dit is in die middel van die nag!

  • 22. Adrie  |  April 30, 2009 om 5 : 59

    Ek is ook kommin! Ek het n duiwel wat aan die voorruit vassuig – wanneer dit wil plak!

  • 23. Olga  |  April 30, 2009 om 6 : 49

    More, more. Living in the land of the common people . . . .

  • 24. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 6 : 52

    More maters

  • 25. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 6 : 53

    Ek kan die beertjies en goed nog hanteer – maar daai CD’s wat so voor in ‘n kar hang – NEEEEEEE !

    Ek het 2 sulke vassuig jobbies in my kar – een agter in die ruit en die een aan die kant – maar dis met ‘n doel – dis ‘baby on board’ goedjies

  • 26. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 6 : 56

    Klip

    Wanneer werk jy weer ‘n normale skof ?

  • 27. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 6 : 57

    So gepraat van normaal – wanneer kry ons weer so ou kerrie katjie ?

  • 28. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 6 : 57

    Okay – ek gaan nou maar eers meeting toe. Hel, ek was so besig met my assignment gistermiddag dat ek amper vergeet het om huistoe te gaan.

  • 29. Adrie  |  April 30, 2009 om 8 : 06

    More Almal

  • 30. Olga  |  April 30, 2009 om 8 : 08

    mense wat siektes versamel is volop. natuurlik moet julle weet, geen meds genees hulle nie. hulle kry griep, nie verkoue nie. kry hulle bells verlamming des 2007 met n oog en mondhoek wat HANG, sal dit 2009 klein getrek wees met n lip wat elke dag dik gesuig word. hulle moet darem die wereld wys hulle het nou bells verstywing. lmga, sulke mense maak my bang. se nou hulle dooi in my geselskap? sal hulle dood wees of speel hulle dood?

  • 31. Wheelbarrow Jack  |  April 30, 2009 om 8 : 43

    Dagse.

  • 32. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 8 : 51

    Meeting klaar

  • 33. Wheelbarrow Jack  |  April 30, 2009 om 8 : 54

    Mathilda het gister gepraaj van kinders wat hulle lelike skrif regverdig met hulle ouers wat ook lelik skryf. So kry jy die tannies wie kareltjies is. Hulle sal jou reguit se ‘niks wat ek doen laat my gewig verloor nie. Dis in my gene. Ek sal maar so vet vrek.’ en dan kla hulle ten hemele oor seer enkels, kniee en heupe. Maar moenie waag se dit is omdat hulle vet is nie. Dan hoor jy gou ‘my ma/pa het ook die seer kniee, heupe, enkels gehad. En hy /sy was maer. Dit is in ons gene.’
    Snert, man, loutere snert. Dink hulle regtig die gewrigte wat maar light duty is kan daardhe helse gewig sonder skade dra? As dit in die gene is hoekom pyn die polse, elmboe en skouers nie? Elementer my liewe watson. Jy loop nie op jou hande nie. Het julle al gesien sulke vet mense het altyd operasie merke aan hulle kniee en enkels?

  • 34. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 8 : 57

    Waar is almal – maak julle reg vir die langnaweek ?

  • 35. Wheelbarrow Jack  |  April 30, 2009 om 9 : 01

    Oeps vandag se blog is oor versamelstukke. Ek versamel afjakke. Mense hou van ja broers. My eerlikheid stuit hulle teen die bors. Dan is aanval hulle beste verdediging. Dit is n skuld erkenning. En dit is hoekom hulle vuilbekke en afjakke my nie pla nie.

  • 36. Wheelbarrow Jack  |  April 30, 2009 om 9 : 03

    Die versameling magnete teen ons yskas is daar met n doel. Soms het al 12 n nota of kennisgewing, foto wat plek soek wat dit vashou.

  • 37. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 9 : 08

    My magnete op die yskas het ook almal ‘n briefie (gewoonlik skool briefies en programme) op

  • 38. Adrie  |  April 30, 2009 om 9 : 24

    Hell has broken lose.

    Het darem nou weer ‘n paar oomblikke.

  • 39. Adrie  |  April 30, 2009 om 9 : 25

    Die magnete op my yskas is daar vir omdat die een nog moet toer na sy regmatige eienaares en die ander een cute is.

  • 40. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 9 : 30

    Is die hell darem nou weer onder beheer ?

  • 41. Girl van die Suburbs  |  April 30, 2009 om 9 : 48

    More!

    Haai, iemand deel ‘n voorliefde vir boeke al is dit gebruikte boeke. Hulle het so ‘n lekker reuk.

    Ek versamel kruise…. die soort wat jy teen die muur hang!

  • 42. Adrie  |  April 30, 2009 om 10 : 04

    Ampertjies, Tilla, Ampertjies

    More Girlie

    ‘n Boek is ‘n boek, al is dit van klip gemaak.

  • 43. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 10 : 09

    Ek verkoop of ruil nie weer ‘n boek as ek hom gekoop het nie – het baie van daai, tweedehands, nuut, als

  • 44. Adrie  |  April 30, 2009 om 10 : 11

    Tilla

    Ek verkoop eerder my pediater voordat ek een van my boeke laat gaan.

  • 45. Beeld  |  April 30, 2009 om 10 : 15

    Hilda Fourie

    Oudmin. Adriaan Vlok en genl. Johann van der Merwe, hoof van die destydse SA Polisie, is onder die meer as 100 misdadigers wat vir eers nie presidensiële kwytskelding mag kry nie.

    Dieselfde geld genl. Chris Smith en kol. Gert Otto wat saam met hulle daaraan skuldig bevind is dat hulle eerw. Frank Chikane probeer vergiftig het.

    Regter Willie Seriti het gister in die Pretoriase hooggeregshof beslis pres. Kgalema Motlanthe mag vir eers nie kwytskelding aan meer as 100 misdadigers gee nie.

    Hy het ’n aansoek om ’n dringende interdik van sewe burgerregte-organisasies toegestaan wat aanvoer die slagoffers en ander belanghebbendes behoort daarin insae te hê – soortgelyk aan die proses wat die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) met die oorweging van amnestie gevolg het.

    Oudpres. Thabo Mbeki het op 21 November 2007 tydens ’n gesamentlike sitting van die parlement aangekondig hy gaan ’n spesiale proses volg om aansoeke om kwytskelding te oorweeg in gevalle waar die oortreders aanvoer dat politieke oorwegings hul dade gemotiveer het.

    Seriti het in sy geskrewe uitspraak gesê hy kan nie insien hoekom slagoffers van misdadigers wat op parool vrygelaat word, insae kan lewer, maar slagoffers van misdadigers wat kwytskelding ontvang, dit nie mag doen nie.

    Volgens hom het parool en kwytskelding dieselfde effek.

    “Na my mening moet die president alle relevante inligting rakende die betrokke misdadiger in ag neem voordat ’n persoon kwytskelding kan ontvang,” het die regter gesê.

    “Dié inligting sluit die misdadiger se aansoek, die insae van die slagoffer en/of sy familie en enige ander inligting van belanghebbende partye in.

    “Die president het ’n regmatige openbare onderneming gegee. Om in ooreenstemming met sy onderneming op te tree, moet die president, na my mening, die slagoffers en/of hul families en belanghebbende partye aanhoor voordat ’n gevangene op parool vrygelaat kan word.”

    Seriti het gelas Motlanthe moet voordat hy kwytskelding oorweeg, eers ’n lys van misdadigers, saamgestel deur ’n kwytskeldingsverwysingsgroep, aan die applikante voorlê.

    Meer as 2 000 gevangenes en misdadigers het om kwytskelding aansoek gedoen.

    ’n Lys van dié gevangenes en misdadigers is aan die applikante voorgelê, maar nie ’n lys van die meer as 100 wat die verwysingsgroep voorgestel het nie.

    Volgens Seriti moet al die gevangenes en misdadigers wat om kwytskelding aansoek gedoen het van die verrigtinge ingelig word en die nodige dokumente ontvang.

    Motlanthe mag nie kwytskelding gee totdat hofverrigtinge waarin Seriti finaal oor die insae van slagoffers en belanghebbendes moet beslis, afgehandel is nie.

    Kommentaar

    “Ons hoop dit kan ’n koers gee dat slagoffers insae oor die kwytskelding van ’n misdadiger kan lewer.” – Mnr. Hugo van der Merwe van die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening.

    “Dit is ’n draaipunt in hoe die regering slagoffers hanteer.” – Mnr. Tshepo Madlingozi van die Khulumani-ondersteuningsgroep.

    “Die regter het die beginsel van deursigtigheid en slagofferbetrokkenheid onderskryf.” – Dr. Fanie du Toit, direkteur van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening.

    “Dit is ’n belangrike uitspraak vir die regte van slagoffers.” – Me. Shirley Gunn, direkteur van die Human Rights Media Centre.

    “Ons het die eerste ronde gewen om die president te keer om kwytskeldings te gee sonder die insae van slagoffers en hul families.” – Me. Melissa Moore van die Instituut vir Spraakvryheid.

    “Sonder die slagoffers se insae sou die seer van die verlede net aangehou het.” – Adv. Lwazi Kubukeli van die Legal Resource Centre.

    “Die regter het gefouteer. Toe mense in die verlede om politieke amnestie moes aansoek doen, was daar geen vereiste om met die slagoffers te konsulteer nie. Met dié saak is die mense in die tronk en het die slagoffers tydens hul verhore geleentheid gehad om te getuig.” – Mnr. Paul Snaid, regsverteenwoordiger van Ryan Albutt, ’n lid van die AWB en een van die respondente.

  • 46. Beeld  |  April 30, 2009 om 10 : 23

    Die vrou wat haar nege maande oue baba glo verkoop en toe as ontvoer by ’n polisiekantoor aangemeld het, is borgtog in die Johannesburgse landdroshof geweier.

    Volgens supt. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, is me. Kim van der Berg se borgtogaansoek vandeesweek van die hand gewys omdat sy nie ’n vaste huisadres het nie.

    Van der Berg het haar baba na bewering vir R3 000 aan ’n gesin van Claremont, Johannesburg, verkoop en toe ’n klag van menseroof by die Sophiatown-polisiekantoor ingedien.

    Sy is Vrydagaand in die buurt Delarey in hegtenis geneem. Haar man, wat glo deel van die komplot was, is steeds soek.

    Die baba is by die gesin in Claremont opgespoor en na ’n plek van veiligheid geneem, het Dlamini gesê. – André Damons

  • 47. Adrie  |  April 30, 2009 om 10 : 30

    Koerant lees is oor en verby.

  • 48. Adrie  |  April 30, 2009 om 10 : 32

    Kom, Kom

    Slaap julle?

  • 49. Adrie  |  April 30, 2009 om 10 : 38

    Julle is lelik met my, ek gaan my ma vertel.

  • 50. Adrie  |  April 30, 2009 om 10 : 40

    NNNNNAAAAAAAATTTTTTTTTTTTTTTTTSSSSSSSSSSSSSSSS

    TTTTTTTTTTIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIILLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLAAAAAAAAAA

    DDDDDDDDDDOOOOOOOOMMMMMMMKKKKKKKRRRRAAAAGGG

    OOOOOOLLLLLLLGGGGGGGGAAAAAAAAAAAA

    WWWWWWWIIIIIIIIIILLLLLLLLLLLEEEEEEEESSSSSSSSSS

  • 51. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 10 : 47

    Hey, ek is besig met my assignment !

  • 52. Adrie  |  April 30, 2009 om 10 : 50

    DOen jou assignment vanmiddag of die naweek.

  • 53. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 10 : 53

    Nee, dan is dit my tyd !

    Amper klaar, moet net oorskryf op die original en scan en mail

  • 54. Adrie  |  April 30, 2009 om 10 : 58

    Betaal een van die kinders om dit oor te skryf.

  • 55. Olga  |  April 30, 2009 om 11 : 06

    Die mense wat presidentiele kwytskelding geweier is seker almal blankes. en hello. . . . politieke gevangenis? wat het die slagoffers se familie se insae met die saak uit te waai. die slagoffers se families word net betrek as wit teen swart gesondig het.

  • 56. Olga  |  April 30, 2009 om 11 : 08

    Anders om, was madiba en al die eilanders nog op die eiland en ons in valhalla.

  • 57. Olga  |  April 30, 2009 om 11 : 10

    Ek sien oom jack het weer whipskey gedrink. jack daniels as ek dit nie mis het nie. dit is slim whipskey dari. van ou boeke gemaak.

  • 58. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 11 : 14

    Ons gaan 12 uur huistoe !!!!!

  • 59. Adrie  |  April 30, 2009 om 11 : 19

    GMF

    Seker mense werk omtrent nooit.

  • 60. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 11 : 34

    En ek het nie eers gevra nie !

  • 61. Adrie  |  April 30, 2009 om 11 : 36

    Seker net aangeneem.

  • 62. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 11 : 39

    Nee – die baas het persoonlik self vir ons kom sê ons kan 12uur gaan (ek is nie altyd parmantig nie)

    O ja – assignment klaar en weggestuur !

  • 63. Adrie  |  April 30, 2009 om 11 : 45

    Geluk

    Gaan julle die naweek weg?

  • 64. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 11 : 47

    Nee, gaan net Vrydagmiddag vir ‘n fotosessie weer met die 3 girls en moet vir plig iets gaan soek vir haar verjaardag

  • 65. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 11 : 55

    Wats jou planne vir die naweek

  • 66. Adrie  |  April 30, 2009 om 11 : 58

    Wanneer verjaar sy nou weer?

  • 67. *Mathilda*  |  April 30, 2009 om 12 : 00

    Maandag

  • 68. Adrie  |  April 30, 2009 om 12 : 11

    Ek knoop my oor

  • 69. Adrie  |  April 30, 2009 om 12 : 22

    Olga

    Ek wonder wat gaan Willes van die storie se.

    Sy is gek ook oom Vlok.

  • 70. Olga  |  April 30, 2009 om 12 : 30

    Dis bog. as hulle misdadigers kan vrylaat hoekom nie politieke gevangenes of oortreders nie? ek sal jou se hoekom nie. f.w. de klerk het mandela en kie kwygeskel en kyk waar het dit hom gekry? sy eie goetjoe as jy my vra. in elk geval, ek dink presidentieele kwytskelding moet net op politieke gevangenis wees. die kriminele kan gaan stort of dr toe gaan.

  • 71. Adrie  |  April 30, 2009 om 12 : 33

    Olga

    Dit is nogal ‘n goeie punt, net vir politieke gevangenes.

  • 72. Olga  |  April 30, 2009 om 12 : 36

    Kom ons gaan keer asblikke om.

  • 73. Olga  |  April 30, 2009 om 12 : 41

    Sonder inmenging van families. die familie het getjank tot hulle die guvie se tjing gekry het. toe is die slagoffers vergete in die spending frenzy. kom ek wed jou hulle het nie eers gaan grafstene oprig nie. dan skielik is daar weer n media kamera op hulle en hello! what do you know? daar kom die waterwerke. maar vra hulle vinnig wat was die slagoffer se naam. dan kon hy maar met hector peterson in die arms atletiek gedoen het.

  • 74. Adrie  |  April 30, 2009 om 12 : 41

    Net nie in my straat nie.

    Dalk voor die uniegebou?

  • 75. Adrie  |  April 30, 2009 om 12 : 43

    Hoekom word die familie se opinie gevra in politieke gevalle, maar nie in gewone misdade nie. Dit is hoekom Derby-Lewis steeds agter tralies sit.

  • 76. Olga  |  April 30, 2009 om 12 : 51

    Die familier word net gevra as n hulle sart is. as hulle wit is, fine, 4k hulle vreeslik.

  • 77. Adrie  |  April 30, 2009 om 12 : 53

    All animals are equal, some are just more equal than others.

  • 78. Wille Kjind Q  |  April 30, 2009 om 12 : 57

    WAT VAN OOM VLOK!!!?????????

  • 79. Adrie  |  April 30, 2009 om 12 : 58

    Willes

    Kyk na # 45

  • 80. Wille Kjind Q  |  April 30, 2009 om 12 : 59

    O ja……. Mirrag almal😳

  • 81. Olga  |  April 30, 2009 om 1 : 07

    Elo wk. oggend geniet?

  • 82. Nats  |  April 30, 2009 om 1 : 09

    Hellloooooo

    Julle… hoemom moet my Vrydae altyd besig wees!! Wat het geword van blou Maandae??

    EISH!!

    Topic
    Ek versamel nie juis iets nie… fotos ja!🙂
    Scrapbook goedtjies, maar nie om te hou nie om dit te gebruik… verder versamel ek nie juis iets nie. Ek het nou my pa se munte en seels versameling – weet nie wat om met dit te doen nie.

  • 83. Nats  |  April 30, 2009 om 1 : 41

    O ja my sus versamel daai glas balle… met goedtjies binne in… van hulle kan mens skud dan lyk dit soos sneeu… wat noem mens dit??

  • 84. Wille Kjind Q  |  April 30, 2009 om 2 : 10

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Dis oorlat hier teveel stink poepe is dat my internet so pla👿

  • 85. Wille Kjind Q  |  April 30, 2009 om 2 : 10

    @ Nats

    Sneeuballe❓:mrgreen:

  • 86. Wille Kjind Q  |  April 30, 2009 om 4 : 15

    ( ( ( ( ( ( ( ( ( ( H A L L O ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ) ) ) ) ) ) ) ) ) )

  • 87. Olga  |  April 30, 2009 om 4 : 16

    Eisj wk. hoe laat jy nou skrik. hoeko skree jy so?

  • 88. Olga  |  April 30, 2009 om 4 : 16

    sjym petrol prys kom darem af. 1 van die dae kan ons kaap toe gaan.

  • 89. Nats  |  April 30, 2009 om 4 : 44

    Terug…

    Wille Q
    Dankie!

    Sien julle outjies en vroutjies weer Maandag vir ‘n lekker laaaaang week!!!😦

    Julle moet die lang naweek geniet en veilig wees!!!!!!

    Cheerio!!

  • 90. maxie  |  April 30, 2009 om 9 : 43

    Hopeloos laat, maar toemaar…

    Boeke is ook my groot swakplek. Ons het tans meer boekrakke as meubels en ja, ek wil ook my eie biblioteek he, al jare lank.

    As tiener het ek maskers versamel, die tipe met die nargesigte op.
    Weet nie hoekom, ‘n sielkundige sal dalk ‘n field day he hiermee.

    Tans is dit heksies op besems, potlode en parfuum.
    Maar waar die liefde vir parfuum vandaan kom, weet geen mens want ek is regtig nie ‘n girly girl nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: