Wegsteek teen alle kostes

April 28, 2009 at 5 : 49 138 Kommentaar

Ek het die naweek na The Reader gaan kyk.  Ek gaan julle nie nou ‘n resensie gee of julle met elkeen van my gedagtes daaromtrent verveel nie.   Ek is nie die grootste aanhanger van kunsflieks (seksflieks) nie, maar het dit basies vir twee redes gaan kyk.  Eerstens het Kate Winslet die Oscar vir beste aktrise gewen (sy was goed en sy was mismaak) en tweedens omdat dit deels oor ‘n verhoor gaan oor oorlogsmisdade deur SS lede in die Tweede Wêreldoorlog.

Gaan lees gerus hier  vir ‘n opsomming van die fliek.  Ek sou maar ‘n power letterkundige dosent gewees het, ek sal 10 sentrale temas uit die fliek kan haal.  Ek sal myself egter vandag beperk met wat ek eintlik wil bespreek.  Hanna Schmitz het ‘n voorliefde om voorgelees te word.  Sy is ‘n goeie werker, maar elke keer wat sy bevordering kry, verdwyn sy stilletjies.  Sy staan tereg op moord, weens 300 Joodse vroue en kinders wat in ‘n kerk doodgebrand is.  Anders as haar medebeskuldiges, is Schmitz eerlik.  Hulle draai teen haar en sorg dat sy die volle blaam vir die voorval kry.  Onder andere dat sy die verslag na afloop van die brand geskryf het.  Schmitz ontken dit, maar beken alles nadat sy vir ‘n monster van haar handskrif gevra word.  Sy word skuldig bevind en word lewenslank tronk toe gestuur.  Haar medebeskuldiges kry net ‘n paar jaar vir hulle aandeel.

Schmitz kon haarself egter baie maklik uit ‘n lewenslange straf gekry het.  Schmitz was ongeletterd, maar sou teen alle kostes keer dat dit bekend word.  Al moes sy keer op keer vir ‘n bevordering weghardloop.  Selfs al moes sy sy die res van haar lewe agter tralies slyt om dit te verberg.  Verstommend genoeg steek sy dit baie goed weg, sy is al in haar veertigs wanneer iemand dit ontdek.  (Sy leer in die tronk lees, maar die hoe moet julle self uitvind.)

Ek, en miljoene ander mense, aanvaar dat lees vir almal soos asemhaal is.  Iets wat half automaties is, ek het seker in gr 1 laas iets woord vir woord gelees.  Dieselfde met skryf.  Ek ken wel mense wat disleksies is, dus weet ek dat dit nie altyd so maklik is nie, maar heeltemaal onbeholbe?

Wat sal jy doen as iemand erken dat hulle nie kan lees of skryf nie.  Ek sal heel moontlik half ongelooflik snork en waarskynlik begin lag.  Wat dit natuurlik moeiliker vir mense soos Schmitz maak om die hulp te kry wat hulle so bitter nodig het.  Schmitz was weens haar uitnemendheid nie iemand wat jy van ongeletterdheid sou verdink nie.  Alles wat haar nog skamer gemaak het om haar probleem te erken (selfs in die middel 60’s om ‘n ligter vonnis te kry). 

Hoeveel ander volwassenes is daar vandag nog wat ongeletterd is?  Wat nie eers hulle eie naam kan skryf nie?  Wat eerder sal sterf as om dit te erken?  Hoeveel ander lewensnoodsaaklike vaardighede ontbeur mense omdat hulle te skaam is om hulle gebrek te erken?

Blogvraag:  Wie het gesê:  Where they have burned books, they will in the end burn people.

Blogantwoord:  Roer was reg met Fidel Castro.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Henrietta, die lomp seekoei Stofmagnete

138 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  April 28, 2009 om 6 : 28

    Eerste.

  • 2. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 6 : 30

    Eerste!!!

  • 3. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 6 : 30

    Heinrich Hein

  • 4. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 6 : 31

    DÊMMIT!!!!!!! TWEEDE😕

  • 5. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 6 : 32

    Lo Olga

  • 6. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 6 : 33

    Nou moet ekki post gat lees

  • 7. Olga  |  April 28, 2009 om 6 : 33

    heinrich heine

  • 8. Olga  |  April 28, 2009 om 6 : 34

    Opera is vanaand vol jem. elo wk. hoe gaan dit?

  • 9. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 6 : 36

    Eish! My kop staan stil. Sal later lees😯

  • 10. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 6 : 39

    Dit ga gud danki Olga. Eks net hond moeg….. Wonner hkm

  • 11. Olga  |  April 28, 2009 om 6 : 41

    Ek glo nie ek ken mense wat glad nie kan lees of skryf nie. in elk geval nie wit mense nie. daar was al swarte of 4 wie dit nie kon doen nie. dit is werklij tragies.

  • 12. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 6 : 41

    Amper sluk ek jou in

  • 13. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 6 : 41

    *GAAP*GAAP*GAAP*

  • 14. Olga  |  April 28, 2009 om 6 : 42

    dalk het jy hond griep.

  • 15. Adrie  |  April 28, 2009 om 6 : 43

    Dink julle nie dit is van beste gevleuelde woorde nog nie? Kon netsowel 1 van die 10 gebooie gewees het.

  • 16. Olga  |  April 28, 2009 om 6 : 43

    Of dis al die proeflopies by die xshop wat jou so uitput. of

  • 17. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 6 : 44

    Dis van nie slaapi

  • 18. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 6 : 45

    Ek sal more eers lees

  • 19. Olga  |  April 28, 2009 om 6 : 46

    Dit is nogal. ek pes dit as mense varkore in n boek vou om plek te hou. of n merkie met n pen maak om plek te wys. erger nog n sin onderstreep om te bespreek. gedagte in n boek se kantlyn skryf. bladsye uit n boek skeur.

  • 20. Olga  |  April 28, 2009 om 6 : 47

    Hoekom slaap jy nie wk? pla die merchandise in die xshop jou?

  • 21. Olga  |  April 28, 2009 om 6 : 50

    Probeer die dr in pop se valley. hy is goed. tilla het hom ook aanbeveel, dink ek.

  • 22. Adrie  |  April 28, 2009 om 6 : 50

    Sy toets dit seker snags ook.

  • 23. Olga  |  April 28, 2009 om 6 : 53

    Eisj. dis dalk oor die rede dat sy n pediatriese neuroloog soek dat sy nie snags kan slaap nie.

  • 24. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 6 : 59

    Olga

    slat jy die spyker oppi kop

  • 25. Adrie  |  April 28, 2009 om 7 : 03

    Ek sal wel n deel in n boek onderstreep wat vir my goed gestel is. Die waarde van n boek is nie wat daarin is nie, wat jy daar uithaal.

    Ek het n hekel daaraan dat net Wikkelspies as aanhaalbaar beskou word. Ek sal graag wil sien hoe mense SA skrywers se werk aanhaal, as hulle woorde moet leen. Dit moet wel iewers begin.

  • 26. Adrie  |  April 28, 2009 om 7 : 05

    Jy het ons nog nie hoekom jy n neurologiese pediater soek nie.

  • 27. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 7 : 07

    Ek soek ‘n 2de opinie

  • 28. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 7 : 12

    GAAAAAAAAAAP

  • 29. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 7 : 13

    Tenminste kan ek al my goeie movies oor en oor kyk

  • 30. WILLE KJINDQ  |  April 28, 2009 om 8 : 20

    Kjinners is kla gebad en gepoeier. Ma gat nou inni bad klim en die boek kla lees wat sy verlede jaar al begin het:mrgreen:

  • 31. Klip  |  April 28, 2009 om 8 : 26

    Gatiep gaan Bungie.

    Nadat hy gespring het, hang hy daartussen hemel en aarde, maar hy skree blou
    moord!

    Sy pel skree: “Gatiep, wat’s fout? Loep al djou bloed na jou kop toe?”

    Gatiep skree: “Nei man. Al die k@k loep teen my rug af!”

  • 32. Klip  |  April 28, 2009 om 8 : 26

    Goeie naand almal

  • 33. Coyote  |  April 28, 2009 om 10 : 03

    Hi almal hoop dit gaan goed met almal ek het n lang naweek nodig

  • 34. Wheelbarrow Jack  |  April 28, 2009 om 10 : 37

    Hello almal. Boeke is kleinode wat wel bewaar kan word vir die nageslag. Wille kind, ek dink jy sal die neuroloog se bevinding meer akkuraat as jou eie opinie vind. Sterkte in elk geval.

  • 35. WILLE KJINDQ  |  April 29, 2009 om 5 : 24

    Witbaas Jack

    Ek sal dit verkies as jy van alle mense nie met my praat oor my persoonlike dinge nie. As jy in my skoene gestaan het sou jy presies dieselle gedoen het.

  • 36. Klip  |  April 29, 2009 om 6 : 13

    More al julle laat slapers

  • 37. Adrie  |  April 29, 2009 om 6 : 53

    More. Dit is koud!

  • 38. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 8 : 16

    More more

    Willes

    Dr Lippert is die beste – hy is in Unitas hospitaal – die ou wat hom hier gebruik sê hy doen allerhande toetse en van daar af verwys hy jou na die beste toe in watter veld ookal – jy kan maar net Unitas bel om sy nommer te kry – hy is blykbaar net baie besig.

  • 39. Beeld  |  April 29, 2009 om 8 : 20

    Hilda Fourie

    ’n Agt weke oue babaseuntjie van Centu?rion wie se ouers van sy moord aangekla word, het beserings oor sy hele lyf gehad – van sy voorkop, neus, bolip, bors, knieë, maermerries, gewrigte en voorarms tot by sy voete en voetsole.

    Die seuntjie het beserings opgedoen wat “versoenbaar is met verskeie opsetlike voorvalle van trauma”, lui ’n voorlopige nadoodse ondersoekverslag wat tydens sy ouers se borgtogaansoek in die Pretoriase landdroshof ingehandig is.

    Mediese ingryping kon van die beserings veroorsaak het. Die veelvuldigheid en verspreiding van die beserings wys egter van hulle kon op ’n opsetlike manier veroorsaak gewees het, lui die verslag.

    Baba Wade se pa, mnr. Nolan Baron Schoeman (29) van Valhalla, is gister op borgtog van R3 000 vrygelaat en onder huisarres geplaas.

    Die ma, me. Marissa Johanna Rudman (33), is op eie verantwoordelikheid vrygelaat.

    Schoeman en Rudman is sowat drie weke gelede by die Steve Biko- akademiese hospitaal in hegtenis geneem. Wade is kort tevore weens bloeding op die brein dood.

    Albei Wade se ouers het aangedui hulle gaan skuld ontken.

    Schoeman het in ’n verklaring gesê Rudman het op 25 Maart agtergekom Wade is siek.

    Hy het gehoes en opgegooi en sy neus was toe.

    Wade is die volgende dag na die Pretoria-Wes-hospitaal geneem waar eers longontsteking en toe sinusitis by hom gediag-noseer is. “Die verpleegpersoneel het ’n drup in Wade se kop ingesit. Hulle moes Wade vashou omdat hy gestoei het,” lui die verklaring.

    Wade is die volgende dag ontslaan. “Ek het opgemerk hy het snye aan sy voete,” het Schoeman gesê. “My lewensmaat het gesê dit was weens ’n naamplaatjie wat op hom gesit is en omdat hy baie gestoei en geskop het. Sy toestand het agteruitgegaan.

    “Voordat ons hom na die Steve Biko- akademiese hospitaal geneem het, het ons opgemerk hy begin bloei waar die drup in sy kop was.

    “By die hospitaal is ons ingelig hy het bloeding op die brein.”

    Toe Schoeman en Rudman op 7 April by die hospitaal kom, is hulle van Wade se dood ingelig.

    Luidens die nadoodse ondersoekverslag was Wade se beserings nie almal ewe oud nie. Sy kopbesering is “relatief vars”, terwyl die ribfrakture ouer was.

    “Dit is onwaarskynlik dat die ribfrakture deur ’n enkele voorval van seerkry veroorsaak is, maar eerder deur verskeie voorvalle.”

    Schoeman en Rudman moet op 23 Junie weer in die hof verskyn.

  • 40. Beeld  |  April 29, 2009 om 8 : 22

    Ou vrou, vandag maak ek jou dood!”

    Só het ’n verkragter (19) glo ’n Magaliesburgse vrou (80) toegesnou terwyl hy homself langs haar bed in haar plaashuis in Seekoeihoek tuisgemaak het met ’n nylontou, ’n hamer en ’n mes.

    Insp. Rupert van Zyl, ondersoekbeampte, het gister voor landdros Keith Page in die Krugersdorpse streekhof ter strafverswaring getuig hoe Alfred Lubelo, die verkragter, sy slagoffer op 14 Januarie met ’n hamer en ’n graaf geslaan en met ’n elektriese koord probeer wurg het.

    Lubelo het verlede maand skuld beken op aanklagte van huisbraak en roof met verswarende omstandighede en drie aanklagte van verkragting.

    Die vrou het ’n boek gelees in die bed toe sy in die plaashuis, waar sy alleen woon, oorval is.

    Toe sy Lubelo gewaar, het hy haar met die dood gedreig en kru taal gebruik om aan te dui dat hy seks met haar wou hê.

    Lubelo het haar een been en arm aan die bed vasgemaak voordat hy haar slaapbroekie met ’n mes oopgesny het. Hy het homself aan die vrou ontbloot en haar toe verkrag.

    Sy het haarself later losgesny met van die messe en skêre wat in die vertrek rondgegooi is toe sy Lubelo kombuis toe gestuur het om vir haar water te gaan haal. Sy het haarself in haar naaldwerkkamer gaan toesluit, het Van Zyl getuig.

    “Hy (Lubelo) het vreeslik kwaad geraak en die deur met ’n hamer stukkend geslaan,” het die polisieman vertel.

    Die vrou is teruggesleep na die slaapkamer en handeviervoet op die grond gedwing voordat sy ’n tweede keer verkrag is.

    Lubelo het haar selfoon en juweliersware gebuit voordat hy probeer het om met haar voertuig te vlug.

    Die voertuig kon egter nie ry nie omdat Lubelo die immobiliseerder uitgeruk het.

    ’n Elektriese koord is ook in ’n stadium om haar nek gedraai om haar te wurg.

    “Sy het haar vingers tussen die elektriese koord en haar nek ingekry om te keer dat hy haar wurg. Dis nadat hy haar met ’n graaf ook geslaan het,” het die inspekteur getuig.

    Dit is nie uit sy getuienis duidelik presies wanneer die vrou die derde keer verkrag is nie.

    Speurders van die Magaliesburg-polisiekantoor het Lubelo enkele dae ná die grusame aanval in ’n straat in Krugersdorp-Wes gekry nadat hy van ’n gesigsamestellingskets uitgeken is.

    Die saak is tot 28 Mei uitgestel vir die aanhoor van verdere getuienis met die oog op vonnisoplegging.

  • 41. Beeld  |  April 29, 2009 om 8 : 25

    Gloria Edwards
    Die polisie van Nigel is op soek na ’n eenjarige meisietjie wat glo in Boksburg verdwyn het.

    Klein Britney van Zyl se grootouers, Johan (48) en Rina Coetzee (50), is rylopers wat haar glo saam met hulle geneem het voordat sy verdwyn het.

    Die Coetzees het in Maart vir Beeld vertel dat hulle saam met hul dogter, Jolene (15), en dié se baba, Britney, die land rond ryloop.

    Hulle het onder meer beweer hulle is deur verskeie sorgsentrums vir haweloses uitgebuit waar hulle kos en skuiling gaan soek het. Hulle beweer hulle het alles verloor nadat Coetzee sy werk verloor het.

    Dit het egter hierna bekend geword dat die Coetzees die land vol ryloop en bedel en glo self sentrums uitbuit.

    Die Coetzees is hierna deur die Mooihawens-sorgsentrum in Vanderbijlpark ingeneem, maar hulle is twee weke later daar weg met die kinders.

    Volgens Monica Combrinck van Mooihawens het die Coetzees geweier om te help skoonmaak en net verdwyn.

    Insp. Sindy van Zyl, Nigel-polisiewoordvoerder, sê Jolene het intussen na dié kantoor gekom en blyplek gevra omdat sy nie meer saam met haar ma en pa wil rondtrek nie.

    “Sy wou Britney, wat nog by haar ouers was, by haar hê. Ons het haar in Mary Moodley, ’n plek van veiligheid in Benoni, geplaas. Ons het die Coetzees op 3 April by die Impala Park-dam in Boksburg opgespoor, maar Britney was nie by hulle nie,” het Van Zyl gesê.

    Die Coetzees het toe vir die polisie gesê hulle het met Britney op ’n hoofweg daar naby gaan bedel toe iemand in ’n swart motor glo stilgehou en gevra het of sy Britney kan gaan bad, waarna sy teruggebring sou word.

    “Die Coetzees beweer dié vrou het Britney nooit teruggebring nie. Ons vermoed egter dat dit nie die waarheid kan wees nie omdat die Coetzees al voorheen vir ons gejok het. Niemand weet waar Britney nou is nie,” het Van Zyl gesê.

    Die Coetzees kon nie oor hul selfone bereik word nie. “Hulle antwoord nie en is nie meer by die dam in Boksburg nie.”

    ’n Vermiste-persoon-saak is by die Nigel-polisiekantoor aanhangig gemaak. Enigiemand met inligting of wat Britney iewers gewaar, moet Van Zyl by 083 667 5140 bel.

  • 42. Beeld  |  April 29, 2009 om 8 : 30

    Leon Botha

    ’N Kleuterskool in die weste van Pretoria het nog nooit die luukse van krag gehad nie, maar nou het die water ook opgedroog.

    Die Thando Westfort Community Crèche, ’n kleuterskool by die eertydse melaatsehospitaal, se opgegaarde drinkwater is vandag klaar nadat die boorgatpomp verlede week gesteel is.

    Die skool sien daagliks om na tussen 50 tot 60 kleuters, vertel me. Marlie van Vuuren, administrateur van die kleuterskool.

    Dis kinders van die tussen 2 500 en 3 000 mense wat daar woon. “Ons wys geen kinders weg nie.”

    Die ouers kan nie skoolgeld bekostig nie. Daar is vier onderwyseresse en twee helpers wat sonder vergoeding werk, sê Van Vuuren.

    “Westfort se boorgatpomp is laas week gesteel. Ons het weekliks water opgegaar in ons 2 500 F-watertenk by die kleuterskool, maar die water is môre (vandag) klaar. Selfs ons kerk is weggery. Mense stop hier met lorries en het die kerk steen vir steen weggery – nog net een kantmuur staan.”

    Die skool het verlede jaar ’n gesondheidsertifikaat van die owerhede gekry. Einde verlede jaar het hulle aansoek gedoen om by die Tshwane-metroraad te registreer, maar nog niks gehoor nie, sê Van Vuuren.

    “Om die waarheid te sê, ons het toe ook by hulle probeer toestemming kry om hierdie ou galerysaal vir die kleuterskool te gebruik en het ook nog niks gehoor nie. Maar intussen moet ons aangaan.”

    Die naaste ander kleuterskole is in Danville of Lotus Gardens, maar die ouers het nie vervoer nie en moet loop.

    “Die kinders is ons toekoms oor 20 jaar. As ons nie nou in hulle belê terwyl hulle soos sponsies alles absorbeer nie, is dit ons wat eendag gaan besef ons het die geleentheid gemis.

    “Die raad het belowe hulle sal vir ons vandag (gister) water bring, maar hier is nog niemand nie. Ons het nie eens spoeltoilette nie, ons gebruik nog ’n emmerstelsel waarvoor jy ook water nodig het. Maar die emmers pla nie so erg nie. Die water is nodig vir koskook, skoonmaak en drinkwater.”

    Mnr. Absalom Ditshoke, Tshwane-burgemeesterskomiteelid vir behuising, het in November tydens ’n besoek aan Westfort gesê die waternood sou onmiddellik aandag kry.

    Ditshoke was gister nie beskikbaar vir navrae nie.

  • 43. Adrie  |  April 29, 2009 om 8 : 34

    Ek wil ook ‘n beer wees . . .

  • 44. Olga  |  April 29, 2009 om 8 : 38

    More, more.

  • 45. Adrie  |  April 29, 2009 om 8 : 43

    More Olga

    As ek jy is, bly ek die hele oggend in die bed.

  • 46. Olga  |  April 29, 2009 om 8 : 46

    verdomde perv. ek hoop hulle gee hom vir wk. aan die anderkant waar was die tannie se familie dat sy op 80 jarige leeftyd ALLEEN in n plaashuis gewoon het.

  • 47. Olga  |  April 29, 2009 om 8 : 48

    Ek wens ek kon heeldag in die bed bly. maar bessie kreun en sug al vir n vale.

  • 48. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 8 : 48

    Ek wil ook ‘n beer wees

  • 49. Adrie  |  April 29, 2009 om 8 : 51

    Olga

    Jy weet hoe hardkoppig van die ou mense kan wees.

    Aan die anderkant, as sy nog op 80 onafhanklik kan leef, why not? Dit is haar plaashuis waar sy die volste reg het om te maak wat sy wil. In vrede.

  • 50. Adrie  |  April 29, 2009 om 8 : 56

    Olga

    Leer die brak om self die deur oop en toe te maak.

  • 51. Olga  |  April 29, 2009 om 8 : 58

    Dit is seker so ne. maar wragtig, alleen? daar is mos aftree oorde waar sy ook onafhanklik kon verkeer. dari koppigheid is wat maak dat ek nie met oumense oor die weg kom nie. ek sal wragtig oom daantjie gebruik.

  • 52. Olga  |  April 29, 2009 om 9 : 00

    Sy staan my nou verwytend en aankyk. mens sou dink ek slaap op haar kbers.

  • 53. Adrie  |  April 29, 2009 om 9 : 04

    Olga

    Gaan slaap op haar kombers. Lyk my sy soek jou bed.

  • 54. Nats  |  April 29, 2009 om 9 : 10

    Goeie more julle!!!

    Ek ken ook iemand wat disleksie is… dis baie bad! Hy sukkel met nommer en soms om sy eie van te spel!

    Ek stem lees is soos 2de natuur, en weird om te dink da is mense wat nie kan lees of skryf nie.

  • 55. Nats  |  April 29, 2009 om 9 : 13

    Ai tog, vanoggend 3am kom daar ‘n oproep deur hulle het by manlief se ouers se huis probeer in breek… gelukkig was hulle nie by die huis nie!!!

  • 56. Adrie  |  April 29, 2009 om 9 : 29

    Nats

    Dit is snaaks, meeste mense met disleksie het geen probleem met nommers nie.

    Disleksie kan ‘n rede wees hoekom mense dalk sukkel. Maar om bloot nie kan skryf of lees omdat jy nooit geleer is hoe nie? Dit is erg.

  • 57. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 9 : 31

    Baie mense wat disleksies is is uiters intelligent

  • 58. Nats  |  April 29, 2009 om 9 : 49

    Adrie
    Nope, hy ruil snaaks genoeg nommers ook om. Hulle spot hom altyd dat hy nie sy eie van kan spel nie, sy van is drie letters lank!🙂 maar hy vat dit darem as ‘n joke – weet mos maar hoe mans kan wees.

  • 59. Olga  |  April 29, 2009 om 10 : 03

    Jy het dit tilla. mense kan woord of syferdisleksies is. maar net in uiters skaars gevalle is hulle al2 saam. jy is so reg tillaki, disleksiese mense is altyd uiters intelligent. almal wat sukkel om te lees en skryf is egter NIE disleksies nie.

  • 60. Wille Kjind Q  |  April 29, 2009 om 10 : 09

    Miskien moet ek vloek om die comments deur te kry

    #$%@ $$% $%@#^ $#%^ $## @#%#$#$!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 61. Wille Kjind Q  |  April 29, 2009 om 10 : 11

    Uitfreakineindelik!!!

    @ *M*

    Ek het daai dok gebel en is op ‘n waglys. Vroegste wat hulle my kan help is OKTOBER👿

  • 62. Wille Kjind Q  |  April 29, 2009 om 10 : 13

    Ek tjank somme!!!!

  • 63. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 10 : 18

    Die ou wat vir my gesê het van hom het gesê jy gaan ten minste 6 maande wag om in te kom by hom. Maar hy sê dis oor en oor die moeite (en die geld) werd, hy sê jy betaal so iets soos R850 vir ‘n afspraak

  • 64. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 10 : 19

    Olga

    Dit klink of jy my boet se kinders ken

  • 65. Adrie  |  April 29, 2009 om 10 : 44

    Iemand my gemis?

  • 66. Adrie  |  April 29, 2009 om 10 : 44

    Wat help ‘n dokter met ‘n 6 maande waglys jou as jy ‘n noodgeval het?

  • 67. Wille Kjind Q  |  April 29, 2009 om 11 : 00

    @ My 3ling

    Wil ek ok weet!!!

    @ *M*

    Daai Smuts vroumens het my R600 gecharge en nie eens ‘n scan of ‘n ding gedoen nie :shcok:

  • 68. Wille Kjind Q  |  April 29, 2009 om 11 : 03

    Bedoel😯

  • 69. Adrie  |  April 29, 2009 om 11 : 04

    Willes

    Hy gaan jou R850 vra NET vir 15 minute van sy tyd.

  • 70. Wille Kjind Q  |  April 29, 2009 om 11 : 06

    So!?

  • 71. Adrie  |  April 29, 2009 om 11 : 10

    R3400 ‘n uur.

    Ek soek ook ‘n pediater, asseblief. Daar is voorwaardes. Dit moet ‘n hy wees, nie ouer as 35 nie en nie suinig nie. O ja, hy moet nie getroud wees nie, ek deel nie.

  • 72. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 11 : 21

    Volgens die ou is hy baie deeglik – luister na die probleem en doen dan al die toetse en scans wat hy dink nodig is – hy het tot vir die ou afskrifte gegee uit sy boek uit van wat hy dink die probleem is sodat hy dit op sy tyd kan gaan deurlees

  • 73. Wille Kjind Q  |  April 29, 2009 om 11 : 28

    @ *M*

    Vir R850 soek ek ‘n broodjie en coke ook by!

  • 74. Adrie  |  April 29, 2009 om 11 : 34

    Skandalig dat ‘n mens dokters kry wat nie deeglik is nie.

    O ja,😉 die pediater wat ek soek hoef nie deeglik te wees nie. Hy kan maar ‘n ander tipe spesialis ook maar wees.

  • 75. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 11 : 34

    Jy gaan so lank daar sit jy behoort aandete ook te kry

  • 76. Olga  |  April 29, 2009 om 11 : 52

    Wk, i dr met n 6 maande waglys se vir my net 1 ding. kry iemand anders. hy is n mode item. kry n dr wat gaan se nou praat jy sommer snert. nie ene wat die regte geluide maak nie. ek kan jou hare laat regop staan met stories oor die REGTE dr. so besluit jy maar self. wil jy jou kind help of wil jy op die REGTE dr re waglys wees ten koste van jou kind. die ene wat ek genoem het is goed. en word gerespekteur vir sy deeglikheid en eerlikheid.

  • 77. Adrie  |  April 29, 2009 om 11 : 53

    GRRRRR

  • 78. Olga  |  April 29, 2009 om 11 : 55

    Ag, ek het mie die dr in vraag bedoel met die regte dr hierbo nie. ek weet niks van hom nie. ek het na n mode bykomstigheid dr as die REGTE dr verwys.

  • 79. Nats  |  April 29, 2009 om 11 : 55

    Ek neem aan die ou wat ek ken is woord en syfer disleksies… ek kan verkeerd wees, ek het hom nog nooit so gevra nie.

    Adrie
    Jy sal daai pediater klink my nou al moet bespreek vir ‘n “date” en dan sommer sodra jy hom sien bespreek vir julle troudag want lyk my dit kan nogal ‘n storie en ‘n half wees!😉

  • 80. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 11 : 56

    Olga

    Wie was die dokter wat jy genoem het ? Dr Kok is uitstekend en hy het vir hierdie ou gesê as Lippert hom nie kon help nie gaan niemand in ons land hom kan help nie, hy is die beste. En ek het baie respek vir Dr Kok.

  • 81. Adrie  |  April 29, 2009 om 11 : 57

    Het julle geweet ons privaat gesondheidsdiens is van die beste in die we^reld? Definitief in die Top 10 en heelwat hoEr as Amerika.

  • 82. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 11 : 59

    Die ou sê die dokter het sy seuntjie persoonlik self gevat vir al die toetse, hy kan nie loop nie, die dr het hom gedra – so dis ‘n baie persoonlike benadering wat vir my in sy guns tel.

  • 83. Adrie  |  April 29, 2009 om 12 : 01

    Nats

    Gelukkig werk hulle nie Saterdae nie. Ek wil nie gaan wittebrood hou saam met hom nie. Teen R3400 per uur beter hy gaan werk. Netnou kom ons nooit uit as hy ‘n week of langer vakansie gaan hou nie.

    Ek betaal hom wragtig nie vir die date of troue nie. Ek wil hom help om te spend, nie ryk maak nie.

  • 84. Adrie  |  April 29, 2009 om 12 : 02

    Julle moet maar solank begin afskeid neem van die goeie dokters in SA. Hulle sterf uit. Die nuwe dokters kry ‘n minderwaardige opleiding sodat hulle nerens elders in die wereld welkom is nie en dus in SA moet bly.

  • 85. Olga  |  April 29, 2009 om 12 : 03

    Tillaki, ek het van my eie seuns gepraat. mens moet hulle net aanmoedig om te lees. my noolste nolie spel soos sy gat maar kan enhge iets lees. hy het immers matriek geslaag. en my bad boy lees baie beter as wat hy dink. dit was n feeks van n onnie wat sy selfvertroue om te lees geroof het. ek het die bitch maandag in my hometown gesien. en gewens hy kon haar sien. sy is nou n patetiese ou vrou. en opgeblaas. dit is n seker teken van n nimble elboog. en sy is jonger as ek.

  • 86. Adrie  |  April 29, 2009 om 12 : 07

    Olga

    EK het nou die dag iewers gelees dat mense wat disleksies is makliker teen ‘n donkerder agtergrond lees.

  • 87. Olga  |  April 29, 2009 om 12 : 12

    Ja, so het ek al agtergekom. hy lees dikwels vir my uit die speed and sound. het gesien as dit witskrif op n swart bladsy is, lees hy goed. maar ek het ook agter gekom sy lees probleem op die stadium is meer hyself. hy lees asof hy wag vir kritiek wat hy nie uit my sal kry nie.

  • 88. Olga  |  April 29, 2009 om 12 : 14

    Wat ek seker meen, is dat hy aarselend lees. hy hou nie plek met sy vinger nie. ten minste lees hy die speed and sound en fhm cover 2 cover.

  • 89. Adrie  |  April 29, 2009 om 12 : 18

    Dit bly vir my erg dat daar mense is wat bloot net nooit geleer is om om te lees en skryf nie. Nie as gevolg van ‘n toestand of iets nie, net nie geleer lees nie.

  • 90. Adrie  |  April 29, 2009 om 12 : 19

    Daar is byvoorbeeld vandag nog plekke in Indie waar dit as mors beskou word om hulle dogter te leer lees, skryf of enigsins skool toe te stuur.

    Hulle dink net dat sy dit nooit weer gaan nodig kry nie.

  • 91. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 12 : 25

    Kinders leer baie makliker as hulle goed kan lees

  • 92. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 12 : 33

    Olga

    My boetie se kinders skryf erger as ‘n krap (selfs die meisiekind) en as jy met hulle praat daaroor dan sê hulle net vir jou ‘ek is soos my pa – on kan nie mooi skryf nie) – nou kyk – dan het ek dit klaar verloor ! Mens probeer ten minste

  • 93. Adrie  |  April 29, 2009 om 12 : 34

    Die lewe is ‘n lied as jy goed kan lees.

    Ek kan natuurlik glad nie hard op lees nie.

  • 94. Adrie  |  April 29, 2009 om 12 : 39

    Ek is vandag wragtig nie die skerpste potlood nie.

  • 95. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 12 : 46

    Ek is ‘n skerp potlood vandag maar nie ‘n gewillige een nie !

  • 96. Adrie  |  April 29, 2009 om 12 : 48

    Ek is ‘n vaak potlood.

  • 97. Adrie  |  April 29, 2009 om 12 : 49

    Met nie een goeie idee nie.

  • 98. Pikkelik  |  April 29, 2009 om 12 : 57

    Haai shame, dit is vir my haas ondenkbaar dat ‘n grootmens nie kan lees nie. Ek leer dan nou-al vir Ouboet lees… As mens kan lees kan jy leef… Dis eintlik so tragies!

  • 99. Adrie  |  April 29, 2009 om 12 : 59

    What next?

    ‘n Paintball gun word kastig nou al vir selfverdediging verkoop.

  • 100. Adrie  |  April 29, 2009 om 1 : 00

    Hi Pikkie

    Wanneer gaan Ouboet skool toe?

  • 101. Nats  |  April 29, 2009 om 1 : 00

    Adrie
    Ek is ‘n pen, dan hoef ek nie skerp te wees nie – en jy kan my ook nie uitvee nie!

  • 102. Adrie  |  April 29, 2009 om 1 : 01

    Tweeling

    Jy het ‘n punt beet, maar ek het meer van jou beer punt gehou.

  • 103. Pikkelik  |  April 29, 2009 om 1 : 01

    Adrie – 2011

  • 104. Adrie  |  April 29, 2009 om 1 : 05

    Pikkie

    Ek wil nou nie slim klink nie, maar jy weet die meeste opvoedkundiges raai dit af dat ouers hulle kinders leer lees? Ek weet nie juis wat die skade daarmee is nie. 😉 Ek kon voor skool lees.

  • 105. Adrie  |  April 29, 2009 om 1 : 05

    Die Dieretuin het ‘n baba kangaroe. Ek wil hom met die hand gaan groet.

  • 106. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 1 : 07

    Kloon

    Regtig ? Ek het dit nie geweet nie

  • 107. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 1 : 07

    Wat is jou kamera se specs nou weer ?

  • 108. Pikkelik  |  April 29, 2009 om 1 : 08

    Adrie, die probleem is dat hulle NIE die kinders in die skool meer leer klank nie!!! Hulle moet nou net die woorde ‘herken’ – help my!!! Dis dom, onnosel as jy my vra… Ek leer hom nou net stadig op SY pas soos hy lus het klank!

  • 109. Adrie  |  April 29, 2009 om 1 : 09

    Die klein snotkop steek nog sy gesig weg. Dus het ek nog redelik tyd.

  • 110. Pikkelik  |  April 29, 2009 om 1 : 11

    Mag ek ook maar sê, sonder om aanstoot te gee en met baaie liefde en respek aan opvoeders….. Hulle praat snert…. elke mens ontwikkel op sy eie pas op sy eie manier… My seun is mal oor ‘lees’… Die ding is net ek is die een wat heeltyd moet lees sodat sy lus bevredig kan word en dan moet ek nog heeltyd vir hom sê watter klank is daardie en watter woord is hierdie en so vat ‘n paragraaf ons amper ‘n uur om te lees… En hy herken al laaaaankal baie van die letters sonder dat ek dit vir hom moes leer.

  • 111. Nats  |  April 29, 2009 om 1 : 11

    Tweeling
    Was jy al deur ‘n paintball getref? Ek praat nou van as die gas lekker gestel word?

    My sus het terug gekom met vreeslike blou plekke!! Jy kan iemand skiet tot hy bloei – het dit al gesien! Net jammer jou huis gaan nooit weer dieselfde wees nie, daai verf kom nie sommer af nie!

  • 112. Girl van die Suburbs  |  April 29, 2009 om 1 : 15

    Weet jy Pikkie, ek is nou nie ‘n ma nie maar ek stem nogals met jou saam. Ek dink egter net dat vanag se cirriculum dit moeilik maak vir die kinders om op hulle eie pas te leer. Ons het ‘n era groot geword wat dit bevorder en aangemoedig het.

  • 113. Pikkelik  |  April 29, 2009 om 1 : 21

    Girl v d Sub – Jip, die probleem is vandag se curriculum is ‘n bol nonsies wat gerus bietjie nagegaan moet word. Ek hoor nou hulle dink daaraan om die Switserse curriculum te implimenteer…. O help my, wat was fout met ons manier van leer….

  • 114. Adrie  |  April 29, 2009 om 1 : 24

    Tilla

    18 keer optical Zoom en 8 megapixals

    Pik

    Dit is nogal ‘n probleem. Jy het ‘n goeie punt beet. Skole is deesdae regtig ‘n klug.

  • 115. Pikkelik  |  April 29, 2009 om 1 : 25

    Ek gaan nou net eers die kids by die een kleuterskool haal en by die ander een gaan aflaai!

  • 116. Adrie  |  April 29, 2009 om 1 : 27

    Nats

    Ek was al stukkend geskiet met ‘n paintball gun. Ek weet dit is seer. Maar nie seer genoeg vir selfverdediging nie.

    Pikkie

    Die ander kant is dat die kind verveeld is met skool. Ek praat daar van ervaring. Jy weet amper meer as die juffrou en dit frustreer haar seker.

  • 117. Girl van die Suburbs  |  April 29, 2009 om 1 : 28

    Ek dink nie daar was iets fout met hoe ons geleer is nie. Glad nie. Ek dink ons politieke sirkus het gemaak dat alles verander, skoolgaan is een van daai.

  • 118. Adrie  |  April 29, 2009 om 1 : 29

    Pik

    Bring asseblief vir ons kos saam.

  • 119. Nats  |  April 29, 2009 om 1 : 31

    Adrie
    Ek sal dink dit kan dien as bietjie selfverdediging, maar jy is reg mens het die regte ding nodig!🙂

    Toodles Pikkie sien weer later!

    Welkom Girl van die Suburbs!!

  • 120. Adrie  |  April 29, 2009 om 1 : 31

    Girlie

    Nee, vir die meerderheid van ons was dit nie verkeerd hoe ons geleer is nie.

    Die wat leerprobleme ondervind of wat bo gemiddeld intelligent is, kan wel beter voor gecater word.

  • 121. Adrie  |  April 29, 2009 om 1 : 33

    Nats

    Selfverdediging as jy kleinserig is.

    Natuurlik baie gevaarlik wanneer jy iemand in die gesig daarmee skiet. Dan is die goeie selfverdediging.

  • 122. Girl van die Suburbs  |  April 29, 2009 om 1 : 56

    Hello Nats. Dankie🙂

    Ek het nou lekker innelike pret om te dink aan die meisies wat paintball speel….. Siende dat ons nou anders dink as mans, wonder ek of ons taktiek ook verskil?

  • 123. Adrie  |  April 29, 2009 om 2 : 07

    Daar is girls wat menige man met paintball kan ore aansit. Ek was al verstom gewees.

  • 124. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 2 : 08

    Ek het nog nooit paintball gespeel nie

  • 125. Adrie  |  April 29, 2009 om 2 : 12

    Tilla

    Jy mis nogal. Dalk moet ons dit vir die volgende blogjol doen. Dit is effe aan die duur kant, maar deur en deur die geld (en blou kolle) werd.

  • 126. *Mathilda*  |  April 29, 2009 om 2 : 14

    Ek word so maklik blou – niemand kan my mishandel nie – ek hou evidence vir baie lank

  • 127. Adrie  |  April 29, 2009 om 2 : 16

    Tilla

    Girls het nog ‘n groot voordeel bo die mans. Hulle kry beskerming voorlangs vir die boobs.

  • 128. Wille Kjind Q  |  April 29, 2009 om 3 : 52

    GGGRRR!!!!!!!!!!

  • 129. Adrie  |  April 29, 2009 om 3 : 55

    Hier is lewe!!!!

  • 130. Adrie  |  April 29, 2009 om 3 : 56

    Al grom dit.

  • 131. Nats  |  April 29, 2009 om 4 : 32

    Hiers ek weer hiers ek weer met my staaaaarige internet voor jou deur!!!!!

    Miss me?

  • 132. Adrie  |  April 29, 2009 om 4 : 40

    Baie

  • 133. Nats  |  April 29, 2009 om 4 : 40

    ♪♪♪♪
    Nobody likes me
    Everybody hates me
    I am going to eat some worms
    ♪♪♪♪♪

    or not!

    HEEEELLLOOOOO!!!!

  • 134. Adrie  |  April 29, 2009 om 4 : 41

    EEEUUUUUWWWW

    Tweeling,

    De!! Vat. Tjoklits.

  • 135. Adrie  |  April 29, 2009 om 4 : 42

    HALLLLLLOOOOOOOOOOOOOOOO

  • 136. Nats  |  April 29, 2009 om 4 : 59

    GRRRRRR!!!!!

    Elke keer wat ek ‘n comment los gooi die internet my af!!!!

    Laat ek ry… cheerio julle sien julle more!!

  • 137. Adrie  |  April 29, 2009 om 5 : 08

    Tata

  • 138. Olga  |  April 29, 2009 om 5 : 22

    En weg is almal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: