Henrietta, die lomp seekoei

April 27, 2009 at 7 : 24 206 Kommentaar

In die Ou Testament was daar 10 gebooie.  In die Nuwe Testament is die 10 omskryf sodat daar net 2 gebooie nodig is.  Deesdae is daar net 1 gebod.  Jy sal nie iemand aanstoot gee nie.

Goed, ek weet ek het al hieroor my bek uitgespoel, maar dit bly vir my ‘n raaisel.  Natuurlik is om aanstoot te gee, net om tone te trap nie aanvaarbaar nie.  Tog dink ek dat daar ‘n duidelike lyn getrek moet word.  In ‘n wêreld vol mense van verskillende kulture, agtergronde, waardes, gelowe ens gaan daar van tyd tot tyd iets gebeur wat jou teen die bors stuit.  Of meer spesifiek, jy gaan iets doen wat iemand in die gesig gaan vroetel.  Dit is onvermydelik.  Wat nie noodwendig ‘n slegte ding is nie.

In dieselfde asem word ons dikwels aangemoedig om bo alles altyd eerlik te wees.  Veral teenoor jouself.  Jy moet ook vir jouself en waarin jy glo opstaan.  Mits jy niemand aanstoot gee terwyl jy dit doen nie.  Dit staan vir my in teenpole met mekaar.  As jy ‘n sterk mening omtrent ‘n kontroversiele onderwerp het, gaan jy iemand aanstoot gee.  Die vraag is net wie?

Rapport het berig hou Mejuffrou California gepenaliseer is in die Mej VSA kompetisie oor haar antwoord op gay huwelike.  Perez Hilton het haar mening daaroor gevra.  Sy het eerlik geantwoord wat sy daaroor gevoel het.  Volgens die berig is sy haar kroon daaroor kwyt.  Ek weet nie of dit waar is nie, maar haar antwoord het ‘n bohaai ontlok.  Sy vervreemd glo duisende gay aanhangers.  Ek dink dit is belaglik.  Sy het nie die skouspel gebruik om ‘n standpunt teen gay huwelike te maak nie, sy het net ‘n vraag geantwoord wat aan haar gestel is. 

Dit het my laat dink aan Henrietta die lomp seekoei.  Henrietta het gehou van ballet.  Sy het orals gedans tot die diere se groot ontsteltenis.  Henrietta was groot en het nie goeie balans gehad nie.  Daarom het sy altyd in ander diere vasgedans en hulle beseer.  Daar was net een genade om Henrietta en die diere gelukkig te hou.  Sy moes van daardie dag af onder die water gedans het.  Waar sy soveel as sy wil kon dans, sonder om die ander diere te beseer.

Dus; jou menings en waardes is belangrik.  Hou dit net asseblief tog net vir jouself as dit gaan aanstoot gee.  As jy wel deel aan die wêreld wil neem, word ‘n breinlose pop wat tevrede op ‘n pop kan sit.

Eintlik jok ek.  In jou pogings om nie aanstoot te gee nie, gaan jy veral die meer konserwatiewe mense aanstoot gee.  Wie besluit in elk geval wie mag glad nie aanstoot kry nie?  Daar is mos ook diere in Henrietta se dam.

Blogvraag:  Wie se dood het Perez Hilton op 17 Augustus 2007 aangekondig, met trots om die eerste media te wees om dit te doen, maar dit was foutief?

Blogantwoord:  Willes was reg met Heidi Stern.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

80’s Divas Wegsteek teen alle kostes

206 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  April 28, 2009 om 3 : 16

    Die verteller het my nogal vertel, hy het net 1 k+c gedrink, nes ons almal. ek se mag almal wat net aan drank ruik en dan bestuur ook so n oog oopmaker beleef. die gereg kan buitendien doen wat hulle wil en daarmee wegkom.

  • 2. Adrie  |  April 28, 2009 om 3 : 17

    Olga

    Het jy gelees van die tannie wat gekoring teen 203 km / h gery het?

  • 3. Adrie  |  April 28, 2009 om 3 : 18

    Die gereg moet van naam verander. Dit gaan lankal nie meer oor geregtigheid nie.

  • 4. Olga  |  April 28, 2009 om 3 : 18

    En te veel mynwerkers kom gesuip huistoe. van pelgrims rus af ook.

  • 5. Olga  |  April 28, 2009 om 3 : 20

    Dalk moet hulle dit nou geras maak. ja, ek het gelees van die tante.

  • 6. Adrie  |  April 28, 2009 om 3 : 21

    Boelie is ook nogal ‘n term wat kan werk.

    Dit dien dalk as ‘n afskrik middel.

  • 7. *Mathilda*  |  April 28, 2009 om 3 : 22

    Ja maar as hy hom wen – gaan jy deel ?

  • 8. Adrie  |  April 28, 2009 om 3 : 24

    Olga

    Ek hoor daardie produk wat ek vroer moes verkoop het, werk op die oomblik GLAD nie. Dit is basies gekleurde water.

  • 9. Adrie  |  April 28, 2009 om 3 : 26

    Tilla

    As jy my uitvang dat ek gewen het, dan kan ons maar praat.

  • 10. *Mathilda*  |  April 28, 2009 om 3 : 27

    Dit sou baie beter gewees het as hulle hulle aandag bepaal waar dit nodig is – die taxis en gemors wat so uitmekaar uitval en die wat soos hooligans ry – maar 99% van die tyd kan jy maar kyk – hulle trek die mense wat mooi ry af.

  • 11. Beeld  |  April 28, 2009 om 3 : 31

    Eric de Carlos van Pretoria skryf:

    Ons lewe inderdaad in ’n land van wonderwerke.

    Schabir Shaik en Angus Buchan het albei wonderbaarlik herstel: Shaik om ’n jare lange vonnis vry te spring, en Buchan om sy volgelinge te oortuig dat die Woord nie sonder hom verkondig kan word nie. In albei gevalle is daar miljoene rande betrokke.

    Wat ’n drama! Angus sak ineen en word dan ten hemele opgeneem in ’n “chopper” – na die plaaslike Medi-Clinic en nie na die Groot Aartappelplaas nie. Dadelik word duisende SMS’e deur die koolkoppe gestuur en siedaar! Hy’s gesond!

    Mens kan net bespiegel wat volgende gaan gebeur – gaan Buchan uit die dood opstaan? Gaan hy Zuma se finansiële raadgewer word? Gaan hy aanbied om die res van Shaik se vonnis uit te dien?

    Om met koolkoppe te boer is ’n winsgewende boereverneukery.

  • 12. Adrie  |  April 28, 2009 om 3 : 33

    Wat dink julle daarvan?

  • 13. Nats  |  April 28, 2009 om 3 : 40

    Lo julle!

    My dag is sover rof rof rof… en boonop stuur ek beongeluk vir die verkeerde persoon ‘n grappie posduif wat Zuma sleg sê!!!!! Ek hoop regtig nie sy is ‘n ANC ondersteuner nie!!! Dis een van ons kliente… groot kliente en nou lyk ek lekker stupid!

    Ai tog…

  • 14. Adrie  |  April 28, 2009 om 3 : 44

    OE!!! Tweeling

    Lyk my jy drink vandag op die job.

  • 15. *Mathilda*  |  April 28, 2009 om 3 : 52

    Ek glo nie ‘n woord daarvan nie – geen kliniek of hospitaal sal iemand wat ‘n hartaanval gehad het dadelik weer ontslaan nie, jy sal ten minste oornag bly vir observasie – dit was volgens my maar net vir die drama daarvan

  • 16. Nats  |  April 28, 2009 om 3 : 52

    Nee kyk, ek stuur nie meer sommer jokes rond nie!!!
    My les geleer!

    Ek is sommer lus en drink nou iets… so baie dat ek van die e-pos kan vergeet!!!!!!!

  • 17. *Mathilda*  |  April 28, 2009 om 3 : 53

    Koebaai julle – ek moet nou jaag om al my draaie te kry

  • 18. Adrie  |  April 28, 2009 om 3 : 56

    Tilla

    Niemand weet waar kom die hartaanval gerugte vandaan nie.

  • 19. Adrie  |  April 28, 2009 om 3 : 57

    Tata Kloon.

  • 20. Adrie  |  April 28, 2009 om 3 : 59

    Tweeling

    Ek hoop dat jy my kom help het met die 200 merk.

  • 21. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 00

    *M*
    Met vandag se hospitale is enige iets moontlik! Veral met die Dokters wat so gestaak het en nou sonner werk sit!

    Maar ek stem, alles vir ‘n bietjie drama!!!

  • 22. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 04

    Dit was darem ‘n privaat hospitaal.

  • 23. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 14

    Adrie
    Ek is nogsteeds besig… glo nie ek gaan juis hulp wees met die 200 merk nie!

  • 24. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 18

    Dropper. 😆

  • 25. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 19

    Ok FINE!!

    175

  • 26. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 19

    Tra

  • 27. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 20

    La

  • 28. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 20

    Lal la la la a

  • 29. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 21

    Stumble over mountains!!!

  • 30. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 21

    Wollie Wollie Wipstert.

  • 31. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 22

    Sewe sakke sout

  • 32. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 22

    Dink net, om nou in die Drakensberge te kon wees.

  • 33. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 23

    Wha ha ha a!!!!

    Lekker lag ek nou vir Martin en Reva!

  • 34. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 23

    Die Andez gebergtes of die Alpe sou ook kon doen.

  • 35. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 23

    Lekker koud!!!!

    Brrrrrrrr….

  • 36. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 23

    Hoekom?

  • 37. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 24

    Nee dankie… ek sien nie uit na die winter nie!!!!!!

    Wens ek was ‘n beer… dan het ek nou lekker begin slaap!!!!

  • 38. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 24

    Die blerrie Platklip in die Kaap sou ook kon werk.

  • 39. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 25

    Nats

    Dit is die enigste flaw in my berg plan. Maar jy het iemand om jou warm te hou. Jy mag maar die idee steel.

  • 40. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 26

    Jy het ‘n punt beet.

  • 41. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 27

    ‘n hond was weggewaai deur die wind!

    Kan jy jouself in dink… jy ry of loop nog lekker en die volgende oomblik kom daar ‘n vreeslike wind en ‘n Chihuahua!

    Weird!

  • 42. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 28

    As dit ‘n mooi Chihuahua is, vang ek dit dalk.

  • 43. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 28

    Die berge is baie mooi… die koue is dan seker die moeite werd!

  • 44. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 30

    Nats

    Ek dink aan ‘n snoesige kaggel, ‘n paar bottels rooiwyn ens.

  • 45. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 30

    Adrie
    Nee dankie… so lief as wat ek vir honde is, is ‘n chihuahua ‘n verskoning vir ‘n hond!🙂

  • 46. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 31

    Nats

    Dalk, maar dit tel darem nog as ‘n hond.

  • 47. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 37

    197

  • 48. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 38

    Ek is bly iemand kan tel.

  • 49. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 38

    Ek wou snaaks genoeg nog my hele lewe lank ‘n chihuahua gehad het! Snaaks dat ek van die kleinste hondtjie na een van die grootste honde toe beweeg het!

  • 50. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 39

    Ek het dit al in gr 1 reggekry.

  • 51. E.T  |  April 28, 2009 om 4 : 39

    200!!!!!!!!!!!!!

  • 52. Nats  |  April 28, 2009 om 4 : 40

    Almal behalwe E.T!😉

  • 53. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 40

    Tweeling

    Ek het Sondag twee mooi Irish Terriers gesien.

    Ek hou van miniatuurhondjies, mits dit nie ‘n rot is nie.

  • 54. Adrie  |  April 28, 2009 om 4 : 43

    Whahahahahaha

    Ja, ET moet maar saam met Heksie skool toe gaan.

  • 55. Wille Kjind Q  |  April 28, 2009 om 5 : 20

    Toets

  • […] Seekoei – Sommer maar net… […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: