80’s Divas

April 26, 2009 at 10 : 01 22 Kommentaar

Die 80’s was net goed vir 2 dinge.  Die mense en die musiek wat uit die dekade gekom het.  Die bestes van die bestes.  Natuurlik het die 80’s ook hulle oopse gehad.  Die grootste twee daarvan is die modes en natuurlik Julius Malema.  Wat het egter van die Divas van die era geword?

Goed, ons weet dat veral vroue ‘n beperkte raklewe in die kollig het.  In die 80’s was plastiese chirurgie nog iets waaroor daar gefrons is.   Maar goed bly goed.  Tina Turner en Cher kon die toets van tyd deurstaan.  Altwee van hulle is briljant, maar daar was soveel sterk stemme in die tagtigs, selfs die laat sewentigs en vroeë negentigs.  Het hulle genoeg geld gemaak sodat hulle nooit weer op ‘n verhoog hoef te klim nie?  Of moes hulle kinders begin groot maak?  Het hulle gewildheid net so getaan dat ‘n mens net nie meer van hulle hoor nie?

Waar om te begin?  Daar is soveel vroue wat gerock het, ek is skoon bang ek laat dalk een uit.  Dalk met die een wat ‘n baie goeie verskoning het om nie meer op te tree nie.  Laura Branigan is in 2004 dood na ‘n brein aneurisme.  Sy het vir ons treffers soos Self Control en een van my persoonlike gunstelinge, Gloria na gelaat.

Fame en Flashdance was so-so flieks gewees.  Behalwe natuurlik van die titel snitte, die werk van Irene Cara.  Cara is vandag nog bedrywig saam met haar groep Hot Caramel. 

Nog een van my gunsteling liedjies is Girls just wanna have fun.  Cyndi Lauper toer vandag die wêreld vol om Mense Regte te bevorder.  Lauper is die eerste kunstenaars wat 4 Top 5 liedjies op een album gehad het.  Dit was in die middel tagtigs.  Sy kry seker nie nog tyd om nog ‘n treffer uit te ryg nie. 

Ek moet Boy George se Karma Chameleon noem.  Ek is seker niemand sal ‘n beswaar hê as ek hom as ‘n Diva tel nie.  Allermins hy.  Vandag is bekend vir droogmaak, hy is tans agter tralies.

Joan Jett was seker die bad girl van die tagtigs.  Nie dat sy ‘n snars omgegee het nie, as ‘n mens na haar liedjie Bad Reputation luister nie.  I love Rock and Roll is genoeg om enige iemand ‘n parmantige wip in hulle stap te sit.  Daar word tans aan ‘n fliek oor Joan Jett gewerk en sy gaan glo die jaar haar greatest hits album uitreik.

Amper vergeet ek om Jennifer Rush te noem.  Daar is ook vir die eerste keer in 12 jaar ‘n nuwe album van haar oppad.  Of dit kan kers vashou by Ring of Ice en Power of Love sal tyd ons nog leer.

Ek gaan afsluit met Gloria Hopkins, beter bekend as Bonnie Tyler.  Sy het al in die 70’s begin, maar haar grootste treffers was in die 80’s.  Ek dink aan Total Eclipse of the heart, Straight from the heart en natuurlik Holding out for a Hero.  Sy tree ook nog op. 

Het ek iemand vergeet?  Hoe voel julle oor die dames?

Blogvraag:  Wat is Jennifer Rush se regte naam?

Blogantwoord:  Maxie was reg met Kelly Clarkson.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Verjaarsdae Henrietta, die lomp seekoei

22 Kommentaar Add your own

  • 1. WILLE KJINDQ  |  April 26, 2009 om 10 : 46

    Eerste!!!!!

  • 2. WILLE KJINDQ  |  April 26, 2009 om 10 : 47

    Heidi Stern?

  • 3. WILLE KJINDQ  |  April 26, 2009 om 10 : 48

    Of wassit Heidy met ‘n Y…..

  • 4. maxie  |  April 26, 2009 om 11 : 03

    Dis nou interessant dat Jennifer Rush nie haar regte naam was nie, nooit besef nie,
    Ek ken iemand met dieselfde van wat gereeld gevra word of hul dalk familie is,😆
    Oor 80s musiek het ek baie te se, sal more weer kom inloer.
    Nag almal.

  • 5. boskind  |  April 26, 2009 om 11 : 44

    Oi, die goeie ou dae die 80’s 😀

    Hmmm wat van Madonna ?? Pat Benatar?? Belinda Carlise?? Kim Wilde ?? Whitney Houston?? Sheena Easton?? die lysie is lank …

  • 6. WILLE KJINDQ  |  April 27, 2009 om 12 : 16

    He! He! Rick Astley (sp?) en Tony Braxton❗

  • 7. WILLE KJINDQ  |  April 27, 2009 om 12 : 23

    Tel Prince ôk?

  • 8. boskind  |  April 27, 2009 om 12 : 39

    Prince ‘n DIVA beslis !!

    Met daai eyeshadow en wimpers hoe dan anners😀

  • 9. WILLE KJINDQ  |  April 27, 2009 om 12 : 40

    Het iemand dalk Gloria Estefan genoem?

  • 10. WILLE KJINDQ  |  April 27, 2009 om 12 : 42

    Boskjind!!! Wat bekruip jy mens so❓

  • 11. WILLE KJINDQ  |  April 27, 2009 om 12 : 44

    Ek ka natuurlik NIE slaap NIE

  • 12. boskind  |  April 27, 2009 om 12 : 50

    Hier is weer een maal kleine mannetjie wat besluit het sy ma sal ook NIE vanaand twee ooglede op mekaar kry NIE

    Wag lat ek my musiek van die 80’s hier uitruk om te luister😀

  • 13. Olga  |  April 27, 2009 om 1 : 54

    Agteros kom ook in die kraal. elo, elo.

  • 14. Olga  |  April 27, 2009 om 1 : 58

    ek het n heerlike naweek gehad en my mensies gesien ook.

  • 15. Olga  |  April 27, 2009 om 2 : 04

    i was lost in france het bonnie tyler op die mep gesit. gevolg deur My guns are loafed wat n ma se liedjie was. ek glo nie total eclips of the heart was heeltemal so hot nie. my fav pre en 80’s diva bly maar donna summer. moet dit nie se nie. niemand hoef wit te wees om gr8 liedjies die lig te laat sien nie.

  • 16. Adrie  |  April 27, 2009 om 2 : 26

    Ai tog, Olga! Irene Cara is ook nie wit nie. Wat het dit met die prys van eiers uit te waai?

    Willes, Prince kan seker n Diva wees, maar Rick Astley weet darem hy is n man. Ek weet darem dat Toni Braxton gesing het, maar wat?

    Hi Boskind. Aangesien jou mannetjie nie kan slaap nie, moet jy hom maar van goeie musiek leer. Jy noem nog n paar goeies. Ek dink egter selfs Madonna se grootste vyand moet erken dat sy haarself al 3 dekades lank gereeld op die trefferlyste hou. Sy het wel n groot bydrae tot die tagtigs gelewer.

  • 17. Olga  |  April 27, 2009 om 3 : 23

    Het ek per dalkies gese ras maak saak? eisj sommige mense weet kook nooit waar die komma pas nie. gloria estefan was ook nie groen nie.

  • 18. WILLE KJINDQ  |  April 27, 2009 om 3 : 29

    Whuhahahahaha!!!!! Ek het nog altyd vi ou Rick, Elton en Prince inni selle boot gesit;)

  • 19. WILLE KJINDQ  |  April 27, 2009 om 5 : 28

    Ken iemand dalk ‘n Peaediatric Neurologist? Net nie daai Izelle Smuts vroumens by Femina hosp nie😕

  • 20. WILLE KJINDQ  |  April 27, 2009 om 5 : 30

    Ek sal tot so 6 ure agter die kwak aan ry. En dit beteken natuurlik dat die Kaap uit is

  • 21. WILLE KJINDQ  |  April 27, 2009 om 5 : 32

    Eks baja lief vi my kjinners ma hulles nou besig om vi ma arm te maak😯

  • 22. Olga  |  April 27, 2009 om 9 : 16

    Het jy in die gp geelble gekyk vir n pediatriese neuroloog wk? ek het gedag allen kok van pop se vally is 1 maar hy is volgens my tel boek net n pediater.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: