Verjaarsdae

April 24, 2009 at 5 : 31 55 Kommentaar

Daar is ter duisende grappies, staaltjies en storietjies in die omloop hoe mans altyd hulle vroue se verjaarsdae vergeet.  Baie artikels fokus ook daarop, dus moet ek aanneem dat dit wel dikwels gebeur. 

Hoe goed is jy daarmee om verjaarsdae te onthou?

Ek onthou oor die algemeen goed.  Selfs datums.  As ek dalk per ongeluk van iemand se verjaarsdag vergeet het, knaag iets die heeltyd aan my tot ek onthou.  Ek het wel ‘n ander probleempie.

Iemand moet my tog asseblief nooit nadat ek met ‘n swaarvoorwerp bygekom is vra wat die dag se datum is nie.  Ek is verstrooid.  Ek kan jou dalk redelik akuraat vertel wat ‘n dollar, ‘n pond, ‘n vat Brent olie of ‘n ons goud kos, maar die dag se datum is vir my ‘n raaisel.  Dit is mos hoekom daar goed soos Microsoft Outlook en selfone is.  Dit herinner jou aan jou afsprake en gee jou vinnig die regte datum.  Ek hou gewoonlik nie tred met die datum of selfs dag nie.  Ek moet mooi dink voordat ek vandag se datum kan onthou. 

Wat nie baie help met verjaarsdae nie.  Ek weet dalk jy verjaar 30 Februarie, maar wanneer 30 Februarie opdaag vergeet ek die datum.  Dit is ‘n dag soos enige ander dag.  Soos wat vandag met Levinia gebeur het.

Die snaakste wat ek al oorgekom het, was toe ek eendag ‘n vriendin in ‘n mall raak geloop het.  Ons het gesels en selfs gaan koffie drink.  Dit was eers laat die aand gewees toe die datum my opval.  En daarmee saam die onthou dat dit haar verjaarsdag was. 😳

Iets anders wat ek ook al dikwels oorgekom het, is om die oggend te onthou iemand verjaar, uit te stel om te bel / sms /facebook (ek het al gepraat van die gewoonte van my) en dan heeltemaal daarvan deur die loop van die dag te vergeet.  Of ek onthou die aand voor die tyd, maar op die dag ontgaan dit my.

Dit is al die ekskusies, maar dit is seker nie ‘n verskoning dat ek die simpel heks se verjaarsdag vergeet het nie.  (Dankie Wipneus wat my herinner het).  Dit is darem nog nie te laat nie.  Dus in rooi koeldrank (die soort wat dogtertjies laat giggel en koue eend in 5de laan bedien).. . .

Baie, Baie, Baie geluk met jou verjaarsdag Heksie.  Ek hoop jy gaan ‘n lekker partytjie hê en die sterretjieskombuis in ‘n ander heelal in dans.  Ek het vir jou ‘n groot geskenk daar vir ‘n verrassing gebêre, jy het seker net nie mooi gesoek nie.

Blogvraag:  Met watter Amerikaanse Idol wenner wat in 1982 gebore is, deel Heksie ‘n verjaarsdag mee?

Blogantwoord:  Olga was reg met John Humphrey Noves.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Poligamie 80’s Divas

55 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  April 24, 2009 om 6 : 39

    1ste

  • 2. Klip  |  April 24, 2009 om 6 : 43

    As ek iets vergeet het wat belangrik was en iemand herhinner my nie daaraan nie, dan was dit in elk geval nie belangrik nie.

    Daar is n paar verjaarsdae wat ek onthou , maar ek bel niemand nie , en ek verwag nie iemand moet my bel met my verjaarsdag nie

    Ek het te min gesonde “grey matter” om te onthou

  • 3. Klip  |  April 24, 2009 om 6 : 46

    Geniet die aand verder , en onthou om vroeg te gaan slaap………en weer op te staan more oggend

  • 4. Olga  |  April 24, 2009 om 6 : 58

    Tweede.

  • 5. Adrie  |  April 24, 2009 om 7 : 05

    Ai tog, Klip. Jy klink amper 100 jaar oud.

  • 6. Olga  |  April 24, 2009 om 7 : 12

    En sielsmoeg to boot.

  • 7. Olga  |  April 24, 2009 om 7 : 15

    Danny gorey. ek hoop die heks het jou stoel nat gepp.

  • 8. Olga  |  April 24, 2009 om 7 : 18

    Ek vergeet ook altyd watse dag dit is. maar my foontjie herinner my altyd 9.45.

  • 9. Olga  |  April 24, 2009 om 7 : 20

    Dis glad nie mooi om die heks simpel te noem op haar verjaardag nie.

  • 10. Adrie  |  April 24, 2009 om 7 : 24

    Maar die heks is mos simpel en boonop dom ook.

  • 11. Adrie  |  April 24, 2009 om 7 : 27

    En praat saggies. Die hele blommeland, insluitende die koning, dans op my dak. Maar jy ken haar. As sy dink ons praat van haar, kom tjank sy dalk verder.

  • 12. maxie  |  April 24, 2009 om 8 : 14

    Kelly Clarkson

  • 13. maxie  |  April 24, 2009 om 8 : 26

    Ek weet nooit wat die datum is nie. En gedurende die week, watse dag dit is nie.
    En as daar ‘n vakansiedag ingegooi is, is ek skoon deurmekaar.
    Het bv. gister gedink dis Maandag, omdat Woensdag ‘n vakansiedag was en half soos ‘n Sondag gevoel het. Ai.

  • 14. Adrie  |  April 24, 2009 om 8 : 26

    Hallo Maxie

    Lyk my jy ken jou idols

  • 15. maxie  |  April 24, 2009 om 8 : 28

    Hi Adrie
    Nee nie juis nie, moes dit google!
    (love jou blogvrae).

  • 16. Adrie  |  April 24, 2009 om 8 : 29

    Maxie👿 Hou op om my te na-aap.😆 😆

    Is jy ook n praktiese dromer?

  • 17. Adrie  |  April 24, 2009 om 8 : 32

    Google is useless! My eintlike blog vraag was wanneer vervel Verna Vels. En google het nie geweet nie.

  • 18. maxie  |  April 24, 2009 om 8 : 35

    Jip, so verstrooid soos kan kom😆

    (Ek dog heeltyd die Heksie waarna jy verwys, is ‘n blogger, lol)

  • 19. Adrie  |  April 24, 2009 om 8 : 39

    Maxie

    Lyk my jy moet die dom heks ontmoet. Laat ek haar gaan roep voordat sy veel rooi koeldrank in het.

  • 20. Nelba  |  April 24, 2009 om 8 : 41

    EK is uitstekend met datums onthou. Maar ek vergeet ok om te bel of onthou nie watse dag dit is nie. En daar is ‘n paar mense se verjaarsdae wat my heel uitboul. My swaer is een. Ek is alewig in die moeilikheid daaroor.

  • 21. maxie  |  April 24, 2009 om 8 : 45

    Nou is ek heeltemal deurmekaar.
    Wie is die dom heks?

  • 22. Liewe Heksie  |  April 24, 2009 om 8 : 50

    Hallo Tannie Katjie

    B3 het gese ek moet vir tannie kom goeie ster se. Ek hoop Tannie het vir my n present gebring. Ek vervel vandag en almal het dit verleer.😈

    Toe bring Tannie Ougat baie koek en rooi koeldrank. B3 het gese dat die Blommelanders oppie dak kan jol. Maar sy soek nie molere nie. Wat is n molere, Tannie Katjie?

    Gonna, Blommie skree nou net van die maan af dat dit moleste is. Dit is n groot woord. Is dit vloek?😯 Tannie Ougat gaan vir my n HAT koop gister. Sy se dat ek nooit weer met groot woorde gaan sloeg nie.

  • 23. Liewe Heksie  |  April 24, 2009 om 8 : 54

    Hallo Tannie Nelson.

    Al die rooi koeldrank is op die dak. So as julle my sal versing, gaan ek terug. Ek sal later my vervelliedjie kom sing.

  • 24. Adrie  |  April 24, 2009 om 9 : 00

    Grrr

    Dan is die heks nog boonop ongeskik ook.

    Verskoon haar asb dames.

  • 25. maxie  |  April 24, 2009 om 9 : 01

    😆 😆
    Lekker verjaar, Heksie!
    Geniet die koek en rooi koeldrank en nee, jammer, geen idee wat molere is nie, lol.

    Julle en jul drielinge en vierlinge maak hierdie Katjie baie deurmekaar.

  • 26. maxie  |  April 24, 2009 om 9 : 06

    Adrie
    Ons ry Sondag deur PR toe, dink nogal ek sal dan aan jou dink.
    Kan ek dalk ‘n klippie op ‘n dak vir jou gooi iewers?

  • 27. Adrie  |  April 24, 2009 om 9 : 07

    Wat? Is daar al n vierling op die blog? Jong, die goed teel so aan, self ek raak al deurmekaar.

  • 28. Adrie  |  April 24, 2009 om 9 : 11

    Max, gaan julle see toe?

    Ek sal seker later die jaar self kan gaan klippe gooi. Maar dankie. Ek gaan weer Potch toe.

  • 29. maxie  |  April 24, 2009 om 9 : 16

    Nee, nie see toe, net PR toe, dan weer terug.
    Ek en M (en my broer van Middelburg).
    Blomme op ‘n graf (of 2, om meer akkuraat te wees).
    Ai, depressing, sorry.
    Wat gaan maak jy in Potch?

  • 30. Adrie  |  April 24, 2009 om 9 : 30

    Ek gaan net by iemand kuier.

    My posduiwe is vol rooi koeldrank. Ek sal later prentjies teken van hou die linge werk.

  • 31. Adrie  |  April 24, 2009 om 9 : 32

    Sterkte met die blomme en grafte. So iets bly altyd sleg.

  • 32. maxie  |  April 24, 2009 om 9 : 35

    Dankie xx
    Lekker slaap!

  • 33. maxie  |  April 24, 2009 om 9 : 36

    En lekker kuier in Potch.

  • 34. Adrie  |  April 24, 2009 om 9 : 40

    Veilig ry!

  • 35. maxie  |  April 24, 2009 om 9 : 45

    Jy ook, dankie.

  • 36. Wheelbarrow Jack  |  April 25, 2009 om 12 : 57

    Hi heksie. Veels geluk met jou vervelling. Ek hoop jy het lekker verjaar met tannie ougat se rooi koeldrank. Het
    Tannie ougat n knertsie rooies met jou gedrink?
    Hoop jy hej n berg pressies gekry.

  • 37. Olga  |  April 25, 2009 om 7 : 58

    More, more. ai, liewe heksie het blykbaar te veel rooi koelas gedrink om haar vervelliedjie te kon sing.

  • 38. Olga  |  April 25, 2009 om 8 : 01

    Die pad is laaaank. is nou eers tussen badplaas en carolina. moes weer vir piet wag tussen nelspruit en barberton.

  • 39. Adrie  |  April 25, 2009 om 9 : 42

    More more

    Ek let met dankbaarheid op dat die blog nog n dak het. Daardie blommelanders is n wille spul.

  • 40. Olga  |  April 25, 2009 om 9 : 59

    Daar was genoeg rooi koelas om hulle mellow te hou.

  • 41. Adrie  |  April 25, 2009 om 10 : 10

    En nogal waaghalsig ook!!

  • 42. Klip  |  April 25, 2009 om 12 : 06

    Middag almal

  • 43. Klip  |  April 25, 2009 om 12 : 10

    Ou grappie…………..

    IRISH PROSTITUTE

    An Irish daughter had not been home for over 5 years. Upon her return, her Father cussed her.

    “Where have ye been all this time? Why did ye not write to us, not even a line? Why didn’t ye call? Can ye not understand what ye put yer old Mother thru?”
    The girl, crying, replied, “Sniff, sniff….Dad….I became a prostitute…”

    “Ye what!!? Out of here, ye shameless harlot! Sinner! You’re a disgrace to this Catholic family.”

    “OK, Dad– as ye wish. I just came back to give mum this luxurious fur coat, title deed to a ten bedroom mansion plus a £5 million savings
    Certificate. For me little brother, this gold Rolex. And for ye Daddy, the sparkling new Mercedes limited edition convertible that’s parked outside
    plus a membership to the country club…………………… (takes a breath)…………. And an invitation for ye all to spend New Years Eve on
    board my new yacht in the Riviera and… …”

    “Now what was it ye said ye had become?” says Dad.

    Girl, crying again, “Sniff, sniff….a prostitute Daddy! Sniff, sniff.”

    “Oh! Ye scared me half to death, girl! I thought ye said a Protestant. Come here and give yer old Dad a hug.”

  • 44. Wheelbarrow Jack  |  April 25, 2009 om 3 : 13

    Wha ha ha ha ha ha.

  • 45. Beeld  |  April 25, 2009 om 9 : 06

    Gloria Edwards
    Vier boewe het hul rieme styfgeloop toe hulle hulle tydens ’n kaping aan die Oos-Rand in twee tienersussies vasgeloop het.

    Nicci Grobler (17), verlede jaar se nasionale o.17-kampioen in die Brasiliaanse jiu jitsu-gevegskuns, en haar suster, Juané (16), wat ook dié sport beoefen, het hul kapers op stemdag “ ’n behoorlike pak slae gegee” toe hulle en drie vriendinne in Germiston oorval en Nicci se motor gekaap is.

    Nicci se neus is op drie plekke gebreek en sy het ander beserings opgedoen nadat sy haar vriendin, wat saam met die kapers in die motor was toe hulle wegjaag, probeer red het en sowat 300 m ver saam met haar Ford Fiesta gesleep is.

    Die boewe het die vriendin uiteindelik uit die motor gestamp en daarmee gevlug.

    Die polisie het die Fiesta eergisteraand ongeskonde in Ka-tlehong teruggevind. Dit het ’n opsporingstoestel ingehad.

    Die Grobler-susters het gister in die Netcare-Unie-hospitaal in Alberton vertel hoe hulle saam met me. Marlecia Marais (18) en die tweeling Simone en Estie de Kock (16) omstreeks 07:30 buite ’n vriend se huis in Tweedestraat, Lambton, oorval is.

    “Ons was op pad na ’n Boksburgse klub. Nicci het vir my die bestuurdersitplek opgelig sodat ons kon uitklim. ’n Man het sy kop skielik onder haar arm ingedruk. Ek het hom in die gesig gepot,” het Juané gesê.

    Marais en Simone het by die passasierskant uitgespring en om hulp geskree.

    Drie van die mans het Nicci, wat die motorsleutels in haar hand gehou het, toe aangeval. Hulle het egter nie verwag sy sal terugveg nie.

    “Hulle het my hande gegryp, maar ek het geskop soos ek geleer is,” het Nicci vertel. Sy en Juané het aangehou stoei en geskree dat die mans hulle moet “uitlos” en “weggaan”.

    “Hulle was geskok dat ons terugveg,” het die meisies gelag.

    Een aanvaller het toe ’n pistool uitgehaal. “Hulle het die sleutels gevat en in die motor gespring. Estie was nog agter-in,” het Juané vertel.

    Nicci het toe by die oop venster aan die bestuurderskant ingeduik, haar bolyf binne en onderlyf buite.

    “Sy het die bestuurder in ’n chokehold gekry en die sleutels probeer gryp, maar die boef het haar hande vasgehou en begin wegjaag,” het Juané vertel.

    Sy moes toekyk hoe haar suster met die pistool oor die kop geslaan en saamgesleep word, voordat sy uitgeval het.

    “Al waaraan ek kon dink, is dat ek my motor en vriendin wou beskerm,” het Nicci gesê.

    Estie is ’n ent verder uitgestamp.

    Mev. Mel Grobler het gesê haar kinders is “streetwise grootgemaak.”

  • 46. Beeld  |  April 25, 2009 om 9 : 11

    Jeanne-Marié Versluis
    ’nOu studentetradisie het twee Tukkies in die hof laat beland nadat die polisie hulle na bewering met ’n gesteelde padteken betrap het.

    Die polisie het dié teken, wat by padwerk aandui motoriste mag nie vinniger as 30 km/h ry nie, glo net ná middernag in ’n groen Mazda 323 met oop deure gekry.

    Mnre. Clive Campbell (28) en Danie Potgieter (21) het vandeesweek vlugtig op ’n klag van diefstal in die Hatfield-gemeenskapshof verskyn.

    Hulle doen aansoek om regshulp en verskyn volgende week weer in die hof.

    Die twee is inwoners van Huis Kiaat op die Groenkloof-kampus van die Universiteit van Pretoria (UP).

    Kiaat is ’n manskoshuis wat hoofsaaklik onderwysstudente huisves.

    Volgens kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder van die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria, is die twee net ná middernag op Dinsdag 2 April in Hatfield gearresteer.

    Polisielede wat toe patrolliewerk in Hatfield gedoen het, het ’n verdagte groen Mazda met oop deure in Burnettstraat gesien en na bewering dié padteken in die motor gekry.

    Campbell en Potgieter het glo toe by die motor opgedaag.

    Die twee is toe gearresteer en later dié dag by die Brooklyn-polisiekantoor vrygelaat met die waarskuwing om in die hof te verskyn.

    ) Weilbach het gesê dit is ’n bekende praktyk dat sekere manskoshuise se inwoners tekens moet steel as deel van die ontgroeningsproses.

    “Die polisie kan egter nie dié soort misdade oorsien net omdat dit ’n studentetradisie is nie.”

    Afgetrede regter Kees van Dijkhorst het onlangs op die gradeplegtigheid van regstudente aan die UP in sy toespraak verwys na tekens by die Tuks-manskoshuis Sonop.

    Hy het teruggedink aan sy studentejare van 1952 tot 1956.

    “Sonop was toe al bekend daarvoor dat uitsonderlike vermiste naamborde daar opgespoor kon word.”

  • 47. Beeld  |  April 25, 2009 om 9 : 13

    ’n Meisietjie (2) van Ivory Park uitbr. 2, Johannesburg, is gister dood nadat rotte vermoedelik amper haar hele gesig afgebyt het.

    Haar stiefpa het gisteroggend wakker geword en werk toe gegaan sonder dat hy haar verminkte gesig gesien het, het mnr. Percy Morokane, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, gesê.

    “Die baba het in dieselfde bed as haar ouers geslaap. Toe die ma wakker word, het die baba in die ander rigting gelê en dood voorgekom. Toe sy die baba omdraai, is 95% van haar gesig afgebyt,” het hy gesê

    Die baba se oë, neus en lippe was weg.

    Bloedspatsels is op die toneel gekry.

    Die ma het aan nooddienste gesê sy dink rotte is verantwoordelik vir die meisietjie se dood.

    Sy het traumaberading ontvang. – Sapa

  • 48. Girl van die Suburbs  |  April 25, 2009 om 9 : 24

    Ek is so bly ek is nie die enigste siel wat dit mee gebeur nie. Ek het hierdie jaar my ma se verjaarsdag “vergeet”, oor ek nie weet watter dag is watter dag as ek nie voor ‘n rekenaar sit nie.

    I still need to be forgiven…..

  • 49. Adrie  |  April 25, 2009 om 9 : 35

    Hallo Rooikop

    Eerstens baie welkom hier. Dit gaan soms maar rof, maar dit is wat dit lekker maak.

    Ek dink ek het n sindroom beskryf wat nog n naam moet kry. En lyk amper of net vroue daaraan ly. He he he

  • 50. girlvandiesuburbs  |  April 25, 2009 om 9 : 47

    Hallo!

    Dankie, die bloggersphere is nog baie nuut vir my. Sal hopenlik vinnig my voete vind😉

    Net jammer ons skonergeslag kan nie ander dinge so gerieflik vergeet nie, ne!

    Dalk moet jy ‘n peiling hou om te sien wat die naam vir die sindroom moet wees…

  • 51. Adrie  |  April 25, 2009 om 9 : 55

    Het jy enige idees vir so n naam?

    Girl, ons vra gewoonlik dat nuwe mense die vorm op die Bly te Kenne page. Net sodat ons mekaar beter kan leer ken. If you would be so kind?

  • 52. Adrie  |  April 25, 2009 om 9 : 58

    Ek het darem nog nie my ma se verjaarsdag vergeet nie. Daar word gewoontlik n groot bohaai op daardie dag gemaak in die media. Geen mens kan dit mis nie. Ek onthou darem dat haar verjaarsdag met daardie dag saamval.

  • 53. Klip  |  April 26, 2009 om 4 : 44

    An old man, a boy and a donkey were going to town.
    The boy rode on the donkey and the old man walked.
    As they went along they passed some people
    who remarked it was a shame the old man
    was walking and the boy was riding.
    The man and boy thought maybe the critics were right,so they changed positions.

    Then, later, they passed some people who remarked, ‘What a shame, he makes that little boy walk.’
    So they then decided they’d both walk!
    Soon they passed some more people who thought
    they were stupid to walk when they had a
    decent donkey to ride.
    So, they both rode the donkey.
    Now they passed some people who shamed them by saying how awful to put such a load on a poor donkey.
    The boy and man figured they were probably right,
    so they decide to carry the donkey.
    As they crossed the bridge, they lost their grip on the animal and he fell into the river and drowned.

    The moral of the story?

    If you try to please everyone,you might as well…
    Kiss your ass goodbye!

  • 54. Klip  |  April 26, 2009 om 4 : 47

    The Australian Poetry Competition had come down to two finalists, a university graduate and an old aboriginal man.

    They were given a word, then allowed two minutes to think about it then come up with a short poem that contained that word.

    The word they were given was ‘TIMBUKTU’

    First to recite his poem was the university graduate.

    He stepped up to the microphone and said:

    Slowly across the desert sand
    Trekked a lonely caravan
    Men on camels two by two
    Destination – Timbuktu

    The crowd went crazy! No way could the old aboriginal top that,they thought.

    The old aboriginal calmly made his way to the microphone and recited:

    Me and Tim a huntin’ went
    Met three whores in a pop-up tent
    They were three, and we was two
    So I bucked one, and Timbuktu

    The aboriginal won !

  • 55. Klip  |  April 26, 2009 om 4 : 53

    Now that I’m “older” (but refuse to grow up), here’s what I’ve discovered:
    1. I started out with nothing, and I still have most of it.
    2. My wild oats have turned into prunes and All Bran.
    3. I finally got my head together; now my body is falling apart.
    4. Funny, I don’t remember being absent minded…
    5. Funny, I don’t remember being absent minded…
    6. All reports are in; life is now officially unfair.
    7. If all is not lost, where is it?
    8. It is easier to get older than it is to get wiser.
    9. Funny, I don’t remember being absent minded…
    10. Some days you’re the dog; some days you’re the hydrant.
    11. I wish the buck stopped here; I sure could use a few…
    12. Kids in the back seat cause accidents..
    13. Accidents in the back seat cause kids.
    14. Funny, I don’t remember being absent minded…
    15. It’s hard to make a come back when you haven’t been anywhere.
    16. The only time the world beats a path to your door is when you’re inthe bathroom.
    17. If God wanted me to touch my toes, he would have put them on my knees.
    18. When I’m finally holding all the cards, why does everyone decide to play chess?
    19. Funny, I don’t remember being absent minded…
    20. It’s not hard to meet expenses… they’re everywhere.
    21. The only difference between a rut and a grave is the depth.
    22. These days, I spend a lot of time thinking about the hereafter… I go somewhere to get something and then wonder what I’m here after.
    23. I AM UNABLE TO REMEMBER IF I HAVE POSTED THIS BEFORE OR NOT !
    24. Funny, I don’t remember being . . . . . absent minded…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: