Poligamie

April 23, 2009 at 7 : 05 82 Kommentaar

Die skrif word te vinnig vir my sin aan die muur aan gebring.  As die land se president meer as een vrou het, al is die tradisionele verbindenis nie wettige huwelik nie, dan kan die res van die land hulle seker ook tot poligamie wend.  Die idee vul nie almal met afgryse nie.  Daar is self vroue wat sterk daaroor voel dat poligamie gewettig moet word.  

Die meeste mense aanvaar dat poligamie die reg wat ‘n man het om met meer as een vrou te trou.  Dalk het hierdie idee ontstaan omdat verskeie tradisies in Afrika en verskeie gelowe dit wel toelaat.  Die kere wat gevalle van poligamie oop gevlek word, is dit die einste kombinasie.  Ek is egter verbaas om te ontdek dat poliandrie ook voorkom.  Die gemeenskappe waar dit wel voorkom, soos byvoorbeeld die nomadies Tibetane, is dit waar ‘n hoë geboortekoers onwenslik is.  In die geval sal ‘n groep broers dieselfde vrou hê.  Daar is self iets wat ‘n groepshuwelik genoem word, waar die mans met meer as vrou het en die vrou meer as een man.  Seker ‘n glorified hoer-en-rumoer.

Al is daar gelowe wat niks teen poligamie het nie en dit self aanmoedig, is dit nie altyd so maklik soos dit klink nie.  In Islam byvoorbeeld mag ‘n man tot 4 vroue hê, maar dit mag dikwels net met die eerste vrou se toestemming gebeur.  Daar is wel Christenne wat ook daardie vlieër probeer vlieg.  Ek onthou hoe Bles Bridges destyds nadat hy op ontrouheid betrap gesê dat dit Bybels is.  Om meer as een vrou lief te hê, nie om noodwendig met meer as een vrou te trou nie.  In verskeie lande waar poligamie toegelaat word, moet die man kan bewys dat hy met meer as vrou kan onderhou.  As ek so vinnig dink aan die gevalle van poligamie wat in die VSA oopgevlek is, het die gesinne onder die broodlyn gelewe – seker maar van liefde en koue water.

Ek is seker van julle sal eerder dood neerval voordat julle selfs so iets enigsins oorweeg.  Ons is maar mos ‘n jaloerse nasie.  Is ‘n poligamiese huwelik noodwendig sleg?  Dit klink vir my na die ideale geldmaak situasie.  Maak net seker dat jy in beheer van die situasie bly.  Een verband (baie groot vir ‘n baie groot huis) wat in jou naam geregistreer is.  Jy bestuur jou man en al sy vroue (of al jou mans :lol:  ) en maak seker dat hulle werk.  Jy oes alles in en gee aan almal sakgeld.  En spandeer die res soos jy lekker kry.  Slawerny?  Dalk, maar ek dink dit is net slim manipulasie.

Sal jy toeganklik wees vir ‘n poligamiese huwelik?  Dink jy dit sal net ‘n permanente bakleiery wees?  Speel liefde in so iets ‘n rol?

As ek die dag trou, sal dit ‘n monogamiese huwelik wees of glad nie.

Blogvraag:   Wie het die Oneida Gemeenskap in 1848 begin, waar die huwelik (en enige eiendomsreg) ‘n teken van jaloesie en uitsluitlikheid gesien en dus verbode.

Blogantwoord:  24 jaar volgens die 50/50 webblad.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Myn of Boer Verjaarsdae

82 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  April 23, 2009 om 7 : 22

    EERSTE!!!!

  • 2. Olga  |  April 23, 2009 om 7 : 25

    John humphrey noves

  • 3. Olga  |  April 23, 2009 om 7 : 27

    John humphrey noves.

  • 4. Olga  |  April 23, 2009 om 7 : 29

    Opera krap weer waar niks jeuk nie

  • 5. Adrie  |  April 23, 2009 om 7 : 31

    Sit Opera op haar plek – en maak seker sy vergeet dit nooit weer nie

  • 6. Olga  |  April 23, 2009 om 7 : 35

    Het wk nie die blogvraag reg geantw nie? as homer n ander vrou wil he, dan teken hy on the dotted line. bring n paar bokse en ek pak sy goed vir hom.

  • 7. Adrie  |  April 23, 2009 om 7 : 47

    WK het 25 geantwoord.

    Is Homer se hande rond dat hy nie self sy bokse kan pak nie. Of laar die nuwe sit pak.😆

  • 8. Adrie  |  April 23, 2009 om 7 : 48

    En wat van nog n man of 2 vir jou Olga?

  • 9. Olga  |  April 23, 2009 om 7 : 50

    Waar n hoe geboorte syfer onwenslik is? hoe gaan die feit dat 1 vrou verskeie mans het dit keer? herinner my al te veel aan prostitusie.

  • 10. Olga  |  April 23, 2009 om 7 : 52

    Nie ter selfde tyd nie, dankie. n man is n bok en n bok is n bliksem.

  • 11. Sonkind  |  April 23, 2009 om 7 : 52

    Daar mag mos geen diskriminasie meer wees in ons land nie, so kan een vrou dan meer as een man ook hê?😈

  • 12. Olga  |  April 23, 2009 om 7 : 54

    Ek het ook op wikipedia op my foon gesien 25 jaar. dis nie die eerste keer dat foon wiki en pc wiki se inligting verskil ni.

  • 13. Olga  |  April 23, 2009 om 7 : 55

    Die land is meer demokraties vir mense wat stort.

  • 14. Olga  |  April 23, 2009 om 8 : 00

    Suster as ek kry wat ek wil he, sal ek self sy bokse bakkie toe dra. anders neem dit dae of hy pal dalk van my goed.

  • 15. Olga  |  April 23, 2009 om 8 : 02

    Of goed wat ek as my eie aanvaar het.

  • 16. Adrie  |  April 23, 2009 om 8 : 02

    Olga,

    Een vrou met verskeie mans kan nog steeds net elke 10.5 maande swanger raak. Soos in n gewone gesin. As elke man se eie vrou gehad het, was die somtotaal van babas meer. As die bevolking weer laag is, is een man met verskeie vroue n goeie manier om nasie te bou. Onthou, dit is die tyd voor kondome.

    n Vrou herstel mos vinniger na die huweliksplig afgehandel is. Dus kan sy mos meer mans gelukkig hou as anders om. Hie hie hie!

  • 17. Adrie  |  April 23, 2009 om 8 : 06

    Olga

    Ek was nie op wiki met gister se vraag nie. Ek is seker 5050 sal weet hoe oud hulle is.

    Jy het n punt beet . . . Daar is mos moord as jou goed ook gesteel word

  • 18. Olga  |  April 23, 2009 om 8 : 07

    Het jy op google search gaan loer? nie wikipedia nie, sorrie. dit se uitdruklik twenty five years ago.

  • 19. Olga  |  April 23, 2009 om 8 : 10

    Sien jy het die sms met die pakkery gekry. sowi wk, ek het probeer. google search lei ons verkeerd.

  • 20. Olga  |  April 23, 2009 om 8 : 13

    Kan jy dimk wat sal gebeur as hy 1 van my paddas of uile pak? ondenkbaai. ek het reeds verlede week so n adorable padda gekry. hy klou aan n boek.

  • 21. Adrie  |  April 23, 2009 om 8 : 13

    Olga, luister jy nie wat ek se nie. 50/50. Nie wiki of google nie.

  • 22. Adrie  |  April 23, 2009 om 8 : 15

    Neva mind die stofmagnete. Wat van jou CDs en boeke?

  • 23. Olga  |  April 23, 2009 om 8 : 15

    Los jy my weer alleen? dink ek moet watter wat in die emmer oorgebly het nadat ek vloere gewas het gou daar in die hoek deur die veiligheidshek gaan gooi.

  • 24. Adrie  |  April 23, 2009 om 8 : 17

    Olga

    Die heks gaan jou toor. Los die hoek uit!👿 Moet nie eers daarvoor kyk nie. GRRR!

  • 25. Olga  |  April 23, 2009 om 8 : 18

    Hy sal dit nie oorleef as hy van my cds of boeke inpak nie. huh uh. daarom sal ek liefs self pak. stofmagnete? stofmag4kenete? my paddas? my uile? huh?

  • 26. Olga  |  April 23, 2009 om 8 : 19

    SE JY MY HUIS IS VUIL?

  • 27. Adrie  |  April 23, 2009 om 8 : 22

    As die skoen pas . . . .

  • 28. Adrie  |  April 23, 2009 om 8 : 24

    So Olga, hoe vorder jou beertjie stofmagneet versameling?

  • 29. Olga  |  April 23, 2009 om 8 : 28

    Ek sulk. jy, juf wysneus, snotkop sal nie weer n blokkie fudge uit die huis kry nie. . . . of n vetkoek. . . . of n sluk spiced gold . . . . of n snuifie southern comfort nie.

  • 30. Olga  |  April 23, 2009 om 8 : 30

    EN EK HET NIE N BEERTJIE VERSAMELING NIE. GMF.

  • 31. Adrie  |  April 23, 2009 om 8 : 32

    Wat??😯

  • 32. Adrie  |  April 23, 2009 om 8 : 33

    Het jy dalk n nimf versameling?😛

  • 33. Adrie  |  April 23, 2009 om 8 : 35

    Ons weet mos hoe het jy vir jou paddaversameling geshop . . .

  • 34. Olga  |  April 23, 2009 om 8 : 40

    GMF!!! ek laat my nie deur n snotneus vertel my huis is vuil nie. en oE is oE.

  • 35. Adrie  |  April 23, 2009 om 8 : 42

    Laat ek vir die rooflesers vertel. Olga loop eendag 2 paddabeeldjies raak wat sy net vir haar paddaversameling moet koop. By die huis gekom, toe sien sy haar paddaversameling is eintlik uile!

  • 36. Adrie  |  April 23, 2009 om 8 : 46

    Olga, hulle se net verveelde vroue het skoon huise. Dalk kort jy nog n man of 6.

  • 37. Wheelbarrow Jack  |  April 23, 2009 om 9 : 17

    Wha ha ha ha ha ha. Kan ek vir olga padda en uil stuur en die verskille uitwys. Wat het sy toe met die paddas gemaak?

  • 38. Olga  |  April 24, 2009 om 12 : 08

    Blerrie skinderbek.

  • 39. Wille Kjind Q  |  April 24, 2009 om 6 : 52

    More more

    Ek het gister my ga af gesukkel om hier te chat. Selfs Opera het haself wangedra👿

  • 40. Klip  |  April 24, 2009 om 7 : 17

    More almal

  • 41. Klip  |  April 24, 2009 om 7 : 19

    CAKE OR BED

    A HUSBAND IS AT HOME WATCHING A FOOTBALL GAME WHEN HIS WIFE INTERRUPTS, HONEY, COULD YOU FIX THE LIGHT IN THE HALLWAY?
    IT’S BEEN FLICKERING FOR WEEKS NOW.

    HE LOOKS AT HER AND SAYS ANGRILY,

    FIX THE LIGHTS NOW?
    DOES IT LOOK LIKE I HAVE E-L-E-C-T-R-I-C-I-A-N WRITTEN ON MY FOREHEAD?
    I DON’T THINK SO.

    FINE,

    THEN THE WIFE ASKS, WELL THEN, COULD YOU FIX THE FRIDGE DOOR?
    IT WON’T CLOSE RIGHT

    TO WHICH HE REPLIED, FIX THE FRIDGE DOOR?
    DOES IT LOOK LIKE I HAVE D-E-F-Y WRITTEN ON MY FOREHEAD?
    I DON’T THINK SO

    FINE, SHE SAYS
    THEN YOU COULD AT LEAST FIX THE STEPS TO THE FRONT DOOR?
    THEY ARE ABOUT TO BREAK
    I’M NOT A CARPENTER AND I DON’T
    WANT TO FIX STEPS HE SAYS, DOES IT LOOK LIKE I HAVE
    C-A-R-P-E-N-T-E-R WRITTEN ON MY FOREHEAD?
    I DON’T THINK SO
    I’VE HAD ENOUGH OF YOU.
    I’M GOING TO THE PUB!!!!

    SO HE GOES TO THE PUB AND DRINKS FOR A
    COUPLE OF HOURS…………

    HE STARTS TO FEEL GUILTY ABOUT HOW HE TREATED HIS WIFE, AND DECIDES TO GO HOME

    AS HE WALKS INTO THE HOUSE HE NOTICES THAT THE STEPS ARE ALREADY FIXED.

    AS HE ENTERS THE HOUSE , HE SEES THE HALL LIGHT IS WORKING

    AS HE GOES TO GET A BEER, HE NOTICES THE FRIDGE DOOR IS FIXED.

    HONEY, HE ASKS, HOW’D ALL THIS GET FIXED?
    SHE SAID, WELL, WHEN YOU LEFT I SAT OUTSIDE AND CRIED.

    JUST THEN A NICE YOUNG MAN ASKED ME WHAT WAS WRONG, AND I TOLD HIM.
    HE OFFERED TO DO ALL THE REPAIRS, AND ALL I HAD TO DO WAS EITHER GO TO BED WITH HIM OR BAKE A CAKE.

    HE SAID,
    SO WHAT KIND OF CAKE DID YOU BAKE?

    SHE REPLIED, HELLOOOOO..
    DO YOU SEE M-O-I-R-S WRITTEN
    ON MY FOREHEAD?
    I DON’T THINK SO!

  • 42. Klip  |  April 24, 2009 om 7 : 20

    Een vrou is al klaar te veel.

    Ek kry die mans jammer wat sulke “high maintenance” vrouens het

  • 43. Klip  |  April 24, 2009 om 7 : 22

    Poligamie……….. wats dit?

    Wat het geword van swingers and threesomes?

  • 44. Wille Kjind Q  |  April 24, 2009 om 8 : 32

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 45. Nats  |  April 24, 2009 om 8 : 47

    Goeie more julle!!!

    NEEEE!!!! Net “me myself and I” mag die vrou in die huis wees! Ek het in elk geval genoeg “mood swings” vir 10 verskillende vrouens so manlief kan nie kla nie😉 hy weet nie met watse “perssonlikheid” hy vannaand gaan ete hê nie😆

    Het julle geweet Jacob Zuma het soos 18 kinders??

  • 46. Klip  |  April 24, 2009 om 8 : 52

    Zuma se kinders besorg hom seker n goeie bedraggie aan government grants

  • 47. Klip  |  April 24, 2009 om 8 : 53

    Aids IS nie n probleem nie !!!!…………………………..

  • 48. Klip  |  April 24, 2009 om 8 : 54

    As hulle staan steel hulle , as hulle le teel hulle

  • 49. Klip  |  April 24, 2009 om 8 : 57

    Hallo Nats , dis mooi om te sien jy is in n goeie mood😆

  • 50. Nats  |  April 24, 2009 om 9 : 05

    Lo da Klip!!
    Dis Vrydag, en ‘n lang naweek…🙂

  • 51. Olga  |  April 24, 2009 om 9 : 20

    More, more. met 6 manr juf wysneus sal ek nooit uit die tronk wees nie.

  • 52. Olga  |  April 24, 2009 om 9 : 22

    Net 18 kinders nats? jy seker? hoeveel vrouens?

  • 53. Wille Kjind Q  |  April 24, 2009 om 9 : 38

    Wat is die verskil tussen ma’s en pa’s?

    1. Mammas werk by die werk en hulle werk by die huis. Pa gaan werk net by die werk.
    2. Mammas weet hoe om met my juffrou te praat sonder om haar bang te maak.
    3. Pappa’s is groter en sterker maar Mammas het invloed en gesag, want jy moet haar vra as jy by ‘n maatjie wil gaan oorslaap.
    4. Mammas het ‘n tower stokkie. Hulle kan jou beter laat voel sonner medesyne.

  • 54. Klip  |  April 24, 2009 om 10 : 15

    Gedagte vir die dag:

    “Mans is soos winkelwors… Selfs die bestes het ‘n bietjie vark in!!

  • 55. Klip  |  April 24, 2009 om 10 : 15

    The first “testicular guard” or “Ball Box” was used in cricket in 1874
    and the first helmet was used in cricket in 1974

    Yes, it took 100 years for men to realise that the brain is also important!!

  • 56. Nats  |  April 24, 2009 om 10 : 34

    Olga
    Dis wat Wiki sê… hy het seker baie meer as dit! Hy wil ook tiener ouers se kinders weg vat en hulle dwing om te gaan studeer.

  • 57. Roer  |  April 24, 2009 om 10 : 45

    Euw. Ek gee nie of wie sê wat nie, dis als net ‘n verskoning vir (soos jy sê) ‘n geh**r-en-rumoer. “Sal jy toeganklik wees vir ‘n poligamiese huwelik?” Gaan die ACDP die 2009 verkiesing wen?!

  • 58. Olga  |  April 24, 2009 om 11 : 31

    Nats, hoeveel vrouens het jz? en noem wiki di 2 wat kort na mekaar dood is en kontrovessie rondom hoe hulle dood is? of is ek nou konfoes met iemand anders?

  • 59. Olga  |  April 24, 2009 om 11 : 35

    Ai roer, om vir die acdp en die vf+ kruisie te getrek het was vermorsing van n stem wat teen ou djacob kon tel. hulle het nie eers 1%gehaal nie. maar die dp het darem beter as cope gedoen.

  • 60. Olga  |  April 24, 2009 om 11 : 37

    Was die acdp die 100% JESUS party? ek het nogal gewonder hoe sal hulle die land regeer? dan sou die leier seker Jesus wou wees.

  • 61. Verons  |  April 24, 2009 om 11 : 59

    Hallooooooooo! Aikonna ek deel nie! So as my man nog ‘n vrou wil hê kan hy my maar skei!
    Ek sien swarigheid wat vir ons land voorlê.
    Het vanoggend oor die radio gehoor die ANC ondersteuners sê dat die res van SA moet besef dat daar net een party is en dat die ander partye nou moet laat los want hulle gaan nie die opposissie se k@k vat nie!

  • 62. Nats  |  April 24, 2009 om 12 : 05

    Olga
    Jammer gaan maar dol die kant!

    Wiki noem die een vrou het selfmoord gepleeg, maar ek het nou nie alles gelees nie… nie seker hoeveel vrouens hy nou het nie.

  • 63. Pikkelik  |  April 24, 2009 om 12 : 08

    EEEIIIIKKKKK!!!!! Ek breek al my man se bene op meer as sewe plekke!!! Een vrou en basta… Dis klaar…. Jitte, die lewe is moeilik genoeg!

  • 64. Pikkelik  |  April 24, 2009 om 12 : 08

    😳 Middag almal!!!

  • 65. Pikkelik  |  April 24, 2009 om 12 : 12

    Ok, Bye, bye, lekker naweek!!!

  • 66. Olga  |  April 24, 2009 om 12 : 20

    Dol dag die land vol? eisj.

  • 67. Liewe Heksie  |  April 24, 2009 om 12 : 51

    Boe! Hoe! Hoe! Hoe!

    Niemand het geonthou dat ek vandag vervel. Julle is slegte maatjies!👿
    😥 😥 😥

  • 68. Liewe Heksie  |  April 24, 2009 om 12 : 55

    Dit is vandag 42 April. Boe hoe hoe

  • 69. aventer  |  April 24, 2009 om 1 : 23

    sussa,,,het dringend hulp nodig

    http://choosegod.wordpress.com/2009/04/24/dead-man-walking/

  • 70. Nats  |  April 24, 2009 om 1 : 38

    EK GAAN SKREEEEEEEEEE!!!!!!

    SAA SE DIENS IS PATETIES!!!!!!!!!!

    Bespreek ‘n kaartjie op die website, nou moet ek dit verander… na ek op “hold” was vir 45min het ek uiteindelik met ‘n dame gesels en die vlug verander… nou nog nie ‘n e-pos ontvang nie… bel hulle weer… nou al oor ‘n uur op hold!!!!!!!!!!!!

  • 71. pop  |  April 24, 2009 om 2 : 28

    hi almal

  • 72. Olga  |  April 24, 2009 om 2 : 29

    Veels geluk liewe heksie omdat jy vervel. mag die Here jou seEn en nog baie jare spaar.

  • 73. Olga  |  April 24, 2009 om 2 : 30

    Ganit pop?

  • 74. pop  |  April 24, 2009 om 2 : 30

    geluk liewe heksie

  • 75. pop  |  April 24, 2009 om 2 : 31

    altyd voor die wind en da by jou?

  • 76. Olga  |  April 24, 2009 om 2 : 33

    heksie, hier is glas rooi koelas en dik sny blackforest koek wat ek take away van m+b af. as jy klaar is, gee ek jou n caramel dipped en nut sprinkled roomys van milky lane af.

  • 77. Olga  |  April 24, 2009 om 2 : 34

    Goed dankie. koud by julle?

  • 78. pop  |  April 24, 2009 om 2 : 37

    ja nogal..maar dis beter as die vreeslike hitte 🙂

  • 79. Olga  |  April 24, 2009 om 2 : 39

    Soos nou is fime. ek hou nie van baie warm en baie koud nie.

  • 80. Olga  |  April 24, 2009 om 2 : 41

    fine. skuus.

  • 81. Olga  |  April 24, 2009 om 3 : 38

    Lang naweek het vroeg begin.

  • 82. Adrie  |  April 24, 2009 om 5 : 35

    He He He – Roer. Daardie vraag is beantwoord. Die ACDP kan nie eers in ‘n daggadroom die verkiesing wen nie.

    Olga

    Nee, ek het myself vanoggend in Training vasgeloop

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: