Myn of Boer

April 22, 2009 at 9 : 09 103 Kommentaar

Ek het onlangs gehoor hoe boere in Mpumalanga wil verhoed dat 2oo nuwe myne goedgekeur word.  Dadelik weeg ‘n mens voedselsekerheid en werkskepping teen mekaar op.  Myne gee duisende werksgeleendhede, baie meer as boerdery.  Hoe meer steenkool daar beskikbaar is, hoe goedkoper word elektrisiteit.  Nuwe myne beteken ook gewoonlik dat die nabygeleë dorpe groei en uitbrei, wat natuurlik na nog meer werksgeleendhede lei.

Tog help die geld in jou sak niks as daar nie kos is om te koop nie.  Dit is skrikwekkend dat voedselproduksie in die provinsie alreeds met 60 % gedaal het.  Dit is baie duur om te boer en met lae gewaspryse en ander uitdagings wat boere in die gesig staar, kan baie boere net nie kop bo water hou nie.  Myne ontneem nie net moontlike landbougrond nie, myne lei na besoedeling.  Op die oomblik is die Witbank en Middelburgdam reeds onbruikbaar vir besproeiing, met die Europese Unie wat al reeds gewaarsku het dat baie ander van die besproeiings water ongeskik is.  Met ‘n verdere 200 myne, word daar voorspel dat die Vaaldam en -rivier onbruikbaar sal word.

‘n Tameletjie om die minste te sê.  Daar kan dae lank gedebateer word oor besproeiing en droëland boerdery, maar dit maak nie regtig saak nie.  Kan Suid-Afrika verdere waterbesoedeling bekostig?  Nee, die dae waar ons onverskillig oor die omgewing kon wees is verewig verby.  Behalwe dit, ons wil ook nie gif eet of drink nie.

Ek was nog nie bereid om die myne te veroordeel nie.  Tot die week se 50/50 (lees gerus die insetsel).  Dit handel oor hoe myne se aansoekvorms vol ongerymdhede is.  Die waarheid word onbeskaamd verdraai sodat daar nie rede sal wees om die aansoek af te keur nie.  Die voorbestaan van die omgewing, bedreigde diere of vleilande is van geen belang nie.

Wat egter nog erger is, is dat daar nie een staats departament is wat die verantwoordelikheid neem om die juistheid van die inligting na te gaan nie.  Almal was hulle hande in onskuld. 

Hoe hard praat Mammon werklik?  Wat behoort voorkeur te geniet, werkskepping (en volhoubare krag) of voedselsekerheid (en die omgewing)?  Met genoeg geld, kan ‘n mens kos invoer.  Wat van verantwoordelikheid en integriteit?  Wat dink julle hiervan?

Blogvraag:  50/50 is die langste aaneenlopenste omgewings program in die wêreld.  Hoe lank is dit al op die lug?

Blogantwoord:  Olga was reg met nuwe dag.

Entry filed under: Uncategorized.

Die President Poligamie

103 Kommentaar Add your own

  • 1. Beeld  |  April 22, 2009 om 9 : 15

    Cobus Claassen
    Skaars meer as die helfte van kossoorte in die Tshwane-metrogebied voldoen aan die wetlike standaard, terwyl waterbronne nie veel beter daar uitsien nie.

    Dit is luidens ’n verslag van die Tshwane-metroraad se departement van gesondheid en maatskaplike ontwikkeling wat eersdaags vir kennisname voor dié raad sal dien.

    Die verslag handel oor die mikrobiologiese en chemiese toetse wat in die tydperk 1 Julie 2005 tot 30 Junie 2008 lukraak op kosprodukte en water gedoen is.

    Die Landbounavorsingsraad (LNR) het die toetse vir die raad gedoen.

    Die verslag wys net 53% van die 744 kosmonsters wat tussen Julie 2007 en Junie 2008 aan mikrobiologiese toetse onderwerp is, het aan die wetlike vereistes, soos voorgeskryf in die Wet op Voeding-, Skoonheids- en Ontsmettingsmiddels van 1972, voldoen.

    Die chemiese ontleding van kos het van ’n 100%-standaard in Junie 2007 na 65% in die tydperk Julie 2007 tot Junie 2008 gedaal.

    Altesame 276 (57%) van die 481 mikrobiologiese en chemiese toetse wat van Julie 2007 tot Junie 2008 op drinkbare waterbronne gedoen is, het gewys dit voldoen aan die standaard soos voorgeskryf deur die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS).

    Gebottelde water het van 39% in Junie 2007 tot 60% in die tydperk Julie 2007 tot Junie 2008 gestyg.

    Die watermonsters sluit kraan- en gebottelde water en water uit reservoirs, boorgate, riviere en spruite in.

    Gepasteuriseerde melk, rou melk, sap en roomys is onder meer vir die bakteriologiese kostoetse gebruik en mieliemeel, beskuit, sout en pap vir die chemiese ontledings. Dit kom van verskeie bronne, onder meer winkelrakke.

    Net 31% van oppervlakskrapings wat tussen Julie 2007 tot Junie 2008 gedoen is, voldoen aan die standaard, teenoor die vorige jaar se 48%.

    Sedert Julie 2005 is daar geen tekens van cholera gevind nie.

    Die VF+ het gesê die verslag is skokkend.

    Dr. Conrad Beyers, VF+-raadslid, sê die metroraad behoort dringend verplig te word om alle wetlike vereistes vir water en kos na te kom. “Skoon water en kos, wat vry is van moontlik skadelike bakterieë en chemiese stowwe, is ’n basiese reg. Is die ANC vasberade om Suid-Afrika te laat verval tot die vlakke wat ons in Afrika sien?”

    Me. Sonto Thipe, burgemeesterslid vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling, se kantoor het teen druktyd nie op Beeld se navrae gereageer nie.

  • 2. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 9 : 16

    Eerste

  • 3. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 9 : 19

    25 Jaar

  • 4. Adrie  |  April 22, 2009 om 9 : 20

    Willes

    Gaan lees die berig op die verkiesingblog.

  • 5. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 9 : 56

    Adriana

    Ek het dit oppi tievie gesien toe hulle met ha gepraat het

  • 6. Olga  |  April 22, 2009 om 11 : 18

    Tweede. wk, speel ons tag?

  • 7. Olga  |  April 22, 2009 om 11 : 40

    Ek het op 50 /50 maandagaand gesien die myn mense skiet alweer met half oorgehaalde gewere. hulle vernietig soveel moontlik so gou moontlik.

  • 8. WILLE KJINDQ  |  April 23, 2009 om 5 : 13

    Ek willi opstaan nie 👿

  • 9. *Mathilda*  |  April 23, 2009 om 5 : 36

    more more
    kloon – ek kan nie by die verkiesingsbladsy inkom om te gaan skree ek het my kruisie DA getrek nie

  • 10. Adrie  |  April 23, 2009 om 7 : 59

    More Almal

    Kloon, vir wat sukkel Opera so met jou?

  • 11. Adrie  |  April 23, 2009 om 8 : 12

    Is ek die enigste een wat vandag by die werk is?

  • 12. Adrie  |  April 23, 2009 om 8 : 27

    Olga

    Ek kry nie die inkmerk van my duim af nie. Ek het nog nie baie hard probeer nie, maar in Gauteng kon mens net 1 keer stem.

  • 13. Beeld  |  April 23, 2009 om 8 : 41

    ’n 14-jarige seun is gisteroggend in Eendracht naby Leandra, Mpumalanga, dood toe ’n trein sy donkiekar getref het.

    Thomas Mango en ’n maatjie, Fano Mvimbi Madiba (10), het waterkanne met ’n donkiekar na die informele woonbuurt aangery.

    Die kinders moes ’n treinspoor oorsteek.

    Volgens insp. French van der Merwe, polisiewoordvoerder, het Thomas die donkiekar se leisels beheer.

    Die treindrywer het die toeter vir die kinders gedruk, maar Thomas het moontlik geskat hulle sou betyds oor die treinspoor kom. Hy het die donkies glo aangejaag.

    Fano het van die donkiekar afgespring.

    Die donkies het die treinspoor net betyds oorgesteek, maar die karretjie was steeds in die trein se pad.

    Die trein het die karretjie met Thomas daarop getref.

    Hy het verskeie kopbeserings opgedoen en is op die toneel dood. – Arisja Jacobs

  • 14. Beeld  |  April 23, 2009 om 8 : 44

    Antoinette Pienaar
    Meer as 24 800 bottels Dettol-ontsmettingsmiddel word van winkelrakke onttrek nadat dit in ’n fabriek onder meer met asetoon besmet is.

    Reckitt Benckiser Pharmaceuticals, die vervaardiger, het gister gesê vier besendings antiseptiese vloeistof, wat in 750 mF-bottels verpak is, word geraak.

    Me. Tersia Loots, ’n woordvoerder, het gesê die besmetting het vermoedelik gebeur toe die produkte middel Februarie vervaardig is.

    Die fabriek (Pharma q) het in roetinetoetse vasgestel die besendings is met asetoon en butoksiëtanol (butoxyethanol) besmet.

    Die vlakke van besmetting is glo 0,02% en oorsese toetse het bevestig dit is nie gevaarlik vir menslike gebruik nie.

    Tog waarsku Reckitt Benckiser verbruikers wat enige vorm van abnormale irritasie van die vel, oë of neus ervaar, om onmiddellik ’n mediese dokter te besoek.

    Asetoon is ’n bestanddeel van naellakverwyderaar en die tweede middel, butoksiët?anol, kom hoofsaaklik in verfoplosmiddels, skoonmaakmiddels, vloeibare seep, kosmetiese middels en vernis voor.

    Volgens Wikipedia is dit dodelik vir insekte en moet mense voorsorg tref wanneer hulle daarmee werk. Sommige dierestudies het getoon dit kan vrugbaarheidsprobleme en geboortedefekte veroorsaak. By mense kan langdurige blootstelling aan hoë vlakke daarvan tot neus- en oog-irritasie, hoofpyne, naarheid en ’n metaalsmaak in die mond lei.

    Navorsing wys ook die vel kan die middel se dampe absorbeer.

    Die vervaardiger het die Medisynebeheerraad in kennis gestel en glo self besluit om die produkte te onttrek.

    Na wat verneem word, vervaardig die fabriek ook ander produkte en is dit moontlik dat kruisbesmetting plaasgevind het.

    Hulle is besig met ’n diepte-ondersoek.

    Verbruikers wat produkte met die besendingnommers 55726, 55730, 55732 en 55734 (vervaldatum 02/2011) in hul besit het, moet Reckitt Benckiser se klantediensnommer bel: 0961 11 11 00.

  • 15. Olga  |  April 23, 2009 om 8 : 45

    Arme thomas. mag hy salig rus.

  • 16. Klip  |  April 23, 2009 om 8 : 47

    More almal

  • 17. Klip  |  April 23, 2009 om 8 : 48

    Arme donkies, hulle het ook seker seer gekry?

  • 18. Olga  |  April 23, 2009 om 8 : 49

    More, more.

  • 19. Klip  |  April 23, 2009 om 8 : 51

    Ek is baie geirriteerd , dit moet daai verdomde dettol wees

  • 20. Adrie  |  April 23, 2009 om 8 : 53

    Ek kan nie help om oor die donkies te wonder nie, maar die dood van die seun is tragies.

    Donkie karretjies is nogal kostelik. Veral as jy een buite Pick en Pay parkeer sien.

  • 21. Nats  |  April 23, 2009 om 9 : 02

    Lo julle!!

  • 22. Olga  |  April 23, 2009 om 9 : 18

    Ek het laas in chrissiesmeer n donkie karretjie gesien.

  • 23. Olga  |  April 23, 2009 om 9 : 22

    of soos hulle daar se n dooingkiekarretjie.

  • 24. aventer  |  April 23, 2009 om 9 : 28

    boo!!!!

    ek is terug, vir so 5 minute…

    maar wou net se…

    HALLOOOOOOOOOOOOOOOOO
    ALMAL!!!!

  • 25. *Mathilda*  |  April 23, 2009 om 9 : 54

    howdy

  • 26. Wheelbarrow Jack  |  April 23, 2009 om 9 : 55

    Dagse. Ek sien som mense is maar steeds hulle bekkige self. Ander verf hulself vas met ekpraat,ander kan nie meer die skool internet op pappa se pc misbruik nie. En ander is net n irritasie. Sebastiaan, ek slaan nie vrouens nie. Maar ek slaan beslis terug. Dit word refleks genoem.

  • 27. *Mathilda*  |  April 23, 2009 om 9 : 56

    ek wil ook weet wat van die donkies

  • 28. Wheelbarrow Jack  |  April 23, 2009 om 9 : 57

    Lekker dag vir die rose dn afwesige dorings.

  • 29. *Mathilda*  |  April 23, 2009 om 9 : 58

    die ding maak my kwaad

  • 30. *Mathilda*  |  April 23, 2009 om 10 : 07

    ai ek ruik alweer n drol

  • 31. *Mathilda*  |  April 23, 2009 om 10 : 10

    ek wil nie my merkie afwas nie – dit lyk soos n spinnekoppie !

  • 32. *Mathilda*  |  April 23, 2009 om 10 : 15

    dis Vrydag vandag !

  • 33. *Mathilda*  |  April 23, 2009 om 10 : 18

    wa is almal nou al weer

  • 34. *Mathilda*  |  April 23, 2009 om 10 : 22

    hallo – anybody out there ?

  • 35. Klip  |  April 23, 2009 om 11 : 01

    Hi daar Mathilda , hoop dit gaan goed met jou vandag

  • 36. Klip  |  April 23, 2009 om 11 : 03

    Juffrou: Gatiepie, wat beteken “KORTWIEK”
    Gatiepie: Juffrou, dit is ‘n gewone wiek met ‘n public holiday in.

    Geniet die KORTWIEK!!!

  • 37. Klip  |  April 23, 2009 om 11 : 10

    While walking down the street one day an ‘Member of Parliament’ is
    tragically hit by a truck and dies.

    His soul arrives in heaven and is met by St. Peter at the entrance.

    ‘Welcome to heaven,’ says St. Peter. ‘Before you settle in, it seems there is a problem. We seldom see a high official around these parts, you see, so we’re not sure what to do with you.’

    ‘No problem, just let me in,’ says the man.

    ‘Well, I’d like to, but I have orders from higher up. What we’ll do is have
    you spend one day in hell and one in heaven. Then you can choose where to spend eternity.’

    ‘Really, I’ve made up my mind. I want to be in heaven,’ says the MP.

    ‘I’m sorry, but we have our rules..’

    And with that, St. Peter escorts him to the elevator and he goes down, down, down to hell. The doors open and he finds himself in the middle of a green golf course. In the distance is a clubhouse and standing in front of it are all his friends and other politicians who had worked with him.

    Everyone is very happy and in evening dress. They run to greet him, shake his hand, and reminisce about the good times they had while getting rich at the expense of the people.

    They play a friendly game of golf and then dine on lobster, caviar and
    champagne.

    Also present is the devil, who really is a very friendly , nice guy who has a good time dancing and telling jokes. They are having such a good time that before he realizes it, it is time to go.

    Everyone gives him a hearty farewell and waves while the elevator rises…

    The elevator goes up, up, up and the door reopens on heaven where St. Peter is waiting for him.

    ‘Now it’s time to visit heaven.’

    So, 24 hours pass with the MP joining a group of contented souls moving from cloud to cloud, playing the harp and singing. They have a good time and,before he realizes it, the 24 hours have gone by and St. Peter returns.

    ‘Well, then, you’ve spent a day in hell and another in heaven. Now choose your eternity.’

    The MP reflects for a minute, then he answers: ‘Well, I would never have said it before, I mean heaven has been delightful, but I think I would be better off in hell.’

    So St. Peter escorts him to the elevator and he goes down, down, down to hell.

    Now the doors of the elevator open and he’s in the middle of a barren land covered with waste and garbage.

    He sees all his friends, dressed in rags, picking up the trash and putting
    it in black bags as more trash falls from above.

    The devil comes over to him and puts his arm around his shoulder. ‘I don’t understand,’ stammers the MP. ‘Yesterday I was here and there was a golf course and clubhouse, and we ate lobster and caviar, drank champagne, and danced and had a great time. Now there’s just a wasteland full of garbage and my friends look miserable.

    What happened?’

    The devil looks at him, smiles and says, ‘Yesterday we were campaigning.. ..

    Today you voted.’

  • 38. Klip  |  April 23, 2009 om 11 : 24

    Dop die wereld om. haal al die steenkool uit , rehabiliteer die grond en laat beeste en skape daarop wei.
    Ons almal eet mos vleis ,Wie wil nou mielies eet ,?

    Die vorige bedeling het al die goeie steenkool diep onder die grond uit ge myn , en nou kom krap die aasvoels die laaste steenkool hier met hulle “open cast” myne.

    Hoekom sal ons worry oor water ons koop dit sommer in bottels by PnP.

    Kry oom Bob uit die kussings en Zim word weer die brood mandjie van Afrika , dan kan ons mos sommer by hulle brood koop

  • 39. Wille Kjind Q  |  April 23, 2009 om 11 : 36

    GGGRRR!!!!!!

  • 40. Wille Kjind Q  |  April 23, 2009 om 11 : 56

    Ai tog!

  • 41. Olga  |  April 23, 2009 om 12 : 09

    Nee, heng wk, campaigne jy weer vandag?

  • 42. Olga  |  April 23, 2009 om 12 : 11

    ou jeremiah gaan sy softseat kry. mag die duiwel hom haal.

  • 43. Wille Kjind Q  |  April 23, 2009 om 12 : 11

    Laaste probeerslag

  • 44. Olga  |  April 23, 2009 om 12 : 39

    Ons gaan natuurlik mielies nodig he om nandos en kfc mee te maak

  • 45. *Mathilda*  |  April 23, 2009 om 1 : 17

    Okay maaikies – sien julle weer – ek het nou klaar my verlofvorm ook kom invul vir more – nou is ek op my pad vir ‘n LAAAAANNNNNGGGGGG naweek !

  • 46. Adrie  |  April 23, 2009 om 2 : 08

    HOWZIT????

    Iemand my gemis?

  • 47. Adrie  |  April 23, 2009 om 2 : 51

    Ek haat sinus.

  • 48. Olga  |  April 23, 2009 om 2 : 57

    Gee die sinus n 5ml elk sout en koeksoda per 1liter afgekoelde kookwater dikwels met n spuit in die neusgate op. sinus sal gou die aftog blaas.

  • 49. Adrie  |  April 23, 2009 om 3 : 00

    Olga

    Gaan dit vir die ore ook werk?

  • 50. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 02

    Ja, dit sal defnitief. jou ore is toe omdat jou sinuskanale geblok is. stoom sommer jou gesig sowat 10 minute lank ook.

  • 51. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 04

    Met of sonder n druppel of 2 bloekom, karval, kamèr of enige ander welriekende olie.

  • 52. Adrie  |  April 23, 2009 om 3 : 05

    Gelukkig sukkel ek nie met ‘n post nasal drup nie.

  • 53. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 05

    Skuus karvol of kamfer.

  • 54. Adrie  |  April 23, 2009 om 3 : 06

    Ag nee, hel, Olga

    Moet ek nou eers ‘n apteek gaan leegkoop?

  • 55. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 07

    Die stoom en spoel is nie net vir post nasale drup nie. begin in die ore maar sal by die keel uitkom.

  • 56. Adrie  |  April 23, 2009 om 3 : 10

    Eish. Asseblief nie.

  • 57. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 11

    1 nie almal. en ek het gese met of sonder. as die kookwater onaangenaam ruik, sit sommer n badsoutkristalletjie of 2 by. of n lemoen of nartjie skilletjie. die olietjies is maar net vir die reuk.

  • 58. Adrie  |  April 23, 2009 om 3 : 16

    Sjoe, Olgatjie

    En al die verkleinwoordjies?

  • 59. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 20

    Want dis klein goedjies jufroutjie annieki.

  • 60. Adrie  |  April 23, 2009 om 3 : 21

    Ek dink ek het vandag op ‘n paar myners se tone getrap. Hier is tonne rooflesers, maar niemand se n woord nie.

    Hulle merk ons dalk.

  • 61. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 21

    Ons was hazy view toe. dis warm daar.

  • 62. Adrie  |  April 23, 2009 om 3 : 22

    Olgatjie

    Jy soekies dalkies nou vir moeilikheidjies.

  • 63. Adrie  |  April 23, 2009 om 3 : 22

    Dit is nogal koel nog hier vandag. Ek wonder wanneer kry ek my kar vandag terug.

  • 64. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 23

    Dink jy hulle gaan prospekteerhamers op ons gebruik? of dinakamiet?

  • 65. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 24

    H et jy kar gekoop?

  • 66. Adrie  |  April 23, 2009 om 3 : 25

    Dinamiet – dan exit ons met ‘n bang.

  • 67. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 26

    Of waar is die maantuig heen?

  • 68. Adrie  |  April 23, 2009 om 3 : 28

    Olga

    Lyk dit vir jou of daar geld op my rug groei?

    Lucy is in vir ‘n diens.

  • 69. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 31

    Lucy klink beter as my kar. as mens van kar wil praat, moet jy eers n kar he.

  • 70. Adrie  |  April 23, 2009 om 3 : 32

    Olga

    Hoe sal jy nou weet wat ‘n regte kar is? HUh? HUH? HUH?

  • 71. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 33

    diens op dari maantuip kos seker n myn se prys.

  • 72. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 34

    Ag ek meen n plaas se prys.

  • 73. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 35

    Tuurlik sal ek ek weet. myne het sommer by voeglike naamwoord ook. so ordentlik is my kar.

  • 74. Adrie  |  April 23, 2009 om 3 : 37

    Ne? Ek dog nog altyd dat dit staan vir Foute orals, reperasies daagliks.

  • 75. Adrie  |  April 23, 2009 om 3 : 38

    Ai tog. WordPress gee my vandag opdraande. Waar is my comment heen?

  • 76. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 42

    Verkeerd. dit se fo..en ordentlike ry ding.

  • 77. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 44

    Vra maar vir zoekoe. wie het hom verjaag? jy of die ousie?

  • 78. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 52

    My vmr het n ding oor pjs. ek gaan vandag in winkel in. daar hang toe die oulikste pj broeke vir r30. ek sien dit het rooi tag op en aanvaar dis laas jaar se goed wat hang. stap aan, wik en weeg, mbr daar hang baie. ewentwel, ek draai by die skoene rak om en gaan kry 3 broeke. sien die ou prys was r89. wel, geen rede vir my om te kla nie. k om by die til, betaal. dit wil nie scan nie. die kassiere sit die prys met die hand in. ander kassiere gesels in hulle taal. kom die bestuurder by, vra of hy die broeke mag sien. kyk daarna, vou mooi op en sit terug in die sak. neem mikrofoon en roep n paar name. die r30 tags moes op iets anders gewees het. ai, my party mag dalk nie ingekom het nie, maar ek kan wragtig nie altyd verloor nie.

  • 79. Olga  |  April 23, 2009 om 3 : 53

    Ai tog. vmr moes tumi gewees het.

  • 80. Adrie  |  April 23, 2009 om 4 : 02

    Het jy toe die PJ bottoms gekry?

  • 81. Wille Kjind Q  |  April 23, 2009 om 4 : 02

    Testing 1 2 3

  • 82. Adrie  |  April 23, 2009 om 4 : 05

    Daar is my comment al weer weg.

  • 83. Olga  |  April 23, 2009 om 4 : 11

    Ai, wk, gee die boger n boek en n pen.

  • 84. Adrie  |  April 23, 2009 om 4 : 12

    Ja, dit hy die blerrie goed nie verloor nie. GRRRRR

  • 85. Wille Kjind Q  |  April 23, 2009 om 4 : 17

    Kom ek try weer………

    ( ( ( ( ( ( ( ( ( ( H A L L O ! ! ! ! ! ) ) ) ) ) ) ) ) ) )

  • 86. Wille Kjind Q  |  April 23, 2009 om 4 : 19

    Wanne issit wee InniBos?

  • 87. Adrie  |  April 23, 2009 om 4 : 20

    Eerste week/naweek in Julie

  • 88. Klip  |  April 23, 2009 om 5 : 16

    A3 snuif sherbert vir die sinus, dit help nie maar dit smaak darem beter

  • 89. Klip  |  April 23, 2009 om 5 : 17

    Dis die naweek die Sasol rally onder in die laeveld, wens ek was nou in Sabie

  • 90. Klip  |  April 23, 2009 om 5 : 19

    Sabie, Graskop, Witrivier, Nelspruit……………

  • 91. Klip  |  April 23, 2009 om 5 : 22

    Al daai welriekende olie is net so dat n mens se poep nie moet stink nie

  • 92. Olga  |  April 23, 2009 om 6 : 39

    Buite graskop. gelukkig kom bedinges hulle nie meer ons plek met hulle gejaag in die bos nie. ek dink dis meer mac mac tot sabie en verder.

  • 93. Olga  |  April 23, 2009 om 6 : 40

    Poep stink deur enige iets. net gasmasker keer dat dit stink.

  • 94. Olga  |  April 23, 2009 om 6 : 45

    Sinus kan nogal n blessing vir n stink poeper wees. dink net, jy ruik nie jou indiskressitjie nie.

  • 95. ADRIANA  |  April 23, 2009 om 6 : 52

    Behalwe as iemand baked beans geeet het.

  • 96. Olga  |  April 23, 2009 om 6 : 57

    In die geval van baked beans, moet jy maar n servet byderhand hou.

  • 97. WILLE KJINDQ  |  April 23, 2009 om 7 : 05

    Eerste!!!!!!

  • 98. Adrie  |  April 23, 2009 om 7 : 06

    Eerste met wat? Willes?

  • 99. WILLE KJINDQ  |  April 23, 2009 om 7 : 06

    :mrgreen:

  • 100. Adrie  |  April 23, 2009 om 7 : 07

    Eerste met ‘n myner se hamer bygekom?

  • 101. WILLE KJINDQ  |  April 23, 2009 om 7 : 08

    Ek skree solank virri volgende post 😉

  • 102. Adrie  |  April 23, 2009 om 7 : 11

    Ek gaan gou eers eet.

  • 103. Appadvate  |  November 19, 2010 om 10 : 37

    Is this where I should post my intro?. Folks, you can call me Andriana. I like online college see people can article marketing automation. I’m going to researching more about this place doringsensomsrose.wordpress.com

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za