Die President

April 21, 2009 at 5 : 34 205 Kommentaar

Teen die naweek behoort ons finaal te weet wie die volgende president gaan wees.  Alle verwagtinge is dat dit Jacob Zuma gaan wees, maar daar kan dalk miskien ‘n klein verrassing op ons wag.

Die goeie vraag is wat is die posbeskrywing van die president.  Hy moet tog seker iets doen behalwe om agter geslote deure met ander presidente te kuier.  Verskoon my, amper vergeet ek van die jaarlikse nuwejaarsboodskap en die staatsrede – toesprake in die algemeen. 

Dit is dalk ‘n goeie idee om met die waardes en beginsels van die presidensie (dws die president, adjunk en minister) te begin.  Dit word gelys as regverdigheid, lojaliteit, openlikheid, bemagtiging, INTEGRITEIT en uitnemendheid.  Verskoon my snork.  Daar is ook ‘n tweede lys waardes, wat gekoppel is aan die beginsel van Batho Pele (mense eerste).  Hulle is verantwoordelikheid, toerekeningsvatbaarheid, verbinding tot diens, optrede, beleefdheid, geregtigheid en gelykheid.  Ek sal eerder my mening van hoe Zuma daaraan voldoen vir myself hou. 

Die president se pligte intimideer my glad nie, self ek sal dit kan behartig.  Dit is nogal ‘n mondvol, maar ek sal eerder van Wikipedia se bondige opsomming werk.  Voor die handliggendste is die president die hoof van die land en die leier van die kabinet.  Hy stel al die ministers en lede van die kabinet aan, so ook die hoofregters (chief justices) van die staat.  Die president is die opper bevelvoerder van die weermag.  Hy kan oorlog of vrede verklaar soos hy goed dink.  Die president moet ook alle wetgewing en alles wat daarmee gepaardgaan goedkeur.  As die wetgewing teen die grondwet (wat die president moet beskerm) indruis, moet hy dit na die kabinet terugverwys om reggestel te word.  Hy skryf darem nie self die wette nie.  Die president deel ook toekennings en Nasionale orde van die staat uit.

Ek hoop julle almal weet dat die parliment in Kaapstad is en die administrasie in Pretoria.  Die president het dus 2 kantore, naamlik Tuynhuys en die Unie gebou.  Die president het nie minder as 4 wonings nie, wat Zuma seker goed te pas gaan kom met al sy vroue.  In die Kaap is dit Genadendal en Higstead.  Voor Mandela het die presidente in Groote Schuur gebly, maar dit is deesdae ‘n museum.  In Pretoria is dit Mahlamba Ndlopfu, voorheen bekend as Libertas.  (Oliver Tambo Huis, voorheen bekend as Overvaal, is die tuiste van die adjunk).  Laastens is King’s House in Durban.

Laastens moet jy seker weet hoe om die president aan te spreek as jy iewers in hom vasloop.  Dit is “U edelagbare”, “Meneer die President” of “die hooggeagte wie-ook-al.”

Onthou nou jou more jou plig en gaan trek jou kruisie.  As jy nie weet vir wie nie, raai ek die DA aan. ;)  Vir die pret het ons die 2009 verkiesing in ‘n resies omskep.  Kom dui jou posisie aan nadat jy gestem het.  Bo, langs Bly te Kenne.

Blogvraag:  Wat beteken Mahlamba Ndlopfu?

Blogantwoord:  Olga was reg met Keeping it Straight and Simple.  Op een of ander manier het hulle meer as 6000 stemme getrek in 2004 en was hulle laaste.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Hoop vir Suid-Afrika in geweld??? Myn of Boer

205 Kommentaar Add your own

  • 1. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 16

    Vinger!? Huh?

  • 2. Adrie  |  April 22, 2009 om 10 : 19

    Domkrag, jy kan maar jou vinger vir my epos. Ek gaan nie my sel nommer op die blog sit nie.

  • 3. Adrie  |  April 22, 2009 om 10 : 20

    Jou oom wat voete was

  • 4. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 22

    Jy lieg!!!!!!!!!!!!!! Wa staan jy??????

  • 5. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 23

    Wa my comment

  • 6. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 24

    GGGGGGGRRRRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 7. Olga  |  April 22, 2009 om 10 : 24

    Oom botha het vmore gestem. hy was 6 mense voor ons in die tou. hy was 21 jan maar net 81 en dra nie eers bril nie.

  • 8. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 25

    Is jy seker? Wa staan jy?

  • 9. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 26

    HALLO!!!! IEMAND STEEL MY COMMENTS!!!!

  • 10. Adrie  |  April 22, 2009 om 10 : 26

    Ek is darem al oppie perseel

  • 11. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 27

    Ek dink nie dis snaaks nie

  • 12. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 28

    …..Dat iemand my comments gesteel het

  • 13. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 29

    Gmpf

  • 14. Adrie  |  April 22, 2009 om 10 : 33

    Willes, ek het jou gered. Ek stem naby my huis. Soos ek se, ek is nie heeltemaal seker nie.

  • 15. Adrie  |  April 22, 2009 om 10 : 35

    Eerder jou comments as jou stem.

  • 16. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 37

    Pragtig… Baja pragtig. Ek gatti in my kar spring en na jou valley toe ry net om uit te vind dat dat dit NIE my oom issi

  • 17. Adrie  |  April 22, 2009 om 10 : 39

    Met die laaste verkiesing het die ANC meer as 10 mil stemme gekry. Die DA so 1.9 mil en die IFP 1.1 mil. Net meer as 15 mil het gestem. Bietjie useless info.

  • 18. Adrie  |  April 22, 2009 om 10 : 40

    Jou oom het klaar gestem, in sy kar geklim en gewaai.

  • 19. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 41

    Thanx vi die useless info

  • 20. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 42

    X 2

  • 21. Adrie  |  April 22, 2009 om 10 : 44

    Hy het nie koeksisters gehad nie. Ek is honger

  • 22. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 45

    Teeni tyd wat ek dux het jy al gestem hoop ek

  • 23. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 47

    Eet vanni lekke kos wat Klip gelos het

  • 24. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 49

    Ek kyk ‘n lazyhorse en ha welpies op 2

  • 25. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 50

    Aaaaag moeder

  • 26. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 10 : 57

    R u done yet?

  • 27. Olga  |  April 22, 2009 om 11 : 08

    Ek kook brawn en bak hertzoggies.

  • 28. Wheelbarrow Jack  |  April 22, 2009 om 11 : 42

    Sal jou kloon regtig gaan stem? Jy moet weet sy kan mans links en regs slaan, hospitale afbreek. Dink jy sy gaan tussen honderde swartmense toustaan? Sy gaan net n storie vertel van hoe sy 50 swartes wat voor haar ingedruk het uitgesort het en toe word sy weggejaag

  • 29. Adrie  |  April 22, 2009 om 11 : 44

    Domkrag

    Ek dink sy weet wat is goed vir haar. Sy gaan rondom middagete.

  • 30. Sebastiaan  |  April 22, 2009 om 12 : 53

    Die witbaas hy soek hom poefies met die verkeerde miesies? Die witbaas hy weet hom mos die miesies matilda hy kan hom alles regblixem. Ook mos die blogousie hy es hom so sterek.

  • 31. Sebastiaan  |  April 22, 2009 om 12 : 59

    Wha ha ha ha ha ha ha ha ha!!!

    Wbj
    Ek hoop as die brawe kru dames jou ooit blixem sal jy vastrap en die daperheid uit hulle blixem. Die fok weet, ek sal.

  • 32. Adrie  |  April 22, 2009 om 1 : 40

    Sjoe, Basjan. Was die Wimpy toe dat jy so aggro is?

  • 33. Olga  |  April 22, 2009 om 2 : 30

    Wie stem nog?

  • 34. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 2 : 30

    Nes ek my rug draai sal die slangbollie ‘n draai kom maak

    Sebastiaan

    Jy kan maar staan oupa. Die 4k weet….. Ek gat vote eerder wee voorlat ek aan kak slaan.

    Ek hoop julle 2 het dam 1 regte ding gedoen vandag en reg gestem. En soos ek vroeër al gesê het… Sommige mense kan my kom ousie maar anner het my toestemming norig. Sorry vir julle 2 wit base maar julle is nie deel van my vriendekring nie en sodoende sal julle nooit toestemming kry nie

  • 35. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 2 : 34

    Olga

    Gelukkig het hulle tyd tot 9 vanaand

  • 36. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 2 : 43

    My 3ling

    Ja sal baie trots wees op T. Sy lees ‘Seile op die horison’ van Ena Murray. Syt vanoggend begin en so deur die spelery trek sy nou by bladsy 28.

  • 37. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 2 : 48

    Joh! Malema sê die Nandos ad is “the worst racist ad ever”. He! He! En dis “disrespectfull of african leader”

  • 38. Olga  |  April 22, 2009 om 3 : 53

    Ek beter meer tv kyk. ek het die nandos ad nog nooit gesien nie.

  • 39. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 4 : 36

    Olga

    Die ad is oppi radio ôk

  • 40. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 5 : 20

    Daas 5 rooflesers en almal sit met ‘n mond vol tanne

  • 41. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 5 : 24

    Ekt kla gekook en tuingebou en en en en

  • 42. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 5 : 33

    Malema moet asb tog net nooit president word nie. Hys hopeloos TE milutant (spelling?). Wat ek net nie verstaan nie is dat die man te jonk is om apartheid in sy beste tyd kan onthou nie. Hoe oud was hy inni laat 80s?

  • 43. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 5 : 39

    Nwt

  • 44. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 5 : 58

    Hys in 1 en freakin 80 gebore. Dit maak die snotkop 28😕 Wat de moer weet hy van apartheid?

  • 45. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 6 : 00

    Ek sou my dood geskaam het as hy fêmilie van my was

  • 46. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 6 : 02

    Mind you…… Ek sou my dood geskaam het as sekere mense ôk my fêmilie was

  • 47. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 6 : 26

    Sammi

    Jy moet gat skree 10de

  • 48. Olga  |  April 22, 2009 om 6 : 54

    Wk, ek en jy gat tjoekie toe. mr nando is n stuk drivel. iemand, verkieslij n klein maer boertjie moet sy bek toeslaan. dit sal die ding se bek toemaak.

  • 49. Olga  |  April 22, 2009 om 6 : 59

    Sammi, wie jy ookal is, jy moenie juf annie jem om die bek smeer nie. haar kop is reeds te groot. die ding se verwaandheid ken geen perke nie.

  • 50. Olga  |  April 22, 2009 om 7 : 01

    By the way, ek het die ink merkie met seep en water afgewas.

  • 51. Olga  |  April 22, 2009 om 7 : 03

    Hoekom gebruik hulle in elk geval ink as hulle die vingerafdrukke kan scan? ek vra maar net. ek is mos nie n dr nie.

  • 52. WILLE KJINDQ  |  April 22, 2009 om 7 : 15

    Olga

    Ons ka saam inni tjoekie gat sit en giggel oori ‘change’ van mr nandos

  • 53. *Mathilda*  |  April 22, 2009 om 8 : 48

    kruiwa en sebastiaan
    maak biki julle oge oop, ek is nie die tipe wat links en regs bliksem wat my nie pas nie, en ja ek het gaan stem en nie agter 50 swartes gestaan nie, en as ek het was dit ook nie n issue nie !

  • 54. *Mathilda*  |  April 22, 2009 om 8 : 52

    iemand hier ?

  • 55. Adrie  |  April 22, 2009 om 9 : 03

    Tilla

    Gaan skree gou 11de daarbo by Verkiesing 2009

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: