Hoop vir Suid-Afrika in geweld???

April 20, 2009 at 5 : 47 153 Kommentaar

Boendoe het die naweek geskryf dat sy van plan is om in Afrika te bly en geensins van plan is om te gly nie.  Iemand het haar gevra wat beteken dit om vir die land te baklei.  Dit het my aan die wonder gesit.

Wat beteken dit om vir jou regte, die behoud van jou kultuur en jou toekoms te baklei?  Daar is uitgewys dat die Afrikaner se pogings geignoreer word.  Hofsake word geopen en selfs gewen.  Die uitsprake word net geignoreer deur die mense wat moet optree.  Petisies en betogings help ook nie.  Help die beskaafde baklei metodes enigsins?  Moet ons nou onsself na iets meer fisieks wend?

Ek kry soms die gevoel dat daar ‘n groep Boere is (nie noodwendig op Boendoe se blog nie) wat verwag dat almal wat blank en Afrikaans sprekend is, hulle roere moet afstof en hulle regte met geweld opeis.  Dit is nou te sê as jy genoeg spierkrag het om een op te tel.  Hulle is swaar en lomp en meer prakties om te gebruik as jy iemand wil aanrand.  Selfs al verander ons die wapen van voorkeur, is ek nog steeds nie seker geweld is die oplossing nie.

Wat kan ons regtig met geweld bereik?  In die eerste plek is ons ver in die minderheid, met ongeveer 4 miljoen blankes en dus nog minder Afrikaanssprekendes.  Nog minder wat bereid gaan wees om die wapen op te neem.  Die klompie weerbares gaan eerstens De la Rey tegniek probeer om meer weerbares met die sambok by die front te kry.  Gaan dit enige iemand help?  Ek twyfel, die oormag is te groot.

Het oorlog al iets goeds tot gevolg gehad?  Ja, daar was groot wetenskaplike spronge in die wêreld oorloë gewees.  Was dit die prys werd?  Die prys van die onskuldige bloed wat vergiet is?  Oorlog word gewoonlik deur ‘n paar mense veroorsaak, wat nie ‘n voet op die slagveld sit nie.  Hulle betwis ‘n ander groep mense wat ook nie ‘n voet op die slagveld sit nie.  Dit raak ‘n magspeletjie waarvoor hulle nie betaal nie, tot die swakker vegters hulle probleem mense vermoor.  Tog laat dit beide partye slegter agter as voor die oorlog.

Aan die ander kant, sou Hitler met iets anders as oorlog gestuit gewees het? 

Ek moet seker aanvaar dat daar ‘n plek vir geweld is.  Tog moet dit die allerlaaste uitweg wees.  Domastrantheid werk niks nie, om as ‘n held te sterf en om jou kinders op te offer, los net lyke.  Dit verander niks nie.  Massaselfmoord is dalk minder pynlik met minder moeite.

Woensdag gaan hopenlik ons almal ons kruisies trek.   As jy geregistreer is, kan jy stem, ongeag van die verkiesingstasie waar jy jou bevind.  Jy kan egter net nasionaal stem as jy nie by jou plaaslike munisipaliteit geregistreer is nie.  Bel 0800 11 8000 vir meer inligting. 

Stem is een van die maniere om vir Suid-Afrika te baklei.  Moenie die geleendheid verby laat gaan nie.

Blogvraag:  Waarvoor staan die akroniem K.I.S.S, een van die partye wat aan die verkiesing gaan deel neem?

Blogantwoord:  Olga was reg met 12 Desember 1994

Baie geluk aan Emil wat more (21 April) verjaar. 

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Skoolfonds verneukery Die President

153 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  April 21, 2009 om 3 : 55

    🙄

    Het jy die eerste ding daarbo gesien?

    En nee, jy kan nie nou eerste skree nie.

  • 2. Nats  |  April 21, 2009 om 5 : 04

    Koebaai julle!!!!

    Helen Zille
    Ek wens jou al die beste toe vir môre!! DA BO!!!!!!

    Lekker stem julle!!!

  • 3. Wille Kjind Q  |  April 21, 2009 om 5 : 21

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: