Skoolfonds verneukery

April 19, 2009 at 3 : 56 100 Kommentaar

Daar bars die bom.  Hoërskool Waterkloof, waar elke kind se pa se bank bestuurder iemand is, se mense aan die stuur van sake het vermoedelik hulle vingers in die skoolfondskassie.  Waterkloof se skoolfonds beloop tussen R1078,45 en R958,45 per maand oor 11 maande.  Dit is tussen R 12513 en R 11193 per jaar per kind, wat die R650 registrasie fooi insluit.  Soos menige model C skool (wat nie meer mag bestaan nie) hef hulle ook fooie vir buitenmuurse aktiwiteite soos sport en kultuur, vir kleiner klasse in sekere vakke en ekstra klasse.  Dit is egter nie al nie.  Hulle het iets soos kapitaalheffing, teen ‘n bedrag van R3400 per kind per skoollooppaan, wat vir die instandhouding van hulle infrakstruktuur aangewend moet word.  Ek is nie seker hoeveel leerders hulle het nie, maar daar was in 2005 447 mense wat matriek geskryf het.  Dit blyk dus om so 2500 – 3000 leerlinge te wees.

Die bogenoemde kostes het ek van hulle webwerf afgekry.  Soos ek van die koerant berigte van die afgelope tyd moet aflei, is daar baie ander inkomste ook.  Op hulle webwerf word daar heelwat advertensies van borge geflits.  Hulle het advertensieborde op hulle terrein wat glo tot R30000 elk kan inbring.  Elke klas en elke sport groep moet ook op hulle eie fondse insamel. 

Geen wonder dat daar vrae gevra word nie.  Veral as die skoolhoof erken dat hy sonder toestemming R500 000 rente vry van die skool geleen het.  Ons almal weet regskostes is nie goedkoop nie, die Waterkloof 4 se verhoor was ‘n sirkus en sy seun is een van die 4 (al was hy nie ‘n leerder by die skool nie).  Die adjunkhoof het ‘n 6 slaapkamerhuis in Silver Lakes, een van die rykmanskomplekse in Pretoria.  As hy dit op sy salaris kan bekostig, begin ek môre om vir ‘n HOD te swot.

Ek het om die eerlike waarheid te praat ‘n sagte plekkie vir Hoërskool Waterkloof, ten spyte van hulle buitensporige fooie.  Hulle is altyd bereid om ‘n goeie saak te ondersteun.  Die hele aangeleendheid laat my wonder of Hoërskool Waterkloof die enigste skool is wat uitgevang is.  Daar is model C skole in Pretoria wat duurder is, al moet die ouers nie soveel “verskillende rekeninge” vereffen nie. 

Ek het sommer vir interessantheid na my ou skool se skoolfonds gekyk, wat R4700 per jaar verloop met die R500 registrasiefooi insluit.  Ander fooie word nie genoem nie en toe ek op skool was, het die skoolfonds alles ingesluit.  Hulle fasiliteite is indrukwekkend, met ‘n geskatte 22 leerders per onderwyser.

Dit laat ‘n mens wonder.  Hoe kan een skool met ‘n skoolfonds van R4700 ‘n jaar oorleef en ‘n hoë standaard onderrig bied en ‘n ander beskou R12513 as te min?  Hoe kan ‘n ander skool R14 200 per jaar vra, met klasgrootes van 35 leerlinge, terwyl ‘n ander skool teen ‘n derde van die prys 22 leerlinge per onderwyser het.  Ek gaan moeilik oortuig word dat die stadskole beter is as my ou skool.

Hoekom kan die skoolfonds van die verskillende skole so baie verskil?  Ek kon nie by elke skool wat ek opgesoek het, hulle skoolfonds sien nie, maar die goedkoopste skool wat ek gekry het was R710 per maand.  Onderwysers se salarisse word deur die staat betaal.  Of anders gestel, die belastingbetalers betaal die vasaangestelde onderwysers van die model C skole.  As jy nog boonop kinders het, moet jy deur jou ore vir skoolfonds betaal.

Ek dink daar is meer as een skool / onderwyser / beheerliggaam wat hulleself uit skoolfonds verryk.  Ek dink onderwys is ‘n reg en ‘n hoë standaard onderwys behoort vir almal beskore te wees.  Gratis.  Tot op universiteitvlak.  Die jeug is enige land se toekoms daarom behoort die land in die jeug te belê.

Hoe voel julle?  Wat betaal julle vir skoolfonds?  Is jy gelukkig met wat die skool vir die geld bied?

Blogvraag:  Wanneer het Suid-Afrika ‘n lid van UNESCO geword?

Blogantwoord:  Die Rivier van Vrees.  Willes was reg.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Sabie Hoop vir Suid-Afrika in geweld???

100 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  April 19, 2009 om 5 : 37

    Eerste

  • 2. Olga  |  April 19, 2009 om 5 : 49

    Google gee 100 verskillende datums. so wat van 12 dec 1994.

  • 3. Olga  |  April 19, 2009 om 5 : 56

    Ek verheevlhk my im elke skool waar die hoof of personeel of iemand hulle vingers in die skoolfonds gedoop het. net jammer dit maak nie die anc seer nie. hulle, die anc het armer wit kinders in s.a onskuldig gevonnis tot semi geleerdheid. instede dat hulle die arm swart plaaskinders se sware lot verlig. maar hulle wou of het geen arm swart kind n guns bewys nie. hulle het die kans op geleerdheid egter van armer wit kinders ontneem.

  • 4. Olga  |  April 19, 2009 om 6 : 12

    Dit is skandalig dat wit kinders in s.a moet betaal vir basiese geleerdheid, met ander woorde, van graad 1 tot graad 12. dit is skandalig dat skoolhoofde en beheerraad liggame ouers kan meedeel “as jy nie kan skoolfonds betaal nie, kan ons jou kind nie leer nie.” dit is skandalig dat n skoolhoof ewe pompous kan se “jou kind is 15. hy is nie meer skoolpligtig nie.” dit is skandalig dat van n ouer verwag word om voor n beheerraad te grovel en hulle finansiele sake oop te vlek en elke uitgawe te moet motiveer. dit is skandalig dat swart kinders, veral, tot 15km en verder skool toe en terug op lee mae moet stap om geleerd te kom. al betaal hulle tussen r50 en r150 per jaar skoolfonds. ek dink die anc moet boet vir die kans om gematrikuleerd te kom wat hulle witkinders ontneem het. hulle moet ook boet vir elke skool wie se skoolfonds gesteel of wan aangewend was. hulle het toegelaat dat skoolfonds in witskole handuit ruk. hulle is medepligtig aan die verduistering.

  • 5. Olga  |  April 19, 2009 om 6 : 15

    Mense moet asb nie weer volstruis speel op die onderwerp nie. ONTHOU dit is nie n hopi geld wat voor in die klas staan en julle kinders leer nie. dit is n mens wat daar staan.

  • 6. Klip  |  April 19, 2009 om 7 : 08

    Goeie naand…………..

  • 7. Klip  |  April 19, 2009 om 7 : 10

    Ek laaik onnies fokol……………

    Hulle laaik my ook nie …………

    Jammer om van julle kak te hoor………. mag julle almal in die tronk gaan sit , julle slim mense met die lang vingers

  • 8. Adrie  |  April 19, 2009 om 7 : 13

    Hallo Olga

    Ek het geweet jy sal van die onderwerp hou. Die beste is dat die geld nie aangewend word om onderwysers op te lei of beter te betaal nie.

  • 9. Klip  |  April 19, 2009 om 7 : 18

    Onderwysers ………. self aangestelde bewaakers van moraliteit, ek dink die klomp is erger as die mafia, hulle is ook seker voorsitters van een of ander kerk se kerkraad.

    Ondersteun n “goeie saak” om hulle korruptheid weg te steek , en as die pawpaw die fan strike dan staan al die fokkers wat aan hulle neuse gelei word bankvas agter hierdie klomp wetters

  • 10. Klip  |  April 19, 2009 om 7 : 26

    meeste skoolrade is in elk geval meer korrup as die ANC, want hulle bloedjies is mos almal prefekte , klas prefekte of bus prefekte

  • 11. Klip  |  April 19, 2009 om 7 : 32

    Stem nasionaal , behoort aan die ng kerk ………… alles is besig om hulle gat te sien

    Ek wil nog n blanke afrikaanse onderwyser ( skoolhoof) sien wat vir die ANC stem

  • 12. Klip  |  April 19, 2009 om 7 : 36

    Die ANC moet al die skoolrade op donner, en die skoolfonds vir hulle vat

  • 13. Wheelbarrow Jack  |  April 19, 2009 om 8 : 13

    Dit is n mondvol olga. Kom jy nop bloemfontein toe?
    Klip
    dit sal wragtig elke gatkruiper wat net meer skoolfonds betaal en glimlag en spog met hoeveel hulle meer as jy betaal se eie skuld wees.

  • 14. Olga  |  April 19, 2009 om 8 : 48

    He he he. dit sal poetic justice wees as die anc die skole se geld vat. nee, oom jack, ek gaan nie meer bfn toe nie.

  • 15. Olga  |  April 19, 2009 om 8 : 51

    Juf annie, jy het n volstruis blog geskryf. almal gaan nou bang wees meester en of juffrou gaan whaaaa skree.

  • 16. Olga  |  April 19, 2009 om 8 : 52

    Ek wonder of baby jane al in die skool is.

  • 17. Olga  |  April 19, 2009 om 8 : 54

    Di moontlikheid is nogal groot dat die anc die skole se geld kan annekseer. hulle verkiesing advertensies moet n paar plase se geld kos. sit n tv aan, dan dans jeremiah.

  • 18. Olga  |  April 19, 2009 om 8 : 56

    Tjoklitkoek a la olga en koffie vir almal. die 4 rooflesers ook.

  • 19. Adrie  |  April 19, 2009 om 8 : 57

    Olga

    Nogal n vraag daardie. Sy probeer seker uitwerk hoeveel sweeties sy met daardie skoolfonds kan koop.

  • 20. Adrie  |  April 19, 2009 om 8 : 58

    Die heleweek gaan vol volstruisblogs wees. So raak maar lus vir volstruis steak.

  • 21. Adrie  |  April 19, 2009 om 8 : 59

    O ja, dankie vir die koek Olga

  • 22. Olga  |  April 19, 2009 om 9 : 31

    Volstruis stebk kan nogal heel leke wees. ek bang niemand nie. jy weet mos ek word bang gedonner, nie bang gepraat nie. sowi oom jack.

  • 23. Olga  |  April 19, 2009 om 9 : 33

    jessica alba skree seker van hommer. dink sy sal hele volstruis opeet vere naels en al.

  • 24. Adrie  |  April 19, 2009 om 9 : 36

    Olga

    Whaahahahahahahahahaha

    Waar het Jessica Alba nou weer aangejaag?

  • 25. Olga  |  April 19, 2009 om 9 : 39

    Op di fliek. jy kan sommer die honger in haar oe en oop pruilbek siek.

  • 26. Adrie  |  April 19, 2009 om 9 : 41

    Nou is ek sommer vir haar part honger. Sonder dat ek eers kinders op skool moet hou.

  • 27. Olga  |  April 19, 2009 om 10 : 00

    opera is weer vol tjol vanaand. sy is ook seker hommer. sy en jessica moet maar baklei oor die volstruis. al2 hou van groot voel.

  • 28. Adrie  |  April 19, 2009 om 10 : 03

    😳

  • 29. WILLE KJINDQ  |  April 19, 2009 om 10 : 28

    Testing 1 2 3

  • 30. WILLE KJINDQ  |  April 19, 2009 om 10 : 28

    Uitfreakeneindelik👿

  • 31. WILLE KJINDQ  |  April 19, 2009 om 10 : 32

    Olga

    Ek hoop daas dam nog koek oor😯

    Klip

    Oppas lat jy nie ‘n hartaanval kry nie😉

    Witbaas Jack

    Ek sien jys wee jou mislike self🙄

  • 32. WILLE KJINDQ  |  April 19, 2009 om 10 : 35

    Ek het al my bek gespoel oor hierie einste topic en almal weet wat my mening is

  • 33. Adrie  |  April 20, 2009 om 8 : 04

    More Almal

  • 34. Adrie  |  April 20, 2009 om 8 : 05

    Willes

    Ek kan regtig nie onthou van ‘n skrywe wat gehandel het oor skoolfonds stelery nie.

  • 35. Olga  |  April 20, 2009 om 8 : 05

    More, more.

  • 36. Beeld  |  April 20, 2009 om 8 : 06

    Dirk Kok
    Bloemfontein. – Iewers in Bloemfontein loop daar ’n dief rond wat ’n paar goeie vuishoue in die maag van dr. Pieter Mulder, VF+-leier, gekry het.

    Mnr. Abrie Oosthuizen, die VF+ se nasionale voorsitter en Vrystaatse leier, het gister vertel Mulder het Vrydag in die Bloemfonteinse middestad met dié dief se gal gewerk toe hy sy selfoon wou roof. “Dr. Pieter het ’n lekker vuishou of wat ingekry,” het Oosthuizen gesê.

    Mulder, wat vroeër die week gaan gesig wys het by die stemmery vir Suid-Afrikaners in die buiteland, was skaars terug uit Londen toe die voorval plaasgevind het.

    Hy het in die passasiersitplek van Oosthuizen se motor oor die selfoon met sy politikus-broer, Corné, gepraat. Hulle was besig om oor verkiesingsake te gesels.

    By ’n rooi verkeerslig in Maitlandstraat het die dief toegeslaan.

    Hy het Mulder se selfoon deur die oop ruit probeer gryp. Mulder het teruggegryp. Die dief wóú die selfoon hê, maar Mulder wou ditnie vir hom gee nie.

    Mulder het gister van die worsteling vertel: “Dan was hy halflyf in die motor ingetrek en dan was ek halflyf uit die motor uit. Ons het ’n minuut of wat gespook. Ek het hom meer as een hou in die maag gegee. Toe spring ek uit. Hy het ewe rustig weggehardloop.”

    Mulder het gesê die blatante vermetelheid van die dief het hom woedend gehad.

    “Dit is nie die eerste keer dat ek onder misdaad deurloop nie. Daar is min mense in die land wat dit nog nie aan eie lyf gevoel het nie.

    “Ek wens die ministers en politieke hoës met hul lyfwagte en bloulig-konvooie kon weet hoe dit voel.”

  • 37. Beeld  |  April 20, 2009 om 8 : 11

    Marisa Phillips
    Bothaville. – ’n Vierjarige meisie herstel goed van haar wonde nadat sy hier op haar ouers se plaas deur ’n leeuwyfie aangeval is.

    Zanri Mostert (4) was meer as twee uur lank in die teater waar die leeu se kaphoue met tientalle steke geheg is.

    Sy het beserings aan haar kopvel, nek en oor haar lyfie opgedoen.

    Mev. Antoinette Mostert sê sy wil vir mense vertel wat gebeur het om hulle te waarsku dat kinders nooit alleen by wilde diere gelos moet word nie en al het haar kinders saam met leeus grootgeword, was Zanri steeds ’n slagoffer.

    Die reuse-leeuhokke op die Mosterts se plaas Lapdoorns word as ’n voorbeeld vir leeutelers voorgehou. Mev. Mostert sê die elektriese drade was egter af toe Zanri aangeval is.

    Sy sê Zanri was sowat vier weke gelede saam met haar vervreemde man, Thys, op die plaas doenig. “Die skape en hul lammers is in ’n kamp net sowat ’n padbreedte van die leeuhokke af. Zanri was saam met Thys by die skape en daarna is hulle weer terug na die huis.”

    Mev. Mostert was in die huis, sowat ’n klipgooi van die leeuhokke af, toe sy haar man hoor skree. Hy het met die bebloede Zanri aangehardloop gekom.

    Sy het vermoedelik by een van die leeuhokke gesit en haar voete deur die draad gesteek. Die leeu het Zanri met haar pote verskeie kere deur die draad bygekom en gekap. Daar was ook blou merke aan haar gesig soos sy teen die draad gedruk is. Daar is drie leeuwyfies in dié hok en Mostert is nie seker watter wyfie vir die aanval verantwoordelik was nie.

    Op ’n manier het Zanri losgekom en begin wegkruip. Dit is waar haar pa haar gekry het.

    Haar wonde is in ’n Klerksdorpse hospitaal geheg.

    Mostert sê omdat dit so ’n lang operasie was, het Zanri ook longontsteking gekry.

    “Dit is ’n wonderwerk dat sy lewe. Sy wil glad nie naby die leeuhokke gaan nie. Sy sê net die leeu het haar gebyt.

    “My boodskap aan ouers is om nooit hul kinders vir ’n oomblik alleen te los nie.”

    Die Mosterts het al jare lank ’n leeutelery op hul plaas.

    Mnr. Mostert, voorsitter van die roofdiertelersvereniging in die Vrystaat, sê hy wil nie kommentaar oor die voorval lewer nie en volstaan by wat sy vrou sê.

  • 38. *Mathilda*  |  April 20, 2009 om 8 : 14

    more maats

  • 39. Adrie  |  April 20, 2009 om 8 : 16

    Hallo Olga

    Lyk my jy is die enigste een wat al uit die vere is.

  • 40. Adrie  |  April 20, 2009 om 8 : 17

    TILLA

    Ek dog jy is vandag op training.

    Weet jou base nog nie dat jy kan lees en skryf nie?

  • 41. Olga  |  April 20, 2009 om 8 : 18

    Tilla het ook ontwaak. hoe gaan dit met julle?

  • 42. Adrie  |  April 20, 2009 om 8 : 21

    Ek wil nog slaap

  • 43. Adrie  |  April 20, 2009 om 8 : 23

    Ek wil my doodlag vir nommer 36. Ek wens ek kon dit sien. Lyk my VF+ beveg regtig misdaad handson.

  • 44. Carina  |  April 20, 2009 om 8 : 26

    Ek kan aan en aangaan oor skoolfonds. Ons, plattelandse hoërskool fooie (Oudste in Graad 10) se skoolfonds is R 695.00 per maand oor 11 maande. Uitgesluit is boekfooie van R 550.00 per jaar vir die voorreg om die handboeke te gebruik – nie refundable nie, biologie, huishoudkunde en IT ens se boeke moet apart gekoop word. Dit sluit ook bestanddele vir huishoudkunde take, voorskoot, alle skrifte en alle sportgelde uit.
    Boereverneukery as jy my opinie vra – Glo my , ons kinders kry nie top onderwys nie.

  • 45. Olga  |  April 20, 2009 om 8 : 27

    Dit is n goeie ene, sowaar. maar eintlik moes n dief jeremiah se foon beetgekry het. hy stel hulle n goeie voorbeeld. pleeg enige misdaad en kyk na my. dit is nie toerekenbaar nie. viva die anc.

  • 46. Adrie  |  April 20, 2009 om 8 : 32

    Carina

    Dit is wragtig krimineel. In my dae, het ons die bestandele vir Hotel houding by die skool gekry. Hulle wil nie goeie onderwys verseker nie, hulle soek net geld.

  • 47. *Mathilda*  |  April 20, 2009 om 8 : 38

    sein nie baie fresh hier nie

  • 48. Olga  |  April 20, 2009 om 8 : 39

    As die anc se model c skole bestaan nie meer nie, dan moet hulle die fondse vastel en publiseer. bv. r360 reg per kind per jaar vir laerskool. r500 registrasie pa per kind in hoErskool. r100 per kind pa per sportsoort. boekhuur? ek dink dit is sommer tjol. dit behoort by die skoolfonds ingesluit te wees. wat het geword van die wette wat gegeld het toe ons op skool was? waar n kind moes skool gaan in die omgewing waarin hulle woon? maar om finansiele redes word kinders van 100+ km tot skole buite hulle woongebiede toegelaat solank die ouers kan betaal. het julle al gedink… as gegoede ouers in townships en lokasies hulle kinders na wit skole stuur om te wys hulle kan dit bekostig, wie gaan hulle stemme dik maak om die beste vir die skole te kry?

  • 49. Adrie  |  April 20, 2009 om 8 : 43

    Vasgestelde skoolfonds vir alle skole?

    Kan seker werk. Die registrasie fooi kielie my. Jy betaal ook deur jou ore by varsity vir registrasie, maar dit kom van die totale klasfooie af. By skole lyk dit vir my na ‘n addisionele bedrag?

    Ek het geen idee hoe mense kinders kan bekostig nie.

  • 50. Adrie  |  April 20, 2009 om 8 : 46

    Tilla

    Wat betaal jy op die oomblik vir skoolfonds?

  • 51. Olga  |  April 20, 2009 om 8 : 47

    Ek se ook n kwota stelsel vir skoolbeheerliggame moet geld. is daar 600 kinders met n 10 lede beheerraad, kan n dr, ds, bankbestuurder, prokureur, fitter, petrolbowser, winkelklerk net verkiesbaar wees as daar 60 elk dr, ds, bankbestuurder, prokureur, fitters, petrolbowser,winkelklerke se kjinders in die skool is. hoe regverdig is dit dat n dr kan besluit hoeveel boekhuurgeld ingestel moet word? weet hy hoeveel kan die petrolbowser bekostig?

  • 52. Adrie  |  April 20, 2009 om 8 : 53

    Olga

    Dit gaan net verander wanneer die ander groepe hulleself beskikbaar gaan stel vir die beheerrade en hulle peers hulle gaan aanvaar en instem.

    Ongelukkig word mense te vinnig deur die dokter of prokureur geintimideer.

  • 53. Olga  |  April 20, 2009 om 8 : 55

    Die registrasiegelde is addisioneel. wat ek met my lang gekerm bedoel het, was dat skoolfonds absoluut moet wegval. dan bly net die registrasie en sportgeld, soos vasgestel deur die staat oor. die vereiste moet ook wees in die omgewing waar die kind woon. nie in die dorp want sy ouers kan dit bekostig nie, nie in jhb omdat die ouer kan nie. katoliek in ermelo kan nog hulle kinders jhb toe stuur omdat dit die naaste katolieke skool is. of kinders van kaapsehoop kan nog tegniese skool in nelspruit bywoon want dis die naaste tegniese skool ens.

  • 54. Olga  |  April 20, 2009 om 9 : 00

    As die regering dit afdwing kan die prokureur op sy kop staan, hy gaan nie outomaties die skool se agterstallige rekenings kry nie. is daar nie 60 prokureurskinders nie, is mev of mnr prokureur net n kieser. is daar egter 60 gekombineerd uit die dr, ds, prokureur en bankbestuurder moet die dr, ds, prok en bankbestuurder saamsmelt en 1 persoon verkiesbaar stel.

  • 55. Nats  |  April 20, 2009 om 9 : 03

    Goeie more julle!!!

    Ek kan nie onthou wat ons skoolfondse was per jaar nie… sal my ma moet gaan vra. Ek weet sy het gewoontlik die hele jaar se skoolfonds betaal (want dan is dit goedkoper) en omdat ons meer as een kind in die skool was was dit ook dan vir die 2de kind bietjie goedkoper.

    Ek is baie besig vandag, sal net nou weer kom in loer!

  • 56. Olga  |  April 20, 2009 om 9 : 07

    Ek het n paar jaar gelede gehoor dat die laerskool in amsterdam mp, skoolbeheerraadlede gehad het wie se kinders nooit die laerskool bygewoon het nie. hoe kon dit toegelaat word? het die skool departement al ooit n afgevaardigde na skole gestuur om die beheerrade te kontroleur? dink julle dit is reg dat iemand wie se kinders in waterkloof skoolgaan kan besluit wat gebeur in kokstad of dan amsterdam se skool?

  • 57. Adrie  |  April 20, 2009 om 9 : 10

    Tweeling

    Ek kan ook nie onthou wat my skoolfonds was nie. Ek dink amper dit was R135 oor 10 maande, en R100 vir boekhuur.

  • 58. Adrie  |  April 20, 2009 om 9 : 30

    Hoe amper vergeet ek van my wonderlike vergadering wat wag.

  • 59. *Mathilda*  |  April 20, 2009 om 10 : 28

    terror R310 pm x 11mnde en R500 registrasie en plig R575 x 11mnde en R350 registrasie. Net voorskoot van hotel betaal R60, verder als ingesluit

  • 60. *Mathilda*  |  April 20, 2009 om 10 : 32

    ek is kla moeg viri kursus

  • 61. Adrie  |  April 20, 2009 om 10 : 39

    Ek ook en ek is nie eers op vakansie nie.

  • 62. Adrie  |  April 20, 2009 om 10 : 46

    Sien julle wat ek bedoel? Ek bedoel ek is nie eers op kursus nie.

  • 63. Olga  |  April 20, 2009 om 11 : 24

    He, he, he, juf annie, jy het nie eers n kjenners wat jou kop deuqmekaar kon skree nie.

  • 64. Adrie  |  April 20, 2009 om 11 : 25

    Ek dink ek moet op vakansie gaan.

    Terwyl onderwysers huise in Silver Lakes kan bekostig, moet ek regtig vir ‘n HOD begin swot.

  • 65. *Mathilda*  |  April 20, 2009 om 11 : 32

    nou het ons middagete gehad – nou wil ek dudu

  • 66. Adrie  |  April 20, 2009 om 11 : 33

    Olga

    Daardie vrot hond slaap weer snags in my mond.

  • 67. Adrie  |  April 20, 2009 om 11 : 34

    Kloon

    Julle eet darem baie vroeg.

  • 68. Wille Kjind Q  |  April 20, 2009 om 11 : 57

    Any fact facing us is not as important as our attitude toward it, for that determines our success or failure

    @ My 3ling

    Jou vraag was “Hoe voel julle? Wat betaal julle vir skoolfonds? Is jy gelukkig met wat die skool vir die geld bied?”. En dis waaroor en my mond al uitgespoel het.

    Oori feit dat die klomp die geld gesteel het……… What’s new? Ek was nie eens stomgeslaan nie. As die president van ons land kan steel, verkrag ens dan kan ieder en elk in ons land dit doen😉

  • 69. Adrie  |  April 20, 2009 om 12 : 10

    Drieling

    Dink jy dat jy waarde vir die geld kry wat jy vir jou kind se skool betaal?

  • 70. Wille Kjind Q  |  April 20, 2009 om 12 : 20

    @ My 3ling

    Onthou net dat my kjind spesiale aandag norig het en nie rerig vergelyk ka word met anner kjinners nie. Ek wil okki die 1 kjind in ‘n relatiewe duur skool sit en die anne 1 in ‘n God verlate agtertangse staat skool nie. Dis hoekom ek maar hoes.

  • 71. Adrie  |  April 20, 2009 om 12 : 28

    Watter kind van jou het spesiale behoeftes? As ek aan die voorheen-dowe een dink, gaan hy mos nog nie skool nie. Ek dink hy het ‘n agterstand, maar een wat binne ‘n paar jaar ingehaal kan word.

    Wanneer begin hy skool?

    Ek sien baie van die privaatskole wil eintlik eers die kinders in gr 1 opneem wanneer hulle 8 jaar oud word.

  • 72. Wille Kjind Q  |  April 20, 2009 om 1 : 16

    Duh!! M het spesiale behoeftes. Die agterstand word vinniger uitgeskakel met die regte skool wat genoeg aandag aan die probleem areas skenk.

    Ek sit baie vas met mense wat dink dat ‘n staat skool ook goed genoeg is. Maar ek is sy ma en ek sal besluit wat die beste is vir hom. Al moet ek kaalvoet loop net solat my kjind gehelp ka word.

  • 73. Nats  |  April 20, 2009 om 2 : 01

    Alo!

    Gou ietsie om te eet en 5min om te chat!

    Wat het ek gemis!?

  • 74. Nats  |  April 20, 2009 om 2 : 07

    Ek s hoogs die hel in… ‘n maatskappy deur wie ons werk sê ons skuld hulle amper oor die 3 jaar se betalings!!!! Het toe ons rekening gevries, so nou sukkel ek om my werk te doen!!

    Baas bars toe amper ‘n aar in sy kop… vrou spring toe in om te help, maar nog niks nie!!!! Vandag se diens is pateties!!! Nou wil hulle ons die skuld gee want ons moes gesien het ons rekening is nie betaal nie.

    Ons het vir hulle al die bewyse deur gestuur + al hulle e-posse waar hulle ons betalings merk as “received”

    ^(*&*(&()*&)*()$#$^$##@%

  • 75. Adrie  |  April 20, 2009 om 2 : 22

    Duh!!

    Ek praat spesifiek vandag hier oor staatskole. Waarvoor n mens belasting en deur-jou-ore betaal.

    Ek het nou die dag van n privaatskool gehoor wat – sit vas – R12000 per kind per maand vra. Dit is meer as ten minste 70% van die land se huishoudings se inkomste.

  • 76. Nats  |  April 20, 2009 om 2 : 56

    R12 000 per maand!!!!!!!!!

    Nee hel, wat dink hulle is die skool?? Teen daai kostes beter my kind terug kom en ‘n Dr graad of iets hê! Ek sal dit nie betaal nie… en nie net omdat ek dit nie kan bekostig nie!

  • 77. Blom  |  April 20, 2009 om 3 : 14

    Hallo julle maakies!!!!!!
    onse piesies was dood dankie tog ons is weer op die lig!!! Intreresante onderwerp…..Willes ek weet van spesiale skole en spesiale kinners dis ‘n moeilike een…waarmee ek kan identify sal ook kaalvoet loop vir die goedjies!!!

  • 78. Wheelbarrow Jack  |  April 20, 2009 om 3 : 19

    Baie menseg get n wanbegrip oor kwaliteit skoling. Dit gaan nie oor die prys of oor staats vs privaat skole nie. Jy kry die luiste robbies vir onderwysers in privaatskole. Die prys en naam van die skool is al wat tel so wat maak dit saak as die goed lui is?

  • 79. Wheelbarrow Jack  |  April 20, 2009 om 3 : 23

    Juf swaardepoel jy het omtrent n skilpad blog vandag. Almal het in hulle doppe terug gepoel.

  • 80. Adrie  |  April 20, 2009 om 3 : 23

    Hallo Blom en Domkrag

  • 81. Adrie  |  April 20, 2009 om 3 : 25

    Domkrag

    Die mense is bang hulle beheerliggame vang hulle hier.

  • 82. Adrie  |  April 20, 2009 om 3 : 40

    This was made by a GATVOL WHITE MAN

    Nie te lank terug, het ek iets gesien by die wapen winkel wat my belang geprikkel het. Die geleentheid was my 10de huweliks herdenking en Ek was opsoek na iets ekstra vir my vrou. Wat ek toe gesien het ‘n100,000-volt, handsak-grootte tazer.

    Die effekte van die tazer was veronderstel om van korte duur te wees, met geen lang termyn effekte op jou aanvaller nie, net genoeg tyd om jou toe te laat om na veiligheid te vlug.

    Ek koop toe die apparaat en bring dit tuis. Ek laai twee aaa batterye in die ding en druk die knoppie. FOKOL! Ek was so teleurgesteld. Ek het toe later geleer , dat indien jy die ding teen ‘n metaal oppervlak druk en dan die knoppie druk kry jy ‘n blou “spark” tussen die penne. BRILJANT! Ongelukkig, moet ek nog aan my vrou verduidelik wat daardie brand kolle is op die voorkant van haar LG oond.

    So daar sit ek alleen tuis met die nuwe speelding en ek dink aan myself dat dit kan nie so erg skok nie, ek meen hy het dan net 2 aaa batterye in, NEE REGTIG!

    Ek sit in my leunstoel, my kat le uitgestrek langs my op die leuning terwyl ek die aanwysings lees. Ek begin toe dink dat ek regtig nodig het om die ding uit te toets op ‘n vlees & bloed bewegende teiken. Ek moet erken ek het gedink om vir kitty vir ‘n fraksie van ‘n sekond by te dam, maar toe beter van dit gedink. Sy is so ‘n soet kat en, soos meeste van julle reeds weet, die hel het geen gelyke soos ‘n pissed off kat nie, maar, voor ek die ding vir my vrou gaan gee wil ek ten minste die versekering he dat die ding my vrou kan beskerm teen ‘n mugger soos dit geadverteer is. Nie waar nie?

    Daar sit ek toe in my kortbroeken my Bul ondersteuner trui aan, met my leesbril delikaat op die brug van my neus, aanwysings in een hand, tazer in ‘n ander. Die aanwysings sê dat ‘n een sekonde bars sal jou aanvaller skok en disorienteer; ‘n Twee sekonde bars was veronderstel om spierspasmas en ‘n totale verlies van liggaamlikke beweging aan te bring.. ‘n Drie sekonde bars sal maak dat die aanvaller inmekaar sal sak soos ‘n vis uit water, enige bars langer as drie sekondes sou ‘n mors van batterykrag wees.

    Met al die informasie kyk ek na hierdie klein apparaat van omtrent 5 duim lank en minder as ‘n 3/4 duim in omtrek; Regtig te oulik en tog net gelaai met twee klein ou aaa batterye dink aan myself geen flippin manier dat die ding tog skade kan berokken nie!

    Wat volgende gebeur is amper bokant beskrywing, maar ek sal my bes doen. Ek sit toe alleen daar, die kat kyk op met haar kop een kant toe gedraai asof om te sê, “Moet dit nie doen nie. Ek redeneer toe dat ‘n een sekonde bars van so ‘n klein ou ding kan tog nie so seer kan wees nie. Ek besluit ek gee myself ‘n een sekonde bars net vir die hel daarvan. Ek raak die penne aan my naakte dy, druk die knoppie , en ma, wapens van massa vernietiging, kak op ‘n stok, f@&$ my george!!!!! ek is seker die Blou Bul span het bo oor my gedraf, my opgetel en my oor en oor op die mat neergemoer het en toe net vir die pret die leunstoel op my kop gegooi het.

    Ek het so ‘n vaagweg herhindering van wakker word op my sy in die fetale posisie, met trane in my oë, my liggaam deurnat met iets wat ruik soos pis, albei tepels wat brand soos vuur, my eiers nêrens te vinde nie, met my linker arm onder my liggaam ingedruk in die snaakste posisie, en naalde en spelde in my bene. Die kat staan oor my maak meowing klanke wat ek het nooit voorheen gehoor het nie en sy lek my gesig, ongetwyfeld dink sy vir haarself haarself, doen dit weer, doen dit weer jou onnosele d00s!

    Asseblief luister na die stem ondervinding – daar is geen sodanige ding as ‘n een sekonde bars wanneer jy jouself zap nie!!!!. Jy sal nie die ding kan los nie tot dit uit jou hand uitgeruk word deur ‘n moerse slag.

    ‘n Minuut of so later (Ek kan nie seker wees nie, tyd was ‘n relatiewe ding op daardie punt), Ek het my verstand gekollekteer (die bietjie wat oor was), regop gesit en die wereld bekyk. my gebuigde leesbril het misrabel op die mantel gehang. hoe het hulle daargekom? My triceps, regter dy en beide tepels was steeds seer. My gesig het gevoel asof ek ‘n oordosis novocain ingekry het, en my kaak het listeloos gehang asof my onderlip 88 lbs geweeg het. Terloops, teen die tyd het my eiers gevoel of hulle tot binne in my liggaam teruggetrek het êrens rondom my ribbekas was en wag nog steeds vir die “alles skoon” sein voordat hulle uit die bomb skuiling weer sal verskyn. Ek weet nou hoe die Tom Hanks karakter gevoel het wanneer hy moes gaan soek het vir Privaat Ryan . Ek voel ek behoort ‘n beloning aanbied vir hulle veilige terugkeer.

    Tot vandag toe ondervind ek dat alles krimp sodra ek iets in ‘n muurprop indruk. So indien u ooit genoodsaak voel om jouself te wil “mug” met ‘n tazer om hom te toets, neem my advies! herhaal die sin. . . hier, kitty kitty. . . . …

  • 83. Wille Kjind Q  |  April 20, 2009 om 3 : 40

    3ling

    Het jy die skool gebel en bevestig? Ek glo nie somme wat anner mense my tune nie.

    Jy kry staatskole en jy kry staatskole. Verskil is die motion of de ocean en hoe groot die hand is wat vanni pie steel. Daar is rerig nie ‘n staatskool wat amper viniet is EN jou kan gee wat jy veronderstel is om te kry nie. Da is staatskole wat wel bv spraak terapeute het maar dan is dit vir al die kjinners saam en dis 1keer ‘n week.

  • 84. Adrie  |  April 20, 2009 om 3 : 47

    Willes

    Ek het die privaatskool inligting van iemand op die beheerraad van daardie skool gekry.

    Die goeie vraag is nou hoeveel is amper verniet?

  • 85. Blom  |  April 20, 2009 om 4 : 00

    A3 nou my self oopgeruk oor daai d*&s wat homself skok!!!!
    Dit was nou lekker lees stof!!!! sal vannaand op die katel lê en giggil lol

  • 86. Nats  |  April 20, 2009 om 4 : 14

    Tweeling
    Nou wa moet ek nou tyd kry om jou boek van ‘n comment te lees?? 🙂

    Julle ek het nou so lekker gelag… jy kry darem maar dom mense!!!! Die vrou sê ek moet nie na die uitstaande fakture kyk nie, ook nie na die staat nie… so toe vra ek haar na wat ek moet kyk vir die bedrag geld wat ons hulle mos “skuld”

    NEE SY WEET NIE!!!!😆 shame!

  • 87. Adrie  |  April 20, 2009 om 4 : 21

    Nats

    Lees vinnig. Die lewe is te kort om stadig te lees.

  • 88. Adrie  |  April 20, 2009 om 4 : 22

    GRRRR

    Is ek al weer spam????

  • 89. Adrie  |  April 20, 2009 om 4 : 26

    O, Hier is ek!!!!

  • 90. Wille Kjind Q  |  April 20, 2009 om 4 : 30

    @ A3

    Amper viniet in R150 per maand en minner

  • 91. Adrie  |  April 20, 2009 om 4 : 31

    Die vraag is waar is julle?

  • 92. Adrie  |  April 20, 2009 om 4 : 35

    Willes

    Ek glo werklik dat elke kind die reg tot ‘n goeie opvoeding het – kosteloos. Jy (en ek en baie ander wat hier lees) is in die posissie om vir ons kinders se opvoeding te betaal. Wat baie gaan help in hulle toekoms. Maar wat van die kind wie se ouers dit nie kan bekostig nie? Dit is nie die kind se skuld wat sy/haar ouers se finansiele posisie is nie.

    Elke kind behoort al die geleendhede te kan benut om vir hom/haar ‘n goeie toekoms te skep. Dit moet nie deur Rand of sent beperk te word nie. Dit is natuurlik ‘n ander saak as hulle nie die geleendhede benut of soek nie.

  • 93. Wille Kjind Q  |  April 20, 2009 om 5 : 29

    @ A3

    Ek wonner wat sal gebeur as ons ALMAL nie skoolgelde betaal nie😯

  • 94. Adrie  |  April 20, 2009 om 5 : 39

    Willes

    Dit sal sports afgee, AS JY ALMAL SO VER KAN KRY OM TE WEIER

  • 95. Adrie  |  April 20, 2009 om 5 : 40

    Ons weet egter hoe kan hierdie nasie van ons saam staan.

  • 96. Adrie  |  April 20, 2009 om 5 : 41

    Daar is ‘n groter kans dat Bafana Bafana die wereldbeker in 2010 wen.

  • 97. Adrie  |  April 20, 2009 om 5 : 43

    Kan ons sommer ook weier om belasting te betaal, terwyl ons weier?

  • 98. Adrie  |  April 20, 2009 om 5 : 44

    Solank niemand weier om te stem nie. Dit is nie ‘n opsie nie.

  • 99. Adrie  |  April 20, 2009 om 5 : 45

    Dalk moet ‘n verkiesing ook ‘n quorum he. As daar nie ten minste 66 % van geregistreerde kiesers stem nie, is die verkiesing ongeldig. Dan kan almal maar weier om te stem.

  • 100. Adrie  |  April 20, 2009 om 5 : 46

    En daar wonder Willes haarself vas aan die slaap.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: