Sabie

April 18, 2009 at 5 : 25 30 Kommentaar

Sabie is ‘n dorp wat geleë op die oewer van die Sabie rivier en die plato van die Drakensberge.  ‘n Kombinasie wat tot die ontstaan van die mooiste watervalle gelei het. 

Al strek Sabie se geskiedenis eeue ver terug, gaan ek net konsentreer op wat tot die ontstaan van die dorp gelei het.  Sabie se hoogte maak dit dit nog altyd malaria vry was, die ideale plek vir jagters om hulle basis kampe te vestig.  Tydens ‘n jagtog wat Henry Glynn gelei het, was ‘n rots raak geskiet wat ‘n goud rif ontbloot het.  Dit het mense soos vlieë gelok.

Die natuurlike woude was afgekap om vir mynbedrywighede aan te wend.  Joseph Brook het in 1876 die eerste bome aangeplant in ‘n poging om die woude te herstel.  Na 14 jaar van droogte en die Depressie was baie boere op hulle knieë en sonder inkomste.  Die staat het ingegryp (1929 – 1932) en plantasies begin aanplant om die mense van werk te voorsien.  Sabie is vandag nog ‘n bosbou dorpie.

Wanneer ‘n mens vandag in die rigting van Graskop ry en by die Loggers Inn regs draai, lei die pad na die volgende watervalle.  Dit word aanbeveel dat jy na die verste waterval eerste gaan en jou pad dan terug werk.  Goeie stapskoene is ‘n moet, die paaie is glad.  Jy moet ook bereid wees om te klouter. 

Lonecreek – 68 m hoog.  Dit is ‘n 9 km teerpad tot by die valle en ‘n 200 m gerieflike stap om die waterval met die hand te groet.

p1020792

 Horse Shoe – ‘n verskriklike grondpad met baie stof.  Jy sal oor ‘n paar rotse moet klouter maar dit is die moeite werd.

p10208151

Bridal Veil – 70 m.  Ek het 38 verskillende Bridal Veils in 8 verskillende lande op die internet gekry.  Weereens ‘n verskriklike grondpad (jy het nie ‘n 4 x 4 nodig nie), maar dit is net 3.2 km lank.  Daarna moet jy stap op ‘n padjie wat as uitdagend bemark word.  Dit is blykbaar net 700 m lank, maar dit voel soos 700 km.

p1020874

Alles die moeite werd.  Elke keer wat die wind verander sien jy ‘n ander waterval.  As jy gelukkig is, kry jy geselskap langs die pad.

 p1020854

Iewers in die toekoms sal ek iets op sit van die watervalle tussen Sabie en Graskop.

Blogvraag:  Die Sabie rivier kry sy naam van uluSaba wat die Shangaan mense die rivier genoem het.  Wat beteken uluSaba?

Blogantwoord:  Willes was amper reg met groen 1966 Thunderbird.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Spontaan teenoor impulsief Skoolfonds verneukery

30 Kommentaar Add your own

  • 1. Sonkind  |  April 18, 2009 om 6 : 20

    Dis waar ek sal kan bly as ek nie in die Kaap kan bly nie🙂

  • 2. Coyote  |  April 18, 2009 om 7 : 02

    Tweede
    ek sal nou graag daar wou wees
    Dit lyk rerig staning

  • 3. Adrie  |  April 18, 2009 om 7 : 05

    Hallo Son

    Ek hoop dat jy weet dat jy dan in die bos gaan bly. Vra vir Willes oor die mediese dienste wat beskikbaar is. Maar dit is mooi. Daar is meer fotos op Facebook as jy belangstel.

  • 4. Adrie  |  April 18, 2009 om 7 : 08

    Coyote

    Dit is regtig die moeite werd. Die kinders geniet dit baie, maar dit vat moeite om hulle te oortuig om nie die ape met die hand te groet nie.

  • 5. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 7 : 50

    EERSTE!!!!!!!!!!:mrgreen:

  • 6. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 7 : 53

    Place of little fear….. Of so iets

  • 7. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 7 : 54

    As dit nie virri wonnerlike mediese dienste wassi dan het ek vandag nog gedroom van in Sabie gat bly

  • 8. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 7 : 58

    Op ‘n stadium was ek somme 2 of 3 keer ‘n maand in Sabie en natuurlik Graskop, Pilgrim, die wille tuin ens

  • 9. Klip  |  April 18, 2009 om 8 : 51

    Goeie naand almal

  • 10. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 9 : 42

    Lo da Klip

  • 11. Olga  |  April 19, 2009 om 12 : 32

    Ulusaba beteken die nuus in sabie, graskop en pelgrimsrus.

  • 12. WILLE KJINDQ  |  April 19, 2009 om 7 : 42

    River of fear!

  • 13. WILLE KJINDQ  |  April 19, 2009 om 7 : 47

    O ja….. More more

  • 14. Adrie  |  April 19, 2009 om 9 : 52

    More!

  • 15. WILLE KJINDQ  |  April 19, 2009 om 10 : 09

    Mirrag 3ling

  • 16. Adrie  |  April 19, 2009 om 10 : 12

    Mirrag se stert. Dit is nog vroeg!

  • 17. WILLE KJINDQ  |  April 19, 2009 om 11 : 11

    Mirrag begin na 8

  • 18. Olga  |  April 19, 2009 om 11 : 56

    Jou eerste google dink ek was reg gewees wk. plek van n bietjie vrees. maar vir my is die watervalle natuurlik een en almal plek van baie vrees.

  • 19. Olga  |  April 19, 2009 om 11 : 57

    Of beter nog, ulu (plek) saba (vrees of bang)

  • 20. Olga  |  April 19, 2009 om 11 : 58

    Terwyl daar nog tyd is,
    more, more.

  • 21. *Mathilda*  |  April 19, 2009 om 1 : 14

    hallo maters

  • 22. Adrie  |  April 19, 2009 om 1 : 25

    Olga, jou Shangaan is nie baie delicious nie 😉

    Hallo Kloon

  • 23. roer  |  April 19, 2009 om 2 : 57

    Stunning.

  • 24. Olga  |  April 19, 2009 om 3 : 22

    Ek ken nie masjangaan nie. ek ken net boeretaal.

  • 25. WILLE KJINDQ  |  April 19, 2009 om 3 : 28

    Olga

    He! He! Die 1ste antwoord was wat ek onthou wat iemand eendag gesêg het. Die tweede antwoord het ek gegoogle nadat jy geantwoord het. Ek wou net gat loer het of ekki dalk iets gemis hetti😆

  • 26. WILLE KJINDQ  |  April 19, 2009 om 3 : 31

    Ek ga net gou my bed stil maak. Die mal ding skree al van net so 1 af dat ek hom moet ko warm hou. TSK!

  • 27. Adrie  |  April 19, 2009 om 4 : 43

    Die vrees kom glo van al die krokkedille wat voorheen in die rivier voorgekom het.

  • 28. WILLE KJINDQ  |  April 19, 2009 om 5 : 34

    Met die vloede wat partykeer daar was sou ek ôk bang was virri waters

  • 29. WILLE KJINDQ  |  April 19, 2009 om 5 : 37

    En natuurlik het my bed net die regte geluide gemaak om my vir ‘n rukki da te hou:mrgreen:

  • 30. toortsie  |  Desember 1, 2010 om 8 : 36

    dankie Xena dat jy vir my die link gegee het. Die wonder van die natuur is dat dieselfde ding elke dag anders lyk!!!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: