Spontaan teenoor impulsief

April 17, 2009 at 6 : 01 60 Kommentaar

Is daar ‘n verskil tussen spontaan en impulsief?  Al is ek geen taalkundige nie, sal ek dit as volg definieer.  Spontaan is as jy iets doen sonder om vooraf daaroor te dink.  Impulsief is meer ‘n karakter eienskap, iets wat jy op die ingewing van die oomblik doen.  Self sien ek spontaan ook eerder as ‘n aksie tussen mense en impulsief as ‘n onbeplande optrede.

Ek is glad nie spontaan nie.  Was nog nooit en sal seker nooit wees nie.  Ek kan wel met tye erg impulsief wees.  Dit is selde dat ek iets buitensporig doen, maar wanneer my kop uithak, hak dit behoorlik uit.

So ontmoet ek my ma en haar suster eendag in Johannesburg vir middagete.  Hulle was op hierdie stadium uitgekuier in Johannesburg, dus het ons gou-gou besluit om eerder Pretoria toe te gaan.  Oppad na Pretoria maak ek nogal die grap dat ons moet Bloemfontein toe.  Ek was verseker dat ek mal is.  Ons was by ‘n paar besienswaardighede voordat ons Menlyn toe is.  Hoewel dit al redelik laat was toe ons in Menlyn aangekom het, was daar meer as genoeg om ons tot na 10 in die aand besig te hou.

Ek sou die nag by hulle deurgebring het, maar ek moes eers by my woonstel my klere en tandeborsel kry.  Dit was al na 12 toe ek weer my Bloemfontein grappie opper.  Wat 10 ure gelede geklik was, was skielik ‘n baie goeie plan.  Na ‘n vinnige stop om gou klere te kry, ry ons daardie tyd van die oggend Bloem toe.  Net na 4 gaan klop ons my ma se ander suster wakker en begin kuier dat die hoor en sien vergaan.  My tannie het egter om 2 nm weer ‘n afspraak in Johannesburg gehad, dus moes ons kort na ontbyt terug ry. 

Dit was impulsief, dit was geklik en dit was lekker.  Ongelukkig hang impulsiwiteit dikwels af van jou geldsake en verantwoordelikhede.  ‘n Mens kan dit tydelik opsy skuif, maar nie regtig vergeet nie.  Al kan impulsief se sinoniem soms as spontaan gegee word, is dit nog lank nie roekeloos nie.  

Ek wil nie eendag ryk wees nie, maar ek soek net genoeg geld om impulsief te kan lewe.  Dink net as jy teen ‘n Donderdagmiddag verveeld is en jy kan daar en dan kaartjies na die Griekse Eilande toe bespreek vir die naweek?  Of jou kar staan jou nie die oggend aan nie en teen die middag is jy die eienaar van iets anders.  Jy hou nie van die buurt waarin jy woon nie en jy pak dadelik jou goed om elders te gaan bly.

Die Bybel sê jy mag nie begeer nie, maar die Bybel sê niks oor beplan nie.

Is jy impulsief?  Hou jy van impulsiewe mense?  Wat het jy al op die ingewing van die oomblik gedoen?

Blogvraag:  Met watter kar gaan Thelma en Louise op hulle Roadtrip?

Blogantwoord:  Domkrag was reg met Sr Sarah Salkahazi.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

‘n Ware Heldin Sabie

60 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 6 : 20

    eerste

  • 2. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 6 : 23

    ek is baie impulsief

  • 3. Adrie  |  April 17, 2009 om 6 : 43

    Hi kloon

  • 4. Olga  |  April 17, 2009 om 8 : 02

    Elo, elo.

  • 5. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 04

    Tweedeste!

  • 6. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 05

    ’66 Thunderbird

  • 7. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 06

    Olga! Lo da. Ganit?

  • 8. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 12

    Eks ‘n impulsiewe spontane mens. Gelukkig is my kjinners game vi alles wat ek doen. Ek besluit somme op ‘n vrydag om die volgende oggend 2 uur te ry na ‘n plek toe wa ek nie eens weet wa ek gat slaapie

  • 9. Olga  |  April 17, 2009 om 8 : 18

    Ek het geen impulsiewe spontane b3n in my liggaam nie. gaan goed wk. hoe gaan dit met jou?

  • 10. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 18

    Ek was al so impulsief dat ek tot binne inni willetuin gery toe bel ek alli kampe om te hoor wa da plek is. Natuurlik het ek plek gekry en ons het toe lekka in ‘n warm bed geslaap

  • 11. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 19

    Ga gud dankq Olga. Jy sal seke nêrns saam my ka ga nie

  • 12. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 20

    Ek het nog net 1 keer in my se kar gedux😉

  • 13. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 23

    Nou jeuk my gat wee

  • 14. Olga  |  April 17, 2009 om 8 : 24

    Se my n week voor die tyd wk, dan gaan ek saam.

  • 15. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 25

    Ek wonner hoe lyk Klein Kariba se boekings vi more………..

  • 16. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 26

    My brein werk nie so lank voori tyd nie Olga. Ek bel jou as ek op jou voorstoep staan

  • 17. Olga  |  April 17, 2009 om 8 : 28

    Dan het ek al klaar hooi op my vurk.

  • 18. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 28

    Of nog beter….. Ek wonner hoe lyk Emmerentie Geldenhuis se boekings

  • 19. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 29

    Gooi daai hooi af!!!! Homer kan vir ‘n dag of 10 al1 regkom

  • 20. Adrie  |  April 17, 2009 om 8 : 30

    Ek wonder hoe lyk Kulula.com se besprekings? Ek is lus om Kaap toe te gaan.

  • 21. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 32

    Solank jy nie 1time se boekings uitcheck nie

  • 22. Olga  |  April 17, 2009 om 8 : 32

    Vat my saam. vat my saam. ek gaan somdat pta toe.

  • 23. Olga  |  April 17, 2009 om 8 : 33

    Sondag.

  • 24. Adrie  |  April 17, 2009 om 8 : 36

    Ek sal Sondag moet terug vlieg. Helaas. Wat kom jy in Pta doen, Olga?

  • 25. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 37

    Olga kom blogjol toe

  • 26. Adrie  |  April 17, 2009 om 8 : 42

    Wat?😯 Reel jy een sonder om my te nooi? Sies!

  • 27. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 48

    Sy gat na ‘n top secret blogjol toe

  • 28. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 50

    Dis so topsecret dat sy self nie eens weet vannit nie😯

  • 29. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 51

    Ek wil rerig erig nou iets kry om te doen

  • 30. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 53

    Ek gat netti WEE 2 uur opstaan nie

  • 31. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 54

    Miskien is Dullstroom stiller die naweek

  • 32. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 8 : 56

    O ja…… Gat jy Kaap toe om oppi strand te tjank😉

  • 33. Adrie  |  April 17, 2009 om 9 : 00

    Gmf! Nee en ek gaan ook nie verloof raak nie.

  • 34. Adrie  |  April 17, 2009 om 9 : 01

    Vang jy dan vis? Daar is niks anders om in Dullstroom te doen nie

  • 35. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 9 : 02

    Okki gym nie!?

  • 36. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 9 : 03

    Daas baja om te doen da

  • 37. Adrie  |  April 17, 2009 om 9 : 04

    Soos whiskey tasting?

  • 38. Adrie  |  April 17, 2009 om 9 : 05

    Salome stuur tjoklitkoek. Genoeg vir almal.

  • 39. Adrie  |  April 17, 2009 om 9 : 06

    Vir die rooflesers ook.

  • 40. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 9 : 11

    ➡ Tjoklitkoek!!!??? Yumm!!!!!

  • 41. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 9 : 12

    Thanx Salami

  • 42. WILLE KJINDQ  |  April 17, 2009 om 9 : 15

    So gepraat van Wipskie. Ek gat noe ‘n glas rooiwyn skink en dux. Check julle more wee

  • 43. Olga  |  April 18, 2009 om 12 : 19

    Waai blogjol? by m & b?

  • 44. Klip  |  April 18, 2009 om 4 : 16

    Goeie more , , wat n heerlike nag , almal is in droomland , en hier kan ek nie my oe oophou nie .

    WK , jy moet versigtig wees met die rooiwyn , dit gee gout , en dis nie lekker om met twee seer tone rond te loop nie😆

  • 45. Klip  |  April 18, 2009 om 6 : 42

    Geniet die res van julle dag……………

  • 46. Klip  |  April 18, 2009 om 6 : 47

    Ek is so impulsief , ek gee sommer skof oor en gaan huistoe

  • 47. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 7 : 00

    More more

  • 48. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 7 : 26

    Net gou vi my iets gemaak om te chow

    @ Olga

    Net da wa jy wil😉

    @ Klip

    Die wyn help virri pyn:mrgreen:

  • 49. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 8 : 01

    ZZZZZZzzzzzzzzzz

  • 50. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 8 : 54

    GGGRRR!!!!!! Ek moet seke opstaan👿

  • 51. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 8 : 55

    TSK!

  • 52. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 8 : 56

    GAAAAAAAAAAAP

  • 53. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 9 : 00

    Nog 10 minute. Nee wag! Ek het ‘n beterder plan.

    Die bure het gisteraand tot wie weet watte tyd geraas met hul kak musiek. Eks seke hulle slaap nou. Ek wonner hoe hard MY radio kan blêr……………..😈

  • 54. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 9 : 02

    Nou moet ek net gou my Poena cd soek:mrgreen:

    WHUHAHAKAKAKAKA!!!!!!!!!

  • 55. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 9 : 06

    Hou vas jou matras
    want De Vos is weee los

  • 56. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 9 : 09

    Wiet nog ‘n kak cd wat ek kan speel na ou Poena❓

  • 57. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 9 : 39

    3 Rooflesers en nie 1 het ‘n cd nie😯

  • 58. WILLE KJINDQ  |  April 18, 2009 om 3 : 01

    Ouch!!!!!!!!!!

  • 59. Adrie  |  April 18, 2009 om 5 : 33

    Wat ouch jy nou weer?

    Al die CD’s wat ek kan aanbeveel sal beledig voel om met Poena geassosieer te word.

  • 60. Nelba  |  April 21, 2009 om 9 : 45

    Ek is nie juis spontaan nie en ook nie impulsief nie. Die meeste van my besluite word vooraf geneem en ook nadat ek daaroor gedink het – nie noodwendig lank daaroor gedink het nie. Maar dit pla my glad nie as ander mense is en my betrek nie. Ek sê maklik ja vir ‘n onbeplande trippie of iets nuuts en opwindends. Wat ek egter nie van hou nie is as iemand bloot net onnadenkend en selfsugtig optree en dan impulsiwiteit of spontaneteit pleit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: