‘n Ware Heldin

April 16, 2009 at 6 : 26 141 Kommentaar

Ek is ‘n liefhebber van geskiedenis.  Dit is nou nie dat ek boeke en boeke van geskiedenis sal lees of die een vervelige dokumentêr na die ander sal kyk nie.  Tog verslind ek alles wat per ongeluk voor my land.  As daar ‘n naam of voorval was wat my nuuskierigheid prikkel, jag ek dit tot al my vrae beantwoord is.  Ek glo dat die lesse van die verlede vir ons ‘n beter toekoms inhou.

Dikwels dink ek geskiedenis is onregverdig.  Dit konsentreer op die booshede van die verlede.  Veral die wreedaards en die verdrukkers van die verlede.  Basies op almal wat jy nie in die hemel sal verwag nie.  Die wat goed gedoen het is ver en min gesaai.  Nie omdat hulle nie daar was nie, eerder omdat hulle stories nie werd geag word om oorvertel te word nie.  So het ek onlangs oor Irma Grese geskryf, seker een van die wreedste SS vroue.  Vir perspektief wou ek ‘n blog oor Klara Kunig skryf, maar behalwe dat sy uit die SS gesmyt is omdat sy te goedhartig was, kry ek geen inligting oor haar nie.  Ek kry nie eers inligting oor hoekom sy te goedhartig beskou is nie.

Geskiedenis het ook dikwels die nare gewoonte om nie die krediet te gee aan wie dit eintlik toekom nie.  So dink ek aan Anne Sulivan (self siggestremd) wat Helen Keller geleer praat het.  Almal weet van Helen Keller, maar sonder Anne Sulivan was sy net nog ‘n doof/blinde vrou.  Dan is daar Anne Frank.  ‘n Tiener wat dagboek gehou het oor haar ervaringe in die 2de wêreld oorlog.  Wat maak dit nou heldadig?  Dit is nou nie asof sy iets anders gehad het om te doen terwyl sy en haar familie agterkamers toegeseël was nie.

Was dit nie vir Miep Gies wat Anne se boeke bewaar het nadat die Gestapo hulle weggeneem het nie, het niemand vandag van Anne Frank geweet nie.  Dit was ook Miep Gies wat (saam met haar man en medewerkers) wat die 3 gesinne in die agterkamers versorg het van Julie 1942 tot 4 Augustus 1944.  Die versorging wat strafbaar met die dood was.  Nadat die gesin ontdek was, het Miep Gies selfs ‘n Nazi offisier probeer omkoop om die gesin vry te laat.  Ken julle vir Miep Gies?

Hermine Santrouschitz is in Weenen gebore op 15 Februarie 1909.  In 1920 is sy deur ‘n Hollandse gesin in pleegsorg geneem om die hongersnood in Oostenryk vry te spring.  In 1933 het sy vir Otto Frank (Anne se pa) begin werk.  Sy is met Jan Gies getroud nadat sy in 1941 met depotering gedreig was omdat sy nie by die Nazi magte wou aansluit nie.  Hulle het een seun gehad.  ‘n Anonieme informant het die Gestapo van die mense in skuiling in kennis gestel.  Terwyl die Frank gesin in die konsentrasie kamp was, het die Giese na hulle belange omgesien.  Net Otto Frank het die kampe oorleef en Miep het aan hom die dagboek en notas oorhandig.  Hy het dit laat uitgee.  Miep het die dagboek eers met die tweede uitgawe gelees, wat dalk goed was.  Sy het al erken dat sy dit sou verbrand het as sy dit in die oorlog gelees het, omdat dit baie inkriminerende insetsels bevat het.

Miep Gies het darem erkenning vir haar werk gekry.  Sy is met die Raoul Wallenberg prys vir Dapperheid en Geregtigheid tussen nasies bekroon.  Sy is ook onder meer as ‘n ridder deur Koningin Beatrix van Nederland in 1997 geslaan.

Miep Gies lewe nog steeds (sy het in Februarie 100 jaar oud geword).  Weens slegte gesondheid staan sy egter nie meer onderhoude toe nie.

Watter helde dink julle kry nie altyd die lof wat hulle toekom nie?

Blogvraag:  Wie is op 27 Desember 1944 in Budapest deur die Arrow Cross Party tereggestel omdat sy Jode versteek het?  Die non was saam met ‘n paar jode en ‘n Christen helper op die oewer van die Danube rivier geskiet.

Blogantwoord:  Willes was reg met Gűnter Parche

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Oefening Spontaan teenoor impulsief

141 Kommentaar Add your own

  • 1. Wheelbarrow Jack  |  April 16, 2009 om 6 : 53

    Eerste.

  • 2. Adrie  |  April 16, 2009 om 6 : 59

    Hallo Domkrag

  • 3. Wheelbarrow Jack  |  April 16, 2009 om 7 : 03

    Hoe gaan dith juf swaardepull?

  • 4. Wheelbarrow Jack  |  April 16, 2009 om 7 : 07

    Sr sarah salkahazi.

  • 5. Adrie  |  April 16, 2009 om 7 : 11

    Goed en self?

    Een vergete held wat ek nie genoem het nie, is FW de Klerk. Mandela het nie apartheid beiendig nie, De Klerk het.

  • 6. WILLE KJINDQ  |  April 16, 2009 om 7 : 24

    Tweedeste!!!!!

  • 7. Adrie  |  April 16, 2009 om 8 : 23

    🙄

  • 8. WILLE KJINDQ  |  April 16, 2009 om 9 : 22

    Vi wat🙄 jy so❓

  • 9. WILLE KJINDQ  |  April 16, 2009 om 9 : 24

    EK WIL SLAAP!!!!!!!!!!!!!!!!!👿

  • 10. WILLE KJINDQ  |  April 16, 2009 om 9 : 32

    ‘n Ware heldin issi dame wat sorg dat my pay elke maand in my rekening betaal word:mrgreen:

  • 11. WILLE KJINDQ  |  April 16, 2009 om 9 : 35

    Op die oomblik is sy heel onner aan my gunsteling lys. Ek like ha die meeste oppi 25ste van elke maaand😉

  • 12. Olga  |  April 16, 2009 om 11 : 04

    Laaste vir vanaand.

  • 13. Olga  |  April 16, 2009 om 11 : 28

    Ek het anne franklin remembered gelees. jy is so reg. mens moet boos wees om in geskiedskrywe verewig te word. weet iemand nou al wie die jong man is wat met n gewonde hector pieterson in sy arms gehardloop het?

  • 14. Olga  |  April 16, 2009 om 11 : 31

    Ag so ekskuus. anne frank. wie kan of wil my se hoekom anne met di e agter meer gebruik word as net ann?

  • 15. Adrie  |  April 17, 2009 om 6 : 14

    Olga

    Weereens my punt. Al wat Hector gedoen het was om dood te gaan. Niks helddadig nie. Die man wat hom onder die koeels gaan uithaal het, is die eintlike held. En niemand weet wat sy naam is nie.

  • 16. Adrie  |  April 17, 2009 om 6 : 18

    Ek het ook Anne Frank Remembered gelees. Ek dink amper Miep Gies het dit geskryf. Eintlik moet ek Anne se dagboek gaan soek en dit lees. Dalk verstaan ek dan die bohaai daaroor.

  • 17. Adrie  |  April 17, 2009 om 6 : 42

    More

  • 18. Olga  |  April 17, 2009 om 7 : 14

    More, more.

  • 19. Olga  |  April 17, 2009 om 7 : 16

    Hoekom smyt opera my emailadres uit?

  • 20. Olga  |  April 17, 2009 om 7 : 24

    Weer probeer.

  • 21. Olga  |  April 17, 2009 om 7 : 25

    Dis beter.

  • 22. Adrie  |  April 17, 2009 om 7 : 44

    Olga, wat is vandag op julle agenda?

  • 23. Olga  |  April 17, 2009 om 7 : 51

    Watervalle, en dalk pelgrims.

  • 24. Adrie  |  April 17, 2009 om 8 : 10

    Dalk moet ek watervalle op die blog sit die naweek . . .

  • 25. Beeld  |  April 17, 2009 om 8 : 40

    Alet Rademeyer

    Die onthulling oor die Hoërskool Waterkloof se geldsake is “ ’n damwal wat al baie jare dreig om te breek”.

    ’n Oudonderwyseres van die skool wat anoniem wou bly, het gister gesê bewerings oor wanbesteding kom nie van gister af nie. “Die dinge het nie nou die dag begin nie en strek al so ver terug as ’n dekade gelede.

    “Die skool maai nou maar net wat jare lank daar gesaai is.”

    Volgens haar het die skool deur die jare talle uiters bekwame personeellede verloor wat nie langer kans gesien het om onder dié omstandighede te werk nie.

    “Baie van ons is bitter oor jare se harde werk en derduisende rande wat ons vir die skool ingesamel het, maar wat ons nie eens vir ons eie klasse of projekte kon aanwend nie.”

    Volgens die onderwyseres was daar dikwels vrae oor die skool se geldsake toe mnr. André Eloff, adjunkhoof, nog in beheer daarvan was.

    Eloff en dr. Christo Becker, uitvoerende hoof, het eergister aangedui hulle gaan bedank nadat prima facie-bewyse van moontlike ongerymdhede met die skool se geldsake in ’n forensiese ondersoek gevind is.

    Mee. Hester van der Merwe en Junel van Staden van die skool se finansiële kantoor is volgens die beheerliggaam “op verlof geplaas hangende verdere ondersoek en moontlike optrede”.

    Die Gautengse onderwysdepartement het gister ’n verslag van die forensiese oudit van die beheerliggaam ontvang. Die departement sal na verwagting vandag met Becker en Eloff vergader en kon nog nie sê watter stappe gedoen gaan word nie.

    Die onderwyseres het gesê daar is vroeër jare van elke klas verwag om R3 000 in te samel om die skoolfonds aan te vul. “Wanneer onderwysers navraag gedoen het oor waar dié geld heen is, was daar nie antwoorde nie.

    “Dieselfde het gebeur met duisende rande wat tydens glansaande ingesamel is. Die antwoord was baie keer dit moes na ‘rugby gekanaliseer’ word.”

    Sy het beweer daar is ook van onderwysers verwag om klein advertensieborde te verkoop wat ook by die skool aangebring is. “Die gelde, wat baie keer tot R30 000 beloop het, is nie vir klasprojekte aangewend soos wat die doel was nie.

    “Daar was ook nie ’n verklaring waarheen dié geld is nie.”

    Sy het gesê sy vermoed baie daarvan is in “rugby” in omdat dit algemeen bekend was dat alle uitgawes vir onderwysers betaal is wat vir dié sport oorsee is.

    “Ander sportspanne, daarenteen, moes self geld vir toere insamel.”

    Die onderwyseres het gesê die skool het die laaste paar jaar baie arm leerlinge ook gehad wat nie skoolgeld kon betaal nie.

    Hul ouers is dikwels vir agterstallige skoolgeld gedagvaar en hulle moes boonop die regskoste ook betaal. “ ’n Mens kan maar net wonder waarheen daardie geld is wat gewoonlik by die agterstallige skoolgeld gevoeg is.”

    Wat haar ook ongelukkig gemaak het, is die feit dat van talle onderwysers verwag is om in tydelike klaskamers skool te hou omdat daar nie genoeg geld vir opgradering was nie.

    Nóg Becker nóg Eloff het gister op selfoonboodskappe gereageer.

  • 26. Beeld  |  April 17, 2009 om 8 : 42

    Elsabé Brits

    Kaapstad. – Het jou ouma ook gesê jy moenie pitte insluk nie, want daar gaan ’n boompie in jou maag (of long) groei?

    ’n Rus het wyd nuus gemaak nadat beweer is daar was ’n “denneboompie” in sy long nadat hy glo ’n “saadjie of botsel ingeasem het wat in sy long ontkiem het”. Dié storie is egter te dik vir ’n daalder, want plantmateriaal kan nie in die mens se liggaam groei nie.

    Prof. Tony Linegar, kardio-torakschirurg aan die Universiteit van die Vrystaat, en prof. Gillian Ainslie, ’n pulmonoloog aan die Universiteit van Kaapstad, sê daar kan gewasse in ’n mens groei met die voorkoms van ’n bol hare en tande, maar nié plante nie.

    Prof. Chris Bolliger, pulmonoloog aan die Universiteit Stellenbosch, het gesê die x-straalfoto wat gewys is en die weefselmonster met die “boompie” in, stem nie ooreen nie. Hy en Linegar sê plante kan nie digter as been op ’n x-straal wys nie. Die “boompie” kon ook nie in die long ontkiem het nie.

    “Sade en plante groei nie in mense nie; die medium is nie reg daarvoor nie.”

    Dis moontlik dat die man ’n takkie kon inasem (wat in sy lugweg sou vasgesit het as hy dit nie uitgehoes het nie), maar volgens dié x-straal sit dit te diep. “Ek is baie skepties,” het Bolliger gesê.

    Dit lyk boonop of die takkie in die longweefsel ingevou is. As dit daar gegroei het, sou dit ineengeweef gewees het.

    Ainslie het gesê: “Daar sou oor so iets in die mediese literatuur berig geword het en dit is nie daar nie. Die groen dennenaalde op die foto pla my, want daar is nie sonlig in die longe nie. Ek is skepties.”

    Volgens Linegar sou die mens se liggaam ’n wand om die saad gevorm het as dit ingeasem is – maar selfs dit is onwaarskynlik, want die saad is te groot om deur die lugpyp na die longe te gaan.

    “Ek dink dis nonsens, totdat iemand met baie goeie bewyse kom,” het Linegar gesê.

  • 27. Beeld  |  April 17, 2009 om 8 : 50

    Minden (Duitsland). – ’n Motoris het erken hy het ’n 13-jarige meisie op haar fiets doelbewus raak gery en haar verkrag terwyl sy aan harsingskudding gely het.

    Die 30-jarige pa van vyf het aanvanklik beweer die botsing Maandag was ’n ongeluk, maar het ná ’n lang ondervragingsessie erken hy was op soek na ’n kind om aan te val. Die verkragting het in sy motor plaasgevind.

    Volgens die polisie het die meisie harsingskudding, arm- en beenbeserings opgedoen.

    “Sy kan nie onthou wat gebeur het nie,” het ’n polisiewoordvoerder gesê.

    Haar ouers het haar as vermis aangemeld en die polisie het in hul soektog haar fiets en sandale gevind, maar sy het deurmekaar en half bedwelm self huis toe gestap.

    Die verdagte, wat werkloos is, het volgens die polisie geen misdaadgeskiedenis nie. – Sapa-DPA

  • 28. Beeld  |  April 17, 2009 om 8 : 56

    Sonja van Buul

    Parys. – ’n Lekkerbekkige wit gedierte wat op ’n plaas tussen Parys en Vredefort in die Vrystaat gevind is en “baie soos ’n spook gelyk het”, is “baie versigtig genader” nadat dit in ’n hok gevang is.

    Al is dié spierwit ystervark wel ’n aardige besienswaardigheid, is mutasies soos dié nie ’n seldsame verskynsel nie en het dit soos die spreekwoordelike wit olifant ook nie veel nut nie.

    Mnr. Louwtjie van Rensburg (79) se kleinseun, Stephen du Toit (17), het dié albino-ystervark op die plaas Helena gevind.

    “Ek het die lande begin skoonmaak om darem te kan sien waar die mielierye is toe ek agterkom ystervarkies knibbel aan die mielies,” het Van Rensburg gesê.

    Stephen het op die plaas gekuier en ’n vanghok gestel.

    “Stephen het die woelige karnallies met groenteskille gelok en die volgende oggend die hok genader en iets so ‘wit soos ‘n spook’ gesien.”

    “Ek het die hok maar so stadig van ’n kant af genader en toe gesien dis ’n spierwit ystervark,” het hy vir sy oupa gesê.

    Die ystervark (Hystrix africaeaustralis), wat intussen die naam Blondie gekry het, se geslag is nie bekend nie.

    “Niemand is dapper genoeg om onder die stekels te loer of dit ’n mannetjie of ’n wyfie is nie,” het Van Rensburg gesê.

    “Dit is sover my kennis strek die eerste keer in my amper 80 jaar dat hier so ’n wit ystervark in die Vredefort-koepel gevang is.”

    Van Rensburg is nog nie seker oor Blondie se toekoms nie.

    “Wild- en dieretuine het al laat weet hulle stel belang om Blondie ’n nuwe heenkome te gee.”

    Wit fratse soos Blondie is nie seldsaam nie, maar het ’n baie moeilike en meestal kort lewe in die natuur.

    Volgens prof. Conrad Matthee van die Universiteit van Stellenbosch se department van plant- en dierkunde doen albino-diere maklik siektes op.

    Roofdiere sien hulle makliker raak, die son veroorsaak maklik velkanker en dié pigmentlose diere het brose pienk of blou oë wat baie gevoelig vir skerp lig is.

  • 29. Adrie  |  April 17, 2009 om 9 : 00

    Blerrie Dieretuine. Ek sal die wit ystervark (en selfs ‘n swart ystervark) wil sien. GRRRR

  • 30. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 9 : 19

    More

  • 31. Nats  |  April 17, 2009 om 9 : 21

    Helloooooo!!!

    Sy is ‘n baie bekende heldin! Rageltjie de Beer (weti hoe mens haar naam spel nie) Wie sal ooit van haar vergeet!🙂

    Ek kan nie baie dink vandag nie… ware heldin… mmm… sal bietjie moet dink. Maar ek stem saam oor die hele F.W de Klerk storie, hy het apartheid gestop, maar vandag kry Mandela al die erkenning!

  • 32. Adrie  |  April 17, 2009 om 9 : 24

    Uiteindelik

    Net toe ek vandag wou opgee.

    Nats😉

    Ek is bly dat jy darem vir Racheltjie onthou. Jy ken dan seker ook vir Dirkie Uys en Wolhaard Woltemade.

  • 33. Adrie  |  April 17, 2009 om 9 : 26

    Hoekom is Dirkie Uys ‘n held?

    Omdat hy nie ore aan sy kop gehad het nie, en na sy pa wat dood is wou gaan. Natuurlik is hy toe ook dood.

  • 34. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 9 : 29

    FW is ‘n drol

    O ja – more Nats en kloon

  • 35. Adrie  |  April 17, 2009 om 9 : 34

    Tilla 😯

    Hoekom?

  • 36. Adrie  |  April 17, 2009 om 9 : 39

    Tweeling
    Dirkie Uys ja, maar Wolhaard Woltemade lui nie nou ‘n klokkie nie… te vroeg vir dink werk!

    Lo *M*

  • 37. Adrie  |  April 17, 2009 om 9 : 42

    Adrie wat nie my identiese Tweeling is nie:mrgreen:

    Woltemade het met ‘n perd die see ingegaan om mense van ‘n skip wat besig was om te sink te red. Met sy laaste trippie in die see het soveel mense sy perd gegryp dat hy saam met hulle dood is.

  • 38. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 9 : 49

    More more!

    @ *M*

    Nee sussa, jys vikeerd……….. FW is ‘n GROOT drol!

  • 39. Nats  |  April 17, 2009 om 9 : 49

    En da word ek toe sommer my Tweeling!!!

    Sorry…

  • 40. Adrie  |  April 17, 2009 om 9 : 50

    Ek vra weer Hoekom?

    Hy het darem gister weer lekker vir Zuma sy plek gewys.

  • 41. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 9 : 52

    Somme

  • 42. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 9 : 53

    Tral la la la la

  • 43. Adrie  |  April 17, 2009 om 9 : 57

    Sommer is nie ‘n rede nie

    Het jy al ooit ‘n skilpad met vere gesien?

  • 44. Adrie  |  April 17, 2009 om 9 : 58

    Wel, volgens evolusioniste het skilpaaie jare voor die mens wel vere gedra.

  • 45. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 10 : 00

    Hey willes

    Hie hie … my pa noem hom eierkop de Klerk !!

  • 46. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 10 : 15

    @ *M*

    Giegiegiegiegie!!!!!!!:mrgreen:

  • 47. Adrie  |  April 17, 2009 om 10 : 17

    Narre!!!!

    Wat doen julle die kort naweek?

  • 48. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 10 : 19

    Ek gaan na my niggie se ooievaars partytjie toe en verder niks – jy ?

  • 49. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 10 : 19

    Eish! Ek soek nog ‘n antwoord op Olga se vraag. #14

  • 50. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 10 : 20

    Uhm … omdat hulle kan ?

  • 51. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 10 : 21

    Jan-tuisbly se karretjie. Eks nou te arm om NOG geld te wil uitgee

  • 52. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 10 : 22

    Ons netwerk ry alweer see-saw – dans hy op en dans hy af

  • 53. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 10 : 22

    NAR

  • 54. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 10 : 23

    En ek moet wasgoed was en TL se kamer uitsort, al die te klein klere uithaal en so aan. O ja en die hele week se pateetlane kyk en eet !

  • 55. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 10 : 24

    Wie’s jou NAR willes ?

  • 56. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 10 : 24

    Ek sou sê die sonner die E was te lui om kla te skryf😉

  • 57. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 10 : 26

    Of hulle brainpower was laag

  • 58. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 10 : 26

    @ *M*

    As die skoen pas😯

  • 59. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 10 : 29

    Ek mag dalk ‘n NAR wees met tye – maar FW bly ‘n MOERSE DROL !

  • 60. Adrie  |  April 17, 2009 om 10 : 31

    Ek doen ook niks

    Wie kan in elk geval sin maak met die Engelse spelreels? Ek meen, hulle het iets so simpel soos ‘n silent k? Hoekom ‘n letter insit as jy dit nie kan se nie.

  • 61. Adrie  |  April 17, 2009 om 10 : 31

    ‘n Drol sonder rede??

  • 62. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 10 : 32

    Solank jy my nie ‘n CLOWN noem nie – dis gereserveer vir die wat jou rondotter by die werk !

  • 63. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 10 : 33

    He he – daar is ‘n silent church en silent school ook

  • 64. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 10 : 36

    Wanneer laas het julle op ‘n see-saw gery by the way ?

  • 65. corlivandermerwe  |  April 17, 2009 om 10 : 37

    Hallo daar

    Ek kom net gou `n uitnodiging rig. Ek het op die net ’n lys van Afrikaanse boeke raakgeloop wat ’n ander blogger deurwerk. Die lys het van die beste boeke in Afrikaans sowel as ’n goeie kombinasie van ligte en literêre werke. Nou nooi ek diegene wat wil om saam aan dié leesavontuur deel te neem. Maak gerus ’n draai en kom loer!http://corlivandermerwe.wordpress.com/my-groot-afrikaanse-leesavontuur/

    Groete van huis tot huis

  • 66. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 10 : 38

    @ *M*

    Die naweek wat verby is het ek op een gery

  • 67. Adrie  |  April 17, 2009 om 10 : 40

    Corli

    Ek kom net as daar Dalene boeke op die lys is.

  • 68. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 10 : 40

    Hartseer om te sien hoe daai tipe van goed vervalle raak

  • 69. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 10 : 41

    Kloon

    My dorings is nie reg gelaai nie – hy gaan nie deur Opera nie en ek kan ook glad nie gaan refresh nie

  • 70. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 10 : 42

    @ A3

    Tannie Dalene is somme eerste oppi lys

  • 71. Nats  |  April 17, 2009 om 10 : 43

    Mense maar julle kan chat sodra ek my rug draai vir 5min!

    Adrie
    Ek het skilpaaie gesien met vere – op Mario Brothers!!! Hulle vlieg dan so hulle moet vere hê?😉

    Wolhaard Woltemade – nog nooit gehoor nie!😯 Ek neem aan die perd het ook sy gaai gesien?

  • 72. Adrie  |  April 17, 2009 om 10 : 45

    Tilla

    Seker toe ek op varsity was.

  • 73. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 10 : 45

    O ja Nats – ek is seker so ou spuitjie van jou pepper spray sou daai ou se middelvinger aansienlik laat krimp het !

  • 74. Adrie  |  April 17, 2009 om 10 : 50

    ‘n Byl sou verseker het dat sy middelvinger hom nooit weer pla nie.

  • 75. Adrie  |  April 17, 2009 om 11 : 05

    GRRRRR

  • 76. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 11 : 08

    En nou kloon ?

  • 77. Nats  |  April 17, 2009 om 11 : 12

    *M*
    He he he! Die pepper spray wat ek het hou jou aanvaller vir tot 30minute onder met een spuit… (te min na my sin) Sal dit genoeg tyd wees om die rook uit hom te skop??

  • 78. Adrie  |  April 17, 2009 om 11 : 14

    Nats

    3 minute is genoeg om hom tot in die hospitaal in te skop.

  • 79. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 11 : 17

    Dis lank genoeg om al jou tjommas ook bymekaar te maak om te help skop

  • 80. Nats  |  April 17, 2009 om 11 : 18

    Tweeling
    Ek het nou nie soos sekere mense ‘n swart belt nie… ek skop soos ‘n meisie!🙂

  • 81. Adrie  |  April 17, 2009 om 11 : 27

    Nats

    Dit is nie hoe jy skop nie, maar waar. En jy het nie ‘n swart belt nodig om te weet waar nie. Jy het mos Miss Congeniality gekyk en weet wat SING is.

    As jy nog boonop hakskoene aan het – EINA

  • 82. Adrie  |  April 17, 2009 om 11 : 28

    Die hakskoene is vir trap, nie skop nie.

  • 83. Nats  |  April 17, 2009 om 11 : 29

    Adrie
    Ek het nie gister nie, maar het wel vandag hakkies aan… dit laat my nou onthou hoekom!! Ek moet na ‘n klient toe gaan… oor geld!!

    Sien julle later!!!!!!

    Toedels

  • 84. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 11 : 32

    Bring vir ons ook saam Nats assebliefie

  • 85. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 11 : 33

    Kloon

    Wat is jou PVA vir die kort naweek ?

  • 86. Adrie  |  April 17, 2009 om 11 : 36

    Tilla

    Om verlore slaap in te haal. Pikkie het my gedare om vir die dag Upington toe te gaan, maar ek dink ek sal dit skip . . . net vir die naweek.

  • 87. Adrie  |  April 17, 2009 om 11 : 39

    Ek het een keer in minder as 6 ure Upington toe gery. Maar dit was met die werk se kar.

  • 88. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 11 : 40

    Dis hond ver net vir ‘n dag – ‘n dare of te not !

  • 89. Adrie  |  April 17, 2009 om 11 : 41

    Wat is so 1580 km nou tussen vriende,😉 al is dit net ‘n dag.

  • 90. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 11 : 44

    Eish ..

    Ek ry 24km werk toe en 24km huistoe elke dag en dan is dit waar dit stop – ek ry nie nog naweke sommer rond nie

  • 91. Adrie  |  April 17, 2009 om 11 : 46

    Tilla

    Jok jy nie nou so ‘n bietjie nie?

    Jy gaan dikwels in Gauteng by die skoonouers kuier, gaan shop in Witbank, gaan haal / neem Plig Bethal toe ens.

  • 92. Adrie  |  April 17, 2009 om 11 : 47

    Kom ons gaan almal vir die dag St Lucia toe. Dit is ook ongeveer 6 ure se ry.

  • 93. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 11 : 49

    Ek sê nie sommer net nie – plig wegvat is ‘n rede – na skoonma hulle toe bestuur ek nie en meeste van die tyd ook nie as ons in Witbank gaan shopping nie – ek praat spesifiek van bestuur. As ek voor links kan sit is my naam enige tyd GAT

  • 94. Adrie  |  April 17, 2009 om 11 : 51

    So Tilla

    Solank ek jou kom haal is jou naam GAT. Selfs Upington toe vir die dag.

  • 95. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 11 : 54

    Jip – net nie Saterdag nie

  • 96. Adrie  |  April 17, 2009 om 12 : 02

    Maar Sondag is reg? 😀

  • 97. Adrie  |  April 17, 2009 om 12 : 03

    En Maandag seker nog beter.

  • 98. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 12 : 08

    Ek sit gin niks links voor nie. Eks ‘n regs voorsittende bestuurder

  • 99. Adrie  |  April 17, 2009 om 12 : 09

    Daarom is jy nie saam genooi nie. Jy het geen stamina nie. 😆

  • 100. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 12 : 11

    As ons Hermanus toe ka gat virri dag kan ons seke Joepington toe ook virri dag😉

  • 101. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 12 : 11

    Solank ek Maandagoggend 8 uur by my kursus instap is ek happy soos ‘n chappie !

  • 102. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 12 : 12

    By the way – is ons nie nog in Hermanus nie ?

  • 103. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 12 : 13

    O ja – en daar moet net plek vir TL en ha stoel ook wees

  • 104. Adrie  |  April 17, 2009 om 12 : 16

    Maar natuurlik.

  • 105. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 12 : 18

    Just checking

  • 106. Adrie  |  April 17, 2009 om 12 : 23

    Hoe ken jy vir my dan?

  • 107. Olga  |  April 17, 2009 om 12 : 23

    re #25. whoopie. whoop whoop. whoopla. n seder val in waterkloof. alweer. hoe leke kry ek nou. die anc het wit suid afrika skromelik versaak deur die model c skole aan te moedig en toe te laat. hoekom, HOEKOM moet minder gegoede kimders maar die skool verlaat of hulle ouers moet hemelhoe regskostes betaal om hulle kinders geleerd te kry? ek dink regtig dis tyd dat ouers, WIT OUERS opstaan vir n wit kind se reg op n opvoeding. ons moet toesien hoe die swart fokkertjies op tv, radio skree oor FUDA EDJOEKYTJIN terwyl ons moet kak en betaal vir absoluut alles. daar was 2008 swar meisie met my tumi op tuks. in asterhofkoshuis. teen okt het sx rek gekry waarop daar geen duit betaal was nie. sy het geen eksamen toelating in enige vak gehad nie. sy is vanjaar besig in ander rigting. met koshuis inwoning in asterhof. my tumi se rek was met r2018 oorbetaal. sy het 8 uit 9 vakke geslaag. maar sy is koshuis toelating geweier in asterhof geweier omdat haar punte nie goed genoeg was nie. VIVA DEMOKRASIE!

  • 108. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 12 : 26

    En chop en dop!

  • 109. Adrie  |  April 17, 2009 om 12 : 27

    Olga

    Weet jy, jaarliks gaan kla die Studente raad en al die Huiskommittee lede by die kanselliersraad en jaarliks word hulle deur die universiteit en die media as rassiste uitgekryt. Swartes kry met velkleur plek in die koshuis en hulle velkleur hou hulle daar. Al is die gemiddel vir die swarts minder as 30%. Die slaagpunt is 50%.

  • 110. Adrie  |  April 17, 2009 om 12 : 45

    Herkou julle nou aan Waterkloof se skandes?

  • 111. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 1 : 11

    Ek herkou aan my pay

  • 112. Adrie  |  April 17, 2009 om 1 : 23

    Pay jy dan 2 keer ‘n maand?

  • 113. Nats  |  April 17, 2009 om 1 : 32

    Eks terug!!

    Missed me??🙂

  • 114. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 1 : 37

    Het gou gaan pak om Upington toe te gaan

  • 115. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 1 : 38

    Nats

    Het gewonder waar jy was – het jy vir ons geld gebring ?

  • 116. Adrie  |  April 17, 2009 om 1 : 39

    Baie

    Het jy vir ons geld saamgebring?

  • 117. Nats  |  April 17, 2009 om 1 : 45

    Tweeling en *M*
    Mens kan sien julle is klone!!

    Nee… as ek het sou ek julle van die lughawe af gebel het en gesê ons vlieg sommer Upington toe!😆

    Het julle kos, eks hommer?

  • 118. ADRIANA  |  April 17, 2009 om 1 : 47

    Ek het ‘n appel?

  • 119. Nats  |  April 17, 2009 om 1 : 49

    Adrie
    Lyk ek vir jou soos ‘n hasie? Ek soek KOS!
    Maar dankie vir die offer.

  • 120. Adrie  |  April 17, 2009 om 1 : 52

    GMF!!!!!

    ONDANKBAAR!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Ly dan maar honger.

  • 121. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 1 : 53

    Ek het nog ‘n halwe dagwood

  • 122. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 1 : 54

    Kan ek so ou happie van daai appeltjie kry – my appel was nog laas geskil deur Olga

  • 123. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 1 : 55

    Ek het gister se ou slap tjips wat julle inni microwave ka warm maak.

    *fluister* eeeuuuwww

  • 124. Adrie  |  April 17, 2009 om 1 : 59

    Tilla

    Vat sommer die hele appel. Gelukkig is jy nie so neus optrekkerig soos sekere mense wat ek ken nie.

  • 125. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 2 : 01

    Willes

    Daai is nie ‘n *fluister* eeeeuuuuuwwww nie – die ‘n SKREEU EEEEEEEUUUUUWWWWWW !!!!!

  • 126. Nats  |  April 17, 2009 om 2 : 09

    Adrie
    Sê eerder dankie ek vat nie die appel en gooi die ding weg nie!

    O ja ek wou nog vir jou sê jy was baie slim… jy het ook die boompie in die ou se long bevraag teken!

    *M*
    Dis mos KOS! Dankie baie!

    Wille Q
    EEEEEUUUUWWWW! Mens kan nooit aartappels warm maak en dink dit gaan lekker wees nie… ek wonder hoekom?

  • 127. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 2 : 10

    Het almal nou gaan kos soek

  • 128. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 2 : 15

    Laat ek gou biki daai berig gaan lees van daai boompie – het dit net gehoor op “what the …”

  • 129. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 2 : 18

    Ek wil ook ‘sien’ hoe lyk dit – groen boompie nogal.

  • 130. Nats  |  April 17, 2009 om 2 : 32

    *M*
    Da is ‘n prentjie op Beeld, of altans dis was gister. Lyk baie weird!

  • 131. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 2 : 33

    Eks moeg

  • 132. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 2 : 39

    GAAAAAAAAAAAAAAAAAAAPPPPP

  • 133. Nats  |  April 17, 2009 om 2 : 49

    Wille Q
    Sit asb jou hand voor jou mond… jy het my amper ingesluk!!!
    En dis aansteeklik… nou sit ek en gaap!🙂

  • 134. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 3 : 00

    Nou waar is almal nou weer heen

  • 135. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 3 : 01

    Met my moes dit telepatie gewees het want ek sit net so en gaap

  • 136. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 3 : 10

    Kloon

    Jy my mail gekry

  • 137. Wille Kjind Q  |  April 17, 2009 om 3 : 13

    *hand voori mond* GGGAAAAAAAAAAAAPPPPPPP!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Sollie my 3ling se 2ling😉

  • 138. Nats  |  April 17, 2009 om 3 : 18

    ‘n Serial killer en sy victim loop deur ‘n donker, scary bos.

    ‘Ek’s bang!’ Sê die victim.

    Die Serial killer sê: ‘Jy dink jy’s bang. Ek moet f#kken alleen terugloop!

  • 139. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 3 : 32

    WhuHa ha ha

  • 140. *Mathilda*  |  April 17, 2009 om 3 : 49

    Ek is oppad – lekker naweek maaikies

  • 141. Nats  |  April 17, 2009 om 3 : 51

    COOL!!! Ek gaan oor 5min huis toe!!!

    Sien julle weer volgende week!! En yipeee dis ‘n week in twee gedeel!

    Geniet julle “kort” naweek!!!

    Cheriooooooooooooo

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: