‘n Vae lyn

April 13, 2009 at 11 : 45 79 Kommentaar

Ek het dae laas die koerant gelees.  Vandag het ek gou vinnig die Beeld deurgeblaai en op ‘n berig van nog ‘n kleuter wat gesodomiseer was.  Vermoedelik deur die loseerder van sy pa.  Ek het ‘n vermoede dat daar nog ‘n paar gevalle binne die volgende paar weke gaan opduik.  Siek!!  Tog begin ons nou ‘n tyd betree waar mense bang vir kinders raak.  In die sin dat hulle nie meer spontaan kan/wil optree waar daar jong kinders betrokke is nie.

Die mees voor die handliggende voorbeeld is naak foto’s.  In die verlede het baie mense geglo dat ‘n pap baba altyd kaal afgeneem moet word, anders sien ‘n mens nie werklik hoe die baba lyk nie.  Ek het al gevalle gehoor waar plekke geweier het om die tipe foto’s te ontwikkel.  Dit word as kinderpornografie gesien.  Tog is dit doodonskuldige foto’s sonder enige seksuele ondertone.

Ek het onlangs gehoor van ‘n pa wat te bang is om sy eie dogtertjie ‘n drukkie te gee.  Hy was te bang hy word as ‘n pedofiel gebrandmerk.  Daar was ook ‘n tyd waar niemand snaaks sou dink as ‘n dogtertjie saam met haar pa (met sy onderbroek aan) gebad het nie.  Ook sou daar nie ‘n wenkbrou gelig gewees het as sy by haar pa in die bed geklim het nie.  Deesdae word dit ontmoedig.  Ek het nog nie gehoor dat ma’s sulke issues het nie.

Mense wat gek is oor kinders moet ook kinders met groot versigtigheid nader.  Ek praat nou spesifiek van mense wat die kinders geen kwaad wil aandoen nie.  Waar ‘n mens in die verlede fisies met ‘n kind kon speel, moet jy deesdae eers baie goed bekend wees met die ouers en die kind.  Blowkisses, veral op dele wat bedek is (die maag, rug, bene) kan maklik deur mense verdraai word.  Om ‘n vreemde kind ‘n vinnige soentjie, drukkie of selfs ‘n kopvryf te gee is ‘n waagstuk.

Selfs met die kinders van vriende en familie moet jy ook maar eerder fyn trap.  Doek omruil sal nie noodwendig as ‘n guns gesien word nie.  Kinders bad moet ook eerder liefs aan die ouers oorgelaat word.

In my eerste jaar was ek die eerste student by ‘n spesifieke blogprojek wat ‘n doek kon omruil.  Die ander was net nie genoeg aan babas blootgestel om dit te kon doen nie.  Ek het groot geword in die tyd waar jy met die lewende poppe kon speel, mits jy hulle nie laat val het nie.  Sal vandag se jongmense speel-speel ervaring kan opdoen?  Ek twyfel.

Hoe voel julle?  Natuurlik is die kind se veiligheid hoofsaak.  Maar beteken dit dat die kind noodwendig melaats behandel moet word?

Blogvraag:  Wie het Supercalifragilisticexpialidocious (die liedjie) geskryf?

Blogantwoord:  Olga was reg met Samuel Adams.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Tee Diens Volwasse Vermaak

79 Kommentaar Add your own

  • 1. Baby Jane  |  April 13, 2009 om 11 : 53

    Eerstetjies

  • 2. Olga  |  April 14, 2009 om 1 : 01

    Tweestetjies.

  • 3. Olga  |  April 14, 2009 om 1 : 08

    Dis rerig n tragedie van epidermiese proposies dat n mens moet bang wees om toegeneentheid jeens n kind te wys. ai, bid jou aan, so n rosige, gladde, warm wang. jy weet hoe die ou mensietjie gaan ruik. soet, melkasempie met net so n baie vae suggestie van suur. dis die aroma van die hemel. maar jy mag nou nie aan die wangetjie vat, en jou neus in die nekkie druk en die hemelse aroma inasem nie. sad! ek se julle, dis sad.

  • 4. WILLE KJINDQ  |  April 14, 2009 om 5 : 24

    Driedestetjies

  • 5. WILLE KJINDQ  |  April 14, 2009 om 5 : 24

    Robert en Richard Sherman

  • 6. WILLE KJINDQ  |  April 14, 2009 om 5 : 26

    Eitch!! My se maniere…..

    More almal

  • 7. WILLE KJINDQ  |  April 14, 2009 om 5 : 27

    Eks natuurlik nie lus om op te staan nie👿

  • 8. WILLE KJINDQ  |  April 14, 2009 om 5 : 31

    @ Adriana

    Is jy al tuis? Ek stuur vir jou ‘n foto of 2 van my naweek. T het jou probeer bel gisteraand maar jyti geantwoordi

  • 9. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 7 : 47

    More maaikies

  • 10. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 7 : 47

    Willes

    Ek wil ok fotos hê !

  • 11. Ogies  |  April 14, 2009 om 8 : 21

    Ek weier om my kinders bloot te stel aan situasies waar ek en/of my man nie 100% gerus is nie. Ek het al baie mense sommer afgejak as hul so klouerig en vatterig raak aan my kinders. Dit is eintlik hartseer dat die samelewing so “sleg” geword het dat mens almal met suspisie beskou. Ek self het al baie kere sleg gevoel as ek so misluk was met vreemdes oor hul aandag aan die kinders gee. Maar ek weier om my kinders tweede te stel. As die omie of tannie dan nou vies is vir my of oor my wil gaan skinder. Met die grootste graagte. Ek klim vannaand in my bed met ‘n geruste hart. Ons kontroleer hul omgewing, sonder om hulle van blootstelling van mense wat werklik omgee en vertrou kan word te ontneem.

  • 12. Nats  |  April 14, 2009 om 9 : 17

    Laaste… Goeie more julle!!

    Dis hartseer dat onskuldige mense ook moet terug staan omdat daar siek mense daar buite is!!!

    My oupa is een van hulle. Hy is te lief vir kinders, maar sekere mammas kom haal hulle kinders by hom as hulle sien hy begin met hulle gesels en lag en liedtjies sing. By gesê dis in baie gevalle mense wat jy ken wat jou kinders kwaad aan doen so ek verstaan waar sekere mense vandaan kom. Maar dis net hartseer om te sien dat my oupa deesdae nie meer met kinders wil meng nie want hy is bang hoe dit voorkom.

    Maar ek glo dis baie erg om gesien te word as ‘n moontlike pedofiel nog voor jy iets verkeerd gedoen nie.

    Ons het so ‘n saak gehad waar die oupa sy dogter se seuntjie (sy kleinseun) dinge mee gedoen het… so mens kan ook nie meer mense vertrou nie. Hartseer!

  • 13. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 9 : 18

    @ *M*

    He! He! Hoop jyt noggi geëet nie😉

    @ Ogies

    Ek stem! Net jammer dat meeste sulke gevalle plaasvind waar die persoon ‘vertrou’ word.

  • 14. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 9 : 21

    Lo da Nats. ja nee kyk…….. dis rerig hartseer.

  • 15. Adrie  |  April 14, 2009 om 9 : 22

    Ogies, dit is natuurlik jou goeie reg. Ek sal seker dieselfde optree as ek kinders het. Ek praat egter hier van grootmense, selfs die kind se eie ouers, wat hulleself onttrek omdat hulle bang is hulle word vir pedofiele of iets aangesien.

  • 16. Adrie  |  April 14, 2009 om 9 : 23

    More Almal

  • 17. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 9 : 24

    DRIELING!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 18. Adrie  |  April 14, 2009 om 9 : 26

    Willes

    Nee, ek hou nog vakansie. Ek het gisteraand agter 2 mollige lyfies aangehol en het nie my sel hoor lui nie. Dit was n unknown nommer dus kon ek nie terug bel nie.

  • 19. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 9 : 28

    @ A3

    Ek het vi jou ‘n paar fotos gestuur

  • 20. Nats  |  April 14, 2009 om 9 : 28

    Hello Wille Q!
    Ekke wil ook foties hê!! Seblief!

    Ogies
    Ek sal seker dieselfde wees, niks en niemand met my kinders vertrou nie… dis baie hartseer!

  • 21. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 9 : 31

    En ek het my wille pêrre gesien!

  • 22. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 9 : 32

    @ Nats

    Ek sal vi jou stuur ma ek dink nie jy moet met jou oge oop kyk nie. Dis nie foties wat jy op ‘n vol maag kyk nie.

  • 23. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 9 : 37

    @ My 3ling se 2ling

    Jou posduifies is oppad

  • 24. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 9 : 39

    Het almal nou hul posduifies loop soek?

  • 25. Nats  |  April 14, 2009 om 9 : 42

    Wille Q
    Dankie baie!!

  • 26. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 9 : 44

    @ Nats

    Ga piepie eers voor jy dit oopmaak

  • 27. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 9 : 45

    Ek wou myself skop toe ek Vrydag agterkom ek het my charger by die huis vigeet. Dis aaklig om so ver vanni huis af te wees sonner ‘n foon.

  • 28. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 9 : 48

    Ek wou dit sterk oorweeg om Sabie toe te trek ma ekke het baja mooi gedink die naweek. Die goewerment hospitaal doen dit dood eenvoudig net nie vi my nie. Ek wil nie sukkel met ‘n stjoepid ding wat 20 minute kan vat nie en op die einde vanni dag moet jy hoor dat hulle jou nie kan help nie.

  • 29. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 9 : 49

    Ek dink ook nie Nelspruit sal my sien nie. Die mense daar is net gasvry wanne dit hulle pas.

  • 30. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 9 : 50

    Graskop het 1 simpel kwak wat 12h00 toe maak😯

  • 31. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 9 : 58

    Virri eerste keer in ‘n laaaaaaaaang ruk kan ek kom gesels dan hol julle almal weg👿

  • 32. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 9 : 58

    Smaak my ek moet wee begin sing!

  • 33. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 10 : 06

    Willes

    Maak vir jou ‘n hospitaal daar oop !

  • 34. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 10 : 07

    Noudat jy dit noem – jy was nogal baie skaars die afgelope tyd

  • 35. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 10 : 07

    Kloon

    Tot wanneer loaf jy so ?

  • 36. Lagjoudoos.co.za  |  April 14, 2009 om 10 : 11

    Hi

    Dankie tog ek is nie alleen nie….

    Ongelukkig moet ek saamstem dat die samelewing (of dalk die pers se gehammer op die slegte) ons ook al so beeinvloed het dat ons nie eens meer fotos orals wil plaas nie.
    Sien hier ‘n skrywe wat ek hemaak het hieroor
    http://lagjoudoos.co.za/my-fotos-op-facebook/

    En nou is ek besig om te dink aan skryf oor hoekom ek nie wil he mense moet aan die bulle vat in die “mall” nie!

  • 37. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 10 : 11

    TILLA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 38. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 10 : 12

    Ek soen jou somme!!!

  • 39. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 10 : 13

    Willes

    Die kamera was die belangrikste – die sel se charger kan wag

  • 40. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 10 : 13

    Wat ka ek vi julle vandag sing?

  • 41. Adrie  |  April 14, 2009 om 10 : 14

    Willes, het jy die Mac-Mac valle gemaak?

    Kloon, nog net n kort rukkie

  • 42. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 10 : 14

    Ek wil ook huistoe gaan !

  • 43. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 10 : 15

    It really hurts to say this yes it does
    But after a while sweet love just ain’t enough
    So many settle for less just because
    Maybe I’m more in love with what it was
    But what’s gets so confusing baby
    You and me
    It’s been so much confusion lately
    You couldn’t see that you were losing me

    Well I’m alone now but I ain’t lonely
    I’m on my own now
    But I ain’t the only
    Honestly I’m fine
    I’ll take this time to concentrate on me
    And I got possibility to keep me company

    Won’t you just assume he doesn’t care
    To internalize it all isn’t fare
    So I address the problem so that he’s aware
    But I still feel all alone even when he’s there
    Maybe we can fix it baby
    I know we can
    If I make you miss it baby
    Then maybe you will understand

    That I’m alone now but I ain’t lonely
    I’m on my own now
    But I ain’t the only
    Honestly I’m fine
    I’ll take this time to concentrate on me
    And I got possibility to keep me company

    la la la la la la la la laaa
    la la la la la la la la laaa
    la la la la la la la la laaa
    la la la la la la la la laaa

    Well I’m alone now but I ain’t lonely
    I’m on my own now
    But I ain’t the only
    Honestly I’m fine
    I’ll take this time to concentrate on me
    And I got possibility to keep me company

  • 44. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 10 : 18

    @ A3

    Wavan praat jy!? Ek het na ‘die voorval’ eers da naby julle ga swing by daai mooi waterval! Ek dink dit wassi gat-afskrik aksie wat die bloed laat uitstroom het. Natuurlik het ekki ‘n foun gehad om te laat weet dat ek eerder terug Sabie toe gat om ‘n kwak te loop soek nie.

  • 45. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 10 : 19

    @ *M*

    Vat my saam!

  • 46. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 10 : 23

    Dink net – ons kan heeldag gaan koffie drink !

  • 47. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 10 : 25

    GGGRRR!!!!!!

  • 48. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 10 : 26

    Ons mag dalk even ietsie bak om te knaag

  • 49. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 10 : 27

    Eish – dis alweer sulke tyd – my kind moet terug koshuis toe en dis weer die groot trek !

  • 50. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 10 : 31

    TESTING 1 2 3

  • 51. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 10 : 37

    @ *M*

    Eerder jy as ek. Dis seke erg om WEER koebaai te sê nadat sy byri huis was

  • 52. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 10 : 38

    My stjoepid piesie hak wee vas

  • 53. Nats  |  April 14, 2009 om 10 : 42

    Ag great! My ma vat my saam na ‘n 50ste verjaarsdag… hierdie Vrydag!!!!! Waar moet ek nou iets uit krap om aan te trek??

    Dis ‘n Rock n Roll tema in die 50s… of so iets.

    Wat gaan ek aan trek???!!! Eish!

  • 54. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 10 : 49

    Hi Nats

  • 55. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 10 : 50

    Willes

    Ja dit gaan weer vreemd voel – maar nou ja !

  • 56. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 10 : 53

    @ Nats

    Eish!

  • 57. Nats  |  April 14, 2009 om 10 : 53

    Hello *M*
    Sjoe die tyd vlieg, ek dog die skole maak eers volgende week oop.

  • 58. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 10 : 58

    Nee, dit was ‘n baie kort vakansie die – net twee weke

  • 59. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 12 : 11

    Hies ek wee……..
    Hies ek wee……..
    Met my piesie voor jou deur………

  • 60. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 12 : 14

    Ek het gewonder hoe lank ek alleen hier moet sit

  • 61. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 1 : 06

    Ek wil nogsteeds huistoe gaan

  • 62. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 1 : 07

    Nog beter – ek wil met vakansie gaan

  • 63. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 1 : 08

    Ek het darem kos gekry

  • 64. Wheelbarrow Jack  |  April 14, 2009 om 1 : 11

    Dagse. Het julle naweek geniet?

  • 65. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 3 : 12

    Ai – ek hoop dit gaan more beter

  • 66. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 3 : 15

    @ *M*

    Toe bom my piesie WEER uit! TSK!!!

  • 67. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 3 : 19

    Willes

    Skop hom ! Jou toon is mos nou klaar af !

  • 68. Nats  |  April 14, 2009 om 3 : 37

    En da sit ek meeste van die dag sonder internet!!!!

    Net my luck dat ek mos vandag so baie werk het… en wat het ek nodig om dit te doen – die internet!!!!!

    Dis ‘n blou Dinsdag… ek wil sommer huil! ;(

  • 69. Nats  |  April 14, 2009 om 3 : 39

    *M*
    Eeeeeeeuw ek het daai toon gesien!! Of altans wat van die toon oorgebly het!😆

    Wille Q
    Dit lyk baie eina!! Maar dit lyk nie soos jou voet nie?? Of is dit net ek wat vandag so hoofpyn het dat ek skoon skeel kyk🙂

    Ek wil huis toe gaan!!!

  • 70. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 3 : 44

    Nats

    Ek het ook nogal gedink dit lyk nie na haar voete nie.

  • 71. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 3 : 46

    Ek gaan darem oor so 5 minute huistoe en dan moet ek als uitsort en dan die pad vat koshuis toe – is nie juis lus om te ry nie maar nou ja, wat sal ek doen.

  • 72. *Mathilda*  |  April 14, 2009 om 3 : 49

    Nou ja tatta maaikies (die wat die moeite gedoen het om te kom kuier) – dis nou daai tyd van die dag wat ek soos Rockoff maak en my goed vat en huistoe gaan !

  • 73. Nats  |  April 14, 2009 om 4 : 12

    *M*
    Koebaai!!! Lekker aand en mooi ry! Sterkte… moenie huil nie😉

  • 74. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 4 : 43

    Hey! Hey! Dis my voet daai. TSK!!! Ga kyk op die Sisters fotos en kyk of julle my voet herken.

  • 75. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 4 : 58

    Dêmmit! Dis my regter voet op die Sisters foto😯

  • 76. Wille Kjind Q  |  April 14, 2009 om 5 : 02

    A HA!!!!!! Ek kan in my lewe nooit die merke op my been fake nie. Julle gat my been (in real live) kom kyk en sê sorry!

  • 77. angrymedusa  |  April 14, 2009 om 6 : 59

    Daardie storie van die seuntjie is GRIM, GRIM, GRIM! 👿 Hoe siek moet ‘n mens nie wees om dit aan so klein dingetjie te doen nie??

  • 78. Nelba  |  April 14, 2009 om 9 : 36

    ‘n Paar jaar terug vra vriende van ons Dirk moet hulle dogtertjie bad terwyl hulle gou hulle baba in die bed sit en ek vir Marco – wat ook nog ‘n baba was – versorg. Wat hy toe doen, maar hy vermy om orals te was. En sy is hoogs verontwaardig, want hoe gaan sy nou daar skoonkom.

    Ja, ek dink dinge word oordryf, maar ek dink ook daar is kinders wat deur hulle ouers en hulle eie onskuld in situasies beland het wat geen kind behoort te beleef nie. Dis beter om te fouteer aan die kant van versigtigheid. My kinders slaap nie sommer uit nie en ons gaan bitter selde êrens heen waar hulle nie kan saamgaan nie. Ek het nie ‘n probleem met soentjies en drukkies en doekruil en kielie en sulke dinge nie. Maar ek maak seker hulle sal vir my sê as enige van hierdie goed hulle ongemaklik laat voel.

  • 79. Adrie  |  April 14, 2009 om 10 : 23

    Nelba, ek kan nie help om te grinnik vir daardie dogtertjie se penarie nie. Dit is presies waarvan ek praat. Hoekom vermy jy iets soos bad of doek omruil as dit nie jou eie kind is nie? My niggie se kinders sal byvoorbeeld hulp vra as hulle die toilet moet besoek. Dit is niks om hulle te help om die nodige af te vee nie. Tog sal ek huiwerig wees met iemand anders se kinders.

    Ek dink nie dat iemand omgee dat hulle nie sommer met ‘n kind vertrou word nie. Ek moet egter byvoeg dat mense hulle kinders hopeloos te vinnig saam met vreemde mense vertrou.

    Almal wat gereeld met kinders in aanraking kom weer dat jy hom/haar dadelik los as hulle wegskram (behalwe natuurlik as hulle veiligheid bedreig word) of bang is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: