Tee Diens

April 12, 2009 at 9 : 58 44 Kommentaar

Kuiermense is lekker.  Kuiermense is goed.  Maar baie kuiermense gee baie droë kele.  Veral as daar lekker gekuier word.  Daar is natuurlik maniere om die kele nat te hou.  Koeldrank en dop is seker die maklikste.  Tog is dit nie baie prakties vir ontbyt of laataand geselsies nie.  Dit is waar die getroue ketel inkom.

Ongelukkig werk geen ketel op sy eie nie.  Iemand moet dit uitspoel, vol maak en laat kook.  Daardie iemand moet dan sommer al reeds die bekers reg sit met die tee sakkies, koffie (verskillende sterktes), die regte hoeveelheid suiker en natuurlik melk.  As daardie iemand gelukkig is, sal een ketel water genoeg wees vir almal.  En ek haat dit om daardie iemand te wees. 

Almal weet teen die tyd dat my huis nie ‘n kuierplek is nie.  Daar is genoeg koffiehuise in die omtrek wat sommer al die drinkgoed aandra, met die nodige verversings en boonop die skottelgoed was.   ‘n Mens kan egter nie so sorgeloos en vry kuier as by die huis nie.  Daardie rekening kan natuurlik genoeg wees vir ‘n Cappuchino masjien aan die einde van ‘n lang kuier.  Dus is dit nie altyd ‘n oorweging nie.

Ek kan kan onthou toe ons kinders was, het die vrouens altyd vir die tee, koffie en die koeldrank gesorg.  Die ooms het weer vir die dop gesorg.  Dit is deesdae nie meer altyd die geval nie.  Wanneer ek by my vriendinne gaan kuier, dra hulle mans dikwels die drinkgoed en soms selfs die eetgoed aan.  Wat vir my altyd na ‘n goeie plan lyk.  En ja, my vriendinne het ook hulle beurt.  Tog is teemaak nie meer net ‘n vroumens se werk nie.

Hoe werk die teediens in julle huis?  Wat van die eerste koppie koffie in die oggend en die laaste koppie hot chocolate in die aand?

Blogvraag:  Wie was die opstanders se leier met die Boston Tea Party op 16 Desember 1773?

Blogantwoord:  Cobus was reg met The Church of the Holy Sepulcher.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Goeie Vrydag ‘n Vae lyn

44 Kommentaar Add your own

  • 1. maxie  |  April 12, 2009 om 10 : 40

    Eerste

    Ek is gelukkig want my 1ste koppie koffie vir die dag word aangedra deur die Engelsman terwyl ek nog sukkel om te ontwaak.
    Hulle drink nie koffie of tee nie, maar die kind hou van Milo in die winter, en dit sal ek maak.
    As ons kuiergaste het wys ek vir hulle waar die ketel en tee en koffie is, hulle kan (moet!) hulself help.

  • 2. Olga  |  April 12, 2009 om 10 : 41

    Eerste.

  • 3. Olga  |  April 12, 2009 om 10 : 42

    Sorry maxie.

    tweede.

  • 4. maxie  |  April 12, 2009 om 10 : 46

    Mind you – Mo is die enigste mens in die hele wereld vir wie ek oggendkoffie maak.

  • 5. maxie  |  April 12, 2009 om 10 : 47

    Hi Olga en bye, gaan nou slaap.

  • 6. Olga  |  April 12, 2009 om 10 : 48

    Leke slaap maxie. sweet dreams.

  • 7. Olga  |  April 12, 2009 om 10 : 49

    Samuel adams

  • 8. Salome  |  April 13, 2009 om 10 : 10

    More Almal!!

    Koffie en tjoklitkoek?

    Eerste koppie in die oggend is my werk, laaste koppie is Liefie se werk. As kuiermense bietjie lank kuier sal Liefie gewoonlik die een wees wat koffie aandra aangesien ek nie ‘n groot koffie en tee drinker is nie en dan soms vergeet dat ander al iets te drinke wou gehad het.
    Deesdae kry oudste gereeld ‘n beurt om koffie of tee te maak (help nogal as daar so ekstra paar gewillige hande is).

  • 9. Salome  |  April 13, 2009 om 10 : 11

    Maxie, mal oor jou seksie katjie.

  • 10. Olga  |  April 13, 2009 om 11 : 02

    More, more. hmmmm, koffie tjoklit koek! heerlik.

  • 11. Olga  |  April 13, 2009 om 11 : 08

    Homer maak vroeg oggend sy eie koffie. saans maak hy die laaste koppie koffie. hot tjoklit? ons het nie meer kjenners ini huis nie. my tumi neem die rooi blik saam pta toe.

  • 12. Salome  |  April 13, 2009 om 11 : 20

    Olga, hiers muffins ok en yskas tert. Kan ek maar skep?

  • 13. Adrie  |  April 13, 2009 om 12 : 14

    Plaas se julle hier is koek. Grrr

  • 14. Adrie  |  April 13, 2009 om 12 : 14

    More almal

  • 15. Sonkind  |  April 13, 2009 om 12 : 21

    Ek maak my eie tee; die Liefie maak ALTYD koffie, want myne proe nie so lekker soos syne nie. Hy maak ook die laaste drinkgoed in die aand, koffie vir hom en in die winter hot chocolate vir my. In die somer drink ek sap in die aand, of net water🙂

  • 16. Sonkind  |  April 13, 2009 om 12 : 22

    EK IS SPAM!!!

  • 17. Klip  |  April 13, 2009 om 1 : 01

    Middag almal , ek hoop almal het nog n geseende Paastyd saam met julle geliefdes

  • 18. Klip  |  April 13, 2009 om 1 : 01

    Hier is ek teug op n vakansie dag , en dis te lekker om weer by die werk te wees

  • 19. Klip  |  April 13, 2009 om 1 : 02

    terug …..moes dit lees

  • 20. Klip  |  April 13, 2009 om 1 : 06

    Party mense maak slegte tee en koffie.

    Koffie drink ek maar liewers by die huis of in n koffie winkel. Ook by mense wat weet wat is koffie .

    Ricoffee , is plastic, nie eers te praat van die ander cheap poeier koffie nie.

    Vyf Rose , Joko of Pitco tips of niks

    Vars volroom melk……

  • 21. *Mathilda*  |  April 13, 2009 om 1 : 34

    howdy maats

  • 22. *Mathilda*  |  April 13, 2009 om 1 : 36

    klip
    die ordentlike koffie is onbekostigbaar duur, veral as jy so baie soos ek drink

  • 23. Adrie  |  April 13, 2009 om 1 : 46

    Hallo Klip

    Baie geluk met jou verjaarsdag Saterdag. Ek hoop jy het n fantastiese dag gehad.

    Hi Kloon.

  • 24. Wheelbarrow Jack  |  April 13, 2009 om 1 : 50

    Dagse. Dit was n heerlike naweek. Hoe was julle naweek?

  • 25. Klip  |  April 13, 2009 om 3 : 23

    A3 dankie vir die goeie wense , ek het n wonderlike dag gehad.

    Mathilda , deesdae is koffie drink iets wat n mens amper skelm moet doen, so duur het dit geword.

    As ek een dubbel espresso per dag kan drink is ek happy

    WBJ , lekker rustige naweek , maar alle goeie dinge kom ook tot n einde.

  • 26. Klip  |  April 13, 2009 om 3 : 26

    Ek kon darem kosmaak hier by die werk vandag , en more het ons skof n braai ( 5000 dae sonder n DI ), ai eintlik is die lewe nie te bad nie , maar n gaga dag by die huis is nog beter as die beste dag by die werk.

  • 27. Salome  |  April 13, 2009 om 3 : 30

    Klip, ek het darem nog vir jou ‘n stukkie tjoklitkoek oor vir nagereg!!! Gaan jy koffie maak?
    Middag Klip

  • 28. Klip  |  April 13, 2009 om 3 : 30

    Ek het eendag op TV gesien hoe drink die arabiere koffie ,die koffie word gerooster op n oop vuur , en dan fyngemaak , en getrek terwyl al die ou toppies in n kring sit en wag dat n jong laaitie vir hulle koffie inskink. Die koffie is super sterk en dan word daar net dadels saam met die bitter koffie geeet.

  • 29. Salome  |  April 13, 2009 om 3 : 31

    Wees bly jy is by die werk anders sou jy soos Liefie al die “odd joppies” moet doen wat ek vir hom uitdink

  • 30. Klip  |  April 13, 2009 om 3 : 32

    Hallo daar Salome en Hendrik, baie dankie vir die tjoklit koek,

    Nou kan ons almal smul aan n koppie lekker swart sterk arabiese koffie 😮

  • 31. Salome  |  April 13, 2009 om 3 : 33

    Agge nee Klip. Ek kry hoofpyn net om te lees van daai borshaar koffie. Kyk, ek is lief vir ‘n lekker koppie koffie of ‘n Mocha Choca, maar 2 of 3 per dag vir my dankie.

  • 32. Klip  |  April 13, 2009 om 3 : 33

    Julle dames kry mos allerhande idees , wanner ons mans sit en niks doen nie .

  • 33. Salome  |  April 13, 2009 om 3 : 34

    Ek sal maar die Arabiese koffie vir Liefie gee. Kan ek maar vol nonsens wees en vra vir gewone koffie dankie

  • 34. Klip  |  April 13, 2009 om 3 : 35

    As n mens eenkeer op n dag n lekker sterk koppie koffie geniet dan drink jy die res van die dag net water ( vir my met so blertsie whiesky in)

  • 35. Salome  |  April 13, 2009 om 3 : 35

    Ag jy is tog so ordentlik met die “dames”. Toe, uit daarmee, roep ons nou maar vroumense / langhaar huisdiere / . . . wat is al die ander?

  • 36. Klip  |  April 13, 2009 om 3 : 36

    Salome , een koppie flou gewone koffie na jou smaak.

    Mev Klip drink ook net hierdie unleaded koffie , en so flou ……….sy kon maar netsovel melk water drink.

  • 37. Salome  |  April 13, 2009 om 3 : 38

    Nee man Klip, nie flou nie, “ordintlike koffie” asb.
    Ek kry nie daai unleaded goed in my lyf nie, dan drink ek maar liewer tee – al die flavours is aanvaarbaar behalwe gewone tee

  • 38. Klip  |  April 13, 2009 om 3 : 38

    😆 kyk ek probeer bly maar altyd in die goeie boekies van die dames bly , want ek hou nie van bloed en blou oe nie

  • 39. Klip  |  April 13, 2009 om 3 : 39

    Ok Ok , daars hy so n bietjie sterker .

  • 40. Salome  |  April 13, 2009 om 3 : 40

    Aag toema Klippie, Jy en Jan bly maar nogsteeds my favourites . . .
    Da word ek nou gefluit vir “tee diens”. Ag damn. Sien jou later.

  • 41. Klip  |  April 13, 2009 om 3 : 41

    Ek drink maar die whiesky ook so, sommer baie sterk met die intrap slag , dan hoef ek nie so baie op te staan vir die volgende een nie , en dan dink mev Klip ek drink nie baie nie

  • 42. Salome  |  April 13, 2009 om 3 : 41

    Whahaha, jou ou skelm!!

  • 43. Klip  |  April 13, 2009 om 3 : 42

    Geniet die tee tyd Salome , en groete aan julle almal

  • 44. Uniqa  |  April 16, 2009 om 2 : 21

    Ek sit die masjien aan voor Liefie in die stort klim, en teen die tyd wat hy uitklim, skink hy vir ons.
    Partykeer kan ek net die die tweede koppie resist nie – dan skink ek maar self teen die tyd wat Liefie al weg is!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: