Goeie Vrydag

April 9, 2009 at 6 : 20 29 Kommentaar

Gewoonlik steek daar ten minste een keer ‘n jaar gerugte kop uit dat die Christelike Feesdae soos Kersfees en Goeie Vrydag geskrap gaan word.  Ek is nie seker of die rokie wel op ‘n vuurtjie dui nie.  Tog van die 12 vakansie dae wat Suid-Afrikaners geniet is dit juis die twee wat vir my die waardevolste is. 

Op 25 Desember vier ons die geboorte van Jesus, wat juis soos ‘n mens die aarde binnegekom het om gekruisig te word.  Die kruisiging herdenk ons op Goeie Vrydag.  Dit is juis die kruisiging en die opstanding wat daarop gevolg het, waarop Christenskap gebou is. 

Een van my gunsteling liedjies wat ons in die kerk sing, som vir my die betekenis van Goeie Vrydag op.  Die lied is God of Mercy and Compassion.  Dit is blykbaar ‘n tradisionele Franse lied.  Die vierde vers lui as volg:

See our Savior, bleeding, dying,
On the cross of Calvary;
To that cross my sins have nail’d Him,
Yet He bleeds and dies for me.

Ek kan nie eintlik iets daartoe byvoeg nie.  Behalwe die koor miskien.

Jesus, Lord, I ask for mercy;
Let me not implore in vain;
All my sins, I now detest them,
Never will I sin again.

Ek wens almal ‘n vredige Paastyd toe.  As julle die paaie aandurf, ry asseblief veilig.

Blogvraag:  Domkrag was eerste reg met Tenzin Gyatso.

Blogantwoord:  Watter kerk is gebou waar Jesus vermoedelik begrawe is?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Respek vir gelowe Tee Diens

29 Kommentaar Add your own

  • 1. Wheelbarrow Jack  |  April 9, 2009 om 6 : 42

    Eerste

  • 2. Coyote  |  April 9, 2009 om 7 : 08

    Tweede
    geseende paasnaweek

  • 3. cobus  |  April 9, 2009 om 9 : 27

    The Church of the Holy Sepulcher

  • 4. Wrang  |  April 10, 2009 om 12 : 11

    Ons respekteer jou geloof. En meet jou daaraan.

  • 5. Olga  |  April 10, 2009 om 2 : 34

    Meet? wat meet jy? ek erken jou reg om aan geen opperwese te glo nie. dit is jou perogatief. wat kan jy meet aan my erkenning van God? waarin meet jy dit? kilopascal? newton? kilowat?

  • 6. *Mathilda*  |  April 10, 2009 om 12 : 00

    hallo almal

  • 7. Salome  |  April 10, 2009 om 5 : 36

    Middag julle almal!!! Ek hoop julle rus almal baie lekker.

  • 8. WILLE KJINDQ  |  April 10, 2009 om 6 : 11

    Ek het ‘n lazyhorse gesien:mrgreen: !!!!! Net jammer die moer was vinniger as my kêmera👿

  • 9. WILLE KJINDQ  |  April 10, 2009 om 6 : 14

    He! He! As ek geweet het jy soek net die kort naam dan het ek nie eens moeite gedoen ommi Bronkies tempel te bel nie😉

    Ek hoop nie ek word ôk gemeet nie😯

  • 10. WILLE KJINDQ  |  April 10, 2009 om 6 : 15

    Eks nou hond moeg. Ek gat nou bad dan gat ek slaap TOTTI son opkom

  • 11. pop  |  April 10, 2009 om 6 : 20

    elo wk

    gannit?

  • 12. pop  |  April 10, 2009 om 6 : 21

    alweer niemand, ek ga nou verder kuier….!!!

  • 13. pop  |  April 10, 2009 om 6 : 25

    koebaai for now!!!!!

  • 14. WILLE KJINDQ  |  April 10, 2009 om 7 : 21

    Lo Skrop. Sorry was gou inni bad

    Ek weeti hoe lank my bêtrie gat hou nie. Ek het die simpel charger byri huis vigeet. En ek het die huis verlaat met my se slippertjies aan…….. Sonner ‘n paar skoene!! Ek loop al heeldag kaalvoet rond

    WHUHAHAHAHAHA!!!!!!

  • 15. nettiepikeur  |  April 10, 2009 om 9 : 20

    WAT MAAK DIT SAAK AS DAE SOOS KERFEES EN PAASFEES “GESKRAP” WORD?
    IN TALLE LANDE IS DIE JOODSE PASCHA EN ISLAM SE HEILIGE DAE GESKRAP, EN DIT MAAK GEEN SNARS VERSKIL AAN HULLE GELOOF NIE.
    SAL AAN ONS OOK NIKS MAAK NIE, NET MINDER VAKANSIEDAE. OOK GOED SO.

  • 16. Salome  |  April 10, 2009 om 9 : 44

    Willes, daai kerivan va jou het definitief nie lank genoeg ge-idle nie. hoe kan jy dan nou belangrike goed soos slippers en battries vigeet? Ai tsk . . .

  • 17. Salome  |  April 10, 2009 om 9 : 45

    ooo tog, da hoor ek ok nou weer die klok lui en niks verder. Jy het d slippers ek weet, ek meen die skoene. . .

  • 18. Wheelbarrow Jack  |  April 10, 2009 om 9 : 52

    Is dit n feit nettiepikeur? Veels geluk vir die fyn observasie.

  • 19. pop  |  April 10, 2009 om 9 : 53

    hello almal(en hier is niemand)

    so sit ek by myself en wonder oor die ou lewe…..

  • 20. pop  |  April 10, 2009 om 9 : 56

    wtf? so sit duisende mense vanaand alleen by hul huise …… geen geliefdes…. niemand wat worry….hulle staan by die robot en bedel vir n geldjir om vanaand te eet!!

  • 21. pop  |  April 10, 2009 om 10 : 06

    kak ou lewe vir sommige mense!!!!!!!!!!!!!

  • 22. Wrang  |  April 10, 2009 om 10 : 30

    Geagte Olga, die meet verwys bloot na dade. Dit is ons mening dat baie mense wat hulle sogenaamd Christen noem geensins werklik die volle toedrag van Jesus se bedoeling begryp nie. Van wanneer af is Christenskap kieskeurig in die gee? Het Jesus gekies tussen wie hy sou help aldan nie?

    Helaas, mense wat hulle so Christelik voorhou moet hard en diep na die Woord gaan kyk om opnuut te verstaan wat dit beteken.

    Ons, wat jou geloof nie deel nie, is oortuig ons is meer “Christelik” as baie Christene, bloot omdat ons nie “kies” nie. Ons sien almal gelyk, ryk en arm, fariseer en dissipel.

    Dis die meet: is jy waaragterlik wat jy sê jy is? Gaan kyk opnuut wat die Kruis beteken voordat u sulke nikseggende kritiek kwytraak.

    En sou u dan nie Christelike wees nie, was dan maar u hande.

    WILLE KJINDQ, word almal maar nie gemeet nie? Een of ander tyd? Of begryp ons die Christelike geloof verkeerd?

    En net voordat iemand iets misgelees het: ons respekteer u geloof. Mag u daarvolgens gemeet word.

    Rustige Paasfees vir ieder en elk – en vergeet nie die ware simboliek van die Kruis nie!

  • 23. Olga  |  April 11, 2009 om 12 : 04

    Tissue vir julle wrang? ek, n katoliek, gaan nie, onder geen omstandighede nie my geloof aan julle regverdig nie. ek wonder of julle so gaaf weet waarvan julle praat. as julle nie iets goeds van christelikheid te se het nie, swyf asb.

  • 24. Wrang  |  April 11, 2009 om 12 : 55

    Ons dink u rook boom, met respek. Ons is juis in volle aanvaarding van die Christelike geloof. Lees gerus weer. En lees dan weer u uiters onsinnige gebrabbel, wat geensins sin maak nie.

    As ons berig dat ons welliswaar wéét waarvan ons praat, gaan dit enigsins aan beide kante se teenstrydige menings ‘n verskil maak? Ons twyfel.

    Niemand het gevra om regeverdiging nie, Olga. Waarom so intens verdedigend? U geloof moet sterk genoeg wees om enige aanslag te kan weerstaan. Ons het u geen direkte, indringende, en onoplosbare probleme en vrae gelos nie. Vanwaar die hakke inslaan?

    Tas ons ‘n sensitiewe area? Ons vertrou u besoek gereeld die vergifnishokkie, want is dit nie die ware intensie van die Kruis nie?

    ‘n Vreugdevolle paasfees vir U.

  • 25. Coyote  |  April 11, 2009 om 4 : 55

    Hoop almal rus lekker
    Willes bly jy het jou lazyhorse gesien

  • 26. Olga  |  April 11, 2009 om 9 : 56

    Rook jou aaptwak in privaatheid asseblief. jou megalomanie is uiters vervelig. gaaaap. die oormatige gebruik van lee groot woorde dui op die ramblings van iemand wie bitter graag as n intellektualis erkenning soek. siestog. foeitog.

  • 27. pop  |  April 12, 2009 om 7 : 57

    pheeewww!!!

  • 28. Adrie  |  April 12, 2009 om 5 : 35

    Ek hou nog lekker paasfees. Ek hoop julle ook.

  • 29. Wrang  |  April 13, 2009 om 12 : 42

    die oormatige gebruik van lee groot woorde dui op die ramblings van iemand wie bitter graag as n intellektualis erkenning soek

    Ons grinnik, Olga. U kon bloot die woorde “grootheidswaan” gebruik het. Ons reken u dus as “intellektualis.”

    Vrede vir u.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: