Respek vir gelowe

April 8, 2009 at 5 : 49 84 Kommentaar

Ek het al voorheen genoem dat Christen erken word aan sy dade, nie verklaring nie.  Vandag wil ek verklaar dat ek wel ‘n Christen is.  Die vrugte wat ek dra is dalk min, klein en suur, maar ek is seker dat dit wel raak gesien kan word. 

 Ons staan op die vooraand van die belangrikste dag in ‘n jaar vir enige Christen.  Daarom wil ek die geleendheid gebruik om oor geloofsvryheid te praat.  As ‘n Christen is ek ‘n groot voorstander van geloofsvryheid.  Geforseerde Christenskap beteken niks.  Hulle kan die rol dalk goed vertolk, maar dit vind nie weerklank in hulle harte nie.  Dit is vals en wek eintlik net afsku.

 Saam met geloofsvryheid kom daar noodgedwonge ook respek vir verskillende gelowe.  Wat in vandag se lewe beteken dat Christenskap verkleineer word en Christenne verwag word om dit in swye te verdra.  Indien een weerstand bied, word hulle soos die melaatses van ouds uit die gemeenskap verdryf, sonder dat hulle sogenaamde mede-Christenne hulle enigsins sal ondersteun.  Soos wat onlangs met Roer gebeur het???

 Die afgelope tyd draai Matt 10: 32 -33 deur my kop.

 Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is.  Maar hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemel is.

 Sjoe, dit is nogal kras, veral in vandag se lewe waar dit lankal uit die mode is om ‘n Christen te wees.  ‘n Christen word vandag gelykstaande aan ‘n naiewe kleuterskoolkind gestel.  Om te erken dat jy ‘n Christen is, verlaag onmiddellik jou IK na 0 en jy kan netsowel aan die tandemuis glo.  Geen wonder Christenne is vandag geintimideer om hulle monde oop te maak of om vir hulle geloof op te staan.

 Maar wat beteken respek vir ander gelowe werklik?  Beteken dat jy jouself en jou geloof moet verloën om die vrede te bewaar?  Beteken dit jy jou gebruike moet bêre waar dit nie bespot kan word nie?  Beteken dit dat jy die filosofië van ander gelowe nie mag bevraagteken nie?  Beteken dit dat jy die slae van jou geloof gedweë moet aanvaar?

 Ek dink beslis nie so nie.  Respek gaan vir my daaroor dat jy nie ander gelowe mag verkleineer of afkraak nie.  Jy moet hulle ‘n regverdige geleentheid gee om hulle geloof te beoefen, mits dit nie lewens in gevaar bring nie.  As jy verskil, kan jy jou verskille op ‘n verdraagsame manier lug.  Jy moet hulle toelaat om hulleself op ‘n verdraagsame wyse te verdedig.  Verdraagsaamheid is die sleutelwoord.  Spot is nie verdraagsaam nie, treiter ook nie en geweld nog minder. 

 Vandag beteken respek egter dat ek jou geloof kan bespot, maar bewaar jou siel as jy my geloof (of gebrek aan geloof) nie respekteer nie.  So dikwels eis mense respek, sonder om die prys van respek – wederwydse respek – te betaal.  Hoe waar is dit nie in die debatte wat om Christenskap draai nie?

 Elke mens het die reg om te glo wat hulle wil.  Elke mens het die reg om vrae te stel aan ‘n geloofsgroep.  So ook het elke mens die reg om sy geloof te verdedig wanneer dit aangeval word.  Mits verdraagsaamheid aan die dag gelê word en onthou word dat daar aan goed gepeuter word wat vir die ander heilig is. 

 Christenne se geloof verdien net soveel respek as enige ander geloof.

Blogvraag:  Wie is die huidige Dalai Lama?

Blogantwoord:  Maxie was reg met Mario Puzo

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Te veel van ‘n goeie ding Goeie Vrydag

84 Kommentaar Add your own

  • 1. WILLE KJINDQ  |  April 8, 2009 om 5 : 54

    Eerste!

  • 2. WILLE KJINDQ  |  April 8, 2009 om 5 : 55

    Weeti. Gat nou ry

  • 3. Adrie  |  April 8, 2009 om 6 : 14

    Maxie was eerste reg met gister vraag. Ek sal die post later update.

  • 4. WILLE KJINDQ  |  April 8, 2009 om 6 : 33

    Jetsun Jamphel Ngawang Lobsang Yeshe Tenzin Gyatso gebore Lhumo Dőndrub

  • 5. WILLE KJINDQ  |  April 8, 2009 om 6 : 34

    Wat ‘n mond vol😯

  • 6. WILLE KJINDQ  |  April 8, 2009 om 6 : 35

    Ok….. Nou moet ek gou die post gat lees

  • 7. WILLE KJINDQ  |  April 8, 2009 om 6 : 39

    NEE!!! DIE TANDMUIS BESTAAN NIE!!??

  • 8. WILLE KJINDQ  |  April 8, 2009 om 6 : 41

    Eish! Kak grap. Sorry😳

  • 9. WILLE KJINDQ  |  April 8, 2009 om 6 : 42

    Ek loop eerder voorlat ek my naam gat maak

  • 10. Wheelbarrow Jack  |  April 8, 2009 om 7 : 43

    Tenzin Gyatso

  • 11. maxie  |  April 8, 2009 om 7 : 46

    Tenzin Gyatso

  • 12. Olga  |  April 8, 2009 om 8 : 30

    elo. iemand tuis?

  • 13. Olga  |  April 8, 2009 om 8 : 35

    Herrie merrie het vanmiddag weer voor my heu kom raas. toe sit ek bessie op haar. sy dink toe weer sy is so gr8. toe byt bessie haar tyre n gat in. sy wil mos poefies van my hond praat. toe was sy n wagmerrie. want sy moes vir homer wag om tuis te kom o haar wiel te ruil.

  • 14. Olga  |  April 8, 2009 om 8 : 38

    Dis wat gebeur as n herriemerrie voor my hek kom toet. ek moes toughey op haar gesit het. hy sou die hele maantuig opgevreet het.

  • 15. Olga  |  April 8, 2009 om 8 : 43

    Geloof is nogal nes politiek n taai tameletjie. geen 2 mense se siening van geloof is dieselfde nie. maar ek glo ook elke mens is geregtig op sy manier van aanbid.

  • 16. Olga  |  April 8, 2009 om 8 : 44

    Hierdie monoloog verveel my.

  • 17. Coyote  |  April 8, 2009 om 8 : 57

    Hi almal ek stem Olga geloof is soos politiek mense het hulle eie menings en moet die reg he om hulle geloof te practice maar respek wat ander glo

  • 18. Sebastiaan  |  April 9, 2009 om 12 : 18

    Geloof kwesies is soos sex . Niemand kan n ander se hoe om te glo, hoe om te bid nie. Net jy weet wat jou behoeftes is.

  • 19. *Mathilda*  |  April 9, 2009 om 6 : 46

    More maters

  • 20. pop  |  April 9, 2009 om 7 : 01

    more almal

  • 21. pop  |  April 9, 2009 om 7 : 04

    ek het baie respek vir ander se geloof…maar hel ek kan iets oorkom as iemand die hele dag met die bybel onder die arm loop en preke uitdeel. en as iemand in alles, maak nie saak hoe groot of hoe klein die duiwel se dade soek nie.

  • 22. Wheelbarrow Jack  |  April 9, 2009 om 7 : 46

    Dagse. Kan ek julle vandag uit julle velle irriteer?
    Elke mens glo mar sy of haar kerk is die regte kerk. Elkeen glo ook sy kerk is die oorspronklike kerk deur JC begin. Ek moet egter toegee dit was nie die kerk waarvan ek n ledemaat is nie. Iets wat soos n linker skoen aan n regter voet voel, is n vroulike leraar. Hoe voel dit vir julle om n vroulike leraar te he?

  • 23. Wheelbarrow Jack  |  April 9, 2009 om 7 : 49

    Iemand het my eendag gese ‘alle paaie lei na God.’ ek dink solank n mens die 10 gebooie gehoorsaam, kan daar seker maar n vroue predikant wees.

  • 24. *Mathilda*  |  April 9, 2009 om 8 : 09

    Hallo poplap – hoe gaan dit ?

  • 25. Olga  |  April 9, 2009 om 8 : 14

    More, more. oom jack soek jy alweer skoor?

  • 26. Olga  |  April 9, 2009 om 8 : 15

    Ai, ek het so leke geslaap, ek gaan le sommer en doen dit weer.

  • 27. *Mathilda*  |  April 9, 2009 om 8 : 21

    More Olga

  • 28. pop  |  April 9, 2009 om 8 : 37

    more *m*

    gat goed hier by my en daar by jou?

    olga

    hoe waai die wind da by jou?

  • 29. pop  |  April 9, 2009 om 8 : 45

    9 ure dan begin die naweek

  • 30. pop  |  April 9, 2009 om 8 : 47

    okay dan loop ek maar as julle nie met my wil praat nie

  • 31. Adrie  |  April 9, 2009 om 8 : 50

    More almal

    Dit gaan nie hier net oor Gereformeerd, Charismaties, apolstolies, jehovas, katoliek ens. Dit gaan ook oor respek vir ander gelowe soos islam, joods, hindus, afrika gelowe en selfs ateisme. Daar is mense wat aan n ander god/gode glo of selfs aan geen god nie. Hoe respekteer julle hulle gelowe? En wat gemaak as hulle geen respek teenoor die Christen geloof betoon nie?

  • 32. *Mathilda*  |  April 9, 2009 om 8 : 51

    Pop

    Geen splinternuwe klagtes nie dankie – amper naweek ja !

  • 33. boendoe  |  April 9, 2009 om 8 : 51

    Ek haal my hoed vir Roer af. Ek het ook al te veel blogs gelees waar daar fynweg (en soms nie so fyn nie) met Christendom gespot word. En daardie vers wat jy aangehaal het, sal ek ook nooit vergeet nie. Net soos daai een van ‘Ek het vir jou kos gevra…’

  • 34. Coyote  |  April 9, 2009 om 9 : 02

    Hi julle ek hoop dit gaan goed met almal
    A3 dankie vir die rigting ek het dit sommer gou gekry
    Ek hoop my baas laat ons vroeg loop

  • 35. Adrie  |  April 9, 2009 om 9 : 47

    Boendoe

    Ek dink Roer was n vingerwysing vir ons almal. Ek lees gewoonlik nie blogs wat oor geloof of teen geloof gaan nie. Ek hoop jy geniet jou tydjie by jou kinders.

  • 36. Adrie  |  April 9, 2009 om 9 : 48

    Coyote, ek is bly jy het reggekom. Wat moes jy daar gaan doen het?

  • 37. Coyote  |  April 9, 2009 om 9 : 57

    S het a vogbruik ons moet terug di 24ste dan opereer hulle

  • 38. Coyote  |  April 9, 2009 om 9 : 59

    Hoe refresh mens met opera

  • 39. Wille Kjind Q  |  April 9, 2009 om 10 : 20

    Lo da maters!

    @ Coyote

    Druk # dan 0

  • 40. Wille Kjind Q  |  April 9, 2009 om 10 : 29

    1 2 3 BLOK MYSELF!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 41. Nats  |  April 9, 2009 om 10 : 37

    Goeie more julle!!

    Wat ‘n oggend!! Moes lisensie kantoor toe gegaan het met die baas se lekker BMW!!! Damn ek soek ‘n kar met woema! Baby Storm doen dit nie vir my nie😦

    Topic
    Ek respekteer almal se gelowe behalwe die wat kinders gebruik om hul mutie (spelling) te maak en die duiwel aanbid met alle rande simpel goed en diere dood maak!!

    Ek ken iemand wat in niks glo nie. Hy glo net in reg en verkeerd. Ek het nie bewyese my God bestaan nie, so hoe moet ek hom probeer oortuig ek is reg?? So ek gun hom sy “geloof” en hy myne want nie een van ons is reg of verkeerd nie.

  • 42. *Mathilda*  |  April 9, 2009 om 10 : 57

    Hey Willes en Nats

  • 43. Wille Kjind Q  |  April 9, 2009 om 11 : 00

    TILLA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    jy nog hier?

  • 44. Wille Kjind Q  |  April 9, 2009 om 11 : 01

    EK WIL NIE HIER WEES NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!👿

  • 45. *Mathilda*  |  April 9, 2009 om 11 : 10

    Jip Willes – ek nog hier

  • 46. Wille Kjind Q  |  April 9, 2009 om 11 : 13

    Hier……. bedoelende die WERK!!!

  • 47. Wille Kjind Q  |  April 9, 2009 om 11 : 14

    My kêrevên staan al en idle

  • 48. Wille Kjind Q  |  April 9, 2009 om 11 : 15

    Ek het nog 10 duisend dingetjies om te doen

  • 49. Nats  |  April 9, 2009 om 11 : 19

    Lo da Wild Q en *M*

    Ek gaan net nou kla maak met werk, maar het so baie werk wat vir my wag volgende week dat ek nie juis uit sien na die naweek nie!!

  • 50. *Mathilda*  |  April 9, 2009 om 11 : 19

    Ek is actually nog by die werk – incredible but true !

  • 51. Wille Kjind Q  |  April 9, 2009 om 11 : 24

    @ Nats

    Lo da……… Biatch

    @ *M*

    Toema….. Eks hie tot 18h00

  • 52. *Mathilda*  |  April 9, 2009 om 11 : 50

    Wa gaan jy heen vir die langnaweek Willes ?

  • 53. Wille Kjind Q  |  April 9, 2009 om 12 : 14

    @ *M*

    Ek gat bietjie Sabie, Willetuin, Graskop, Willetuin, Pilgrims, Willetuin, Hazyview, Willetuin, Nelspruit, Willetuin, Witrivier, Willetuin, Kaapschehoop, Willetuin, Komatipoort, Willetuin, Malelane, Willetuin, Lydenburg, Willetuin, Vaalhoek, Willetuin, en natuurlik ook Willetuin toe:mrgreen:

  • 54. *Mathilda*  |  April 9, 2009 om 12 : 25

    He he he willes – ek wonder hoekom het ek gevra

  • 55. Olga  |  April 9, 2009 om 12 : 30

    Hoe lank is jou langnaweek wk?

  • 56. Wille Kjind Q  |  April 9, 2009 om 12 : 40

    @ Olga

    So lank soos wat dit vat om by alli Willetuine uit te kom😉

  • 57. Olga  |  April 9, 2009 om 12 : 51

    Lank genoeg om te kom hello se? Jy weet mos waar my se kaia is.

  • 58. Nats  |  April 9, 2009 om 1 : 11

    Hello hello!

    Ek is klaar met werk… vir die dag in elk geval!
    Julle moet almal ‘n wonderlike en veilige paas naweek hê!!!

    Sien julle gevreetjies wees Dinsdag!!!!

    Toodles!

  • 59. *Mathilda*  |  April 9, 2009 om 1 : 27

    Bye Nats

  • 60. Adrie  |  April 9, 2009 om 1 : 33

    Sterkte vir die verkeer, Tweeling. Geseende Paasfees en ry veilig.

  • 61. Adrie  |  April 9, 2009 om 1 : 42

    O ja, net om die rekord straight te stel. Olga voer nie haar blerrie honde nie. Grrr!! Gister toe ek gou daaringeval het, vreet Bessie die een band op! Ek se mos daardie brak is n goeie waghond. Wag heeldag vir kos en as sy nie kry nie vreet sy die gaste se bande.

  • 62. *Mathilda*  |  April 9, 2009 om 1 : 47

    Okay – ek is ook oppad huistoe – sien op opera een of ander tyd

  • 63. Emil  |  April 9, 2009 om 3 : 08

    Mooi belydenis, A3.

  • 64. Salome  |  April 9, 2009 om 3 : 49

    Hallo Almal!!!

    Ek hoop nie julle gaan ALMAL weg vir die naweek nie want da ga ek wraggies met myself moet praat. Ons ry met Jan-tuisbly se karretjie. Baie goed by die huis te doen en ok nie rerig lus vir die verkeer nie.

  • 65. Salome  |  April 9, 2009 om 3 : 55

    Adriana
    Kyk ek weet dat jy reguit is, maar mooi so vir vandag se “reguit”. Nou moet ek maar erken ek stem saam en staan honderd persent agter jou. So al is my IK dan nul is dit ok maar oraait . . . en ek glo in elk geval in die Tannemuis, Kersvader, Tinkerbell en al die anner en is nie bang om dit vir iemand te vertel nie, so bring it on . . .

  • 66. Olga  |  April 9, 2009 om 3 : 59

    Hi Salome. Ons het jou lanklaas gesien. Gaan dit nog goed?

  • 67. Salome  |  April 9, 2009 om 4 : 13

    Amper te goed om iets te mag se, dankie Olga. Was bietjie besig maar het besluit dat ek nou die woord NEE baie meer gaan begin gebruik

  • 68. Salome  |  April 9, 2009 om 4 : 19

    Sien julle later, gaan vir Liefie help bome snoei {hy is vir ‘n slag vroeg by die huis}

  • 69. rosalindfranklin  |  April 9, 2009 om 11 : 19

    “Soos wat onlangs met Roer gebeur het???”

    (Ek verstaan nie, wat het met Roer gebeur? Sy het gekla dat mense Christen-skap aanval en toe ook gekla. Ek sien ook sy kla oor post teen christenskap, nou sien, ek het oor die Pous geblog, en toe oor God en hongersnood…maar mense sit en wag vir kritiek wat hulle van toepassing maak)

    “Sjoe, dit is nogal kras, veral in vandag se lewe waar dit lankal uit die mode is om ‘n Christen te wees. ‘n Christen word vandag gelykstaande aan ‘n naiewe kleuterskoolkind gestel. Om te erken dat jy ‘n Christen is, verlaag onmiddellik jou IK na 0 en jy kan netsowel aan die tandemuis glo. Geen wonder Christenne is vandag geintimideer om hulle monde oop te maak of om vir hulle geloof op te staan.”

    (Sien die kommentaar verstaan en nie. Wie se christene is dom? En dit is definitief nie uit die mode nie, ek sou skat 90% van mense in SA is christene en hulle is by verre die meerderhed in die meeste land. Wie intimideer christene om hulle monde oop te maak? En spesifiek op die blogs, oos Roer beweer?)

    “Maar wat beteken respek vir ander gelowe werklik? Beteken dat jy jouself en jou geloof moet verloën om die vrede te bewaar? Beteken dit jy jou gebruike moet bêre waar dit nie bespot kan word nie? Beteken dit dat jy die filosofië van ander gelowe nie mag bevraagteken nie? Beteken dit dat jy die slae van jou geloof gedweë moet aanvaar?”

    (Vryheid van spraak beteken dat enige iemand van enige geloof vrae mag vra en ook kritiek kan uitspreek. Die beteken ook dat mense wat aan ander gelowe behoort of sekuler is of ongelowig is, christenskap mag bevraagteken en vise versa en dan mense nie op hulle agterpote moet spring nie)
    Ek glo ook dat net omdat iemand glo, moet hy nie noodwendig dadelik respek kry nie.

    “Elke mens het die reg om te glo wat hulle wil. Elke mens het die reg om vrae te stel aan ‘n geloofsgroep. So ook het elke mens die reg om sy geloof te verdedig wanneer dit aangeval word. Mits verdraagsaamheid aan die dag gelê word en onthou word dat daar aan goed gepeuter word wat vir die ander heilig is. ”

    (Ek stem met jou. Maar ek verstaan nie waarom almal so kwaad word nie, regtig. en ek is ook nie duidelik oor die hele issue nie.)

  • 70. Wrang  |  April 10, 2009 om 12 : 08

    Ons verstaan nie waarom almal so kwaad word nie. Ons stem saam met rosalindfranklin. Dis tog ‘n gekkespul. “Wat met Roer gebeur het.” Dit klink soos ‘n grootskaalse komplot. Intussen het die edele dame ‘n saak aangeroer wat meer as een kant het, haar blind gestaar teen ‘n werklike kwessie, ‘n fisiese gevoeligheid, ‘n tasbare lyding, letterlike krimpeer tot jy doodgaan – soos deur die edele rosalindfranklin aangeraak. Dit bly steeds ‘n regverdig graag waar die menslike god in daardie intensiteit van lyding is. Dalk is dit makliker om van hier, agter die knoesige warmte van die wolkombers en die vol yskaste, veroordelend na hierdie lyding te staar en die mens te blameer. Met reg reken ons mag mens kritiek uitspreek oor die illusie van godsdiens, en vrae vra oor die halusinasie van geloof. Want ter aanskoue van kinders wat kripeer tot hulle dood is dit moeilik om te dink, selfs te glo, in ‘n alleswetende, almagtige, genadiglike god.

    Wat maak Christene so spesiaal dat hulle onaantasbaar is? Dit is in die hedendaagse tye makliker op ‘n Christen te wees as Moslem.

    Ons dink dat gelowiges, in hulle strewe en pogings om so eerbiedig, repsekvol en kamstig vol liefde te wees (terwyl hulle wegkyk as iemand by die verkeerslig om hulp vra) hulself stereotipeer. Respek vir ander gelowe? Verseker. Respek vir indiwidue wat yl en halusioneer vanaf die morele bergtoppe – jammer, nee.

  • 71. Olga  |  April 10, 2009 om 2 : 46

    Hoekom enigsins kwaad word? is dit nie my goeie reg om in God te glo, joune om in wetenskap te glo en die volgende ou se reg om in die “big bang ” te glo nie? As jy nie met n ander se mening saamstem nie, fine. maar moet jou mening nie probeer afdwing nie. dit is hoe ek die kwessie sien.

  • 72. Adrie  |  April 10, 2009 om 10 : 24

    Betreffende my verwysing na Roer: ek verwys na die gebrek van ondersteuning wat sy van ander Christenne, insluitende myself, gekry het. Haar het nie net rondom die pous inskrywing gehandel nie.

    Kritiek en vrae is een ding, spot en sarkasme iets heeltemaal anders. Christenne word uitgesonder, juis omdat dit nie met ander gelowe geduld word nie. Christenne is te bang om bespot te word.

    Terloops Christenne glo ook dat satan bestaan, wat vir die bose verantwoordelik is. Hulle leef in die hoop dat die goeie die bose gaan oorwin.

    Kwaad? Ek dink nie ek was daaraan skuldig nie. Ek dink ander raak kwaad omdat hulle voel hulle word persoonlik aangeval. Geloof is tog deel van die kern van jou menswees. Niemand hou daarvan dat dit wat vir jou heilig is vertrap word nie.

    Rosa, dit vat nie n rocket scientist om te weet dat ek Rippel was nie. Ek dink nie dat ek beledigend was nie. Soos jy hier het ek die ander kant van die argument gestel. Ek het net verkies om meer persoonlik (my vriende noem my Rippel en my persoonlike epos adres) as die fiktiewe Adrie te comment.

    As jy openlik erken dat jy n Christen is, veral in kringe waar mense intellektueel, wetenskaplik of kunsinnig is, word jou mening waardeloos geag. Ek dink die amptelike Christenskap is 70 %.

  • 73. Adrie  |  April 10, 2009 om 10 : 33

    O ja Wrang, ek gee net vir studente geld by n verkeerslig. Bedoelende vir jool. Ek help nie iemand wat vir een of ander fat cat bedel (en kommissie of die totaal kry) of self sy rolstoel kan stoot nie. Ek gee wel vir geregisteerde groepe en vir iemand wat by my huis kla hy/sy is honger.

  • 74. rosalindfranklin  |  April 10, 2009 om 6 : 17

    “‘Betreffende my verwysing na Roer: ek verwys na die gebrek van ondersteuning wat sy van ander Christenne, insluitende myself, gekry het. Haar het nie net rondom die pous inskrywing gehandel nie'”

    Ondersteuning vir wat??? Want niks het met Roer gebeur nie, waarvoor moet sy steun kry, christene word nie vervolg nie. Dit is die hele punt.

    En nee, noem my maar dom maar ek het nie geweet jy is Rippel nie, want ek is nie een van die mense wat IP-addresse en eposse nagaan nie.

    Ek dink ook mense mis my dieper punte wat ek probeer maak. Die Pous inskrywing het zero uit te waai gehad met christenskap, maar met die vakgebied: medisyne en primere gesondheid.

    Wat almal misgekyk het, was dat baie mense met my saamgestem het oor die Pous-inskrywing en dat Roer hulle eintlik beledig het deur te se hulle stem met my saam en deur nie vir jesus op te kom nie. hoe belaglik. ek het oor dra van kondome gepraat. So sy het elke liewe een wat gese het die pous is dom, en hy is, beledig.
    ek voel ook haar inskrywing was beledigend, verskuil onder ‘n soetkoekie.

    praat van intolerant

  • 75. Adrie  |  April 10, 2009 om 6 : 56

    Rosa, ek het jou geantwoord op jou verwysing in jou kommentaar. Die blog gaan nie oor jou inskrywing nie, dan sou ek jou gelink het. As ek reg kan onthou, het Roer ook duidelik genoem dat sy jou nie wil uithaal nie. So hoekom raak jy dan kwaad? Skoen wat pas?

  • 76. rosalindfranklin  |  April 10, 2009 om 7 : 02

    Ek is nie kwaad nie, ek is totaal en al verstom. Jammer, ek het nie gedink die blog gaan oor my nie, nouja.
    Ek verstaan steeds nie wat met Roer “gebeur” het nie.

    Skoen wat pas LOL, as mens die geword geloof net noem en ‘n vraag vra, dan voel al wat ‘n christen is, in die gevreet gevat.

  • 77. WILLE KJINDQ  |  April 10, 2009 om 7 : 12

    Eitch!!!!!!!!!!

  • 78. Wheelbarrow Jack  |  April 10, 2009 om 10 : 01

    Rosalind franklin, hou jou gedrup vir jou eie blog. Jou hoogdawerende gedweep met byvoeglike naamwoorde is genoeg om enige nympho van van hulle plesiertjies af te sit. Is jy dan slimmer as die pous? Trek dan kondome oor jou vingers voordat jy verder na wind jaag. Los die papsak uit en gaan slaap.

  • 79. Wheelbarrow Jack  |  April 10, 2009 om 10 : 42

    :-S

  • 80. boendoe  |  April 11, 2009 om 1 : 47

    Sjoe, maar dis ‘n groot bakleiery hier op die Goeie Vrydag! 😉

    Soos ek uit Roer se post verstaan het, was haar issue met sekeres wat by Rosa gecomment het – NIE met Rosa nie. Sommige van die kommentaar by Rosa het later nie meer oor die Pous gegaan nie, maar oor Christenskap. (Kan regtig nie uit die vuis onthou wie presies wat gese het nie.)

    Ai, julle, kan ons dit nie maar laat rus nie? Each to his own, and all that.

  • 81. rosalindfranklin  |  April 11, 2009 om 11 : 45

    “Rosalind franklin, hou jou gedrup vir jou eie blog. Jou hoogdawerende gedweep met byvoeglike naamwoorde is genoeg om enige nympho van van hulle plesiertjies af te sit. Is jy dan slimmer as die pous? Trek dan kondome oor jou vingers voordat jy verder na wind jaag. Los die papsak uit en gaan slaap.”

    Kruiwa Jack….nee ek kan sien die liefde van jesus is vol in jou hart, jy is ‘n pragtige voorbeeld vir gelowiges. presies my punt. jy praat so mooi met ander mense.

  • 82. Adrie  |  April 12, 2009 om 5 : 33

    😉 Rosa, jy het vir my kwaad geklink. Is dit dalk nie die probleem (op die net in elk geval) nie? Dat mense nie altyd wat gese word met die regte emosie interpreteer nie? Ek kan jou die versekering gee dat ek nog glad nie in die gevreet gevroetel was met die skrywe nie.

    Wees asb versigtig met stereotipering. Jy sien dalk nie die liefde van Christus in Domkrag se hart nie. Jy sien dit dalk nie in my hart nie. Maar dit is daar in ander se harte. Jy hoef nie eers ver te gaan soek nie.

  • 83. Nelba  |  April 14, 2009 om 10 : 08

    Ek kom nou al weer hier as mosterd na die maal. .

    Ek het al ervaar dat Christenskap bespot word deur mense wat onverskillig staan teenoor enige geloof eerder as deur iemand wat ander gelowe aanhang (soos Buddhiste, Moslems, Hindus ens.) Ek is seker dat ander gelowe ewe veel kritiek uitlok. Ek dink verder dat ons nie binne enige geloof mag ophou krities wees oor wat ons glo en hoe daardie geloof almal om ons beinvloed nie. Maar ek dink darem ook nie dis regverdig om ‘n geloof af te skryf omdat die mense wat dit aanhang net mense is wat ook dom goed doen nie. Foute is immers nie uniek aan mense wat in iets glo nie. Dis ‘n menslike eienskap.

  • 84. Adrie  |  April 14, 2009 om 10 : 26

    As ‘n mens nie bereid is om jou geloof krities te ontleed nie, is jy bang vir die antwoorde. Dan is jou geloof swak en moet daaraan gewerk word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: